HELLO manne, Adri is darem terug uit die verre buiteland uit, maar omdat hierdie uitgawe spesifiek gemik is op al die Adams daarbuite, kry ek die voorreg om heel eerste met julle te praat. Manwees is een van die mees populêre gesprekpunte van die afgelope paar jaar, met boeke soos Wild at Heart wat baie gewild was en steeds is. So ja, Kruispad het nou ook op daardie waentjie gespring, nie omdat dit cool is nie, maar omdat dit so erg belangrik is! Ons hoop en glo dat hierdie Adam-uitgawe jou sal help om nog 'n stukkie in die legkaart te voltooi van die man wie die Here wil hê jy moet wees, en wie jy kan wees! Vir al die dames daarbuite, hierdie is natuurlik vir julle ook kritiese leesstof, nie net om mans te verstaan nie, maar om te weet hoe jou man moet lyk! Lekker lees en onthou – Die Here is lief vir jou! Groete, Tim
No. 10
4
No. 10
5
Braam Krüger (Kruispad-redaksie)
DAAR
is 'n oorlog aan die gang. 'n Oorlog tussen Satan en sy magte aan die een kant, en die Here en sy koninkryk aan die ander kant. Eintlik is hierdie oorlog reeds gewen – deur die Here! Die oorwinning het gekom toe Jesus uit die graf opgestaan het. Toe is daar betaal vir die sondes van die gelowiges. Omdat Satan weet hy kan nie meer dáárdie oorwinning keer nie, het hy met 'n terroriste-oorlog begin. Hy is 'n insypelaar. En hy kan nog groot skade aanrig. Daar word 'n verhaal vertel van 'n sendeling in die Amasone. Toe hy op 'n dag in sy hut instap, was daar 'n allemintige Anaconda in die hut! Hy het sy pistool gevat en een skoot in die gedierte se kop afgevuur. Toe is hy vinnig buitentoe. Hy kon 'n vreeslike lawaai binnekant hoor en na 'n ruk het dit stil geword. Toe hy gaan kyk, was die slang dood, maar die binnekant van sy hut was verwoes! In sy laaste stuiptrekkings het die slang groot skade aangerig. Dít is hoe Satan is. Hy het reeds die kopskoot gekry, maar sy laaste stuiptrekkings rig nog groot skade aan op aarde.
'n Aanvalsterrein
No. 10
6
Die probleem is dié een van die padda in die kookwater! Gooi 'n paddavis in kookwater, en hy vrek dadelik. Maar sit hom in koue water wat stadigaan warmer word – en hy hou selfs nog vir 'n rukkie in die kookwater. Hy kom nie agter dat hy besig is om gekook te word nie! Dit is wat met ons gebeur! Elke keer as jy sê "Maar almal doen dit!" weet dan dat jy kook sonder dat jy dit agterkom.
'n Taktiek
Satan kom baie selde reguit na jou toe en probeer jou oortuig dat die Here se Woord nie waar is nie! Dis mos hoe hy ook met Eva gemaak het! Hy skep eerder twyfel. Hy maak 'n karikatuur – 'n skeefgetrekte bespotting van God se wil – en dan gaan óns weg van die Here se pad af. Vir Eva het hy gesê: "Het God werklik gesê julle mag van geen boom in die tuin eet nie?" (Genesis 3:1). Sien jy – twyfel in God se Woord – werklik – en 'n wanvoorstelling – geen. En dit is presies wat hy doen met die rolle van die man en die vrou in die huwelik. En as jy hiermee mors, verval die huwelik in onbruik. Ons sal DV volgende keer meer gesels oor die huwelik (Adam én Eva na die beeld van God) en die maniere waarop die Satan hierdie beeld van God probeer vernietig. Vandag praat ons oor Satan se ondermyning van wat ons dink die rol van die man (Adam) volgens die Bybel is.
Die huwelik – 'n lewenslange verbintenis tussen één man en één vrou – is die hoeksteen van die samelewing. Dit gee bestendigheid. Dit keer die verspreiding van seksueeloordraagbare siektes. Daarin word kinders grootgemaak om die lewe in te gaan. Dit is die mees basiese bousteen van gesag – as 'n kind sy pa en ma Wat is eie aan Adam? eer, sal hy of sy ook onderwysers eer, en uiteindelik nie "Adam" is 'n naam, maar dis 'n naam met betenet die regering nie, maar die Here self! As Satan dit kenis: "Man" of selfs "mens". En aan die begin het die dus kan regkry om die huwelik te vernietig, veroorsaak Here aan "die man" – of dan Adam – sekere opdragte hy chaos in die samelewing – soos ons vandag in die gegee oor wat eie moet wees aan 'n man. Wat onder Westerse wêreld en in Afrika sien! andere eie aan die man is, is dat hy in die huwelik (en Ons moenie hieroor twyfel in verhoudings met nie – Satan is ernstig besig die teenoorgestelde Wees uit eerbied vir Christus aan mekaar met die ondermyning van die geslag) die hoof of huwelik. Mense trou nie meer onderdanig. Die mans behoort hulle vrouens leier moet wees. nie, maar bly saam. Meer as so lief te hê soos hulle eie liggame. Ons kan dit vergelyk 30% van die kinders in SA met 'n dans (langword buite-egtelik gebore. arm, soos 'n ballroom-dans, naby en intiem. Nie los Na bewering weet 75% van die kinders in Suid-Amerika dans, met elkeen wat besig is om ver van mekaar sy eie nie wie hulle pa is nie! Die huidige mode van homosekding te doen nie!). In hierdie dans moet die man die sualiteit en veral in die laaste tyd, lesbianisme (I kissed eerste tree gee, vang, gooi, draai, leiding gee, anders a girl and I liked it, the taste of her cherry chap stick. I raak dit chaoties! As die man nie behoorlik lei nie, val kissed a girl just to try it. I hope my boyfriend don't mind hulle en word daar op tone en roksome getrap. Dít it) is alles deel van Satan se vernietigingswerk! is die rol wat God aan die man gegee het! Hy moet leiding neem op godsdienstige vlak, op finansiële terrein, in die kinderopvoeding, ja, in alles.
Die leuens
Juis hierdie manlikheid wil Satan vernietig – mans wat nie meer die leiding neem nie. Satan gebruik veral vier leuens hiervoor.
Eerstens: Die Nuwe Testament sê daar is nie meer so 'n onderskeid nie. Hy verwys dan na Galasiërs 3:28: "Dit maak nie saak of iemand Jood of Griek, slaaf of vry, man of vrou is nie: in Christus Jesus is julle almal één." Maar die punt is: daar is 'n verskil tussen status en rol! Ons status voor God is dieselfde! Vir seker. Sonder twyfel! Altwee word slegs deur geloof in Jesus gered! Maar die rolle verskil. Eva is "lewe", die versorgende een, en Adam is "man", die leidinggewer! Tweedens: Die man se hoofskap beteken dat hy "baas" is. Hy kan maar bombasties, arrogant, ongevoelig en sonder rede bevele gee, en (sy) vrou(e) soos 'n stuk speelgoed gebruik en misbruik! Sy hoef nie eers 'n verstand te hê nie. Sy moenie dink nie. Om dit kras te stel: Kaalvoet en pregnant in die kombuis! Dit is Satan self wat maak dat mense dink hierdie is die Bybelse definisie van hoofskap! Dan sê hulle: Hoe kan jy so outyds wees? Sulke mans moet Spreuke 31 gaan lees. Daar lees ons van 'n vrou wat 'n persoon is in eie reg, en so vir haar man tot voordeel is. En Efesiërs 5 (enkele verse): "Wees uit eerbied vir Christus aan mekaar onderdanig. Die mans behoort hulle vrouens so lief te hê soos hulle eie liggame. Wie sy vrou liefhet, het homself lief, want niemand het nog ooit sy eie liggaam gehaat nie. Inteendeel, hy voed en versorg dit, soos Christus met sy kerk doen omdat dit sy liggaam is, waarvan ons lede is." Om die waarheid te sê: Die Bybel beveel nooit dat die man die leiding moet opeis of afvat nie, maar dat hy moet liefhê! 'n Manlike man is een wat liefdevolle leiding neem. Derdens: Die vrou moet alleen regkom met die kinders en die huishouding. Ek (man/Adam) is besig met "belangriker" goed, soos geld maak of kuier saam met pêlle. Dit is die afwesige pa's. En die gevolg is duidelik – die huisgesin as eenheid word ondermyn en die samelewing val uitmekaar! Vierdens laat Satan vroue glo dat hulle vloerlappe is, dat hulle maar mishandel en misbruik kan word, dat hulle maar alleen moet regkom! Sulke vroue doen dan selfs sondige dinge net om mans te behou (dit begin soms al voor die huwelik, as sy dinge toelaat wat eintlik teen haar beginsels is, maar dit maar toelaat net sodat sy nie die ou verloor nie!).
Drie-eenheid is daar 'n hoofskap van die Vader. En volgens hierdie analogie (voorbeeld) het God self aan Adam en Eva sekere rolle toegeken. Mors jy hiermee, mors jy met God se wil! En dit is presies wat Satan ons wil laat doen. Elke manlike leser van Kruispad moet nou vir homself 'n paar vrae vra: Het ek dalk my hoofskap afgesweer omdat die wêreld 'n bespotting gemaak het van wat die Here daarmee bedoel? Of het ek dalk gedink dat ek te besig is daarvoor? Of is ek dalk net te lui om dit te doen? En die vroulike lesers van Kruispad: Verwag julle van die Adams om mans te wees? Wat leiding neem en só sekuriteit verskaf? Ek dink elke Eva val oor haar voete om só 'n Adam te vang!
Wat nou?
Hoofskap of leierskap is nie 'n vloekwoord in die verhouding tussen 'n man en vrou, 'n ou en meisie nie. Inteendeel, dit is 'n beeldskap wat God aan Adam gegee het, en die oorsprong daarvan lê in die Drieeenheid self! In 1 Korintiërs 11:3 staan daar: "Ek wil egter hê julle moet weet dat Christus die hoof is van elke man, en 'n man die hoof van sy vrou, en God die hoof van Christus." "God" is hier die Vader, en Hy is die Hoof van die Seun. Die een is tog nie ondergeskik aan die ander nie, of die een hoër as die ander nie. Maar in die
No. 10
7
Begin deur jou maat te vra wat hom spe- siaal laat voel? Wat hom belangrik laat voel. (En maak notas, want jy gaan ver geet!) Doen elke week een ding op die lysie om hom soos jou koning te laat voel. Maak dit maklik vir hom om vir jou om te gee en die geestelike leier te wees. Sê vir hom die komplimente wat jy dink. As julle byvoorbeeld rondloop en jy dink sommer dat dit lekker is om hom vir 'n ou te hê – sê dit vir hom!
Erna Dreyer (Gereformeerde Gemeente Randburg)
Partykeer
A woman's heart should be so hidden in Christ that a man should have to seek Him first to find her!
No. 10
8
word ek sommer van voor af vies vir die slang, vir Eva en vir Adam. As Eva maar net nie ingegee het nie en as Adam tog maar net sy rol as geestelike leier uitgeleef het, was dinge vandag sommer baie makliker! Veral in verhoudings. Ek het nou die dag 'n praatjie bygewoon waar ons opnuut bewus gemaak is van hoe Adam en Eva se verhouding voor die sondeval moes gewees het. Ek is seker Eva het soos die mees geliefde vrou gevoel (okei, sy was die enigste vrou, maar nog steeds!) en Adam het gedink: I'm the man! Hoekom? Want Adam het geweet (of dit nou onbewustelik was of nie) dat Eva nodig het om spesiaal, gekoester en geliefd te voel. En in Eva se oë was Adam haar hero, haar prins op die wit perd, haar koning – en sy het hom so laat voel. Dit het dit maklik vir Adam gemaak om vir Eva die liefde te bewys wat sy nodig het en dit het dit weer vir Eva maklik gemaak om aan Adam "onderdanig" te wees. (Ek wens ons kan 'n ander woord vir onderdanig kry wat nie so negatiewe konnotasie het nie! Miskien 'n woord wat "sy was oop daarvoor om Adam se geestelike leiding te ontvang" beteken?) Maar terug na vandag – duisende jare na die sondeval. Ons sit nou met die gebakte pere en lewe nie meer in die Paradys nie. Tog is God steeds in beheer – ook van ons verhoudings. Hy is nog dieselfde God. Liefde teenoor ons naaste (en dit is tog maar verhoudings) is deel van die grootste gebod ("Jesus antwoord hom: 'Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand.' Dit is die grootste en die eerste gebod. En die tweede, wat hiermee gelyk staan, is: 'Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.' In hierdie twee gebooie is die hele wet en die profete saamgevat," Matteus 22:37-39). Die tweede deel is net baie moeiliker. Die duiwel is ook nog dieselfde – hy hou nie van mooi verhoudings nie en ek dink hy gebruik alles tot sy beskikking – flieks, televisie, tydskrifte – om aan ons leuens oor verhoudings, oor hoe 'n man of vrou moet lyk, en oor seks te verkondig. En hy kry dit baie goed reg! Dit beteken dat ons, as Evas, actually moet werk daaraan om ons Adams te laat voel soos the man! Dit kom ongelukkig nie vanself nie – wel, miskien as jy nog baie, baie verlief is. Hoe doen ons dit? Ek het aan 'n paar goed gaan dink wat in ons verhouding werk:
Die moeilikste is seker om aan hom te kommunikeer waarvan jy hou. Ongelukkig is die mans in ons lewens nie baie goed daarmee om te weet wat ons wil hê nie. Ek vang myself soms dat ek so wens hy koop vir my blomme, dat ek sommer boos is as hy by die huis kom en hy het nie blomme gekoop nie. Arme ou – hoe op dees aarde moes hy dan nou weet! Jip, ongelukkig moet ons hulle bietjie help en sê wat ons spesiaal laat voel. So wat maak dit makliker vir 'n liefdesverhouding om te werk? Ek dink daar is ononderhandelbare goed en dan is daar goed wat nie noodsaaklik is nie, maar wat dit wel makliker maak.
