TygerBurger Durbanville - 9 December 2020

Page 1

DURBANVILLE

APPLY NOW!

INSTITUTE OF APPLIED ARCHITECTURE

TYGERVALLEY & CLAREMONT

CERTIFICATES (NQF 4&5) DIPLOMAS (NQF 6) ADVANCED DIPLOMAS (NQF 7)

www.cad4all.co.za Woensdag, 9 Desember 2020 | Tel: 021 910 6500 | e-pos: nuus@tygerburger.co.za

@TygerBurger

TygerBurger

NETWERK24. ALLES OP EEN PLEK.

Teken in by www.netwerk24.com.

Die meeste van die besittings van die straatmense wat al bykans die afgelope jaar in tente langs Durbanvilleweg voor ’n kerk gekampeer het, is verlede Dinsdag en Woensdag verwyder. Hier sit van die straatmense met van hul oorblywende besittings, (van links) Cleopatra Hopley, ’n vrou van Scottsville wat anoniem wou bly en Dina Grootboom (op matras). FOTO: ESMÉ ERASMUS

DURBANVILLE: 2 IN HEGTENIS; GESTEELDE GOED GEVIND

Strukture verwyder ESMÉ ERASMUS

S

owat 16 opslaanstrukture, waarvan die meeste tente met aanbousels, is eindelik verlede Dinsdagmiddag en Woensdagoggend verwyder langs die Telkom-gebou op die hoek van Kerkstraat en Durbanville-rylaan – net om die hoek van die Durbanville-polisiekantoor. Die plakkery in tente by die perseel tot reg voor die All Saints Anglikaanse kerk het die afgelope maande talle klagtes deur inwoners ontketen. Dié optrede het gevolg ná klagtes van inbrake en diefstal, wat na bewering deur van die straatmense gepleeg is. WhatsApp-boodskappe hieroor is wyd gedeel op buurtwagte en ander sosialemedia-platforms. In nog ’n verwante voorval is ’n vrou met ’n twee-jarige dogtertjie by die nabygeleë bushalte met ’n mes gedreig toe een van die straatmense haar van haar handsak wou be-

roof. Tydens die optrede is gesteelde goed in die besit van een van die straatmense gevind en kon hy met ’n inbraak verbind word. Twee ander straatmense is ook vir uitstaande lasbriewe aangekeer. Sommige van die straatmense het vir byna ’n jaar min of meer onverstoord langs die Telkom-gebou gekampeer. Die getalle het aangegroei tydens die Covid-19-inperking en verskeie weldoeners het hul harte oopgemaak en met oorgawe gegee – onder meer matrasse, tente en selfs sitkamerstelle ... tot groot frustrasie van inwoners. Ander weer het weekliks met kospotte daar stilgehou en die straatmense kos gegee – dít ondanks herhaalde versoeke van die Stad Kaapstad en die plaaslik raadslid, Theresa Uys, asook Mould Empower Serve (Mes), dat mense verantwoordelik moet gee nie en nie goed aan straatmense moet uitdeel nie.

Toe TygerBurger verlede Woensdag daar aankom, het sowat agt straatmense daar rondgesit – sommige op stoele, een het op ’n matras gelê. Hulle was kwaad omdat hulle sê hulle is skaars twee ure gegun om hul besittings bymekaar te maak vandat kennisgewings aan hulle beteken is, tot drie vullislorries kort voor skemer daar opgedaag het. “Mevrou, hulle wou nie eens dat ek my tandeborsel wat op die grond geval het, optel nie. Ons het heelnag niks geslaap nie. Law enforcement het ons ge-violate; hulle het geen respek vir ons gehad nie,” het een vrou gekla, terwyl ’n ander gesê het hulle het selfs haar chroniese medikasie gevat. “Elkeen se huisie was netjies; die een man het die kerk se parking se rand vir hulle wit geverf. Maar hulle wou nie eens dat ons ons paar besittings bymekaar maak nie. Jy was lucky as jy ’n kombers kon gryp. Dit was ’n lelike bakleiery en dít op kerkgrond. Hulle

het selfs die hoender gevat wat ons die aand aan ’n ‘saamtafel’ wou eet,” het sy gesê. Een van die straatmense, Nigel Beukes (32), het gesê sy identiteitsdokument, wat hy net die vorige week gekry het nadat hy al drie jaar lank sukkel om dit te kry, is ook saam met sy besittings opgelaai. “Ek het net die klere aan my lyf oor,” het hy gesê. Richard Bosman, uitvoerende direkteur van veiligheid en sekuriteit, het gesê die Stad se eenheid vir ontheemde mense kon weens die verklaarde ramptoestand nie optree teen die straatmense by dié spesifieke perseel nie, ondanks talle klagtes oor antisosiale en misdadige gedrag. “Weens die onlangse toename in misdaad soos inbrake, diefstal uit motorvoertuie, straatrooftogte en ander misdade het die Stad se wetstoepassingsdepartement in samewerking met die polisie by die perseel opgetree. V Na bladsy 2


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.