Kruispad #12

Page 1

No. 12

1


HO E KO M is ons hi er?

IN H O U D S O PGAW E

Kruispad is … 'n eietydse tydskrif met Reformatoriese inhoud, gefokus op aktuele sake, gerig op jong, groeiende gelowiges om toerusting te gee vir die maak van ingeligte keuses wat lei tot geloofsgroei.

H O E wil on s di t doen? Deur 'n interaktiewe medium daar te stel wat relevante temas bespreek en jong gelowiges motiveer om die pad van die kruis van Christus te stap en volwasse in die geloof te word, sodat God die eer sal kry en die Kerk opgebou sal word.

Verklaring Menings uitgespreek in die artikels verteenwoordig nie noodwendig dié van die redaksie nie. Die redaksie behou hom die reg voor van plasing, redigering, verkorting, parafrasering en uitbreiding van die bydraes.

Red@Kruispad

4

Werwingskompetisie

5

Van klein voor God tot groot vir God

6

GKSA 150 – Waar kom ek vandaan?

8

Ontwerp: Sunflood Studios Tel: 021 880 0316 E-pos: info@sunfloodstudios.co.za Web: www.sunfloodstudios.co.za

Liturgie – Hoekom lyk ons erediens so?

10

Geopende deure: Wie is ons regte vader?

12

Drukkers: Zero Plus Tel: 012 333 6712 E-pos: info@zplus.co.za

Eritrea

13

Sendinghulp: Vier perde

14

150 Fees

15

Wat is jou grootste vrees?

16

Die 'Ek is hier'-faktor

17

T Y D S K RIF INLIGTING Posadres: Posbus 20700, Noordbrug, 2522 Tel: 018 293 2338 E-pos: navrae@kruispad.net Faks: 086 656 6745 Web: www.kruispad.net

Rekeningbesonderhede vir donasies: Naam van rekening: GKSA Admin Buro t/a Kruispad Bank: ABSA Tak: 632005 Rekeningnommer: 670140040 Verwysing: 0562/KRUISPAD

Uitgegee deur die GKSA

D I E R E D A K SI E SPAN Redakteur & Subredakteur

Maureen van Helden red@kruispad.net

Koffie saam met prof. Louis Botha & ds. Gerrit Kruger 18 Poster: Psalm 150

20

Red i g ee r de r s

Tradisies: Ja of Nee?

22

Ernalize Groenewald Johanita Kirsten Annelize Esterhuizen

Psalm 150: Kom speel in God se simfonie!

23

Haal net asem …

24

Vervolgverhaal: Bostik

26

BlouAnna: Kind

28

Wat dink jy van?

29

Kunstenaarsprofiel: Passievol

30

Resensies

32

Kompetisie: Toets jou breinkrag!

35

Santie Lourens aktueel@kruispad.net

Briewe

36

Advies & Hulp

Sê-jou-sê

37

GIGS

38

Fotoblad

39

Tim Theron red_bedryf@kruispad.net

Assistentredakteur Rineé Viljoen kantoor@kruispad.net

Interaksie & GIGS

Jurgens Steyn interaksie@kruispad.net

Resensies & Webblad Dirk Kruger media@kruispad.net web@kruispad.net

Grafies

Sunflood Studios - Dian Wessels - Mike Cruywagen - Carien Roberts grafies@kruispad.net

2

Juanita Swanepoel sending@kruispad.net leefstyl@kruispad.net

M E D E W E R K E RSPAN Dirkie Steyn Rynhardt Pretorius Adriaan van Wyk

Bedryfsredakteur

No. 12

Sending & Leefstyl

Kreatief

Chantelle Tredoux kreatief@kruispad.net

Bemarking

Anri Kotzee bemarking@kruispad.net

150-fees

Danie Strydom jubeljaar@kruispad.net

Adviseur: Jeugdeputate Ds. Louis Buys buys.louis@gmail.com

Hulp benodig: Kruispad het tans 'n paar vakatures op ons redaksie. Stuur gerus 'n e-pos na red@kruispad.net as jy belangstel om deel te word van die Kruispad-span.

No. 12

Aktueel

Johannes Schickerling advies@kruispad.net help@kruispad.net

* * * s p e s i a l e 1 5 0 j a a r f ee s u i t g a w e * * *

3


T E K EN IN O P K RU I SP A D

Red@Kruispad

HALLO almal! Sjoe, hier is ons reeds in die derde maand van 2009! Die eerste vreemdheid van die nuwe jaar is agter die rug en die meeste van ons sien al uit na 'n kort vakansietjie ď Š Op 11 Februarie het die GKSA 150 jaar oud geword! Tydens Paasnaweek word daar 'n groot verjaarsdagpartytjie in Potchefstroom beplan om hierdie geleentheid te vier, en Kruispad het besluit om een hele uitgawe aan hierdie mylpaal in ons geskiedenis te wy. Dit is dus met groot dankbaarheid teenoor ons hemelse Vader wat ons #12 vir jou gee. Ons hoop dat jy die artikels sal geniet en in die proses sommer so bietjie sal leer oor die GKSA, waar ons vandaan kom en hoekom ons dinge op 'n sekere manier doen. Lekker lees en sien jou hopelik by die fees! Groete Maureen

Stuur jou intekenvorm en bewys van betaling na een van die volgende adresse: E-pos: inteken@kruispad.net Faks: 086 656 6745 Slakpos: Posbus 20700, Noordbrug, 2522 Bankbesonderhede: Naam: GKSA-Admin buro t/a Kruispad Bank: ABSA Takkode: 632005 Rekeningnommer: 670 140 040 Gebruik as verwysing: 0562/004/ (Naam en van OF Naam van gemeente) Nadat jou bewys van betaling ontvang is, sal jy die daarop volgende uitgawes ontvang.

No. 12

4

Terme en voorwaardes geld. Kyk op www.kruispad.net vir meer besonderhede.

Posgeld is nie reeds betaal nie. Plaas asseblief die inskrywingsvorm in 'n gefrankeerde koevert en stuur dit na die Kruispad-adres.

No. No. 12 12

55


Louis Buys (Gereformeerde Kerk Rustenburg-Wes)

KAN

No. 12

6

jy onthou tot jy nog klein was, toe jy die grootste getalle in die wêreld beskryf het met twaalf en tagtig, drie en duisend, en honderd en vyftig. Toe jy groter word, het jy egter besef die getal 150 is toe nie so groot nie, veral nie as ons Rand vooraan sit nie. Wat gebeur as ons jaar agteraan voeg? Dan is dit vir enige mens, groot of klein, 'n groot getal. Meer as 'n leeftyd. Dan besef ons ons bly maar altyd klein voor God. Wat dink God van 150 jaar? Omdat Hy onbeskryflik groot is, en nie in terme van óns jare dink nie, maar in terme van die ewigheid, is 150 jaar vir Hom 'n piepklein getalletjie. Die tema van ons feesjaar, naamlik Klein voor God, het dit in die oog dat ons altyd klein en nederig voor God staan. Ons word herinner aan die volk Israel wat telkens gestraf is gedurende hulle deurtog deur die woestyn toe hulle as't ware te groot vir hul sandale geraak het. Toe hulle krag in hulself probeer vind het en vertroue in God verloor het. Toe hulle groot van hulself en klein van God begin dink het. Waarom was dit nodig dat hulle eers gestraf moes word voordat hulle weer nederig geword het? Waarom moes Jesus in die Nuwe Testament soveel keer herhaal dat ons onsself moet verloën en ons kruis moet opneem voordat ons Hom kan volg? Want ons sukkel maar met hierdie nederigheid, om klein voor God te bly. Die duiwel gebruik soveel wapens om ons in ons sondige swakheid van eie eer en eiewilligheid met die paradysversoeking te laat struikel. Galasiërs 5:17 stel dit duidelik: "Wat ons sondige natuur begeer, is in stryd met wat die Gees wil, en wat die Gees wil, is in stryd met wat die sondige natuur begeer." Sy Gees in ons beteken Hy is in ons en so ook die vrug van sy Gees. (Lees gerus vers 22). As God in ons is, moet ons klein en leeg wees. Daar is nie plek vir God in ons as ons vol van onsself is nie. As 'n glas vuil water in het, moet ons dit eers uitgooi – leegmaak – voordat ons skoon water kan ingooi. Wanneer ons terugkyk op die 150 jaar wat God ons as Gereformeerde Kerk gelei en beskerm het, raak ons kleiner omdat ons besef hoe groot Hy en sy genade is. Tot hiertoe het ons saam met Hom gekom.

Maar weet u, liewe jong kerk, ons kan nie hier bly stilstaan nie. Ons kerk is 'n lewende organisme en nie 'n organisasie nie. God is lewend. Hy groei in ons en ons groei na Hom toe. Groei beteken verandering. Ons kan nie net terugkyk op 150 jaar en die verlede vier nie. Ons moet van hier af eers opkyk deur ons gebede, inkyk in ons klein self en ons roeping verstaan, en dan vorentoe kyk om God se doel vir ons as kerk uit te voer. Met klein word en klein bly voor God as enigste gesindheid, moet ons nader aan Hom groei. Hoeveel van ons wat onsself Christene noem is werklik dissipels, volgelinge van Jesus? Om 'n volgeling te wees beteken dat jy minder word en Hy meer in jou. Dit beteken 'n Geesvervulde verhouding met Hom, wat jou uiteindelik laat oorloop van dankbaarheid. Oorloop? Weet ons wat dit beteken? Wie van julle het al oorgeloop van blydskap? Soveel vreugde beleef dat jy dit nie binne kan hou nie? Waaroor ook al. Oor jou goeie uitslae of sportprestasies? Blydskap dat julle as gesin of vriende op vakansie kon wees. Dat jy ouers het wat vir jou lief is. En dan … dat jy 'n hemelse Vader het wat jou baie hoog ag en vir wie jy kosbaar is. "Omdat jy vir my kosbaar is, omdat ek jou hoog ag en jou liefhet, gee ek mense in jou plek, volke in ruil vir jou lewe," (Jesaja 43:4). Hoe kan die groot, almagtige God vir my, kleine mens, lief wees? Ons kan dit nie begryp nie, ons moet dit net glo. Kan ons hiervan oorloop? Ons moet bly glo dat ons kan. Ons moet die hoop bly koester dat ons altyd deur Hom verander kan word. Hy wil ons gebruik, Hy slyp ons ook deur hierdie feesgeleentheid om meer soos Hy te word. 'n Bekende skrywer, Max Lucado, maak die volgende stelling: "God het jou lief nes jy is, maar Hy weier om jou so te laat bly. Hy wil hê jy moet net soos Jesus word." Luister na Efesiërs 4:13b: "Dan sal ons, sy kerk, soos 'n volgroeide mens wees, so volmaak en volwasse soos Christus." Wat gebeur na die fees? Waarmee gaan ons aan? Met wie gaan ons vorentoe? Ons gaan as jong kerke die toekoms in! Ja, juis na die horison as Gereformeerde Kerk. Natuurlik met die krag van sy Gees in ons. Wat maak ons daarmee? Ons moet sy doel vir ons lewe soek

en fyn onderskei waarvoor en vir wie Hy my as sy kind, sy instrument, wil aanwend. Wat is sy wil met my lewe? Wat die meer spesifieke doel sal wees, sal in ooreenstemming wees met die gawes wat Hy aan jou gegee het. Daarvoor sal jy sy roepstem hoor as jy naby genoeg aan Hom leef. Maar wat die groot doel is wat Hy met almal van ons wil bereik, is dat ons iemand anders op een of ander manier moet bereik. My blydskap en dankbaarheid moet sekerlik op iemand anders afvryf. Iemand wat in my lewe op my pad kom, moet Jesus in my kan raaksien, deur my woorde, houding en dade. Ek moet teenoor iemand die Lig wat in my is uitskyn. Dan, as ons meer mense bereik, en God voeg hulle by sy groot gemeente, soos wat ons lees in Handelinge 2:47b, gaan ons dalk die ander kant van ons leuse van Groot vir God, kan beleef en vier. Dan sal ons volgende fees kan gaan oor ons groter groei in geloof en groter word in getalle, terwyl ons steeds in nederigheid klein voor God is. Hierin moet ons onsself beywer. Kom ons begin tydens hierdie fees reeds vorentoe kyk, soos die Here van ons verwag. Sodat ons nou reeds, met die dankbaarheid om klein te kan wees en kind te mag wees, die horisonne ondersoek met 'n vêrkyk vermoë, wat Hy aan ons skenk. Die horisonne van dissipelwees en dissipel maak tot eer van sy Heilige Naam en uitbreiding van sy kerk in sy koninkryk. Daarom … in klein voor God, groei ons tot groot vir Hom! Die meeste van ons sal dalk net die volgende 50 jaar oorleef, of dalk nie. Maar laat ons só vrug dra, dat hierdie vreugde oor ons kinders en kleinkinders sal spoel. VERWAG GROOT DINGE VAN GOD … VERMAG GROOT DINGE VIR GOD!

No. 12

7


rk Cachet)

eformeerde Ke

(Ger Albert Coetsee

HET formeerde Kerk vandaan kom?

jy al ooit gewonder waar die Gere-

As jy vir Ouma of Oupa (of dalk selfs vir jou ouers) vra, kan hulle dalk ietwat van 'n weergawe saamflans. Met die dankbare feesvieringe van die honderd-en-vyftigste bestaansjaar van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika, is dit dalk die regte tyd vir ons almal om vinnig terug te kyk na wat presies 150 jaar gelede, in (uhm) 1859, gebeur het. Maar voor ons sommer daar inval, is 'n vinnige oorsig oor die algemene geskiedenis van die kerk nodig.