Wat is ononderhandelbaar?
Dat albei die Here ken en Hom dien – moet asseblief nie dink jy gaan hom/haar verander nie! God kan, ja, maar jy weet nie of dit gaan gebeur nie. Die Bybel is baie duidelik daaroor dat ons nie in dieselfde juk as 'n ongelowige moet trek nie (2 Korintiërs 6:14). Dat albei committed Christene is – in die begin, wanneer julle nog verlief is, is dit dalk vir hom/haar lekker om saam met jou By- belstudies by te woon of kerk toe te gaan, maar as jou maat nie regtig in sy/haar hart committed is nie, gaan die ywer verflou – en as dit eers in die huwelik gebeur, word dit baie moeilik. Óf jy gaan verflou in jou godsdiensbeoefening óf jou huwelik gaan vol spanning wees. Dat jou maat jou van die begin af met respek behandel. Daai storie van dat jy moet kyk hoe jou ou sy ma behandel – dit het baie waarde!
Dan is daar ook dinge wat ek glo 'n verhouding – en uiteindelik 'n huwelik – makliker maak: Dit help verseker as jy en jou maat se huislike om standighede (soos julle grootgeword het) naastenby dieselfde is. Dit sluit waardes en beginsels in. Dit help ook as julle in kerke is wat min of meer die- selfde aanbiddingsstyl het. Ek besef hierdie een is 'n tameletjie, maar ek het al soveel keer gesien dat ver skillende kerklike agtergronde baie spanning in 'n huwelik veroorsaak. As dit wel so is, moet julle dit uitsorteer voordat julle trou. Dit is belangrik dat elk een vrede moet maak met die besluit en julle altwee ten volle commit in die kerk waarop julle besluit. Miskien bietjie ver in die toekoms, maar as daar een dag kinders is, help dit baie as jy en jou maat saam stem oor die belangrikste aspekte van kinders groot maak – soos dissipline en die rol van die pa en ma. So baie goed! Maar die belangrikste is dat jy en jou maat alleen nie genoeg is om jul verhouding te laat slaag nie. Julle het vir God nodig – reg in die middel van julle verhouding. Pak julle verhouding aan saam met Hom. Lees saam Bybel. Bid saam. Ek het nou die dag op hierdie aanhaling (ek weet ongelukkig nie van wie nie) afgekom vir ons vrouens: A woman's heart should be so hidden in Christ that a man should have to seek Him first to find her! Is dit nie pragtig nie? En so waar! Leef hierdie aanhaling uit en jy kan nie verkeerd gaan nie. Geniet jou verhouding in die Here se teenwoordigheid!
No. 10
9
Johan Fleischmann (Gereformeerde Kerk Kaapstad)
DIT
fassineer my: "Die Here het vir Moses gesê …", "Die Here het vir Jesaja gesê …" So maklik. Sommer net so. Die Here praat. En mense hoor! Vir my is dit nie altyd so maklik nie. Praat Hy met my ook? Kry die Gees ook iewers tussen die geraas in my kop 'n spreekbeurt? Wel, ek verseker jou: Hy praat! Vandag nog! In my lewe! In jou lewe! Neem maar as voorbeeld toe Hy my geroep het om 'n predikant te word. Als was daarteen: My psige was deurmekaar geroer. Ek hakkel. Ek het wie God is, skeef gesien en het daarom lamlendig geleef. En toe roep Hy my! Die Here het my nie met 'n stem in die nag geroep nie (lees gerus vanaand 1 Samuel 3). Ook nie in 'n brandende bos (hier is iets om môre-aand te lees: Eksodus 3) nie. Ook nie met 'n verblindende lig (vir oormôre-aand: Handelinge 9) nie. Hy het my eerder geroep soos 'n fris bries in 'n skip se seile. Dit was asof Hy my aangepor het. Hy het my gedring. As ek 'n ander rigting wou inslaan, het ek agtergekom ek is al weer 'n seemyl verder windaf. Daar was 'n oorweldigende sekerheid: Dit is wat "Ek is" met jou wil. "Maar Here, ek hakkel dan," kla ek bang! "AI JOHAN, DIE EEN HET EK AL GEHOOR. MOSES HET DIT PROBEER. JEREMIA OOK. DINK JY REGTIG DIT IS VIR MY 'N PROBLEEM?" Hy waai my dwarsdeur my verskonings. Ek begin op sy krag en sy plan vertrou. My are pomp adrenalien. Opgewonde! Dit is my roeping! Dit is die doel vir my lewe! Dit is sy plan vir my! "Hokaai Johan, stadig! Jy is nou laf. Jy moet darem 'n bietjie realisties ook wees. Jy HAKKEL, onthou", sê die mense om my. "Maar die Here het gesê …" "Ja-ja, maar maak maar eers seker of dit nie sommer 'n gier is nie. Jy pers nie dalk die Here af om jou vlot te laat praat deur vir Hom te sê jy sal 'n dominee word nie?" sny goeie boeties en sussies met God se skalpel. Ouch! "Here, is dié wind in my seile u stem of is dit my selfsug?" Wat 'n vraag! Wat 'n fantastiese vraag! Wat 'n ongelooflike, fantastiese vraag! (Vra dit partykeer bietjie vir jouself, ek daag jou!) Daarom besluit ek toe om eers vir twee jaar diensplig te gaan doen vóór ek studeer. Die twee jaar sal uitsorteer
No. 10
10
of dit in my seile Wind is, of sommer 'n whim. Weermag toe, twee jaar. En die Wind waai. Die Wind bly waai, dwarsdeur die weermag: "EK ROEP JOU!" Dominee word – die Here se roepstem of my selfsug? Die HAKKEL is nie weg nie, o nee. Die Here sê eerder: "JOU (EN DIE MENSE OM JOU!) SE VERLEENTHEID IS VIR MY 'N GELEENTHEID! MY GENADE IS VIR JOU GENOEG!" Dit moes Hy ook al vantevore vir iemand sê (2 Korintiërs 12:9). Dus, met hakkel en al, en my deurmekaar binneste vermom agter allerhande slimmighede – maar met die Wind in my seile! – gaan ek toe studeer om 'n dominee te word … Vandag hang daar tussen my grade en ander grênd prestasies drie baie spesiale getuienisse: - Die Kuratore (die slim dominees wat kyk dat dit by die Teologiese Skool goed gaan) sê ek is geskik om 'n dominee te wees. - Die Partikuliere (ai, die Nederlandismes!) Sinode Wes-Transvaal sê ek is OK – kerke kan my maar beroep. - Die muuroorlosie wat die eerste gemeente wat my beroep het vir my gegee het om mee te sê hulle is bly God het my gestuur! Hulle almal het gevoel hoe die Wind hulle seile span! Wel, ek is bly ek is hier! Die Wind het my tot hier gewaai. Teen die systrome in. Ek is hier. God praat. Prys die Here! * Hier is 'n paar handvatsels oor hoe die Here praat (en ons luister): (a) Hy dring, soos die wind in seile. (b) Hy praat en werk verskillend met mense – daar is nie een resep nie. (c) Hy skrik nie vir verskonings nie. (d) Hy gee wyse raad deur geloofsvriende. (e) Vra: Was dit u stem of my selfsug? (f) Wat Hy sê, deurstaan the test of time. ** Het jy geweet daar is 'n tekort aan predikante in die Gereformeerde Kerke? Mag die Here mense met sy Wind tot in die plekke waai waar Hy wil hê hulle hul lewensroeping moet uitleef! *** Voel jy dalk die roeping om Teologie te gaan studeer? Kontak gerus die Teologiese skool (018 299 1846) vir meer besonderhede.
Credo is 'n bordspel gebaseer op die Bybel. Die speletjie bestaan uit 1000 vrae en antwoorde (met teksverwysings) en 500 prettige Bybelse gebeure wat deur mimiek of tekeninge uitgebeeld moet word. Credo is daarom hoofsaaklik ontwikkel om Bybelkennis onder jongmense te bevorder, maar ouer mense sal net soveel daarby baat! Hierdie spel is ideaal vir gesinne, skole en jeugbediening. Interessante feit: Credo is die Latynse ekwivalent van "Ek glo".
No. 10
11
Foto verteenwoordig niemand in die artikel nie en is bloot vir illustratiewe doeleindes.
Stuur gerus 'n epos na sending@kruispad.net met enige vrae of opmerkings. Maureen van Helden & Rineé Viljoen (Kruispad-redaksie)
ONS
KINSLEY
is 'n Christen buitelander en een van my universiteitsvriende. Ek het hom op die basketbalbaan ontmoet. Tydens my studentejare het ek vir hom Sjinees geleer. Hy het nooit 'n woord oor Jesus gerep voordat hy nie vlot Sjinees kon praat nie. Nadat hy homself goed in Sjinees kon uitdruk, het hy eendag vir my gevra wanneer dit my verjaarsdag is. Hy het my op my verjaarsdag na sy huis genooi. Daar was baie buitelanders teenwoordig. Hulle het my gelukgewens met my verjaarsdag en vir my 'n koek gekoop. Sjinese is nie gewoond aan hierdie soort partytjies nie, en ek is diep aangeraak deur hulle gebaar van vriendskap. Kingsley het my voor ons gradeplegtigheid weer na sy huis genooi. Hy het die hele oggend opsygesit om die Woord met my te deel. Hy het by Johannes 1 begin. Ek het naderhand aan die slaap geraak. Toe ek my oë oopgemaak het, was hy nog besig om te lees. Na hierdie besoek het ek begin om hom te vermy. Tydens ons gradeplegtigheid-seremonie het hy vir my drie boeke present gegee, insluitend 'n Bybel. Ek het die Bybel onder my kussing gedruk sonder om dit eers oop te maak. Ek het by 'n bank begin werk. Vir twee weke lank het ek elke dag vir myself afgevra wat die sin in die lewe is. Ek het gedink dat daar niks anders, behalwe geld was om voor te lewe nie. Op 'n dag terwyl ek in die badkamer was, het ek 'n stem in my hart hoor sê: "Moenie tou opgooi nie, jou lewe het betekenis."
No. 10
Ek het moed bymekaarskraap, vir Kingsley gebel en vir hom gevra wat die betekenis van die lewe is. Hy het geweet dat ek op soek was na God. Hy het my na sy huis toe genooi waar ek saam met ander gelowiges verkeer het. Hulle het een lied oor die Vader se liefde en genade gesing en dit het my hele wese aangeraak. Hierna het ek geweet waarna ek op soek was. Ek het besluit om Jesus te volg. Ek is nou 'n kerkleier tussen my minderheidsmensegroep. God werk in hulle harte. Dit het een man geneem om die evangelie met my te deel, sodat ek die man kon word wat God in gedagte gehad het. Vir verdere inligting rakende vervolgde Christene, besoek Geopende Deure se webwerf by www.opendoors.org.za of kontak hulle hoofkantoor by 011 888 9341.
almal ken Jehovah se Getuies as die mense wat aan ons deure klop en graag wil gesels oor godsdiens en wat ons glo. Maar wie is hierdie mense en wat glo hulle werklik? Wel, kom ons begin by hul geskiedenis. Die beweging beweer dat hulle die enigste ware opvolgers van die oorspronklike 1ste-eeuse Christendom is en hulle handhaaf geen betrekkinge met ander Christelike kerke en groeperings nie. Hulle beskryf hulleself as die "Christendom" en verwys na die ander Christelike kerke en sektes as die "Christenheid". Die leerstellings is hoofsaaklik gebaseer op die apokaliptiese boeke van die Bybel, veral Daniël en Openbaring. Die hedendaagse geskiedenis van Jehovah se Getuies het meer as 'n honderd jaar
gelede in die VSA begin. In die vroeë 1870's het Charles Taze Russell 'n betreklike klein Bybelstudiegroep in Allegheny, Pennsilvanië begin. Dié groep het bekend gestaan het as The International Bible Students Association (Die Internasionale Vereniging van Bybelstudente). In Julie 1879 het die eerste kopie van die tydskrif Zion's Watch Tower and Herald of Christ's Presence verskyn. Teen 1880 het hierdie enkele Bybelstudiegroep gegroei tot talle gemeentes in nabygeleë state. In 1881 is Zion's Watch Tower Tract Society gestig, en in 1884 is dit, met Russell as president, geïnkorporeer. Die Genootskap se naam is later verander na die Wagtoring-, Bybel- en Traktaatgenootskap. Baie lede het van huis tot huis getuig en Bybellektuur vir die inwo-
ners aangebied. In 1888 het 50 mense dit voltyds gedoen – vandag is daar wêreldwyd ongeveer 7 miljoen aktiewe lede en is hulle internasionale hoofkwartier in Brooklyn (New York). Wat glo Jehovah se getuies? (Vergelyk hierdie tabel met die tabel in #8 oor dit wat ons glo): (Bronne: www.beliefnet.com; www.carm.org; www.radio.cz/en/article/69067; www.towerwatch.com; www.watchtower.org; Nuwe Wêreldvertaling van die Heilige Skrif; http://af.wikipedia. org/wiki/Jehovah_se_Getuies)
Daar is net een ware God. Hy het alles in die hemel en op aarde geskep, maar daar bestaan nie 'n Drie-eenheid nie. God het baie titels maar net een naam. Daardie naam is Jehovah. Jehovah woon in die hemel, maar Hy kan alles sien. Jesus het in die hemel as 'n geespersoon gelewe voordat hy aarde toe gekom het. Jesus is God se eerste skeppingswerk, maar nie God wat mens geword het nie. Hy is God se seun, na die aarde gestuur as 'n perfekte mens, en daarom word hy die "eersgebore" Seun van God genoem. Jesus is die enigste Seun wat deur God self geskep is. Jehovah het die voormenslike Jesus as sy "meesterwerker" gebruik om alle ander dinge in die hemel en op aarde te skep. Jesus en het dus 'n sekondêre posisie in tyd, kennis en mag. God se heilige gees is sy werkende krag, nie 'n persoon nie. Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif wat die 66 boeke van die Bybel bevat.
