DURBANVILLE
Woensdag, 2 Desember 2020 | Tel: 021 910 6500 | e-pos: nuus@tygerburger.co.za
@TygerBurger
TygerBurger
NETWERK24. ALLES OP EEN PLEK.
Teken in by www.netwerk24.com.
FISANTEKRAAL: BUURTWAGLID WEN PRYS
‘Besige by’ word vereer ESMÉ ERASMUS
’n
Tuimelpret by tuinmark Ulrich König (5) van Durbanville het die tuimeltrein by die tuinmark van die NG kerk Durbanville verlede Vrydag baie geniet. Stalletjies het allerlei lekkernye, kuns, boeke, speelgoed, geskenke en ander artikels verkoop. Dit was ’n gemeenskapsprojek om entrepreneurs en gemeenskapsorganisasies die geleentheid te gee om hul produkte te bemark en geld in te samel. FOTO: ESMÉ ERASMUS
Gemeenskapsleier en “besige by” in Fisantekraal – een van die eerste begunstigdes in die Greenville-behuisingsprojek – is pas deur die Stad Kaapstad vir haar bydrae tot die plaaslike buurtwag vereer. Elizabeth Maans (43) het hierdie afgelope Saterdag die Inspirasie van die Jaar-toekenning ontvang vir haar bydrae tot die Fisantekraal-buurtwag, waarvan sy die voorsitter is. Die toekenningsgeleentheid gee erkenning aan die werk wat gemeenskapswerkers doen om misdaad te bekamp. Die Fisantekraal-buurtwag is reeds in 2017 begin, maar is eers einde September suksesvol by die provinsiale departement van gemeenskapsveiligheid geakkrediteer. Dit het gevolg ná ’n uitgerekte administratiewe proses oor meer as 18 maande om aan al die nodige vereistes te voldoen. Die buurtwag het reeds 30 lede, van wie die meerderheid vroue is. Volgens Maans is hulle op soek na nog mans om aan te sluit. “Ek wil net die plaaslike raadslid, Ruan Beneke, bedank vir wat hy alles vir my gedoen en beteken het toe die buurtwag gestig is,” het sy aan TygerBurger gesê. Maans is ook die voorsitter van die Mosselbank River Conservation Team (MRCT), ’n projek wat deur die ontwikkelaar van Greenville, Garden Cities, begin is om in-
woners te betrek by die rehabilitasie en instandhouding van die rivier en omgewing. Talle suksesvolle skoonmaakoperasies is reeds by die rivier uitgevoer. Sy het ook vir Danielle Cronje, omgewingsbeampte by Garden Cities, wat haar genomineer het vir die buurtwagtoekenning, bedank vir haar ondersteuning. “As dit nie vir haar was nie, sou ek nie so ver gekom het nie,” het sy gesê. Maans is ’n “besige by”. Sy is ook betrokke as vrywilliger by die slagoffer-ondersteuningsprogram van die satelliet-polisiekantoor in Fisantekraal. Sy het ook haar eie sopkombuis in April tydens inperking begin. Sy het in 2017 die Greenville Future Kids-speelskool oopgemaak. Maans, wat self twee kinders het, is ook ’n pleegma vir nog twee kinders en beoog om volgende jaar ’n veiligheidsplek vir mishandelde kinders by haar huis te open. “Ek wil kamers aan my huis aanbou sodat ek meer kinders in my pleegsorg kan inneem. “Ons gemeenskap het ’n safe house nodig. “My hart was stukkend tydens inperking. Ek vertrou op die Here dat ek genoeg donasies hiervoor sal ontvang,” het sy gesê. “Mense vra dikwels hoe doen ek als, maar dis nou maar hoe ek is. “Ek hou van mense en veral kinders is my eerste prioriteit,” het sy gesê. V Na bladsy 2
HAVE A HOLIDAY IN YOUR GARDEN FELICIA
HYDRANGEA RED
WAS 169.95
NOW
99.95 www.stodels.com
SHADE MIX
WAS 169.95
NOW
99.95
NEW GUINEA IMPATIENS
WAS 169.95
NOW
99.95
WAS 169.95
NOW
99.95
SUMMER COLOUR
GIFT CARD
WAS 169.95
NOW
99.95
FISH TANK STARTER KIT
WAS 449.95
NOW
279.95 TABLE MOUNTAIN CRUSH
WAS 69.95
AVAILABLE ONLINE AND IN STORE
NOW
39.95
Bellville 021 919 1106 | Milnerton 021 528 4000 | Kenilworth 021 671 9050 | Bergvliet 021 794 2221 | Somerset West 021 852 7400 Offer valid until 6 December 2020. While stocks last. X1WFLD7D-AL021220