RAVENSMEAD & BELHAR
Woensdag, 25 November 2020 | Tel: 021 910 6500 | e-pos: nuus@tygerburger.co.za
@TygerBurger
TygerBurger
Return of ‘The R5 meals’ The Shoprite group has re-introduced its R5 deli meals having subsidised more than 150 million meals since inception in 2017. The group has further subsidised its 600g in-house baked bread which remains at R4.99 since 2016. Stores sold 63 million R4.99 bread loaves in the past financial year. The group says with the effects of the pandemic on unemployment, increased hunger and food insecurity plagues vulnerable communities. The meal is the group’s effort to make sure that someone with just R5 in their pocket can afford to eat a hot meal.
AFRIFORUM: LANDDROS VERSKYN NÁ HY GLO OOR VOET RY
Regsman voor hof NIELEN DE KLERK @nielendk
N
ege jaar gelede was Verna Cloete (42) taamlik sorgvry. Sy’t gewerk as ’n trokbestuurder, het ’n inkomste verdien en het uitgesien na ’n moontlike sakegeleentheid saam met haar man in die toekoms. Maar op ’n dag in Februarie het haar lewe verander toe ’n man glo oor haar voet gery het. In daardie stadium het Cloete se man, Eugene, nie gewerk nie en sy kon nie geld ver-
dien as sy nie kon bestuur nie. Sy’t haar werk en mediese fonds verloor. Maar, wonder bo wonder, het sy nie haar veggees verloor nie. Die man wat glo oor haar voet gery het is die landdros Gerald Hattingh, wat in die Bellville-omgewing werk. Hoewel Verna dadelik ’n saak teen Hattingh gemaak het, het sy saak nooit tot ’n beslissing gekom nie en die nasionale vervolgingsgesag (NVG) het later besluit om nie voort te gaan met die saak nie. Verna en Eugene, wat in Delft bly, het op verskeie maniere hulp probeer soek. Hulle
was verskeie kere by die openbare vervolger, die media, die polisie en by staatsaanklaers, maar Hattingh se saak het halsstarrig gesloer. Uit desperaatheid het hulle toe besluit om AfriForum se private vervolgingseenheid te kontak. “Ek het vir Verna gesê: kom ons try vir Gerrie (Nel).” Nel, wat vir die vervolgingseenheid werk, is bekend vir sy werk in die Oscar Pistorious-saak. Binne twee dae het die eenheid hulle gekontak. Kort voor lank het die NVG die Cloetes gekontak en gesê hulle het wel besluit om
met die saak voort te gaan. Vir die eerste keer het dit gevoel of die reg aan hul kant was. Hattingh is met ’n lasbrief bedien en gaan vandag in die hof verskyn. Dit kom nadat dit met ’n vorige hofverskyning uitgestel is omdat die landdros vir Hattingh ken en homself van die saak verskoon het. “Ek het gevoel die wet is nie vir die klein man nie,” sê Verna. “Ons moes na Gerrie toe gegaan het (omdat) die wet ons in die rug gesteek het. Hierdie saak is vir die domestic worker, vir die straatwerker,” sê sy.