TygerBurger Goodwood - 18 November 2020

Page 1

GOODWOOD

APPLY NOW!

INSTITUTE OF APPLIED ARCHITECTURE

TYGERVALLEY & CLAREMONT

CERTIFICATES (NQF 4&5) DIPLOMAS (NQF 6) ADVANCED DIPLOMAS (NQF 7)

www.cad4all.co.za Woensdag, 18 November 2020 | Tel: 021 910 6500 | e-pos: nuus@tygerburger.co.za

@TygerBurger

TygerBurger

MONTE VISTA: GEMEENSKAP BEKOMMERD

Dreindeksels beskadig RICHARD ROBERTS @richardjohn_rj

D

ie aantal verwyderde of beskadigde drein-deksels van die stormwaterstelsel in die Monte Vista-gebied, kwel ’n inwoner van hier. Die leser, wat anoniem wil bly, het ’n reeks foto’s aan TygerBurger gestuur van dreine sonder hul deksels. Die individu meen die verskynsel hou ’n gevaar in. “Baie deksels is weg of gebreek. Ek het dit reeds by die Stad Kaapstad probeer aanmeld,” sê die inwoner. Cheryl Visser, raadslid vir wyk 1, sê daar word af en toe drein-deksels tussen Monte Vista en die N1-snelweg gesteel. Sy het het beaam dat dit ’n gevaar vir voetgangers inhou. Bernie Smith, ’n 22 jaar lange inwoner van Panorama, het onlangs tydens sy draf-uitstappie die yster-deksel van ’n mangat tussen bossies raakgesien, dit opgetel en aan die Stad Kaapstad terugbesorg. “Ek het gaan hardloop en gesien die deksel lê weggesteek. Ek het dit opgetel en die Stad gekontak,” sê hy. Die voorval het ’n paar weke gelede in Seringstraat, Panorama, gebeur. “Dis egter nie iets algemeen wat ek raaksien nie, maar ek moet sê wanneer ek gereeld hardloop, sien ek soms hoe die haweloses hul besittings in die stormwater-pype wegsteek. Ek let op na sulke dinge wanneer ek draf en as dit my pla, sal ek iets daaraan doen,” sê Smith. Riana de Wet, sekretaris van die Monte Vistaen Plattekloof Glen-belastingbetalers- en inwonersvereniging, is ook hieroor genader. Sy het bevestig dat die organisasie elke nou en dan in kennis gestel word van dreindeksels wat vermis word, “maar nie gereeld nie”, meen sy. Inwoners moet sover moontlik die Stad hiervan probeer inlig deur ’n C3-kennisgewing aan die owerhede te rig. De Wet sê baie van hul inwoners is al bewus van die stappe. “Ons inwoners is geskool in die C3-stelsel en meld hierdie kwessies self aan. “Dit word slegs na ons verwys indien dit nie herstel word nie, en klagtes nie opgelos word ná ’n redelike tyd nie,” sê De Wet. De Wet sê deksels is in die verlede gereeld

Die beskadigde dreine hou ’n gevaar in vir voetgangers. Inlas links bo: ’n Drein-deksel is onlangs deur ’n inwoner van Monte Vista opgetel en aan die Stad Kaapstad terug besorg. gesteel, en dat die swart plastiekdeksels waarmee dit vervang is nie die gewig van die swaar vragmotors kan hanteer nie. “Ons ondervind ’n probleem met swaarvoertuie wat deesdae deur woongebiede beweeg. Kortpaaie word geneem om die ver-

keer te vermy. “Dan sit jy ook met die probleem van haweloses wat hul eiendom in die stormwaterpype bêre; dan is daar ook nog die vandalisme. “Die stad kan nie voorbly met die vervan-

ging nie,” sê De Wet. . In April 2019 het TygerBurger berig oor die twee-jarige Shaygan Jantjies van Blackheath wat in ’n oop drein geval het nadat die deksel verwyder is. Shaygan het met sy pa gestap toe die voorval gebeur het.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.