TygerBurger Ravensmead - 3 February 2021

Page 1

RAVENSMEAD

Super cheap insurance SMS ‘king’ to 31452 for a quote Standard SMS rates and T’s & C’s apply

FSP no. 43862

Woensdag, 3 Februarie 2021 | Tel: 021 910 6500 | e-pos: nuus@tygerburger.co.za

@TygerBurger

TygerBurger

NETWERK24. ALLES OP EEN PLEK.

Teken in by www.netwerk24.com.

Groot gatsby voed 16 mense BRENDEN RUITER @ruitervaniewind

H

et jy al ooit gedroom van ’n reusegatsby waaraan jy kan eet en eet, en dit nie kan op kry nie? Wel, daardie droom kan nou bewaarheid word as jy na MCD Pizzaen-wegneemetes in Eersterivier gaan en hul Undertaker-gatsby bestel. ’n Gatsby is ’n eg Kaapse dis, oftewel daait, wat bestaan uit ’n broodrol gevul met aartappelskyfies, blaarslaai en bykans enigiets onder die son. Ja, ’n mens kry polonie-gatsbies en steakgatsbies en snoek-gatsbies en, en, en. Op ’n goeie dag, en as jy genoeg geld het, kan jy ’n Fullhouse-gatsby koop. Dit is gevul met slaptjips, slaai, steak, kaas en ook eier. Om bykomende geur aan jou gatsby te gee, kan

jy kies tussen verskillende souse. ’n Gatsby word gemaak om deur vriende gedeel te word en hierdie delery lei gewoonlik tot ’n stryery. Met die Undertaker hoef daar nie meer onder mekaar gestry te word nie. Volgens Johan Joseph, eienaar van MCD, is die gatsby groot genoeg sodat almal genoeg kan kry. “Die Undertaker is meer as drie meter lank en bevat 2 400 g slaptjips. Dit word bedien met ons spesiale sous, wat dit nog meer geur gee,” sê Joseph. Dit is sy liefde om vir mense kos te gee wat hom gedryf het om met die massiewe gatsbies te begin. “Ek was in die lugmag en het vyf jaar gelede afgetree. Omdat ek nog jonk van gees is, het ek gewonder waarin kon ek my pensioen belê. Ek en my vrou het eenkeer in ’n restaurant gesit en eet en toe die rekening kom, was dit astronomies. Die idee het by opgekom dat ek graag baie mense wou voed vir so min geld as moontlik. Die geleentheid om die eetplek oop te maak het hom voorgedoen

Hooffoto: Johan Joseph in die kombuis van sy eetplek met een van sy groot gatsbies. Inlas: Joseph voor sy eetplek met een van sy stoei-helde, The Great Khali, op die venster. Een van sy gatsbies is na Khali genoem. FOTO’S: BRENDEN RUITER

en het ek gespring,” sê Joseph. Hy het ’n groot liefde vir rofstoei en het besluit om sy eerste groot gatsby na The Great Khali te noem. “Hierdie een het groot aftrek gekry en ek kan op ’n naweek so 50 van hulle verkoop. Ons het redelik onlangs eers met die Undertaker (nog ’n rofstoeiheld van Joseph) begin en ek is seker hy sal ’n treffer wees sodra mense daarvan bewus word. Ses-

tien mense kan aan hom smul.” Waar kry hulle ’n broodrol wat meer as drie meter lank is? “Dit was nogal ’n soektog. Uiteindelik het ek ’n bakker gekry wat bereid was om vir my ’n vorm te maak om die broodrol in te bak. Ek is seker die Undertaker is die grootste gatsby in die Kaap, want ons personeel moet die klante help om dit in hul motors te laai,” spog Joseph.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.