DURBANVILLE
APPLY NOW!
INSTITUTE OF APPLIED ARCHITECTURE
TYGERVALLEY & CLAREMONT
CERTIFICATES (NQF 4&5) DIPLOMAS (NQF 6) ADVANCED DIPLOMAS (NQF 7)
www.cad4all.co.za Woensdag, 16 Desember 2020 | Tel: 021 910 6500 | e-pos: nuus@tygerburger.co.za
@TygerBurger
TygerBurger
Year-end clean up: A total of 110 staff members from the Portland group joined forces and held a beach clean-up in Melkbosstrand on Friday 11 December. The group, based in Durbanville, provides employment for more than 200 people in Durbanville, Paarl, Jacobs Bay and Rawsonville. They decided to end their year with a beach clean-up instead of a regular year-end function. The clean-up was held near the National Sea Rescue Institute’s offices in Melkbosstrand.
DURBANVILLE: OUER KINDERS ‘VLOEK EN RUMOER’
Moeilikheid by kinderhuis ESMÉ ERASMUS
D
ie swak gedrag van veral ouer kinders van die Durbanville-kinderhuis het hul bure langsaan met hul hande in hul hare. ’n Leser wat langs die kinderhuis bly het ’n paar video’s wat in Augustus, September en Desember opgeneem is, aan TygerBurger
gestuur waarin jy duidelik die rumoer kan hoor, onder meer ’n slanery onder mekaar, maar ook hoe hulle die bure herhaaldelik “Jou ma se p***!” toesnou. Op ’n video van 12 Augustus kan ’n mens sien hoe die seuns skerpgemaakte gholfstokke in die grond gooi. “Ons het al gesien hoe hulle mekaar daarmee gooi,” sê ’n buurvrou, wat aan TygerBurger bekend is, maar ano-
niem wil bly. Op nog ’n video van 27 Augustus omstreeks 20:40 kan ’n mens ’n groep ouer seuns sien rondloop op die perseel terwyl hulle onwelvoeglike goed vir die meisies in hul eenhede skree. Op ’n video op 3 September omstreeks 21:45 is een van die seuns vermoedelik dronk en het hy rondgestruikel en geval, sodat die
ander hom moes ophelp. Dieselfde aand omstreeks 22:08 kan gehoor word hoe van die bure die seuns aansê om te gaan slaap, waarop een herhaaldelik “Jou ma se p***!” teruggeskree het. “Die polisie is daardie aand drie keer ontbied deur verskillende bure. Die geraas het tot omstreeks 00:30 aangehou,” sê die buurvrou.V Na bladsy 4