Geen hoofleier op aarde nie, maar die Wagtoringgenootskap word vanuit die hoofkwartier in New York-stad bestuur deur 'n liggaam van "ervare ouer manne" wat op 'n nie-demokratiese, outoritêr-teokratiese manier deur hul artikels in die Wagtoring toon wat God se waarheid is en wat nie.
Die Bestuursliggaam stuur elke jaar verteenwoordigers na verskillende streke regoor die wêreld om met die takverteenwoordigers in daardie streke te beraadslaag.
12
Verlossing kom van God deur Jesus as losprysoffer. Geloof in Jesus Christus is noodsaaklik vir verlossing, maar dit is nie genoeg nie. Geloof moet ook met werke gepaardgaan. Jy moet ook die praktyke, gebooie, wette, en sakramente van die geloof nakom en behou. Om van hul geloof te "Getuig" en aktief met ander te deel, is fundamenteel. Hul moet ook gedrag vermy wat God nie behaag nie, insluitend die viering van verjaarsdae en vakansiedae wat hul oorsprong het in valse gelowe. "Om 'n persoon se naam geskrywe te kry in daardie boek van die lewe sal No. 10 afhang van die persoon se werke en of dit in vervulling van God se wil en goedkeuring deur sy Koning en Regter is," (Wagtoring, 15 Augustus 1972).
13 Rubriek verskaf deur Geopende Deure
Geen siel bly aan na die dood nie. Jesus Christus sal binnekort na die aarde terugkeer om die dooies op te wek, en die siel en liggaam te verenig. Gehoorsame mense word van ewige lewe verseker. Net 144 000 gaan hemel toe en sal konings saam met Christus wees. Baie ander gaan op aarde lewe. Die wat as onregverdig veroordeel word, sal nie gemartel word nie, maar sal doodgaan en ophou bestaan. Hel is dus die mensdom se gemeenskaplike graf. Verder: "Omdat God hulle Vader is, is hulle almal ook goddelik van natuur. Alhoewel hul nou soos mense lyk, en almal natuurlik doodgaan soos mense, sal hulle met die opstanding tot hul ware karakter as gode verrys," (Wagtoring, Desember 1881).
EK
Eduard Schoch (slegs deur sy liefde en genade, 'n kind van God)
No. 10
14
is gevra om 'n stukkie van my lewe met jou te deel. In kort was ek 'n goeie Christenseun wat kerk toe gegaan het, selfs later betrokke was in selgroepe en in my eie oë baie hoë morele standaarde gehandhaaf het. Ek het vas geglo dat ek nooit oor die tou sou trap voor ek getroud was – met die perfekte vrou – nie. Ek was ook baie uitgesproke oor ander se gebreke, veral op die seksuele front, soos elke voorbeeldige Christen mos moet wees … Op 22 gebeur die ondenkbare. Ek, 'n goeie Christen, trap nie net oor die tou nie, maar spring sommer met altwee voete binne in die gemors in. Ek wens ek kon sê dat ek onskuldig was, dat dit die vrou se skuld was, dat ek so dronk was dat ek nie geweet het wat ek doen nie (terloops meisies, 'n ou verneuk jou nie omdat hy dronk is nie, dis 'n keuse wat hy gemaak het lank voor die geleentheid hom voorgedoen het) en dat sy nie getroud was nie. Ek wens ek kon sê dat my ma nie reg was met haar waarskuwings nie, en ek wens ek kon sê los seks was darem amper so lekker soos die movies dit laat lyk. Die waarheid is dat die aand geëindig het met my wat deur 'n woonstelvenster staar oor die liggies van Durban, so naar vir myself, die alleenste mens op hierdie aarde. Ek het toe nog nie geweet wat ek gedoen het nie, nie geweet dat dit net die begin was en dat dit my sou vernietig nie. As ek maar net geweet het dat ek die posterboy vir die hel sou word. Wat is my definisie van 'n posterboy vir die hel? Dit is iemand soos ek wat 'n tool word in die hand van die demoon Lust. Iemand wat voor die kerkmense 'n goeie Christen is en selfs elke week selgroep toe gaan, wat baie kan gesels oor Jesus en veral Christenwees. Iemand wat so goed kan voorgee dat die meeste ma's hulle dogters saam met hierdie goeie Christenseun vertrou. Iemand wat twee lewens lei, wat sy kop nie uit die seksuele gutter kan kry nie, wat elke vrou begin sien as 'n potensiële prooi. Wat begin kyk na meisies in skrapse klere en eindig met ure voor pornografie sites op die net. Iemand gedryf deur Lust. Iemand wat gereeld in vreemde beddens wakker word. Iemand wat later so selfgesentreerd word dat hy niks meer vir ander voel nie, en alles net doen tot sy eie voordeel. Iemand wat 'n spoor van vernietigde mense agter hom los, en wat baie effektief gebruik word teen die Koninkryk. Die Durban-episode was net die finale draai van die sleutel in 'n deur wat nooit oopgemaak moes gewees het nie. Tot daardie aand het ek gedink ek kon bly staan waar soveel ander geval het, het ek gedink 'n goeie lewe is genoeg om my te beskerm teen die wêreldse aanslae. Ek het dan gereeld gekerk, en selfs so nou en dan my Bybel gelees voor ek gaan slaap het. Vandag weet ek dat ek myself oor 'n lang tyd opgestel het vir die groot val, en weet ek ook dat geen mens sonder 'n persoonlike verhouding met Jesus kan bly staan nie.
Wat gevolg het, is genoeg om van naar te word. Vir die volgende nege jaar het ek myself in 'n afwaartse spiraal van partytjie tot partytjie en van bed tot bed bevind. Elke keer wat ek myself oorgegee het aan die gesag van Lust het sy houvas sterker geword, en het ek minder sê gehad in die situasie. Jy eindig as 'n leë dop, iemand wat nie meer kan of wil voel nie. Dit alles terwyl jou ma nog dink jy is 'n maagd en die tannies van die kerk vir jou afsprake reël met hul dogters … In Junie 2006 en alles binne 24 minute verander. Ek het my in 'n nuwe selgroep bevind (nie om die Here te soek nie, net nuwe vriende) waar niemand my geken het nie. My masker was in plek, niemand het geweet van die seer en die verlede nie, na buite het ek okei gelyk. (O ja, en daar was ook 'n paar oulike prooitjies … ekskuus, ek bedoel meisies teenwoordig.) Dié aand vra die sel of hulle my kan bedien met gebed, wat my effens ongemaklik gemaak het, maar wat kan 'n ou paar "Sondagskoolgebedjies" tog nou maak? Ek eindig toe op die middel van die groep bo-op 'n koffietafel/kis met die groep wat rondom my staan. En die Here begin my lewe oopmaak deur 'n paar mense wat die stem van die Here baie duidelik – té duidelik – hoor. Deur die afgryslikste beelde vertel die Here my verhaal, my geheime en my seer, en vir 24 minute lank bevestig die Heilige Gees elke beeld in my hart. Ek onthou ek het nog daar in verwondering gesit, want die beelde het vertel van dinge wat geen mens geweet het nie, veral nie die selgroepmense nie. Op daardie kis het ek vir die eerste keer in my lewe die lewende teenwoordigheid van die Here ervaar, en het ek geweet dat Hy leef. Die aand het geëindig met my, 'n nuwe mens, wat voor Jesus Christus en 'n paar manne sy sondes bely het, wat vir die eerste keer in sy lewe onder die bloed van Jesus Christus kon staan teen Lust, en Lust moes op die vlug slaan. 'n Nuwe mens wat deur die genade en liefde van God uit die dood geruk is. 'n Mens wat nie self kon bly staan nie, nie self by God kon uitkom nie, wat 'n dienaar van die vyand was, het binne 'n oomblik 'n kind van God geword en 'n vyand van die vyand. Twee jaar later leef ek steeds die avontuur van 'n leeftyd, en het ek die voorreg om deel te wees van die plan van God, ten spyte van my foute, en ja, sondes. Vandag weet ek meer as ooit dat God real is en dat Hy my só lief het, en my gebed is dat almal daardie liefde sal leer ken.
No. 10
15
MY hoe ek die Here se genade beleef het!
naam is Pieter. Ek wil graag met julle deel
Dit is al meer as 'n jaar en 'n half sedert my eie "reis na Damaskus". In die vyf jaar voor my Damaskusreis het ek gereeld hoofpyn gehad. In die laaste jaar, 2006, het die hoofpyne meer intens geword en meer gereeld voorgekom. My oë het sensitief geword vir skerp lig, my koördinasie het agteruitgegaan en ek het van tyd tot tyd koue rillings gekry. Geestelik was ek ook nie gesond nie: ek het ver van God af gevoel. Dit het gevoel asof my verhouding met die Here bly agteruitgaan, ek het geweet wie Hy is, maar ek het Hom nie meer geken nie. Aan die begin van 2007 het ek besluit om self te begin soek na die oorsaak van my hoofpyne. Ek het bloedtoetse laat doen en die oogkundige en mediese dokter besoek. Maar dit het niks opgelewer nie. My kollegas vertel dat ek die week voordat my Damaskusreis begin het, gekla het van hoofpyn en min slaap. Ek het deurmekaar, moeg en uitgeput gevoel … verlore, moedeloos, ongemotiveerd, onseker oor die rigting waarin ek moes beweeg by die werk en in my persoonlike lewe. Maandagaand, 21 Mei 2007, is ek Bybelstudie toe. Na die tyd het ons, soos altyd, afgesluit met gebed. Dié aand het elkeen geleentheid gekry om te bid. Toe dit my beurt was, het ek vir die Here gesê: "Ek weet ek is siek, daar is iets fout. Wys my asseblief wát of wáár dit is! My verhouding met U is nie reg nie – dit is troebel. Ek kan U nie sien nie. Ek voel soos 'n kind wat in die hoek sit en nie goed genoeg is om u kind te wees nie. Ek vra dat U die verhouding sal herstel, EK het SELF probeer en dit kom tot niks. Ek is moedeloos. Here, ek gee oor, in u hande gee ek my lewe, help my!"
I SURRENDER.
Pieter Venter (Kruispad-leser)
No. 10
16
Ons het koffie gedrink en daarna is ek huis toe. Dit is die laaste wat ek kan onthou … Dinsdagoggend, 22 Mei 2007, het ek nie by die werk opgedaag nie. Teen middagete het my kollegas na my kom soek. Chrisna het my deur my kamervenster op die bed sien lê. Sy het na my geroep, maar ek het nie gereageer nie. Ek is met die ambulans Medi-Clinic toe geneem. Dáár is 'n CT-scan gedoen en daarna is ek dadelik Klerksdorp toe geneem. Die scan het gewys dat daar 'n gewas op my brein is. Ek het waarskynlik daardie Maandagaand 'n epileptiese aanval gehad – op my bed. Nie in my motor nie, nie terwyl ek gebad het nie. Op my bed. Daar moes geopereer word en ek is in ICU opgeneem. Ook hiervan kan ek net vae stukkies onthou … Donderdagmiddag het ek 'n agt uur lange operasie ondergaan waartydens die gewas (net kleiner as 'n tennisbal) aan die linkerkant van my kop verwyder is. Niekwaadaardig. Alhoewel dit 'n moeilike operasie was, het dit goed afgeloop en die chirurg was tevrede. Vrydag teen middagete het ek begin wakker word. My ouers was op daardie stadium nog baie bekommerd, want hulle het nog nie geweet of ek kan praat en of ek verstandelik nog normaal was nie! Tydens elke besoektyd was hulle langs my bed. Teen Saterdag was ek nog baie deurmekaar en terneergedruk en het nog nie regtig begryp wat gebeur het nie. Ek het gesukkel om te praat. Terwyl hulle gewag het, het my ma op 'n stukkie papier vir my iets geskryf. Met besoektyd het sy dit vir my gegee om te lees. Op daardie stadium was my
sig dubbeld en skeefgetrek, so toe hou sy die een kant van die papiertjie vas en ek die ander. Ek lees dit toe, sukkel sukkel, hardop: "Ek is hier sê die Here. Jy kan my nie sien nie. Tog is Ek die lig waarby jy sien. Jy kan My nie hoor nie, tog spreek Ek deur jou stem. Jy kan nie My voel nie, tog is Ek die krag in jou hande. Ek is besig om te lei, al verstaan jy nie my weë nie. Net in stilte is Ek by jou vir Altyd! Vasbyt Pieter!" Ek kon God se teenwoordigheid voel en hoe daar iets binne my gebeur! Nadat my ouers weg is, het ek die suster, Tanya, gevra om my eie selfoonnommer te bel – my ouers het my foon by hulle gehad. Hulle het almal op hoogte gehou: "Naand almal, ons het vandag 'n baie moeilike dag saam met Pieter beleef, maar 8 uur vanaand het dit dramaties verbeter. Hy praat aanmekaar en begin onthou. Ons selfs gebel en nag gesê! Ons prys die Here. Fanie & Lorraine." Daarna het dit elke dag 'n klein bietjie beter gegaan. Vrydag, 'n week na die operasie, is ek ontslaan. My ouers het my kom haal, sodat ek by hulle op Standerton kon gaan herstel. Op pad Standerton toe hoor ek hoe God met my praat: "Pieter, Ek het vir jou werk." "Watse werk Here? Is ek goed genoeg om vir Ú iets te doen?" "Jy moet vertel. Ek wil hê jy moet praat!" "Here, ek dink nie ek is goed genoeg nie, daar is ander wat beter as ek is, wat dit beter kan doen as ek." "Ek wil hê jý moet praat." "Maar Here, ek kan nie …" "Pieter! Jy mag nie stilbly nie!" "Ja, Pa." Saterdagaand bly ek wakker en weer kon ek voel hoe die Here besig is om my gesond te maak! Sondagmôre toe ek opstaan, voel ek vir die eerste keer regtig "wakker"! Toe eers het ek rêrig besef wat gebeur het, wat bésig was om te gebeur en wat kón gebeur het! My ouers se omstandighede was só dat hulle my dag en nag kon oppas en versorg. God het húlle huis gekies vir óns genesing en hier het Hy vir my weer 'n ma gegee (my eie ma, Gertjie, is in 2002 oorlede) en vir ma Lorraine weer 'n seun! (Haar seun, Lukas, is 'n maand voor my operasie na 'n motorfietsongeluk oorlede.) Elke dag het dit beter gegaan en deur my ouers het God begin om my ook gééstelik te genees! Ek het geleer om ook só te begin dink en leef: een dag op 'n slag. 'n Week later ontmoet ek vir Marina by die bank: "Hier is mý merk," sê sy. "Getuienis van God se liefde en genade." Sy het dieselfde operasie tien jaar gelede ondergaan. Nog voor ek kon begin bekommerd raak, bevestig God sy liefde vir my en verseker Hy my dat ek sal herstel! Hý het my daardie Maandagaand deur sy Gees gelei om te vra wat ek nodig gehad het. En dit is vir my gegee, uit genade en liefde, sonder verdienste! Hy het my geestelike "gewas" verwyder. Die Vader het my geleer om my lewe elke dag in sy hande oor te gee en gehoorsaam te wees – só gee Hy vir my vrede! Hy is die Christus, die Seun van die lewende God – my Verlosser!
