RAVENSMEAD
EXPERIENCE OUR GUARANTEE
OLD FRUIT VEG SHOP, EERSTERIVER TEL: 021 902 0303
OPEN 7 DAYS
COMPOST
Valid from 14th August to the 18th August 2019
15DM
WAS R16.95
NOW
www.stodels.com
Trading Hours:• Mon to Thurs: 8.30am to 6pm • Fri: 8am to 6.30pm• Sat: 8am to 5pm • Sun: 8.30am to 1pm
VENISON SAUSAGE
9.95 R6999
Offers valid until 18 August 2019. While stocks last.
/KG
X1VLYC89-AL140819
Woensdag, 14 Augustus 2019 | Tel: 021 910 6500 | e-pos: nuus@tygerburger.co.za
@TygerBurger
TygerBurger
11 tydskrifte + 35 koerante
X1VMDFT9-AL140819
NETWERK24. ALLES OP EEN PLEK. Teken in by www.netwerk24.com.
’Die venster van een van die onbewoonde huise is gevandaliseer. FOTO’S: SAMANTHA LEE
BELHAR-BEHUISINGSPROJEK: ‘... DIT IS ONS GRONDWETLIKE REG’
‘Ons soek antwoorde’ SAMANTHA LEE & BENITA JAFTHA
B
In een van die leë huise bly daar glo mense wat dwelms gebruik.
egunstigdes van die Pentech Belharbehuisingsprojek sê hulle soek antwoorde oor hoekom hulle nou al vyf jaar op hulle huise wag. Terwyl sommige reeds in hul huise ingetrek het, sit ander nog op hete kole. Die groep sê hulle het al in 2014 gehoor hulle is begunstigdes van huise en daar is beloftes gemaak dat hulle teen Februarie 2016 sou kon intrek, maar dit is nou drie jaar later en sommige wag nog steeds. Van hulle wat al ingetrek het is ook ongelukkig met die swak vakmanskap, mure wat klam is, deure wat te klein is, en swak ventilasie. Hulle kinders word glo siek. “Dit mag klink of ons ondankbaar is. Ons is nie. Ons wil net ons huise hê, en ons wil ordentlike huise hê. Dit is ons grondwetlike reg,” sê Alroy Singh.
Hy is al op die waglys vir behuising vir amper 30 jaar. Die meeste begunstigdes is tussen 20 en 40 jaar al op die waglys. Hulle soek antwoorde vir die vertraging van die projek. Die 340 huise moes hierdie jaar voltooi gewees het, maar dit is tot vroeg 2020 uitgestel. Cornelia Jacobs sê: “Hulle het gesê dat dit die bouers is. Dan wag hulle vir bakstene, dan is daar geen sement nie en baie keer het hulle vir ons gesê daar is geen materiaal om mee te bou nie en hulle wag vir meer materiaal.” Jacobs sê haar ma is al 39 jaar op die waglys. Berenice Williams het ’n paar weke gelede reeds in haar huis ingetrek. “My kinders was nog babas toe ek my naam op die waglys gesit het. Toe ek uiteindelik hoor ek kry ’n huis was ek so bly maar my kinders is nou al groot. “Hulle kan nie die huis saam met my ge-
niet nie. “Ons staan nou saam met dié wat nog nie hulle huise gekry het nie,” sê Williams. Malusi Booi, burgemeesterskomiteelid vir menslike nedersettings sê: “Hulle het laat begin as gevolg van dokumente wat uitstaande was. “Die kontrakteur verantwoordelik vir Fase 1 was agter skedule en ’n program is nou in plek gestel om die verlore tyd op te maak.” Daar is tans twee kontrakteurs vir die behuisingsprojek aangestel. Die eerste 18 eenhede was op Maandag 6 Mei oorhandig en 16 op Vrydag 14 Junie. Die volgende eenhede sal na verwagting hierdie maand oorhandig word. “Die enigste rede hoekom daar vertagings is, is die ‘so-called’ installasie van die Oostersee elektrisiteit bokse,” sê wyksraadslid Willie Jaftha. V Na bladsy 3