KUILSRIVIER WE DELIVER
X1WJ74K2-AL100221
Woensdag, 10 Februarie 2021 | Tel: 021 910 6500 | e-pos: nuus@tygerburger.co.za
@TygerBurger
NETWERK24. ALLES OP EEN PLEK.
TygerBurger
Teken in by www.netwerk24.com.
KALKFONTEIN: MINSTENS 46 MENSE DAKLOOS GELAAT
Tien wonings verwoes Gladwin Paulus is verlede Woensdag aan die skoonmaak ná die brand in Elmariestraat.
CARINA ROUX
M
instens 46 mense, onder wie 19 kinders, is verlede Dinsdag (2 Februarie) in Kalkfontein dakloos gelaat toe ’n brand tussen Elmarie- en Dorothystraat uitgebreek het. Dit het volgens inwoners blitsig tussen die strukture versprei en tien wonings is verwoes. Niemand is beseer nie, maar die meeste van die mense het byna al hul persoonlike besittings verloor. Ebrahim Sawant, raadslid vir wyk 19, was verlede Woensdag op die toneel ten tyde van TygerBurger se besoek. Van die sop en brood wat gereeld aan sopkombuise in die omgewing verskaf word, is ook aan dié inwoners verskaf. Die groep Women for Change, bestaande uit vroue wat aangestel is om dienskwessies in Kalkfontein by die wykskantoor aan te meld (en ook bewusmaking oor Covid-19 te doen), was ook teenwoordig. Hulle het gehelp met die opdien van die middagete, asook ’n opname gedoen oor hoeveel mense geraak is. Verlede Woensdag was baie van die inwoners op die toneel aan die skoonmaak. Gladwin Paulus (36) het gesê hulle is vyf mense in die huis, wat tot op die grond afgebrand het. Hy was veral bekommerd oor die skole wat binnekort heropen, omdat die skoolklere, skryfbehoeftes en dies meer, wat hy kort te vore aangekoop het, als uitgebrand het. Dit is aangekoop met die laaste betaling wat hy ontvang het vir kontrakwerk wat voltooi is. Die vorige aand het hulle buite geslaap. Dit pla hom nie veel om self buite te slaap nie, maar Paulus sê sy kinders “behoort ’n dak oor hul kop te hê – veral wanneer hulle elke dag skool toe gaan.” Sy ma se huis langsaan, waar hulle in 1998 ingetrek het, het ook uitgebrand, sê hy. Hy het sedert 2003 daar gebly. Iemeraan Dawson, Paulus se buurman, sê hulle is ook vyf in die huis. “Als het seker binne 15 minute uitgebrand. Die meeste van ons het alles verloor.” Paulus het die huis ingegaan om sy TV te probeer red. V Na bladsy 3
FOTO: CARINA ROUX
MINI-MARK
EERSTERIVER | TEL: 021 902 0303/082 927 6111
VALID FROM 10 FEBRUARY TO 14 FEBRUARY 2021 All offers only available at EERSTERIVER branch
R
3500
p/pocket
BUY 2 R FOR
2000
R
1350
per pack
BUY 2 R FOR
2500
R
2500
2 trays for
R
6999 each
R
2500
each
From the farm to the table Van die plaas na die tafel
WHILE STOCKS LAST • OPEN 7 DAYS
R
100 00 EACH (1,8KG)
Bulk Pork packs
7Kg Potatoes
Sweetcorn prepack
Mix Peppers
R
BUY ANY 4 FOR R 00
20
KOO Curry Mixed Veg
129 99 p/kg
Lamb Braai chops
Grape-punnets
R
100 00
p\tray
1,2kg Danya sausage
Broccoli
R
4599 p\kg
12 Piece Vars braaipack
Fair Cape 6X1 litre milk
R
5999
p/kg
Pre packed sliced cold meats
Chiqolo chocolate balls
R
2999 p/kg
Cf Frozen breasts
ERRORS AND OMISSIONS EXCEPTED. WE TRY TO ENSURE THAT ALL ADVERTISED LINES ARE CORRECT. HOWEVER IF INFORMATION IS PRINTED INCORRECTLY OR A MISTAKE OCCURS WE WILL DISPLAY THE CORRECT INFORMATION IN-STORE. PRICES VALID WHILE STOCK LASTS. WE RESERVE THE RIGHT TO LIMIT QUANTITIES. X1WJ9X7R-AL100221