No. 10
17
Willem Groenewald
('n Fiksheid- en geso
ndheidkundige)
EWE
HEI
dude! Ek hoor jy wil die senior executive managing director van 'n international company word. Jy sien jouself al met jou sewe-dae-per-week gym-lyf in jou 4X4 met die bull/roll/tow bars, mags, spots en tyres – of in daai plat sportmotor. As jy dink dit gaan van jou 'n man maak, dan het ek nuus vir jou. Ek wou jou in hierdie artikel vertel het hoe om na jou liggaam om te sien, maar jy gaan in elk geval die raad volg van die grootste ou in die gym wat die meeste steroids gebruik. Dan kan jy lekker by jou pêlle om die braaivleisvuur staan en spog met hoeveel lean weight jy opgetel het. Julle kan julle biceps vergelyk en vir mekaar vertel hoe hot girls gebou moet wees. Dit maak nie van jou 'n man nie. Waarvoor compensate jy? Dink hieroor … wat ís dit wat van jou 'n man maak? Is dit jou looks, jou status, jou geld? Die hoeveelheid mooi girls op jou spoor? Of is daai die dinge wat jou ego oppomp en jou goed laat voel? Ego teenoor identiteit. 'n Latynse spreekwoord sê Esse quam videri – to be, rather than to appear. So, wat maak van jou 'n man? Wie is jy as jy dieper as jou spieëlbeeld kyk? Vergeet 'n bietjie van jou liggaam en leer hoe om jou gedagtes te oefen. Maak tyd vir jou vriendinne, jou meisie. Kry jou meisie uit die malls, flieks, jou slaapkamer, haar slaapkamer. Kuier saam met vriende wat Jesus volg (maar pasop – almal wat sê hulle is Christene, volg nie noodwendig vir Jesus nie). Wees lief vir jou meisie, sussie, niggie, ma, ouma en vriendinne. Nie met 'n selfsugtige liefde nie, maar the love of God. Volg God se handleiding vir al jou verhoudings.
God sê vir ons in sy Woord dat daar nie eers 'n hint of immorality in ons gedagtes mag wees nie. Nie eers 'n skynsel daarvan nie. Is jy 'n Man? Jy maak nie vir 'n girl die kar se deur oop nie, but you open the door to look at her from behind as she ascends the stairs. Waaraan dink jy as sy met die trappe opklim? "Maar Ek sê vir julle: Elkeen wat na 'n vrou kyk en haar begeer, het reeds in sy hart met haar egbreuk gepleeg," (Matteus 5:28). Get it? Mans word visueel gestimuleer. Jy sien 'n image en dit word ge-file en wat ge-file word, bepaal wie jy is. Met ander woorde, dit waaraan jy dink, het 'n invloed op wat jy sê, en wat jy sê bepaal wat jy doen. So vermy TV-programme en tydskrifte met "goeie" artikels. Volwasse tydskrifte. Ek dink in elk geval daar moet nie eens sulke tydskrifte bestaan nie, want ek glo dít wat 'n driejarige kind nie mag sien nie, kan 'n 93-jarige man ook nie hanteer nie. Satan is die redakteur/regisseur van al hierdie tydskrifte, TV-programme en films. Die wêreld sê: "Let's make a deal". God Drie-enig sê: "THIS IS THE DEAL". Punt. Klaar. As jy nie selfbeheersing het voor jy getroud is nie, gaan dit nie verander wanneer jy getroud is nie. 'n Voorbeeld: Hoe jy aan meisies in bikini's dink voor jy trou, gaan dieselfde bly wanneer jy getroud is.
"Maar … is dit nie maar hoe mans gemaak is nie?" vra jy. Nee. Deur Christus is ons in die beeld van God herskep. As jy die Heilige Gees in jou het, kán jy goddelike gedagtes dink, en optree soos 'n man van God. Dit impliseer dat jy 'n verhouding met Jesus moet hê. Met God se krag kan elke man 'n man na Jesus se hart wees. As jy 'n regte man wil wees, gaan vra vir Jesus, nie vir Adam nie. Adam het nie vir Eva geveg nie. Hoeveel gee jy regtig om vir jou meisie/vriendin? Soveel dat jy vir haar sal veg? Dat jy vir haar sal sterf? Of luister jy na 'n ander vrou se stem, die GPS-girl in jou 4x4? Sy vat jou waar jy wil wees: "Leave the motorway now, at roundabout leave roundabout at second exit, turn left now, slow down you have reached your destination." Onthou, jy bepaal jou eie bestemming en God hou jou persoonlik verantwoordelik vir jou keuses. Na wie luister jy van dag tot dag – na God of na die GPS-girl? Alle mans is nie dieselfde nie. Godliness consists not merely in having a heart intent on doing the will of God, but having a heart that actually does it. O ja, as jy belangstel daarin om 'n gesonde lewenstyl te handhaaf, lees "Eva en die Fat Free Fruit" in #9. NS. Lees bietjie Eduard se getuienis op bladsy 14 en hoe hy verander het van ego-gedrewe na Godgedrewe.
skielik tref die woorde van 'n etiket in 'n winkel my eendag terwyl ek rustig stap: Three in one cleaner. Die produk se funksies is: It Cleans, Shines and Protects. Ek het nooit 'n eienaardige belangstelling in skoonmaakmiddels getoon nie, maar hierdie keer was dit anders … Die vraag is of die duurder produkte regtig al die funksies verrig waarvoor dit gemaak is. Ek gaan cut to the chase. 'n Man het drie groot rolle om te vervul. Die van profeet, priester en koning. Daar word baie gesê dat profete net "in die Bybelse tyd" rondgehardloop en geprofeteer het. Snert. Jesus is die Profeet van alle profete, die volmaakte beeld waarna ons moet streef! Jy moet vandag nog profeteer. Die mense het bely en bevestig dat Jesus die Een is wat moes kom as Profeet in die Bybel (Johannes 6:14). So wat is 'n profeet? Die Woord vertel dat 'n profeet iemand is wat verhelder, geïnspireer en gelei is deur die Heilige Gees om komende gebeure vir sy Koninkryk aan te kondig en lewe te spreek. Dus, spreek lewe waar ook al jy gaan en profeteer dit wat God aan jou as man openbaar. Laat jou lig skyn en profeteer! Die tweede rol is dié van priester. Die Ou Testamentiese priesterskap was slegs die voorreg van die vaders van families, prinse en konings. Net hulle kon self vir God offers bring. Ons merk in die Nuwe Testamentiese tye dat 'n priester enigiemand is wat deur God geroep is en so te sê eenkant gesit is om die Evangelie aan mense te verkondig. Ons het verskeie name vir die term begin gebruik: dominee, predikant, pastoor, geestelike leier, pous, minister, ensovoorts. Dit is maar net verskillende name vir een ding: priesterskap. Die waarheid is dat 'n priester nie voltyds hoef te preek nie. Waar jy ook al heen gaan, moet mense kan sien jy is 'n priester deur jou optrede en die woorde wat jou lewensfontein verlaat. Weereens het Jesus vir ons kom wys hoe om die verantwoordelikheid te dra. Hy is die toonbeeld van 'n priester! Die Priester van alle priesters! Soos daar geskrywe staan: "Daar het Jesus, ons Voorloper, ter wille van ons ingegaan, en Hy is vir ewig Hoëpriester volgens die orde
van Melgisedek," (Hebreërs 6:20). Die wonderlike feit is dat dit al geprofeteer is in die Psalms waar God gesê het dat Hy 'n eed afgelê het en dat Hy dit nie sal herroep nie: "Jy sal altyd priester wees in die priesterorde van Melgisedek," (Psalm 110:4). Ek vra jou dus om dit wat die vyand vuil kom maak het, skoon te maak deur die leuen te beveg met die waarheid wat aan jou toevertrou is as 'n priester van God. Die laaste rol is die belangrikste en is dié van koning. Die woord "koning" kom 2 435 keer in die Afrikaanse Bybel voor! Ek glo God lê nogal klem daarop. Jesus bevestig dit weereens as toonbeeld dat Hy as Koning heers soos Hy sê in Johannes 18:37. 'n Koning heers, regeer en sy woorde dra gewig. So moet jou woorde as 'n man ook gewig dra. 'n Koning beskerm sy koninkryk bo alles en net soos Jesus moet jy dit beskerm wat Hy aan jou toevertrou. So wat het 'n regte man nodig? Soos die etiket van die produk moet jy as man 'n "drie in een" wees: om skoon te maak soos 'n priester, om blink te maak soos 'n profeet en om te beskerm soos 'n koning. Jy het al drie reeds in Christus Jesus. Gryp dit vas met beide jou geesteshande en word die man wat God nog altyd wou gehad het jy moet wees!
No. 10
No. 10
18
19 Adriaan van Wyk
Wilmarie Breed
WAT is Camp David en wanneer het dit begin? Camp David het vier jaar gelede ontstaan toe ek besluit het dat 'n droom net 'n droom bly as jy nie opstaan en iets daaraan doen nie! Ek het gedroom hoe mans herstel word in hulle manlikheid en in die natuur bymekaar kom om God te ontmoet, want dit is waar hulle gemaak is, uit die stof van die aarde, so dit is waar hy sy Maker sal herken. Die grootste geveg in elke man is die geveg vir sy eie hart, die sentrale gedeelte van sy manlikheid. So herstel sy hart, gee aan hom identiteit en dan sal hy 'n man na God se hart wees! Efesiërs 4 was die teksgedeelte wat God aan my openbaar het. Ek moet begin wandel in my roeping deur eenheid in die Liggaam van Christus en met nederigheid, geduld en liefde die volmaakte hand van vrede toe te laat om my te rig waarheen ek moet stap! Die vyfvoudige bediening moet prominent na vore tree om die heiliges toe te rus soos Efesiërs 4:11 & 12 verder verduidelik.
Wat is Camp David se visie en missie? Visie: To help the bride of Christ grow into God's image. Missie: Herstel sy outoriteit as man, leer hom om die goeie stryd te stry en om die avontuur te lewe.
Wat maak Camp David anders as ander organisasies? Johannes 13:35: "Hieraan sal almal weet dat julle my dissipels is, as julle liefde onder mekaar het." Camp David en Mighty Men is uniek in die sin dat die tema militêr van aard is, want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie. Die kampe se fokuspunt is ook om dissipline te vestig in die karakters van jongmanne, sodat hulle besef watter verantwoordelikheid rus op hulle skouers en dat hulle as leiers van hulle gesinne en die samelewing nie kan laat slaplê nie.
No. 10
22
Waar kom die naam Camp David vandaan? Ek het in die Akker in Potchefstroom gesit en Dawid het by my opgekom. Dawid was 'n man na God se hart, maar hy het ook 'n normale lewe gelei in die sin dat hy ook gekonfronteer was met die issues waarmee ons mans vandag nog gekonfronteer word. Hy het groot gesondig, maar nie gereeld nie. Hy was dadelik bereid om na God toe te gaan vir vergifnis.
Vertel bietjie meer oor die kampe wat julle aanbied en wat julle wil bereik met Camp David? Die opset van die kamp is lekker aktief. Die ouens word ingedeel in een van vyf groepe – Alpha, Bravo, Charlie, Delta, Echo wat dan ook die kleingroep is waarin elkeen bedien word. Saterdae op die kamp is vol lekker fisiese aktiwiteite en deur die loop van die naweek is daar lesings in die saal en kleingroepbespreking op verskeie plekke. Van die aktiwiteite is kettieskiet, chimp walk, Berlin wall, Boot-Loop, Pyp-Kruip en dan "die Kruistog" …
Hoe kan jong manne betrokke raak by Camp David en Mighty Men? Camp David en Mighty Men se hoofstasie is in Potchefstroom en studente, jong werkendes en skoliere hier kan baie maklik inskakel deur na ons byeenkomste te kom, ons webtuiste te besoek by www.campdavid.co.za, of 'n e-pos te stuur aan jacques@campdavid.co.za of johannes@campdavid.co.za vir meer inligting. Camp David se doelwit is om van volgende jaar af nasionaal te funksioneer, maar ouens vir eers met busse aan te ry na ons kampterrein hier net buite Potchefstroom wat ingerig is volgens ons behoeftes. Ons het reeds 'n oop deur in Kempton Park, Bloem-
fontein en Vanderbijl met verteenwoordigers daar om vir ons die bemarking te doen. Dan moet daar 'n Mighty Men op die been gebring word wat 'n opvolggeleentheid vir ouens is om verdere lering te ontvang, om samesyn en broederliefde te ervaar en lekker saam die Here te aanbid deur lofprysing en somtydse kuieraksies.
op en ruk hulself reg deur sy passie en ywer. Mag die Here hom seën in sy werk.
