TygerBurger Ravensmead - 18 November 2020

Page 1

RAVENSMEAD & BELHAR

APPLY NOW!

INSTITUTE OF APPLIED ARCHITECTURE

TYGERVALLEY & CLAREMONT

CERTIFICATES (NQF 4&5) DIPLOMAS (NQF 6) ADVANCED DIPLOMAS (NQF 7)

www.cad4all.co.za Woensdag, 18 November 2020 | Tel: 021 910 6500 | e-pos: nuus@tygerburger.co.za

@TygerBurger

TygerBurger

Elzona Daniels, ’n werknemer by die organisasie MES se program om haweloses te help om werk te vind, huil verlede Donderdag buite die kerk waar ’n gedenkdiens vir Jacques Pietersen gehou is. Pietersen, wat diep spore in die hawelose gemeenskap getrap het, is op 7 November in ’n motorongeluk oorlede. Lees meer op bl. 2. INLAS: Jacques Pietersen FOTO: NIELEN DE KLERK

JACQUES PIETERSEN: GEMEENSKAPSMAN VERONGELUK

Haweloses treur oor held NIELEN DE KLERK @nielendk

T

ientalle mense het verlede week die gedenkdiens vir die gemeenskapswerker Jacques Pietersen (55) in die Presbiteriaanse kerk in Bellville bygewoon. Jacques het hoofsaaklik met haweloses gewerk en was die afgelope paar jaar betrokke

by onder meer Mes, die organisasie wat met haweloses werk, die Voortrekkerkorridorverbeteringsdistrik (VRCID) en die Tygerberg Association for Street People (Tasp). Hy was meer onlangs aan die stuur van Mes se Grow-program, wat daarop gemik is om haweloses werk te gee. Hierdie werkers word dikwels in die VRCID en Boston CID se gebiede gewaar, waar hulle help om skoon

te maak. Diegene wat deur Jacques se lewe geraak is, het voor die erediens ’n erewag vir hom gehou deur plakkate vas te hou met woorde wat hulle aan Jacques laat dink. Tydens die diens het die meeste mense verskuif na Mes se Safe Space-skuiling waar die diens regstreeks uitgesaai is. Dit is ook in Mes se kantore in Port Elizabeth en Jo-

hannesburg vertoon. “Ons is stukkend,” het ’n emosionele Ilse Maartens vertel. “Hy was absoluut die hart van ons organisasie.” Maartens, hoof van Mes in Kaapstad, sê Jacques het verlede Saterdag in Symphonyweg verongeluk. Hy was in Uitsig woonagtig. V Na bladsy 2

CPUT LATE

open APPLICATIONS 2021

Building South Africa’s future, by creating yours...

CLOSING DATE

21 NOVEMBER 2020 +27 21 959 6767 A T H L O N E

info@cput.ac.za

B E L L V I L L E

Apply online for over 70 career-focused courses at www.cput.ac.za/study/apply www.cput.ac.za

D I S T R I C T

S I X

www.facebook.com/cput.ac.za

G E O R G E

G R A N G E R

B A Y

@cput M O W B R A Y

@wearecput W E L L I N G T O N

#CPUT2021 W O R C E S T E R


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.