HAAI julle, NA 'n heerlike twee maande in Europa is ek terug in sonnige Suid-Afrika, en ek waardeer skielik alles om my sommer weer van voor af. Vir dié van julle wat dit nog nie agtergekom het nie … Suid-Afrika is mooi, en 'n mens kan 'n tan optel wat 'n mens nie op baie ander plekke in die wêreld kan kry nie! Maar ek gaan nou nie vir julle jok nie, die Griekse eilande is ewe onbeskryflik pragtig! So van romantiese plekke gepraat … Hierdie uitgawe, naamlik Eden, gaan oor verhoudings. Die vorige twee uitgawes het gefokus op die Christenmeisies (Eva, #9) en -ouens (Adam, #10). Hierdie uitgawe gaan oor wanneer hierdie Adams en Evas 'n ruimte begin deel, naamlik Eden. Om in Eden rond te wandel is heerlik! Maar daar seil ook heelwat versoekings rond wat wag om die happy couple te mislei … Hierdie is my laaste uitgawe as redakteur. Dit was vir my heerlik om by Kruispad betrokke te wees, en dankie vir elke redaksielid, medewerker en leser van die afgelope twee jaar! Dit was 'n voorreg om saam met julle te kon werk! Ek het ongelooflik baie by elkeen van julle geleer. So, dit is met 'n traan in die oog wat hierdie keer totsiens sê … Groete, Adri
No. 11
4
No. 11
5
AS
ons praat van Adam en Eva, praat ons eintlik oor die verhouding tussen die geslagte. Verhoudings soos vriend/vriendin, ou/meisie en man/vrou. God self het iewers in die mens se binnekant 'n plekkie gemaak wat vra na 'n lewensmaat. Iemand wat jou ken, aanvul, bystaan, help, wakkerskud-as-dit-nodig-is, en sommer maar net iemand is met wie jy alles deel. Iemand vir wie jy liefde gee en by wie jy liefde ontvang. God lei Adams en Evas na mekaar, en hulle is maats wat die lewe deel.
Bousteen
Dit is egter nie die enigste rede waarom die Here die huwelik "uitgedink" het nie. Die huwelik is ook die bousteen vir die algemene samelewing en die kerk. Dit werk só: Adam en Eva was die rolmodelle vir hulle kinders. Deur hulle kinders se opvoeding moes hulle hul kinders leer hoe om as mense op te tree in 'n verhouding met ander mense in die algemene samelewing, en in verhouding met hulle medemens in die kerk, sowel as in 'n verhouding met God.
Satan ondermyn
No. 11
6
'n Mens hoef nie 'n genius te wees om te besef dat Satan juis hierdie bousteen (die huwelik) sal wil ondermyn en vernietig nie. Kyk wat gebeur as hy dit regkry: Enkelouers sukkel om net te cope met die alledaagse lewe – hulle kry dikwels nie tyd om die kinders te leer van social skills, gesag, die samelewing, landsake, en al sulke dinge nie. Die resultaat is dat die samelewing onordelik raak en uitmekaarval. Dit gebeur dikwels – natuurlik nie altyd nie – dat enkelouers (hetsy geskei of ongetroud) nie maklik by die kerk inskakel nie. Hulle kinders is dan nie van vroegs af deel van die kerkgesin nie, en sukkel dikwels in later jare om in te pas en tuis te voel by die kerk. As dit sleg gaan in 'n huwelik, is daar verskeie sake wat maak dat die kinders van so 'n huwelikspaartjie sukkel om met God in 'n verhouding te wees. Dink aan iets soos 'n mens se konsep van God as jou Vader wat gekoppel is aan jou idee van jou aardse pa. Maar as jy 'n bakleiende, skreeuende of afwesige pa het, is dit dikwels hoe jy oor die Here dink. Ook, as ouers heeltyd baklei, kom hulle dikwels nie in die kerk nie, of dink ons as kinders dat hulle skynheilig is – by die huis baklei hulle soos kat en hond, maar Sondae sit hulle met vroom gesigte in die kerk! Dit laat ons dink dat ons ook maar vir die Here kan voorgee!
Ek sou kon aanhou met voorbeelde, maar die prentjie is duidelik: as Satan dit regkry om Adam en Eva in konflik te plaas, of van mekaar te skei, val die mens se persoonlike, openbare en Godsdienstige lewe dikwels inmekaar.
Sy strategie
Die Here gee die plan vir die bewaring van die AdamEva verhouding in die sewende gebod: "Jy mag nie egbreuk pleeg nie." ("Eg" is 'n baie outydse woord vir die "huwelik" en 'n "eggenoot" is 'n huweliksmaat.) Daar is veral twee maniere waarop die huwelik verbreek word: Die eerste hiervan is waar die huwelik as sodanig nie gerespekteer word nie. Dit kan natuurlik op verskillende maniere gebeur, maar die bekendste hiervan is egskeiding. Om watter rede ook al. Want die Here Jesus sê dat egskeiding plaasvind a.g.v. die "hardheid" van die mens se hart. "Die Here die God van Israel sê Hy haat egskeiding. Egskeiding is niks anders as geweld nie, sê die Here die Almagtige," (Maleagi 2:16). (Die Bybel noem wel twee wettige redes vir egskeiding – wanneer een van die maats ontrou was, of wanneer een 'n ongelowige is, en hy/sy wil skei. 'n Mens moet laasgenoemde egter in konteks verstaan – altwee was ongelowig toe hulle getrou het, maar die een het later tot bekering gekom! 2 Korintiërs 6:14 verwys daarna, en die hele Bybel impliseer dit – 'n Christen mag net trou met 'n mede-Christen.) Nog 'n manier waarop die huwelik nie gerespekteer word nie, is as ons die Duiwel glo wanneer hy ons oorreed dat dit nie nodig is om te trou nie en dat 'n mens maar kan maar saambly. Behalwe dat die Here dit uitdruklik verbied (sien 1 Korintiërs 7:36), sien ons ook dat so 'n verhouding gewoonlik nie uitwerk nie, veral omdat daar nie commitment op die lang termyn is nie. (Die groot probleem is dat Satan die mensdom al só oortuig het van hierdie leuen, dat die meeste mense sê: "Maar almal doen dit dan! Hoekom kan óns nie?") 'n Derde manier waarop Satan die respek vir die huwelik ondermyn, is wanneer hy ons laat val vir die storie dat huwelike tussen twee mense van dieselfde geslag okei is. 'n Mens hoef maar Levitikus 18:22 en Romeine 1:24 te lees om te weet dat al die redenasies om dit goed te praat maar net 'n val vir die Satan se leuen is! Die tweede manier waarop die Satan die huwelik ondermyn, is deur seksuele sondes. Die Here – wat tog die "vervaardiger" van die mens is – het in die "eienaarshandleiding" (die Bybel) baie uitdruklik gesê dat seks bedoel is vir wanneer 'n mens getroud is. Seks is slegs bedoel vir twee mense van die teenoorgestelde geslag wat met mekaar getroud is. Dit beteken dat alle voorhuwelikse, buitehuwelikse en perverse seks deur God verbied word. Inteendeel, die Here leer dat iemand wat in seksuele sondes volhard, nie God as sy Koning sal ervaar nie (Galasiërs 5:19-22).
Liefde
Teenoor al hierdie negatiewe dinge staan dit wat die Here in die oog het met die huwelik. Die essensie van die huwelik is liefde. Liefde soos die Here dit definieer. Ons kan dit in drie "soorte" liefde opdeel: Die eerste hiervan is "vriendskapsliefde". Elke mens het 'n beste vriend. 'n Ware vriend is iemand met wie jy alles deel. Hy/sy ken jou geheime, jou vreugdes, jou bekommernisse, jou flops, jou drome en jou vrese. Hy/sy help jou, vul jou aan, is eerlik met jou en wys jou op jou foute en tekortkominge. Jy maak altyd weer vrede met 'n goeie vriend. Die Here se bedoeling is dat jou huweliksmaat jou beste vriend(in) ooit moet wees. 'n Lewenslange vennoot en kameraad met wie jy alles deel. Die tweede aspek van liefde is seksueel en romanties. Die Here het seks "uitgedink". Dit is nie "sies" of lelik nie, maar iets wonderlik wat Hy vir die huwelik gegee het. Nie net vir voortplanting nie, maar sodat mense wat in die huwelik verbind is ook mekaar liggaamlik mag geniet. Dit kan vergelyk word met 'n vuur. 'n Vuur in 'n kaggel gee hitte, cozyness, atmosfeer, gesprekke en kuier. As jy die vuur egter uit die kaggel haal en in die middel van die sitkamer maak, sal dit chaos afgee. Die huis sal afbrand. So ook met seks. Haal dit uit die huwelik uit, en dit vernietig. Maar daarbinne is dit 'n gawe van die Here – wat verbind IS (maar nie dieselfde is nie) aan romantiek. Maanligwandelinge, blomme, 'n sjokolade, 'n briefie op 'n onverwagse tyd of plek. Die derde is eintlik die basis van alle ander liefde. Dit is die liefde van sáám aan God verbind wees (agapé-liefde). Dit werk so: As man en vrou beide op hulle eie aan God verbind is, word hulle verbintenis aan mekaar nog meer spesiaal, omdat hulle dan 'n sekere voordeel het. Hulle beide se gedrag word deur die Heilige Gees beïnvloed en selfs bepaal. Daarom staan hulle nie meer elkeen op hulle eie "regte" nie, maar vra eerstens: Wat kan ek doen om jóú gelukkig te maak? Dit verskil nogal van: Ek trou met jou omdat ek dink jy kan my gelukkig maak! Dit is wanneer hierdie verbintenis met die Here die fondament van die huwelik is, dat huweliksmaats mekaar ook kan vergewe! Want altwee weet hoeveel die Here hulleself in Jesus vergewe het (Matteus 18:21). Dit is wanneer hierdie liefdesharmonie in die huwelik bestaan, dat Adam en Eva iets weerspieël van die beeld van God. Want God, in die Drie-eenheid, ís harmonie en liefde.
Braam Krüger (Kruispad-redaksie)
Radikaal
Wanneer 'n mens die bedoeling van God vergelyk met die skeefgetrekte beeld wat die Satan skep, begin jy verstaan dat ons as Christene 'n rede het om radikaal anders te wil wees. In die wêreld daarbuite is daar soveel ellende en hartseer, soveel chaos, dat ons tog nie deel daarvan wil wees nie! Daarom moet ons trots wees op ons ander, radikale benadering. Die mens verheerlik sy Maker as daar hegte liefde in die huwelik is. Mag elkeen van julle 'n fantastiese mede-Christen (ont)vang!
No. 11
7
"Aim at Heaven and you will get earth 'thrown in': aim at earth and you will get neither," CS Lewis, Mere Christianity
ONS
Pieter van Helden (Chemikus, Gereformeerde Kerk Kaapstad)
A woman's heart should be so hidden in Christ that a man should have to seek Him first to find her!
almal droom graag. Ek bedoel nou nie laas nag se nagmerrie nie, maar daardie drome wat jou laat uitsien na die toekoms. Party van ons droom daarvan om bekende sportsterre te word, 'n ander een se droom is om die Nobel prys te wen, terwyl nog een van ons droom om 'n suksesvolle besigheid te begin. So het elkeen van ons 'n droom in ons hart. Dink bietjie: Wat is jou grootste droom? Terwyl jy daaroor dink, wil ek jou vertel van 'n droom. Dit het begin in die heel begin. Dit is die oorspronklike droom – die heelal. God, die Groot Dromer, het sy droom verwesenlik en die wêreld geskep. Hy sê selfs daarvan dat Hy dit goed geskep het. Die wetenskap wys ons duidelik dat die wêreld wel mooi en goed geskep is. Dit leer ons ook dat alles in die heelal in spesifieke verhoudings tot mekaar staan: Die aarde beweeg in 'n wentelbaan om die son, 1 + 1 = 2, die omtrek van 'n sirkel is twee keer die radius maal met π, die vorm van jou neus is afhanklik van jou DNA, ensovoorts. Elkeen van dié verhoudings het reëls wat die verhouding bepaal. Dit word soms die natuurwette genoem. Maar toe God die mens skep het Hy gesê: "Dit is baie goed." Die rede daarvoor is dat ons klein, skarrelende mense op 'n besondere plek in die skepping inpas. Ons is die "geestelike skepsels" – die oppassers van die aarde. Ons staan letterlik halfpad tussen God en sy skepping. Daarom het Hy ons ook met sy eienskappe bedeel soos onder andere liefde, regverdigheid, oordeelsvermoë en skeppingsvermoë. Dit plaas ons in 'n verhouding tot Hom, tot die skepping en tot mekaar. Daar is dus vier basiese verhoudings wat onstaan. Ons kan dit beskryf met die vier groot vrae waarmee elke mens (wetend of onwetend) gekonfronteer word:
Wie is ek? Wie is God? Wie is my medemens? Hoe werk die natuur?