DIE GESKIEDENIS VAN DIE KERK IN DIE BYBEL

Die begin van die kerk kan natuurlik teruggevat word tot by Adam en Eva! In die Ou Testament is die geskiedenis van die kerk letterlik die geskiedenis van die volk Israel, omdat Christus – volgens 'n belofte van God – uit die nageslag van Abraham gebore sou word (in Hom is alle volke geseën – Genesis 12:3). Met die geboorte van Christus het die Ou-Testamentiese "kerkgeskiedenis" geëindig, en begin die Nuwe amptelik op Pinksterdag met die uitstorting van die Heilige Gees (Handelinge 2). Dit is wonderlik dat die Here ook beloof om sy kerk na Hom te neem met sy wederkoms (Openbaring 20).

DIE VROEË KERK, DWALINGE & HERVORMING

No. 12

8

Die kerk het vinnig uitgebrei deur die verkondiging van die apostels. Selfs vervolging van die kerk het die evangelie net nog verder laat versprei (Handelinge 8:4)! Toe keiser Konstantyn in 313 n.C. die Edik van Milaan (wat gestel het dat dit nie meer onwettig was om 'n Christen te wees nie) uitgevaardig het, het die vervolging van die kerk ook uiteindelik tot 'n einde gekom. Ongelukkig het allerhande dwalinge in die kerk ingesluip (byvoorbeeld die vervanging van God se Woord met menslike woorde en tradisies, die

aanbidding van sogenaamde heiliges en geloof in die verlossing deur goeie werke). Dit het aanleiding gegee het tot die Hervorming in die sestiende eeu, wat hierdie dwalinge wou regstel. (In ons volgende uitgawe verskyn 'n artikel oor die Frans-Switserse teoloog en hervormer, Johannes Calvyn.)

DIE STIGTING VAN DIE KERK IN SUID-AFRIKA

Wie anders as die bekende Johan (Jan) van Riebeeck het op 6 April 1652 die Kerk na SuidAfrika gebring? 'n Paar jaar voordat hy hier voet aan wal gesit het, is die groot Sinode van Dordrecht in 1618 tot 1619 gehou (waar ons die Dordtse Leerreëls vandaan kry). Jan se mense het gebruik gemaak van die beginsels van hierdie Sinode en het dus so die Gereformeerde Kerk na Suid-Afrika gebring.

VERANDERINGS IN DIE KERK IN SUID-AFRIKA IN 1804 & 1824

Aan die einde van die agtiende eeu het die idees van die Franse Revolusie die kerk tragies binnegedring. Een van die manne wat ernstig deur hierdie idees beïnvloed is, was kommissaris-generaal J.A. de Mist. Hy het in 1802 in die Kaap aangekom en 'n nuwe kerkorde opgestel wat in 1804 in werking getree het. Met hierdie kerkorde is die vryheid van die kerk drasties ingeperk, aangesien die kerk vir byna alles wat sy wou aanpak, eers toestemming by die regering moes kry. Die kerk was dus ondergeskik aan die staat. Hierdie kerkorde het die kerk as instrument gesien om goeie gedrag by die onderdane van die staat te kweek. In hierdie kerkorde is ook die naam van die kerk, wat vroeër bekend was as die Gereformeerde Kerk, verander na die Hervormde Kerkgenootskap. Die woord "genootskap" lê klem op die menslike aspek van die kerk ("klub", "vereniging"), terwyl ons tog glo die kerk is God s'n! Toe die

kerk haar eerste sinode in 1824 gehou het, het hulle die kerkwet van De Mist aangeneem. Daarom word daar gesê dat 1804 die sterfjaar van die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika was, en die plegtige begrafnis in 1824 gehou is.

DIE OPKOMS VAN DIE HERSTIGTING VAN DIE GEREFORMEERDE KERK

Dit is nie vreemd dat 'n groep mense sommer gou ontevrede was met die stand van sake in die kerk nie. Toe daar in 1814 'n evangeliese sangbundel in die kerk verskyn het met liedere wat volgens hierdie groep nie getrou aan die Bybel was nie, het hierdie mense net nog verder in verset gekom. Met die Groot Trek in 1836 het van hierdie "Doppers" ook saam getrek. Baie het in Rustenburg in die ou Transvaal gaan woon, en sommige in die omgewing van Bloemfontein. Hierdie mense het wel by bestaande kerke in hul omgewings aangesluit, omdat hulle nie kerkloos wou wees nie, maar hulle was steeds ontevrede. Hulle wou baie graag hulle eie predikant hê wat die Woord suiwer aan hulle sou verkondig. Nadat daar vir etlike jare briewe aan Nederland geskryf is, het die Sinode wat in 1857 daar gehou is uiteindelik kennis van die probleem geneem. In 1858 het die Christelik Afgeskeie Gereformeerde Kerk in Nederland vir dominee Dirk Postma, een van hulle bekendste en mees ervare predikante, na Suid-Afrika toe gestuur. Hy het gou besef hoe gespanne die kerklike lewe hier was.

DIE HERSTIGTING VAN DIE GEREFORMEERDE KERK

Dominee Postma het gekom om die hulp van sy kerk aan die Hervormde Kerk in Transvaal aan te bied. Hy is deeglik ondervra oor sy leer, waarmee die vergadering baie tevrede was. Hy is ook natuurlik ondervra oor sy standpunt oor die sing van gesange in eredienste. Sy standpunt

het basies daarop neergekom dat indien daar sommige lidmate is wat beswaar het met die sing van gesange, die ander dit nie in die eredienste behoort te sing nie. Hy het beklemtoon dat daar nie hieroor verdeeldheid of skeuring in die kerk behoort te wees nie. Na lang gesprekke het die vergadering egter besluit dat die kerk sal voortgaan om gesange te sing, sonder enige voorkeur van Psalms bo gesange. Postma kon nie hiermee saamstem nie. Vyftien persone uit hierdie vergadering (onder andere Paul Kruger) het hulle by Postma geskaar en hom gesmeek om hulle predikant te word. Op 10 Februarie 1859 is 'n groot vergadering vir almal wat 'n aparte kerk wou stig onder 'n seringboom in Rustenburg gehou omdat die Hervormde kerk geweier het dat hulle kerkgebou daarvoor gebruik kon word. Postma het almal toegespreek en alles mooi verduidelik, selfs die moontlikheid van vervolging. Op 11 Februarie 1859 word die Gereformeerde Kerk in Rustenburg met 300 lidmate herstig! Kort na hierdie gebeure het daar ook gemeentes in die Oranje-Vrystaat en Kaapkolonie tot stand gekom. In 1869 het dominee Postma begin om predikante in Burgersdorp op te lei. In 1904 is die Teologiese Skool oorgeplaas na Potchefstroom (waar dit vandag steeds is), en uit die Teologiese Skool het die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys (wat tans deel vorm van die Noordwes-Universiteit) ontstaan.

SLOT

Dit in 'n neutedop! Interessant, nè? Ons kan baie dankbaar teenoor die Here wees dat Hy ons kerk vir 150 jaar gespaar, gelei en gevoed het. Geniet die fees en sien julle DV by die volgende een in 2059!

No. 12

9


Brahm Robinson (Kruispad-redaksie)

HET

No. 12

10

jy al saam met 'n maat na sy of haar kerk toe gegaan en tydens die diens gewonder "Hoekom doen die Doppers dit nie ook so nie?" Die manier waarop die erediens verloop, is heeltemal anders as dit waaraan jy gewoond is by jou tuisgemeente. Hulle doen byvoorbeeld praise-and-worship vir 'n halfuur, neem kollekte op en daarna volg die preek en met dié se einde is die diens ook verby. Dit waaroor ons nou hier praat, staan bekend as liturgie. Dié fênsie woord is afkomstig vanuit die Griekse woord leitourgia wat in die Nuwe Testament diens of bediening beteken. Die diens het sy oorsprong in die Joodse sinagoge gehad waar die Jode dit op die Sabbat bygewoon het. Die diens het begin deur die volk se belydenis

van God as die enigste God. Daarna was daar 'n gebed uitgespreek wat gevolg is deur 'n amen, die Aäronitiese seën en die lees van die Heilige Geskrifte (wat natuurlik bestaan het uit die Ou Testament, maar veral die Pentateug, dit wil sê die eerste vyf boeke van die Bybel). Dit het 'n groot invloed op die eerste Christene se samekomste gehad en daar is 'n duidelike lyn van gebruike wat oorgedra is vanuit die sinagoge. Die vroeë Christelike kerk het ook vanuit die Skrif (Ou- sowel as Nuwe Testament) geleer. Paulus het gevra dat dié geskrifte hardop gelees moes word in die samekomste. Die gemeentes het ook soos in die sinagoges gebid en dit gevolg met 'n amen. Die groet en die seën het ook dan gevolg. Die diens van barmhartigheid, asook die sakramente (die doop en nagmaal), kom egter spesifiek uit die Nuwe Testamentiese samekomste (Handelinge 2:42, 46 en 20:7). Baie eeue later, tydens die Reformasie, is dit opnuut beklemtoon dat die erediens gaan oor 'n ontmoeting tussen God en sy volk. Die hele erediens moet so saamgestel wees dat God en sy volk mekaar ontmoet in die vorm van 'n wederkerige gesprek. Die belangrikste aspekte van die liturgie in die reformasie was: • Skriflesing en prediking: Die prediking word die fondament van die erediens. Ware aanbidding vind plaas waar die Woord uitgaan na die kerk en die kerk antwoord met gebed en lofprysing aan God. • Die sakramente (doop en nagmaal): Die bediening van die sakramente is deur 'n goeie onderrig voorafgegaan sodat die gemeente dit kon verstaan. Die klem is gelê op die suiwer bediening en hiervoor het formuliere ontstaan. • Skuldbelydenis: Hiertydens het die gemeente hulle skuld voor God bely. • Geloofsbelydenis (Apostolicum): Die gemeente bely hulle geloof in die enigste ware God – Vader, Seun en Heilige Gees – saam met die kerk van alle eeue. • Sang en gebed: Meer waarde word toegeken aan die gemeentesang. Psalms word beklemtoon en in plaas daarvan dat slegs enkele verse gesing is, is die Psalms in hulle geheel gesing. Die gebed het ook 'n sentrale rol in die liturgie begin speel met dankgebede, smeekgebede en voorbidding. Daar was hiermee gepoog om die liturgie suiwer op die Bybel te grond. Daar was nie 'n vaste orde in die elemente van die liturgie nie, maar dit moes ordelik geskied en maklik vloei. Vandag se Gereformeerde erediens het verder hierop gebou. Ons beklemtoon ook die feit dat die erediens 'n dialoog met God is en uit die volgende elemente bestaan: • Die Ontmoetingsdiens wat bestaan uit die votum, seëngroet, lofliedere en geloofsbelydenis. Met die votum verklaar die gemeente hulle gerigtheid

op God. Dit is die gemeente wat handel en daarom word verklaar dat die samekoms amptelik is. God ontmoet sy gemeente deur voorlesing of deurdat die sing van die berymde lied uitgespreek word. Die seëngroet is die seën van God vir die samekoms, en die gemeente antwoord hierop deur lofliedere te sing. Met die geloofsbelydenis stel die gemeente hulself as 'n eenheid in geloof voor God. Dit kan hardop gelees, opgesê of gesing word. Met die amen aan die einde, eien die gemeente die geloofsbelydenis. • Die Verootmoediging- en Versoeningsdiens bestaan uit die belydenis van sonde en sekerheid van versoening deur Christus. Dit kan afsonderlik geskied. Die diens bevat die nederige toetrede van die gemeente in die heilige teenwoordigheid van God. Dit sluit die aanhoor van God se eise, skuldbelydenis, vryspraak en die afkondiging van die Wet as bewys van dankbaarheid in. • Die Woorddiens bevat gebed om verligting deur die Gees, selfstandige Skriflesing, Skriflesing met prediking en sakramente. Gebed om verligting is belangrik om die verduisterde hart en verstand van die mens ontvanklik te maak vir die Woord. Die Skriflesing vorm die hoogtepunt van die erediens. Skriflesing waaruit die prediking kom, stel God aan die Woord en het die verdere doel om die gemeente die teks beter te laat verstaan. Tydens die nagmaal hef die gemeente hulle harte tot Jesus Christus en het hulle gemeenskap met sy liggaam. By die doop aanskou die gemeente hoe God sy verbondsbeloftes toevertrou en hoe iemand in die verbond ingelyf word. • Die Antwoorddiens is die gemeente se aktiwiteit en hulle antwoord hiermee op God se genade met nederigheid, belydenis en aanbidding. Met die amen na die preek, maak die gemeente die preek hulle eie. Nadat die Woord van God aangehoor is, bid die gemeente as antwoord daarop. Daarmee word die belangrikste deel van die gemeente se dankbaarheidslewe uitgedruk. Wanneer daar met gebed voortgegaan word, is die volgende aspekte in die gebed teenwoordig: lofprysing, aanbidding, eer, dank, skuldbelydenis, voorbidding, asook die beroep op die beloftes van God. Deur die sing van Psalms of Skrifberymings aanbid, smeek, bely, prys, verheerlik en verootmoedig die gemeente as 'n eenheid. Die gemeente bou mekaar op deur gemeentesang. Die liefdegawes vorm deel van die dankbaarheid op die Woorddiens. Hiermee dank die gemeente God vir die genadegawes. • Die Wegstuurseën is die wegstuur van die gemeente onder die seënende hand van die Here. Onthou altyd dat niks sommer-maar-net gedoen word nie. Ons gaan nie net kerk toe om na die preek te luister nie, maar om in gesprek te tree met God saam met die gemeente. Ek hoop dat die Doppers se erediens (liturgie) nou vir jou sin maak en dat jy ook aktief daaraan sal deelneem tot die volle eer van God.

No. 12

11


Foto is slegs vir illustratiewe doeleindes.

