Kruispad #15

Page 1


HO E KO M is ons hi er?

IN H O U D S O P GA W E

Kruispad is … 'n eietydse tydskrif met Reformatoriese inhoud, gefokus op aktuele sake, gerig op jong, groeiende gelowiges om toerusting te gee vir die maak van ingeligte keuses wat lei tot geloofsgroei.

H O E wil on s di t doen? Deur 'n interaktiewe medium daar te stel wat relevante temas bespreek en jong gelowiges motiveer om die pad van die kruis van Christus te stap en volwasse in die geloof te word, sodat God die eer sal kry en die Kerk opgebou sal word.

Verklaring Menings uitgespreek in die artikels verteenwoordig nie noodwendig dié van die redaksie nie. Die redaksie behou hom die reg voor van plasing, redigering, verkorting, parafrasering en uitbreiding van die bydraes.

Red@Kruispad

Posadres: Posbus 20700, Noordbrug, 2522 Tel: 018 293 2338 E-pos: navrae@kruispad.net Faks: 086 656 6745 Web: www.kruispad.net

Rekeningbesonderhede vir donasies: Naam van rekening: GKSA Admin Buro t/a Kruispad Bank: ABSA Tak: 632005 Rekeningnommer: 670140040 Verwysing: 0562/KRUISPAD

Uitgegee deur die GKSA

Ontwerp: Sunflood Studios Tel: 021 887 4477 E-pos: info@sunfloodstudios.co.za Web: www.sunfloodstudios.co.za Drukkers: Zero Plus Tel: 012 333 6712 E-pos: info@zplus.co.za

5

Soos met sy vriend

6

8

Kontroversieel: Is die Sondag en die Sabbat dieselfde dag?

10

Geopende Deure

12

Sendinghulp: Die Rooms Katolieke Kerk

13

Maureen van Helden red@kruispad.net

Assistentredakteur Rineé Pretorius kantoor@kruispad.net

Gee-jaar

Brahm Robinson geejaar@kruispad.net

Interaksie & GIGS

Dirkie Steyn interaksie@kruispad.net

Webblad

Dirk Kruger media@kruispad.net web@kruispad.net

Resensies

Dirk Kruger Rynhardt Pretorius Wanja Senekal resensies@kruispad.net

Grafies

Sunflood Studios: - Dian Wessels - Mike Cruywagen - Karien Bredenkamp grafies@kruispad.net

Adviseur: Jeugdeputate Ds. Charl van Rooy charl@gkrandburg.org.za

Aktueel

Santie Lourens aktueel@kruispad.net

Advies & Hulp

Johannes Schickerling advies@kruispad.net help@kruispad.net

Sending & Leefstyl Juanita van der Merwe sending@kruispad.net leefstyl@kruispad.net

Kreatief

Chantelle Tredoux kreatief@kruispad.net

Koffie saam met … Coen en Suria Scholtz van Operasie Mobilisasie

14

Calvyn 500 jaar (deel 3)

16

Life story: "Make a joyful noise to the LORD, all the earth!"

18

Getuienis: God verrig wondere in die lewens van

D I E R E D A K S I E S P AN Redakteur & Subredakteur

4

Gee-jaar

God is my hulp en my redder!

T Y D S K RI F INLIG T ING

M E D E W E R K E R S P AN Ds. Johan Fleischmann Ds. Reynold Fourie Ds. Alwyn Tredoux Dr. Victor d'Assonville Lyudmyla Heath Helei Jooste Emmerentia van Jaarsveld Adriaan van Wyk Anneretha Combrink Ds. Hennie van Wyk Ds. Dinant Zwemstra Edgar Trollip Nicolette Venter

pleegouers

19

Tydlyn

20

Job – Van weelde na potskerwe

22

Die volk van toeka tot nou

23

Hulp: God en die helpers

24

Vervolgverhaal: Bostik

26

BlouAnna: Ek eet heuning- en kaneelbroodjies

28

Kompetisie: Toets jou kennis!

29

Resensies

30

Kunstenaarsprofiel: Deon Meiring van Glaskas

32

Briewe

34

Sê-jou-sê: Hoe bring jy jou Sondae deur?

35

Kreatief: Dominee, sal Wagter in die hemel wees?

36

Kreatief: Tyd sal leer

37

GIGS

38


Red@Kruispad Hallo liewe leser, Ek hoop dit gaan goed met jou! Die jaar hardloop nou vinnig einde se kant toe en jy het seker ook net soveel goed wat nog gedoen moet word voordat ons 2009 groet? Gelukkig kan 'n mens uitsien na 'n blaaskans in Desember voordat 2010 (en al die nuwe dinge wat die jaar gaan inhou) aanbreek.

T E K EN IN O P K RU I SP A D

Nuwe intekenaar Bestaande intekenaar Geskenk vir iemand anders Besonderhede van intekenaar Naam en van ....................................................... ............................................................................. Gemeente ............................................................ E-pos ................................................................... Ouderdom ........................................................... Besonderhede van ontvanger (indien ontvanger verskil van intekenaar)

Naam en van ....................................................... ............................................................................. Posadres .............................................................. ............................................................................. ............................................... Poskode ............... Sel no ................................................................... Tel no (huis) ......................................................... Gemeente ............................................................ E-pos ................................................................... Inteken opsies: Hernuwing R80 – 4 uitgawes

R120 – 6 uitgawes

Ek hoop jy sal ons nuwe uitgawe geniet. Ons kyk in hierdie uitgawe bietjie na die twee manne wat die volk van God uit Egipte, en in Kanaän ingelei het. Wie was hulle? Moses en Josua natuurlik! Hiermee saam kry jy die volgende gedeelte van die Kruispad-tydlyn waarop jy bietjie kan kyk wanneer hierdie twee manne nou eintlik gelewe het. As jy dalk een van die vorige tydlyne gemis het, kan jy dit op ons webblad gaan aflaai en print. Jy is ook welkom om vir my 'n e-pos te stuur (red@kruispad.net), dan sal ek die tydlyn per e-pos vir jou aanstuur. Kruispad wil graag elke leerder, student en veral die matrikulante sterkte toewens met die eksamen wat voorlê. Mag God jou bystaan in elke vraestel (onthou ora et labora*!) en mag Hy jou lei in die besluite wat jy moet neem oor volgende jaar en jou toekoms. Wie weet, dalk sien ons jou by die Gee-jaar! Mag jy 'n pragtige Somertyd beleef, en mag jy in die Kerstyd wat voorlê opnuut God se teenwoordigheid, seën en verlossingskrag ervaar. Ek sluit graag af met uittreksels uit C. Louis Leipoldt se pragtige gedig: "Dit is die maand Oktober! Die mooiste, mooiste maand! Dan is die dag so helder, so groen is elke aand … Dit is die maand Oktober! Die akkerboom is groen, die bloekoms langs die paaie is almal nuut geboen … Dit is die maand Oktober! Ek dink die mense vier vir ewig in die hemel Oktobermaand soos hier!"

Aantal persone waarvoor ingeteken word: (Vir groepe van meer as 10 persone geld spesiale tariewe en moet 'n volledige adreslys aangeheg word. Stuur gerus 'n e-pos na inteken@kruispad.net of heg dit aan die intekenvorm)

Metode van betaling: Tjek Posorder

Die afgelope jaar was propvol gebeure in ons kerkverband. Nie net kon die GKSA haar 150ste bestaansjaar vier nie, maar 2009 is verder ook gekenmerk deur die dubbele sinodesitting. Dit was met groot hartseer wat ek die media-debakel na die sitting in Juliemaand dopgehou het. Veral die liefdeloosheid waarmee Christene mekaar aangeval het, het groot skade berokken. Wat jou gevoel ook al oor die besluite is, dink ek dit is belangriker om God elke dag in die amp van die gelowige (profeet, priester en koning) te dien, en om in alles wat jy doen die dubbele liefdesgebod na te kom wat Christus in Matteus 22 aan ons gegee het: "Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand (en) Jy moet jou naaste liefhê soos jouself."

Elektronies Kontant Ander Datum van betaling .............................................. Ek het van Kruispad gehoor by: Naam en van ....................................................... Sel no ..................................................................

Tot volgende keer, Maureen Soli Deo Gloria!

* bid en werk

Stuur jou intekenvorm en bewys van betaling na een van die volgende adresse: E-pos: inteken@kruispad.net | Faks: 086 656 6745 | Slakpos: Posbus 20700, Noordbrug, 2522 Bankbesonderhede: Naam: GKSA-Admin buro t/a Kruispad | Bank: ABSA | Takkode: 632005 Rekeningnommer: 670 140 040 | Gebruik as verwysing: 0562/004/(Naam en van OF Naam van gemeente) Nadat jou bewys van betaling ontvang is, sal jy die daarop volgende uitgawes ontvang. Terme en voorwaardes geld. Kyk op www.kruispad.net vir meer besonderhede.

Posgeld is nie reeds betaal nie. Plaas asseblief die inskrywingsvorm in 'n gefrankeerde koevert en stuur dit na die Kruispad-adres.

4

5


"Wie, ék?" "Ja, jy."

Johan Fleischmann (GK Kaapstad)

"Die Here het direk met Moses gepraat soos 'n man met sy vriend," (Eksodus 33:11)

66

KRUISPAD | UITGAWE 15

"Hy sal nooit na my luister nie! Ek verstaan bietjie die politiek van die Nyl. Onthou U nou weer, ek het daar grootgeword. Die Israeliete is goedkoop arbeid. As hy hulle vrylaat en uit Egipte laat wegtrek, moet die Egiptenare self al die harde werk doen. Hulle hande het heeltemal te sag geword daarvoor." "Ja, maar dit is mos Ek wat jou stuur. Hy sal luister. Jy sal sien." "En dan kom ek by die Israeliete en sê wat? 'Ek, Moses, wil julle help om vry te kom?' Hulle sal vir my lag. Wie is ek nou eintlik?" "Sê vir die Israeliete Ek-is-wat-Ek-is het jou gestuur. Ék het aan Abraham belowe Hy sal 'n nageslag hê en 'n land om in te woon. Ék het Isak gered toe Abraham hom moes offer. Ék het vir Jakob sy twaalf seuns gegee. En nou gaan Ék julle vrymaak." "En dan?" "Roep eers al die leiers van Israel bymekaar. Vertel hulle wat gaan gebeur. Sê vir hulle Ek-is-wat-Ek-is het gesien hoe swaar hulle as slawe kry. Ek het gehoor hoe hulle kla. Ek gaan hulle help. En dan gaan jy na Farao toe en sê vir hom Ek sê hy moet julle laat gaan. Hy sal nie wil nie, maar Ek sal met sy gal werk totdat hy julle laat gaan." "En as die Israeliete of Farao my nie glo nie? Sê nou hulle dink ek is sommer 'n outjie wat te lank in die woestyn in die son was?" "Ag, Moses, maar jy is 'n bangbroek! Wat het jy in jou hand?" "'n Kierie." "Gooi die kierie op die grond." "Hoekom?" "Doen dit net. Jy sal sien." (Moses gooi die kierie op die grond. Hy spring weg!) "Ah! 'n Slang! Waar's 'n stok!" "Gryp hom aan die stert, man!" (Baie versigtig, skepties gryp Moses die slang aan die stert. Die slang verander weer in sy kierie.) "Doen dit, en hulle sal jou glo. Steek nou jou hand voor by jou hemp in." (Steek sy hand in, voel iets vreemds gebeur met sy hand, trek dit uit. GROOTOOG! Sy hand is vol sere

en verkrimp – melaats!) "Steek dit weer in." (Toe hy sy hand uittrek, is dit weer gesond.) "Hulle sal jou glo. En as hulle jou nog nie glo nie, gooi van die Nyl se water op die grond. Dit sal bloed word. Dit sal hulle oortuig. Niks is vir hulle so kosbaar soos die Nyl se water nie." "Al hierdie wonders is cool, maar ek sukkel bietjie om te praat, ek h-hakkel mos." (Hakkel aspris bietjie erger, net vir die effek.) "En d-dis so 'n v-verl-l-leentheid. Mense l-lag eerder vir my as om na m-my te luister." "Wie het miskien jou tong gemaak? Dis Ek! Moses, gaan nou. Ek sal jou help praat." (Met die stemmetjie waarmee hy altyd vir Sippora so ver kry om vir hom dassiebredie te maak:) "Wil U nie maar liewer iemand anders stuur nie?" (Nou ferm.) "Stop nou jou nonsens, Moses. Eers was dit dat hulle jóú nie sal glo nie. Toe gee Ek aan jou die drie tekens. Nou kan jy weer nie goed praat nie. Ek sal jou broer stuur om saam met jou te gaan. Hy kan mos goed praat. Hy praat heeltyd. Hy is jou mond. Toe gaan nou." (Moses begin wegstap.) "Moses! Waar gaan jy sonder jou kierie!" "O ja, skies." (Hy draai na my wat hierdie artikel lees toe, 'n glimlaggie wat sê Hy is baie lief vir Moses.) "Ai, Moses en sy verskonings." (Sy oë stip op my.) "Ek het vir jóú ook iets om te doen …" "Wie, ék?" "Ja, jy."

"Niemand het groter liefde as dit nie: dat hy sy lewe vir sy vriende aflê. Julle is my vriende as julle doen wat Ek julle beveel. Ek noem julle nie meer ondergeskiktes nie, want 'n ondergeskikte weet nie wat sy baas doen nie. Nee, Ek noem julle vriende, omdat Ek alles wat Ek van my Vader gehoor het, aan julle bekend gemaak het," (Johannes 15:13-15).

KRUISPAD | UITGAWE 15

7


Curriculum Vitae Josua, seun van Nun

Persoonlike inligting Opvolger van Moses:

Moses moes 'n opvolger kry, omdat hy voor die Here gesondig het en nie die beloofde land kon ingaan nie. Die Here het vir Josua aangestel, gesalf en ingelyf as die nuwe leier van die volk. Moses het vir Josua geroep en voor die hele volk vir hom gesê: "Wees sterk, wees dapper! Jy gaan saam met hierdie volk in die land in wat die Here met 'n eed aan hulle voorvaders beloof het om aan hulle te gee. Jy moet hulle dit in besit laat neem. Die Here sal voor jou uit gaan. Hy sal by jou wees. Hy sal jou nie in die steek laat nie, jou nie alleen laat nie. Moenie bang wees nie, moenie skrik nie," (Deuteronomium 31:7-8).

