DURBANVILLE
APPLY NOW!
INSTITUTE OF APPLIED ARCHITECTURE
TYGERVALLEY & CLAREMONT
CERTIFICATES (NQF 4&5) DIPLOMAS (NQF 6) ADVANCED DIPLOMAS (NQF 7)
www.cad4all.co.za Woensdag, 18 November 2020 | Tel: 021 910 6500 | e-pos: nuus@tygerburger.co.za
@TygerBurger
TygerBurger
Pothole theraphy Dan Plato (right), executive mayor of Cape Town, put his shoulder to the wheel to help repair potholes in Morningstar in Durbanville. He and Felicity Purchase, Mayco member for transport, visited the City’s roads team last Wednesday where they were repairing potholes in Morningstar. Read article on page 9.
MORNINGSTAR: HOFSTRYD VERBY
Huise eindelik oorhandig ESMÉ ERASMUS
M
eer as twee jaar nadat die begunstigdes van die Morningstar-behuisingsprojek gereed was om in die 166 splinternuwe huise in te trek, gaan die huise uiteindelik binnekort oorhandig word. Die R34,2 miljoen-behuisingsontwikkeling van sowat 1,6 ha op die hoek van Skoolen Pikkewynstraat bestaan uit 152 dubbelverdieping- en 14 enkelverdiepinghuise, wat
nou al sedert September 2018 leeg staan. Die oorhandiging van die eerste 19 huise op 20 September 2018 het skipbreuk gely toe die organisasie Morningstar Development and Upliftment Initiative (MDUI) op die dag kort voor die oorhandiging motorbande voor die huise in Langebergweg aan die brand gesteek het. Hoewel die Stad Kaapstad toe ’n dringende hofinterdik teen die MDUI bekom het, het dié organisasie dit teengestaan met ’n teen-
interdik om die Stad te verhoed om die huise te oorhandig, hangende ’n hersiening van die proses hoe huise toegeken is. Verskeie hofprosesse rondom die indien van beëedigde verklarings het daarna gevolg. Malusi Booi, die Stad se burgemeesterskomiteelid vir menslike nedersettings, het in Augustus vanjaar by navraag aan TygerBurger gesê die Stad en die MDUI is besig met onderhandelings om op ’n vriendskaplike
voet ’n skikking buite die hof te bereik. Hy het só gesê nadat moedelose begunstigdes, van wie talle in wendyhuise en ander opslaanhuise in agterplase van huise in Morningstar bly, met plakkate langs Langebergweg wou betoog teen die gesloer met die oorhandiging van die huise. Die ongeoorloofde protesaksie is gou deur die Durbanville-polisie en wetstoepassingsbeamptes in die kiem gesmoor. V Na bladsy 2