IN

DIE

No. 12

12

twaalfjarige Salwa het so vinnig gehardloop as wat sy kon. Haar ma het voortdurend gemaan dat hulle vinniger moes hardloop. Salwa het haar ma se linkerhand styf vasgehou, terwyl haar half-suster, Fatima, haar ma se regterhand vasgeklou het. Dit het oënskynlik gelyk asof 'n woedende bende hulle deur die stad se strate gejaag het, maar dit was nie die geval nie. Tog het die drie geweet dat hulle in doodsgevaar is. Salwa se bene het gevoel of hulle gaan afval. Haar ma het vir hulle geskreeu dat hulle nog net 'n klein entjie verder moes hardloop. Salwa kon nie meer asem kry nie en haar ma het hulle in 'n stegie laat rus. Toe hulle 'n bietjie gerus het, het haar ma aan hulle verduidelik dat hulle nog vinniger moes maak, omdat sy nooit weer van hulle geskei wil wees nie. Gebrek aan die regte voeding en oefening het die twee dogtertjies so verswak dat hulle ma besef het dat dit maande vir hulle liggame sou neem om te herstel. Om nie eers te praat van hulle emosies nie! Salwa wou weet waarom haar pa so wreed is en waarom hy hulle so haat. Haar ma, Shaza, het haar verseker dat hy hulle nie haat nie, maar net dink dat vrouens geen waarde het nie. 'n Groot verandering het in Shaza se lewe plaasgevind toe sy Jesus deur vriende leer ken het. Sy het in die geheim 'n Nuwe Testament tuis gelees. Sy het geweet dat haar man woedend sou wees as hy sou uitvind waarmee sy besig was. Maar sy het daagliks liewer geword vir Jesus en is in die geheim gedoop. Sy het haar nuutgevonde geloof met Fatima se ma, Serena, gedeel wat ook haar lewe vir Jesus gegee het en gedoop is. Shaza se man het op 'n dag die Nuwe Testament in sy huis gevind. Hy het dadelik op die gebruiklike

manier van Shaza en Serena geskei en hulle besittings in die straat voor sy huis gegooi. Hulle moes vinnig 'n tuiste vir die aand vind. Shaza se man wou verseker dat Fatima en Salwa nie meer kontak met hul ma's kon hê nie. Daarom het hy hulle vir agt jaar lank in hulle slaapkamer toegesluit. Hulle is verbied om die kamer te verlaat om skool toe te gaan of om met ander kinders te speel. Hulle het baie nagte hulself aan die slaap gehuil. Na agt jaar het Shaza die geleentheid benut om haar waagmoedige reddingsplan uit te voer. Sy en die twee dogters was op pad na die veiligheid van haar en Serena se huis. Daardie nag, na 'n gesonde maaltyd, het Shaza die dogters se vrae rondom hulle pa se wreedheid begin antwoord. Sy het aan hulle verduidelik dat hulle sluiers moes dra as hulle buite die huis beweeg. Hulle pa haat hulle nie regtig nie. Hy is eintlik kwaad vir sy twee vrouens omdat hulle nou volgelinge van Jesus is. Van nou af sal God hulle Vader wees. Hy het hulle baie lief. Hy sal hulle nooit sleg behandel nie. Hy het hulle so lief dat Hy sy Seun, Jesus, gestuur het om te sterf vir hulle sonde. God is hulle regte vader! Na maande se goeie versorging het Salwa en Fatima begin blom. Beide van hulle is toegewyde volgelinge van Jesus. Hulle aardse pa het nooit eers probeer om hulle te vind nie. Alhoewel hulle eers begin skoolgaan het toe hulle veertien en twaalf jaar oud was, was albei van hulle sewe jaar later universiteitstudente. Hulle besef dat hulle hemelse Vader hulle opreg liefhet en hulle blom in sy liefde. Hulle aanbid Hom saam met hulle ma's in 'n geheime huiskerk binne hulle huis.

2007, by die Kruispad-bash, is 'n video gewys van die vervolgde kerk in Eritrea, in Oos-Afrika. Daarin is vertel van 'n jong soldaat, wat, omdat hy sy Bybel gelees het, gemartel is en later verdwyn het. So iets klink vir ons vreemd en ver. Dit was my voorreg om in Oktober vir drie weke in Etiopië, die land net suid van Eritrea, aan 'n Bybelvertalingsprojek deel te neem. Iemand het my uitgenooi om die twee Sondae wat ek daar was 'n huisgemeentebyeenkoms by te woon. So ontmoet ek vir John Grotenhuis. Dié man is Gereformeerd. Hy het in Saudi-Arabië gewerk, en 'n Christelike gemeente het daar deur sy werk ontstaan. Omdat dit 'n Moslemland is, is hy op 'n stadium uit die land gesit. Hy het afgetree en sy evangelisasiewerk in Eritrea gaan voortsit. Spoedig het daar, deur die genade van Bo, 'n gemeente met so 25 lidmate ontstaan. Hulle het stil-stil vergader, maar 'n nuwe regering het besluit dat net die Moslemgodsdiens in die land toegelaat word. Ander gelowe kon by die regering aansoek doen om te registreer, maar dan is die byeenkomste gemonitor en is daar nie toegelaat om oor die uniekheid van die Christelike geloof te preek nie. John se gemeente het nie geregistreer nie … maar iemand het hulle

verraai! Op 'n dag het die polisie op hulle toegeslaan, en die lidmate van die gemeente het letterlik oornag ver-dwyn. Sommige van die kinders was skielik ouerloos – hulle weet nie of hulle ouers in die tronk is, of nog leef nie. John het Etiopië toe gevlug, en van die kinders het uiteindelik, nadat hulle uit hulle vaderland gevlug het, weer by hom uitgekom. Dit was na sy nuwe huisgemeente wat ek uitgenooi was! Ek dink dit is die eerste keer in my lewe wat ek iemand wat fisies vir sy geloof vervolg is, persoonlik ontmoet het! En dit maak 'n klomp emosies by 'n mens wakker; dankbaarheid vir die feit dat ons in ons land bly waar ons 'n vry kerk kan wees, en ook hartseer vir daardie kinders en hulle ouers. Om te dink dat hulle Christenskap so belangrik is dat hulle bereid is om dood te gaan daarvoor! Onder is 'n foto wat ek van hulle geneem het. Ek kan nie almal se name onthou nie, maar drie name is bygevoeg. As jy dalk (in Engels) aan hierdie medegelowiges 'n briefie wil stuur, sal ons sorg dat dit by hulle uitkom. Maar die belangrikste is – bid gereeld vir hulle! Bid dat hulle dalk met hulle ouers herenig kan word, as hulle nog leef. Bid dat hulle lewens meer normaal sal word, maar bid veral dat hulle sterk sal bly staan in hulle geloof.

FOTO: John (tweede van links), Yohanna (derde van links), Mikhailis (vierde van links).

Braam Krüger (Gereformeerde Kerk Benoni) No. 12

13 Stuur 'n e-pos aan red@kruispad.net indien jy graag 'n boodskap vir hierdie kinders wil stuur.


Dirk Kotzee (Gereformeerde Kerk Potchefstroom-Oos)

IN

No. 12

die afgelope 150 jaar was sendingwerk 'n integrale deel van die Gereformeerde Kerk, al is daar mense wat nie so dink nie. Die probleem vandag, 150 jaar later, is dat ons nie meer dieselfde sendingmodel kan volg nie. Ons kan nie meer by die huis sit, 'n tjek uitskryf en iemand anders stuur om ons werk te gaan doen nie. Verder is die doel van sending nie om 'n stoelskuiwery onder kerke te bewerkstellig nie. In die sendingveld is my naam Christen en my bynaam Gereformeerd, en so moet ons ook hande vat met ander kerke. Die eindproduk moet wees dat die evangelie – Jesus as my enigste ware Verlosser – verkondig word. Ek wil jou daarom gou deur 'n stukkie in Openbaring vat. Eers Openbaring 5 waar die boekrol van toekoms en verlede aan die geslagte lam oorhandig word – dit is Jesus self. Die boekrol bevat dus die gegewens van alles wat in die verlede gebeur het, maar ook dit wat in die toekoms gaan gebeur. In Openbaring 6 se eerste deel gaan dit oor die eerste vier seëls van hierdie boekrol wat oopgebreek word. Met elke seël word daar 'n ander perd losgelaat, totdat al vier perde oor die hele aarde rondhardloop. Elke perd stel iets anders voor: Die rooi perd is konflik en oorlog wat deur verdeeldheid veroorsaak word. Verdeeldheid in die huis lei tot rusie, egskeidings en in sommige gevalle selfs moord. Die rooi perd hardloop rond op aarde! Dan die swart perd wat die stryd om oorlewing voorstel. Dit is in ons lewens nie net die stryd om oorlewing teen die geweld nie, maar dink aan die hoeveelheid mense wat arm en honger is. Dink aan die mense wat as gevolg van die ekonomie hul werk verloor het. Die swart perd is ook al hier! Die laaste perd wat genoem word, is die vaal perd. Hy is die simbool van die dood, van ons tydelikheid. Ons tydelikheid word elke dag in die koerante aan ons voorgehou. Daarom klou ons ook so maklik aan die verskoning van die tydelikheid van ons lewens, wanneer ons die geleentheid gebied word om die evangelie te verkondig. Die vaal perd is deel van ons lewens!

Maar nou vra jy seker – wat dan van die vierde perd? Die eerste perd wat hier genoem word, is die wit perd. Dit is die simbool van oorwinning. Al dink baie mense dat dit die simboliese voorstelling van Jesus se koms op aarde is, is dit onwaarskynlik aangesien Hy tog self die boekrol oopmaak. Die wit perd is eerder die voorstelling van die evangelie. En waar die wit perd ook al gaan, bring hy die oorwinning … oorwinning oor die verwoesting wat die ander drie perde agterlaat. Dit is omdat die evangelie van Christus se dood en opstanding die enigste ding is wat sin gee aan hierdie deurmekaar wêreld. Daarom dink ek, nee, ek weet dat dit ons elkeen se plig is om so ver as wat ons gaan die evangelie te verkondig. Ons moet die kennis van die evangelie deel met almal wat dit nog nie gehoor het nie, sodat ons almal die omstandighede van verdeeldheid, die stryd om oorlewing en ons vrees vir ons tydelikheid kan oorwin. Die sendingveld is nie net daarbuite in ons buurlande en die vervolgde lande nie, dit is ook hier tussen ons, by die werk, by die huis, op die sportveld en oral waar ons gaan. Dít is waar mense die hoop wat uit ons straal, moet kan raaksien. Gaan dan heen en maak dissipels van al die nasies …

No. 12

14

15

Illustrasie: Naomi Botha


Johan Fleischmann (Gereformeerde Kerk Kaapstad)

"WAT

is jou grootste vrees?" 'n Vriend het 'n ruk gelede hierdie vraag aan my gestel, en om dit eerlik te beantwoord was veel moeiliker as wat ek verwag het. Ek het aanvanklik gedink my grootste vrees het iets met slange of spinnekoppe te doen, maar nadat ek lank nagedink het, het ek besef dat daar 'n baie groter vrees in my lewe is. My grootste vrees is dat ek nie goed genoeg is nie. Hierdie vrees het my lewe oorheers. Ek het ontsaglik selfgesentreerd geword en was van ander mense afhanklik om my selfvertroue te gee omdat ek nie vrede met myself gehad het nie. Ek het konstant ander mense se optrede geëvalueer in terme van hoe dit my affekteer. Verder het ek gedink dat 'n liefdesverhouding die antwoord op my probleme sou wees, dat iemand anders se liefde my swak selfbeeld sou verbeter, en ek het dit passievol, maar onsuksesvol, nagestreef. Ek dink dat my vrees gebore is uit 'n wanpersepsie wat ek oor God gehad het. Ek het God in menslike terme probeer verstaan. As God soos ek was, sou Hy my liefhê wanneer ek goed optree, maar my haat wanneer ek sleg is. Ek het gevoel dat ek deur my optrede God se guns moes probeer wen. Ongelukkig is dit onmoontlik, en my konstante mislukkings het my fokus so ingestel op God se regverdigheid en straf dat ek nie sy ongelooflike liefde en genade ervaar het nie. God het vir my soos 'n kwaai pa geword.

Ek het baie begin dink oor my frustrasies, baie met gelowige vriende gepraat, baie gebid, en geleidelik het God my verknogde gedagtes begin verander. Tydens een van my gesprekke het 'n vriend 1 Johannes 4:18 aangehaal: "Waar liefde is, is daar geen vrees nie, maar volmaakte liefde verdryf vrees, want vrees verwag straf, en wie nog vrees, het nie volmaakte liefde nie." Ek het begin besef dat die vrees wat die dryfveer vir my lewe was geen plek het in my verhouding met God nie. My paradigma van vrees moes vervang word met 'n paradigma van liefde! Ek dink liefde word baie sleg in ons samelewing verstaan. Ware liefde is nie 'n Hollywood tipe liefde waarin alles gaan oor uiterlike skoonheid, en die bevrediging van fisiese drange nie. Christus definieer ware liefde in Johannes 15:13: "Niemand het groter liefde as dit nie: dat hy sy lewe vir sy vriende aflê." Christus self is die definisie van liefde! Om ware liefde te verstaan, moes ek die belangrikheid van Christus se kruisiging en opstanding verstaan. God het sy liefde betoon deur self die straf vir my sonde te dra: Dit is 'n baie groter bewys van liefde as die soen van 'n vrou. Christus het ten volle vir my sonde betaal. Dit is nie nodig vir my om God se guns te probeer wen nie. My primêre taak is om meer en meer soos Christus te word! Mag God se liefde ons elkeen se vrese verdryf sodat die realiteit van wat Christus gedoen het vir ons duidelik kan word.