No. 11
8
Die laaste vraag is een waaraan die wetenskap en tegnologie al baie aandag spandeer het en waarvan ons almal redelik bewus is, maar ons vergeet soms om oor die ander verhoudings te dink. Maar nou eers terug by die droom. Ons almal ken al die storie met die slang en die vrug, maar dit is nie net 'n storie nie, dis die begin van die nagmerrie van sonde. Gelukkig is die Groot Dromer se droom vir die wêreld en vir die mens so groot dat selfs hierdie nagmerrie Hom nie laat ophou droom het nie. Die droom was vir Hom so groot en belangrik dat Hy alles, deur middel van Jesus Christus, daarvoor opgeoffer het: sy bonatuurlikheid, sy sondeloosheid, sy lewe! As ek jou dan sou vertel 1 + 1 = 5, sou jy mos dadelik vir my sê dat ek 'n leuenaar is. Die enigste manier wat ek dié eenvoudige verhouding kan breek, is met geweld. Net so is sonde die vernietiging van daardie vier belangrike verhoudings (alhoewel hulle baie meer kompleks is as 1 + 1). Elke soort sonde is dus blote geweld. En ons weet dat geweld na die dood lei. Ons het met geweld die beeld van God vernietig deur die skeppingsverhoudings te verander en te vernietig. Die sondeval het nie net ons verhouding met God vernietig nie, maar ook die ander drie verhoudings gedood. Ons eie siele word ook as't ware vermoor, dink maar net aan iets soos depressie. En nog meer as dit – ons verhoudings met ons medemens is vernietig. Dit raak erger: Die fisiese natuur is gebreek en dit kan duidelik gesien word deur dinge soos die vernietiginging van die reënwoude, die
baie besoedeling, en die uitwissing van dierespesies, om maar net 'n paar te noem. Alles is geleidelik besig om dood te gaan. Maar as ons dit alles so beskou, vergeet ons soms van die Groot Dromer. Sy droom is so groot dat Hy die mens, wat al die verhoudings vernietig het, se verhouding met Hom kom herskep. Dit is nie net 'n makeover of 'n renovate my family nie. Hy plak nie net die potskerwe aan mekaar vas nie. God herskep ons van binne af. Hy kom en gee ons 'n totaal nuwe hart. Dis hoekom Jesus dit die wedergeboorte noem. Dit het Hy gedoen deurdat Jesus Christus die geweld van die dood oorwin het! Noudat die verhouding met God weer herstel is, wat nou? Moet ons maar (soos baie gelowiges maak) net "soet" wees en wag dat ons eendag hemel toe gaan? Moet ons maar wag dat God "eendag" alles nuut maak? Nee! God het ons nie nuut gemaak om maar net as mensies met nuwe harte hier op aarde sonder 'n doel rond te hardloop nie. Ons moet met ons geloofsoog in ons toekoms inkyk en 'n heelal sien wat herskep is. 'n Wêreld waarvan die beginsels berus op liefde en regverdigheid in alles. So, 'n nuwe hart beteken dus 'n nuwe droom. Ons moet God se droom begin raaksien. Ons moet God se droom begin droom! Dit is die droom van die volledige herskepping van alle verhoudings. Dit is die droom van Eden – die tuin van regte verhoudings. In sy Woord gee Hy vir ons 'n klein glimpse van die nuwe verhoudings in sy droom (Openbaring 21:3; Jesaja 65:25). Ons as God se kinders glo dat ons Jesus in alles moet navolg. Dit beteken as Jesus die Herskepper is, moet ons ook begin herskep. Dit is dan die doel van ons nuwe hart en droom. Ons moet, noudat God ons begin herskep het, begin om die wêreld om ons te herskep. Soos 'n prediker eens gesê het: "We have to recreate Eden". Dís wat dit beteken om die lig vir die wêreld te wees. Ons moet al ons verhoudings herskep. Ja, dit beteken ook dat ek myself moet begin herskep deur op te hou met die sondige dinge in my lewe. Ja, dit beteken om God se skepping lief te hê, te begin recycle, 'n passie te ontwikkel vir omgewingsbewaring en om nie die hond te skop nie … Ja, dit beteken selfs nog meer – dat ek die verhoudings met my medemense moet begin herskep. Ons moet begin dink aan hoe God wil hê ons met mekaar moet saamleef – in liefde. Nie die soetsappige Hollywood liefde nie, maar die ware liefde, wat sorg, wat getrou bly, wat eerlik is, wat omgee – selfs al hou jy nie van die persoon nie! Maar dit is nie net een of twee gelowiges, of die kerkraad, of die dominee se taak nie. Te lank het ons as gelowiges gewag dat iemand anders dit doen, en dit is hoekom ons hande baie keer só pap is dat ons geen impak op die wêreld het nie. Gelukkig, as jy jou God se droom begin droom, het jy die ultimate unfair advantage – die almagtige herskeppende Gees! Maak dus jou geloofsoë oop en kyk in die toekoms in. Kyk na die droom van God, na die nuwe Jerusalem en begin nou al daaraan bou. Align jouself en jou drome met die Groot Dromer, want God sal op die oordeelsdag dié werk voltooi deur die totale fisiese wêreld te herskep en ons herskepte binnestes te omsluit met nuwe, verheerlikte liggame soos Jesus s'n. Jesus sê immers: "Kyk, Ek maak alles nuut." So ek vra jou nou weer, en dink baie mooi hieroor: Wat is jou gróótste droom?
No. 11
9
Christine Haarhoff Johan Fleischmann (Gereformeerde Kerk Kaapstad)
Vandag
DEUR daarvan gehou om
die eeue heen het mense
tekens en simbole te gebruik om te wys wat hulle glo en waar hul lojaliteite lê. Christene het ook simbole gebruik (en gebruik steeds sekere simbole), maar tog sit ons dikwels in 'n dilemma, omdat sommige
van ons eeue-oue Christensimbole deur ander gelowe en kultusgroepe gebruik word. Moet ons baklei vir ons simbole? Hoe kan ons weet of dit aan ons of aan hulle behoort?
Die Christenmusikante POD gebruik dit op die meeste van hul CD-omslae, maar dit word egter ook deur die NewAge beweging en Nieu-Heidense gelowe (Neo-Pagans), veral die Wicca-beweging, opgeëis en gebruik. Vir elkeen van die laasgenoemde groepe simboliseer dit verskillende konsepte van afgodery en
word dit as 'n motief op juwele of klere, met sogenaamde magiese krag, gebruik. Ontwerpers van paganistiese juwele adverteer die triquetra as 'n beskermende amulet en 'n simbool vir beide die Keltiese Triple Goddess (Maiden, Mother and Crone) en vir die Christelike Drie-Eenheid (Vader, Seun en Heilige Gees), en probeer sodoende om hierdie kragte te kombineer.
Baie Christene voel dat die hekse hul teken gesteel het. Wiccas sê weer dat hulle die teken eerste gebruik het. Dit blyk egter dat albei 'n bestaande simbool geleen het en hulle eie gemaak het. Wat jy moet besluit, is of jy bereid is om 'n teken te gebruik wat vandag 'n Christelike én 'n okkultiese betekenis kan hê.
in Grieks (ΧΡΙΣΤΟΣ) verteenwoordig, as amptelike teken gebruik. Dit word vandag steeds wêreldwyd deur die Kerk gebruik.
Satan en mense wat onder sy mag is, het deur die eeue probeer om Christene te vervolg en te verkleineer. Omdat hy 'n dief en 'n leuenaar is (Johannes 10:10), sal hy altyd probeer om dit wat nie aan hom behoort nie te steel. Hy na-aap God op 'n manier wat soos die waarheid lyk, maar eintlik 'n leuen is. Ons is in 'n oorlog gewikkel met Satan, maar God se Woord gee vir ons riglyne hoe ons hierdie oorlog moet aanpak (2 Korintiërs 10:4-6).
Wenk: Vind uit wat die skeppingsdoel van 'n simbool is. Behou die balans!
Geskiedenis
Die Triquetra is 'n geometriese vorm wat met 'n passer getrek word en mooi in 'n driehoek pas. Variasies is voor die Christendom al op geldstukke in verskeie lande gebruik. Die Triple Celtic Knot was moontlik eers net dekoratief, maar drievoudige Paganistiese (heidense) betekenisse soos verstand, liggaam en gees, of aarde, water en lug is later daaraan gekoppel. Die Kelte het dit moontlik as 'n simbool vir godinaanbidding gebruik, maar dit is nie bo alle twyfel bewys nie. Wat ons verseker weet, is dat die vroeë Keltiese kerk dié simbool gebruik het. Die gewilde triquetra was 'n ideale simbool om die Drie-Enige God mee uit te beeld, omdat dit o.a. drie vorms kombineer wat soos drie saamgestelde Christen vissimbole (ichthusse) lyk. Dit verteenwoordig die Vader, Seun en Heilige Gees, al drie ewig (gesimboliseer deur die sirkel), gelyk en almagtig, maar tog onafskeibaar een Wese. Hierdie betekenis het vir eeue lank enige paganistiese betekenis verplaas (die triquetra is gebruik op die omslag van die New King James Bible, en op die mure No. 11
10
en loodglasvensters van ou kerke) maar vandag verrys dieselfde ou betekenisse, wat skynbaar dood was, uit die stof.
Pop-kultuur
• Die TV reeks Charmed het gesorg dat die triquetra baie populêr onder jongmense geword het. Bewonderaars van die drie Halliwell-susters sal dit dadelik herken en weet dit verteenwoordig The Power of Three Acting as One. Dit is die gekombineerde, bonatuurlike krag van drie hekse wat as een funksioneer om hul volle magiese kragte effektief vry te stel, en is 'n beginsel in Wicca (Wit Heksery) en towery. Die triquetra is op die omslag van hulle Book of Shadows, 'n magiese boek vol towerspreuke, gebruik (regs, onder). (Het die skeppers van die reeks dit dalk juis gebruik omdat dit meer aanvaarbaar vir Christenjong-mense sou wees as die openlike okkultiese pentagram (links onder) wat gewoonlik op regte en fiktiewe hekse se Book of Shadows verskyn?) Die triquetra het ook op Charmed se weergawe van 'n ouija-bord ('n spiritistiese bord
wat gebruik word om geeste mee op te roep) verskyn. • Harry Potter en sy twee vriende het dit gebruik om hulle towerkragte mee te kombineer. • Dit is een van vier simbole wat op die omslag van die heavy metal album, Led Zeppelin IV, gebruik is. • Op 'n tarotkaart wat deur die Sataniese leier, Aleister Crowley, ontwerp is, word dit gebruik as 'n simbool wat 666 (die merk van die dier) voorstel.
Wat s ê die Bybel? Deuteronomium 18:10b: "Daar mag nie 'n besweerder by jou wees nie en ook nie 'n towenaar of iemand wat voortekens lees of 'n goëlaar of iemand wat geeste om inligting vra en dooies raadpleeg nie. Die Here het 'n afsku aan elkeen wat hierdie soort ding doen." Wenk: Bonatuurlike mag wat nie van God af kom nie, kom van Satan af
Tydens die eerste twee eeue na Christus, en veral in die regeringstyd van Keiser Nero, is Christene vervolg, gemartel en doodgemaak omdat hulle in Jesus geglo het. Hulle kon niemand vertrou nie en het die geheime teken van die vis gebruik om vir mekaar te wys dat hulle Christene is. Hulle het dit in die sand of op grotwande geteken. Soms sou een persoon 'n halwe vis teken en as die ander persoon 'n Christen was, sou hy dit voltooi. Dit is ook as 'n aanwysings na gelowiges se geheime byeenkomste gebruik.
Hoekom die vis?
ICHTHUS beteken vis en is 'n akroniem wat gevorm is deur die eerste letters van die Griekse woorde Ἰησοῦς Χριστός Θεοῦ Υἱός, Σωτήρ (Jesous Christos Theou Uios, Soter) te gebruik. Dit beteken Jesus Christus God (se) Seun, Verlosser. Die Christendom is eers onder die heerskappy van Konstantyn (307 n.C.) gewettig en as amptelike godsdiens verklaar. Hy het die Chi Rho teken (of labarum ☧), wat die eerste twee letters van Christus se naam
Vandag
• Die vis het as 'n Christensimbool herleef en word byvoorbeeld as plakkers op motors se buffers gebruik. • In Astrologie word die simbool van die vis ook gebruik en soms sal astroloë selfs die Christenvis (heel regs, bo) gebruik. God verbied astrologie (Deuteronomium 4:19, Jesaja 47:19). • In Amerika het daar 'n sogenaamde "Visoorlog" ontstaan. Ateïste en onder steuners van Darwin se evolusieteorie het verskeie satiriese vissimbole ontwerp waarmee hulle die spot dryf met Chris tene (sien die twee voorbeelde hieronder).
Wenk: Jy kan met veiligheid die linkerkantste drie ichthus-simbole (heel bo) gebruik, maar wees dan seker daarvan dat jy jou soos 'n volgeling van Jesus gedra.