Wat dink jy is jongmans in Suid-Afrika se grootste uitdaging en taak in ons samelewing vandag?
1 Timoteus 1:18; Sagaria 4:6; Maleagi 4:6; Psalm 139; Josua 1.
Om gefokus te bly op God in 'n oorvol program en druk wat die samelewing tot nou toe nie geken het nie. Daar is nie geleentheid vir bid nie – daar is net nie tyd nie … En as Satan ons kontak met God kan steel, dwaal ons harte af en raak ons soekend vir krag, oplossings en antwoorde op verkeerde plekke.
Dink julle Camp David en Mighty Men maak 'n daadwerklike verskil in mense se lewens?
Wat is julle boodskap aan elke Christen jongmens en spesifiek jongmans wat hierdie artikel lees?
Beslis. Ons kan nie ouens help nie, net die Here kan. Ons dien slegs as 'n kanaal van seën. Daar is 'n spreekwoord wat lui: "Net een man in 'n 1 000 is 'n leier van mans, die ander 999 volg vroue …" Nie dat vroue slegte leiers is nie, maar daar is 'n tekort aan mans wat opstaan vir die Waarheid en voor stap met outoriteit en in hulle rol begin funksioneer. So wat ons doen is om ouens toe te rus met gereedskap vir die lewe, om voluit te lewe vir Christus en sy posisie in die huisgesin te hervat. Soos Angus Buchan ook sê: "Herlewing begin by die gesin!"
Hosea 4:6: "My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis; omdat jy die kennis verwerp het, sal Ek jou verwerp, sodat jy vir My die priesteramp nie sal bedien nie; omdat jy die wet van jou God vergeet het, sal Ek ook jou kinders vergeet." Dit is tyd dat ons terugkeer na ons eerste liefde en meer erns maak om by die Here se voete te sit en te hoor wat ons moet doen en hoe ons moet lewe. Sonder deeglike kennis van die Waarheid gaan ons vernietig word. En laastens kan ons nie alleen die stryd stry nie. Saamstap Christen-stryders, saam die reis voltooi!
Watter teksgedeeltes in die Bybel sou julle graag wou hE moet elke persoon op aarde moet hoor?
Angus Buchan het die afgelope tyd 'n groot oproering in ons land veroorsaak. Wat dink julle daarvan? Oom Angus doen fantastiese werk. Hy is 'n evangelis met ruggraat, 'n volbloed volger van Jesus. Hy bring 'n basiese boodskap wat verstaanbaar is vir gewone mense soos ek en jy om te wys dat die evangelie van die Koninkryk bedoel is vir elkeen wat soek. Veral mans trek
No. 10
23
DEEL 4 Anneretha Combrink
KLANK
is stadig besig om die stilte in Janien se kop binne te dring. Klank wat al hoe harder word, en dan opbreek. Dis stemme. Janien probeer haar kop skud om die watte weg te kry, maar dit is so seer dat sy kreun en maar weer so stil as moontlik lê. Sy weet sy is nie op haar bed nie, want daar is goed wat haar steek en krap, klippe en stokke wat haar rug seermaak. Sy probeer uitmaak wat die stemme bokant haar sê. Dis asof die klank na haar toe dryf. "Nee!" Dis 'n skril stem. "Jy kan my nie alleen by haar los nie …" Die ander stem is helder, 'n manstem. "Wat anders, Marike? Wil jý gaan hulp soek?" "Ja. Ek het mos 'n kaart. En dit kan anyway nie meer ver wees nie. Dan kan ek die mense wys waar om julle te kom soek." Hoekom moet hulle gesoek word? Janien kan nie helder dink nie, haar kop pyn te veel. Sy probeer met haar hand voel waar die pyn is. Dis taai, en dit voel of daar steeds iets in haar nek afloop. Sy bloei! Sy moes seker 'n geluid gemaak het, want skielik is daar iemand wat oor haar buig. "Janien, is jy okei?"
No. 10
24
Schutte is sy naam, kom dit skielik terug. Sy maak haar oë groter oop en forseer haarself om te antwoord. "Lýk ek dalk vir jou okei?" Hy grinnik en sy blou oë is skielik nie meer so bekommerd hier bo haar nie. "Jy het duidelik nie op jou mond geval nie!" Hy sak langs haar neer en begin haar stapskoen se veters losmaak. "Wat doen jy? Los my voet!" Sy probeer wegruk, maar die pyn wat deur haar enkel skiet maak dat sy hard op haar lip moet byt om nie te skree nie. Schutte het gesien. "Ja, sien jy nou … lê liewer stil. Ek sal jou nie seermaak nie. Altans, ek sal probeer." Hy kyk oor sy skouer. "Kom help, Marike." Marike kom nader, maar sy kyk nie eens in Janien se rigting nie. "Dit raak laat; netnou is dit donker. Ek weet nie van julle twee nie, maar ek gaan nou loop." Schutte sê nog: "Wag, Marike …", maar sy het klaar haar daypack en die kaart van die grond af gegryp, en sy begin vinnig teen die berg afloop. Schutte blaas sy asem geïrriteerd uit en mompel: "Dom vroumens …" Ag nee! Nou is sy alleen saam met Schutte hier op die berg. No ways! Janien beur regop en voel met haar hand na haar agterkop. Bloed loop steeds teen haar nek af. Schutte fokus weer op haar. “Lê liewer stil, toe.” Janien is skielik onredelik woedend. "Wat van jý bly liewer stil, toe." Sy na-aap sy stemtoon moedswillig. Sy is nie 'n kind wat hy kan rond-order nie! Sy blou oë begin weer blink – hy lag wraggies vir haar! Sonder om op haar woorde te reageer, haal hy sy waterbottel uit. Toe trek hy sy T-hemp uit. "Wat dink jy doen jy?" Selfs vir Janien klink haar stem klein. Sonder bravade. "Ontspan. Ek wil net jou kop skoonmaak." Hy maak sy hemp nat, en beweeg nader. Maar Janien druk hom weg, al is daar weer flikkers voor haar oë. "Jy ráák nie aan my nie! Gee hier, ek sal self …" Sy probeer om die hemp by hom te gryp, maar hy lag net en hou dit buite haar bereik. "Is dit vir jou lekker om so moeilik te wees?" Sy ignoreer hom, staar na die blou lug bo haar. Sy hou aan om hom te ignoreer toe hy nader kom, en met die hemp oor haar agterkop vee. Al kan sy nie help om haar asem in te trek toe hy aan die wond raak nie. "Daarso, klaar. Lyk my die bloed het nou gestop." Sy stem is bokant haar kop, hy is in die middel van haar persoonlike ruimte. "Kan jy jou skoen uittrek?" Sy stem is onverwags simpatiek. Skielik brand die trane agter Janien se ooglede. Sy wil soos 'n baba aan die tjank gaan. Nee, sy sal hom g'n die plesier gee om te sien hoe sy huil nie. Liewer weer aanval. "Natuurlik kan ek. Ek trek al my skoene aan en uit vandat ek drie is," sê sy in haar bitsigste stem. Maar dis bitter seer. En teen dié tyd is haar voet so geswel dat sy nie die skoen uitkry nie. Schutte los haar uit, sit net terug op sy hurke en kyk hoe sy sukkel. Deksels! Toe Janien opkyk, sê hy nie 'n woord nie, begin net saggies voel aan die swelling om haar enkel.
"Eina! Jy maak my seer!" "Sorrie. Ek's regtig jammer, maar ons moet jou skoen uitkry. Anders sal ons hom later moet afsny." Uiteindelik is die skoen uit. Haar voet klop van die pyn. Hoe gaan hulle by die basis uitkom? Hulle kan tog nie vir ewig hier bly wag nie. Dis nie meer ver van donker nie. "Janien, ek dink ons kan dit alleen maak tot by die basis," sê Schutte asof hy haar gedagtes gelees het. "Dis mos 'n sirkelroete, ek dink nie ons is meer ver nie. In fact, ek dink dis net af met die berg en om die draai." "Ek het nie jou hulp nodig nie! Ek sal self regkom." Om haar punt te bewys, druk sy met haar hand agter haar teen die rots en kom regop. Die feit dat sy glad nie op haar seer voet kan trap nie, maak haar net nog kwater. Schutte staan haar net en bekyk. Dit voel of hy regdeur haar siel kyk. Toe sê hy rustig, in 'n baie onboyband-stemtoon: "Ek gaan jou dra, en dis dit." Voor sy woorde mooi ingesink het, is hy by haar. Hy tel haar op asof sy 'n sak vere is, en swaai haar oor sy skouer, sodat sy kop-onderstebo hang. "Nee! Sit my neer! Nou …" Haar vuiste wat teen sy rug hamer bereik absoluut niks. Hy los hulle rugsakke net daar en begin in die paadjie afstap. "Hei! Is jy doof? Jy laat my kop weer bloei!" Schutte gaan staan. "Jy kan kies. Of ek dra jou heelpad soos 'n sak patats, of ek kan jou abba – wat heelwat gemakliker gaan wees vir jou én vir my." "Ek sal sélf …" begin Janien weer, al weet sy daar is nie 'n manier waarop sy alleen by die basis gaan uitkom nie. "Dit was nie een van die opsies nie," sê hy kalm. Té kalm. Dis asof hy weet hoe erg dit vir haar is om so naby aan hom – aan enige man – te wees. Dit maak haar van vooraf kwaad. Wie gee hom die reg om haar te wil red, of wat hy ook al dink hy doen? "Okei, sit my net neer," sê sy toe haar kop te seer raak. Hy doen dit dadelik. "Abba?" Sy antwoord nie, knik net dikmond. Die ent teen die berg af voel soos ure en dae. Janien wil amper begin huil van dankbaarheid toe hulle teen sterk skemer die basis se afdraai bereik. Uiteindelik! Schutte het lankal ophou praatjies maak; sy kan hoor hoe jaag sy asem. Toe die flitsligte van voor af begin aankom, klim Janien vinnig van Schutte se rug af. Sy moet seker dankie sê, maar haar moedswillige hart weier. Sy bly doodstil staan waar sy is, tot die naaste persoon by haar is. Hulle begin om haar kloek, en steeds weier sy om na Schutte te kyk. Eers toe sy tussen twee mense weghink, draai sy om en kyk terug. Schutte staan na haar en kyk. So 'n blou kyk wat haar bang maak. Omdat dit nie sy gewone tergkyk is nie, maar 'n doodernstige uitdrukking wat sy nie kan peil nie.
(word vervolg)
No. 10
25
(Kruispad se etiket-ghoeroe)
MAAK 'N SLAAI
Benodighede: Slaaiblare (slaaikop of klaargewasde slaaiblare in 'n sakkie), tamatie (groot of cocktail-tamaties), komkommer, fetakaas, olywe (opsioneel), avokado (opsioneel), geel-/groen-/rooi pepper (opsioneel, maar 'n goeie idee vir ekstra punte!), sout en peper.
EK
No. 10
26
Sy kar mag nie liggies hê wat van onder af skyn, 'n plakker met vlamme op of fur op die dash nie. Daar mag nie 'n CD of onderklere van die spieëltjie af hang nie. Ook geen ekstra vlerkies of mags nie. Die woord turbo mag nie in sy woordeskat wees nie. Dis dit. Bogenoemde is net 'n kort uittreksel uit al die ononderhandelbare eienskappe wat op vyftien op my lysie was. Hoe lyk die lysie op die oomblik? Heelwat anders, glo my. Eintlik bestaan die lysie nie regtig meer nie. Intussen het baie dinge in my eie lewe ook verander. Ek het byvoorbeeld besef dat as ek van my trouman verwag om 'n superhero sonder enige menslike foute te wees, beter ek self min of meer soos Barbie wees. Perfek maar plastiek. En die ding is, dis NIE regtig wat ek in die lewe wil hê nie. Ek wil saam met my man 'n avontuur leef – vry in God en mekaar se liefde. En buitendien, 'n man van God word nie gemeet aan gel of geen gel, hoe sy kar lyk en hoe sy lag klink nie. Dis belangrik dat hy wel lag, en dat jy saam met hom kan lag. Dis belangrik dat hy nederig is, ingeplug by God en sy Woord. Dat hy leef wat hy glo. Dat hy jou as vrou geestelik lei. Dis belangrik dat hy moet weet hoe om koning, priester en profeet te wees. Dat hy oop is om te groei en dat sy oë oop is vir mense wat seer het. En natuurlik moet dit sommer net great wees om die lewe met hom te deel, elke aspek daarvan. Maar op die oomblik is my trouman-lysie nie meer in my besit nie. Dit is veilig in die hande van die Een wat ver bo lysies verhewe is; die Een wat ek vermoed glimlag oor ons powere pogings om ons eie lewens te beheer, wat ons verwagtings onderstebo draai en ons verras met baie meer as wat ons kan bid of dink. Want Hy is ook die Een wat red, wat vir my veg en my beskerm. Ek wag nie meer op my prins op die wit perd nie. Want ek ken die Prins van Vrede. Ek ken Hom wat elke man geskep het om Hom vreesloos te volg, en wat begeer om sy karakter in hulle elkeen te vestig. So dalk is hierdie die begin van die einde van al my ander lysies. Ek vermoed so. Ek vermoed BlouAnna gaan ophou droom en sommer begin om net te leef. Vreesloos.
1: Haal die boonste laag van die slaaikop af en gooi weg – gebruik net die vars blare. Spoel die slaaiblare, tamatie, komkommer en pepper goed onder lopende water af. 2: Breek slaaiblare in eetbare stukkies. (Ons weet ouens kan 'n hele slaaikop op 'n slag in hul mond kry, maar breek dit in kleiner stukkies vir die ander gaste se ontwil!) 3: Sny tamaties in blokkies (cocktail-tamaties hoef jy nie te sny nie). 4: Sny die komkommer in skyfies, as dit nog te groot is, kan jy die skyfies in die helfte sny. 5: Sny die fetakaas ook in blokkies (nie te klein nie anders is dit net krummels).