Tjaart van der Walt (Gereformeerde Kerk Stellenbosch)

No. 12

19 Desember Ribs en chips Gecko Lounge

EINTLIK

moes dit die Spur gewees het. Want dit is waaroor Madeli mal was – ribs en chips by die Spur. En so vier ons elke jaar haar verjaarsdag, haar vonkeloogbederf. Sy is ons middelkind. Vandag sou sy 16 jaar oud gewees het; hierdie Kruispad gelees het. Sy is tien jaar gelede oorlede. En nou, is jy heeltemal gek, Johan? Skryf jy oor die dood van jou kind in 'n jeugtydskrif? Dink jy jongmense wil so heavy wees? Vertel liewer van die jongste Mxit truuk of Facebook gier, of sulke tjol! Dis juis die punt! Elke jaar op 19 Desember vier ons fees met taai hande en ribsous tot by ons ore. En ons lag. En ons kuier! Ons vier die lewe – ons Pa-in-die-hemel se lewe! Ons heavy het 'n fees geword, omdat daar groot oor alles in ons lewe staan "Maar ons hemel-Pa is hier!" Is ons bly sy is weg? Glad nie! Maar Hy is hier. Verlang ons soms bietjie na haar? O ja! Maar die verlangholte is gevul met Hom. Wonder ons partykeer hoe sou sy vandag gewees het? Beslis! Maar ons weet ook wat Hy (en sy saam met Hom!) vandag doen. En dis eintlik hieroor wat ek bietjie tob: hoe ons in heavy, ook 'n "maar" present gekry het om te lewe. Haar siekte is ongeneeslik. Maar ons Pa-in-diehemel het 'n lewe-plan. Ons sit heel naweek langs haar hospitaalbed. Maar vertel vir almal van hemel-Pa se liefde. Ons sterwende kind gly uit ons hande. Maar sy klim op ons hemel-Pappa se skoot. Ons begrawe haar. Maar dit reën sy hierweesliefde. Ons kom een minder terug by die huis. Maar ons voel meer as ooit ons hemel-Pa se sagte vashou-arms om ons. Ons gesin is groter as wat ons gedink het! Dis die tiende verjaarsdag wat ons haar nie kan sien en vashou nie. Maar ons lag met ribsous tot by ons ore. En ons sien Madeli en hemel-Pappa in ons gees sáám partytjie hou. Iewers tussen haar geboorte en haar dood het ons hemel-Pa die fantastiese maar in ons lewe gebring: Soms is die lewe taai, maar Ek is hier! En dít het gemaak dat ons in swaar kon lag. Wat sou jy sê as jy vir 'n marsmannetjie moes verduidelik wie is hierdie hemel-Pa-wat-hier-is? Ek weet wat ek sou sê. Hy is die Een wat als wat jy kan sien en nie kan sien nie, spesiaal gemaak het. En Hy het my (en vir jou!) ekstra-spesiaal

gemaak. Hy is die Een wat my uit aaklige ou Satan se slawespan losgekoop het. Die prys was Jesus se lewe. En op pad van die slawemark af het Hy gesê ek is van nou af sy kind. Ek het yskas-reg in sy huis. (Nie sommer enigeen mag in julle yskas gaan krap vir iets om te peusel nie, of hoe?) Ek is tuis by Hom. Hy bly in my! Hy is die Een wat my spesiaal, besonder liefhet. Baie, baie lief! Hy is die Een wat my in my heavy vashou. Hy is die Een wat heeltyd hier is. Hy is my hemel-Pappa. Sterkte met jou stukkie heavy. Maar, ons hemelPa is hier!

No. 12

16

17

Foto is slegs vir illustratiewe doeleindes.


Santie Lourens (Kruispad-redaksie)

Wat is een van u mees besondere herinneringe uit u bedieningsjare?

PROFESSOR Louis Botha en dominee Gerrit Kruger is twee van die oudste

Professor Botha: Gedurende die tydperk wat ek by die teologiese skool in Dube betrokke was, het ek aandklasse aangebied. Een aand, kort voor die Sowetoopstande, op pad na die aandklasse, was daar 'n bus wat verby die stasie agter my gery het. Ek moes regs draai en het dit ook so met my flikkerlig aangedui. Die bus het egter nie stadiger gery nie en het my van agter af gestamp, sodat die kar omtrent 15 m deur die lug getrek het. Toe die kar land, was ek binne sekondes deur 'n oproerige, vyandige skare omring. Uit die skare het 'n swart man na vore gekom, my gevra of die kerk in daardie omgewing "my kerk" was, en toe ek "ja" antwoord, het hy saam met my deur die skare gestap tot by die kerk en niemand het 'n vinger gelig om ons skade aan te doen nie. Na die aand se verrigtinge het ek teruggekeer na my kar toe. Die kar was nog daar en kon maklik aanskakel sodat ek kon huis toe ry. 'n Tydjie hierna is die teologiese skool, asook die kerk, aan die brand gesteek. Hierdie gebeurtenis het my weereens laat besef hoe die Here sy hand oor ons hou om ons te lei en te bewaar. Dominee Kruger: Al die huwelike, dope en gelukkige dae saam met lidmate, is alles besondere geleenthede wat 'n mens nie maklik vergeet nie. As ek iets móét uitsonder … In 1949 het ek vir die eerste keer 'n baba in die kerk gedoop. Later het ek dieselfde baba se twee kinders gedoop, en hulle albei ook later in hul huwelike bevestig. So is dit dan ook dat ek deur die genade van die Here die kleinkind van hierdie 1949-baba in Desember 2008 gedoop het. Hierdie is vir my 'n mooi voorbeeld van hoe God sy verbond van geslag tot geslag oordra, en sy liefde aan ons bewys.

emeritus-predikante in die GKSA. Albei se lewens getuig van God se genade en leiding en hulle is 'n ongelooflike inspirasie vir jonk en oud. Daarom het Kruispad by hulle gaan inloer om lesers 'n kykie te gee in hulle lewens- en wêreldfilosofieë, en hulle roepingsbewustheid as kinders van God.

Deel met die lesers 'n humoristiese gebeurtenis wat u as predikant vanaf die preekstoel moes aanskou.

Professor Botha: Destyds in Dortrecht, my eerste gemeente, het kerkraadslede nog manelle en swart pakke gedra. Op die een spesifieke Sondag was daar 'n kindjie wat uit die banke opgespring het en reg voor die preekstoel kom rondhardloop het. Een van die diakens – gekleed in sy manel – het opgestaan om die kind terug te neem na sy ouers. Hy het egter nie daarmee rekening gehou dat hy met sy swart gewaad en puntkrae wat regop

No. 12

18

Louis Botha, emeritus predikant, sendingwerker, professor en uitbouer van die teologiese fakulteit vir swart studente by Dube (Soweto), sowel as Hammanskraal, wy op 89-jarige leeftyd steeds sy hele lewe daaraan om sy roeping as "Dienaar van die Woord" uit te leef. As gevolg van hul liefde vir die buitelewe en die natuur, woon hy en sy vrou Lil in die Kameeldriftomgewing, Noord van Pretoria. Professor Botha is 'n kranige en aktiewe lid van Meesters Atletiek. Hy neem nog gereeld aan internasionale atletiekbyeenkomste deel en is die rekordhouer van verskeie SA-rekords – onder andere die 200 m, 400 m, hoog- en verspring.

Dominee

Gerrit Kruger het as predikantskind in 'n pastorie in Parys grootgeword en gereeld die Vaalrivier aangedurf vir 'n swemsessie saam met vriende. Hy het sy roeping aanvaar en sy Teologiese studies in Potchefstroom voltooi, waarna hy in 1949 in sy eerste gemeente, BarkleyOos in die Kaap, as predikant bevestig is. Dominee Kruger was vir ongeveer 40 jaar in die bediening by gemeentes in Tzaneen, Benoni en Durban – waar hy en sy vrou tans nog woon. Hy beskou sy roeping as lewenslank en beskryf sy lewe as een van dankbaarheid. Op 85-jarige ouderdom het dominee Kruger nog nie finaal "afgetree" nie en preek hy nog gereeld in verskeie gemeentes.

Gunsteling …

Professor

staan nogal skrikwekkend daar uitgesien het nie. Dit gebeur toe natuurlik ook dat die kind voor die preekstoel hom boeglam skrik toe hy omdraai en hierdie diaken reg voor hom sien staan … Daar is eintlik so baie snaakse gebeurtenisse, dat dit moeilik is om een enkele een uit te sonder. Dominee Kruger: Toe ek in Duiwelskloof (Tzaneen) predikant was, was die kerkgebou te klein vir Nagmaal, en op Nagmaal-Sondae het die gemeente dus van die Hervormde Kerk se kerkgebou gebruik gemaak. Een keer nog vroeg in die diens gebeur dit dat een van die kerkbanke waarop ses van die ouderlinge sit, inmekaarval. Uit pure skok gee een van die ouderlinge toe 'n klipharde wolwefluit en al ses kom op die grond te lande. Dit het al my selfbeheersing gekos om nie onbedaarlik aan die lag te gaan nie. Ek kan wel nie dieselfde van die res van die gemeentelede sê nie – gedurende die hele diens het vroue desperaat agter sakdoeke weggekruip om die lag, wat maar vlak gelê het, te probeer beheer.

Wat is u lewensfilosofie?

Professor Botha: Lewe van dag tot dag en moenie bekommerd wees oor môre of oormôre nie. Neem elke dag soos dit kom. Leef en vertrou van dag tot dag op die Here. Dink altyd aan die eindpunt waarheen ons op pad is en onthou dat die aardse rompslomp eintlik onbelangrik is. Dominee Gerrit: Om 'n eerlike, gelowige Christen te wees ten spyte van alle swakhede; om te wees wie ek is en te leef soos die Here my geskape het en om met my talente te woeker.

Bo: Professor Botha

Wat is u boodskap aan jong Christene vandag?

Professor Botha: Bly altyd leef in die vrees van die Here en hou vas aan sy Woord. Luister na julle ouers en wees bowenal gehoorsaam aan die Woord. Kyk verder as die onmiddellike donker wolke en negatiewe nuus na die Ewige dinge wat die Here in sy Woord vir ons belowe; verwag saam met ander Christene die wederkoms van ons Here Jesus Christus. Dominee Kruger: Volhard in die goeie met die gawes wat God vir jou gegee het. Stry die goeie stryd, want dit is die moeite werd!

Professor Botha

Dominee Kruger

Fliek/TV-program

7de Laan.

Ou klassieke flieks en rugby! Ek is 'n groot Sharks ondersteuner.

Gereg

Pap – hawermout soggens en mieliepap saans.

Regte boerekos – stampmielies, vleis, aartappels en groente.

Vakansiebestemming

Tuis, in die natuur. Vroeër het ons graag see toe gegaan, maar nou verkies ons Kameeldrift.

Illovo strand (waar ons tans woon). Hier het ons 'n 180° uitsig oor die see en die mooi skepping. Ek verwonder my telkemale aan die grootheid van God. Ons is ook lief vir die Kaap, maar dit is deesdae te koud daar.

Stokperdjies

Ek is baie lief vir digkuns, tuinwerk en dan natuurlik atletiek. Ons was onlangs in Oostenryk en ook in Hongarye vir atletiek-byeenkomste, waar ek in verskillende velden baanitems deelgeneem het.

Ek is lief vir lees en kyk graag rugby op TV. Verder hou ek myself besig met die goeie … Ek preek nog gereeld en was onlangs bevoorreg om die kleinkind te doop van die eerste baba wat ek gedoop het.

No. 12

19


No. 12

20

No. 12

21


WAT

sê die woord "tradisie" vir jou? Hou jy daarvan of nie? Wat sê Jesus daaroor?

Wanneer keur Jesus tradisies af?

Jesus sê in Matteus 15:9: "Dit help niks dat hulle My probeer dien deur leerstellings van mense as gebooie van God voor te hou nie." Die voorgeslagte was ook maar feilbare mense!

Wanneer keur Jesus tradisies goed?

Volgens Matteus 13:52 is die Waarheid van God soos 'n skatkamer. Daarin is waardevolle, Godgegewe waarhede. Daaruit moet leerlinge in die koninkryk van die hemel "ou dinge en nuwe te voorskyn bring". Die Heilige Gees het gister gewerk, maar werk ook vandag om nuwe relevante insigte te gee. Jesus sê oor tradisies en nuwe gebruike dat dit uit God se skatkamer moet kom.

Wat sê dit vir ons erediens?

Waarom moet daar 'n vasgestelde liturgie vir die erediens wees? Tydens die erediens vorm die gelowiges 'n eenheid in God se teenwoordigheid om Hom te aanbid en te dien. Hulle is nie toeskouers nie, maar deelnemers! Daarom is dit belangrik dat dit wat in die erediens gedoen word, vir almal bekend en aanvaarbaar sal wees. Willekeurige besluite daaroor is nie reg nie.

Lees maar 1 Korintiërs 14 om te sien hoe willekeurige optrede in die erediens afgewys word en hoe die Heilige Gees "orde op sake" wil hê (1 Korintiërs 14:26 en 33). Die doel van die erediens-orde is dat ons mekaar moet opbou en nie irriteer nie. Só kan jy op enige plek in jou land en in die wêreld by 'n erediens kom en tuis voel.

Wat is die Bybelse erediensbeginsels?

• Dat ons almal saam bewustelik in God se teen- woordigheid intree. • Dat ons sy seën ontvang. • Dat ons ons geloof saam bely. • Dat ons ons voor God sal verootmoedig en God om sy genade in Jesus Christus sal vra. • Dat ons saam bid. • Dat ons God met ons Skriftuurlike liedere verheer- lik en aanbid. • Dat ons Geesvervuld luister na sy Woord en die verkondiging daarvan. • Dat ons ook ons bydraes gee vir dié wat in nood is en vir die bevordering van God se werk.

Die beginsels kan op ou en nuwe maniere uitgeleef word. Die belangrikste van alles is egter dat ons Geesvervuld aan die erediens deelneem. Jou persoonlike gesindheid is die belangrikste. Sonder Geesvervuldheid bly alles pure uiterlike formalisme.