No. 11
11
Die kruis is vir die Christendom 'n simbool daarvan dat Jesus Christus vir die mensdom gesterf het en ons sondes aan die kruis vir ons gedra het sodat die wat in Hom glo, verlos kan word. Dit is ook die simbool van Christus se oorwinning oor die sonde, die dood, en Satan en sy bose magte (Kolossense 2:14-15, 1 Petrus 2:24). Soos Paulus, verkondig Christene vandag Jesus Christus as die gekruisigde Verlosser wat opgestaan het en heers in heerlikheid (1 Korintiërs 2:2). Ons sien dikwels in films of TV-verhale dat bose geeste besweer word deur 'n kruis voor hulle te hou. Om die kruis só te gebruik, is gelykstaande aan White Magic of towery. Daar lê geen krag in die kruis self nie. Die krag lê in die boodskap van die kruis en in Jesus Christus. God sê as ons glo, sal Hy met dieselfde geweldige krag waarmee Jesus uit die dood opgewek is, in ons werk (Efesiërs 1:18-22). Christus wat in ons is, is groter as Satan wat in die wêreld is (Lukas 10:18-20). Daarom is dit nie vreemd dat Satan en sy volgelinge die simbool van die kruis met 'n passie haat en bespot nie. Dit is vir Satan 'n teken van sy nederlaag en van Christus se oorwinning
oor hom. Daarom probeer hy, die vader van die leuen, sy volgelinge van die teenoorgestelde oortuig. 1. Die onderstebo kruis is 'n verwerping en lastering van Christus se kruisdood. Sataniste gebruik dit. 2. Die kruis van verwarring. Romeinse soldate het dit gebruik om opregtheid van die Christendom te bevraagteken. Sataniste gebruik dit om Christus se opstanding te bevraagteken. 3. Nero se kruis of die Heksepoot. (Nie die vredesteken nie.) Dit is 'n omgekeerde, gebreekte kruis. Sataniste moet 'n kruis breek om te wys hulle verwerp Christus en sy verlossingsboodskap. Goeie vraag: As die boodskap van die kruis 'n leuen is en Jesus Christus dood is, soos Sataniste beweer, waarom veg hulle so hard teen Hom en teen die kruis?
Daar is 'n Bybelse manier om te wen in hierdie oorlog. Ons sal ons net soos Paulus roem op die kruis van Christus!
KHALID
is deel van 'n nomadiese gesin in die Arabiese Skiereiland. Hulle het met skape geboer en as deel van hulle nomadiese bestaan het hulle oor kilometers se geel woestynsand geloop. Sy ouers het hom na 'n mobiele skool gestuur en daar het hy sy liefde vir lees ontwikkel. In die woestyn het hy gou bekend geword as die onversadigbare leser van enigiets met letters op. Almal het al wat 'n afvalpapiertjie is vir hom gebêre, sodat hy dit kon lees. Baie artikels het godsdienstige elemente bevat, en Khalid het 'n belangstelling in godsdiens begin toon. Hy het artikels oor profete, heilige geskrifte en heiliges soos Moses, Jona en Jesus gelees. Die vraag het by hom ontstaan of daar nie iewers meer oor hulle geskryf is nie. So het sy begeerte om God te ontmoet, saam met sy begeerte om godsdienstige boeke te lees, begin groei. Hy het sy pa en broers met vrae gepeper, maar hulle het hom soos goeie Moslems geantwoord: "Lees net die Koran".
Een nag, terwyl hy in sy tent onder die sterre geslaap het, het 'n persoon omring deur 'n helder lig in 'n droom aan hom verskyn. Khalid het skielik wakker geword, maar nie geweet wie hierdie persoon was nie. Sy pa en broers kon hom glad nie help nie. 'n Paar dae later het sy gesin by 'n dorpie aangekom waar hulle nog nooi vantevore was nie. Hulle het niemand in die dorpie geken nie, maar die dorpsmense van hulle het vir hom papiere en tydskrifte gebring. Toe het 'n ou man vir Khalid 'n ou, swart boek gebring. Hy het vir Khalid gesê dat dit iets is wat hy dalk sou wou lees. Iemand het dit jare gelede vir die ou man gegee, dit was 'n tipe heilige boek, maar hy kon nie lees nie. Khalid het dadelik begin om die boek te lees. Hy het gou agtergekom dat die man in wit wat in sy droom verskyn het, in die boek beskryf word as die Messias, die Christus. So het Khalid die Here leer ken. Hy is nou 'n volgeling van Jesus in hierdie godverlate land. Hy het sy Eden gevind. Vir verdere inligting rakende vervolgde Christene, besoek Geopende Deure se webwerf by www.opendoors.org.za of kontak hulle hoofkantoor by 011 888 9341.
Riglyne: 1. Wanneer jy 'n simbool dra, dra jy dit om te sê "Dis myne! Ons het dit eerste gehad!" of omdat dit jou 'n kans kan gee om te getuig van die ware God, sy grootheid en hoe Hy mense verlos? 2. Pasop om stryerig of veroordelend te wees. Getuig oor wat God in jou lewe doen en
No. 11
12
oor jou persoonlike verhouding met Hom. 3. Die Bybel waarsku ons om versigtig te wees en nie ander te laat struikel deur dit wat ons doen nie. Voordat jy 'n teken dra of gebruik, bid daaroor. Die Bybel waarsku ons ook daarteen om 'n verkeerde boodskap uit te dra of te lyk asof ons Satan se
werk ondersteun. 4. As jy 'n Christensimbool sien en voel dat dit op 'n verkeerde manier gebruik word, vra God om jou te help om dit te gebruik om te getuig eerder as om oor besitreg te stry. Vra byvoorbeeld aan die persoon wat die simbool misbruik: "Wat beteken hierdie teken vir jou? Weet jy dat daar 'n ander simboliese betekenis vir hierdie teken is? Kom ek vertel jou van my God …" Rubriek verskaf deur Geopende Deure
No. 11
13
Stuur gerus 'n epos na sending@kruispad.net met enige vrae of opmerkings. Flip Buys & Rineé Viljoen
Die tipiese Afrika-lewensvisie vergelyk met die Westers gesekulariseerde en Bybelse lewensvisie
OM
in Suid-Afrika te bly, beteken dat ons as Christene nie kan wegkom van die sendingsopdrag nie, veral omdat ons juis binne-in Afrika lewe. Omdat daar so 'n wye verskeidenheid tradisionele Afrika-godsdienste is, is dit nie moontlik om soos met die vorige sendingsartikels die oorsprong van elke godsdiens weer te gee nie, maar Professor Flip Buys het die onderstaande geskryf in verband met die tradisionele godsdienste: Die groeipersentasie van die Christendom is byna 5% per jaar, wat drie maal meer is as die geboortesyfer. In Afrika kom daar weekliks ongeveer 300 nuwe, Christelike kerke tot stand. Die groot probleem is egter dat daar 'n ontsaglike tekort aan goed opgeleide, inheemse, kerklike voorgangers (leraars) is. Opleiding moet ook veel meer pertinent fokus daarop om voorgangers te help om 'n deurdrenkte Bybelse lewensvisie te ontwikkel en werklike Christelike karaktervorming te stimuleer. Die tyd het aangebreek dat Christene in gevestigde kerke eerder hulle sendingaktiwiteite en sendingkapitaal moet rig op die tweede deel van die groot sendingopdrag: "Leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het," (Matteus 28:19).
No. 11
Christene in Suid-Afrika moet krities na hulself kyk en biddend vra tot watter mate ons regtig 'n werklike Bybelse lewensvisie het, en tot watter mate ons waardes en norms deur gesekulariseerde Westerse en Postmoderne denke en waardes en beheers word. Word ons hele lewe en al ons verhoudings werklik deur ons verhouding met God beheer of is ons godsdiens dalk ook net 'n klein hokkie van ons lewe? Die ware Bybelse boodskap van Jesus Christus het groot oortuigingskrag, maar Christene se lewens moet daarvan getuig dat die Here Jesus en sy eer, en ons liefde vir Hom en ons naaste werklik ons grootste lewenswaardes is. Dan sal mense wat leef in angs en vrees vir geeste, die vrede van God (wat alle verstand te bowe gaan en ons harte en sinne beheers) vandag nog by ons sien. Op hierdie manier kan ons ons naaste vir hom wen. "As ons nie moeg word om goed te doen nie, en nie verslap nie, sal ons op die bestemde tyd ook die oes insamel," (Galasiërs 6:9). Dan sal iets van die profesie van Sagaria 8:23 waar word, naamlik dat uit al die nasies tien man een gelowige aan die klere sal gryp en sê: "Ons wil met julle saamgaan, want ons het gehoor God is by julle."
Op die mens en hoe hy krag kan kry om 'n lewe van voorspoed en gesondheid te kan leef. Die kern van die lewe is die mens, sy geluk en sy voorspoed.
Op God. "Soek allereers die koninkryk van God en sy geregtigheid en al die ander dinge sal vir jou bygevoeg word," (Matteus 6:33).
Glo dat God wel bestaan, maar Hy is ver, onbetrokke en onbereikbaar. Die daaglikse lewe word primêr bepaal deur die geeste van afgestorwe voorvaders rondom ons.
Die Here God is die Skepper, onderhouer en regeerder van alle dinge. Hy is naby ons en is persoonlik betrokke by die groot en klein aspekte van ons lewe en die heelal (sien byvoorbeeld Matteus 10:28-30).
Geeste en die geesteswêreld is ontsaglik belangrik. Elke aspek van 'n mens se lewe en kultuur word deur die geeste, veral die voorvadergeeste, beheers. Alle geluk en voorspoed hang van die geeste af. Goeie en slegte geeste is oral om ons en in alles rondom ons (Animisme). Die geheim van 'n goeie lewe is om die geeste tot jou voordeel te manipuleer.
Daar is baie geeste (engele en demone) om ons. Hulle beïnvloed ons lewens. Ons kan en hoef hulle nie te beheer nie. God alleen heers oor hulle en gebruik hulle in die koms van sy koninkryk. Ons aanbid en vereer hulle nie. Ons aanbid en vereer slegs die Here God. Sy engele beskerm ons (Psalm 90). Die duiwel en demone val ons aan (Efesiërs 6:10-13), maar ons kan met God se krag hulle teenstaan (Jakobus 4:7-10).
Die "lewendige dooies" (badimo of amadlozi) heers oor elke aspek van ons lewe. Hulle is "middelaars" tussen ons en God. Ons kan hulle manipuleer met behulp van rituele, hekse en toordokters en medisyne (muthi).
Die geeste van afgestorwenes is óf reeds by Jesus Christus, óf in die vlamme van die hel (Lukas16:27-31). Dit is gruwelike sonde om hulle aan te roep (Deuteronomium 18:9-12). As ons hulle stemme hoor of hulle "sien" is dit demoniese bedrog.
Natuurlike hulpbronne is beperk en elke individu het alleenreg op 'n beperkte eweredige deel daarvan. Die algemene "kosmiese goed" (vital force, mag, prestige, gesondheid en geluk) wat iemand besit of beheer, kan slegs ten koste van iemand anders vermeerder word. Wanneer dit verminder, is dit omdat iemand anders dit tap. As jy bo ander uitstyg, word jy met agterdog bejeën. Privaatbesit is nie belangrik nie.
God self is 'n onbeperkte Bron van alles wat goed is. Hy gee meer as wat genoeg is in sy skepping sodat alle mense in voorspoed kan leef. Die mens is geskep na God se beeld as sy verteenwoordiger, daarom moet hy die aarde onderwerp en daaroor heers (Genesis 1:20). God is steeds die eienaar en die mens is slegs die bestuurder wat God moet verheerlik en altyd die No. 11 heil van sy naaste moet soek.
14
15 'n Sikliese geskiedenisbeskouing. Tyd beweeg terug na die verlede. Die verlede is belangriker as die toekoms. Tyd is soos 'n rivier waarin ons staan en stroomaf kyk na die voorvaders, tradisies en persoonlike geskiedenis.
Die profete het die heidense, sikliese tydsbeskouing verbreek en die geskiedenis verkondig as 'n beweeg na 'n toekomstige doel, die koms van die Messias. In die Nuwe Testament word verkondig dat die Koninkryk in Christus reeds gekom het maar tog eers met die wederkoms ten volle sal kom. Dan sal 'n nuwe hemel en aarde die erfdeel van die gelowiges wees.