6: Sny die pepper in lang dun repies. 7: Sit nou slaaiblare onder in 'n mooi, groot glasbak, en versprei
die res van die bestanddele mooi eweredig bo-op. Eers tamatie, komkommer, dan avokado, feta, olywe en pepper, gooi sout en peper oor. 8: Gooi al die skille en vuilgoed weg, vee die kas af en bêre die kos wat oorgebly het in die yskas.
Voila! Ns: Om te voorkom dat die avokado bruin word, sit die avokado-pit bo-op die slaai. (Haal dit asseblief net uit voor jy die slaai voorsit!)
maak dek Illustrasies: Louis Barnard
lewe met lysies. Ek dink ek sal 'n hele toiletrol vol kan skryf met al my lysies. Ek het 'n lysie van doendinge (vir die week); 'n lysie van koopdinge (vir die maand); 'n droomlysie, 'n flieklysie, 'n boeklysie, 'n plekke-om-te-sien-lysie, en 'n voor-ek-doodgaanwil-ek-nog-lysie. Die meeste van hierdie lysies word stelselmatig langer. Soms trek ek een inskrywing dood omdat dit afgehandel is, net om die volgende dag weer twee by te skryf. Maar daar is een lysie in my lewe wat net korter en korter word. My trouman-lysie. Toe ek vyftien was, was hierdie die langste lys van almal. Dit was hierdie lysie wat feitlik die status van 'n volle toiletrol gehad het, so lank was dit. En daar was belangrike dinge op daai lysie, moenie 'n fout maak nie! Volgens my en Griet, altans. Ek bedoel, wie kan stry dat die volgende aspekte van kardinale belang is vir jou moontlike ridder? Fisiese eienskappe: blonde hare en bruin oë (verkieslik moet hy presies soos Brad Pitt lyk); sterk kakebeen; breë nek; lank en fris gebou 'n Diep lag Hy moet al sy tande hê Hy mag nie gel gebruik nie en moet altyd lekker ruik Hy mag nie krom loop nie Geen McGuyver-haarstyl nie Sy broek moet in sy middel sit, hemp ingesteek – geen boksers wat uitsteek of kettings wat uit sy sakke hang nie Hy moet 'n wildsplaas en 'n bakkie hê Hy mag nie aan enige verslawings soos rugby, rook of drank ly nie As ons getroud is, moet hy elke dag die bad vir my intap, die garagedeur oopmaak, en die kar solank start in die oggende Hy moet mal wees oor koskook en honde en nie hou van visvang nie Hy mag nie 'n lelike van hê nie Hy mag nooit die gesprek oorneem met praatjies oor karre nie Hy moet altyd weet wat die regte ding is om doen, (nie clueless wees nie) Daar mag geen meisies in sy verlede wees nie – ek wil die eerste vrou in sy lewe wees Hy moet die handsomeste ou in die wêreld wees Hy mag nie 'n morning breath hê of sweet nie Hy mag nie sy naels kou nie, en geen gebarste hakke nie Geen tattoo's of lang hare nie Hy mag onder geen omstandighede 'n speedo besit nie Hy moet weet wat in die wêreld aangaan Hy mag nie afval en skaapkop eet nie
HOE OM 'N TAFEL TE DEK
Benodighede: Tafel, tafeldoek, bord, kleinbordjie, mes, vurk, lepel, bottermes (dié mes is so klein bietjie kleiner as 'n gewone mes), glas/wynglas (onthou 'n rooiwynglas is bietjie groter as 'n witwynglas), servet, sout en peper. (Die bord, kleinbordjie, mes, vurk, lepel, bottermes, glas/wynglas en servet word gemaal met die aantal persone wat saam gaan eet.) KruispadWil jy graag 'n bydrae instuur vir die volgende et. pad.n kruis ief@ kreat na ons vir dit uitgawe? Stuur ry, of skilde foto, l, artike , gedig 'n – wees ts enigie kan Dit s gewat dan ook al! Die redaksie wil graag jou gawe erend Gode bydra jou moet (Dus bruik om God te eer! es te bydra julle om a daarn uit sien Ons ) wees. van aard ontvang!
1: Sorg dat die tafeldoek skoon is. (Óf sorg dat die kol toegemaak kan word met die bord!) 2: Plaas die borde op die tafel waar jy en jou gas/gaste wil aansit. 3: Plaas die mes aan die regterkant, die vurk aan die linkerkant (trouringhand) en die lepel bokant die bord (die lepel se steeltjie moet na regs – mes se kant toe – wys). 4: Plaas die kleinbordjie links van die bord. 5: Plaas die glas/wynglas bokant mes. 6: Die servet kan op die kleinbordjie of in die glas/wynglas geplaas word. (Ons vou nie meer waaiers, swane of lelies, nie. Dis só laasjaar!)
7: Die bottermes kan langs die mes of in die kleinbordjie bo-op No. 10 die servet geplaas word. 8: Plaas die sout en peper in die middel van die tafel. En onthou om matjies vir warm kosse in die middel van die tafel te sit, sodat 27 jou tafel en tafeldoek nie brand nie.
Bon appetit! Tip: Steek 'n ou kersie aan, laat lekker rustige musiek in die agtergrond speel en … geniet jou braaivleisie (#9) en jou slaai!
die woorde op die bladsy hieronder in die blokkies in. Geen nommers word verskaf nie – en daar is net een korrekte oplossing moontlik! Die eerste drie korrekte inskrywings wat ons ontvang, wen elk 'n splinternuwe Credo-bordspel (sien die advertensie op bl. 11).
PAS
Stuur jou korrekte antwoorde voor 28 Februarie 2009 per e-pos aan interaksie@kruispad.net of stuur dit per faks of slakpos na die Kruispad-kantoor (ons adres is op bladsy 2).
TWEE
S
A
L
I
G
H
E
I
D
al As bo by en in is ja na of om op sy se te
DRIE
No. 10
28
dat die dit glo God hoe hom kom mag met nie ons ook tye uit van
vir was weg wil
VIER alle blyk daar deur geen hart hele huis iets laat leer maar mens moet reel self soos stel voeg want word wyse
VYF alles bevat bring engel
groot hemel hulle julle mense proef reeds selfs Skrif Woord
hierdie niemand ontvang opsigte oudheid persone verbode verwerp volkome volmaak
leuenaars ooreenkom opvolging saligheid voldoende
SES
A GT
breedvoerig
anders daarin daarom gedien geeste geleer heilig iemand immers Paulus waarop
apostels beskrywe besluite duidelik gewoonte nietiger waarheid waarheid
SEWE apostel daarvan getalle Heilige
TIE N nietigheid onfeilbare
ELF TW A A L F verordeninge
S E S TIE N kerkvergaderings
N EGE aangesien gelykstel geskrifte Goddelike heeltemal hulleself
bee Preez, Cornel Schoom Veelsgeluk Elizma du s on n die wenners va en Marli Buys! Julle is #8: Sudoku-kompetisie in . ke is in die pos! Julle FSH-geskenkpak
No. 10
29
Marlé Booysen (sielkundige & Kruispad-redaksielid)
Tim Theron en Anneretha Combrink (Kruispad-redaksie)
GOD
rus jou toe met alles wat jy nodig het om 'n lewe van oorwinning te leef (Efesiërs 6:10-11). Hy wil jou in die voorste linies gebruik in die geveg teen die bose. Daarom is ons nie veronderstel om 'n weermag van gewonde, stukkende manskappe te wees nie. Die oomblik wanneer jy jou lewe onder Christus se gesag as Opperbevelhebber plaas, kry jy jou gevegs-kit. Wees dan sterk en vasberade, want jy het reeds die …
" WAARVAN Swaard van die Gees (Die Woord van God) Vir aanval en verdediging. Jou krag en effektiwiteit as soldaat is opgesluit in die mag van jou Wapen. Sonder jou Wapen is jy useless in die stryd. Die mate van verskil wat jy in die oorlog maak, hang af van jou skill (hoe goed jy jou Wapen ken). Die legendariese swaard van William Wallace in Braveheart het 'n hele nasie opgeroep en aangespoor om te veg vir hulle vryheid.
Helm (Verlossing) Dit beskerm jou gedagtes teen onreinheid, moedeloosheid en leuens. Sodat jy 'n Koninkryksvisie sal hê. In Saving Private Ryan red 'n soldaat se helm sy lewe deur hom te beskerm teen 'n dodelike koeëlwond.
Gordel (Waarheid)
Skild (Geloof)
Dit hou jou broek bo! Sodat jy kan bly staan teen gevoelens van ontbloting en skaamte (shame) en ander leuens wat jou uit die geveg uit wil hou. Sodat jy onthou dat jy as't ware "aangetrek" is met Christus. Waarheid loop hand aan hand met Liefde. Batman het nie enige superpowers nie. Hy werk met gadgets wat hoofsaaklik aan sy belt vasgemaak word, wat hy gebruik om mense te red en te beskerm.
Dis die grootste beskermingsmeganisme van die Christen. Dit keer dat jy gewond word deur twyfel, sonde en leuens. Soos die warrior aan sy skild vashou, moet ons vashou aan die waarheid van God se beloftes. In 300 is die Spartane se skilde kritiese wapens waarmee hulle die Persiese oormag keer.
Borsharnas (Vryspraak) Skoene (Bereidheid om die Evangelie te verkondig)
No. 10
30
Sodat jy die ekstra myl sal loop vir dié wat verlore of verdwaal is. Sodat jy soos die herder in die gelykenis 99 skape sal los om die een wat weg is te gaan soek. In We Were Soldiers is die soldate se stewels 'n kardinale deel van hulle toerusting.
Die Gladiator Soos in die fliek Gladiator, moet ons staan vir dit waarin ons glo, selfs tot die dood toe. Ons is nie veronderstel om mekaar deur haat en jaloesie te verwond en te vernietig nie, maar ons moet as 'n weermag van Christene saamstaan en mekaar beskerm deur gebed!
Die Here verwag van jou om reg te laat geskied, om liefde en trou te bewys, en om nederig voor God te lewe (Miga 7:8). Dit beskerm jou hart en emosies, sodat jy nie hard en bitter sal word nie, maar in liefde en regverdigheid sal leef, veral teenoor dié wat weerloos is. Sodat jy nie trots nie, maar nederig sal wees. Die held Achilles in Troy se borsharnas is baie kenmerkend. Hiermee weer hy die pyle van die vyand af, sodat hy nie uit die geveg hoef te onttrek nie.