Leier van die volk:

Josua die volk in die beloofde land ingelei waar die Here deur hom gewerk het om Jerigo se mure te laat intuimel. Hy het altesaam 31 volke en konings verslaan. Die volk is verdeel, elkeen op sy eie stuk grond, en Josua kon "aftree" na 40 jaar van slawerny, 40 jaar van omswerwinge in die woestyn en 20 jaar van baie oorlog.

Hosea (beteken hulp of redder). Moses het sy naam na Josua verander wat beteken "God is my hulp en my redder".

Naamgenoot:

Jesus het dieselfde naam gehad.

Josua se einddoel:

Om die volk van God na die beloofde land te lei en te sorg dat elke stam sy eie blyplek in Kanaän kry.

Josua bedien:

Josua was van sy kinderdae af Moses se dienaar.

Moses se dienaar:

Toe Moses met die Here op die berg gaan praat het, het Josua saam gegaan en vir 40 dae en 40 nagte op 'n afstand vir Moses gewag. Hy was gelukkig om Moses se dienaar te wees, want hy kon na sy woorde en dade luister, hy kon sien hoe Moses met die Here omgegaan het. Hy het saam met Moses besluite geneem en 'n pad saam met die Here gestap.

Prestasies (deur die krag van die Here)

88

KRUISPAD | UITGAWE 15

Toe Josua omtrent 40 jaar oud was, het die Here hom gekies om teen die Amalekiete te veg. Josua was 'n ongelooflike goeie vegter, wat die volk kon lei in al die oorloë wat hulle geveg het. Josua was 'n dapper vegter, maar deur dit alles was hy kinderlik gelowig en geheel afhanklik van God.

Leierskap:

Lei baie oorloë.

Leier van die Efraim-stam.

Een van die twaalf verspieders wat die land Kanaän binnegegaan en ondersoek het.

Josua en Kaleb het die land met die visie van God se beloftes gesien. Josua het aan God se beloftes vasgehou en was gehoorsaam omdat hy naby aan God geleef het. Die ander tien manne wat in ongeloof na die land gekyk het, het gesien dat die mense van daardie land groot en sterk was en het gedink dat die Israeliete nie die land in besit sou kon neem nie.

Geestelike leierskap:

Josua het die volk laat belowe en 'n verbond laat aflê dat hulle aan die Here gehoorsaam en getrou sal wees. In geen tydperk het Israel die Here meer getrou gedien as in die dae van Josua en 'n geslag daarna nie. Josua was 'n dienaar van Moses, veel meer, 'n dienaar van Israel, en bo alles 'n dienaar van God.

Josua vandag Is jy besig om 'n dienaar vir God te wees? Is jy besig om God se plan met jou lewe uit te voer, en is jy gehoorsaam aan Hom? Soos Josua moet jy in gehoorsaamheid leef, dan sal die Here sy pad met jou stap, jy sal weet wat om te doen en jy sal by magte wees om te doen wat Hy wil. Soos Jesus gesê het: "Laat nogtans nie my wil nie, maar U wil geskied." Dit kan ons net doen deur gehoorsaam te wees, te dien en 'n pad saam met die Here te stap. Dit is so dat 'n mens nie altyd weet hoekom dinge met jou as mens gebeur nie, maar God het 'n plan met jou. Hy sê dit in Jeremia 29:11: "Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle 'n toekoms gee, 'n verwagting!" Hou hieraan vas, wees 'n gehoorsame dienaar vir God wat rondloop en getuig: "God is my hulp en my redder."

Josua het vasgestaan in die geloof, hy was dapper en was nie bang vir die reuse van Kanaän of vir sy eie volk wat opstandig was teen hom en Kaleb nie. Die volk wou hulle stenig, maar die heerlikheid van die Here het hulle beskerm. Toesprake van Josua:

Die volk het in opstand gekom en Josua moes vinnig, deur die genade van God, ingryp. Hy het vir die hele volk gesê: "Die land wat ons gaan verken het, is 'n buitengewoon goeie land. As die Here ons goedgesind is, sal Hy ons na hierdie land toe bring en dit aan ons gee, 'n land wat oorloop van melk en heuning. Julle moet net nie teen die Here in opstand kom nie. Moet ook nie vir die mense van die land bang wees nie, want ons sal hulle maklik verslaan. Hulle gode sal hulle nie kan beskerm nie. Die Here is by ons. Moenie vir hulle bang wees nie!" (Numeri 14:6-9).

Die volk is egter gestraf vir hulle ongeloof en moes vir 40 jaar lank in die woestyn swerf, die tien ander verspieders is deur 'n plaag doodgemaak en baie van die volk het in die woestyn doodgegaan omdat hulle ongehoorsaam was aan God.

Verwysings

Reynold Fourie (GK Boksburg-Suid)

Oorloë:

Hy was 'n leier wat die volk kon moed inpraat.

Josua 1 – 24. Rigters 1 en 2. 1 Kronieke 7:27. Handelinge 7:45.

Naam:

Nun

Eksodus 17, 24, 32 en 33. Numeri 13, 14, 26, 27, 32 en 34. Deuteronomium 1, 3, 31, 32 en 34.

Vader:

KRUISPAD | UITGAWE 15

99


KONTROVERSIEEL

'n vrou kyk en haar begeer, het reeds in sy hart met haar egbreuk gepleeg," (Matteus 5:27 en 28). Maar wanneer Hy oor die vierde gebod praat, is dit in 'n stryd met die Fariseërs oor hulle wettiese beskouing oor die Sabbat. Markus 3:4: "Daarna vra Hy vir hulle: 'Mag 'n mens op die Sabbatdag goed doen of kwaad doen, iemand red of doodmaak?' Hulle het egter niks gesê nie." Na hierdie woorde genees Jesus 'n man met 'n gebreklike hand. So wys Hy dit help nie om te fokus op wat 'n mens nie mag doen op die Sabbat nie – vra eerder wat moet ons doen!

Alwyn Tredoux (GK Vaalpark)

Wat moet ons doen volgens die vierde gebod? Die Gereformeerde antwoord, volgens die Heidelbergse Kategismus Sondag 38, is juis om nie te vra "wat mag ons NIE doen nie" maar eerder "wat MOET ons doen?" Wat is die positiewe inhoud waarmee die Sondag gevul moet word: God wil ten eerste dat:

E

lke Sondag hoor ons Eksodus 20:8, die vierde gebod: "Sorg dat jy die Sabbatdag heilig hou." Vandag is Sondag en ons is hier bymekaar in 'n erediens, so Sondag = Sabbat. Die verwarring bestaan by baie kinders en selfs grootmense en lei tot vele vrae oor dinge soos Sondagsport. In hierdie artikel gaan ons probeer vasstel hoe ons regtig oor die saak moet redeneer. Sondag = Sabbat? Die eerste saak wat duidelik uitgeklaar moet word, is die feit dat Sondag en Sabbat NIE een ding is nie. Die Sabbat, die sewende dag van die week, is Saterdag. Sondag is die eerste dag van die week. Ons moet versigtig wees om alles wat in die Ou Testament oor die Sabbat gesê word op Sondag toe te pas. Waarom dan kerk op Sondae? Nou is die vraag – waarom hou ons eredienste op die eerste dag en nie op die sewende dag nie? Die antwoord is eenvoudig – Christene het dit nog altyd so gedoen. Die waterskeidingsmoment was Jesus se Sabbat, rustend in die graf, en die Sondag wat Hy opgestaan het – die eerste dag van die week was die eerste dag van sy lewe as oorwinnaar oor die dood. Sedertdien het Christene die dag met sy wonderlike betekenis as aanbiddingsdag aangegryp. Johannes 20 wys hoe die dissipels na Jesus se opstanding begin het om op Sondae bymekaar te kom: Die eerste Sondag – Jesus se opstanding (Johannes 20:1). Die tweede Sondag – Die dissipels is bymekaar sonder Thomas (Johannes 20:19). Agt dae later (volgens die Joodse manier van dae tel, was dit die volgende Sondag) – Die dissipels was dié keer bymekaar met Thomas ook by (Johannes 20:26). In Handelinge 20:7 word daar beskryf hoe die gelowiges in Troas op die Sondag bymekaargekom het. 1 Korintiërs 16:2 praat van gemeentelike insameling op die Sondag.

Dus nou 'n Sabbat op 'n ander dag? Beteken dit nou dat die Sabbat eintlik nou net van dag verander het – van Saterdag na Sondag? Die antwoord is NEE! Nêrens in die Nuwe Testament kry ons 'n opdrag dat die Sondag soos die Sabbat onderhou moet word nie. Die vroeë Christene kon nie besluit om nie te werk op die eerste dag van die week nie. Hulle moes Sondag soos ander dae hanteer, behalwe dat hulle bymekaargekom het vir gesamentlike aanbidding – eredienste. Die eerste keer wat Sondag 'n rusdag geword het, was toe keiser Konstantyn in die jaar 321nC 'n wet uitgevaardig het: "Op die geëerde dag van die Son, laat die magistrate en mense wat in die stede bly, rus, en alle werkswinkels toe bly." Die Sondag as rusdag kom van 'n Romeinse keiser af en nie uit die Bybel nie!

• •

Woordbediening en die godsdiensonderrig in stand gehou word; ywerig met die gemeente van God saamgekom moet word;

• • • •

die Woord van God gehoor word; die sakramente gebruik word; die Here openlik aangeroep word; die Christelike liefdegawes gegee word.

t

Alles is dinge wat tuishoort by die erediens, die aanbiddingsamekoms wat die Christene van vroeg af op die Sondag gevier het. God wil ten tweede dat:

• •

ek elke dag van my lewe van my bose werke rus; en die Here deur sy Gees in my laat werk.

So begin ek die ewige Sabbatsrus reeds nou, as ek elke dag (nie net Sondag nie!) rus van my sonde! Die belangrike van Sondag is nie: "Geen Sondagsport of inkopies of ontspanning nie." Maar ek weet, ek moet met my medegelowiges bymekaarkom om God te dien. Niks word sonde omdat dit Sondag is wat nie op 'n ander dag sonde was nie. Elke dag behoort aan God en ek moet elke dag rus van my sonde en tot eer van God lewe!

Beteken die vierde gebod nou niks meer nie? Maar wat maak ons met die vierde gebod? Die NGB artikel 28 wys dat die seremoniële wet (offers ensovoorts) in Christus vervul is en die gebruik daarvan nie by Christene moet voortgaan nie. Calvyn wys in sy Kategismus (171) daarop dat die vierde gebod ook 'n seremoniële karakter het en dus in daardie opsig vir Christene verval het. Jesus het eintlik al self in sy tyd op aarde vir ons leidrade hiertoe gegee. Wanneer Hy oor ander gebooie gepraat het, het hy die betekenis daarvan na die intensiewe trap toe oorgeskakel. Dink aan die sesde gebod: "Julle het gehoor dat daar van die ou tyd af aan die mense gesê is: 'Jy mag nie moord pleeg nie; en elkeen wat moord pleeg, is strafbaar voor die regbank.' Maar Ek sê vir julle: Elkeen wat vir sy broer kwaad is, is al strafbaar voor die regbank. Verder, elkeen wat sy broer uitskel vir 'n gek, is strafbaar voor die Joodse Raad; en wie hom uitskel vir 'n idioot, is strafbaar met die helse vuur," (Matteus 5:21 en 22). Of die sewende gebod: "Julle het gehoor dat daar gesê is: 'Jy mag nie egbreuk pleeg nie.' Maar Ek sê vir julle: Elkeen wat na

In die lewe van 'n Christen mag daar nie 'n verskil wees in die manier wat ons 'n Sondag of enige ander dag van die week deurbring en optree nie. Netso is daar, anders as wat 'n mens verwag, geen verskille in die boonste twee prentjies nie. Elke dag behoort aan God en ek moet elke dag rus van my sonde en tot eer van God lewe!

10

KRUISPAD | UITGAWE 15

KRUISPAD | UITGAWE 15

11


SENDINGHULP

D

A

Wie is God?

Hulle glo ook in God Drie-eenheid, Vader, Seun en Heilige Gees.

Bron van Teologie

Die Bybel. Hulle het ekstra boeke (Apokriewe boeke) in hulle Bybel, wat nie in die Protestantse Bybel voorkom nie. Hulle glo hierdie boeke is ook Goddelik geïnspireer. Die volgende is voorbeelde hiervan: Tobit, Judit, Makkabeërs 1 en 2, die Wysheid van Salomo, die Wysheid van Ben Sirag, Barug.

Verlossing

Deur Christus se kruisdood en opstanding alleen.

Spesifieke hoofleier van die kerk op aarde?

Die Pous. Hy is die biskop van Rome, en daarom die hoof van die kerk. Hulle beroep hulself op die apostoliese herkoms om die gesag in 'n persoon te versterk: "Jy is Petrus, en op hierdie rots (petra) sal Ek my gemeente bou, en die poorte van die hel sal dit nie oorweldig nie," (Matteus 16:18). Hulle glo dat Christus se gesag mondelings en geskrewe oorgedra word. Dus kan die Pous 'n uitspraak maak wat net soveel gesag dra as die Skrif. Lw. Die GKSA se kerkseël bevat die laaste woorde van dié vers omdat "petra" verwys na hierdie belydenis van Petrus, dat Jesus die Christus is, en nie na die persoon van Petrus nie.

Vergifnis van sonde

Hulle glo dat Christus aan die Apostels en hulle navolgers die gesag oorgedra het om te doop en om sonde in sy Naam te vergewe. Die twee gaan hand-aan-hand. Hy gee aan hulle die sleutels van die Koninkryk om oop en toe te kan sluit. Vandat die Apostels die Heilige Gees ontvang het, kon hulle doop en sonde vergewe (Lukas 24:47, Matteus 16:19).

