KRAAIFONTEIN - SEDERT 1984 -
Inside:
ONS HET VOORRAAD !
preparations for the summer season • a million visitors • traffic services • metro police • shark spotters blue flag beaches • fire and rescue services • refuse removal • major roadworks update • energy saving energy-efficient festive lights • green point stadium update • dam levels • electricity usage this year reporting traffic light faults • free vehicle safety checks • cleanest drinking water • city health awards Taurusstraat 10 • Brackenfell • Tel (021) 981 4501 Don’t miss your copy of jobs CityNews in this newspaper next week. combating fraud & corruption • no more for buddies • scottsdene innovation gap housing village low-cost solarIt’s water heaterwith installations • upgrades to councilfor housing • tips for safe this summer www.gho.co.za • info@gho.co.za packed news and information residents andstaying visitors. understanding electricity tariffs • visit the city’s nature reserves • useful contact numbers & addresses Fred Prinsloo Reklame gho/18/11/2011 A
CITYNEWS
E-pos: tyger@dieburger.com
B u r g e r Woensdag 2 Mei 2012
Tel: 021 910 6500
Faks: 021 910 6501
) Klante geteister, sê sakeeienaars
Werksoekerkopseer
Werksoekers langs die pad. Foto: Carina Roux DESIREÉ RORKE
Werksoekers langs die pad in Brightonstraat in Kraaifontein bly ’n probleem met geen kits-oplossings nie. Dié kwessie het by ’n onlangse werkswinkel van subraad 7, wat deur verskeie rolspelers bygewoon is, onder bespreking gekom. “Die probleem is vroeër vanjaar onder ons aandag gebring deur sake-eienaars in Brightonstraat, wat voel dat die teenwoordigheid van dié werksoekers hul ondernemings lamlê,” sê raadslid Carin Brynard. Volgens die sake-eienaars veroorsaak die werksoekers ’n sekuriteitsprobleem omdat hulle glo
die klante teister wat die ondernemings besoek. Een van die nabygeleë ondernemings is ’n hardeware-winkel, waar bouers onder andere gereeld besoek aflê. Baie werksoekers staan buite die winkel met die hoop om ’n dagwerk te kry, maar skrik sodoende baie klante af wat dan elders hul aankope gaan doen. Ná die bogenoemde werkswinkel, het Brynard en ander raadslede ook ’n besoek aan die gebied afgelê, maar is hulle nie in die stadium veel nader aan moontlike oplossings nie. “Die werksoekers is almal arm mense uit Bloekombos en Wallacedene wat ’n eerlike bestaan wil voer met ’n eerlike dag se werk. Hulle staan op hierdie spesifieke plek in Brightonstraat, omdat
‘werkgewers’ hulle hier oplaai vir dagwerkies. Hulle het, net soos enige ander landsburger, die grondwetlike reg op vryheid van beweging. Ons kan hulle nie van die straat af verwyder of voorsê waar om te gaan staan nie,” het sy gesê. Volgens Brynard is werksoekers langs die pad ’n sosiaal-ekonomiese kwessie wat regoor die wêreld plaasvind. “Werkloosheid is ’n groot probleem in SuidAfrika en die werksoekers word natuurlik gelok na spesifieke sake-sentrums in die dorp. Daar kan alleenlik aksie teen hulle geneem word as hulle hulself wangedra in die publiek.” “Daarom moet die werkgewers dan ook aangespreek word om nié die werkers by die spesifieke
plekke op te laai nie. ’n Moontlike voorstel is om ’n openbare perseel te identifiseer wat dalk net vir die doel gebruik word,” sê sy. ’n Ander oplossing is vir die sakemanne in die gebied om meer private sekuriteitspersoneel aan te stel, of om ’n stadsverbeteringsdistrik te begin. Organisasies soos “Men on the Side of the Road”, of Fundi soos hulle deesdae bekend staan, voel egter dat die bogenoemde voorstelle nie die probleem op lang termyn aanspreek nie. Peter Kratz van dié nie-winsgewende organisasie, sê dat die meerderheid van die mense wel ware werksoekers is, wat geen ander opsie het as om langs te pad te staan en vir werk te soek nie. “Ongelukkig lei dit tot openba-
re klagtes wanneer sowat 50 of 60 mense op een plek staan en wag vir ure, sonder byvoorbeeld ablusiegeriewe,” sê hy. Volgens Kratz is dit ’n beter oplossing om die werkgewers aan te spreek. “Hulle vestig die mark deur die werksoekers van die straat af op te tel.” Fundi fokus daarop om databasisse van werknemers en werkgewers in al die areas van die stad op te bou, en sodoende die twee bymekaar te bring. “As die stad werklik die sosiale kwale van die probleem wil aanspreek, moet hulle dit onwettig maak vir werkgewers om mense langs die pad op te laai,” sê hy. Werkgewers wat by Fundi wil registreer kan www. fundinetwork.org.za besoek.