Elonie de Klerk
MET
No. 11
16
die woorde van Romeine 8:17 in gedagte wil ek graag met julle 'n baie moeilike tyd in my lewe deel. Ek was voltyds deel van C-kruis, 'n uitvoerende kunste maatskappy wat vanaf 2002 tot 2005 in Pretoria gestasioneer was. In 2004 was ek op die bestuur, hoofdanser en aktrise. In my eerste twee jaar daar het my verhouding met die Here vreeslik gegroei en ek het weereens baie uitgesien na my derde waar ek meer verantwoordelikheid sou hê en veral dan as herder/mentor sou optree vir drie tweedejaar studente. Op 24 Februarie het ek die aand twaalfuur eers huis toe gegaan (tien minute se ry van die kampterrein af). Ek was moeg en natgesweet van al die dans en kon nie wag om 'n lekker bad te vat en pienk melk te drink nie. Toe ek die deur agter my wou toesluit, het daar 'n ou buite gestaan. Hy het dadelik 'n pistool teen my kop gedruk het en gesê ek moet ingaan en stilbly anders sal hy skiet. Die realiteit van wat besig was om te gebeur, het my verseker nie dadelik getref nie. Hy't mettertyd my hande en voete vasgebind, iets in my mond gesit, my oë toegebind en my op my sy op my mat laat lê. Eers toe ek hoor hoe hy sy klere uittrek, het ek besef dat hy my gaan verkrag. Hy't my leotard met my kombuismes oopgesny. Al wat in my kop was, was Psalm 23: "Die Here is my herder, ek kom niks kort nie …" Hy't homself inforseer. Toe ek begin huil het, het hy die mes teen my keel gedruk sodat ek ophou. Ek wou net skree en doodgaan van binne. Nadat hy gedoen het wat hy wou, het ek hom gehoor skarrel in my woonstelletjie. Hy't als wat ek besit het in sakke en tasse gepak en met iemand oor die foon gepraat – hulle het seker maar saam gewerk om dit uit te kry. Gedurende die ongeveer twee ure wat hy daar was, het hy op 'n stadium langs my kom lê en oral aan my gevat. Hy't liggies gelag in my oor. Dit was die ergste. Ek was verneder en skaam, baie skaam. Ek nie net soos die slagoffer gevoel nie, maar gevoel asof hy my saam met hom wou aftrek tot waar sy hart op daardie oomblik seker moes wees. Die alarm het afgegaan, die ou van die familie wat in die huis langs my bly, het my daar gekry, kaal. Hy het my opgetel in my duvet en in hulle huis ingedra. My kop was dood. Ek moes hospitaal toe gaan, ondersoek en ondervra word, oor en oor. Ek het vir 'n maand lank antiretrovirale pille gedrink wat my 'n uitslag gegee het, naar gemaak het en baie gewig laat verloor het. Daarna, was dit terug na realiteit. My drome van trou was by die deur uit, heeltemal! Alles wat ek gedink het is waar van my hemelse Vader, was nou net leuens. Asof ek maar nog altyd in 'n droom was en nou wakker geword het. Ek het gedink dit sal
nooit verby gaan nie. Ek het nie gedink ek sal ooit kan vergewe nie. Dit was hel. Maar al wat gehad het, was die Here! Ek het met Hom baklei en ek doen nou nog partykeer. Hoekom Here? Hoekom het U dit nie gekeer nie? Wat beteken U beskerming? Wat help dit U het my kamstig lief, maar ek kry so seer? My mansvriende, wit en swart van kleur, was baie sensitief oor my gevoelens. Om saam met hulle te dans toe ek na twee weke terug C-kruis toe is, was baie moeilik en ongemaklik. Ek kon nie alleen in 'n kamer slaap nie en soms glad nie slaap nie. Elke vreemde man wat na my gekyk het, was 'n potensiële verkragter. Ek net geweet ek sal nooit iemand van my eie kan liefhê nie en iemand sou my nooit kan liefhê met die wete dat ek verkrag is nie. Die Here het Deon, wat nou vir twee jaar al my man is, met 'n groter doel dieselfde jaar as ek Ckruis toe gestuur. Ons was baie goeie vriende. Ons het vreeslik verlief geraak en so ses maande na die verkragting begin uitgaan. Ek het so baie genesing deur hom ontvang, veral fisies en wat my selfwaarde aanbetref. Ek het God gevra hoekom ek dan nie maar dood is nie en Hy't my geantwoord in Psalm 30:2 en 9: "Here my God, ek het na U geroep om hulp en U het my gesond gemaak … Watter voordeel is daar in my ondergang as ek die graf moet ingaan? Kan stof U loof? Kan dit u trou verkondig?" Na 'n tyd kon ek selfs werklik vergewe en bid vir die man wat dit gedoen het. Hy's ook verlore en het God net so nodig soos ons almal! Ek weet en voel steeds aan my lyf dat: God, God is, Hy is goed! Hy veg vir my hart en Hy sal nooit ooit ophou nie. Niks kan my van sy liefde en sy plan vir My lewe skei nie, nie eers ek self nie. Daardie ou het my maagdelikheid gesteel, maar nie my hart nie. Ek sal nooit heeltemal verstaan nie, maar my diepste begeerte, naamlik dat die Here asseblief hierdie moet gebruik tot sy eer, het al lankal gebeur en gebeur steeds! Die grootste troos wat ek net 'n paar weke terug ervaar het, is dat Jesus gesterf het vir my verkragting ook! Ek is 100% gesond, omdat Jesus gesterf het vir AL die sleg en weer opgestaan het, sodat ek en jy kan lewe! Ek gaan deel in sy LYDING, maar ook in sy HEERLIKHEID, nou al en vir altyd.
As jy graag vir Elonie wil kontak, kan jy gerus 'n e-pos stuur na red@kruispad.net. Ons sal die e-pos vir haar aanstuur en sy sal persoonlik aan jou terugskryf.
No. 11
17
ndige en Bybelse
Sielku Jannie Earle ('n
DIT
is die jaar 2009! Ons jaag met 'n spoed aan na 2010. Elkeen jaag teen tyd om sy eie werk te doen en klaar te kry. Ja, vir elkeen gaan dit om sy eie wêreldjie – elkeen probeer vir homself sorg – ons is slawe van die tyd. En weet julle, dit gaan al so vanaf die sondeval. Ons verhouding met God en ons medemens ly skipbreuk. Ons is so besig met ons eie dinge dat ons eerstens nie die hartseer en die stukkende mense om ons raaksien nie! Hulle beweeg elke dag om ons en tussen ons – geskeides, enkelouers, eensames, homoseksuele mense … die lewe wemel van gebroke verhoudings, buite-egtelike verhou-dings en voorhuwelikse seksuele verhoudings. En alles bring baie hartseer in stukkende mense se lewens. Ja, daar is selfs gebroke verhoudings tussen eggenote, ouers en kinders. Dit word net erger en erger. Tweedens raak ons so gewoond daaraan dat ons nie eers meer die verkeerde lewenswyse raaksien nie. Saamblyers word al iets alledaags. Voorhuwelikse seksuele verhoudings is aan die orde van die dag. Homoseksuele verhoudings neem toe. Niks word meer weggesteek nie. Daar is geen sondebesef meer nie. Sulke verhoudings is "in". Dit gaan oor, "mens het regte". Ons het 'n reg om te lewe soos ons wil. Derdens veroordeel ons ook graag mense wat betrokke is by egskeidings, buite-egtelike en homoseksuele verhoudings, alhoewel ons ook sondaars is en daar tog nie iets soos klein en groot sondes bestaan nie! Ons mag nie maak asof dit maar net reg is nie, maar aan die ander kant moet ons steeds die sondaars liefhê (en nie die sonde nie). In liefdelose kritiek kerf ons mekaar met vlymskerp woorde letterlik uitmekaar, en laat ons mekaar alleen agter te midde van die ruïnes en die brokstukke, sonder verdere begeleiding en bystand. Het ons al gaan stilstaan en onsself in een van dié persone se skoene geplaas? Met ander woorde: Het ons onsself al begin inlewe in hoe hulle voel … om te belewe wat hulle elke dag belewe? deurmaak en Besef ons wat hulle rstel? waarmee hulle wo Waarom woon hulle saam?
Waarom is hy/sy nog steeds enkellopend? Waarom lyk sy so hartseer? Waarom is hy/sy so verhard?
No. 11
18
Waarom onttrek hy/sy hul en g teru on kok self in 'n meng nie met iemand nie?
berader)
As berader beleef ek elke dag hul lewensverhale. Dit is baie hartseer verhale: • Molestering al op drie jaar • Verkragting • Kapings • Sy is wreed aangerand terwyl haar man, of haar pa en ma op 'n gruwelike manier vermoor is • Depressie na al die negatiewe dinge wat hulle al belewe het • Eensaamheid en alleenheid na 'n egskeiding of omdat hy/sy nog net nie 'n lewensmaat van God ontvang het nie • Bitterheid weens 'n gebrek aan vergifnis
Ek sien die gevolge van gebroke verhoudings tussen grootmense. Ek sien kinders wat nie weet hoe om hul aggressie weens volwasse mense se onbegrip te verwoord en/of te hanteer nie. Ek hoor en sien kinders wat nie weet hoe om konflik aan te spreek en/of te ontlont nie. Dit is daarom belangrik dat ek as jongmens tot stilstand moet kom en begin om na die mens rondom my te kyk: Ek moet begin besef wie is die mens vir God! Ek moet myself begin afvra: Wat verwag die Here van my in hierdie omstandighede? Hoe kan ek diensbaar wees? Jy kan nie as enkeling bly lewe nie. Jy is lid van 'n gemeenskap. Jy staan nie net in 'n verhouding met God nie, maar ook met elke mens wat op jou pad kom. Weet jy wat het hulle nodig? Gaan staan by hulle stil. Sien hulle raak! Jesus het by die eensame man van Betesda gaan stilstaan (Johannes 5). Maak tyd vir hulle. Ondersteun hulle. Moenie veroordeel nie. Gee aandag, stel belang. Net 'n drukkie hier en 'n handdruk daar sal al baie help. Gee liefde … onthou elkeen van hulle is uniek in God se oë. Hy ag hulle hoog. Hy het hulle lief, maak nie saak waar hulle hul bevind nie: In die moeras van hul lewe of dalk besig om op te staan. Onthou, Hy het alleen uit liefde en genade sy Seun gestuur om vir elkeen se sondes te sterf. Bid vir hulle! Help hulle. Ja, dra mekaar se laste en ondersteun mekaar! Wys hulle daarop dat as hulle breek met hulle sonde, dit erken en bely, dan vergewe Hy volkome. Hy dink nie meer daaraan nie, maar heilig so iemand om voluit vir Hom te lewe (1 Korintiërs 6:11). Onthou elkeen van hulle: • … wil ook graag lewe. • … smag na geluk en liefde. • … smag na vriende, net na iemand.
Jy kan daardie iemand wees! Wys hulle daarop dat daar in dié moeilike tyd 'n liefdevolle Hemelse Vader is tot wie hulle hul toevlug kan neem en wees vir hulle daarin tot voorbeeld. Só kan jy saam met hulle voluit lewe vir God.
16 Desember – Versoeningsdag 25 Desember – Kersdag 26 Desember – Welwillendheidsdag
1 Januarie – Nuwejaarsdag 11 Februarie – GKSA 150 jaar oud! 21 Maart – Menseregtedag 10 April – Goeie Vrydag 12 April – Paassondag
13 April – Gesinsdag 27 April – Vryheidsdag 1 Mei – Werkersdag 21 Mei - Hemelvaartdag 31 Mei – Pinkstersondag 16 Junie – Jeugdag
9 Augustus – Nasionale Vrouedag 24 September – Erfenisdag 1 November – Hervormingsdag
Adriaan van Wyk
is 'n
LYGODIUM groep
rankplante wat nooit ophou groei nie. Anders as die meeste ander rankplante, klim die blare en nie die stam nie. Hierdie blare lyk soos 'n rolletjie wat ontvou en nooit ophou nie, maar die ewige groei is net moontlik as dit die regte voeding en klimaat het. Luister wat sê God: "Uit Christus groei die hele liggaam, ondersteun deur die gewrigte en saamgebind deur die spiere, soos God dit laat groei," (Kolossense 2:19) en "Soos die grond plante laat uitspruit, soos die plante in 'n tuin vrugte gee, so gee die Here my God die oorwinning en laat Hy al die nasies luister na die loflied tot sy eer," (Jesaja 61:11). My en jou geloof is presies dieselfde. Ek en jy kan nooit by 'n plek in ons geloofslewe kom waar ons dink ons het nou arrive nie, want jy moet altyd aanhou groei! Jy weet waarvan ek praat. Daai gevoel van: "Sjoe, ek dink daardie preek vandag was regtig bedoel vir Willem, maar nie vir my nie. Ek is nogal okei." Of daardie kere wat ek en jy so op mense neergekyk het en hulle beoordeel sonder om hulle te wil help met liefde en hulle genadig te wees. Jy voel dat jy 'n vlak bereik het wat geen verdere inspanning vereis nie.
Wat gebeur as mens op 'n reis is met jou tentjie, rugsak en al en jy arriveer by jou bestemming? Jy pak uit! Jy slaan jou tent op en geniet die uitsig. Wat gebeur as jy dink jy het jou bestemming bereik? Jy pak ook uit, maar op die verkeerde plek! Ons bestemming is die ewige lewe en ons kan nooit ophou met die reis nie, want dan mis ons ons skeppingsdoel heeltemal. Maak nie saak wie jy is en waar jy op jou Christelike reis is nie. Van Angus Buchan tot jou local kerkleier, van Rob Bell tot die outjie wat vir jou local pizza-plek werk.
As jy nie die regte voeding en klimaat vir jou geloofslewe het nie, gaan jou rankplant vrek tjomma. Jy gaan uitkamp en jou werklike bestemming heeltemal mis. Die kern van die evangelie is dat God 'n verhouding met jou wil hê. Hy wil saam met jou reis. Die reis vir die Israeliete na Kanaän was gevul met hartseer, pyn, lyding, losbandigheid en ongehoorsaamheid. So is ons ook in die nuwe verbond besig met 'n harde reis en is al daardie struikelblokke steeds deel van die pad, want die vyand is daar om ons te weerhou van die waarheid. Maar Jesus is jou gids, die Heilige Gees jou toerusting en God en sy Woord jou kompas. Met die bogenoemde kan jou hart die ongekende trotseer met 'n nuwe bravado en 'n woord wat ek noem: 'Godsversekering', want in my woordeskat is daar nie so iets soos selfversekering nie. Mag jy nooit ophou groei en nooit jou tent uithaal as God sê jy moet nog stap nie.