Stuur gerus 'n e-pos na sending@kruispad.net met enige vrae of opmerkings. Sewe sakramente

1) http://cara.georgetown.edu/bulletin/index.htm 2) http://www.religion-online.org/listbycategory.asp?Cat=22 3) http://www.vatican.va

angesien Noord-Korea steeds nommer een op die Wêreldwaarnemingslys van vervolgde lande is, moes ek baie versigtig wees toe ek met 'n paar Christelike items in my bagasie die grens wou oorsteek. Ek was op pad na 'n sekere streek met 'n klompie sakke vol Christelike literatuur, wat ek bedek het met 'n paar kledingstukke en ander persoonlike items. Ek het tot dusver veilig deur die meeste van die gebiede beweeg, maar by 'n spesifieke grenspos het 'n soldaat my voorgekeer, sodat ek deursoek kon word. Ek was baie bang dat hulle die boeke sou ontdek, maar ek het so kalm as moontlik al die vrae wat die soldaat aan my gerig het probeer beantwoord. Terwyl ons gepraat het, het ek gebid en die Here gevra om asseblief tog net die oë van hierdie soldaat te sluit, sodat hy tydelik blind sal wees. Ek weet mos die Here kan dit doen, omdat Hy ook die oë van die groot menigte, wat Dotan omsingel het, gesluit het (2 Konings 6:8-23). Wat ek gevrees het, het gebeur. Die soldaat wou my sakke deursoek en het my gevra om my sak oop te maak. Ek het weer gebid en steeds probeer kalm bly. "Here God, U het my die taak opgelê om hierdie goedere af te lewer, wil U dit dan nie net ook veilig bewaar nie, asseblief?" Ek het stadig my sak begin oopmaak. Dit was agterop my fiets vasgemaak met 'n rekbare tou wat algemeen gebruik word om bagasie op fietse vas te maak. Terwyl ek besig was om die rek, wat redelik styf vasgemaak was, te probeer loskry, het dit skielik losgeskiet en my been getref. My oopgesnyde been het onophoudelik begin bloei. Die soldaat het nie geweet wat om te doen nie en vir my gesê ek moet vinnig by 'n dokter uitkom vir behandeling. Ek het skoon vergeet van my pyn en net oor en oor gesê: "Halleluja, dankie Vader!" 'n Rukkie later het ek egter bewus geraak van die geweldige pyn, maar het die wond sommer self behandel met die noodhulpsakkie wat ek by my gehad het. Ek kon nie anders as om hardop te dink nie: "Jesus Christus het sy kosbare bloed vir ons aan die kruis uitgegiet, die bietjie bloed wat ek vandag verloor het, is niks in vergelyking met sy opoffering nie. My lewe is nie vir my belangrik as God dit wil gebruik om sy planne uit te voer nie."

ie woord 'katoliek' kan in Afrikaans met 'algemeen' vertaal word, dus het die naam van die Rooms Katolieke Kerk (RKK) sy oorsprong in die feit dat dit baie jare gelede as die algemene kerk beskou is. Dit word beraam dat daar in 2007 ongeveer 1,147 biljoen Katolieke in die wêreld was, wat op daardie stadium 17 % van die wêreld se bevolking uitgemaak het¹. Rooms Katolieke teologie verteenwoordig 'n beduidende, en soms kontroversiële stel beginsels. Die Katolieke Kerk, gelei deur die Pous, is 'n tak van die Christendom wat baie jare van groei en veranderinge in die wêreld deurstaan het. Dis is juis om hierdie rede dat baie mense passievol is oor die ideologie en filosofie wat verteenwoordig word deur die Katolieke Kerk. Daar is egter, in vandag se moderne wêreld, baie mense wat begin onderskei tussen wat dit beteken om 'n liberale, of 'n konserwatiewe Katoliek te wees². Omdat ons graag die korrekte inligting oor die Katolieke Kerk in hierdie artikel wil gee, en aangesien daar so baie variëteite in hierdie kerkgroep is, het ons die mees betroubare bron gebruik om die volgende tabel uit op te stel. Die onderstaande inligting is op die amptelike webtuiste van die RKK gekry³:

Gebed

Volgens die RKK het Christus 7 sakramente ingestel vir die kerk, naamlik: Doop, Aanneming, Nagmaal, Boetedoening/Bieg, Priesterwyding, Die Huwelik en Die Laaste Oliesel. Hulle bid tot God, maar ook tot die heiliges en Maria.

Nagmaal

Hulle glo in die transsubstansiasie van die brood en die wyn. Dit beteken dat die brood en die wyn fisies in die liggaam van Christus verander.

Wat gebeur na die dood?

Almal wat in God se genade gesterf het, maar wat net half gereinig is, is verseker van hul ewige verlossing, maar hulle ondergaan na die dood reiniging om heiligheid te verkry wat nodig is om die vreugde van die hemel in te gaan. Dit staan bekend as die Vagevuur (1 Korintiërs 3:15, 1 Petrus 1:7). In Matteus 12:31 staan daar dat iemand wat teen die Heilige Gees laster, nie vergewe kan word in die lewe, of die lewe hierna nie. Hieruit interpreteer hulle dat daar wel klein oortredings na hierdie lewe vergewe kan word. Ook uit 2 Makkabeërs 12:46 leer hulle dat Judas Makkabees ingetree het vir die afgestorwenes, sodat hulle bevry kon word van hul sonde.

Maria

Hulle glo dat Maria die Moeder van God is, en dat sy 'n ewige maagd is. Dit impliseer dat Jesus geen broers of susters gehad het nie. Hulle interpreteer Matteus 13:55 waar daar van Jesus se broers Jakobus, Josef, Simon en Judas gepraat word, as die seuns van "die ander Maria" waarvan ons ook in Matteus 27:56 en 28:1 lees. Jesus was Maria se enigste kind, maar haar geestelike moederskap reik uit oor alle mense vir wie Jesus gesterf het. Hulle glo dat sy vry was van enige oorerflike sonde en dat sy deur haar hele lewe sondevry gehou is.

Vir verdere inligting rakende vervolgde Christene, besoek Geopende Deure se webwerf by www.opendoors.org.za of skakel hulle hoofkantoor by 011 888 9341.

Brahm Robinson & Rineé Pretorius (Kruispad-redaksie)

12

KRUISPAD | UITGAWE 15

KRUISPAD | UITGAWE 15

13


C

oen en Suria Scholtz leef, saam met hulle sestien kinders, passievol vir Christus. Hulle is betrokke by die evangeliesasiegroep Operasie Mobilisasie en Kruispad het bietjie by hulle gaan aanklop vir koffie.

Kies een van die twee:

organisasie uit individue bestaan en dat elke individu in geloofsafhanklikheid van God, sy verhouding met God en sy gehoorsaamheid aan sy roeping werk. Dit is uiteindelik God wat die groei bring en daarom, as ons enige sukses sou hê in die wêreld, sou elke greintjie eer God alleen toekom!"

Sien OF Hoor

Hoor (Coen en Suria)

Boek OF Fliek

Boek (Suria); Fliek (Coen)

'n Bietjie meer oor Coen en Suria

Winter OF Somer

Somer (Suria); Winter (Coen)

Coen het op 'n plaas naby Daniëlskuil in die NoordKaap grootgeword. Suria is weer 'n Overberger van Caledon se omgewing. Suria beskryf hulle huwelik graag as "kruis-kultureel" omdat sy 'n meer Westerse ingesteldheid het, terwyl Coen eerder 'n Afrika-wêreldbeskouing het. Stories, boeke, die Here, sending, gesels en mense is van die passies wat hulle deel. "Mense vind soms ons groterige saamgestelde gesin vreemd (hulle het sestien kinders waarvan veertien aangenome is, en is selfs al oupa en ouma) maar vir ons is dit absoluut 'n seën en ook heerlik om nooit te wonder of daar genoeg kinders vir 'n verjaarsdagpartytjie sal opdaag nie!"

Beplan OF Doen

Doen (Suria); Beplan en doen (Coen)

Groente OF Vrugte

Groente (Suria en Coen)

"Ons kuier graag saam met vriende en familie, maar terselfdertyd ontspan ons ook graag weg van mense af."

SMS OF Bel

Bel (Coen en Suria)

Wat is julle lewensmotto?

Binne OF Buite

Buite (Suria); Binne en Buite (Coen)

Koffie OF Tee

Koffie (Suria); Tee (Coen)

"Our utmost for his Highest!" en "It's possible!", wetende dat Jesus die God van die onmoontlike is. Ons geniet ook 'n gesindheid van: "Let's do it!"

Wat is Operasie Mobilisasie en hoe het dit ontstaan? Operasie Mobilisasie (OM) het in 1957 ontstaan toe George Verwer en twee universiteitsvriende van hul besittings verkoop het om evangelisasiewerk in Mexiko te gaan doen. Op 1 November 1961 het 25 studente die Madrid Manifesto geteken en daarmee verklaar "… the world is our goal … no matter what the cost". Die Here het hulle opgeneem op hierdie woorde en vandag is OM een van die groter sendingorganisasies in die wêreld met 4 800 werkers (waarvan die getalle jaarliks groei) in 110 lande. Iets waarvoor OM bekend is, is hul passie vir Christenliteratuur – OM besit die grootste drywende boekwinkel ter wêreld, die Doulos en vroeër vanjaar is 'n tweede skip, die Logos Hope, te water gelaat. Operasie Mobilisasie werk saam met 'n wye reeks kerke binne evangeliese sirkels en het hulle verbind tot inheemse leierskap in die lande waar hulle werk. Die bediening is holisties van aard. 'n Sterk pioniersgees word aan elke nuwe generasie sendelinge oorgedra en OM verbind hulself om relevant te bly in die tyd waarin ons leef. SportsLink, AidsLink en Kidsgames is van die inisiatiewe wat deur OM geskep is om die uitdagings van ons tyd te hanteer. "As leiers van Pro Christo Global Missions, 'n pioniersorganisasie gebore in Afrika, met meer as 'n honderd sendelinge onder totaal onbereikte stamme, het ons vroeër vanjaar met OM saamgesmelt om sodoende groter trefkrag in die onbereikte wêreld te hê."

Wat doen Coen en Suria vir ontspanning?

Wat kry julle in die oggend uit die bed uit? Wat is die behoeftes vir hierdie tipe bediening? "Ons grootste behoefte bly mense, mense en nogmaals mense! Mense wat in 'n verhouding met Jesus Christus staan, 'n pioniersgees het en 'n hart vir die nie-Christene, sodat hulle uit liefde kan gee, gaan en bid." Watter tipe uitreike/projekte is daar? "Daar is uitreike vir tieners (Teen Street) en vir studente (onder andere Global Challenge), en gewone uitreike soos bouprojekte, gebedsuitreike, en evangelisasieuitreike. Daar is 'n sesmaandelange sendingopleiding en tweejaarlange "dienstermyn" op die Doulos- en Logos Hope-skepe waar jy saam met medegelowiges van regoor die wêreld woon en werk. "Ons het ook gemeenskapontwikkelingbedienings en gebruik besigheid as sending. Ons is ook altyd op soek na onderwysers vir die skole wat ons begin. Mense uit enige beroep is nodig en bruikbaar." Wat kan lesers doen om betrokke te raak, te help, of om op sommige van die uitreike te gaan? "Enige Christen wat met sy/haar lewe 'n verskil wil maak, kan by die uitreike betrokke raak. Enige Christen wat 'n behoefte het om doelgerig en diensbaar in sy Koninkryk te leef, kan ons kontak!" Besoek die webtuiste www.omsa.org.za vir meer inligting. Voel julle dat Operasie Mobilisasie suksesvol is? "Solank daar nood, behoefte, gebrokenheid en hopeloosheid in die wêreld bestaan, sal OM in hulle doel slaag. Dit is belangrik om te onthou dat 'n

"Die wekker! Soms die kinders! Die woorde van Keith Green, "Jesus rose from the dead and you can't even get out of bed!" Maar uiteindelik die gedagte dat daar 'n doel in ons lewens is!" Wat is julle raad aan jongmense van vandag wat 'n sukses van hulle lewens wil maak?

God se oë wees. Toets daarom al jou verhoudings en jou doel op aarde aan wat God as suksesvol sal beskou!" Wat is julle boodskap aan jong Christene vandag, wat teen groepsdruk en wêreldstandaarde moet staande bly om steeds Christus se lig te laat skyn? "Christenskap gee vir ons die geleentheid om relevant en real te wees. Juis dít wat die wêreld soek, hét ons, maar ons is dikwels te bang om met oorgawe te leef! Alle mense sal gemaklik wees met ons en ons Christenskap solank dit nie aangeplak of veroordelend is nie. Ons raak dikwels ongemaklik as ons wil wegsteek wie ons is en dit is dán wanneer ons compromise om eerder volgens wêreldse standaarde ín te wees, en by mense die indruk laat dat ons dit fake. "'It's easier to cool down a fanatic than to raise a corpse', in die woorde van George Verwer, die stigter van OM: kry klaar met mediocre living! "Maak getuienisse en stories van ewigheidswaarde bymekaar. Dit gee soveel betekenis aan ons lewens om in gehoorsaamheid te sien hoe God ons gebruik. In die woorde van een van ons aangenome kinders: 'I was part of the problem of this world, but now through God's grace I can be part of the solution in the world'."

"Sukses in hierdie lewe of sukses in die ewigheid? Net dít wat ewigheidswaarde het, sal uiteindelik suksesvol in

GUNSTELINGE: Gunsteling fliek

Mr Holland's Opus; Pay it Forward; Cool Runnings; Pride and Prejudice – the BBC series en baie ander!

Gunsteling restourant

"Die Spur!", skree die kinders. Het ons enige sê? Dalk Ocean Basket in die volgende seisoen?

Gunsteling vakansiebestemming

Margate het 'n instelling geword, maar vakansie is ORAL en ALTYD great!

Gunsteling vervoermiddel

Hang af hoe ver ons moet gaan en hoe haastig ons is.

Gunsteling boek

Die Bybel.

Gunsteling Bybelvers

"Seek ye first the kingdom of God and His righteousness …" Matteus 6:33. En: "Now to the King eternal, immortal, invisible, to God who alone is wise, be honour and glory forever and ever. Amen." 1 Timoteus 1:17.

Gunsteling sê-ding

Awesome

Gunsteling selfoonnetwerk

Ons is net dankbaar as daar een is!

Gunsteling dier

Enigiets wat die locals nie eet nie!