is seuntjies gemaak? draf (eksternaliseer in plaas van internaliseer). Dis wys om Van paddas en slakke en met iemand te gesels wat goeie insigte het, en wie jy kan rondloperbrakke … daarvan is seuntjies gemaak." Hierdie vertrou. Dit is ook goed om jouself te hoor praat en iemand rympie is so eie aan ons grootword soos die gedagte dat anders se perspektief op die saak te kry. Die heel beste is "ware" ouens nie huil nie. Die kultuur en samelewing laat natuurlik om te bid (jou sorge aan die Here oor te laat – ons mooi verstaan, van kleintyd af al, dat niks seuntjies sien Lukas 6:21b). onderkry nie – hulle is ysters. Daar word 'n definitiewe Die slegste idee is om die hartseer te probeer onderdruk onderskeid getref tussen seuns en meisies, en veral tussen of te verdoof deur middel van dwelmmiddels of drank, dit wat sosiaal van elkeen verwag word. of om dit as iets anders te laat manifesteer soos woedeDie kanse is goed dat die meeste jongmans al 'n uitbarstings of depressie. Jy ís nie jou emosie nie, daarom negatiewe ervaring gehad het met 'n onskuldige bekendkan jy kies om jou emosie korrek te reguleer. "Die Gees making van gevoelens, met ander woorde deur in die wat God ons gegee het, maak ons immers nie lafhartig nie, openbaar te huil. Jy onthou dalk die vernedering in jou pa maar vul ons met krag en liefde en selfbeheersing," se oë toe jy gehuil het van pyn, nadat die kuiermense se 2 Timoteus 1:7. seun jou met die krieketbal gegooi het terwyl jy weggekyk Dit maak nie saak hoe jy besluit om aan jou gevoelens het. Na die ouderdom van vier het jy waarskynlik besef dat uiting te gee nie, solank dit vanpas is. Maar dit maak saak trane nie meer vir jou werk nie – inteendeel – daarna kon dat jy daarvan bewus moet wees. As jy ongelukkig voel, jy verwag om regtig 'n rede te kry om te huil! Die meeste gee erkenning daaraan en hanteer dit op 'n gepaste wyse. seuntjies se enigste uitweg is om hul te distansieer van 'n Christen kan nie 'n passiewe toeskouer wees nie, hy is hierdie "onaanvaarbare" gevoelens. 'n deelnemer (2 Timoteus 2:5), en dit sluit jou emosionele Die meeste pa's van vandag is in die weermag geleer waarnemings in. dat jy nie pyn voel nie. Soldate maak dus soldate groot. Onthou jy is in hierdie samelewing 'n soldaat, maar God Behalwe om die etiket van 'n "sissie" te vermy, was die bois jou bevelvoerder (2 Timoteus 2:3-4). Jy bly 'n mens en 'n genoemde distansiëring noodgedwonge gedoen (bewus of mens is gemaak om emosionele ervarings te beleef. Wie anonbewus) om hulle emosionele welstand te beskerm. ders as die Skepper sou sy eie Skepping beter verstaan …? Dis nog nie wetenskaplik bewys of mans detached is omdat dit maar net deel van hulle draadwerk is, weens die sosiale druk van onaanvaarbare emosies, of dat hulle dit maar net anders wys nie. Met ander woorde, die negatiewe emosies word dalk slegs verplaas. Jy sien, vir die Vrae wat jy jouself kan afvra om meer in touch te wees: samelewing is 'n geïrriteerde man meer aanvaarbaar as 'n "huilerige" of emosionele man. In plaas daarvan om hierdie # Wat voel ek? emosie te beredeneer en dit intens te ervaar, soek mans # Waar voel ek dit? (Bv. hartklop en asemhaling) eerder oplossings daarvoor. Hulle is meer doelgerig om # Wat presies het gebeur? die oorsaak van die emosie op te los as om in die emosie/ # Waaraan het ek gedink voordat ek so begin voel het? gevoel self te verdrink. In hierdie geval is die huilkwessie # Hoekom voel ek dit? dan dalk net deel van hul draadwerk, want hulle bly # Hoekom laat hierdie gebeurtenis my so voel? doelgerig – en die doel is om te voorsien en respek te kry. # Wat is met ander woorde die kern van my gevoel? Die kanse is dus goed dat hulle wel so gemaak is, maar dat # Wat dink ek omtrent hierdie reaksie en gebeurtenis? die samelewing 'n meer ekstreme vorm daarvan vooropstel # Wie vertrou ek om hierdie intense emosie mee te deel? met allerlei sosiale verwagtinge. # Watter metode gaan ek gebruik om hierdie emosie mee Behalwe vir sekere situasies, soos wanneer jy rou, of die te eksternaliseer? volkslied voor die wêreldbekerfinaal speel, is dit gewoonlik # Watter gedrag is vir my 'n teken dat ek besig is om my nie sosiaal baie slim vir 'n ou om 'n traantjie te stort nie. emosies te onderdruk? (Bv. padwoede, die radio Ongelukkig weet alle ouens nie hoe om hierdie sakie te wat my irriteer, depressie en ek verstaan nie hoekom hanteer nie, en om dié rede gaan jou vriende dalk nie prenie – gewoonlik is dit die gevolg van langtermynondersies weet hoe om hierdie "toestand" waarin jy verkeer op te drukking.) los nie, al sou hulle graag wou. So, jy kan dalk daar uitstap # Wat het ek uit hierdie situasie geleer? met meer emosionele skade as voordat jy begin het om jou No. 10 # Hoe weet ek as ek hartseer/kwaad/ontwrig/geïrriteerd gevoelens te openbaar. Dis waarskynlik ook hoekom ouens voel? hulself eerder isoleer wanneer hulle down voel. n! Tog bring dit die ander vragie weer na vore – wil mans uself beter ke Dus: Leer jo regtig getroos word of is dit 'n verdere vernedering in hul oë? 31 stel), en nie or w As jy nie gemaklik voel om te em le ob 'n pr d ken wat met uur net 'n huil nie, veral nie voor mense nie, leem (of ieman n daaroor te praat nie, st ob pr e ig en et ke m jy ng vertroulik el is dit meer as okei. Maar doen dan st re at st w or w d Indien jy met ieman sal natuurlik e si om t en he nd d po ei es gh iets kreatief met die gevoel. Enigiets die vrymoedi .net. Alle korr in Kruispad? p@kruispad advies wil hê waarmee jy meer gemaklik voel, soos f o ad t. ra e-pos aan hel g jy graa kruispad.ne om daaroor te skryf, jou gevoel te skilder, Waaroor sal na advies@ l te rs hanteer word! o vo u jo Stuur vir ons 'n bal te gaan skop of om die blok te gaan
Dirk Kruger en Rynhardt Pretorius
voltydse bediening. Ek is Potchefstroom toe beroep om die musiekdirekteur by 'n gemeente te wees en wou dit graag met studies kombineer. Ek het geweet dis baie belangrik om teologiese opleiding te kry en het my vier jaar by die fakulteit aangepak!
Watter raad het jy vir jongmense wat betrokke wil raak by musiekbediening?
RETIEF
BURGER is een van ons land se voorste Christelike sangers. Hy het onlangs 'n SAMA vir Luidkeels Hersien ontvang vir die beste Afrikaanse gospel-album. Hy het al voor gehore van alle groottes opgetree en selfs onlangs 71 000 mense by Loftus vir Jesus met sy musiek bedien. Kruispad het 'n paar vrae vir dié jong man gevra om hom bietjie beter te leer ken en uit te vind wat hom inspireer.
Hoe het jy by musiekbediening betrokke geraak?
Ek het na my bekering elke tweede oggend saam met drie ander vriende aanbidding by ons skool gelei. Ek is na skool C-Kruis (nou 13th floor) toe waar ek kon leer hoe om saam met 'n band te speel. Ons het landswyd getoer om jongmense te bedien, en ek moes tydens die toer die aanbidding lei. Dit was maar 'n lang proses van foute maak en leer gewees, maar ek is so dankbaar vir elke les. Ek en Louis Brittz ken mekaar al jare lank en hy het my geïnspireer om Luidkeels op te neem waarvan hy ook uiteindelik die regisseur was.
No. 10
32
Ons verstaan jy het Teologie op die PUK studeer. Wat het jou laat besluit om dit te doen?
Ek het vier jaar lank by C-Kruis in die uitvoerende kunste bedien en daar besef my roeping lê in
Leer hoe om in jou eie gemeente te dien. Baie jong kunstenaars wil dadelik "groot gaan". Omdat die kunste so gevaarlik is, bedoelende dat hoogmoed en kompetisie so groot versoeking is, is dit nodig om te dien. Kabels op te rol, toerusting rond te dra, in selgroepe ander mense in sang te lei, ensovoorts. Gaan leer by reeds gevestigde musiekleiers en vra vir die Here om werklik jou karakter te bou. Dalk het jy werklik 'n besonderse gawe, maar onthou your character must sustain your gift.
Waarvandaan kry jy jou inspirasie?
Almal skryf deesdae worship-songs en gee CD’s uit. Waaraan meet 'n mens die kwaliteit van worship?
Sjoe, goeie vraag. Ek glo daar moet werklik goeie Woordgefundeerde, teologies korrekte lirieke in die liedjies ingeskryf word. Die rol van predikante is dus belangrik in die proses om die liedjieskrywers te begelei. Die motiewe en karakter van die skrywer sal deurslaan in die liedjie, maar uiteindelik moet ons die Here vra wat Hy dink van die worship en ons kan dit nie altyd oordeel nie. Ek weet net Jesaja 29:13 leer dat ons met ons harte meer as enigiets anders moet aanbid. Die styl van musiek, instrumentasie, ensovoorts bring nie egte worship na vore nie; net 'n hart wat in gehoorsaamheid in lied en lewe voor God die knie buig.
My binnekamer. Ek glo werklik ministry is born out of intimacy. Dít wat die Here oor 'n lang tyd in ons eie tyd saam met my deel, vloei gewoonlik uit in die vorm van 'n lied. Die tawwe tye en die goeie tye leer 'n mens so baie oor die lewe en die Here. Ek het ook baie vriende en mentors wat my aanhou inspireer en my nader aan die Here bring.
Luidkidz, 'n CD/DVD vir laerskoolkinders tussen 9 en 12 jaar is nou op die rakke en bevat baie nuwe songs wat ek help skryf het vir die projek. Dis 'n energiebelaaide produk wat ek glo nuwe dimensies van aanbidding in kinderharte gaan laat losbreek!
Hoe kan jongmense hulle geloof in vandag se tyd uitleef?
Watter raad het jy vir 'n jeug-band wat 'n CD wil uitgee?
Ons lewe in sulke exciting tye. Dit wat die Here in ons land doen is ongekend en al is daar baie uitdagings, is dit nou die tyd om jou lewe vir iets groters te gee. Die Here daag ons uit om deel te wees van 'n groter koninkryk en realiteit as wat ons eie oë kan sien. Jy kan jou geloof uitleef in alles wat jy doen, en dan word dit aanbidding voor die Here. Die kerk, wat mense is en nie 'n gebou nie, moet werklik 'n verskil begin maak in die krisisse van ons tyd. Armoede, vigs, politiek … Koninkryk-gefokusde leiers, wat vir meer as hulle eie gemak lewe, moet in hierdie land opgelei word. Laat toe dat die Here jou oprig vir hierdie enorme taak om ons land se toekoms te help skryf …
Enige nuwe projekte in die pyplyn?
Waarmee hou jy jouself besig wanneer jy nie sing nie?
Ek is 'n groot gesinsman en hou daarvan om tyd saam met my vriende te spandeer. Ek speel graag gholf en doen ook driekamp. 'n Af-tydjie in die gym is ook welkom, maar as ek werklik wil wegbreek, vat ek my tentjie en gaan slaap 'n paar aande in die wildtuin.
Meer oor Retief: Gunsteling band
Delirious Gunsteling boek
Divine romance i-Tunes of Windows Media Player
i-Tunes Gunsteling movie
Gladiator
Sjoe, neem eers 'n demo op en gaan sien 'n platemaatskappy – hulle sal julle goed kan begelei. Soms is die liedjies en die sangers goed, maar die musikante is nog jonk. Hulle is dalk goed genoeg vir live optredes, maar die studio is 'n ander storie. Kry baie begeleiding, vra baie vrae en moenie blindelings in enigiets inloop nie.
Gunsteling dorp/stad
Wat wou jy word toe jy klein was?
Josua
'n Veearts … tot ek besef het ek kan nie diere na die Here toe lei nie. Ha!
Hermanus Steak of Sushi
Steak! Gunsteling Bybelkarakter
Cappuccino of Café Latte?
Cappuccino
No. 10
33
Boekresensies: Anneretha Combrinck | Filmresensie: Adri Breed
Champions for Christ
Saamgestel deur Nico Bougas en Fanie Heyns in samewerking met Sports Outreach Africa.
CUM Boeke ISBN-13: 978-1-86920-894-3
Wild at heart John Eldredge
Thomas Nelson, Inc. ISBN-13: 978-0-78526-883-3
DIE sportwêreld is 'n wêreld van kompetisie en kampioene. Die mededinging is straf en gewoonlik kan daar net een wenner uit die stryd tree. In hierdie wêreld is dit uithouvermoë, toewyding en talent wat kampioene van blote deelnemers onderskei, wat die verskil maak tussen uitstaande en gewoon. Champions for Christ vertel die stories van 37 manne en vroue wat dit tot op die hoogste sport gemaak het, en wat as kampioene deur die wêreld gehuldig word. Wat hierdie sporthelde egter onderskei, is nie net talent en prestasie nie, maar die feit dat hulle alles gee vir Jesus Christus. Hulle lewens gaan oor sy eer en nie hul eie nie. Hierdie sporthelde weet wat Hebreërs 12:1-2 beteken: "Kom ons hardloop met vol-
harding op die baan wat voor ons uitgestrek lê, ons oë vasgenael op Jesus, die Een op wie ons geloof vanaf die wegspring tot by die eindstreep steun." Champions for Christ is 'n inspirerende boek wat deur sportliefhebbers en ander volgers van Christus geniet sal word. Beantwoord die volgende vraag en staan 'n kans om 'n eksemplaar van Champions for Christ te wen. Wat is die name van die Pollock-trio wat elkeen op sy dag Suid-Afrika op die krieketveld verteenwoordig het? Stuur jou naam, van, e-posadres en antwoord na kantoor@kruispad.net – die eerste korrekte inskrywing wat ons ontvang, sal die boek wen.
THERE is something fierce, passionate, and wild in the heart of every man. That is how he bears the image of God. Maar die meeste mans is verveeld – verveeld met hulle huwelik, hulle beroep of studierigting, selfs met die kerk. Want hulle glo om een of ander rede dat hulle bloot op die aarde geplaas is om "goeie" lewens te lei. Om nice te wees en nie die status quo te probeer verander nie. Maar in sy hart begeer elke man om deel te wees van 'n epiese, glorieryke geveg, om binne-in 'n avontuur te leef en om ’n beeldskone vrou te red. Wild at heart kan gesien word as die sleutel tot 'n man se siel. Die boek is al vir 'n paar jaar
lank op die rakke, maar is klassiek deel van elke Christen-ou se reis. As jy dit nog nie gelees het nie, net omdat "almal" dit gedoen het, is dit nou die tyd!
Klaagliedere 3:25: "Die Here is goed vir wie op Hom bly hoop."
