TygerBurger Tyger Valley - 13 January 2021

Page 1

TYGER VALLEY

Woensdag, 13 Januarie 2021 | Tel: 021 910 6500 | e-pos: nuus@tygerburger.co.za

@TygerBurger

TygerBurger

NETWERK24. ALLES OP EEN PLEK.

Teken in by www.netwerk24.com.

COVID-19: SKOOL SE HOOF VAN GRONDSLAGFASE STERF

Vasbeslote swemmer Geslote strande en kampeerplekke het nie vir Esti Joubert (18) van Stellenberg gekeer om haar “seevakansie” tuis te geniet nie. FOTO: MADELEINE SCHUTZLER

Eversdal rou oor juffrou M

edelye stroom in nadat ’n geliefde onderwyseres aan die Laerskool Eversdal weens Covid-19 oorlede is. Cecile Swart (56), hoof van die grondslagfase, is Vrydagoggend in die Mediclinic Cape Gate oorlede. Swart was langer as 20 jaar by die skool betrokke, onderskeidelik as Graad 1- en Graad 2-onderwyseres. Haar man van 30 jaar, Hentie Swart, het oor die naweek aan Netwerk24 gesê Cecile was “hipersensitief” vir die siekte en het min dorp toe gegaan en alles ontsmet. “Sy het as kind met asma gesukkel en later jare af en toe brongitis opgedoen.” Hy vertel brongitis is op 23 Desember by haar gediagnoseer. Sy het op 30 Desember gehoor sy is positief vir die ko- Cecile Swart ronavirus getoets. Haar toestand het tot so ’n mate versleg dat hy gedink het sy het ’n beroerte gehad. Die ambulansdienste het aanbeveel hy neem haar self hospitaal toe omdat hulle oorlaai is. Daar is sy na die hoësorgeenheid verskuif en aan ’n ventilator gekoppel. Haar maagwand het later begin bloei en sy moes ’n bloedoortapping ondergaan. Sy het ook dialise ontvang. Sy is toe Vrydag oorlede. Buiten Hentie word sy oorleef deur haar dogter, Retha (25) en broer Thinus Crozier. Intussen het baie oudleerders, ouers en

die algemene publiek hulle tot Facebook gewend om hul medelye te betuig. Romayne Coetzee skryf: “Dankie Juffrou vir als. Mag jy nou sag rus. Dankie dat jy agter my gekyk het in pouse toe ek alleen was. Dankie vir jou hulp as ek gesukkel het. Dankie vir jou. Sal vir ewig en ewig jou in my hartjie hou!! Baie Liefde, ‘Blompot’. Sterkte aan haar liefdes!” Annamie van der Merwe skryf: “My hart is so, so seer. Ons het saam geswot vir vier jaar en was beste vriendinne, saam geleer, lesse voorberei, gelag en gehuil. Min het ons geweet dat jou sterfdatum op my seun se 25ste verjaardag sou wees. Ai Cile, die lewe hier op aarde sal nie dieselfde wees sonder jou nie. So baie sterkte aan Hentie, Retha en Tinus. Ons bid vir julle. “Jou laaste boodskappie op my foon het gesê ons moet vir seker weer by mekaar uitkom. Die lewe is te kort. Vir seker was joune te kort. Sterkte.” Anli Vosloo skryf: “Ons harte is gebreek! Puik Juffrou met die Mooiste Hart! Juffrou Cecile, jy laat ’n groot Leemte in die Eversdal-gemeenskap.” Die skoolhoof, Henkie Arangies, en personeel skryf in ’n boodskap op Facebook: “Dit is ’n reuse-verlies vir ons skool. Ons het nie woorde om ons hartseer te beskryf nie.” V Rouklaers kan Donderdag, 14 Januarie tussen 09:00 en 15:00 ’n blommetjie by die skool se hoofhek neersit ter nagedagtenis van “Juffrou Cecile”.

TRUSTED PROTECTION FOR A SAFER 2021 The Trellidor range of non-obtrusive fittings, made with state-of-the-art materials, is as stylish as it is secure. Choose our see-through Clear Guard, elegant Security Shutter, sleek aluminium Rollerstyle shutters and fully framed Polycarbonate Bar for sophisticated, trusted protection that will give you peace of mind this holiday season. ORDER NOW FOR OUR LATEST SPECIALS AND INSTALLATION BEFORE THE HOLIDAYS!

TRELLIDOR DURBANVILLE 021 979 4602

TRELLIDOR SECURITY SHUTTER

ELEGANT LOUVRE STYLED SECURITY SHUTTERS

Unit 4, Durbanville Industrial Park, 5 Lilie Street. www.trellidor.co.za | Trellidor and The Ultimate Crime Barrier are registered trademarks of Trellicor (Pty) Ltd.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
TygerBurger Tyger Valley - 13 January 2021 by Tygerburger Newspaper - Issuu