RAVENSMEAD
APPLY NOW!
INSTITUTE OF APPLIED ARCHITECTURE
TYGERVALLEY & CLAREMONT
CERTIFICATES (NQF 4&5) DIPLOMAS (NQF 6) ADVANCED DIPLOMAS (NQF 7)
www.cad4all.co.za Woensdag, 16 Desember 2020 | Tel: 021 910 6500 | e-pos: nuus@tygerburger.co.za
@TygerBurger
TygerBurger
NETWERK24. ALLES OP EEN PLEK.
Teken in by www.netwerk24.com.
School club awarded
The Pick n Pay School Club has been acknowledged with the 2020 Trialogue Strategic Corporate Social Investment Award. The programme supports more than two million learners every year. This year, beneficiaries included 105 875 teachers, 2 268 750 learners and 3 403 125 guardians across South Africa. Pictured during a pencil case distribution at Kasselsvlei Primary School earlier this year are from left, Simone Mbavanga, Iminathi Mpondo, Cody Claasen, Dinanga Sama, Mckyle Baron and Enwill Carolus.
DUBBELE MOORD: MA SE HART AAN FLARDE GERUK
Broers in Uitsig afgemaai BRENDEN RUITER @ruitervaniewind
K
ersfees gaan vanjaar ’n baie hartseer tyd wees vir ’n ma van Uitsig, nadat albei haar seuns verlede week op ’n straathoek doodgeskiet is. Sedert die begin van 2020 is minstens vyftien mense reeds in Uitsig en Ravensmead vermoor. Charlton Witbooi (16) en Peter de Villiers (23) het op ’n straathoek gestaan toe twee mans glo op hulle begin skiet het. Albei het op die toneel aan onder meer kopwonde be-
swyk. Sharon Witbooi, die ma van die oorledenes, sê sy is gebroke oor die dood van haar kinders. “Ek wil net vir die lafaards sê hulle het my alles van my af weggeneem toe hulle my seuns doodgeskiet het. Dit gaan die moeilikste Kersfees ooit wees en ek weet nie hoe ek dit sonder hulle gaan maak nie. Ek weet hulle sou nie wou hê ek moet bly lê nie. Ter wille van hulle gaan ek op my bene bly en veg vir geregtigheid,” sê Witbooi. Pastoor Adam Alexander, ’n gemeenskapsleier, sê hy vermoed dat die moorde in Uitsig lankal nie meer oor bendebedrywig-
hede gaan nie. “Ek dink al hoe meer die moord en geweld het daarmee te doen om vrees by die gemeenskap in te boesem. Hierdie mense wil ons so bang maak dat ons nie eens meer by ons deure wil uitgaan nie. Op dié manier kan hulle onverpoos voortgaan om hul bose dade te pleeg,” sê Alexander. Volgens Alexander was die twee oorledenes nie bendelede nie. “Dit is twee seuns wat voor my grootgeword het en ek kan beslis sê hulle was nie bendelede nie. Hul dood is sinneloos en niemand kan dit regverdig nie. Hul ma is ’n gemeenskapswerker wat veral goeie werk doen met vermiste mense,” sê
Alexander. Hy sê elke keer as iemand in Uitsig vermoor word, kom die politici met beloftes. “Uitsig se mense het nou genoeg gehad van beloftes, want niks gebeur nie. Ek weet nie hoeveel mense moet nog sterf voor daadwerklike planne gemaak word nie,” sê hy. Kapt. Odwa Makupula, polisiewoordvoerder, het die moorde bevestig en gesê die polisie doen alles in hul vermoë om die moordenaars vas te trek. “Soos ons verstaan was daar ooggetuies, dus doen ons ’n beroep op daardie mense om na vore te kom om ons van inligting te voorsien,” sê Makupula.