Adriaan van Wyk (Kruispad-medewerker)

DIE

woord Halleluja het sinoniem geword met eersang aan God. Psalm 150 se titel lees as't ware: Halleluja. Hierdie psalm draai om die lofprysings aan God. Vanuit die staanspoor word Hy geloof in die hemel (sy heiligdom) waar die engele om Hom troon, en dan onder sy magtige hemelgewelf wat Hy geskep het. Is daar dus enige plek waar Hy nie geloof word nie? Nee, oral! Die lied wat die skepping vanaf die begin sing, is bedoel vir almal se ore. Dit is 'n lied van verhouding, liefde, redding en 'n Vader wat 'n passie het vir sy kinders se doen en late. As 'n mens verder kyk, sien jy waarom ons God so prys, vir sy kragtige dade en sy grootheid. "Watter dade?" vra jy. Wat van die skep van 'n aarde, 'n lewe, 'n volk, 'n weg en uiteindelik 'n Redder! Ons sien hoe die psalm opwerk na 'n crescendo van klank tot die eer van die Almagtige. Dit is great om te hoor hoe iemand 'n vioolsolo speel, maar 'n simfonie van viool, drom, baskitaar, blaasinstrumente, klavier en meer, sorg vir 'n dieper en intiemer musiekstuk. Dink jy nie God soek 'n simfonie nie? Ek is oortuig daarvan dat God van musiek hou, maar mense wat naby aan Hom leef is die mooiste musiek in sy ore. Laat ons Hom prys met 'n simfonie soos die wêreld nog nooit gehoor het nie en dit in die eenheid van die liggaam van Christus! My grootste begeerte is dat julle instrumente in God se hande sal wees. Dat ons almal saam 'n simfonie van lofprysing kan wees in die Almagtige Vader se ore en tot sy eer. Sy begeerte is tog gemeenskap met sy bruid, en met elkeen van ons:

"Nee, ons sal in liefde by die waarheid bly en so in alle opsigte groei na Christus toe. Hy is immers die hoof, en uit Hom groei die hele liggaam. Die verskillende liggaamsdele pas by mekaar en vorm saam 'n eenheid. Elkeen van hulle vervul sy funksie, en so bou die liggaam homself op in liefde," (Efesiërs 4:15-16). Dus vervul elkeen, uniek soos hy is, sy funksie as instrument tot lofprysing van ons grote Vader. In die laaste lyn van die psalm praat die digter van alles wat asem haal, nie net mense nie. Ons as mense het rede om Hom te prys, so hoekom doen ons dit nie? Ons het tog meer as genoeg rede. Johannes het dit ook gehoor in Openbaring 5:13. Om God te loof en te prys moet so deel van jou wees dat jy Hom voortdurend sal prys as jy is wie jy moet wees. Laat alles wat asemhaal lofprysing asemhaal! Jy sien, die lied wat saam met die instrumente gesing word, word gesing, die heelal hoor dit en luister aandagtig: "Toe sing hulle 'n nuwe lied: 'U is waardig om die boek te neem en die seëls daarvan oop te maak omdat U geslag is en met u bloed mense vir God losgekoop het uit elke stam en taal en volk en nasie,'" (Openbaring 5:9). Die Godlied speel. Deur al die eeue heen speel dit en ons opdrag is dat almal te hore daarvan moet kom en dat hulle moet deel wees van die simfonie. Moenie toelaat dat die show se gordyn al gesak het teen die tyd dat jy wakkerskrik nie. Waar jou gawes ook al lê, jou passie floreer en jou geleenthede op jou pad kom, daar moet jy jou unieke instrument speel. Letterlik en figuurlik. God het 'n simfonie en dit rock! Join the world tour brother!

Chris Hattingh (Gereformeerde Kerk Randburg)

No. 12

22

No. 12

23


GEWOONLIK

is dié tyd van die jaar besig, baie besig. Dit is eksamenvoorbereiding, rugby- of netbaloefeninge, karate- of balletklasse, en klavier- of trompetlesse. Vakansiedae is skaars. Dis net 'n asemskep dan klap die sweep, want die verwagtinge is hoog, inspirasie min en leermeesters is kwaai. In sulke tye voel baie mense desperaat. Die druk is te veel en die tyd is te min. "Ashley het weer beter as jy gevaar in haar wiskundetoets." "Is jy nog nie in die eerstespan nie?!" "Hoekom sukkel jy so, is jy dom?!" Dit alles dra by tot die daaglikse las wat ons moet dra. Hoe cope ons daarmee sonder om na dokters, psigiaters of pille te reik? Die antwoord is eenvoudig: Haal net asem. Ons almal haal asem, maar HOE ons asemhaal het 'n invloed op ons. As jy skrik, trek jy asem in, as jy stres, word dit vlakker en vinniger, as jy lag, word dit diep en stadig. Asem is die eerste geskenk wat God aan die mens gegee het. "Die Here God het toe die mens gevorm uit stof van die aarde en lewens-asem in sy neus geblaas, sodat die mens 'n lewende wese geword het," (Genesis 2:7). Hier is dus die eerste bewys dat asem nie net lug is nie, maar lewe. Asem is lewe wat God Self in ons

ingeruim het om asem te skep, terug te keer na die Tuin van Eden waar jy met Hom kan chat oor alles en nog wat. Net soos asem die vullis uit ons liggaam verwyder, so verwyder gebed die vullis uit jou hart en gedagtes. Verder help dit om jou gedagtes te orden, jou kalmte te gee, jou siel te voed met nuwe vars asem/lewe en skep dit 'n plek waar jy al jou bekommernisse en stres voor SY voete kan lê sodat jy kan cope met jou daaglikse probleme. So hou op om 'n suurstofdief te wees en gryp die lewe/asem aan met beide longe! Sluk suurstof vir jou liggaam, jou siel en jou geloof. Dit beteken: haal met mening asem, skep dit, vat dit, sit dit in jou lugpyp en sluk dit. Hier is 'n paar wenke om jou te help om goed asem te haal: • Kry 'n stil, gemaklike plek waar niemand jou sal pla nie • Sit in 'n gemaklike posisie • Maak jou oë toe • Ontspan al die spiere in jou liggaam, vanaf jou tone tot in jou kop • Fokus op jou asem en asemhaling, terwyl jy jou spiere ontspan

Illustrasie: Carien Roberts

Johannes Schickerling (Kliniese Sielkundige, Kruispad-redaksie)

No. 12

24

ingeblaas het. Elke keer wat ons dus bewustelik asemhaal, keer ons terug na 'n tipe Tuin van Eden, 'n rusplek, 'n gebedsplek. Maar dit klink so maklik, te maklik … Kom ek verduidelik: soos wat ons asemhaal, verwyder vars suurstof giftige stowwe uit ons bloedstroom. Onreëlmatige asemhaling, soos wanneer jy angstig is voor 'n eksamen, verhoed dat die vullis verwyder word en veroorsaak probleme met spysvertering wat op sy beurt 'n invloed uitoefen. Op die ou end is jy 'n senuweewrak wat niks kan onthou van wat jy geleer het nie! Dus voed 'n goeie teug asem jou liggaam – en jou geloof – terwyl dit jou stres beveg. Geloof? Jip, soos met enige geskenk wat ons van af God ontvang, word daar verwag dat ons dit wys moet gebruik. En die ideale plek om asem te skep, is tydens gebed. Jesus het ons kom leer hoe om te bid en die eerste opdrag was om jouself af te sonder waar niemand jou kan pla nie. "Nee, as jy bid, gaan na jou kamer toe, maak die deur toe en bid tot jou Vader wat jy nie kan sien nie," (Matteus 6:6). Dit is die tyd van die dag wat God vir jou

• Konsentreer om meer vanuit jou abdo- men (jou maag) asem te haal as vanuit jou borskas • Haal vir vier tellings lank diep asem deur jou neus in • Hou dit vir twee tellings • Blaas of suig die asem (en vullis) stadig deur jou mond uit • Wanneer jy gemaklik en rustig voel, be- gin jou gesprek met God en lê al jou probleme (en vullis) voor Hom neer • Sit rustig en maak stadig jou oë oop as jou gesprek klaar is • Geniet die ontspanne gevoel • Staan op wanneer jy gereed is

Nou het jy jou liggaam, siel en geloof gevoed. Hoe is dit vir drie vlieë met een klap!

No. 12

25


JANIEN

DEEL 6 Anneretha Combrink

Hierdie week moet hulle elkeen 'n speech gee (okei, seker nie heeltemal 'n speech nie, maar hulle moet voor die groep staan en praat, en dit tel as 'n speech). Hulle is veronderstel om 'n getuienis te gee, iets van hulle lewensverhaal en wat hulle sover geleer het. Janien het nie 'n clue wat sy gaan sê nie. En haar beurt is al môre.

No. 12

26

het die pad gevat. Alleen. Teen die reëls van Koninkryk, maar wie gee om? Sy kan uiteindelik weer sonder krukke loop, en sy begeer al vir hoe lank om net 'n bietjie weg te kom. Vandag is Saterdag, en die ander was nog besig met ontbyt toe Janien weggeglip het. Hulle kan tog in elk geval vandag doen wat hulle wil; hulle is net nie veronderstel om alleen rond te loop nie. Eintlik kon sy seker maar vir Doreen saamgebring het; hulle het die laaste tyd goeie pêlle geraak. Sy is half-uitasem teen die tyd wat sy op die strand kom. Sy is lekker onfiks van al die rondsit met die beseerde voet. Janien pluk haar plakkies uit, en die koel wit sand tussen haar tone laat haar dadelik beter voel. Die strand laat gedagtes aan vakansie en vryheid by haar opkom. Wit-en-swart meeue krys bo haar kop. Een duik af en kom stap kordaat voor Janien uit. Ver weg hoor sy 'n hond blaf, die geluid word harder en dan is Boeliebief, die basis se hond, skielik by haar. "Ja, wat soek jy hier?" vra Janien, maar sy kan hoor haar stem is vriendeliker as wat sy bedoel het. Sy hou meer van ou Boeliebief as wat sy sal erken. "Weet jy nie dis teen die reëls nie?" Boeliebief blaf en swaai sy stert. Hy voel duidelik nie veel vir die reëls nie. Hulle is alleen op die strand – wel, nie heeltemal alleen nie – daar is 'n paar mense heelwat verder weg. Hier en daar is daar kinders en oumense en 'n paar honde, maar hulle is ver genoeg dat dit amper vir Janien voel asof sy alleen is. Skielik voel sy soos 'n kind. Sy gooi haar hande uitbundig in die lug en begin hardloop na die soom van die water, Boeliebief blaffend langs haar. Hy is ewe uitgelate. Nadat hulle 'n ent met die water langs gedraf het, sak Janien op die strand neer. Sy is pootuit van die entjie se draf. Sy tel 'n stuk bamboes op en gooi dit vir Boeliebief. Hy hardloop agterna en snuif daaraan, maar begin dan verder op die strand langs snuffel. Janien is bly hy wil nie saamspeel nie, nou kan sy in vrede met haar gedagtes bly sit. En sy hét baie om oor te dink. Janien kan nie glo die diensjaar is al amper twee maande aan die gang nie. Die hele storie verloop eintlik beter as wat sy verwag het. Simon is terug Potch toe om te gaan swot, en Schutte bly meestal uit haar pad uit. Hulle het eintlik goeie buddies geword. Praat oor dit en dat, maar bly weg uit die dieper waters. Dit pas Janien baie goed. Sy kom redelik goed met almal oor die weg: Sean, Lorraine, Magdil, Karel, Johan, Lerato en Silas – die tweeling – en Doreen. Ook Dominee Jan en sy vrou Helene het gou Janien se respek gewen. Dis net Marike wat nog 'n spyker in die speke veroorsaak. Dis jammer hulle moet 'n kamer deel, want hulle het regtig nie veel vir mekaar te sê nie. As Doreen nie ook saam met hulle in die kamer was nie, het Janien lankal iets oorgekom van irritasie. Die ding is, Marike is die vriendelikheid vanself met almal – veral met die manlike spanlede – maar in die kamer is sy styf en … net weird. Aan die begin van die jaar het Janien haar opgesom as 'n kat, en sy het nog

nie veel gedoen om daardie persepsie te verander nie. Maar dis nie waarvoor Janien dinktyd nodig het nie. Sy moet dink oor die week wat voorlê. Hierdie week moet hulle elkeen 'n speech gee (okei, seker nie heeltemal 'n speech nie, maar hulle moet voor die groep staan en praat, en dit tel as 'n speech). Hulle is veronderstel om 'n getuienis te gee, iets van hulle lewensverhaal en wat hulle sover geleer het. Janien het nie 'n clue wat sy gaan sê nie. En haar beurt is al môre. Die vakansiegevoel is skielik baie ver weg. Janien sug. Wat moet sy sê? Hierdie mense weet nie eintlik veel van haar af nie. En sy wens dit kon so bly. Maar aangesien hulle môre moet praat oor wat hulle geleer het die afgelope twee maande, besef Janien sy sal móét praat. Want sy het geleer dat sy nooit sal groei as sy mense nie kan vertrou nie. Sy het geleer dat sy haar hart moet oopmaak. Maar dis nog net teorie; in praktyk is dit nie so eenvoudig nie. Moet sy praat oor haar pa? Hy bly minder as 'n uur van hier af, en het nog nie een keer vandat sy hier is die moeite gedoen om te kom nie. Moet sy praat oor … Desember? Nee. Nooit nie. Janien vryf oor haar arms, wat al 'n rooierige skynsel van die son het. Sy moet maar teruggaan Koninkryk toe. Dit raak nou warm en die son is besig om haar by te kom. Toe sy opstaan, kom Boeliebief aangehol van êrens af. Janien vryf sy oor sy kop, en begin teen die sandduin uitklim. Halfpad kyk sy op, en sien vir Schutte waar hy aan die bokant van die duin verskyn het. Sy moes geweet het sy kan nie eens vir 'n paar minute verdwyn sonder dat iemand dit agterkom nie. "Haai Janien," sê Schutte toe sy by hom kom. "Hoekom loop jy sonder om vir iemand te sê?" Nes sy gedink het. "Jy is nie iemand nie," sê sy moedswillig. Hy lyk ge-chill, soos altyd, en soos altyd frustreer dit haar dat hy nie kwaad word nie. "Wat soek jy hier?" vra sy toe maar. "Vir jou. Ons soek al die afgelope halfuur na jou." "Hoekom? Ek is mooi groot, ek kan na myself kyk." "Ek is seker jy kan. Maar Dominee Jan soek jou." Oeps. Seker oor sy teen die reëls gaan stap het. "Hoekom?" "Iemand het gebel … lyk my dit was belangrik, iemand van Londen af." Hy sê niks verder nie, draai net om en begin terugstap. Janien kan nie beweeg nie. Sy is gevries van binne af buitentoe. Londen. Louis is die enigste persoon wat sy in Londen ken. Hoekom … hoekom moes hy nou kontak maak? Gelukkig was sy nie daar toe hy gebel het nie. Janien begin stadig beweeg. Sy sal sorg dat sy weer nie beskikbaar is as hy dalk bel nie. Sy sal nóóit weer beskikbaar wees vir Louis le Grange nie.

