TygerBurger Durbanville - 23 October 2019

Page 1

DURBANVILLE

SPRING SAVINGS

COMPOST 15DM

WAS R16.95

NOW

Offer valid until 27 October2019

www.stodels.com X1VQVQQE-AL231019

Woensdag, 23 Oktober 2019 | Tel: 021 910 6500 | e-pos: nuus@tygerburger.co.za

@TygerBurger

TygerBurger 11 tydskrifte + 35 koerante

Netwerk24. Alles op een plek.

Teken in by www.netwerk24.com.

ALTYDGEDACHT: ROWERS WAS GEWAPEN MET METAALSTAAF EN GRAAF

Sussies red Ciska ESMÉ ERASMUS

@erasmusesme

V

yf rowers het verlede Vrydagmiddag toegeslaan op die plaaswerkershuis van Ciska Klein en haar gesin op Altydgedacht buite Durbanville, waar sy en haar drie sussies alleen tuis was. Haar oudste sussie, Marilise (15), was ’n ware heldin toe sy haar dapper oor Ciska gegooi en haar styf in haar arms vasgehou het toe die rowers, gewapen met ’n metaalstaaf, vermoedelik ’n koevoet, en die Kleins se eie graaf, die ventilator van Ciska se lyfie af wou roof. Sy is vir haar lewe daarvan afhanklik nadat sy ’n invalide gelaat is ná ’n motor haar en een van haar sussies in Maart 2017 langs die pad raakgery het. Sy is sedertdien afhanklik van ’n rolstoel en aan ’n ventilator gekoppel. TygerBurger het voorverlede week berig oor Ciska se prent van ’n walvis, wat sy met haar mond geskilder het. Dit word tans in die Zeits Mocaa-museum vir kontemporêre kuns in die Waterfront in Kaapstad uitgestal. Toe TygerBurger die gesin Saterdagoggend ná die voorval besoek het, was die tieners nog bewerig oor die traumatiese gebeure nadat hulle die vorige nag maar sleg geslaap het. Volgens hul ma, Louwkie, was sy in die wingerde, besig met somersnoei, en haar man, Marius, elders op die plaas besig toe die rowers omstreeks 13:50 toegeslaan het. Ciska se drie sussies het kort tevore na skool by die huis aangekom en het gelê en televisie kyk toe hulle ’n harde klop aan die kombuisdeur gehoor het. Volgens hulle het hulle eers gedink dis hul ma, omdat sy ook altyd so hard klop. Hulle het deur die skrefie by die deurknop geloer en gesien dis vreemde mans wat voor hul deur staan. Een van die rowers het toe die kombuisdeur met ’n metaalstaaf, vermoedelik ’n koevoet, oopgebreek. “Hulle het gesê ons moet ons monde hou of hulle gaan ons kap met die yster,” het die jongste sussie, Christelle (12), vertel. Die mans het volgens haar vlot Afrikaans gepraat en almal, buiten een, was in vuil klere geklee. Hulle het nie net die gesin se plasmas-

Ciska Klein word hier liefdevol omring deur haar dapper sussies, (van links) Elize, Marilise en Christelle. Sy is afhanklik van die ventilator om te kan asemhaal. FOTO: ESMÉ ERASMUS kerm-TV, DVD-speler, asook een van die meisies se Mobicell-selfoon geroof nie, maar ook die kragopwekker. Die kragopwekker is lewensnoodsaaklik om krag vir Ciska se ventilator te verskaf in tye van beurtkrag of kragonderbrekings. Toe hulle ook die ventilator van Ciska wou

afhaal, het Marilise haar sussie vasgegryp om haar te beskerm en te keer dat die rowers die ventilator kan vat. Elize en Christelle (12) het in daardie stadium by die slaapkamer se buitedeur uitgehardloop om hulp te gaan soek. “Die een man het na my gekap om my raak

te slaan,” het Christelle vertel. Sy het só groot geskrik dat sy sommer geval het, maar dadelik weer opgespring het. Hulle het by die buurvrou langsaan om hulp geskree. Hulle het die rowers in ’n bakkie hoor wegry. V Na bladsy 3.

PURE BEEF MINCE

PRIME RUMP STEAK

R5995

R5995

/kg

®

/kg

WHOLE CHICKEN (GIBLETS OUT)

DICED BACON

R2995

R2995

/kg

/kg

R4995

Specials valid from 23-29 Oct 2019 Whilst Stocks Last.

www.ranchmeat.co.za | Tel: 021 981 8823 | 5 Lood Street Brackenfell

PORK FILLETS /kg

Mon – Fri 08:00 – 18:00 | Sat 08:00 – 15:00

FOLLOW US

ON FACEBOOK X1VTJTWW-AL231019


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
TygerBurger Durbanville - 23 October 2019 by Tygerburger Newspaper - Issuu