Santie Lourens (Kruispad-redaksie)

14

KRUISPAD | UITGAWE 15

KRUISPAD | UITGAWE 15

15


Van beroemd na legendaries …

As ons dink Genève van die 16de eeu stem ooreen met ons 21ste-eeuse beeld van 'n sjokolade-en-Heidi-Switserland, 'n land waar alles skoon, mooi en vriendelik is, waar alles vlot verloop, waar Switserse messe, modes en horlosies naas Switserse geheime bankrekenings belangrike uitvoerprodukte is, maak ons 'n groot fout. Die Genève waar Calvyn daardie somerdag in Julie 1536 aangekom het, waar hy net een nag in 'n herberg op pad na Basel wou oorbly om dan daar rustig verder te studeer en boeke te skryf, was 'n stad op die breekpunt tussen die Middeleeue en die moderne, 'n stad waar gereformeerdheid ('n begrip wat eers later in gebruik sou kom) glad nie vanselfsprekend was nie. Inteendeel. Van 'n maklike en rustige lewe sonder persoonlike beproewings was daar geen sprake nie. Aanvanklik sou maande verbygaan voordat "doktor" (= "leraar") Johannes Calvyn sy eerste betaling sou ontvang. Intussen was die situasie in die stad baie onseker. Weens die voortdurende bedreiging van politieke magte buite die stad en die aanhoudende druk vanuit Roomse kringe met gereelde pogings om die stad te forseer om Rooms te wees, het ook Calvyn onder spannende omstandighede geleef. Hierdie Switserse stad, pas enkele maande offisieel nie meer Rooms nie, blyk 'n taai tameletjie te wees.

"Sa! Vat hom!" Om te beleef dat mense hulle honde op jou sit, of om bedags deur verbygangers gekoggel te word (net omdat hulle die Evangelie weerstaan) en saans deur 'n horde skreeuendes buite jou huis met wapens gedreig te word, om openlik op straat en soms in die kerk gevloek te word – dit alles was deel van die weerstand waarmee Calvyn en sy kollega-predikante in Genève te doen gehad het. Alhoewel die stad 'n skamele twee maande vantevore amptelik besluit het om hulle by die Reformasie te voeg, het dit nog lank nie beteken dat die mense in hul harte daarvan oortuig was nie. Dit was een saak om ten alle koste weg te kom van die juk van die "kerk", maar iets anders om uit oortuiging bereid te wees om 'n nuwe lewe onder die Woord te lei. Die meeste burgers van Genève wou in daardie stadium eintlik net vry wees, vry om te besluit wat hulle wil doen, sonder om bereid te wees om God se leiding uit die Skrif te aanvaar. Onwillekeurig herinner dit ons aan Romeine 8:7 of Efesiërs 2:3, en roep dit ons belydenis in die Heidelbergse Kategismus Sondag 2 op: "… ek is van nature geneig om God en my naaste te haat".

Wat reeds gebeur het Reeds 'n paar maal moes die jong Calvyn vir sy lewe vlug. By verskillende geleenthede moet hy vir sy eie veiligheid, maar ook vir dié van vriende en geesgenote, selfs van skuilname gebruikmaak. Dit is maklik om saam met die stroom te dryf. Om egter jou geloof te bely wanneer die tydsgees anders is, is nie net moeilik nie, dit kan nadelig en soms lewensgevaarlik wees. Aanvanklik teensinnig, maar uiteindelik tog onder die indruk van die Here se roeping, willig hy in die somer van 1536 in om hom in Genève te vestig met die opdrag om die Skrif uit te lê. Weens die sukses van die eerste uitgawe van sy Institusie kort vantevore op die belangrike boekeskou in Frankfurt am Main, is hy reeds beroemd. Maar hoe lyk dit in daardie stad waar hy as reisiger aangekom het om as geroepene te bly?

Romantiese Switserland? En boonop gereformeerd? Ons dink so maklik aan Genève as 'n gereformeerde stad waar alles voorspoedig en maklik verloop het, en Calvyn kon maak wat hy wou. Kwaadwillige propaganda – ook in Suid-Afrikaanse koerante en tydskrifte – teken 'n prentjie van Calvyn as 'n diktator wat almal kon hiet en gebied en wou dwing om soos hy te glo. Maar klop dit met die feite? Is daar enige tikkie waarheid wat in 2009, 500 jaar na die geboorte van hierdie begaafde boorling van Frankryk, steeds wyd en syd in Afrikaanse koerante en oor Afrikaanse radiostasies verkondig word?

Victor E. d'Assonville (GK Marble Hall; Akademie für Reformatorische Theologie, Hannover; Instituut vir Klassieke en Reformatoriese Studies, Bloemfontein.)

16

KRUISPAD | UITGAWE 15

Openbare tweegeveg Intussen duur die stryd vir die waarheid voort. Calvyn het nie tyd om hom oor vyandighede te verknies nie – ook nie oor vyandighede wat teen hom persoonlik gerig word terwyl dit eintlik opstand teen die Here en sy Woord is nie. Sy hulp word ingeroep. In Oktober 1536 moet hy saam met kollegas na Lausanne gaan, 'n Switserse stad, 'n raps meer as 60 km verder noordoos langs die Geneefse meer. Daar moet hulle deelneem aan 'n openbare disputatio (dispuut), 'n godsdienstige debat volgens bepaalde reëls wat oor 'n paar dae strek en waarin die voorstanders en die teenstanders van die Reformasie diskussie oor al die argumente pro en contra (daarvoor en daarteen) voer – 'n redelik algemene instelling in daardie dae. Vir 'n paar dae lank weerhou die skugter Johannes Calvyn homself daarvan om ook aan die diskussie deel te neem. Sy vriende en kollegas, waaronder die predikante Farel en Viret, verwyt hom later. Hy het tog al die kennis! Sy Institusie getuig daarvan. Waarom los hy hulle as't ware alleen in die leeukuil? Sy antwoord: Hulle kwyt hul heeltemal goed genoeg van hulle taak. Hulle toon telkens oortuigend uit die Skrif uit

aan waarom die Roomse sienings verkeerd is. Dit is nie vir hom ook nodig om in te klim nie.

Die Waarheid seëvier Maar teen Vrydag 6 Oktober 1536 – die dispuut is toe al in sy vyfde dag – kan hy dit net nie meer hou nie. Die vals argumente en drogredenasies van Roomse kant af is net te veel. Een van die Roomse teoloë, 'n sekere priester met die naam van Mimard, beskuldig die Reformasie daarvan dat hulle van die Vroeë Kerk en spesifiek van die kerkvaders se uiteensettinge en verstaan van die Skrif afwyk. Calvyn kom vir die eerste keer aan die woord. Dis soos die een rekenaarlêer na die ander wat opgeroep word. Aan die weergee van die voorafgaande jare en maande se ywerige kennis is daar nie keer nie. Met die vlymskerp vernuf van sy fotografiese brein stapel Calvyn die een historiese argument op die ander. Sy ensiklopediese detail en die omvang van aanhalings – waar hy uit sy kop uit nie net verskillende kerkvaders woord vir woord aanhaal nie, maar daarby boonop ook vermeld in watter uitgawes van watter boeke dit deur hulle gesê word – verstom die toehoorders … en die teenstanders. Om alles te kroon, laat Calvyn nie na om waar nodig te sê waar in die boeke en daarby nog waar op die spesifieke bladsye die spesifieke aanhalings deur die spesifieke kerkvader staan nie. Teen die tyd dat die dispuut tot 'n einde gekom het, ná meer as 'n week van debatvoering, kom buitengewoon baie van die Roomse voorstanders en teoloë, waaronder die einste Mimard, tot inkeer en erken hul dwaling. Daarmee was die knoop in die Waadland (streek rondom Lausanne) finaal vir die Reformasie deurgehaak. Meer as tweehonderd priesters en monnike voeg hulle by die Reformasie. En Calvyn, reeds beroemd weens sy Institusie, se kennis is nou legendaries.

Die Woord wek weerstand Die beloftes in die Skrif dat die Evangelie – wanneer dit suiwer verkondig word – altyd weerstand ontlok, het egter nie lank op hulle laat wag om waar te word nie. Aan die tuisfront het die weerstand teen die reformatoriese verkondiging van Farel, Calvyn en die ander predikante toegeneem. Teen April 1538 het die pot kookpunt bereik. Die predikante hou vol met hulle eis van Reformasie – 'n konsekwente gehoorsaamheid aan die Woord. Aan die ander kant probeer die raad van die stad die predikante dwing om in te gee. As laasgenoemde die gereformeerde Skrifbeginsels nie wil laat vaar nie, word Farel, Calvyn en die blinde dominee Corault op kort kennisgewing verban.

As banneling op trek Weer is Calvyn op die trekpad – die keer nie as geloofsvlugteling uit die Roomse Frankryk nie, maar as banneling uit 'n stad wat in naam gereformeerd wil wees, maar tog nie bereid is om te buig voor die Woord nie … Waarheen nou?

Volgende keer: Ná sy verbanning word Calvyn predikant van 'n klein vlugtelinggemeente. Hy kry geleentheid om ander belangrike leiers van die Reformasie in Europa te leer ken. Hy begin werk aan die eerste gereformeerde Psalmboek. En hy vind 'n lewensmaat …

KRUISPAD | UITGAWE 15

17


God verrig wondere in die lewens

van pleegouers

Helei Jooste (GK Vaalpark)

Lyudmyla Heath

M

y story started in 1982 in Alexandria, a small town in the centre of Ukraine. It was the year when I was born and when the Lord started preparing me for the journey of life. At the age of four, my mother asked me: "Lyudochka, what would you like to do one day?" I said: "I want to be a singer!" At the age of five, I started playing the piano. I inherited the love and appreciation for music from my mother and as for my father – he passed his tenacious and persevering spirit onto me! They are my biggest fans and nothing can compare to the joy I always experienced in my younger years when I performed in front of my parents, family and friends. The most interesting part of it was that I sang all the beautiful Christian worship songs, without me or my family going to the church or even thinking that we must give our heart to Jesus Christ. God had a plan to bring us closer to Him through music. Due to the communism in the country we were not at all educated in religion, God or what He has done for us. As a family we were going through difficult times, so on 27 August 1995, not knowing where else we could find comfort, my mom and I went to the church service. That day both of us received the Lord in our lives. I was still at school and it is beautiful to see how the Lord continued working in my life, shaping my personality and preparing me for something bigger and greater than I could ever imagine. After finishing school in 1997 my desire to further my musical studies led me to the Kirovograd Music College, where I studied until 2001. The time spent at the college was priceless for me in terms of practical experience and general musical exposure. I was the only Christian among the students and this really challenged me to stand firm for what I believe, growing stronger in Christ. In 2001 I was invited to come to South Africa to join Joyful Noise Ministries, which was situated in the picturesque town of Stellenbosch. It was the biggest step of my life and I really had to trust God to show His perfect will for me. I didn't have any knowledge of English or Afrikaans, I was only 19 years old and to leave my country, family and friends, it wasn't such an easy thing to do. Although I was very self-confident and eager to explore the unknown, the Lord showed me that He wanted me to rely on Him for the decision. Therefore, I asked Him to give me signs to confirm

18 18

KRUISPAD | UITGAWE 15

H

His perfect will. My parents had to say "yes", the visa and right documentation had to be in place and thirdly I said: "Lord, when I'm there, You must look after me …", since I had no personal finances to rely on. I had to take a step of faith, learning to trust Him in all circumstances. I arrived in Cape Town on 16 February 2002, only knowing that I needed to be in 'StalinBush' (the only way I could remember the name, Stellenbosch). Together with the other young musicians, I toured all over the country ministering to people of different age groups over the boundaries of denominations and cultures. Meeting many interesting and diverse people, becoming well acquainted with the South African culture and languages, I was bound to fall in love with this country. Since 2005, I am a member of the music group, ZAMAR, where I sing, play accordion and compose music. This in itself is a wonderful testimony of how God gives me music to write, how He brings hope into all spheres of the community and influences other people's lives by inspiring them to live out their dreams to make this world a better place. Looking back over 27 years, God has proven himself as my faithful Provider, Helper and Comforter. Together with my husband, we are looking forward to the journey that lies ahead, seeking God's will for our lives and learning what it means when God says in his Word: "Trust in the Lord with all your heart, do not lean on your own understanding, and He will direct your paths," (Proverbs 3:6).

oe beskryf 'n mens die hartseer en teleurstelling na twee onsuksesvolle in vitro bevrugtings? "Is ons nie goeie ouers nie? Wat sê ons vir ons dogtertjie wat net soos ons vir die Here smeek en soebat vir 'n boetie of (verkieslik) 'n sussie?" Na dese besef ons dat God se weë nie ons weë is nie, ons wil, nie noodwendig God se wil nie, en ons tyd, ook nie God se tyd nie. Wat ons ook besef, is dat toe ons op ons moedeloosste was, God wonderwerke in ons lewe wou verrig … Uit die bloute kom daar 'n geleentheid om 'n tweejarige tweeling, wat dringend uit omstandighede van verwaarlosing moes kom, in veilige bewaring te neem. Sonder dat ons naam op 'n waglys is, sonder dat ons daarvoor gevra het, gee die Here hierdie geleentheid aan ons. Direk nadat ons die kindertjies by die hof gaan haal het, begin ons die liefde en deernis van almal, en spesifiek van God, ervaar. Vriende dra vir ons kos aan. Die tweeling word met klere, geskenke, elkeen met 'n stewige rooi motorfiets en geld vir fietse (vir hul derde verjaardag) oorlaai. Wat ons deur baie genade en wonderwerke

kon regkry, is om (na een en 'n half jaar) vir ons tweeling sekuriteit en liefde te kon gee en vir hulle van God se liefde te kon leer. Ons oudste dogter het geleer: deel liefde, deel aandag, deel tyd, deel speelgoed. Ons kon dit nooit vir haar (wat as enigste kind grootgeword het) leer nie. Sy het oornag groot geword! In Mei 2008 het die tweeling se negentienjarige ma hulle na Oos-Londen ontvoer. Na baie wonderwerke, wat net God kon bewerk, is hulle teruggekry … 'n Artikel wat 'n joernalis-vriendin van my in Oos-Londen se gratis koerant laat plaas het, het gehelp dat ons 'n oproep ontvang het om die presiese adres te kry waar hulle hul bevind het. Dit het 'n verdere wonderwerk gekos om ons op 'n vliegtuig na en van Oos-Londen, tot veilig in ons eie huis te kry op 'n besige Vrydagmiddag/aand! Elke dag saam met ons tweeling is 'n wonderwerk. Wanneer hulle praat en sing van Jesus in hul hart, besef ons weer hoeveel wonderwerke gebeur het in ons en hulle lewe. Hoewel die toekoms vir ons onseker is, en ons al die genade nodig het wat God oor ons uitstort, besef ons elke dag meer en meer ons genadetyd saam met hulle is vol wonderwerke.