No. 11
23
JANIEN
DEEL 5 Anneretha Combrink
"Ek dink jy, Janien de Koningh, haat dit om in 'n blik gedruk te word of in 'n boksie gesit te word. Maar dis presies wat jy met ander mense doen. Sit elke mens wat jy teëkom in 'n boksie en tjap hulle: Dominees is so en so; rugbyspelers is so en so; surfers is só en ouens oor die algemeen só. 'n Dominee kan nie 'n rugbyspeler of 'n surfer wees nie, want dan spring hy uit die boksie uit."
No. 11
24
sit op die stoeptrappie buite die lesinglokaal met haar ken in haar hand gestut. Sy kyk na die volleyball-spel waarmee die res van die span op die gras besig is. Eintlik kyk sy nie regtig meer nie, sy dink aan 'n klomp ander dinge. Sy is so verdiep in haar gedagtes dat sy skrik toe iemand skielik aan haar skouer raak. Dis Simon Bester. "Waaraan dink jy so diep?" vra hy met 'n glimlag in sy stem. "Ag, dit en dat," antwoord Janien ontwykend. "Hoekom speel jy nie meer nie?" Simon knik in die rigting van die baan. "Tyd vir Dominee Jan om 'n bietjie sy staal te wys." Hy sak langs haar op die trappie neer. "Sjoe, ek word oud! Ek's flou … hoe voel daai enkel?" Sy trek haar skouers op. "Okei. Dit raak al beter. Maar dis irriterend om heeltyd uit te sit en niks saam te kan doen nie." "Ek kan dink. Toemaar, teen volgende week sal dit al baie beter wees." Janien antwoord nie. Sy wil nie regtig met die ou praatjies maak nie. Maar sy kan seker ook nie ongeskik wees nie – en van die bietjie wat sy van hom gesien het die afgelope drie weke, lyk hy heel oraait. Nie eintlik soos wat sy dominees in die algemeen opgesom het nie. "Wat dink jy as jy jou gesig so trek?" betrap hy haar onkant. "Uhm … as jy regtig moet weet … ek het gedink jy lyk nie rêrig soos 'n dominee nie." Simon lag. "Is dit so? Hoe lyk 'n dominee, as ek mag vra?" Janien voel hoe sy rooi word. "Ek … wel, die meeste dominees wat ek ken, is ouerig." Great, Janien! Skitterende antwoord. "Hmm … seker nie almal nie? Hulle is seker nie oud gebore nie?" Sy kan hoor hy mock haar. So sy antwoord nie, trek net haar skouers op. "Hmm …" sê Simon nadenkend. "Ek dink ek weet wat jy bedoel. Maar ek het jou so 'n bietjie dopgehou en weet jy wat dink ek?" Wat wil hy nou eintlik hê moet sy sê? "Nee, ek weet nie, maar jy gaan my seker nou sê." "Jip." Hy steur hom nie aan haar sarkastiese stemtoon nie. "Ek dink jy, Janien de Koningh, haat dit om in 'n blik gedruk te word of in 'n boksie gesit te word. Maar dis presies wat jy met ander mense doen. Sit elke mens wat jy teëkom in 'n boksie en tjap hulle: Dominees is so en so; rugbyspelers is so en so; surfers is só en ouens oor die algemeen só. 'n Dominee kan nie 'n rugbyspeler of 'n surfer wees nie, want dan spring hy uit die boksie uit. Is ek reg?"
Janien het haar al lankal gewip. "Jy weet niks van my af nie, Simon Bester. Moenie my soos 'n boek probeer lees nie. Buitendien, die meeste van die afleidings wat ek maak, is reg." "Hoe weet jy dit?" Die dekselse ou bly so rustig, kan hy nie net een keer kwaad word of ophou smile nie? Hoe het sy buitendien in hierdie gesprek beland? "Want … ek was nog altyd reg." Sy hoef hom nie te antwoord nie. Sy wil eintlik opstaan en loop, maar haar krukke lê anderkant Simon. "Is dit hoekom jy nie met Schutte praat nie?" hou Simon aan. "Wat bedoel jy?" "Is jy bang hy bewys jou teorie oor mans verkeerd?" "Ag hemel, dit het regtig niks met jou te doen nie, hoor!" As haar krukke nou naby was, het sy hom dalk aangerand. "Ontspan, Janien. Ek kan sien ek maak jou kwaad … maar jy maak 'n fout. Dit hét iets met my te doen, want dis deel van my job om konflik in die span te hanteer, en om seker te maak julle is almal oraait. Emosioneel, nou." Janien klik haar tong vererg. "Daar is absoluut niks met my emosies verkeerd nie!" "Niks wat jy sal erken in elk geval nie, nè? Toemaar meisiekind, ek sal ophou om aan jou te karring. Wou maar net hê jy moet weet ek is hier – as jy besluit daar is iets waaroor jy wil praat." Sonder om vir haar antwoord te wag, staan hy op en stap weg. Janien kyk hom opstandig agterna. Hoekom, hoekom kan hy so deur haar skanse sien? Sy wil huis toe gaan, sy mis haar ma wat nie aan haar karring nie en … skielik wil sy huil. Skielik het sy nie meer redes hoekom sy vir Schutte ignoreer en hoekom sy die meisies op 'n afstand hou en hoekom sy kwaad is vir Simon nie. Skielik pyn haar hart meer as haar voet. Janien gryp haar krukke, en sukkel in die rigting van die perdestalle. Sy het nou dinktyd nodig.
(word vervolg)
No. 11
25
Eva se idee daarvan: O! My favourite … Net die gedagte daaraan jaag al sluimerende vlinders in my maag op … Natuurlik is daar vereistes waaraan voldoen sal moet word vir hierdie date om as romanties bestempel te kan word: Die man: Skoon geskeer, netjies, bedagsaam, vriendelik … en ek het nog altyd gesê 'n man kan nie té lekker ruik nie, 'n man wat lekker ruik het reeds die helfte van my hart verower. Die aand: Koel, met die geur van blomme in die lug en 'n koel briesie wat my hare so verleidelik soos Patricia s'n waai.
No. 11
26
is nie 'n boyband nie … Nee, regtig, ek jok nie. Hoop nie ek bars jou bubble nie? Eden is ook nie 'n paradysplek wat prentjies oproep van vakansies op tropiese eilande met glasblou water waarin baie bont vissies rondswem en waar twee mense hand aan hand die sonsondergang instap. Dit was altyd die idee wat ek gehad het van Eden. Dit, of 'n groen tuin, amper soos dié wat rondom Europese kastele gevind word, met perfekte boompies wat in vorms gesnoei is en perfekte roosbome en perfekte paadjies sonder enige onkruid. En natuurlik twee mense ('n prins en 'n prinses) wat hand aan hand die sonsondergang instap. Goed, jy is reg, my ma hét te veel sprokies vir my gelees toe ek klein was. Buitendien, waarvan praat ek? Natuurlik is, of was, Eden 'n plek. Dit was die plek aan die begin van tyd waar alles volmaak was. Alles, die hele Skepping, was vars en nuut – en in volmaakte harmonie. Dit was die tyd toe die man en die vrou en hulle beste Vriend sáám in die sonsondergang ingestap het. 'n Tyd toe al wat hulle geken het, vrede en volkome vreugde was. Maar dis eintlik my punt. Eden was 'n plek, maar dit was ook meer – dit was 'n toestand. 'n State of being, as ek dit so kan stel. Adam en Eva het 'n staat van intimiteit met God die Skepper beleef wat vir ons onmoontlik klink om te bereik. Volkome vryheid om presies te wees wie hulle bedoel was om te wees. Hulle kon hulle volle potensiaal en skeppingsdoel bereik. Kon. Want toe het hulle nie … en ons ken die res van die storie. Ek sit juis gister en bedink die paradyslose stand van die wêreld. Ek bedoel, ek weet nie of dit net ek is nie, maar dit kom vir my baie natuurliker om sommer net te settle vir tweede beste as om te leef soos ek bedoel was om te leef. Die standaard waarvolgens ek leef, het geval van die Paradysstandaard van volmaaktheid, intimiteit en vrede, na die wêreldse standaard van gejaagdheid, angs, vrees, woede en
onvergenoegdheid. Die sondeval is natuurlik die rede hiervoor, dit besef ek. Soos wat dit ook die rede is vir ongelooflike hoeveelheid pyn en gebrokenheid in die wêreld. Altans, dis deel van die rede. Dis ook deel van die rede vir die mure wat ek om my bou. Ja, ek bou mure om my. Drie meter hoog en so dik as moontlik. Dan is daar nog die alarmstelsel en sekuriteitsmaatskappy – oftewel my verdedigingsmeganismes. Enigiets om te keer dat mense nie te naby aan my kom nie. Intimiteit is die VYAND. Want dit ontbloot, maak my weerloos, oop vir seerkry. Dis alles waar. Maar soos ek gesê het, is die sondeval net deel van die rede wat my laat glo dat ek 'n rede het vir my mure. My eie keuse is die res van die prentjie. Ek het immers elke dag en elke oomblik 'n keuse. Vir of teen sonde (en mure). Vir of teen Christus. Vir of teen die Paradys. Want toe Christus gekom het, het Hy 'n streep deur daardie rede (die sondeval) kom trek. Hy het gekom om my mure af te breek en my paradys te kom herstel. Intimiteit, veral intimiteit met God, is nou nie meer die vyand nie. Dit maak die pad oop na die hart van 'n Vriend, een wat saam met my in die sonsondergang wil instap. Eden gaan oor verhoudings. Volmaakte intimiteit. En ek praat nie nou van Adam en Eva nie. Ek praat van my en jou en die paradys sonder mure, die tuin van vrede wat God vir elkeen gee wat nuutgeword het in Christus.
KruispadWil jy graag 'n bydrae instuur vir die volgende et. pad.n kruis ief@ kreat na uitgawe? Stuur dit vir ons of ry, skilde foto, l, artike , gedig 'n – wees ts Dit kan enigie ges gawe wat dan ook al! Die redaksie wil graag jou erend bruik om God te eer! (Dus moet jou bydrae Godes te bydra julle om a daarn uit sien Ons van aard wees.) ng! ontva
Rineé Viljoen en Barend Pretorius
Adam se idee daarvan: Mmm, man solank Eva nie laat is vir ons afspraak nie, ons lekker eet, en sy darem vir my mooi lyk, is die aand vir my gemaak! Nee wag, ek is seker daar is darem nog 'n paar ware manne daarbuite. Ek hoop die kêrels stem saam oor die volgende: 1. Waarvan die meisie ook al hou, gaan ek natuurlik in ag neem – dis die eerste prioriteit! 2. Hier voeg ek dalk net gou by wat ek dink 'n oulike meisie behels – 'n mooi glimlag laat sommer my hart vinniger klop, en versorgde hande en voete is nie te versmaai nie. As sy ruik soos iets uit 'n blommetuin – soveel beter. 3. Omdat ek haar graag wil beïndruk, sluit ek graag die volgende in my 'pakket' vir 'n romantiese afspraak in: 'n Langsteelroos, 'n blinddoek, 'n
sonsondergang op 'n koppie (met stadsliggies in die verte & God se natuurskoon om ons), kwetterende voëltjies, iewers skreeu 'n jakkals, 'n lekker drinkdingetjie, haar gunsteling disse (as jy self allergies is daarvoor, hou maar die pilletjies naby). Gekrummelde sampioene, mossels, garnale, baklawa, kaaskoek … 4. Verder is dit belangrik om lekker te kan gesels oor ligte onderwerpe en vrae te kan vra wat haar uitlok om meer oor haarself te vertel. 5. Neem Aspoestertjie huis toe voordat haar pa die polisie bel, vertel haar hoe lekker die aandjie was en dat daar hopelik nog gaan wees. As ek die soen op die wang kry waarvoor ek skimp, is die aand gemaak en kan ek met 'n groot glimlag omdraai en huiswaarts keer …
Illustrasies: Louis Barnard
EDEN
Die verloop: Die volgende is van kardinale belang: 1. Hy mag nie die toeter vir my druk buite nie, maar moet my by die voordeur kom haal. 2. Ek mag onder geen omstandighede die kar se deur vir myself oopmaak nie. 3. Die restaurant (KFC, McDonald's en Spur tel nie!) se kos moet voortreflik wees en, onnodig om te sê, die geselskap ook. 4. Nadat Adam die rekening met 'n glimlag betaal het, ons terug is by my huis, en ek fiddle met my sleutels by my voordeur (vir die wat Hitched gekyk het) moet hy die skimp kan vang (voordat Pa "toevallig" by die voordeur uitkom) …
No. 11
27
HIERDIE
is 'n dubbele uitdaging! Hierdie is 'n anagram, en as die anagram ontsyfer is, moet julle die woord soek waar dit versteek is. Verder moet julle dan ook soek waar die woord in die Bybel voorkom! Die woorde is diere, plante en gesteentes wat in die Bybel voorkom. Pasop – daar is 'n groot vangplek! Stuur jou korrekte antwoorde voor 31 Julie 1009 per e-pos aan interaksie@kruispad.net of stuur dit per faks of slakpos na die Kruispad-kantoor (ons adres is op bladsy 2).
KORAAL (Job 28:18; EsegiĂŤl 27:16)
No. 11
28
No. 11
29
Marlé Booysen (Sielkundige, Kruispad-redaksie)
"Ma, Pa … asseblief probeer weer!"
