EERSTERIVIER
EERSTERIVER TEL: 021 902 0303
OPEN 7 DAYS
Trading Hours: Mon to Thurs: 8.30am to 6pm Fri: 8am to 6.30pm • Sat: 8am to 5pm • Sun: 8.30am to 1pm
WE SELL 2KG ICE CUBES
R10
P\BAG
valid from 13th January to 31st January 2021 X1WGUVVW-AL130121
Woensdag, 13 Januarie 2021 | Tel: 021 910 6500 | e-pos: nuus@tygerburger.co.za
@TygerBurger
TygerBurger
Die skool-en Suid-Afrikaanse-vlae voor die Laerskool Silversands hang halfmas ter herinnering aan twee personeellede wat onlangs weens Covid-19 gesterf het. Lydia Kortje was ’n Graad R-onderwyser en Candice Maasdorp die sekretaresse.FOTO: BRENDEN RUITER
COVID-19: SKOOLGEMEENSKAP TREUR OOR GESTORWENES
Virus eis onderwysers BRENDEN RUITER @ruitervaniewind
T
erwyl die Covid-19-pandemie besig is om dood en ekonomiese vernietiging in die res van die wêreld en Suid-Afrika te saai, is dit ook besig om harde houe in plaaslike onderwyskringe te slaan. Met skole wat veronderstel is om op 26 Januarie vir onderwysers en 27 Januarie vir leerders oop te maak, het verskeie onderwysers reeds weens dié gevreesde virus omgekom. Die Laerskool Silversands in Silversands moes reeds sedert die begin van Desember twee personeellede groet. Volgens die skoolhoof, Marshall Cupido, het eers ’n Graad
R-onderwyser op Kersdag gesterf, waarna die skool se sekretaresse op 9 Januarie gesterf het. “Ek was baie geskok toe ek ’n oproep ontvang dat Lydia Kortje gesterf het. My verwagting was dat die oproep wat ek kry was om te sê dit gaan beter, maar toe nie,” sê Cupido. Op 9 Januarie moes hy weer ’n soortgelyke oproep antwoord. “Candice Maasdorp was nie net die skool se sekretaresse nie, maar was ’n steunpilaar vir almal wat gemoeid was met die skool. Almal kon enige tyd op haar nommer druk vir enigiets. Dit is voorwaar ’n groot verlies vir die skool en die gemeenskap,” sê Cupido. Hy sê dit is die derde personeellid wat die skool binne twaalf maande verloor, aange-
sien nog ’n onderwyser in die middel van die jaar aan ’n hartaanval gesterf het. “Ons begin hierdie jaar die skooljaar op die agtervoet,” sê Cupido. Verskeie ander onderwysmense het ook die laaste paar weke gesterf. Die onderhoof van die Hoërskool Tuscany Glen, Graham Adams, het op 6 Januarie gesterf. Johannes Swartz, hoof van die Laerskool R.R. Franks, het Sondagaand beswyk. Sydney Jantjies, hoof by Tuscany Glen, sê Adams gaan op verskeie gebiede gemis word. “Nie net was hy ’n briljante onderwyser met ’n analitiese brein nie, maar hy was ook baie gesteld op dissipline. Hy was een van die eerste onderwysers toe die skool oopgemaak is en het baie gehelp op sportgebied,
veral rugby en atletiek,” sê Jantjies. Volgens Jantjies het Adams twee dae voor die skool aan die einde van verlede jaar gesluit het vir hom laat weet hy het ’n krapperigheid in sy keel. Ek het gesê hy moet maar veilig speel en by die huis bly. Kort daarna het hy laat weet hy voel nog nie lekker nie en ek het nog gesê as ons mekaar nie weer sien nie, moet hy ’n geseënde Kersfees hê. Dit was die laaste keer dat ons gepraat het. Die skoolgemeenskap is geskok en hartseer oor ’n steunpilaar wat ons verloor het,” sê Jantjies. Die oudhoof van die Laerskool Belhar, Johannes Lewis, het ook verlede week weens Covid-19 gesterf. Lewis het in Maart 2019 uit die onderwys getree.
MINI-MARK
WHILE STOCKS LAST • OPEN 7 DAYS
ERRORS AND OMISSIONS EXCEPTED. WE TRY TO ENSURE THAT ALL ADVERTISED LINES ARE CORRECT. HOWEVER IF INFORMATION IS PRINTED INCORRECTLY OR A MISTAKE OCCURS WE WILL DISPLAY THE CORRECT INFORMATION IN-STORE. PRICES VALID WHILE STOCK LASTS. WE RESERVE THE RIGHT TO LIMIT QUANTITIES. X1WGUVRR-AL130121