KRUISPAD | UITGAWE 15

19 19


Hierdie is die derde deel van Kruispad se Bybeltydlyn. Stuur gerus 'n e-pos na red@kruispad.net as jy die vorige een gemis het en wil hê dat ons dit vir jou moet aanstuur. - Red

EKSODUS, LEVITIKUS, NUMERI, DEUTERONOMIUM, JOSUA

Omdat die Bybel nie oral ouderdomme vir die persone hieronder gee nie, word slegs 'n geslagslyn in hierdie uitgawe weergegee.

BENJAMIN "seun van die regterhand/gelukskind" - Gen. 35:16-20 "Jakob-hulle het van Bet-El af getrek na Efrata toe. Hulle was nog 'n ent daarvandaan toe bring Ragel 'n kind in die wêreld. Dit was 'n moeilike geboorte … Ragel was aan die sterf en terwyl sy haar laaste asem uitblaas, noem sy die seuntjie Ben-Oni. Sy pa het hom egter Benjamin genoem."

Eksodus 1:1-5 "Hier volg die name van die Israeliete wat saam met Jakob na Egipte toe gekom het, elkeen met sy gesin: Ruben, Simeon, Levi en Juda; Issaskar, Sebulon en Benjamin; Dan, Naftali, Gad en Aser. Jakob het sewentig afstammelinge gehad. Josef was toe al in Egipte."

HOSEA "verlossing" / JOSUA "die Here is verlossing" (110 jaar) - Num.13:8, 16 "Hosea, seun van Nun uit die stam Efraim … Dit is die name van die manne vir wie Moses gestuur het om die land te verken. Moses het aan Hosea seun van Nun die naam Josua gegee."

WOONGEBIED

NUN "vis" - 1 Kron. 7:23-27 "Hy (Efraim) het hom Beria genoem, omdat dit gebeur het toe daar 'n swaar tyd in sy huis was … Beria se seuns was Refag en Resef. Resef se seun was Telag, en sy seun Tagan. Sy seun was Ladan, sy seun Ammihud, sy seun Elisama, sy seun Nun en sy seun Josua."

EFRAIM

"vrugbaar wees" - Gen. 41:52 "Josef het sy ander seun Efraim genoem, 'want,' het hy gesê, 'God het my vrugbaar gemaak in die land waar ek verneder is.'"

MANASSE "laat vergeet" - Gen. 41:50-51 "Reeds voor die jare van hongersnood begin het, is daar vir Josef twee seuns gebore ... Hy het die oudste Manasse genoem, 'want,' het hy gesê, 'God het my alles laat vergeet: al my swaarkry en alles wat

Kinders van Jakob en Ragel

my familie my aangedoen het.'"

JOSEF "mag Hy (die Here) byvoeg" (110 jaar) - Gen. 30:22-24 "God het op Ragel ag geslaan en haar gebed verhoor. Hy het haar nie langer kinderloos gelaat nie. Sy het swanger geword en 'n seun in die wêreld gebring en toe sê sy: 'God het my skande weggeneem.' Toe noem sy die seun Josef, 'want,' het sy gesê, 'die Here sal my nog 'n seun gee.'" JAGSEËL

"God deël";

GUNI

"geverf";

JESER

"regskapenheid";

SILLEM

"vergelding" - Num. 26:48-50 "Die Naftalifamilies was dié van Jagseël, Guni, Jeser en Sillem. Die Naftalifamilies was altesaam vyf en veertig duisend vier honderd man."

NAFTALI "worstelaar" - Gen. 30:8 "'Ek was in 'n bitter swaar stryd gewikkel met my suster, maar ek het gewen.' Toe noem sy die seun Naftali." SUGAM "grawer" - Gen. 46:23 "Die Danfamilie was dié van Sugam en sy nageslag. Dit was die enigste Danfamilie. Die Sugamfamilie was altesaam vier en sestig duisend vier honderd man." DAN "Hy het reg verskaf" - Gen. 30:6 "'God het in my guns uitspraak gelewer, Hy het my gebed verhoor en vir my 'n seun gegee.' Daarom het sy hom Dan genoem."

RAGEL "ooi" - Gen. 29:16-17 "Laban het twee dogters gehad … die jongste (was) Ragel … Ragel was mooi gebou. Sy was beeldskoon." JAKOB

"hakskeen" /

1. Ruben 2. Simeon 3. Levi 4. Juda 5. Issaskar 6. Sebulon 7. Benjamin 8. Dan 9. Naftali 10. Gad 11. Aser 12. Josef Efraim Menasse

Oos van die Jordaan Suid Priesters, geen grond Suid Noord Noord Suid Suid (en Noord) Noord Oos van die Jordaan Noord Noord en Oos van die Jordaan

Die TWAALF STAMME VAN ISRAEL

ISRAEL "hy worstel met God" (147 jaar) - Gen. 49:3-28 "Ruben, Simeon, Levi, Juda, Sebulon, Isaskar, Dan, Gad, Aser, Naftali, Josef, Benjamin … Dit is al twaalf die stamme van Israel."

DIE ISRAELIETE in EGIPTE

LEA "wilde koei" - Gen. 29:16-17 "Laban het twee dogters gehad. Die oudste was Lea … Lea het sagte oë gehad." RUBEN "sien 'n seun" - Gen. 29:32 "Lea het swanger geword en 'n seun in die wêreld gebring en hom Ruben genoem, 'want,' het sy gesê, 'die Here het my smart raakgesien. Nou sal my man my liefhê.'" HENOG {Ganok} "gewyd"; PALLU "uitmuntend"; HESRON "omslote"; KARMI "wynboer" en hulle geteldes was drie en veertig duisend sewe honderd en dertig."

- Num. 26:5-7 "Ruben, die eersgeborene van Israel; die seuns van Ruben was: (Henog, Pallu, Hesron, Karmi) … Dit is die geslagte van die Rubeniete;

SIMEON "verhoring" - Gen. 29:33 "Lea het weer swanger geword en 'n seun in die wêreld gebring en sy het gesê: 'Die Here het gehoor dat ek nie liefde ontvang nie. Daarom het Hy my hierdie seun gegee.' Sy het hom Simeon genoem." LEMEUL "dag van God"; JAMIN "regterhand/geluk"; OHAD "kragtig"; JAKIN "hy stel vas"; SOGAR "ligglans"; SAUL "hy wat afgebid is" - Gen. 46:10 "Simeon en sy seuns Jemuel, Jamin, Ohad, Jakin, Sogar en Saul, seun van 'n Kanaänitiese vrou."

LEVI "hy wat God aanhang" (137 jaar) - Gen. 29:34 "Sy het weer swanger geword en 'n seun in die wêreld gebring. Toe sê sy: 'Na hierdie keer sal my man aan my gebind wees, want ek het nou al drie seuns vir hom in die wêreld gebring.' Daarom het sy die seun Levi genoem."

GERSON "verbanning"; KEHAT (130 jaar); MERARI "bitter" - Gen 6:15 "Nou volg die name van die seuns van Levi volgens hulle geslagsregisters: Gerson, Kehat en Merari." AMRAM "die volk is verhewe" (137 jaar) - Num. 26: 58-59 "Kehat was die voorvader van Amram, en Amram se vrou was Jogebed, ook uit die nageslag van Levi. Sy is in Egipte gebore en haar en Amram se kinders was Aäron en Moses en hulle suster Mirjam."

MOSES "kind van die Nyl" (120 jaar) - Eks. 2:2, 10 "Die vrou het swanger geword en 'n seuntjie in die wêreld gebring. Toe sy sien hoe mooi is hy, het sy hom drie maande lank weggesteek … Toe hy oud genoeg was, het sy hom na die dogter van die farao toe gebring … Sy het hom Moses genoem."

JUDA "Hy sal geloof word" - Gen. 29:35 "Sy het nog 'n keer swanger geword en 'n seun in die wêreld gebring. Sy het gesê: 'Hierdie keer prys ek die Here.' Daarom het sy die seun Juda genoem." (Kinders van Juda en sy Kanaänitiese vrou, Sua): ER "wagtende"; ONAN "kragtig"; SELA "Bede" - Gen. 38:1-5 "Destyds het Juda weggetrek van sy broers af, in die rigting van Adullam … Daar het Juda vir Bat-Sua, 'n Kanaänitiese meisie, raakgeloop en met haar getrou … sy het swanger geword en 'n seun in die wêreld gebring. (Er, Onan en Sela)."

Kinders van Jakob en Lea

(Kinders van Juda en sy skoondogter, Tamar): PERES "breuk"; SERAG "ligglans" - Gen. 38:27-30 "Toe die tyd van haar bevalling aanbreek, het dit geblyk dat sy 'n tweeling verwag … Toe sê sy: 'Jy het met krag vorentoe gekom.' Hy is toe Peres genoem. Daarna het die broertjie gekom … en hy is Serag genoem."

ISSASKAR

"daar is loon" - Gen. 30:18 "God het Lea se gebed verhoor, en sy het swanger geword en 'n vyfde seun vir Jakob in die wêreld gebring. Sy het gesê: 'God het my 'n loon gegee omdat ek my slavin aan my man gegee het.' Toe noem sy die seun Issaskar."

- Jakob se gunsteling seun, Josef, word deur sy broers verkoop as 'n slaaf - Josef lê die Farao se drome uit en word aangestel oor Egipte - Josef help sy familie tydens die hongersnood - Die Israeliete word slawe - Die Farao beveel dat alle pasgebore seuns doodgemaak moet word - Moses word in 'n mandjie weggesteek en word aangeneem deur die Farao se dogter - Moses slaan 'n Egiptenaar dood en vlug na Midian - God openbaar Homself aan Moses deur 'n brandende bos - God beveel Moses om die Israeliete te verlos en te lei na die land van melk en heuning - God stuur tien plae - God maak die Rooi See oop sodat die Israeliete kan deurtrek

TOLA "wurm"; PUWWA "'n kleurstof"; JASUB "hy keer om"; SIMRON "waaksaam" - Num. 26:23-25 "Die Issaskarfamilies was dié van Tola, Puwwa, Jasub en Simron. Die Issaskarfamilies was altesaam vier en sestig duisend drie honderd man." SEBULON "woning" - Gen. 30:19-20 "Lea het weer swanger geword en 'n sesde seun vir Jakob in die wêreld gebring. Toe sê sy: 'God het hierdie keer 'n mooi geskenk aan my gegee. Nou sal my man by my bly, want ek het ses seuns vir hom in die wêreld gebring.' Toe noem sy die seun Sebulon." SERED "Ontkom"; ELON; JAGLEËL "wag op God" - Num. 26:26-27 "Die Sebulonfamilies was dié van Sered, Elon en Jagleël. Die Sebulonfamilies was altesaam sestig duisend vyf honderd man." DINA GAD

"oordeel" - Gen. 30:21 "Daarna het sy 'n dogter in die wêreld gebring en haar Dina genoem."

"geluk" - Gen. 30:10 "Toe Lea besef sy bring nie meer kinders in die wêreld nie, het sy haar slavin Silpa gevat en vir Jakob gegee as vrou. Sy het vir hom 'n seun in die wêreld gebring, en Lea het gesê: 'Nou is ek gelukkig!' Sy het die seun Gad genoem."

SIFION "verwagting"; GAGGI "op 'n feesdag gebore"; SUNI ; OSNI "Die Here het gehoor"; en Areli. Die Gadfamilies was altesaam veertig duisend vyf honderd man."

ERI "wakend"; AROD "boggelrug"; ARELI "seun van 'n held" - Num. 26:15-18 "Die Gadfamilies was dié van Sifion, Gaggi, Suni, Osni, Eri, Arod

ASER "gelukkig" - Gen. 30:12-13 "Daarna het Lea se slavin Silpa 'n tweede seun vir Jakob in die wêreld gebring, en Lea het gesê: 'Hoe gelukkig is ek. Die vrouens sal my Die Gelukkige noem!' Toe noem sy die seun Aser." JIMNA "mag (God) verdedig"; JISWI "rustig"; BERIA "voortreflik" - Num. 26:44-47 "Die Aserfamilies was dié van Jimna, Jiswi en Beria … Aser het ook 'n dogter gehad, Serag. Die Aserfamilies was altesaam drie en vyftig duisend vier honderd man."

DIE TIEN PLAE 1. 2. 3. 4. 5. 6. 7. 8. 9. 10.

Die Nyl verander in bloed Paddas Muggies Steekvlieë Pes Swere Hael Sprinkane Drie dae duisternis Dood van alle eersgeborenes

10


Adriaan van Wyk (Kruispad-medewerker)

Emmerentia van Jaarsveld (Kruispad-leser) "En hy het vir hom 'n potskerf geneem om hom daarmee te krap, terwyl hy in die as sit. Toe sê sy vrou vir hom: Volhard jy nog in jou vroomheid? Seën God, en sterf! Maar hy antwoord haar: Soos 'n dwaas praat, praat jy! Die goeie sou ons van God aanneem, en nie ook die slegte aanneem nie? By dit alles het Job nie gesondig met sy lippe nie," (Job 2:8-10).