ALMAL
No. 11 10
30
soek iemand vir wie hulle die skuld kan gee as so iets tragies gebeur. Skielik is die lewe geskeur en drome is weg … hoekom! Hoekom moes dit nou gebeur? Dis nou die laaste ding wat ons nodig gehad het, hoekom kan dinge nie net weer werk nie, alles is omgekeer. Die versoeningspoging het misluk en almal dink nou hierdie gesin is weird! Hoe gaan ons van hierdie stigma herstel? 'n Gemoedelike egskeiding is 'n uitsonderlike verskynsel. Die impak daarvan moet nooit onderskat word nie, wrewel en bitterheid word jou naam, gelukkig is net tydelik. Behalwe vir die trauma van 'n hofsaak en jou sekuriteit wat ineentuimel, lyk dit nie of jou ouers die pyn waardeur jy gaan, verstaan nie, en hoe kan hulle nou nog voor jou óór jou onderhandel? Hallo, hier is ek! So asof joint custody hierdie hele ruimtelike verskynsel sal beter maak. Wie gaan geld hê vir child support as die prokureur betaal is en finaal die herinneringe uitgevee het?! Ons kinders wil nie trek nie en stel nie belang in visitation rights nie. 'n Egskeiding gaan gepaard met 'n tydperk van onsekerheid, vertwyfeling en disoriëntasie van gesinslede. Dikwels hou kinders hulleself verantwoordelik vir die egskeiding. Dit kan maklik ontwikkel in diepgesetelde gevoelens soos ontoereikendheid, skuld en minderwaardigheid wat jy sukkel om af te skud. Dit is duidelik dat verwydering tussen ouers beteken dat die sekerheid en struktuur van die gesin verwoes is en dat die gesin eintlik opnuut herskep moet word, wat die volgende behels: die herdefinisie van rolle, nuwe verdeling van gesag en verantwoordelikheid, en nuwe reëls en verwagtinge. Jy sal ook ervaar dat daar weens verdeelde lojaliteit hopeloos te veel spanning op jou ondersteuningsbronne geplaas word. Maak nie saak hoe min ons daarvan hou of hoe min ons dit goedkeur nie, daar is 'n probleem en dit moet aangespreek word. Hou in gedagte dat jy nie van alles weet wat tot die egskeiding gelei het nie. Moenie jou woede op die mense om jou uithaal nie, ook nie jou ore uitleen vir enigiemand nie. Die belangrikste is om nie kant te kies nie, as jy voel een ouer het meer skuld as die ander een, praat met daardie een. Die routydperk sal 'n redelike tydjie neem en daar sal baie skuldgevoelens, en gevoelens van eensaamheid en verwarring wees. Weet dat jy en jou enkelouer se deursettingsvermoë tot die uiterste
beproef sal word. Moenie in hierdie tyd jou grense toets of jou ouers teen mekaar probeer afspeel nie. Julle stabiliteit sal herwin word na herstrukturering. As jy voel jy moet jou ouer se ouer wees, kry hulp. As jy sien jy sukkel om die aanpassing te verwerk, kry hulp. As jy 'n reusegroot probleem het met die establishment nadat almal al herstel het, kry hulp. As jy 'n assassination op jou toekomstige stiefbroer beplan, kry hulp … Jou lewe is nie verby nie, 'n deel daarvan het net verander. Wees hartseer want jy het 'n verlies gely, maar weet dat jou hartseer weer sal oorgaan en jy hierdie ervaring sal integreer … leer wat daar te leer is. Verkry ondersteuning van gelowiges (1 Samuel 20:41-42; Job 42:10-11; 1 Tessalonisense11). Behou perspektief en werp jou bekommernis op God (1 Petrus 5:7). Herinner jouself aan die teenwoordigheid van God (1 Konings 19:11-15) en plaas jou hoop en vertroue op God (Psalm 34:23; Hebreërs 6:18-19). Mense kan van mekaar skei, maar niks sal jou kan skei van God se liefde vir jou nie …
Dit is lekker vir daardie vakansie, maar wanneer dit klaar is gaan julle weer Ek dink dis cool solank terug huis toe, en dan voel dit of daar 'n leegte dit 'n gesonde verhouding is omdat jy regtig 'n spesiale band gehad het bly. WEET WAAR OM DIE 'n Vakansieromanse is met daardie persoon en langafstandverSTREEP TE TREK. 'n avontuur, dis vakansie, 'n houdings werk oor die algemeen nie! mens raak alleen en soek iemand HAHA, en ek stem saam met Carla. Jaco, 17 om saam dinge te doen en te deel. Ek dink nie daar is iets daarmee verkeerd nie. Stephanie, 17 Dis 'n onskuldige fling. Twee mense kry/ontmoet mekaar op 'n kamp en daar is 'n aangetrokkenheid tussen hulle. Dis lekker om so iets te hê. Dit hou 'n mens besig Mens geniet dit, maar 'n mens en gee jou 'n lekker tyd saam met iemand nuuts. Dit kan baie maklik weggevoer raak deur hou die lewe interessant. Laat jou 'n bietjie spesiaal die emosies en dit kan baie kere nie voel vir 'n rukkie. die hartseer werd wees nie. Dit is reg! Monique, 17 Heinrich, 17 Solank die meisie niks langer as 'n week verwag nie. As jy weet dat die verhouding net die vakansie gaan hou, sal ek eerder sê ek dink dit is beter om eerder vriende (net vriende) te wees, want een of al twee persone kan dalk in die proses seerkry … Maar as God in die verhouding is, wat GREAT sal wees en so moet wees … wie weet. Dalk is dit nie net vakansieromanse nie. Riandi, 15
Salie, 16 Ek dink ek gaan my trouman ontmoet op vakansie! (Doodernstig) Angelique, 17
Dit hang af van die tipe verhouding. As dit 'n seksuele verhouding is, is dit verkeerd en gaan dit nie hou nie, maar dis pret om net lekker saam te wees. Bernhardt, 17
OVERRATED … Reg en lekker solank dit net nie te ernstig is nie! En jy moet bewus wees daarvan dat jy kan seerkry. Maar jy moet eers darem die persoon 'n bietjie ken! Jy moet ook nie 'n ander ou/meisie by die huis hê nie. Moet nie te veel verwag nie.
Carla le Grange, 17 Ek dink dit lei tot moeilikheid, nie in die sin van verkeerde verhoudings nie, maar in die sin dat dit vir my persoonlik net goedkoop is, dit is iets wat tot niks behalwe "fisieke plesier" lei nie. Met dit gesê ek dink dis tydmors. REGTIG!
Esté, 14
Dis regtig pathetic, not good for the heart … Gewoonlik kry iemand seer, but what if? What if the one person really likes the other? How can it work, if a normal relationship doesn't work … wat van distansie tussen die twee … ek sien dit bloot as net lekker enter-tainment. Niks meer nie. Ek dink ook vriende met voordele maak ook net mense seer. God sal wel besluit of dit die regte persoon is of nie.
Ek dink nie dat vakansieromanse 'n goeie ding is nie … omdat dit net 'n week of twee hou en dan is alles verby. Dit is seker lekker of so, maar om na die vakansie te hoor wat die ou van die meisie sê of die meisie van die ou sê, is nie altyd mooi goed nie, en soms kan jy 'n slegte naam kry deur net 'n simpel vakansieromanse. Ek glo in eerlike, lang verhoudings, nie net iets wat kort en vinnig gebeur nie.
007, 16 Lenize, 16
Fransie, 17
No. 11 10
31
Gunsteling boek
Secret Believers van Brother Andrew
Gunsteling movie
Passion of the Christ
Gunsteling akteur
Russel Crowe (veral in Gladiator)
Gunsteling musiek/kunstenaar
Michael W Smith en Louis Brittz
Gunsteling kos
Mediterreens
Gunsteling wegbreekplek
Kalahari/Namibië/Suid-Kaap
Gunsteling tydsverdryf
Skilder, fotografie en sport
Gunsteling quote
"It is not the arm that I lost that really matters, but all the countless blessings I have gained in this race of life."
Enige gunsteling Bybelverse?
Is daar enige sporthoogtepunte in jou lewe?
'n Kort agtergrond van jou lewe. Waar het jy grootgeword, waar was jy op skool, ensovoorts?
Ek is in Bloemfontein gebore en het my kleuterjare in Kroonstad deurgebring ('n genoegsame fondament vir 'n lewenslange Cheetah ondersteuningsbasis). My eerste skooljare was egter in Kempton Park en my hoërskooljare is deurgebring in die koel skadu's van Hoërskool Die Wilgers waar ek ook gematrikuleer het. Ek dink met dankbaarheid terug aan gelukkige kinderjare in 'n huis waarin beide my ouers die Here gedien het, soos dit vandag steeds die geval is.
Wat wou jy geword het toe jy klein was?
Ek onthou nie die standaard polisieman-brandweermanhunkering nie, maar het gedurende my hoërskooljare in mediese rigtings begin belangstelling. Na 'n fratsongeluk in 1984 is hierdie belangstelling verder geprikkel, maar na afloop van oorweging oor die praktiese implikasies van eenhandigheid in so beroep, het ek dit laat vaar. Interaksie met mense was hoog op my prioriteitslys en my regter-oupa het seker ook 'n rol gespeel in my uiteindelike beroepskeuse.
No. 11
32
Soos ek verstaan is jy 'n prokureur. Geniet jy dit en hoe leef jy jou geloof in die werkplek uit?
Alhoewel ek 'n toegelate prokureur is, werk ek vir 'n aantal jare reeds as 'n regsadviseur in grondgebruiksregte en munisipale reg. Dit is baie interessant, aktueel en soms baie uitdagend. Ek glo dat ek verantwoordelik is om in woord en daad ook daar 'n getuie en ambassadeur vir Jesus te wees. Ek stry en worstel ook soms, maar is letterlik omring met kollegas wat ook die Here met hart en siel dien en my sodoende op my tone hou.
Ek is dankbaar om van verskeie te kan vertel: Die eerste was my terugkeer – 'n wedloop 'n jaar na my elektriese fratsongeluk waar ek tydens die huissport vir die eerste keer teen sogenaamde abled bodies moes aantree in die 100 m en 200 m. Om steeds die skolespan te kon haal, was loutere genade. Tweedens was die 200 m finaal in Barcelona tydens die Paralimpiese Spele in 1992 voor 'n skare van om en by 60 000. Ek het brons gewen in 'n wedloop waarin 'n wêreldrekord, wat steeds bestaan, opgestel is. In 1999, tydens die Afrika-Spele in Johannesburg, het my beurt egter gekom om met die einste wêreldrekordhouer van Nigerië af te reken en goud te wen in die 200 m. Die feit dat ek in drie opvolgende Paralimpiese Spele kon deelneem was opsigself 'n hoogtepunt in my internasionale sportloopbaan. Die geleenthede wat hieruit voortgespruit het, soos om mense reg oor die wêreld te ontmoet en vriendskapsbande te smee, het die podium daargestel om my Christenskap uit te leef. Dit gee uiteindelik vir my sin en waarde aan hierdie opwindende seisoen in my lewe.
Is jy steeds aktief betrokke by sport?
Wel, deur die genade, het ek verlede jaar April nog kompeterend deelgeneem, maar aan die einde van die jaar het ek finaal my spykerskoene opgehang na meer as agt geseënde jare in die internasionale arena. Ek oefen vir deelname aan 'n mini-driekamp – 'n reeks wat oor 'n paar maande strek – veral fietsry en swem is wonderlike nuwe uitdagings. Ek kan nou maar eenmaal nie stilsit en slegs toekyk nie. Ek het darem vir 'n aantal jare mini-sport help afrig waarin al drie my seuns (Francois (12), Niel (10) en Hanro (5)) vroeër of later deelgeneem het of steeds doen. Ek is steeds aksie-honger alhoewel die klem op die blote genot daarvan en persoonlike uitdagings val, en nie meer om onder die bestes gereken te word nie.
Wat doen jy wanneer jy nie werk nie?
Ek ontspan voluit en is soms aktief. Soms gryp ek 'n skilderdoek, kwasse en olieverf en leef my uit in natuurtonele, straattonele of karaktervolle portrette. Ander kere spring ek op 'n fiets of gaan swem in die gimnasium. Ek probeer egter sover moontlik my vrou en kinders te betrek en tyd saam te geniet soos in die swembad of op die tennisbaan. Op 'n geestelike (en baie ernstige) noot lei ek omgeegroepe en/of bemoei ek my met sending en evangeliese aktiwiteite.
Jy was onlangs saam met 'n groep oorsee. Wat het dit behels?
Ek was die leier van 'n groep wat op 'n gebedsreis was na 'n land in Noord-Afrika. Ons hoofdoel was om vir die betrokke land en sy inwoners te gaan bid (hetsy by 'n gebedsentrum in die woestyn of strategies elders in die land), asook om die plaaslike kerk te ondersteun en te bemoedig. Dit was wonderlik geseënd en lê my baie na aan die hart.
Wat is jou inspirasie en jou passie in die lewe?
My dinamiese, intieme, persoonlike en lewende verhouding met die Koning van die konings. My ganse bestaan is hierin gesetel en spruit hieruit voort. My passie is om 'n Koninkryksbouer te wees en saam met die Liggaam van Christus deel te hê aan die uitvoering van die Groot Opdrag – veral in Suid Afrika, Noord-Afrika en die Midde Ooste, hetsy deur sportbediening, gebedsbediening of blote evangelisasie.
