TygerBurger Eerste River - 3 February 2021

Page 1

EERSTERIVIER

EERSTERIVER TEL: 021 902 0303

OPEN 7 DAYS

Trading Hours: Mon to Thurs: 8.30am to 6pm Fri: 8am to 6.30pm • Sat: 8am to 5pm • Sun: 8.30am to 1pm

1LT COCONUT OIL

R3950 EACH

valid from 3rd February to 7th February 2021 X1WHUTMR-AL030221

Woensdag, 3 Februarie 2021 | Tel: 021 910 6500 | e-pos: nuus@tygerburger.co.za

@TygerBurger

TygerBurger

NETWERK24. ALLES OP EEN PLEK.

Teken in by www.netwerk24.com.

Groot gatsby voed 16 mense BRENDEN RUITER @ruitervaniewind

H

et jy al ooit gedroom van ’n reusegatsby waaraan jy kan eet en eet, en dit nie kan op kry nie? Wel, daardie droom kan nou bewaarheid word as jy na MCD Pizza-en-wegneemetes in Eersterivier gaan en hul Undertaker-gatsby bestel. ’n Gatsby is ’n eg Kaapse dis, oftewel daait, wat bestaan uit ’n broodrol gevul met aartappelskyfies, blaarslaai en bykans enigiets onder die son. Ja, ’n mens kry polonie-gatsbies en steakgatsbies en snoek-gatsbies en, en, en. Op ’n goeie dag, en as jy genoeg geld het, kan jy ’n Fullhouse-gatsby koop. Dit is gevul met slaptjips, slaai, steak, kaas en ook eier. Om bykomende geur aan jou gatsby te gee, kan

jy kies tussen verskillende souse. ’n Gatsby word gemaak om deur vriende gedeel te word en hierdie delery lei gewoonlik tot ’n stryery. Met die Undertaker hoef daar nie meer onder mekaar gestry te word nie. Volgens Johan Joseph, eienaar van MCD, is die gatsby groot genoeg sodat almal genoeg kan kry. “Die Undertaker is meer as drie meter lank en bevat 2 400 g slaptjips. Dit word bedien met ons spesiale sous, wat dit nog meer geur gee,” sê Joseph. Dit is sy liefde om vir mense kos te gee wat hom gedryf het om met die massiewe gatsbies te begin. “Ek was in die lugmag en het vyf jaar gelede afgetree. Omdat ek nog jonk van gees is, het ek gewonder waarin kon ek my pensioen belê. Ek en my vrou het eenkeer in ’n restaurant gesit en eet en toe die rekening kom, was dit astronomies. Die idee het by opgekom dat ek graag baie mense wou voed vir so min geld as moontlik. Die geleentheid om die eetplek oop te maak het hom voorgedoen

Hooffoto: Johan Joseph in die kombuis van sy eetplek met een van sy groot gatsbies. Inlas: Joseph voor sy eetplek met een van sy stoei-helde, The Great Khali, op die venster. Een van sy gatsbies is na Khali genoem. FOTO’S: BRENDEN RUITER

en het ek gespring,” sê Joseph. Hy het ’n groot liefde vir rofstoei en het besluit om sy eerste groot gatsby na The Great Khali te noem. “Hierdie een het groot aftrek gekry en ek kan op ’n naweek so 50 van hulle verkoop. Ons het redelik onlangs eers met die Undertaker (nog ’n rofstoeiheld van Joseph) begin en ek is seker hy sal ’n treffer wees sodra mense daarvan bewus word. Ses-

tien mense kan aan hom smul.” Waar kry hulle ’n broodrol wat meer as drie meter lank is? “Dit was nogal ’n soektog. Uiteindelik het ek ’n bakker gekry wat bereid was om vir my ’n vorm te maak om die broodrol in te bak. Ek is seker die Undertaker is die grootste gatsby in die Kaap, want ons personeel moet die klante help om dit in hul motors te laai,” spog Joseph.

MINI-MARK

WHILE STOCKS LAST • OPEN 7 DAYS

ERRORS AND OMISSIONS EXCEPTED. WE TRY TO ENSURE THAT ALL ADVERTISED LINES ARE CORRECT. HOWEVER IF INFORMATION IS PRINTED INCORRECTLY OR A MISTAKE OCCURS WE WILL DISPLAY THE CORRECT INFORMATION IN-STORE. PRICES VALID WHILE STOCK LASTS. WE RESERVE THE RIGHT TO LIMIT QUANTITIES. X1WHUTJM-AL030221


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
TygerBurger Eerste River - 3 February 2021 by Tygerburger Newspaper - Issuu