J

ob. 'n Regverdige man, vroom, welgesteld en godsdienstig. Tog word sy getrouheid aan God tot die uiterste beproef … Hy word getref met swere, verwerp deur sy naastes en simpatie wyk om aan sy voordeur te klop, maar Job endure elke aanslag en hy protesteer heftig dat hy onskuldig is, bo en behalwe die feit dat mense agter hulle hande vir mekaar sê dat sy toestand te wyte is aan sonde en tug. Die vrae wat by 'n mens opkom as jy die boek van Job lees, is of jy uit iemand se teëspoed of voorspoed kan aflei of hul regverdig of goddeloos is? Laat God waarlik "vallei tye" (moeilike tye) in sy kinders se lewens toe? In dié verband kan ons vashou aan 1 Korintiërs 13:12: "Nou kyk ons nog in 'n dowwe spieël en sien 'n raaiselagtige beeld, maar eendag sal ons alles sien, soos dit werklik is. Nou ken ek net gedeeltelik, maar eendag sal ek ten volle ken soos God my ten volle ken." Die feit is dat 'n mens nie God in 'n paradigma kan inforseer nie, want Hy is God. Dit beteken dat Hy soewerein is en nie gebonde is aan menslike paradigmas oor wie (of hoe) Hy is nie. Hy is groter as enige filosofiese of teologiese denkraamwerk waarbinne die mens Hom wil plaas. Die pad wat die Here met ons stap lyk soms raaiselagtig, en ons kan nie werklik sy weë verstaan nie, tog bly Hy altyd in beheer. In Job 29 – 31 lees ons hoe Job God as't ware uitdaag om verantwoording te doen vir dit wat Hy na bewering aan Job gedoen het. Iets waarmee seker elkeen van ons kan assosieer. Ons neig om dikwels God te beskuldig, vrae aan Hom te vra en antwoorde by Hom te soek, maar in die proses kyk ons verby iets … God is by ons tydens ons swaarkry en bemoedig ons juis dan om nog stywer

22

KRUISPAD | UITGAWE 15

aan Hom vas te hou, maak nie saak wat ons in die lewe aandurf of deurmaak nie. Die klimaks van die boek, bekend as die GODSREDE, word in hoofstukke 38 – 41 beskryf. Hierin antwoord God duidelik vir Job dat hy wat 'n mens is, nie die raaisels van die skeppingsorde kan verstaan nie, slegs God verstaan dit. God dwing Job so te sê in 'n hoek in deur aan hom bekend te maak dat hy nie die natuurwonders, die kosmos, ensovoorts verstaan nie, maar tog leef hy daarmee saam, daarom moet hy berusting in God vind al kry hy nie antwoorde op al sy vrae nie. Daar is 'n uitdrukking wat lui: "Met Salomo se wysheid en Job se geduld." Twee en veertig hoofstukke en amper tweeduisend jaar later staan ons as mense in 'n bevoorregte posisie om die verhaal van Job te lees met die besef dat ons God nie in kanne of kruike kan inpas nie en dat geduld die saad van geloof laat ontkiem. Om God onvoorwaardelik te vertrou en te weet dat Hy in beheer is van alles, spreek van vrede, vertroue en wysheid. NIKS kan ons van die liefde van ons Vader skei nie. Ons kan egter eers hierdie tipe rus en vrede ervaar wanneer ons kan getuig dat ons God persoonlik ontmoet het … Job 42:5: "Tot nou toe het ek net gehoor wat mense van U sê, maar nou het ek U self gesien." By Job leer ons dat God ons enigste anker in hierdie lewe is, selfs in tye wanneer dit wil lyk asof God teen ons is. Deur die worstelstryd eerlik en openhartig met Hom te voer, sal ons ervaar dat Hy nie teen ons is nie, maar vir ons. Om getrou en geloofwaardig aan God te bly, ten spyte van ons omstandighede, sal lei tot herstel. God het Job dubbel en dwars beloon vir wat hy verloor het omdat hy in die dieptepunt van die vallei op God bly vertrou het, en omdat hy vrede daarmee gemaak het dat God 'n plan vir sy lewe het. In Job 23:10 (in die Amplified Version) is iets kosbaar om ter harte te neem: "But He knows the way that I take (He has concern for it, appreciates and pays attention to it). When He has tried me, I shall come forth as refined gold (pure)."

D

aar is geen twyfel dat Egipte nie in die Holy Land is nie … Steeds is daar baie toergroepe wat Egipte besoek om allerhande interessante dinge te ontdek. Die verskil tussen die reis van die volk van toeka en pelgrims van vandag is hemelsbreed, of is dit? Dit is 'n amazing reis wat God se volk onderneem het. En nou vra ek vir jou … vir watter beter toergids kan 'n mens vra as die Een wat die aarde met sy eie hande gevorm het, die berg Sinai saamgeraap het vir 'n spesifieke doel? Dit is verseker iets spesiaal. Dit wys ons ook iets van God se karakter as Toergids van ons lewens. Wat doen 'n toergids? Hy wys rond, om dit nou plain and simple te stel. God maak geen geheim daarvan dat Hy daarvan hou om vir ons goed te wys nie. In Eksodus "wys" Hy vir die volk die pad met 'n wolk- en vuurkolom. "Die Here is goed en regverdig: Hy wys selfs vir sondaars die pad aan," (Psalm 25:8). God neem dit so ernstig op om vir ons goed te wys, dat Hy soms selfs sy engele stuur soos vir Paulus in die tronk, en vir Johannes in Openbaring. Daar is talle ander voorbeelde! Die Israeliete was veertig jaar in die wildernis met dieselfde klere. Ons koop amper elke tweede maand nuwe klere. Die Israeliete het gekla oor kos wat uit die hemel val sonder dat hulle 'n vinger hoef te lig, behalwe om dit bymekaar te maak. Ons kla oor die winkels wat nie genoeg kassiere het sodat ons vinniger by die huis kan kom met die hope kos wat ons gekoop het nie. God se volk het keer op keer in sy wonderwerke vasgekyk en dit nie raakgesien nie: manna, kwartels, wolkkolomme, vuurkolomme, die see wat 'n pad oopgemaak het, water uit 'n rots uit, en soveel meer. God het keer op keer sy volk vergewe, maar niks was ooit vir hulle genoeg nie. Niks is ooit vir ons genoeg nie. Wat het verander? Alles! Die Seun van God, JESUS gekom het om ons vry te maak en ons 'n lewe in OORVLOED te gee! Ek het al iemand hoor sê dat God nie mense hoef te straf nie, want die gevolge van hulle sonde is straf genoeg. As 'n mens na Israel kyk, sien jy duidelik. Hulle het al hierdie dinge gesien en steeds van God af weggedraai, steeds het hulle nie geglo nie. Steeds het hulle hulself die wonder van God se teenwoordigheid en seën deur hulle

eie toedoen ontsê. Hulle moes 'n ekstra veertig jaar lank rondswerf omdat hulle na die duiwel geluister het en nie na God nie. Dit is waarmee baie van ons tans besig is, sonder dat ons dit eers weet. Ek dink Hy wil vir jou en vir my iets kom wys op hierde bladsy. Iets van Homself, onsself en die slinksheid van die vyand wat ons wapenrusting probeer steel, die een waarvan Paulus skryf in Efesiërs 6. Ons dink dat ons nie meer wonderwerke sien nie, maar ek dink, soos die Israeliete, is ons sintuie verdoof deur die vyand wat vir ons kom fluister dat ons nie kan nie of dat dit onmoontlik is. Jesus sê tog: "Dit verseker Ek julle: Wie in my glo, sal ook die dinge doen wat Ek doen, en hy sal nog groter dinge as dit doen, omdat Ek na die Vader toe gaan," (Johannes 14:12). Is dit nie awesome nie? Dink 'n bietjie hieroor … Ek praat nou die dag met 'n ou wat ek ken wat – in wêreldse terme – redelik goed doen vir iemand van sy ouderdom. Hy is altyd druk besig en lyk konstant of iemand vir Klaas Vakie ge-hijack het toe hy na hom toe op pad was. Ek vra toe vir hom of ek vir hom kan bid en hy lag net en sê: "ek het nie nou tyd nie". 'n Week later vra ek vir die vrou wat by ons kantore tee maak hoe dit gaan. Sy vertel my dat dit erg koud is in die aande en dat hulle 'n gebrek aan komberse het. Sy het 'n huis vol kinders, ses om presies te wees, waarvan nie een haar eie is nie. Sy verdien 'n skamele R2 000 per maand. Toe ek vra of ek kan help, antwoord sy: "God will help me, He always has". Hoeveel wonderwerke wat in jou lewe gebeur, kyk jy mis? Hoeveel keer het jy al iets toegeskryf aan blote toeval? Hoeveel kanse was daar in jou lewe waar Jesus jou wou gebruik om 'n wonderwerk te doen of waar Hy een aan jou wou openbaar? Maak jou hart oop, en vra Hom om jou as 'n instrument in sy hand (en dalk selfs 'n wonderwerk in iemand anders se lewe) te gebruik. Maak jou oë oop, en sien die wonderwerke raak wat Hy vandag in jou lewe doen.

KRUISPAD | UITGAWE 15

23


HULP Indien jy worstel met enige probleem (of iemand ken wat met 'n probleem worstel), en nie die vrymoedigheid het om met iemand wat jy ken daaroor te praat nie, stuur net 'n e-pos aan help@kruispad.net. Alle korrespondensie sal natuurlik streng vertroulik hanteer word! Waaroor sal jy graag advies wil hê in Kruispad? Stuur vir ons jou voorstel na advies@kruispad.net.

Jo (K ha l Kr ini nne ui es s sp e Sc ad sie hi -re lku cke da nd rli ks ig ng ie e, )

"Sy's net lui, sê ek jou! Die depressie ding het heeltemal hande uitgeruk! Mense moet hulself net regruk! Snap out of it!"

D

aar is talle mense wat neerkyk op ander wat sukkel, emosioneel sukkel. Hulle word uitgekryt as sleg, lui, lafaards, dwepers en aandagsoekers. Maar wat is emosioneel sukkel? Wat doen shrinks en hou God ooit van wat hulle doen? Emosionele probleme was van die begin af daar, of te wel vandat Eva aan die vrug geproe het. Want nuuskierige en gierige mens wat ons is, het ons met die hap van die vrug gesê dat ek na myself wil omsien en dat God nie alles vir my moet doen nie. "Ek wil SELF!" Vandaar het twyfel, hartseer, angs, vrees en nog baie ander dinge hul in ons menswees kom vestig. En net soos wat ons die aarde moes bewoon en bewerk, het ons ook 'n verantwoordelikheid gehad om aan onsself te werk. Geluk was nie net meer 'n gegewe nie. Ons moes daaraan werk, dit glo en geniet. Daarom is depressie, senuwee-ineenstortings, angsaanvalle en bipolariteit nie nuwe idees nie, maar eerder nuwe name. En net soos die mediese wêreld ontwikkel het, het die verstaan van die psigiese wêreld ook ontwikkel, net so bietjie later. Daar is byna nie 'n persoon in die Bybel wat nie geworstel het of emosioneel gesukkel het nie. Moses het gesukkel om te praat (angs), Job is tot die uiterste beproef, Saggeus het in die boom weggekruip, ensovoorts. Ja, en hulle het nie die luukse van sielkundiges gehad nie. Dit laat mens dink: Wat sou gebeur het as Moses met sy spraakgebrek na 'n terapeut gegaan het? Sou God skielik sy rug op hom draai en sê sy geloof is swak en hy kan nie meer sy volk red nie? Of mis ons die punt? Die punt was dat God sy volk gered het, punt. Die feit dat Moses angstig was en aan verskonings gedink het, wys dat dit normaal is om bang te wees. Wat God van ons verwag, is nie altyd maklik nie en as ons hulp soek om ons werk/taak beter te doen, gaan God nie sy rug op ons draai nie! God gaan ons help. "Maar Moses antwoord: 'Asseblief tog, Here, stuur liewer iemand anders.' Toe word die Here kwaad vir Moses en sê: 'Aäron die Leviet is mos

24

KRUISPAD | UITGAWE 15

jou broer, en Ek weet hy kan sy woord goed doen. Hy is al op pad om jou te ontmoet en hy sal bly wees om jou weer te sien. Praat met hom en sê vir hom wat om te sê. Ek sal by jou wees as jy praat en by hom wees as hy praat en Ek sal julle leer wat om te doen,'" (Eksodus 4:13-16). God gee vir Moses die hulp wat hy nodig het om steeds na die Farao toe te gaan om die werk te doen wat hy moet. Dus word die mense wat ons help om ons werk beter te doen instrumente in God se hande. Ons glo dat dokters vandag 'n hulpmiddel in die hand van God is en nie dat hulle God probeer speel nie. Ons loof die Here vir iemand se gesondheid. Niemand kerf 'n standbeeld uit van Dokter Gerber en aanbid dit nie! So is dit met sielkundiges, hulle is instrumente in die hande van God. En ons weet dat dit 'n hulpmiddel is om ons werk makliker op aarde te maak. Sodat hulle kan help wanneer ons twyfel, of sukkel om geluk of vir God te vind. So wat is die doel van sielkundiges? In die ou dae het mense in groepe of in 'n samelewing gewoon en elke persoon het 'n funksie gehad. Sommiges het gejag, ander het geplant, opgevoed, versorg en almal het na mekaar omgesien. Met die afbreek van die samelewing, en ja ook die kerklike gemeenskap, het ons weer 'n houding gekry van SELF. Ons het niemand meer nodig nie en niemand moet niks van my verwag nie. Deesdae is mense so onafhanklik: 'n Mens is skaars koud of die begrafnis is gereël, die graf gegrawe en die kostafels staan vol. 'n Week later het die kaartjies, pasteie, simpatie, tissues en drukkies opgedroog. En dan stop ons 'n hartgebroke weduwee in 'n ouetehuis vol vreemdes … "want sy gaan nie MY onafhanklike wêreld omkrap nie!" Om maar net een voorbeeld te noem van ons huidige "Self-welewing". En dit is juis hier dat die nood vir sielkundiges ingekom het. Omdat niemand meer tyd vir mekaar het nie, moet ons nou iemand betaal om na ons te luister. Om jou gerus te stel dat jy eintlik oukei is, dat jy nog baie tyd het om te rou, of dat jy nou maar die tissues moet neersit. Kliniese sielkundiges is ten volle opgelei om met die hele spektrum van emosionele probleme te werk, sodat jy na 'n sessie jou werk op aarde beter kan doen. So wie het 'n sielkundige nodig? Enigiemand wat emosioneel sukkel, en soos ons nounet besef het, sukkel ALMAL een of

ander tyd emosioneel. Wat beteken dit as ons na 'n sielkundige toe gaan? Dat jy mal is? NEE! Dit beteken dat jy een van God se instrumente gebruik om jouself te help. Hetsy dit is om meer oor jouself, jou verstand, verhoudings, depressie, geluk, die samelewing of selfs God te leer. So genoeg geoordeel oor dié wat sukkel en besluit om hulself te help … het jy die guts om jouself te help?! FAQ: Frequently asked questions Wat is die verskil tussen 'n sielkundige en 'n psigiater? 'n Sielkundige is 'n persoon met 'n Meestersgraad in Psigoterapie. Hulle spesialiseer in die hantering van emosionele en persoonlike probleme. Hulle help jou verstaan. 'n Psigiater is 'n mediese dokter wat spesialiseer in die mediese werking van emosionele en persoonlike probleme. Hulle kan medikasie voorskryf. Hoe kry ek 'n sielkundige? Jy shop. Daar is talle terapeute, beraders, waarsêers, ensovoorts in die omtrek, jy moet dus die kat goed uit die boom kyk. Vind by jou dokter of dominee uit na watter terapeut hulle graag mense verwys. Moenie skaam wees om vrae te vra vir die professionele persoon nie. Vra vrae soos: • Hoeveel kos dit (kontant of mediese fonds)? • Het die terapeut 'n opening? • Watter tipe lisensie het die persoon (moet geregistreer wees by die Mediese Raad, HPCSA)? • Wat is sy kwalifikasie? • Waarin spesialiseer hy/sy? • Hoeveel ervaring het hy/sy? Wat kan ek verwag? Die meeste mense is 'n bietjie bang voordat hulle vir die eerste keer na 'n terapeut gaan. Die terapeut se werk is om soveel moontlik van jou en jou probleem uit te vind. Hulle is sensitief vir mense se gevoelens, hanteer alle inligting as 'n geheim en laat mens op jou gemak voel. Terapeute tik jou nie oor die vingers nie, hulle is mense wat omgee.