Watter raad het jy vir Christen-jongmense vandag?
Indien jy cool wil wees, sal jy anders moet wees as die deursnee-jongmens van vandag. In plaas daarvan om saam met die hoofstroom meegesleur te word, sal jy moet opstaan en uitstaan vir dit waarin jy glo. Jy sal radikaal eg moet wees in woord en daad sonder om te compromise. Jy moet wys hoe great dit is om 'n kind van God te wees – jongmense soek dit en is bereid om dit uit te toets, en die Here beloon dit – natuurlik geskoei op die onverdunde waarheid van sy Woord. Wees passievol daaroor, maar kommunikeer dit met groot deernis en nederigheid aan onwillige luisteraars, en bou verhoudings juis met hulle.
'n Verpleegster het in die Intensiewe Eenheid van die eertydse HF Verwoerd-hospitaal Psalm 16 vir my voorgelees. Veral vers 6 wat lui: "'n Pragtige deel is vir my afgemeet, ja, wat ek ontvang het, is vir my mooi." Dit het profeties waar geword in my lewe. Romeine 8:38-39 – God se belofte dat NIKS ons van sy liefde kan skei nie – het egter 'n baie spesiale plek in my hart.
Is daar enige rolmodelle wat 'n impak op jou lewe gehad het?
Op aarde sou ek sê dat my Pa onder andere 'n rolmodel was. Alhoewel baie meer teruggetrokke en saggeaard as ek, was hy vir my die voorbeeld van 'n man wat eerstens die Here, daarna sy vrou en kinders onvoorwaardelik liefhet. Christen-sportlui in die sportwêreld van die fisies gestremdes soos Krige Schabort (mede-atleet met 'n dubbele hoë-beenamputasie) het 'n groot impak op my eie deelname en sukses gehad. In die Skrif bly Paulus se geesdrif en radikale uitsprake (soos in Filippense 3:7-10) my altyd by en streef ek ook daarna om so oor die lewe te voel.
Aangesien jy 'n getroude man is, wat sou jy sê is die belangrikste elemente in 'n verhouding tussen man en vrou?
Om saam te bou op die enigste ware fondament, naamlik Jesus Christus en om sy beginsels rondom alle fasette van die verhouding uit te leef, veral die spesifieke rolle vir man en vrou. My raad is om op gereelde basis saam God te aanbid, te bid vir mekaar, openlik te kommunikeer, te bely en te vergewe, saam te werk aan die verhouding, te beplan, te droom, maar ook saam te ontspan, te geniet, te lag en sommer net goed te wees vir mekaar as geesgenote op die lewenspad. Ek en Hannelie kan na 17 jaar se getroude lewe net getuig van God se handvol vars genade en ryke seëninge vir elke dag.
Wat sou jy sê is 'n hoogtepunt in jou lewe?
No. 11
Die dag toe ek besef het, in die begin van 1985, dat ek nie alleen deur my geloof in Christus sedert 1982 gered is nie, maar dat ek weens 'n wonderwerk van God 'n tweede kans in die lewe gekry het en eintlik dood moes gewees het. Die feit dat ek 'n elektriese fratsongeluk van 11 000 volt oorleef het op 26 Desember 1984, het my laat besef dat God 'n baie spesifieke doel en plan met my lewe het. Die amputasie van my linkerarm het nuwe wêrelde vir my laat oopgaan waarop ek andersins sou uitgemis het.
33
Dirk Kruger (Kruispad-redaksie)
Boekresensies: Anneretha Combrinck | Filmresensie: Adri Breed
The Five Love Languages Gary Chapman Moody Publishers ISBN-13: 9781881273158
Wild at heart John Eldredge
Pilgrim's Progress – Journey to Heaven DRC Films Ouerbegeleiding: G
No. 11
34
DIT is nie altyd maklik om te weet wat die mense rondom jou – veral dié wat naaste aan jou is – se emosionele behoeftes is nie. Soms voel dit of 'n mens glad nie dieselfde taal praat nie. Ons verstaan nie eens altyd ons eie behoeftes nie. Ons almal begeer om liefde te ervaar, maar elkeen van ons ervaar liefde op verskillende maniere. Vir sommige word liefde die duidelikste gekommunikeer wanneer jou man/vrou, ou/meisie, pa/ ma kwaliteittyd saam met jou spandeer. Vir ander is dit wanneer hulle bemoedigende en positiewe woorde oor hulleself hoor, of deur geskenke, dade of aanraking. Wanneer 'n mens sukkel om liefde te ervaar, is dit meestal omdat die boodskap nie in die regte
"taal" aan jou gekommunikeer word nie. Hierdie miskommunikasie kan daartoe lei dat jou "liefdestenk" permanent leeg is, wat dit dan baie moeilik maak vir jou om weer liefde uit te deel. In die bekende boek The five love languages deur Gary Chapman word die leser stap vir stap gelei om sy/haar maat se liefdestaal te verstaan. Hierdie boek sal jou help om ander lief te hê op die manier wat hulle die beste verstaan en in die proses kan dit jou naby verhoudings geweldig laat groei.
PILGRIM'S Progress is die verhaal van 'n man met die naam Christian, wat 'n boek begin lees en dan 'n baie swaar las op sy skouers begin dra. Hoe meer hy die boek lees, hoe groter word die las. Op 'n dag ontmoet hy vir Evangelist en al raad wat hy vir Christian kan gee, is om na die Celestial Gates te gaan want dan sal sy las ligter word. Ons volg vir Christian op sy reis na die Celestial Gates, waarop hy allerhande mense en kreature ontmoet. Partykeer dwaal hy ook van die smal pad af, maar hy kry weer die regte pad met die hulp en motivering van ander. Pilgrim's Progress is gebaseer op die boek met dieselfde naam, wat in 1675 deur John Bunyan geskryf is. Vir dié van julle vir wie John Bunyan nie bekend klink nie, hy was 'n Christen wat die grootste deel van sy lewe in die tronk spandeer het omdat hy geweier het om op te hou preek in 'n tyd van verdrukking. Hy het Pilgrim's Progress tydens sy laaste gevangenisskap geskryf. Alhoewel die fliek net hoogtepunte van die boek uitlig, bly dit by die basiese storielyn. Pilgrim's Progress is nie 'n Hollywood fliek nie, so moenie Lord of the Rings-gevegte, groot kastele en mean monsters verwag nie. Vir 'n DVD-fliek is ek nogal beïndruk. Daar is swaardgevegte, special effects en monsters wat oortuigend is. Die karakters is ook oortuigend en die storie boei 'n mens van die
begin tot die einde. Ons waarsku ons kykers teen geweld wat in die fliek voorkom. 'n Tema wat ligtelik aangeraak word in Pilgrim's Progress is die wegraping. Indien jy nie weet wat dit is nie, gaan gesels met jou predikant. Hy sal dit aan jou verduidelik en ook uitwys hoekom ons dit nie bely nie. Pilgrim's Progress is vol geestelike inhoud. Daar word baie beklemtoon dat Jesus die enigste Verlosser en die enigste pad na God toe is (Johannes 14:6). Baie van die karakters haal ook die Bybel aan wanneer hulle met mekaar gesels. Bunyan het die verhaal geskryf om 'n Christen se alledaagse pad na verlossing aan te dui: die versoekinge op jou pad, mense wat jou mislei, geleenthede wat beter lyk as jou roeping en wêreldse dinge waarin ons so maklik vasgevang word. So kan elke Christen ook in sekere dele van die verhaal met Christian identifiseer en verstaan waardeur die karakter gaan. Ek sal Pilgrim's Progress vir enige Christen en nie-Christen aanbeveel. Dit wys die pad van verlossing aan en herinner ons ook dat ons sterk moet staan in ons lewenswandel op die smal pad. Daar is tye wat ons afdwaal van die regte pad, omdat die ander paaie aanlokliker en makliker lyk, maar God lei altyd sy uitverkore kinders weer terug na die regte pad. 8/10
REVELATION is Third Day se dertiende album, met Mac Powell as vocalist en band leader. Third Day is 'n band wat alreeds welbekend is aan ons elkeen met hulle betekenisvolle lirieke en catchy tunes. Die band gee in hulle nuutste album, soos in al die ander, al die eer aan God, deur te sê: "Thank God for mercy, thank God for His grace, thank God for everything you've got." Die album is vernoem na een van hulle liedjies, Revelation, waarin 'n mens hul gerigtheid op en afhanklikheid van God kan sien wanneer hulle sing:
Third Day Revelation Essential, 2008
Ander boeke deur Gary Chapman sluit in: The Five Love Languages for Singles The Five Love Languages of Children The Five Languages of Apology
"Give me a revelation, show me what to do, 'cause I've been trying to find my way, I haven't got a clue. Tell me should I stay here, or do I need to move, give me a revelation,
Emery I'm Only A Man 7
Tooth & Nail Records, 200
I'M Only A Man is Emery se derde album en volg op The Question. Emery word beskryf as 'n post-hardcore band en is een van die min groepe wat regtig vandag uitstaan met hulle styl en musiek. Liedjies wissel van rustige tot meer intense songs waar die lirieke vanuit die hart geskreeu word. I'm Only A Man bevat op die oog af nie 'n geestelike boodskap nie, maar omtrent al die liedjies handel oor alledaagse issues wat ons elkeen ervaar. Ons is almal net mense, en dit maak nie saak hoe hard ons probeer om perfek te wees nie, ons bly sondaars. Dit is nie 'n verskoning om in sonde te lewe nie, maar dit wys dat ons 'n Verlosser broodnodig het. The Party Song is 'n dialoog met 'n vriend wat dwelms en alkohol misbruik om te ontsnap van sy issues. Hy besef nie dat hy 'n probleem het nie en wil nie luister na raad nie. "This is my last advice, leave with me 'cause you could die tonight / I've got this, so go ahead home." After The Devil Beats His Wife gaan oor mense wat die waarheid wil hê, maar nooit die seer daarmee saam soek nie. Dit begin op 'n lekker vinnige tempo en bereik 'n hoogtepunt aan die einde, wan-
I've got nothing without You, I've got nothing without You …" Só 'n liedjie het vreeslik baie waarde, want wanneer ons daaroor nadink, besef ons opnuut dat ons verskriklik afhanklik van God is. Die tweede song op die album, Slow Down, sluit ook hierby aan. Om liefde uit te straal, is 'n saak wat na aan die harte van die Third Day-lede lê en hulle poog om hulle liefde in songs, soos byvoorbeeld Let Me Love You en Give Love, te wys. Die album bevat dertien songs wat almal baie betekenisvol is. As Christene kan ons elkeen definitief iets by Third Day leer. Om as Christene lewendig, dinamies, getrou en liefdevol te wees. Die lirieke is vindingryk en die melodieë lekker om na te luister. Die album is 'n moet koop! 8/10
neer die woorde "River wash me clean" oor en oor geskreeu word. Can't Stop The Killer handel oor 'n gesinsmoord en begin waar die pa te besig is om te werk. "Your family’s a joke and your job is your life …" Die song begin rustig en bou op tot die daad. Don't Bore us, Get To The Chorus is 'n stunning song. Dit begin rustig, gaan oor na heavy guitar en dan na elektroniese klanke. Hierdie patroon herhaal deur die liedjie. Dit is amper soos 'n emosionele reis wat jy ondergaan en dit dra uitstekend by tot die lirieke. Die laaste snit From Crib To Coffin is meer as tien minute lank en 'n goeie afsluiting vir die album. Dit is soos jou eie emosionele rollercoaster ride waarop jy gaan, daar is tye van blydskap, van woede en weer rustige tye. I'm Only A Man is definitief 'n album wat jy 'n kans moet gun. Alhoewel almal nie van die geskreeu gaan hou nie, is No. 11 dit in elk geval so min, dat jy dit later sal waardeer vir die waarde wat dit vir die songs gee. Hierdie is 'n album vol emosie, vasgevang in metaforiese 35 lirieke, catchy tunes en wisselende stemme. 8/10
Adri Breed (Kruispad-redaksie)
[1]
Lincoln Brewster Let the praises ring: er The best of Lincoln Brewst Integrity Media, 2006
Red tion End of Silence Deluxe Edi Essential Records, 2006
No. 11
36
AS daar nou een persoon is wat 'n groot liefde vir sy Skepper en vir sy elektriese kitaar het, is dit Lincoln Brewster, en met sy vyfde album, Let the praises ring, wys hy dit weer. Die 17 snitte bied oorgenoeg luistergenot. Onder hierdie belaaide lys van briljante snitte is daar 'n paar bekendes soos Lord, I lift Your name on high, Everyday en 'n nuwe instrumentele verwerking van Here I am to Worship. Nadat hy besluit het om 'n groot sekulêre opnamekontrak van die hand te
