TygerBurger Kraaifontein - 9 October 2019

Page 1

KRAAIFONTEIN

IN FULL BLOOM!

GAZANIA

WAS R59.95

NOW

Offer valid until 13 October2019

25.95

www.stodels.com

X1VQVQQA-AL091019

Woensdag, 9 Oktober 2019 | Tel: 021 910 6500 | e-pos: nuus@tygerburger.co.za

TygerBurger 11 tydskrifte + 35 koerante

@TygerBurger

Netwerk24. Alles op een plek.

Teken in by www.netwerk24.com.

Motoriste ry op die kant van die pad en druk dan voor ander voertuie in.

CHAOS BY JOOSTENBERGVLAKTE-AFRIT: BAIE ONGELUKKE GEBEUR

Nuwe verkeersligte lol AVRIL FILLIES

I

nwoners van Joostenbergvlakte is keelvol vir die verkeersopeenhoping by die Joostenbergvlakte-afrit weens die tydsberekening van die nuut-geïnstalleerde verkeersligte wat nie reg werk nie. “Die opeenhoping bring mee dat verkeer tot op die N1-snelweg staan, wat uiters gevaarlik is vir motoriste wat oor die treinbrug ry en skielik staan daar voertuie op die N1. Soms staan daar sowat 10 swaar voertuie in ’n ry wat wag om regs te draai via die N1brug na Kraaifontein se nywerheidsgebeid. Motoriste onderweg na Kraaifontein raak ongeduldig en maak hul eie baan, net om by

die verkeerslig regs voor aankomende verkeer in te druk,” sê Karin van Zyl, voorsitter van die Joostenbergvlakte-gemeenskapsforum. Verskeie ongelukke het reeds plaasgevind wat veroorsaak dat verkeer tot ’n algehele stilstand kom en veroorsaak dat die ry voertuie op die N1 nog langer raak. “Inwoners van Joostenbergvlakte het al gevra of iemand eers met sy lewe moet boet voordat die owerhede ’n oplossing vir die probleem gaan kry. Van die Kraaifonteinmotoriste draai ook links in Joostenbergvlakte in, net om ’n onwettige u-draai oor soliede wit strepe te maak om oor die brug na Kraaifontein te ry,” sê Van Zyl..

Verskeie ongelukke het ook reeds as gevolg van onwettige u-draaie plaasgevind. “Selfs ekstra swaar voertuie (trokke met drie aste) maak u-draaie en die gevolg is dat hulle nie hul draai kry nie en dan in die watersloot vasval. Dit beteken dat Lucullusstraat dan vir etlike ure gesluit moet word en ekstra-swaar insleepvoertuie moet kom help om die oortreder by te staan,” sê sy. Volgens Van Zyl is Lucullus-straat ook die inwoners se hoof-ontsnappingsroete in tye van nood. “Uit frustrasie het inwoners begin om op die linkerskouer van Lucullus-straat met hul voertuie en kameras te staan en sodoende die u-draai-oortreders vas te vat. Die

meeste oortreders dink dit is ’n grap en ander raak woedend. “Een oortreder wat ’n onwettig u-draai gemaak het, is deur ’n werknemer van ’n sekerheidsmaatskappy gehelp nadat hy in die sloot beland het. Die tou waarmee hul die motor wou uittrek, het losgeskiet en sy onderbeen só erg beskadig, dat hy twee maande by die huis moes bly,” sê Van Zyl. In ander voorvalle waar inwoners deur motoriste geviktimiseer is, het een voertuig op een van die inwoners wat wou verhoed dat u-draaie gemaak word, afgepyl en teen haar bene tot stilstand gekom. ’n Ander inwoner is by die verkeerslig toegesnou. V Na bladsy 4.

021 982 0688

PLAIN SATIN

MINI MATT

TRILOBAL

BON BON

R14.99 p/m

R18.99 p/m

R19.99 p/m

R39.99 p/m

(20 COLOURS)

(30 COLOURS)

(25 COLOURS)

(40 COLOURS)

OFFER VALID FROM 9 OCTOBER – 19 OCTOBER 2019. WHILE STOCK LAST | PRICE VALID FOR BRACKENFELL STORE ONLY | LESS 10% ON ALL OTHER FABRICS.

All prices inclusive of vat.

Shop 14 Brackenfell Centre, Old Paarl Rd, Brackenfell. Next to KFC | Trading Hours Mon - Fri 09:00 - 17:00, Sat 09:00 – 15:00, Sun - Closed | Closed lunch me: Mon – Thur. 12:45-13:30, Fri 12:15 – 14:00.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.