(word vervolg)

No. 12

27


POTCHEFSTROOM

is amper so mooi soos Vermont in die herfs. Vlammende kleure net waar jy kyk. Ek en Griet sit en drink Earl Greytee op die balkon van Café Fiori. Ons is elkeen besig met ons eie gedagtes. Ek kyk na die mense onder op Tomstraat se hoek. (Deesdae is dit mos Steve Biko Rylaan.) So, ek kyk na die mense op Steve Biko se hoek. Daar is studente op fietse en 'n parkeerbeampte wat heen hol met syontsyfer is, moet is 'n dubbele uitdaging! Hierdie is 'n anagram, enen asweer die anagram masjientjie. die waar straatdit stap 'n jongis.pa met 'nmoet dogtertjie aanook elkesoek waar die julle die Oorkant woord soek versteek Verder julle dan Die jongste een isisseker Sy is in haar wêreld. word woord in die Bybelhand. voorkom! Die woorde diere,omtrent plante vier. en gesteentes wateie in die BybelEkvoorkom. Pasop skielik 'n toeskouer van 'n klein snit uit iemand se lewensverhaal, asof ek 'n – daar is 'n groot vangplek! toneel uit 'n filmvoor voor31 myJulie sien 1009 afspeel. Stuur jou korrekte antwoorde per e-pos aan interaksie@kruispad.net of stuur los haar pa (ons se hand na 'n voëltjie dit per faks of slakposDie na dogtertjie die Kruispad-kantoor adreseniskyk op geïnteresseerd bladsy 2). wat voor haar voete rondwip. Sy sak op haar hurke en hou haar hande uit na die voëltjie. Dit lyk of sy met hom praat, hom probeer nader lok. Die pa is al 'n paar treë verder en die ouer sussie roep oor haar skouer na die kleintjie. Sy luister nie, en begin agter die voëltjie aanloop. Ek sien hoe die voëltjie van die sypaadjie af op die teerpad wip, en begin pik na krummels. Hoe die kind hom blindelings volg. Hoe die kar naderkom en … voordat ek kan skree, sien ek dat haar pa net skielik dáár is. Hy pluk haar weg uit die straat 'n breukdeel van 'n sekonde voordat die motor haar tref. Ek sien hoe die kar uitswaai – te laat, maar darem – en ek hoor die skel klank van die toeter. Die dogtertjie huil kliphard – so 'n skreeuende skrikhuil – maar die pa het haar in sy arms. Sy is veilig. Ek voel hoe my hart stadig weer begin klop (want ek is seker hy het gaan staan). Griet het niks gesien nie. Sy het net die toeter gehoor. Baie later, toe ek nog 'n koppie tee met baie suiker in afgesluk het vir die skrik, dink ek weer aan wat gebeur het. Ek dink oor die kind en oor geloof en oor die lewe. Ek besef skielik dat ek 'n prentjie gesien het, 'n spesiale stukkie van hoe God se hart vir ons lyk. Dis wat dit beteken om Sondae te sê "Ek glo in God die Vader …" Mý Vader. Want skielik word ek die dogtertjie. My hand in God s'n. Hy lei my tree vir tree. En wanneer ek besluit om sy hand te los, is dit ék wat wegdwaal, my aandag wat afgetrek word deur wippende voëltjies. Ek klim van die sypaadjie af sonder om twee keer te dink. Toe-oë stap ek na my dood. En dan is Hy dáár. Hy gryp my, red my, kom haal my waar ek is. Hou my vas as ek huil van verlatenheid en vrees. Hy troos my. Ek glo in God die Vader omdat Hy my beter ken as wat ek myself ken; omdat Hy my liefhet ten spyte van myself en omdat Hy my kom haal as ek wegdwaal. Ek glo in God, my Vader!

OMDAT ons in Februarie die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika se 150ste verjaarsdag herdenk het – en dit binnekort met 'n groot partytjie in Potchefstroom gaan vier – het Kruispad bietjie vir ons lesers gaan vra: "Wat dink jy van Gereformeerd-wees?"

HIERDIE

No. 12

28

Wil jy graag 'n bydrae instuur vir die volgende Kruispad-uitgawe? Stuur dit vir ons na kreatief@kruispad.net. Dit kan enigiets wees – 'n gedig, artikel, foto, skildery, of wat dan ook al! Die redaksie wil graag jou gawes gebruik om God te eer! (Dus moet jou bydrae God-erend van aard wees.) Ons sien uit daarna om julle bydraes te ontvang!

KORAAL (Job 28:18; Esegiël 27:16)

Gereformeerd-wees?

Sjoe, wat 'n vraag! Wel, toe ek 'n kind was, was hierdie woord vir my sinoniem aan harde banke, ongemaklike rokkies, te min pepermente, 'n preek waarvan ek nooit 'n woord kon uitmaak nie, tannies met hoede te groot vir my om by verby te sien, en die vreemde verskynsel van mense wat tjoepstil kon sit (anders as ek) vir 'n hele uur lank! Hierdie omstandighede was dan die perfekte teelaarde vir verbeeldingsvlugte, tel van rye en rye bakstene, tel van orrelpype (oor en oor, want daar is nooit dieselfde hoeveelheid van hulle nie), bestudering van die patroontjies op die kanselkleed, verder kon ek ook, as ek my oë op skrefies trek, myself verbeel ek kan die minuutwyser op die horlosie teen die muur SIEN beweeg, net om uit hierdie gedagtewêreld geruk te word as die dominee vurig begin preek of per abuis sy mikrofoon raakslaan terwyl hy beduie. Maar nou lyk dinge vir my anders. Vandat ek belydenis van geloof afgelê het en die beloftes van God begin verstaan het, het dit vir my Christenwees geword. Ek ken God nou meer persoonlik, ek voel bevoorreg dat ek van kleins af in sy huis tuis was. Ek waardeer nou die saadjies van geloof, van kinderlike geloof, wat ongemerk in my hart en in my kop geval en ontkiem het. Ek is dankbaar vir al die katkisasie, vir al die kennis wat in ons ingedril is, want ek besef nou, my geloof groei soos wat my kennis van God en die Bybel groei.

Ek is dus 'n kind van God, wat die voorreg het om Hom te mag aanbid in die Gereformeerde Kerk. Die Gereformeerde Kerk is my aanbiddingsplek, my familie, dis die ander houtjies in die kaggel wat saam met my brand en my geloofsvuurtjie aanhelp. Want op sy eie, bly 'n brandende houtjie bitter moeilik aan die brand. - Rineé Ons Gereformeerdes (Doppers) moet versigtig wees dat ons nie sulke GROOT DOPPERS word, dat ons daardeur algaande ophou om "CHRISTEN GELOWIGES" te word nie. - Knapie Ek dink dit is goed om Gereformeerd te wees. Jy kry goeie opvoeding oor die dieper betekenis van die Woord. Jy word geleer hoe om te onderskei tussen waarhede en leuens van die wêreld. As daar net een ding is wat soms bietjie aan gewerk kan word (maar dit hang van gemeente tot gemeente af), is dit die emosionele sy van ons geloofsbelewenis. Verder is sal ek met trots verkondig dat ek Gereformeerd is. - Hermiene Vir my beteken Gereformeerd-wees dat ons altyd terug reformeer na die Bybel toe (semper reformatia). Dit forseer jou om soms liberaal en soms konserwatief op te tree. - Michael No. 12

29


Dirk Kruger (Kruispad-redaksie)

Passievol in diens van die Here

Wat is jou inspirasie in die lewe?

Wat doen jy as jy nie musiek maak nie?

Verseker die Here. Sonder Hom sou ek nie eens vandag nog geleef het nie. 2 Korintiërs 12:9: "My genade is vir jou genoeg …"

Doen goedjies saam met my vrou, kuier saam met ons vriende, en doen bietjie fly-fishing.

Wat sê jy van die groot debat: Orrel vs Band?

DANIE

Strydom dien as aanbiddingsleier, skrywer van nuwe, vars aanbiddingsliedere, en doen ook verwerkings van ouer liedere en Psalms. Kruispad het onlangs by hom gaan inloer om vir ons bietjie meer te vertel van Passievol – 'n musiekbedieningsgroep onder sy leiding – en hom ook gevra om ons meer te vertel oor dit wat sy passie is in die lewe.

Wat is Passievol?

Passievol is 'n bediening aan die bruid van Christus om, deur musiek as 'n manier van aanbidding, 'n instrument in God se hand te wees wat streef na uitnemendheid, en om net die heel beste vir ons Koning te gee. Ons wil 'n instrument wees wat fokus op die uitbou en opbou van sy Koninkryk. Daarom is dit vir almal, vir verlore en gebroke mense, asook vir dié wat reeds die liefde van die kruis en opstanding beleef en verstaan. Die doel is om die Evangelie deur musiek in 'n eietydse stem by die bruid van Christus uit te kry. Dit moet dan kan bruikbaar wees as 'n instrument in God se hand om sy bruid in aanbidding voor te berei vir die koms van die Bruidegom, Jesus Christus. Ons wil ook gemeentes en individue help met raad vir die ontwikkeling en beplanning van musiekbediening binne hulle gemeentes.

Hoe het jy op die idee van Passievol gekom?

Ek weet en glo dit was nie my idee nie. Dit is absoluut van God af. Hy het my deur sy Woord iets geleer van wie Jesus is en wie sy kerk moet wees. Die verhouding tussen Christus en sy kerk. Die persoonlike verhouding tussen jou en die Here, jou God.

Hoe belangrik, dink jy, is aanbiddingsmusiek in die erediens?

Dit is 'n wonderlike middel om te gebruik om God in die erediens te aanbid en te eer. Dit sal ook great wees as ons dit kan gebruik in 'n erediens, solank dit Skrifgetrou is en bly.

Is die Psalms wat ons sing vandag nog relevant in die kerk?

Ek dink nie ons kan enigsins sê die Psalms is irrelevant vir die kerk vandag nie. Ons moet ook nie enige ander lied of melodie verhewe bo die ander stel nie, maar eerder fokus op Skrifgetrouheid. Ek sê altyd as jy met 'n opregte hart en 'n passie die Here aanbid, maak die tipe lied of musiek nie meer saak nie, maar dit wat tot eer van God is en tot opbou van sy kerk is.

Enige embarrassing oomblikke in jou lewe wat jy met die lesers wil deel?

Die dag toe ek my vrou ontmoet het en sy kom kyk het hoe ek saam met 'n ander band oefen. Skielik kon ek nie 'n noot hou terwyl ek sing nie … Dit is 'n duur les in musiekbediening: as jy nie op daardie oomblik dit vir die regte rede doen nie, en byvoorbeeld 'n girl wil beïndruk, kan jy nie verwag dat dit goed sal gaan nie.

As jy glo die Here het vir jou 'n gawe gegee, gaan voluit daarvoor. Begin by jouself en in jou binnekamer, nooi dan later ander om saam met jou te sing en musiek te maak vir die Here. Jy sal sien hoe God dit laat groei. Onthou dit gaan nie oor ons fame of glory nie, maar net oor Hom en sy eer. Onthou 'n ware hart vir God doen wat tot opbou van die liggaam van Christus is, en partykeer moet 'n mens jou eie idees opsy plaas vir God se plan met sy Kerk.

Wat dink jy van die Gee-jaar van die GKSA wat gaan afskop in 2010? Kan Passievol daar ook 'n rol speel?

Ek dink die Gee-jaar is briljant en ek sien uit na die afskop daarvan in 2010. Dit sal 'n voorreg wees as Passievol deel kan raak of 'n rol kan speel in die opleiding van die Gee-jaar studente, veral in musiekbediening om so ook vir hierdie jongmens die geleentheid te gee om hierdie talente vir God voluit uit te leef.

Verskeie mense het al gevra wanneer 'n CD vrygestel word. Ander gee my weer die opdrag dat dit moet gebeur. Ek glo as dit die Here se wil en plan is met Passievol, sal dit gebeur. Passievol gaan oor die bediening van Jesus Christus deur aanbiddingsmusiek aan sy kerk.

30

Om die Here met my kitaar en my stem te aanbid.

Watter raad het jy vir die Kruispad-lesers wat betrokke wil raak by musiekbediening in hulle eie gemeentes of elders?

Is daar 'n CD in die toekoms van Passievol?

No. 12

En jou passie?

Ek glo nie dat ons die een ten koste van die ander moet gebruik nie, maar aanvullend tot die gemeente se aanbidding tydens eredienste. Ek sal graag die orrel nog saam met die band wil gebruik.

Is daar 'n webblad wat die lesers kan besoek vir meer inligting?

Nee, daar is nog nie 'n webblad nie. Daar is wel 'n Passievol groep op Facebook en op WATU Youth Village. Maar vir enige navrae, as jy dalk meer wil gesels oor musiekbediening, raad wil vra, of betrokke wil raak by Passievol, e-pos my by dan2stry@ gmail.com of bel my by 082 448 7098.

>> Kyk uit vir Passievol by die GKSA 150-fees, hulle gaan die jeug begelei in aanbidding op die Joolplaas op 10 en 11 April.

Vir die pret: • iPod of ander MP3-speler? iPod • Bungee of skydiving? Skydiving (I believe I can fly …) • Go-carts of quads? Quads (offroad) • Kat of hond? Hond (My Jack Russel 'Laaitie') • Chips of wedges?