Opgehoop, die Musical Juanita Swanepoel (Kruispad-redaksie)
No. 10
34
HOOP … Wat presies beteken hierdie kort woordjie? As ons, soos dit 'n goeie skolier of student betaam, na die HAT se betekenis gaan kyk, sien ons dat daar hoofsaaklik twee definisies is. Eerstens kry ons die selfstandige naamwoord wat 'n aantal opmekaargegooide of gepakte dinge voorstel. Die ander soort hoop wat ons teëkom dra die betekenis van 'n verwagting of vooruitsig. Mosaïek, 'n kerk in Fairland, Johannesburg het dieper in hierdie onderwerp gaan delf. Hulle het deur middel van 'n musical gaan kyk hoe 'n mens se lewe sonder hierdie hoop (die verwagting) lyk en dit toe met 'n hoop, 'n ashoop, vergelyk. Opgehoop, die Musical was vanaf 24
Nog boeke vir manne wat omgee vir dit wat saak maak: The way for the wild heart: A map for the masculine journey
(John Eldredge, ISBN-13: 978-0-78520-677-4)
Tender warrior: God's intention for a man (Stu Weber, ISBN-13: 978-1-57673-306-8)
Four pillars of a man's heart
(Stu Weber, 975-1-57673-450-1)
Julie tot 2 Augustus by die Mosaïek Teatro te sien. Die duo van Afrikaans@2038 en The Wedding, Ettienne Booysen en Adri Britz het kragte saamgespan om hierdie treffer aan te bied, en Johan Heystek in beheer van die musikale produksie. Die gehoor is aan elf uiteenlopende en interessante karakters, elk met sy/haar eie issues, bekendgestel. Elkeen het iewers in hulle lewe hoop verloor en so het hulle toe saam op die ashoop van die lewe beland, mismoedig en opgehoop. Die karakters stel mense voor waarmee die meeste van ons al te doen gekry het of mee kan identifiseer. Karakters soos die over-achiever, die narsissistiese 21ste-eeuse ou wat grappies maak, sodat niemand moet sien hy het seer nie, die persoon wat net eenvoudig nêrens inpas nie en dan, my
persoonlike gunsteling, die meisie wat in haar eie droomwêreld leef, vol prinsesse en helde. Sy dwaal gereeld van die onderwerp af en beeld dan 'n toneel uit 'n bekende fliek uit, byvoorbeeld die befaamde Titanic-toneel met Jack en Rose. Mosaïek het definitief daarin geslaag om die gehoor te betrek, die musical het nie net die mense vermaak nie, maar ook aan hulle hartsnare geraak. Dit het my laat nadink oor hoop en hoe maklik ons dit verloor. Hoop is die een ding wat ons as Christene anders
Hansie Regisseur: Regardt van den Bergh Global Creative Studios, 2008
ALMAL weet wie Hansie Cronjé is. Selfs mense wat nooit in sport belang gestel het nie, weet dit. Eers was hy net bekend vir sy uitmuntende prestasie op die nasionale (en later ook internasionale) krieketveld. Selfs nie-krieketkykers het opgewonde geraak oor sy fenomenale puntetellings. Tog was hy ook ewe bekend vir sy betrokkenheid by 'n wedstrydknoeiery. Niemand kon dit glo nie en die hele land was geskok. Boonop het Hansie in 'n tragiese vliegongeluk gesterf, en weereens het sy naam die hoofopskrifte van die koerante gehaal. Hansie was van die begin af bedoel om deur die mense van sy land dopgehou te word. Dit was dus nie juis 'n verrassing toe daar 'n film oor hierdie legendariese SuidAfrikaner verskyn nie. Na Global Creative Studios se sukses met die film Faith like potatoes, is daar met groot afwagting uitgesien na die lank-bemarkte fliek Hansie. En, net soos Faith like potatoes, het die filmkyker by die bioskoop uitgestap met baie om oor na te dink. Ek het tydens die film nooit gevoel dat daar probeer is om Cronjé te verontskuldig of selfs dat die verhaal eensydig uitgebeeld is nie. (Ek wás voor die tyd 'n bietjie skepties en bevooroordeeld gewees oor hierdie saak, veral omdat sy geliefdes betrokke was by die maak van die film.) Hansie is na my mening billik as mens voorgestel – as 'n groeiende gelowige wat 'n GROOT fout gemaak het,
maak, want sonder hoop is ons leeg. As Christene hoop ons nie op iets nie, maar op Iemand. Ons hoop nie op wat Hy vir ons kan doen nie, maar op Wie Hy van altyd af is … Indien jy jouself in die Johannesburgomgewing bevind en daar weer so 'n geleentheid opduik, sal ek jou aanraai om jou hele familie en vriendekring bymekaar te maak en saam na een van die produksies te gaan kyk. Kontak gerus die kerk by 011 268 4700 of info@mosaiek.com vir meer inligting.
aanvanklik in twyfel bly lê het, maar later deur die GROTER genade van God wel tot sy sinne gekom het. Ek moet ook vir Frank Rautenbach 'n pluimpie gee. Hy het, veral wanneer dit saak maak, 'n uiters geloofwaardige vertolking van Hansie gelewer. Ek het egter aan die begin van die film gevoel asof die draaiboekskrywer probeer om so gou as moontlik die feite van die gebeure agter die rug kry, en om so gou as moontlik by die emosie van die saak uit te kom. Die regie en montage-tegnieke wat gebruik is om die sporttonele te heg, het dit wel goed versluimer, maar ek het as kyker nog steeds 'n bietjie ingedoen gevoel. Die draaiboek kon 'n bietjie meer aandag gekry het. Veral die dialoog tussen die verskillende karakters het vir my bietjie soos 'n opstapeling van feite, inligting en selfs emosies gevoel (baie dieselfde as die gevoel wat ek met Faith like potatoes gekry het), en dit kon baie meer natuurlik gedoen word. Die ongemaklikheid wat op die filmstel geheers het, was 'n bietjie te ooglopend en dit het die geloofwaardigheid van die verhaal tog 'n bietjie skade aangedoen. Ek beveel egter steeds die film aan, aangesien dit altyd 'n verrykende ervaring is om te sien hoe jou medegelowiges in hul geloof groei. Dit is beslis die moeite werd om Hansie as 'n getuienis te gaan kyk.
No. 10
35
Sy moet bereid wees om aan te pas sonder om haarself te verander. Moet in dieselfde passie as ek deel. Sy moet positief wees oor die lewe. Moet goed voel oor hoe sy lyk, sy is vir my pragtig. - Johann, 20
Aangetrokkenheid en persoonlikheid (50/50). Sy moet 'n Christen wees en opreg. My beste vriendin op wie ek verlief is. Ek hou van 'n klein, fyn meisie (en mooi oë is 'n moet).
KRUISPAD het aan 'n paar ouens in Cachetgemeente gevra wat dit nou eintlik vir hulle doen in 'n girl. Waarvan hou die manne en waarvan nie? (Evas, julle moet mooi oplet – dalk kry julle 'n paar goeie tips!) Hier is die antwoorde wat ons gekry het: Opregte geloof.
- Hendrik, 20
- Lourens, 24 Sy moet gelowig wees en ek en sy moet met mekaar oor ons geloof kan gesels. Sy moet eerlik en opreg wees; sagmoedig. Sy moet haar man kan staan, selfvertroue hê en ondersteunend wees.
Geloof in Christus is 'n moet. Eerlikheid, lojaliteit en vriendelikheid.
- Jaco, 23
- Hardus, 19
JonkLive! Rineé Viljoen
Ek val vinnig vir 'n meisie met mooi oë, maar dit gaan oor die hele pakket. Persoonlikheid veral! - Renier, 22 Intelligente, mooi Christen meisie. Haar pa moet ten minste 'n 100 ha plaas hê. - FP, 19
No. 10
36
'n Goeie sin vir humor, 'n plat-op-die-aarde gesindheid en sy moet oop wees vir nuwe idees. Christenskap is natuurlik die fondament vir 'n goeie verhouding.
As ek haar die eerste keer SIEN, kyk ek vir oë – dit moet my vang. Van daar af is als in die persoonlikheid – goedgemanierd, 'n sense - Izak, 19 of adventure, goed opgevoed – en natuurlik oulike ouers. Hehe. Sy moenie van my afhanklik wees nie. Sy moet haar eie kop volg en 'n eie opinie hê wat nie van my afhang nie. Intelligensie speel 'n belangrike rol met nog 'n mate van wysheid d.m.v. ervaring. Sy moet beskik oor 'n goeie redenasie vermoë en moet WEET wanneer om te STOP. Sy moet 'n grap kan vat. Haar woede moet van korte duur wees. SY MOET MY LIEFHÊ. - Japie, 20
Ons nuutste 'Plak-en-wen' inskrywing. Kruispad het saam met Izet Kleynhans 'n draai in Zambië gemaak. Stuur vandag nog jou inskrywing vir ons. Sluitingsdatum: 30 Desember 2008.
HI!
Ek kan nou nie meer onthou of ek jou by JonkLive gesien het of nie? Was jy daar? Ja man, daardie naweek van 29-31 Augustus, in Irene? Nou ja, net ingeval jy nie daar was nie, hier is 'n paar foto's en, in 'n neutedop, kortliks waaroor dit gegaan het: JonkLive was 'n musiekfees, aangebied deur die NG-Kerk Jeug, wat die geleentheid vir opkomende musiekgroepe en komponiste gebied het om hul stem te laat hoor deur lof- en aanbiddingsmusiek. Musiekgroepe het van regoor die land gekom om deur die loop van die dag musiek te maak. Saans was 'n paar gevestigde persone en groepe ook te hore, nl. Julian Manuel, Stass, Retief Burger, Leza Liversage, Louis Brittz, Luid- kidz, Jan Hoogendyk en Vertikaal.
Byna 2 000 jongmense het die fees bygewoon en die geleentheid met albei hande aangegryp om saam met ander gelowiges te kuier, te sing en te aanbid. Kruispad was ook daar! Ons was een van die hoofborge én die splinternuwe Kruispad-Café ('n groot hit) is tydens die fees bekendgestel. 'n Heerlike koffie-stophoekie-kuierplekkie is ingerig waar die feesgangers 'n bietjie boeretroos kon geniet, saam met die redaksie kon kom kuier of sommer net kon sit en 'n Kruispad lees.
No. 10
37
Eerstejaarskampe 2009
Kampterrein: Koste:
Tukkies BESTE Eerstejaar, 'n Wonderlike nuwe lewe wag vir jou … studentwees! Jy is sekerlik al lankal lus om uit die nes te kom en jou eie pad te stap?! Ons gaan jou die geleentheid bied. Ek weet daar is baie dinge oor studentwees wat jou opgewonde maak, maar ook sekerlik dinge waarvoor jy skrikkerig is. Ons gaan saam met jou op hierdie pad loop! Hierdie pad begin natuurlik met 'n fantastiese eerstejaarskamp waar jy saam met ander Christen-studente van regoor Suid-Afrika first contact gaan hê met seniorstudente en al die pret van studentwees. Jy gaan kans hê om jou vrae te vra oor jou nuwe koshuis, studierigting en die universiteit. Maar ons is ook daar om na die kamp die pad verder saam te stap omdat jy nuwe vriende gemaak het, die lekker kuier met gelowiges geniet, en saam sal wil groei op jou pad saam met God. Ons sien uit daarna om jou op die kamp te ontmoet! Griffel van Wyk (Gereformeerde Kerk, Pretoria-Brooklyn) Wanneer:
Kadesh Bernea naby Hartbeespoortdam Slegs R470 (Sluit kos, verblyf, vervoer en hope pret in!) Sluitingsdatum: 5 Januarie 2009 Vertrektyd: Maandag 12 Januarie 2009 om 14:00 Juventus-bestuur ontvang graag die eerstejaars en hul ouers om 13:30 by die kerkgebou. Vertrekpunt:
Terugkoms:
Posadres:
Navrae: Kerkkantoor: E-pos: Faksnommer:
Kerkgebou van die Gereformeerde Kerk Pretoria-Brooklyn, Duxburyweg 174, Hillcrest. Vrydag 16 Januarie 2009 om 14:00 by die kerkgebou. Die Reëlingskomitee: Eerstejaarskamp Gereformeerde Kerk Pretoria-Brooklyn Posbus 11168, Hatfield, 0028 Walter van der Merwe by 072 355 9066 of 1stejaarskamp@gkbrooklyn.org.za 012 362 0069 kantoor@gkbrooklyn.org.za 012 362 0069
Maandag 12 Januarie tot en met Vrydag 16 Januarie 2009
Stellenbosch
www.bethinking.org Engage with Culture
No. 10
38
BETHINKING se webblad is een wat jy definitief móét besoek! Vandag nog! Hulle beskryf self die webblad as 'n hulpbron om die Christelike geloof te verstaan, verdedig en oor te kan kommunikeer. Hierdie is nie net 'n lekker interaktiewe blad, met klank- en videogrepe wat jy kan download nie, maar raak sake aan wat ons as jongmense en ook ander Christene van dag tot dag beïnvloed en waaroor ons vrae mag hê. Die onderwerpe is in verskillende kategorieë ingedeel, wat die gebruik van die webblad vergemaklik. Onderwerpe, soos wat is reg en wat is verkeerd, die opstanding van Christus, en kultuur en wêreldbeskouing (wat onder meer kyk na punte tussen ons geloof en musiek, leesstof en kuns) word bespreek. Wat die hulpbronne egter nog nicer maak, is die feit dat daar binne elke kategorie drie vlakke is: beginner, intermediêr en gevorderd. Jy kan die artikels lees of na die praatjies luister van die een vlak na die volgende en so jou kennis oor die onderwerp laat groei. Interessante kategorieë is byvoorbeeld waar daar na gekyk word na wie jy is – jou persoonlike identiteit in Christus – en ook hoekom die Here lyding toelaat. Doen jouself 'n guns en gaan besoek vandag nog die webblad, sommer terwyl jy besig is om te Facebook of op pad is om jou artikel vir die dag op Wikipedia te gaan lees.
DIE Gereformeerde Kerk Stellenbosch bied 'n onvergeetlike geleentheid vir elke nuwe student om sy/haar voete op kampus te vind. Kom groei saam nader aan God en leer sommer 'n paar nuwe gesigte ken. Datum: 18 – 21 Januarie 2009 Plek: Stellenboschfontein | Koste: R300 Kontak: Attie van der Linde by 082 971 6402 of
Anja Schlechter by 082 786 8635 E-POS: eerstejaarskamp@gkstellenbosch.co.za WEB: www.gkstellenbosch.co.za/eerstejaarskamp.htm
pukke Datum: 12-19 Januarie 2009 Plek: Nooitgedacht Kampterrein | Koste: R550 Tema: Klippe kou
Hou jou pos dop vir die inligtingspamflet! As jy nie inligting kry nie laat weet vir Riekie by 084 408 0663 of vir Jan-Louis by 084 505 2328.
Doppers@C DOPPERS@C is 'n wegbreek vir Graad 11's, matrieks en naskoolse jongmense. Dit is die wegbreek van die jaar en word aangebied deur die Partsinode Pretoria se Jeugdeputate. Spring gou, want daar is beperkte plek! Datum: 26 November tot 2 Desember 2008 Plek: San Miguel Vakansieoord, Glenmore, Suidkus Koste: R950, insluitend vervoer, etes en luukse verblyf in vakansiewoonstelle Kontakpersone:
Ds. Abri Pelser: abrip@mighty.co.za, 082 922 3888 of 012 803 0438 Ds. Ben Fourie: ds@kameeldrift.co.za, 082 745 4117 of 012 808 0653
No. 10
39