KRUISPAD | UITGAWE 15

25


D

DEEL 9 Anneretha Combrink

"So … hierdie uitreik waarop ons oormôre gaan … sê net gou weer vir my wat presies ons gaan doen daar in die middel van nêrens?" Simon lag. "Komaan, Janien. Jy weet presies wat ons gaan doen. Ons gaan 'n kerk bou in Lesotho. En nee, daar is nie elektrisiteit nie, en ja, daar is net longdrops en ja, jy gaan op die vloer slaap."

26

KRUISPAD | UITGAWE 15

is lente in Potchefstroom. Die Akkerbome in Tomstraat is groengroen, met splinternuwe babablare. Janien en haar ma sit in Cafe Fiori en drink groot cappucino's. Janien kyk ingedagte na die studente wat in die straat verbyslenter. Haar ma se stem bring haar terug na die werklikheid. "Dis lekker om jou hier te hê, Janien," sê sy. "Ek kan nie glo jy moet al weer oormôre teruggaan nie." "Ek ook nie," antwoord Janien. Sy vat 'n groot sluk van haar koffie en begin die suikerpakkies een vir een uit die bakkie pak. "Het ek vir Ma gesê Pa het toe vir my kom kuier?" Haar ma kyk op van haar beker. Janien kan nie haar uitdrukking lees nie. "Nee … wanneer was hy daar?" "So drie weke terug." "En?" "En … dit was goed, Ma. Ons het gepraat. Vir die eerste keer in jare het hy vir my geluister en gekýk. Ek weet al vir maande ek moet met hom praat. Daar was dinge wat ek net moes sê, maar ek wou nie, Ma. Ek wou hom nie sien nie." "En toe?" Haar ma kyk nie vir haar nie. "En toe besef ek hy gaan altyd 'n houvas op my hê as ek nie hierdie dinge met hom uitpraat nie. Ek moes vir hom sê dat ek hom vergewe, en dit was die moeilikste ding wat ek nog ooit gedoen het …" Janien se ma kyk steeds nie vir haar nie. Sy kyk na die Akkerbome aan die oorkant van die straat. Die uitdrukking in haar oë is 'n mengsel van seer en vrede. Na 'n lang stilte sê sy, "Janien, ek is regtig trots op jou. 'n Jaar gelede sou jy dit nie vir jou pa kon sê nie." Daar is skielik 'n knop in Janien se keel. "Dankie, Ma." Maar oor Louis sê sy niks. Haar ma vra ook nie. Dieselfde middag sit Janien weer in 'n koffiewinkel; dié keer in Die Akker saam met Simon Bester. Sy kan nie glo sy sit hier saam met hierdie ou nie – aan die begin van die jaar het hulle regtig nie veel vir mekaar te sê gehad nie. En deesdae stuur hulle selfs vir mekaar

e-posse en Facebook-boodskappe as hy in Potch en sy in die Kaap is. Weird. "Waaraan dink jy?" onderbreek Simon haar gedagtes. Janien moet vinnig dink. "Dit en dat." Sy verander die onderwerp: "So … hierdie uitreik waarop ons oormôre gaan … sê net gou weer vir my wat presies ons gaan doen daar in die middel van nêrens?" Simon lag. "Komaan, Janien. Jy weet presies wat ons gaan doen. Ons gaan 'n kerk bou in Lesotho. En nee, daar is nie elektrisiteit nie, en ja, daar is net longdrops en ja, jy gaan op die vloer slaap. Ons is mos nou al hier deur." Janien sug en rol haar oë. "Ja-a. Ek het net gehoop daar is van daai inligting wat intussen al verander het … soos die longdrop-deel." Hulle lag. Eintlik sien sy uit na die uitreik, en Simon weet dit. Sy is bietjie bang ook. Skielik is dit Simon wat die onderwerp verander. "Janien, wanneer gaan jy my eendag van hierdie Louis-ou vertel?" Janien raak baie stil. Sy fokus op haar pienk melkskommel, en kyk na die druppels aan die buitekant van die glas. "Janien?" Sy stem is sag. Sy kyk op. "Hoekom wil jy weet, Simon?" "Want ek wil weet wat het hy gedoen om jou soos 'n krimpvarkie te maak. Die oomblik as iemand naby aan jou kom, trek jy terug. Jy raak defensive. Soos nou." Janien kan nie vir hom kyk nie. Haar hart klop wild en haar mond is droog. Sy is bang. So bang om hierdie ou met die sagte oë te vertrou. Maar sy kies om dit te doen. Sy sit altwee haar hande om die pienk melkskommel en vertel vir Simon Bester wie Janien de Koningh regtig is. Alles. Sy vertel vir hom van Louis. Dit voel soos ure later. Janien se melkskommel en haar hart is leeg. Maar toe sy opkyk, sien sy 'n iets in Simon se oë. Dis iets wat sy herken, omdat sy dit in haar eie hart gesien het. Sy weet hulle is meer as vriende, en dat daar vanmiddag 'n dieper band tussen hulle gekom het. Omdat sy gekies het om Simon Bester te vertrou. "Ek sien uit na die uitreik," sê Janien. Simon glimlag stadig. "Ek ook, Krimpvarkie, ek ook."

(word vervolg)

KRUISPAD | UITGAWE 15

27


Ek eet heuning- en kaneelbroodjies

'n Rubriek deur Anneretha Combrink

"I am the Lord your God who brought you out of the land of Egypt. Open your mouth wide and I will fill it …" (Psalm 81:10).

E

k eet heuning-kaneel-en-piesangbroodjies vir ontbyt. Ek stap in die pienk vroegoggend langs die hoofpad en koes vir die fietse wat van voor af verbyjaag. Ek slenter deur 'n mark en koop klein vissies en bont lap. Ek is in Afrika. Hier in die hartjie van die wye kontinent leer ek myself ken. Ek leer weer kyk en SIEN; ek leer weer hoor en LUISTER. Want alles gebeur stadiger hier. Baie stadiger. TIA word my motto soos in Blood Diamond – "This Is Africa!" Beplanning is nie eintlik 'n woord wat baie goed werk hier nie … as jy beplan om binne twaalf uur by jou bestemming te wees, kom jy drieen-twintig uur later daar uit. As jy 'n funksie reël vir twintig mense, daag daar dalk 120 op! "Blessed are the flexible, for they shall not be broken …" Dis wat BlouAnna hier in Afrika leer. En ek reis. Baie en ver. Ek reis deur Botswana, Malawi, Zambië en tot by die Tanganjikameer. Ek reis tot ver binne-in myself. So sit ek op die agtersitplek van die bakkie, rug teen die deur, bene op die sitplek. Ons ry paaie wat kronkel oor berge en om groot-groot Afrikabome. My boek lê oop voor my, maar ek kry nie veel gelees nie. In die eerste plek skud die bakkie te veel. Dan is daar ook die

slaggate waarvoor ons uitswaai en die fietse met ongelooflike vragte waaraan ek my verkyk. So ek lees nie eintlik nie. Ek kyk by die venster uit en drink Afrika in. Ek sien die berge en die vlaktes van Malawi, tussenin die klein dorpies met markte en mense. Die fietse en bont Afrikakleure tussen die stofgesigkindertjies. Ek dink aan die baie stories wat hier geleef word. Elke kleinboer, elke vrou met 'n emmer op haar kop, elke kind wat voor op 'n fiets sit, het 'n storie. En elkeen is meer werd as baie mossies. Elkeen is geskep met liefde en 'n plan … Hoe verder ons ry, hoe voller word my kop en my hart van die prentjies en die stories wat ek hoor. Hoe verder ons reis, hoe meer besef ek dit. Dat Jesus gekom het vir jou, en vir my. En vir elke kleinboer in Afrika, vir elke vrou met 'n emmer op haar kop en elke kind voor op 'n fiets. Omdat ons stories vir Hom belangrik is. Omdat Hy ons wil vul met die Brood van die Lewe en met heuning uit die rots. Hy gee vir my 'n nuwe verwagting, 'n nuwe fokus. Ek eet heuning-kaneel-en-piesangbroodjies vir ontbyt. En ek maak my hart wyd oop. Ek maak my mond wyd oop, sodat Hy my kan versadig.

Hennie van Wyk (GK Pinetown)

K

yk of jy die volgende tien vrae kan beantwoord. Skryf jou antwoorde, én die teksvers waar jy die antwoord gekry het, neer en stuur dit vir ons. Die eerste drie korrekte inskrywings ontvang elkeen 'n FSH-geskenkpakkie. Stuur jou naam, adres, ouderdom en jou korrekte antwoorde voor 31 Maart 2010 per e-pos aan interaksie@kruispad.net, of stuur dit per faks of slakpos aan die Kruispad-kantoor (ons adres is op bladsy 2).

1) Halleluja kom in die Psalms en in Openbaring voor. Wat beteken dit?

6) Watter boek begin met die geslagsregister van Jesus en eindig met die belofte dat Hy weer kom?

a) Red nou! b) Hy is wonderlik c) Prys die Here d) Ons God is heilig!

a) Matteus b) Markus c) Lukas d) Johannes

2) Toe Jesus Jerusalem binne gery het, het die mense Hosanna uitgeroep. Wat beteken dit?

7) Watter boek begin met die besoeke van die engel aan Sagaria en Maria?

a) Red nou! b) Hy is wonderlik c) Prys die Here d) Die Koning kom!

a) Matteus b) Markus c) Lukas d) Johannes

3) Wat beteken die woord Amen?

8) Watter boek gebruik meer as 20 keer die uitdrukking: "dadelik daarna …"?

a) Prys die Here b) In krag! c) Geen besondere betekenis d) Dis waar en seker 4) Die Hebreeuse woord vir God is Elohim. Wat beteken dit? a) Hy bestaan self b) Goddelike majesteit en mag c) Voorsiener en Onderhouer d) Bevelhebber oor die hemel 5) Jesus word ook Emmanuel genoem. Wat beteken dit? a) Troonprins b) God voorsien c) God verlos d) God met ons

28

KRUISPAD | UITGAWE 15

a) Matteus b) Markus c) Lukas d) Johannes 9) Watter evangelie begin met: "In die begin was die Woord …"? a) Matteus b) Markus c) Lukas d) Johannes 10) Watter evangelie vertel die verhaal van die verlore skaap, muntstuk en seun? a) Matteus b) Markus c) Lukas d) Johannes KRUISPAD | UITGAWE 15

29


e re Sk G tsk resh ap a py m ,2 00 8

vid

aa

tem

KRUISPAD | UITGAWE 15

as

09

oy

20

Pr

t,

ex

– 6-

5

g 46

,9

5

00

0-

M Kr ann Fr yg e w a s ISB nc ma at in N e n be Pr ys: : 97 R m oe R1 8-1 ive rs 99 -7 di 7 En G ge la le sk Di e as Wa Pla Da t

30

en

rasie die verlede se probleme moet agterlaat en moet werk aan die toekoms wat belowend lyk. Musikaal is hierdie power trio beslis briljant. Die songs is catchy en laat jou hunker na meer en meer. Engele Wat Skree bied iets vir elkeen in die gehoor met rock songs wat die dak lig tot rustige songs met 'n lekker akoestiese vibe wat jou tot in 'n rustige dimensie jaag. Dit is nie 'n fout om hierdie album te besit nie, omdat Glaskas, alhoewel hulle mainstream is, 'n verhouding met die Here het en sy beeld uitdra in hul leefwyse en gedrag. Lees gerus meer hieroor in die Glaskas-onderhoud met Deon Meiring. Engele Wat Skree word graag aanbeveel. Dit is 'n great album wat positief is op elke terrein.