RIO Café in Potch se slap tjips

• KFC of MacDonalds?

MacD's verseker

• Mango of Kulula?

Kulula

(nog nie Mango gevlieg nie) • Afrika of Amerika? Jabulani Afrika • See of bosveld?

Albei

• Fliek of DVD?

Fliek

• Pepsi of Coke?

Coke

No. 12

31


rd wa Ho n ro By s& m 0M

:1

BOLT is een van Walt Disney se nuutste rekenaaranimasie films. Die hoofkarakter, Bolt (John Travolta), glo dat hy 'n superhond is. Elke week speel hy in 'n TVreeks vol ontploffings, stunts en skurke. Die regisseur beplan alles so goed dat Bolt dink dat hy elke keer regtig vir Penny (Miley Cyrus), sy eienaar, red. Wanneer hy per ongeluk in 'n boks beland en na 'n ander staat gepos word, begin sy avonture in die "regte lewe" saam met sy vriende Mittens, die kat, en Rhino, die marmot. Saam durf hulle die lang pad aan om terug by Penny uit te kom. Bolt begin met aksie en suspence. Ons sien 'n episode van die TV-reeks waarin Bolt en Penny speel en hoe hy haar red. Hy het laseroë, spring meters ver en hardloop teen die spoed van lig. Alhoewel dit op stadiums voel of die fliek 'n bietjie lank word, is daar oorgenoeg humor en aksie om jou aandag te behou.

Bolt bevat genoeg geweld en aksie om te sorg vir 'n ouderdomsbeperking van 10M. Ek het soms gewonder hoe kinders Bolt gaan verwerk. Op een deel hou Bolt, hy dink nog hy is 'n superhond, vir Mittens vas op 'n brug en dreig om haar in die verkeer te laat val indien sy hom nie help nie. Bolt hardloop ook deur die verkeer en word amper deur motors getref. In 'n wêreld waar so baie troeteldiere mishandel word en doodgery word, is sulke tonele regtig onnodig. Bolt is 'n gesinsvriendelike fliek wat kykers van alle ouderdomme sal geniet, so kyk dit gerus saam met jou klein boetie of sussie. Verder is daar geen laster of dubbelsinnighede soos in ander rekenaaranimasieflieks nie. Bolt is definitief 'n fliek wat jy kan gaan kyk en sal geniet.

JIM Carrey speel die rol van Carl Allen, 'n ou wat eerder nee sê vir die lewe en alleen DVD's by die huis kyk. Na vyf jaar sit hy steeds sonder 'n bevordering by die bank en sy eentonige werk maak hom mal. Sy lewe word egter omvêr gegooi wanneer hy 'n seminaar bywoon waar hy 'n belofte maak om vir alles ja te sê. Die konsep van Yes Man is gebaseer op die ware verhaal van Danny Wallace, wat besluit het om vir ses maande lank vir alles ja te sê. Yes Man is 'n komedie wat ekstra ver gaan om jou te laat lag. Partykeer gaan die makers van Yes Man te ver en word die komedie onsmaaklik. Die fliek beweeg teen 'n lekker vinnige tempo en daar is net genoeg tyd om asem te haal om weer te begin lag. Jim Carrey vertolk sy rol as Carl baie goed en soos ons hom ken, sit hy alles in die rol. Sy gesigsuitdrukkings en slapstick komedie laat jou lê soos jy lag. Soos wat dit goedgaan met Carl wat vir alles ja sê, begin goed ook lelik skeefloop. Tog kan 'n mens met Carl

simpatiseer. Die sprong van sy vervelige nee-lewe tot die opwindende ja-lewe is so groot, dat dit amper is asof hy 'n high ervaar elke keer wanneer hy ja sê. 'n Mens leer tog 'n belangrike les uit Yes Man. Die lewe bestaan nie net uit televisie en DVD's nie. Daar is baie dinge om buite jou vier mure te ontdek en te leer. Ons kan ook nie altyd vir alles ja sê nie, maar ons moet rasionele besluite maak en verantwoordelikheid daarvoor aanvaar. Ons kan as Christene ons besluite voor God neerlê en vra vir leiding deur die Gees, om sodoende die regte besluite te neem. Behalwe vir die kru seksuele inhoud, word daar meer as 15 keer gelaster wat heeltemal onnodig is. Indien al hierdie onsmaaklike elemente verwyder word, No. 12 kon dit 'n fun komedie gewees het. Dit was lekker om Jim Carrey weer in 'n fliek te sien, maar dink liewer twee keer 33 voordat jy Yes Man gaan kyk.

7/10

rki n

g:

13

M

SL

ed

ing

Re n pe

be

'n string verkeerde keuses gekenmerk. Sy het later haar lewe in orde probeer kry, en haar droomman ontmoet. Daniel was haar steunpilaar – hulle het met 'n gesin begin, maar na haar tweede kind is Tina met nageboortelike depressie gediagnoseer. Die medikasie het nie gewerk nie, en sy het op 'n dag besluit om 'n einde aan die pyn te maak deur van die Tower Drive-brug af te spring. Te danke aan die flink optrede van twee polisiemanne het sy wonderbaarlik oorleef. Sy het na hierdie drama besef dat die Here haar beskerm het en sy het ook besluit om al meer toegewyd aan Hom te begin lewe. Dit is 'n verhaal wat 'n mens diep raak. Daarom is dit vir my jammer dat die boek nie goed geskryf of vertaal is nie. Die boek kon heelwat korter gewees het; daar is te veel herhalings en onnodige gedeeltes met clichés waardeur 'n mens worstel. Lees gerus Waarom ek gespring het as iemand dit vir jou present gee, maar moenie jou geld daarop uitgee nie. Daar is wel interessante statistieke oor molestering en nageboortelike depressie in (weereens van die VSA), maar jy kan dit ook gaan lees op www.pndsa.co.za. Ek sal wel hierdie boek sterk aanbeveel vir nuwe ma's wat met nageboortelike depressie worstel.

Ye Re s M W gis a O arn seu n ud er r: er do Bro Pe ms s. yto

7 32 00 05 77 81

97 N:

ISB

W Tin aar Pr a Z om y CU s: R ahn ek ge 8 M sp Bo 9,9 5 ek rin e– g

32

he

t

No. 12

'N MENS moet baie guts hê om van 'n brug af te spring. Ek is al genooi om te gaan bungee jump en valskermspring, maar my moed het my elke keer begewe. Dit is hoekom ek so verbaas is dat sommige mense selfmoord pleeg deur van 'n brug of hoë gebou af te spring. Toegegee, mense op die rand van selfmoord se depressie is so ernstig dat hulle nie helder dink nie, en bitter min van ons kan ooit weet hoe dit voel om aan ernstige depressie te ly. Uit die titel en omslag van die boek kan die leser al 'n goeie idee kry waaroor die boek handel – 'n vrou wat van die Tower Drive-brug in Wisconsin, VSA, afgespring het. As sy dan gespring het, hoe het sy oorleef? En nee, ek gee nie die einde weg nie, want die feit dat sy die boek kon skryf, is genoeg bewys dat sy oorleef het. Gaan kyk gerus na die webwerf www.whyijumped. com, daar is 'n senutergende videogreep wat vanuit 'n polisiemotor geneem is van hierdie sprong en hoe haar lewe gered is. Hoekom het sy gespring? Tina Zahn ly aan ernstige depressie. Sy is as jong meisie deur haar stiefpa gemolesteer. Toe haar ma daarvan uitvind, was sy sommer kwaad vir Tina ook, en het sy nie aan haar die ondersteuning gebied wat sy so dringend nodig gehad het nie. Hierna is Tina se lewe deur

Bo Re lt W gis O alt seu ud D er isn r: C do e ms y P hris be ict pe ur Wil rk es lia

H 16 oe Jo is om Pr han – 'n jou CU ys: S w l M R6 mit ak ew Bo 9,9 h e- e t ek 5 up e v e– ca erw ISB ll N: vi oes 97 rj 81 on voo 77 gm r 00 06 en jy 70 se 6

JOU tienerjare is seker die moeilikste tyd in enige mens se lewe. Jy begin jou plek in die wêreld soek. Waar pas ek in? Wat glo ek? Wie is ek? Jy besef jou ouers en onderwysers (wat nog altyd jou helde was) is ook maar net mense met foute. Boonop voel jy ongemaklik en selfbewus oor die veranderinge in jou lyf, en jy weet nie altyd hoe om die emosies wat daarmee saamgaan te hanteer nie. Dit is ook die tyd wanneer baie tieners verkeerde keuses maak, gewoonlik omdat hulle voor vriende en groepsdruk swig. Hierdie keuses is die tema van die boek Hoe om jou lewe te verwoes voor jy 16 is. Die skrywer, Johan Smith, werk al twintig jaar lank met jongmense en is hoof van die Jeugbediening by die NG Kerk Moreletapark in Pretoria. Hy is byna elke dag in kontak met tieners wat die verkeerde pad gekies het en sukkel om van dwelms, 'n lae selfbeeld, depressie en losbandigheid ontslae te raak. Hy praat reguit en eerlik en waarsku teen al die gevare wat hierdie keuses inhou.

Die vyftien verkeerde keuses wat hy identifiseer, is die volgende (elkeen beslaan 'n aparte hoofstuk): vergelyk jou met ander, oorweeg selfmoord, misbruik tegnologie, leef sonder waardes, wees hoogmoedig, verwerp en/of ignoreer jou ouers, rook, gebruik dwelms, ignoreer grense en dissipline in jou ouerhuis, voorhuwelikse seks en losbandigheid, misbruik alkohol, stel jouself bloot aan pornografie, verkeerde vriende en groepsdruk, eetversteurings, en okkultisme en New Age. Elke hoofstuk bevat voorbeelde van gevalle waarmee hy gewerk het. Daar is ook interessante statistieke wat aandui hoe groot elke probleem werklik is en praktiese wenke wat jongmense kan volg as hy/sy moontlik afgedwaal het. Ek sou egter meer Suid-Afrikaanse statistiek wou sien, omdat ons land met ander maatskaplike probleme as byvoorbeeld die VSA sukkel. Dit sou ook tot die boek se voordeel wees as daar 'n samevattingshoofstuk aan die einde was. 'n Pluspunt is die aantal Bybelverse wat na elke hoofstuk die skrywer se punt versterk. Hierdie boek is ook geskik vir jeugwerkers en beraders.

6/10


DIE HEIDELBERGSE KATEGISMUS

(OF ONDERWYSING IN DIE CHRISTELIKE LEER)

Hoe

goed ken jy ons Belydenisskrifte? In die onderstaande vrae en antwoorde is daar 'n paar woorde uitgelaat. Vind hierdie woorde waar dit versteek is in die blokkie, en vul dit in op die regte plekke.

Stuur jou korrekte antwoorde voor 31 Julie per e-pos aan interaksie@kruispad.net of stuur dit per faks of slakpos aan die Kruispadkantoor (ons adres is op bladsy 2). Die eerste drie korrekte inskrywings sal 'n CUM-geskenkpak ontvang.

08 20 ic,

us

M

Dr

M

ar iM o o Sp ich m irit a

el

Tip: Die antwoorde kan agter in jou Psalmboek gevind word …

DROOM is Mari Michael se eerste album en sy bestempel dit as 'n droom wat waar geword het. Sy is bekend vir haar rolle in Backstage en 7de Laan. Droom is 'n album wat diep uit Mari se hart kom. 'n Mens vind haar passie vir die Here in elke lied wat sy sing. Sy sê: "I don't know how not to write music about God and my beliefs". Die lirieke spreek haar liefde, asook haar getuienis, vir God uit. Droom bestaan uit Afrikaanse en Engelse songs, waarvan omtrent die helfte uit haar eie pen kom. Die album begin met die bekende O Heer my God, met 'n bietjie van haar eie klank en styl en dit skep sommer van die begin af die atmosfeer vir die album. U is die Heer is 'n vertaalde lied van Chris Tomlin, met die sentrale belydenis dat God die Here is en "die hemel besig U heerlikheid". Dit is 'n aanbiddingslied wat jou ook saam sal wil laat sing. Die Here is my Herder, is een van haar eie verwerkings en is 'n stunning lied wat uitbasuin dat ons nooit alleen is nie;

God is altyd by ons. Do you believe is 'n belydenis dat Jesus die Seun van God is en ook ons enigste Verlosser: "Do you believe … O, I believe". 'n Droom vir almal sluit by die titel aan. God se droom vir ons lewens is beter as ons eie drome. Ons moet aanhou om op Hom vertrou, dat Hy ons lewens lei. "In elke mens se hart beplan ons elkeen ons eie pad / Maar as jy Hom toelaat, rig Hy jou voete op die regte kant". Die album sluit af met God Bless Africa, wat 'n gebed is vir Afrika, vir vrede, reën, die kinders en ook al die siekes. Die sentrale boodskap van hierdie album, en ook van haar lewe, is God. Droom wissel tussen upbeat aanbiddingsmusiek en rustige songs met lirieke wat diep in 'n mens se hart insink. Sy het 'n gawe ontvang wat sy tot eer van God gebruik. Jy sal definitief wil saamsing wanneer jy hierna luister. 7/10

1. Vraag: Wat is jou _______ troos in lewe en in sterwe? Antwoord: Dat ek met _______ en siel in lewe en in _______ (a) nie aan _______ (b) nie, maar aan my getroue _______, Jesus Christus _______ (c). Hy het met sy kosbare ________ vir al my sondes ten volle ________ (d) en my uit _______ heerskappy van die _______ verlos (e). Hy _______ (f) my op so 'n wyse dat sonder die wil van my hemelse Vader, geen _______ van my kop kan _______ nie (g). Alles moet inderdaad tot my _______ dien (h). Daarom _______ (i) Hy my ook deur sy _______ Gees van die ewige _______ en maak Hy my van harte _______ en _______ om ________ vir Hom te lewe (k). (a) Romeine 14:8. (b) 1 Korintiërs 6:19. (c) 1 Korintiërs 3:22; Titus 2:14. (d) 1 Petrus 1:18, 19; 1 Johannes 1:7; 2:2, 12. (e) Hebreërs 2:14; 1 Johannes 3:8; Johannes 8:34-36. (f) Johannes 6:39; 10:28; 2 Tessalonisense 3:3; 1 Petrus 1:5. (g) Matteus 10:30; Lukas 21:18. (h) Romeine 8:28. (i) 2 Korintiërs 1:22; 5:5; Efesiërs 1:14; Romeine 8:16. (k) Romeine 8:14; 1 Johannes 3:3.

