Tygerburger Parow 4 April 2012

Page 1

PAROW - SEDERT 1984 -

ONS HET VOORRAAD !

B u r g e r E-pos: tyger@dieburger.com

Woensdag 4 April 2012

Taurusstraat 10 • Brackenfell • Tel (021) 981 4501 www.gho.co.za • info@gho.co.za Fred Prinsloo Reklame gho/18/11/2011 A

Tel: 021 910 6500

Faks: 021 910 6501

Gepantser teen koue Die reënbui wat Vrydagmiddag geval het, het vrugteverkopers oorkant Bellville se taxistaanplek nie van stryk gebring nie – moontlik ’n teken van die ekonomie­ se tye waarin ons ons bevind? Komberse en plastieksakke is wel gebruik om die ergste nat en koue af te weer. Foto: Carina Roux

‘Ja!’ vir gesonde kern MARANA BRAND VAN HULSTEYN

Dis amptelik. Oor sowat ses maande gaan die eerste tekens dat die sakekern van Parow en Bellville ten beste omgekeer word, baie duidelik sigbaar wees. Dié goeie nuus is Woensdag 28 Maart gebreek toe die volle raad van die Stad Kaapstad die stigting van die Voortrekker Road Corridor Improvement District (VRCID) goedgekeur het, onder meer na aanleiding van die sakeplan. Dit kom nadat meer as die helfte van al die eienaars van sake-eiendom binne die VRCID hul stem skriftelik tot die stigting daarvan toegesê het. Nou gaan ’n maatskappy sonder winsbejag

gestig word wat die wiele na ’n gesonde Voortrekkerweg en omstreke aan die rol gaan sit. “Die sakeplan bepaal hoeveel elke eienaar van ’n sakeperseel in die VRCID tot die proses gaan bydra. Daar is besluit dat vir elke stuk eiendom wat R1 m. werd is, ’n sake-eienaar R187,22 per maand gaan betaal. Dit kom op sowat R2 250 per jaar neer. Dit sal by die onderneming se gewone munisipale belastingrekening gevoeg word, ongeag of jy vir die VRCID gestem het,” het Hardus Zevenster, voorsitter van die loodskomitee en uitvoerende hoof van Radio Tygerberg, gesê. Vir hierdie skamele bedrag per maand sal veiligheid en sekuriteit in die gebied aansienlik verskerp, die area voortdurend skoongemaak en sosiale kwessies op grondvlak aan-

gespreek word. Hoewel inwoners in die onmiddellike omgewing nie hierdie bykomende heffing sal betaal nie, sal hulle baie voordeel trek uit ’n skoner, veiliger omgewing om in sake te doen, asook die verhoging van eiendomspryse as gevolg hiervan. “Ja, mense sê ‘ek betaal belasting, hoekom kry ek nie reeds al hierdie dienste nie?’. Feit is, daardie geld is eenvoudig te min om aan alles optimaal aandag te gee. Hieraan kan ons nie verander nie, maar die VRCID kan wel. Met die VRCID word sake-eiendomseienaars se belastinggeld presies aangewend waar dit betaal word en word dit nie ook buite die CID gebruik nie,” het Zevenster gesê. Die Stad, verkeer, polisie en metropolisie

sal steeds hul verantwoordelikhede moet nakom. Die VRCID sal nie net hierdie dienste koördineer en toesien dat dit deeglik gedoen word nie, maar sal dit ook aanvul en ten volle met die Stad en die polisie saamwerk. “Dit is primêr belangrik dat ons moet toesien dat die Stad sy kant bring, het hy gesê. “Dis vir die polisie onmoontlik om aan misdaad op grondvlak aandag te gee en veral om sigbaar genoeg te wees. Hulle het eenvoudig nie genoeg mannekrag nie. Die CID gaan daarom ’n ‘rent-a-cop’-stelsel implementeer. Hierdie mense sal sone-kantore in Bellville en Parow hê wat uitstekend toegerus is vir die monitering van misdaad. Dié huurpolisiebeamptes sal ook arrestasiebevoegdheid hê.” . Na bladsy 2.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Tygerburger Parow 4 April 2012 by Tygerburger Newspaper - Issuu