DIE probleem met die meeste Christelike kunstenaars van vandag is dat hulle musiek nie baie oorspronklik is nie. Baie van die bands klink óf dieselfde óf hulle na-aap een van die sekulêre groepe. Dit is egter nie geval met Red nie. Alhoewel hulle om dieselfde kampvuur sit as Linkin Park en Evanescence, is Red tog uniek. Met End of Silence, hulle eerste album, kombineer hulle klassieke instrumente soos die viool en tjello met distorted pulsende rock-klanke. Daar is aggressiewe liedjies met Michael Barnes wat die woorde uitskreeu en dan rustige liedjies met viool en klavier wat soos 'n ligte bries deur die lug waai. Die Deluxe Edition sluit ook 'n DVD met 'n Live show en video clips in. Die album spring weg met Breathe Into Me. Dit word ingelei deur 'n viool en 'n klavier, en tel dan die tempo op met 'n kitaar en dromme. Breathe Into Me handel oor hoe 'n mens se lewe is sonder God. "I'm falling, Falling, Breathe Into Me." Ons is nuwe mense in Christus en ons moet elke dag smag om met die Gees gevul te word, vernuwe te word. Let Go handel oor teenspoed en versoeking wat ons in die lewe ervaar. "You keep breaking me, You can't have me anymore." Al word ons moedeloos, moet ons vashou aan die
wys, is God die enigste fokus in sy musiek en loof hy Hom met sy unieke stem en die vermoë om enigiets uit sy elektriese kitaar te kry. Na sy bekering op die ouderdom van 19 jaar het hy en sy kitaar al 'n lang pad gestap, vanaf Homer, sy geboortedorp in Alaska, tot in die Bayside-gemeente in California waar hy tans die lofprysing-en-aanbidding-leraar is. Hierdie album is baie hoog op my "moet hê"-lys en ek kan dit met vrymoedigheid vir enigiemand aanbeveel. 9/10
hoop en die redding wat daar in Christus is. Already Over is een van die rustige songs op End of Silence. Jy moet weghardloop van die versoekings in jou lewe, en as jy daarin val, moet jy opstaan en weer aangaan. Pieces is 'n stunning song en komplementeer die aggressiewe songs met rustige klavier- en vioolklanke. "Thought I could do this on my own, I've lost so much along the way, Then I see your face." Wanneer ons die lewe alleen, sonder God, aanpak, kry ons altyd seer en val ons hard, maar in hierdie gebrokenheid maak Christus ons weer heel. Daar is ook 'n bonussnit op die album, 'n akoestiese weergawe van Lost. Die hoogtepunt is 'n DVD wat by die album ingesluit is. Daarop is sewe songs van hulle optrede in Nashville en 'n mens kry 'n idee hoe lewendig hulle shows is. Daar is ook die music video van End Of Silence, 'n dokumentêr en Video Blogs van die band op toer. End of Silence Deluxe Edition is 'n album wat die moeite werd is om te koop. Die musiek is van hoë gehalte en die lirieke skreeu om gehoor te word. Die DVD is 'n bonus en Red se live show sal jou laat op en af spring voor jou televisie. 8/10
[2]
ATENE: Pragtige stad van die afgode EK
verstaan nou hoekom het Paulus amper 'n aar in sy kop gebars toe hy in Atene kom en sien hoe baie afgodsbeelde daar in die stad is. Want daar is baie!!! En dit wat oor is vir ons om te sien, is nie eers wat daar moes gewees het teen die tyd wat Paulus daar rond geloop het nie (Hand. 17:16). Ek het 'n foto geneem van die Areopagus [1] af ('n groot gladde klipkoppie waarop die wyse en ryk manne van die stad gesit en filosofeer het), om te wys wat Paulus moontlik kon gesien het toe hy daar was [2]. En die uitsig is ongelooflik!!! Mens kan nie anders wees as om beïndruk te wees met die Antieke Grieke en die pragtige tempels wat hulle gebou het vir hul afgode soos Zeus, Hera, Athene, Afrodite en ander nie. Dit is ongelooflik om te dink wat die mense van daardie tyd reg kon kry, en dat dit behoue gebly het vir die nageslag om te sien. Hulle moes inderdaad 'n besonderse volk gewees het. En terwyl ek nou daar bo-op die Areopagus sit en self ook bietjie filosofeer, wonder ek hoekom het
God toegelaat dat daar so baie behoue bly van tempels en kunswerke wat ander gode as Hyself vereer. En toe tref dit my! Juis die feit dat daar soveel ruïnes van hierdie afgodery is, maak dat God weer eens geëer behoort te word. Wat is daar oor van die magtige, wyse en onoorwinbare Griekse ryk en godsdiens? NIKS! Net dooie klippe! Selfs hierdie marmer klippe wat geslyp en gekerf is in tempels roep die Lewende God se eer uit! (Luk 19:40). God los vir ons die ruïnes van die wyse en magtige Antieke Grieke (en ook onder andere dié van die magtige Egiptenare se piramiedes, die Chola-tempels van Indië, en die Inka-rüines in Machu Picchu) as herinnering: Maak nie saak hoe groot, sterk, ryk of slim 'n nasie is nie, as hul nie die Ware God dien nie, sal daar 'n einde kom aan hul mag. Wysheid begin met die dien van die Here!
No. 11
37
Waarna dors jy? WAARNA
dors jy in die lewe? God se glorie of jou eie? Ons almal soek na die iets wat ons lewe volmaak, om die leë gevoel wat jy soms kry, te vul. In wie of by wie vind jy jou identiteit? Op die onlangse verrykende Seetoer is daar na antwoorde op hierdie vraag gesoek en wel gevind. Nuwe vriendskappe is sommer gou op die byna eindelose lang busrit af na Glenmore toe gevorm, want na so 13 ure se sit, of op die skouer slaap, langs iemand wat jy van geen kant af ken nie, kan jy nie anders as om 'n bietjie met die persoon te sit en gesels nie nie. Met die aankoms is die ys gebreek met 'n paar lekker games en daarna het almal afgesit strand toe om te swem in die koue weer! Die Bybelstudies is in kleiner groepe gehou en het die dag se tema ingelei en in die aande afgesluit met Café. Die temas was egter nie net beperk tot die Bybelstudie nie. Ons kon duidelik sien hoe ons en ander dors, soek en
vind met ons besoek aan die Gateway-mall, toe ons in ons kleiner groepe Bybelstudies by verskillende koffieplekke gehou het. Dit was amazing om fisies te kan sien en tot die besef te kom dat ons as samelewing so dors na God. Ons wil onsself gedurig versadig met aardse besittings of selfs die verhouding waarin ons staan, maar eintlik kan net Een persoon ons werklik versadig en dit boonop in oorvloed! Die Café in die aande was 'n lekker koppe-bymekaarsit-sessie en eerlike vrae oor verhoudings wat ons almal raak, is bespreek. En nee, ons sal definitief nie meer ons gwêk (al die gemors van jou vorige verhoudings) met iemand anders deel nie! Saans is daar tot laat aand gekuier en koffie gedrink. Diegene met langer asems het nog gesing of handjietennis gespeel, en dit na 'n middag se lekker rugby speel en swem op die strand. Die hoogtepunt was egter die lekker eerlike gesels oor verhoudings wat die girls en ouens met die jeugmentors gehad het. Die kamp was verskriklik lekker en baie professioneel aangebied. Die kampboekies se ontwerp was stunning en daar was definitief nog nie so iets op 'n ander kamp nie. Dit is baie gemaklik om jou boekie en alles anders in 'n DVD kassie te hê en dan na die tyd boonop die CD met foto's van die kamp daarin te kan sit. Ek hoop en glo dat almal wat op die kamp was se dors in oorvloed versadig is na 'n week se soek en vind. Ook dat dit nie net daar sal bly nie, maar dat ons voortdurend God sal soek en in oorvloed in Hom versadig kan wees, want Hy is al een wat dié dors in ons lewe kan les. Soli Deo gloria!
Lesersbrief:
Kompeteer met die wêreld se vermaaklikhede of Bybelstudie as kern? IN die ou dae het "JV" byeenkomste by die kerk skares jongmense gelok en daar is lekker jolig saam verkeer met ontspanningsaktiwiteite wat aangebied is. Vandag, en veral in die stad, maar ook elders, sukkel jeugkommissies, jeugwerkers en dies meer om enige jongmense na sosiale aktiwiteite wat deur die kerk aangebied word te lok. Na my mening is daar genoeg vermaaklikhede waaruit jongmense deesdae kan kies en kan hulle sonder veel moeite saam met vriendekringe aan sosiale aktiwiteite deelneem. Daar moet toegegee word dat hierdie aktiwiteite nie almal noodwendig so eerbaar is as wat 'n mens graag wil hê nie. Dit het die situasie sodanig verander dat die behoefte nie meer daar is dat die kerk ook as 'n "kompeteerder" in die sosiale aktiwiteit-kalender van jongmense optree nie. Die kerk het eerder die geleentheid om te fokus op die dinge wat nie in die wêreld gevind kan word nie, die geloof in en dien van die Here. Dus behoort byeenkomste vir jongmense eerder die vorm van spesifiek Bybelstudie en bidgeleenthede aan te neem. Die argument hierteen is gewoonlik dat daar slegs enkele jongmense na so 'n Bybelstudie en bidgeleentheid sal kom aangesien dit nie die sogenaamde aantrekkingskrag van geleenthede wat bv. met sosiale aktiwiteite ingekleur word, het nie. Hier kom ons nou by die kern van hierdie brief en ek wil graag hiermee die stelling dat die byeenkomste spesifiek Bybelstudie en bidgeleenthede moet wees, motiveer en die erns van die situasie waarin ons kerk rakende jongmense verkeer (en selfs verder as die jongmense – dink maar aan die gesukkel om lidmate by die kerk te kry), aanspreek. Eerstens: Die sogenaamde aantrekkingskrag van sosiale byeenkomste geld duidelik nie, aangesien, soos gestel, gesukkel word om jongmense na so 'n geleentheid te lok. Tweedens: Ons as kerk is veels te veel besig om ons getalle te probeer beskerm deur mense wat nie erns maak met die dien van die Heer nie en dus nie die vrugte wat by die bekering pas dra nie, te probeer paai sodat ons hulle nie ook verloor nie. So ook met die jongmense. Daar moet ernstig opgelet word dat so 'n ingesteldheid niemand 'n guns doen nie. As iemand nie die Here met erns dien nie en dus lou is (Openbaring 3:16), is dit ons taak om so iemand in liefde tog ernstig te vermaan (2 Tessalonisense 3:15, Hebreërs 3:13) en nie te probeer paai nie. Indien iemand (in hierdie geval jongmense) nie lus het vir of bereid is om 'n Bybelstudiegeleentheid wat vir hulle by die kerk aangebied word by te woon nie (Psalm 1:2 – behae/vreugde
No. 11
38
Dirkie Steyn (Kruispad-redaksie)
in die wet/woord van die HERE en dit dag en nag oordink), moet diesulkes deur hulle self, of deur ons, afgevra word of hulle die vrugte dra wat by die bekering pas of nie (Lukas 6:43-47 en Psalm 1 – is jy/hul boom by water of kaf? ). Dit is ook so dat daar vandag aan almal baie eise gestel word en dat daar mense sal wees met geldige verskonings en ook dat almal nie elke keer daar kan wees nie. Dit is nie van hierdie gevalle waaroor ek skryf nie, maar die flou (lou) verskonings van 'n groot groep van die mense. Indien die "JV" Bybelstudie en bidgeleenthede skep in geloof, sal die Here dit seën, ook deur meer getalle toe te voeg. Veral in vandag se tyd kan gesien word hoe mense na die Waarheid soek (dink byvoorbeeld aan die groot getalle mense wat die Christelike byeenkomste by stadions bywoon). Indien ons Bybelstudie (m.a.w. die Waarheid) aanbied asook vir mekaar bid (Jakobus 5:16, lees ook gerus tot vers 20), sal dit mense lok aangesien hulle sien dat ons nie besig is om agter die wêreld aan te paai nie, maar dat ons met die dinge van die Here besig is, sonder kompromie! Uit hierdie groeiende groep sal sosiale byeenkomste wat sommer self, onderling gereël word as een van die vele vrugte voortspruit – dit kan ek u met 'n oortuigde hart verseker (ek het dit ook reeds self waargeneem by so 'n groep). Ek wil graag afsluit met die volgende vraag: Aangesien baie (maar met dank aan die Here, nie almal nie) van die naskoolse jongmense in ons kerke onder die lou groep val, wonder ek net hoe ons jongmense met die regte "kennis" van die kategismus, belydenis van geloof laat aflê, sonder om werklik hul geloof te ondersoek (wat aan die vrugte gesien kan word, soos vroeër gestel)? Vermaan ons in opregte liefde of is ons maar te bang om aanstoot te gee? M.a.w. het ons geloof dat die Here sal sorg, of wil ons self ons getalle probeer beskerm? Hierdie brief is nie geskryf om te veroordeel nie, maar om in liefde te vermaan. Geskryf deur 'n 27-jarige jongmens. N.S. Om Bybel te lees en Bybelstudie te doen gaan nie oor verdienste nie, maar die vraag is eerder: Hoe lief het ons die Here en hoe dankbaar is ons vir ons verlossing in ons Koning Jesus Christus, as ons nie eers wil Bybelstudie doen nie?
No. 11
39
• ’n Bybel vir jongmense in die taal wat hulle verstaan. • Die volledige teks van Die Boodskap met verrykende notas oor geloof, gehoorsaamheid en Bybelse rolmodelle. • Geskryf deur Jan van der Watt, Stephan Joubert en Johan Smith – kenners van die Woord, maar ook van die hartklop van jongmense. Beskikbaar by CUM-Boeke en alle ander toonaangewende boekwinkels. Skakel 0860 110 321 of stuur ’n e-pos na cum@cum.co.za webwerf: www.cumboeke.co.za