2. Vraag: Hoeveel dinge moet jy weet om in hierdie _________ salig te kan lewe en sterwe? Antwoord: ________ dinge (a): Ten eerste, hoe groot my sonde en _________ is (b); ten ________; hoe ek van al my sonde en ellende verlos word (c) en ten derde hoe ek _________ vir so 'n verlossing ________ moet wees (d). (a) Matteus 11:28-30; Efesiërs 5:8. (b) Johannes 9:41; Matteus 9:12; Romeine 3:10; 1 Johannes 1:9; 10. (c) Johannes 17:3; Handelinge 4:12 10:43. (d) Efesiërs 5:10; Psalm 50:14; Matteus 5:16; 1 Petrus 2:12; Romeine 6:13; 2 Timoteus 2:15.

No. 12

No. 12

34

35

(KOMAAN, MOENIE CHICKEN WEES NIE …)


SA

an

Vir

Kru

by

d(

a isp

1

d

k

en

rd he

v ing

K ie G

r)

aa

j 50

GEREFORMEERDE JEUGAKSIE 'n Terugblik met die oog op môre

DIE

werk van en vir jongmense is baie belangrik. Iemand uit Afrika het dit só gestel: "Indien 'n mens vir 'n jaar beplan, plant dan koring – jy kan dit binne 'n paar maande oes. Indien jy vir tien jaar beplan, plant dan bome. Maar as jy vir 'n leeftyd beplan, vorm dan jongmense." Omdat dit so belangrik is, mag ons tydens die viering van die GKSA se 150ste bestaansjaar nie vergeet wat deur en vir die verlede gedoen is nie.

'n Terugblik

Reeds vroeg in die vorige eeu kom daar (op Nederlandse lees geskoei) Gereformeerde jeugorganisasies in ons land tot stand. Hulle het later as "Jongeliedeverenigings op Gereformeerde grondslag" bekend gestaan. (Gelukkig het die naam nie jongemeisies uitgesluit nie!) Selfstandig, maar in samewerking met die plaaslike Gereformeerde Kerke, doen die JV's baie dinge, soos Bybelstudie, prinsipiële besinning oor aktuele sake wat hulle raak, bied sosiale omgang, ontspanning en nog meer. In een woord: 'n beweging van en vir die jongmense, deur hulself beplan en bestuur. Hulle is nie "van bo af" georganiseer nie, maar het hulle eie goed self gedoen – nie jeugsorg nie, maar 'n jeugaksie! Dié dinamiek blyk onder andere uit die volgende: (1) Die verskillende plaaslike JV's in elke destydse provinsies verenig in 'n Transvaalse, Vrystaatse en Kaaplandse Bond van JV's. (2) Hierdie drie Bonde het saam vergader as 'n Federale Bond van JV's om gemeenskaplike sake te bespreek. (3) Elke Bond het jaarliks (gewoonlik oor Paasnaweek) 'n Bondskongres gehou. Dit was 'n belewenis om dit by te woon!

No. 12

36

(4) Verskillende eie blaaie word later in 'n amptelike maandblad verenig, Die Bondsbode. Ook ander publikasies, soos Dit is die JV's! ('n handleiding vir jeugwerk) en Perspektief op ons JV-werk het die lig gesien. (5) Leierskampe (vir JV-besture) is jaarliks op JV-Eiland (naby Parys) en in ander provinsies aangebied.

Die spreuk oor die belangrikheid van die vorming van jongmense (aan die begin genoem) is bewaarheid. My en my lewensmaat, Hannetjie (raai waar het ons mekaar ontmoet?) se Christelike lewensvisie is verryk, verbreed en verdiep. In die JV het ons lewensvaardighede geleer wat ons nooit sou gehad het nie. As ek vandag met destydse JV'ers (baie vandag steeds vriende) gesels, beaam hulle dat dit 'n ongelooflik kosbare en onvergeetlike tyd in hulle lewe was. Dit het hulle lewenskoers – ook in stormagtige tye – bepaal.

Tydens

die Nasionale Sinode wat in Januarie in Potchefstroom gehou is, moes Kruispad verslag lewer oor dit wat ons die afgelope twee jaar gedoen het. Ons wou graag ook insette van ons lesers af voorhou en het aan 'n paar van julle gevra – Wat beteken Kruispad vir jou?

- (Prof.) Bennie van der Walt, Potchefstroom

- Ben Fourie

Die kerk as geloofsgemeenskap het 'n plig teenoor elke deel van die 'lyf' om hulle te begelei tot geestelike volwassenheid en die 'staan op jou eie geloofsvoete'! Te veel jongmense dink hulle is Christene omdat hulle uit Christenhuise kom, alhoewel hulle nog nie werklik DINK en LEEF (in en oor elke aspek van die lewe) soos wat die Here in sy Woord vereis nie. Ek ervaar Kruispad is 'n instrument wat gesprekke en denke aanwakker vir Christenjongmense op elke stadium van hulle geloofslewe en dit is ook nie kultuurvreemd nie (wat beslis bydra tot die effektiwiteit daarvan)! Dit skroom nie om issues waaroor almal wonder aan te spreek en te bespreek nie – beslis 'n bate vir ons kerk! - Phia le Roux

Daar word baie klem gelê op kinders wat doodgaan van die honger, maar wat maak ons met jongmense wat geestelik arm is en swaarkry. Is dit nie ons plig om hulle te voorsien met wat hulle nodig het nie? Kruispad vervul 'n behoefte wat vir baie jare afgeskeep is in die Gereformeerde Kerk – om jongmense in hulle eie milieu op te bou, te bemoedig en toe te rus. Sterkte en mag die pad vorentoe vir Kruispad geseën wees. Hou so aan, julle doen skitterende werk!

'n Blik vooruit

Sonder om "die goeie ou tyd" te idealiseer, vind ek dit steeds jammer dat die Sinode van die GKSA (1988) die JV's "doodverklaar" en vervang het met kerklike jeugsorg in die vorm van jeuggroepe (JG's). Tydens die afgelope twintig jaar het ek myself afgevra of die JG's (of wat hulle ook al genoem word) se vormingswaarde naastenby vergelyk kan word met dié van 'n selfstandige jeugbeweging. Ek het ook die gevoel gekry dat ons kerke self nie mooi geweet het wat om (let wel) vir hulle jongmense te doen nie. Toe ek die eerste uitgawe van Kruispad in my hande gehou het, wou ek "hoera!" uitroep. Dit was soos die eerste swaeltjie wat in die lente aankondig dat die winter verby is. Veral toe ek later agterkom dat dié aksie nie net tot 'n blad beperk wil wees nie. Ek dink julle is (al is dit in 'n nuwe gedaante) weer terug op die regte pad: uit die jeug, van en vir die jeug. Mag hierdie klein begin groei en bloei in God se koninkryk!

Ek wil graag as gewese ouderling en skriba d.m.v. hierdie skrywe aan die bestuur van Kruispad terugvoer gee i.v.m. die tydskrif. Gun my asseblief om almal wat betrokke is by Kruispad baie geluk te wens met die daarstelling van 'n baie paslike Christelike tydskrif vir jong gelowiges. Daar bestaan al 'n geruime tyd 'n nood vir 'n tydskrif wat die prikkeling van die jong gelowige stimuleer. Hierdie tydskrif vul die leemte nie net binne ons kerkverband nie maar ook daarbuite. Ek het persoonlike ondervinding van die populariteit van die tydskrif buite ons kerkverband. Terugvoer wat ek van ons jongmense gekry het, was dat die inhoud van die tydskrif relevant is in die jongmenswêreld van vandag en dat baie van die artikels die nodige riglyne verskaf om onsekerhede uit die weg te ruim. Dit stimuleer ook die jongmense om 'n geestelike identiteitserkenning te ervaar. Die formaat en uitleg vind ook groot byval by die moderne jong lidmate. In opsomming is ek van mening dat 'n tydskrif soos Kruispad 'n noodsaaklike hulpmiddel is om jongmense wat onseker is oor hul geestelike groei van raad te kan bystaan in 'n era waar toenemende druk op jongmense geplaas word om die kerk as irrelevant te beskou. Ek wil my verstout deur te spekuleer dat die tydskrif deur ouer lidmate net so geniet word. Ons bid u die seën van die Here en mag Kruispad van krag tot krag gaan.

- Louise Grobler Ek is baie opgewonde oor Kruispad!!! Ek dink dis relevant in terme van issues wat die jong klomp face, dis funky en in 'n styl wat beide Christus voorhou en jonk is. Ek is mal daaroor! … en is 35 in 2009. - Jana De Jager

Die tydskrif het my heeltemal verbaas – wie van ons jong mense sou ooit kon dink dat die GKSA vir ons 'n tydskrif wat ons soveel geestelik kennis en insig bied, sal gee?! Vir my gee dit 'n nuwe dimensie aan die GKSA jeug, terwyl dit 'n nuwe manier bied van hoe om jou vriende te betrek by die kerk en gemeenskap van gelowiges. As ek die voorblad sien kan ek nie wag om te sit en die hele tydskrif deur te lees nie. Dit handel en bespreek tiener- en jongmensvraagstukke uit 'n Christelike, GKSA perspektief wat ons jongmense van vandag broodnodig het in die wêreld waar die Bybel dikwels gekritiseer word. Baie dankie vir die werk wat julle as redaksie doen! Kruispad is en sal uitstekend bly! - Vonmari Stoker

No. 12

37


Gereël deur die Jeugdeputate van Partsinode Pretoria. Kontakpersoon: Ds. Johan van Heyningen (jvh@gkbrooklyn.org.za) • Kamp vir enkellopendes 1 – 3 Mei. Kontakpersoon: Ds. Werner van den Heever, GK Rietvallei.

• Tienerbedieningkamp vir graad 8-10 (TB kamp) 1 – 4 Oktober by Zarivongo. Kontakpersoon: Ds. Thys Erasmus, GK Pretoria-Wonderboom-Suid.

• Mootkamp vir graad 10-12 27 Junie – 4 Julie by Wag 'n bietjie kampterrein. Kontakpersoon: Ds. Griffel van Wyk, GK Pretoria-Brooklyn.

• Doppers @ C vir graad 12's Laaste week van die laaste skoolkwartaal. Kontakpersoon: Ds. Thys Erasmus, GK Pretoria-Wonderboom-Suid.

• Wwesskamp vir jong werkendes en senior studente 7 – 10 Augustus. Kontakpersoon: Ds. Johan van Heyningen, GK Pretoria-Brooklyn.

• Jeugwerkersopleiding (vir die leiers van die jeug) Moet nog bepaal word. Kontakpersoon: Gawie Jooste, GK Wapadrant.

• Brugkamp vir graad 6-7 1 – 4 Oktober by Eduland. Kontakpersoon: Ds. Attie Venter, GK Pretoria-Annlin.

http://www.drdino.com/articles.php Laat evolusie jou kopkrap? Klink dit alles soos 'n groot pot sop? Kyk na hierdie webblad en laat die kenners jou inlig. Hier kan jy vrae vra, artikels lees, video's kyk en groei in jou geloof deur 'n positiewe verstaan van God se woord en sy skepping. Daar is ook kommentaar op die evolusioniste se kritiek teen die Bybel. Wees ingelig. http://www.ovo.co.za/ Wie is JY? Al ooit gewonder? Introvert of ekstrovert? Taakgerig of mensgerig? Wel, hier kan jy jou persoonlikheid verken, en jouself as unieke skepsel beter leer ken en verstaan. Doen gerus "Die vyf tale van die liefde" toets (kyk in #11 vir die boekbespreking) en kyk of jy vlot is in jou taal! Jou ouers kan ook nut uit dié oefening put, so betrek die hele gesin en al jou vriende. Hope pret word gewaarborg. Dit is effens moeilik om die toetse te kry omdat die navigasie op die webblad dit nie so duidelik aandui nie. Kliek op die skakel "Artikels" en dan weer op die "Vyf tale van die liefde" skakel, en so ook die "DISC" (persoonlikheidtoets) skakel om by die onderskeie toetse uit te kan kom.

No. 12

38

http://www.e-sword.net/ As jy voortdurend daarna streef om jou tyd nuttig te gebruik om God se woord meer verrykend te maak, is e-sword 'n baie handige hulpmiddel. E-sword is 'n gratis sagtewareprogram wat afgelaai kan word op jou rekenaar – 'n definitiewe pluspunt in terme van gerief. Op die webblad kan jy toegang verkry tot verskillende Bybelvertalings, kaarte, kommentare en Bybelstudies. Op soek na 'n vers? Gebruik 'n sleutelwoord in die soekfunksie en kry dit waarna jy soek. Op hierdie stadium is die Afrikaanse 1933/1953 vertaling die enigste Afrikaanse vertaling wat afgelaai kan word, maar die lys van ander Bybelvertalings is ver oor die 400. Waag selfs jou hand in Latyn, Grieks of Hebreeus. http://www.watuvillage.ning.com Hierdie sosiale blad is onlangs geskep en werk op dieselfde basis as Facebook. Maar dit is gemik daarop om wêreldwyd mense te verbind wie se harte warm klop vir die jeug, en 'n liefde vir God en 'n visie vir die Koninkryk het. Jy het jou eie profielblad waarop jy, net soos op Facebook, foto's kan laai, vriende kan uitnooi, deel kan word van groepe en met ander gelowiges wêreldwyd kan kommunikeer.

No. 12

39 PUK Doppers – Eerstejaarskamp 2009


No. 12

40


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.