RAVENSMEAD
Woensdag, 17 Februarie 2021 | Tel: 021 910 6500 | e-pos: nuus@tygerburger.co.za
@TygerBurger
TygerBurger
NETWERK24. ALLES OP EEN PLEK.
Teken in by www.netwerk24.com.
Kaisha Fortuin (middel) kom saam met haar ma, Odile Fortuin, by die Laerskool Silversands aan vir haar eerste skooldag. Saam met hulle is Eleanore Mackriel, ’n lid van die buurtwag. FOTO: BRENDEN RUITER
SILVERSANDS: GEEN TRANE, NET GLIMLAGTE
Skole heropen glad BRENDEN RUITER @ruitervaniewind
D
aar was geen trane nie, net ’n reuseglimlag toe die vyfjarige Shiloh Harper April Maandag vir die eerste keer skool toe is. Shiloh, wat in graad R by die Laerskool Silversands is, is een van duisende leerders reg oor die land wat Maandag vir die eerste keer skool toe is nadat die koronaviruspandemie die heropening van skole vertraag het.
Emma April, Shiloh se ma, sê die uitstel van die heropening het dinge vir haar en haar man moeilik gemaak. “Die kind wou al met alle mag skool toe en ons moes net verduidelik die skool is nog nie oop nie. Haar niggie is in dieselfde skool en sy sien daarna uit om saam met haar te speel. Ons hoop al die opgewondenheid sal voortduur,” sê Emma. Nog ’n graad R-leerder, Jourdan Jansen, het met sy gunstelingspeelding, sy gekleurde sokkerbal, by die skool opgedaag. Volgens sy ma, Jamie, was hy kalm en opge-
wonde. TygerBurger het by verskeie skole in sy verspreidingsgebied gaan loer of daar enige chaos is met leerders wat nie plekke in skole kon kry nie. By die meeste skole was dit egter net ingeskrewe leerders wat opgedaag het. Debbie Schäfer, die Wes-Kaapse minister van onderwys, het die afgelope naweek in ’n verklaring gesê daar is nog baie leerders wat nie plek in skole gevind het nie. “Ons sukkel nog om kinders geplaas te kry en dit veroorsaak angs by ouers. In ons
distrikte is die aantal ongeplaaste leerders geleidelik aan die afneem en al die moontlike word gedoen om plekke in skole te vind. “Ek wil ’n beroep op ouers doen om geduld aan die dag te lê en te verstaan dat hulle nie noodwendig hul kinders by die skole van hul keuse gaan inkry nie. “Aan die ander kant wil ek ook ’n beroep op skole doen om soveel leerders moontlik te akkommodeer. Dit is belangrik dat ons so gou moontlik met onderrig begin,” sê Schäfer. V Nog foto’s op bl. 2