KUILSRIVIER
APPLY NOW!
Hake or Snoek and Chips
R6200Phone orders
021 906 0034
Woensdag, 18 November 2020 | Tel: 021 910 6500 | e-pos: nuus@tygerburger.co.za
INSTITUTE OF APPLIED ARCHITECTURE
TYGERVALLEY & CLAREMONT
CERTIFICATES (NQF 4&5) DIPLOMAS (NQF 6) ADVANCED DIPLOMAS (NQF 7)
www.cad4all.co.za @TygerBurger
TygerBurger
KALKFONTEIN: BENDEGEWELD VIER HOOGTY
Vier moorde in 10 dae CARINA ROUX
I
n Magdastraat in Kalkfontein onthou die mense Diego Smith (14) as die seun wat altyd ’n glimlag op sy gesig gehad het. Op Vrydag 13 November na 21:00, skaars twee huise van waar hy gewoon het, is Diego meer as een keer geskiet. Hy was in graad 8 aan die Sekondêre Skool Sarepta. Van die omliggende area se inwoners het Maandag met TygerBurger se besoek aan die buurt volgehou die seun was nie betrokke by enige bendes nie. “Ons is baie hartseer; almal het hom geken. Hy het altyd geloop met ’n smile op sy gesig. Hy het net belanggestel in sy duiwe en sy sport,” het ’n vrou gesê. Diego het by sy ouma grootgeword nadat sy ma oorlede is toe hy een jaar oud was, sê Donovan Smith, sy oom wat meer soos ’n broer was. Hy het gesê sy ma (Diego se ouma) is te emosioneel om te gesels. Diego het ’n hok met duiwe en ’n hond gehad en hy was lief vir sport soos sokker en landloop, en ook vir dans. Donovan sê Diego sou saam met die buurt se kinders speel en was onder sy maats bekend as “Heygie”. Van die kinders het Maandag vertel dat Diego moontlik ’n voorgevoel gehad het oor sy dood en van sy ma gedroom het. ’n Briefie wat agterna in ’n kas gevind is, begin met “I am Diego”. Hy noem homself ’n sportman, ’n seun, gelukkig, 14 jaar oud, ’n broer, liefde, en sluit af met “I’m a child”. Kalkfontein word deur bendegeweld ge-
teister en dit gons telkemale op sosiale media as die skote klap. In die kommentaar is daar hartseer, meegevoel, frustrasie, woede en vrees vir kinders se veiligheid. Sommige pleit vir ingryping of dat die gemeenskap moet saamstaan. Een inwoner het gesê vir die bendelede is dit soos ’n speletjie, maar dit is dikwels onskuldiges wat seerkry. “Ons moet bewusmaking skep oor wat hier aangaan.” Kol. Jayce Naidoo, stasiebevelvoerder van die Kuilsrivier-polisie, het Maandag gesê in die tydperk vanaf Vrydag 6 November tot Sondag 15 November was daar vier moorde in Kalkfontein. Een persoon is doodgesteek in ’n voorval wat met huishoudelike geweld verbind word en die ander drie is geskiet. Volgens Naidoo se inligting oor Vrydag 13 November se skietery het die 14-jarige seun na bewering gedobbel saam met lede van die Dixi Boys-bende buite in Magdastraat, toe twee onbekende mans omstreeks 22:00 op die groep begin skiet het. “Na bewering word die seun se pa met die 28-bende verbind.” Op Saterdag 14 November om 01:40 is ’n man, wat saam met twee ander mense gestap het, op die hoek van Dorothy-en Brendastraat deur twee verbygangers doodgeskiet. “Die slagoffer was vermoedelik ’n voormalige lid van die 26-bende,” sê hy. Naidoo sê die polisie het reeds uitgereik na die gemeenskap, maar geen hulp is tot dusver ontvang nie. “Ons benodig getuies om na vore te kom en ons te help om die verdagtes aan te keer.”
A group of community care workers attended a Care for the Carers event in Sarepta last week where they assisted one another with foot and hand care. Esmarelda Pedro is having a giggle behind her mask as she applies some “social distancing” to the toes of Mandy Rooi. Read more on page 4. PHOTO: CARINA ROUX