KYK D IT

nm

GLASKAS het seker geen bekendstelling onder die jeug nodig nie, maar vir die wat dit nie weet nie, hulle is 'n band bestaande uit drie ouens wat groot naam gemaak het met hul eerste album Revolusie, Romantiek. Glaskas beteken bloot dit, dat jy die visuele realiteit van dit wat jy wil bereik, dit waaroor jy droom, kan sien, maar daar is dinge wat jou keer om dit te doen. Hierdie is die glaskaste en die doel is om daardeur te breek en jou passies uit te leef. Die nuwe album wat aan die begin van die jaar uitgereik is, Engele Wat Skree, is beslis bo verwagting goed. Hierdeur spreek Glaskas sosiale kwessies aan en deel hulle hul opinie met ons oor goed wat gebeur en raakgesien word. Ek dink dat daar baie relate kan word met songs soos Golflengte Verkeerdom, Kleurvol, Meneer, en Rigtingloos. Die lirieke van Glaskas is baie goed en bring 'n positiewe boodskap na vore. Iets wat beslis in die musiek na vore kom, is dat ons as 'n nuwe gene-

LU

Resensies: Wanja Senekal | Rynhardt Pretorius | Dirk Kruger

tai

twee vroue uit die stam van Juda ná sy vrou Asuba se dood, en veg heldhaftig aan Josua se sy toe die Amalekiete hulle aanval ('n geveg wat hulle met die Here se genade wen). Toe daar later besluit is elke stam moet een persoon stuur om as verspieder na Kanaän te gaan, word Kaleb as een van die twaalf gekies. Met die verspieders se terugkoms rapporteer hulle dat dit onmoontlik is om Kanaän in te val weens die versterkte stede en die afstammelinge van Enog (reuse) wat daar bly. Dit is net Josua en Kaleb wat God se belofte glo dat Hy reeds die land vir hulle gegee het, en dat hulle dit net moet gaan inneem. Die volk het bang en opstandig geword en wou Josua, Kaleb, Aäron en Moses stenig, maar die Here het ingegryp en hulle uitmekaargejaag. Die ander tien verkenners het dood neergeval, en die Here het deur Moses gesê dat geen persoon wat nou lewe, behalwe Josua en Kaleb, die beloofde land sal sien nie. Kaleb, die hond, wat eers nie goed genoeg vir die Israeliete was nie, word nou deur die Here gekies om die beloofde land binne te gaan. Dit was omdat hy te midde van onregverdige omstandighede al sy hoop en vertroue op God bly stel het. Hy was lojaal aan Moses en Josua, maar bowenal aan God, en het 'n onwrikbare geloof gehad. Hierdie is die tweede karakter in die reeks Manne wat bemoedig wat in die skadu van ander die ewigheid verander het. Dit bied 'n interessante blik op wie Kaleb kon gewees het, en word beslis aanbeveel vir enigiemand wat net 'n goeie storie wil lees, tot iemand wat hierdie karakter in diepte wil bestudeer.

er

DIE meeste van ons dink aan 'n hond as 'n geliefde troeteldier, maar in die Bybelse tyd was dit 'n veragte dier wat op die rand van die stad gebly en op ashope na kos gesoek het. En dit was (en is steeds) 'n skelwoord om enigiemand 'n hond te noem. Dit is presies wat Kaleb se naam beteken: hond. Kelubai (Kaleb se regte naam) is 'n afstammeling van Esau, wat in die tyd van Moses saam met die Israeliete deur die Egiptenare verdruk is. Volgens hierdie verhaal het hy tydens die tien plae tot geloof in God gekom, toe hy God se almag besef het bo hulle eie afgode en die Egiptenare s'n. Hy wou alles in sy vermoë doen om deel van die Israelitiese volk te word, en toe hy hoor hulle trek, het hy sy familie met moeite oorreed om saam te gaan. Die Israeliete het hom egter nie vertrou nie, wou eers niks van hom en sy familie weet nie, en het spottenderwys na hom as Kaleb verwys. Kaleb is hardkoppig en weier dat die teenkanting van sy broers en die Israeliete hom van stryk bring – hy sál trek na waar die Here hom lei. In die begin was dit moeilik, hy het gevoel soos die hond wat deur almal weggejaag en verag word. Sy familie het ook aan die buiterand van die dorpies gebly. Soos die tyd aanstap, voeg hy hom en sy gesin egter by die stam van Juda, en met moeite begin hy DIT stadig maar seker hulle R E vertroue wen. Hy neem ook IST

LE

K Re now Su giss ing mm e ur 13 i G t En : A t l

IT

D ES

'N tyd-kapsule word by 'n skool oopgemaak en elke kind kry 'n brief van 50 jaar gelede om te lees. 'n Brief vol nommers beland in die hande van Caleb, die seun van 'n MIT professor, John Koestler (Nicolas Cage). Met nadere ondersoek, ontdek die professor dat die brief datums van al die groot rampe wat die afgelope 50 jaar plaasgevind het, bevat en dat daar nog drie rampe in die brief moet plaasvind. Hy probeer vasstel wat dit alles beteken en wat dit met sy seun te doen het. Ek moet sê, ek het Knowing geniet, totdat die aliens hulle intro gemaak het. Dit skop af as 'n vinnige aksie-riller en loop dan oor na 'n sc-fi fliek met aliens wat die mensdom wil red. Daar is twee ramptonele, een waar 'n vliegtuig val en 'n opeenhoping van treinwaens, wat 'n mens koue rillings gee, so werklik lyk en voel dit. Nicolas Cage staan nie juis uit in sy rol as die MIT professor, John Koestler, nie, maar soos in al sy flieks, kan hy darem die karakter vertolk.

Wat nogal verregaande is, is dat hy eers die komplekse patroon van die nommers raaksien wanneer hy 'n drankie te veel ingehad het, blykbaar iets wat hy baie doen na sy vrou se dood. Knowing laat 'n mens met meer vrae as antwoorde. Die vervaardigers speel met die idee van 'n uitverkiesing, maar verduidelik dit nie vir ons verder nie. Kinders word deur die aliens (wat aan die einde soos engele lyk) uitverkies om die mensdom op 'n ander planeet oor te begin, maar dit is die keuse van die kinders of hulle gered wil word. Dit is 'n tipe nuwe aarde met nuwe Adams en Evas en 'n groot silwer boom in die middel van 'n veld. Wat die vervaardigers daarmee wil bereik, weet net hulle alleen. Daar word ongeveer vyf keer in die film gelaster en die ramptonele kan nogal sensitiewe kykers omkrap. Om saam te vat, Knowing is 'n vinnige aksie-riller met aliens en speel met die idee van 'n uitverkiesing wat jou met meer vrae los as wat jy in jou lewe nodig het. Wil jy dit kyk? Ek wens ek het nie. 5/10

9/10

KRUISPAD | UITGAWE 15

31


G

laskas is 'n bekende Afrikaanse band wat al regoor Suid Afrika opgetree het en gereeld die MK Top 5 met hul musiekvideo's bereik. Hulle tweede album, Engele wat skree, is in die begin van die jaar uitgereik en was 'n hit onder jeug. Ons het met Deon Meiring, die hoofsanger en kitaarspeler, oor Glaskas en die inspirasie agter Engele wat skree gaan gesels.

cool wees om bietjie van die goed wat my pla aan te spreek . Met Engele wat skree, wil ek meer 'n vibe hê van, kom ons kyk wat fout is, wat aangaan. Kom ons spreek hierdie issues aan, maar ons wees nie aanvallend nie. Ons kyk liewer na wat ons kan doen en waar ons eie doel in hierdie hele kwessie lê.

Waar en hoe het Glaskas ontstaan?

Dit was maar op skool. Eers het ek en 'n CSV-vriend saamgespeel. Hy was die drummer. Hy het geweet ek skryf liedjies, en ons het later 'n band begin saam met 'n ander vriend wat altyd saam met my kitaar gespeel het. Ons het maar saam geoefen en later vir Jip Rockspider 2004 ingeskryf. Dit was 'n cool geleentheid om by te begin optree. Ons het baie shifts gehad met drummers en basists, maar vandag bestaan Glaskas uit ek, Buddah Claassen (dromme & agtergrondstem) en Chris van Dyk (baskitaar & agtergrondstem).

daar en speel kitaar. Die klank-ouens het nie daarvan gehou nie en dit het groot stories veroorsaak.

Enige opkomende projekte vir 2009/2010 wat jy met die fans wil deel?

Ons gaan nie noodwendig dit doen nie, maar ons hoop om binnekort 'n live DVD op te neem. Dit is nogal opwindend, want ons live shows is vir ons 'n belangrike deel van wat Glaskas is. Ons wil dit graag met die fans deel wat nie by die shows kan uitkom nie. Die res van die tyd is dit maar net optredes. Ons het altyd 'n Desembertoer langs die kus af wat heavy exciting is.

Wat hou die toekoms in vir die ouens van Glaskas?

Ek kom van Humansdorp af. Dis so 15 km van Jeffreysbaai af, in die Oos-Kaap. Ek was daar in Nico Malan Hoërskool.

Ons sê altyd, ons hoop ons kan musiek vat, sover as wat ons dit kan vat. Ons was nog nooit nie amazed met wat met ons gebeur nie, so ons hou daarvan om te glo dat ons hopelik nog veel meer kan bereik. Ons sal een of ander tyd 'n bietjie op van die oorsese festivals wil speel. Ek sal daarvan hou as Glaskas se musiek gevestig sal wees as musiek wat nie net aan 'n sekere tyd gebonde is nie. Dat dit musiek is wat betekenis en invloed het vir nog 'n hele ruk.

Hoe het gevoel toe julle besef dat julle 'n hit is onder die jeug?

Wat sal jy sê is die grootste probleem met ons jeug vandag?

Waar kom jy vandaan?

Toe ons net begin het, was ons eerste video vir 'n ruk uit en ons het by Hoërskool Rustenburg gaan speel. Dit was die eerste keer dat ons vir heavy baie kinders gespeel het. Die saal was packed. Toe kon ek dit nie glo nie – al hierdie mense is excited om ons musiek te hoor! Dit is iets waaroor jy droom, jy sien dit nie gebeur nie. Ja, dit was die eerste keer. Ek moet sê ek was heavy gespanne en het naar gevoel, want die oomblik was net te groot. Ek was ook baie dankbaar om uit te vind, wow, die droom werk actually uit.

Julle nuwe album, Engele wat skree, wat is die inspirasie agter die album?

Ek het 'n opinie oor die dinge wat met my gebeur en dit wat ek sien in die land. Omdat ek al na Revolusie Romantiek besef het dat daar 'n following vir ons onder die jeug is, en ek is self nog 'n jongmens, wil ek graag van die issues van die jeug aanspreek, soos dat ons baie keer so apaties is dat ons voel ons is hulpeloos, dat ons niks kan doen nie, dat ons niks kan verander nie. Tog is daar soveel mense wat sal sê, maar jy is die jongmens van vandag, jy is die leier van môre. Ek voel net, dit sal

Julle het baie sukses behaal. Was daar al oomblikke wat alles net onmoontlik gelyk het?

Ek kom van 'n klein dorpie af. As ek partykeer sit en net terugdink, sjoe, om uit dit uit te kom en nou sit ek hierso. Ek toer die land vol, en sien plekke. Dit lyk onmoontlik, maar solank dit jou passie is, kan jy dit waarskynlik bereik. Daar is 'n rede hoekom dit jou passie is. Jy moet net eerlik met jouself wees.

Wat is jou gunsteling liedjie om te perform?

Ek sal sê Kleurvol, omdat ons dit nie baie doen nie. Omdat Kleurvol 'n acoustic vibe het, pas dit nie altyd by 'n show nie. Al die energetic liedjies is ook baie lekker.

Die grootste blaps wat julle in 'n show gehad het?

By 'n show op Aardklop 2008 het ek, ek weet nie hoe dit gebeur het nie, per ongeluk die mikestand van die verhoog af geskop. Dit was erg, want ek het nie 'n mikrofoon gehad om mee te sing nie. Toe staan ek net

Ek dink een groot probleem is identiteit. Mense sukkel baie om hul identiteit te vind. Dit word veroorsaak deur dinge soos gebroke huisgesinne. Dit veroorsaak dat jy insecure is oor jouself en wat jy moet wees, dat jy begin opkyk na verkeerde rolmodelle en dink jy moet iets doen om in te pas. Jy moet net jouself vind. Jy moet uitvind wie jy is en jy moet daarmee gemaklik wees.

Enige boodskappe of raad wat jy vandag vir jongmense kan gee, veral vir die Christen jongmense.

Die groot ding is om by die Here uit te kom, juis na aanleiding van wat ek nou oor identiteit gesê het. Dit is waar jy jou identiteit gaan kry, as jy na Christus gaan en jy by Hom hoor wat sy plan vir jou lewe is. Ek glo Hy het ons elkeen uniek gemaak. Ek is in 'n rock band. Ons kom in plekke waar daar ander bands speel wat nie dieselfde siening oor geloof en oor God het nie. Die ding is, waar jy ook al gaan wees, jy gaan uit in die wêreld daarbuite en almal gaan nie noodwendig saamstem met wat jy sê nie. Dit is hoekom jy na God toe moet gaan. Jy moet

elke dag by Hom uitkom. Daar is klomp resepte en oulike boekies daarbuite, en jy kan kerk toe gaan en na preke luister, maar op die ou einde moet jy sorg dat jou verhouding met die Here reg is. Dit is my raad. As jy by God uitkom en jy het 'n lewende verhouding met Hom, want dit is 'n lewende God, dan is jou saak reg. Jy moet vir God soek in alles wat jy doen, want dan sal Hy jou die regte antwoorde gee.

Hoe voel jy oor die genre van Christian rock?

Dit is heavy cool om te sien dat daar ouens is wat goeie rock musiek uitbring en dat dit 'n Christelike boodskap of 'n Christelike ondertoon het. Ek dink jy moet ook baie versigtig daarmee wees, net omdat dit die label Christelik op het, is dit nie noodwendig altyd reg nie. Ek is opgewonde oor Christian rock en ek dink sulke bands het 'n groot verantwoordelikheid om getrou te bly.

Wat dink jy is nodig om uit die glaskas van jou lewe te breek?

Definitief 'n verhouding met God, want Hy gaan jou help deur jou kwessies. Wat ook al jou glaskaste is, Hy sal jou help om dit te oorkom. Vir ons is dit musiek, omdat dit ons help om hierdie goed te ontlaai. Jy gaan baie goed moet face. Face dit en verander dit.

Het jy 'n gunsteling Bybelkarakter?

Nee, ek dink nie daar is iets soos 'n gunsteling Bybelkarakter nie. Die afgelope tyd lees ek Daniël en ek is mal daaroor om na hom te kyk en te sien dat hy werklik 'n verhouding met God gehad het. Dawid is ook 'n legend. Dit is net cool om te sien hy was 'n hero en 'n leier. Hy was 'n man na God se hart en hy het ook foute gemaak.

Gunstelinge:

Mp3-player of iPod: iPod Pizza of 'n burger: Pizza met Tabasco. (Jy moet net pasop, daar is nagevolge!) iTunes of Media-player: Winamp Fender of Gibson: Fender, want dit werk vir my. Kleur: Groen Boek: Biografieë Akteur: Will Farrel Bands: Bob Dylan, Blink 182, Jimi Hendrix Christian band: Jars of Clay

Dirk Kruger & Rynhardt Pretorius (Kruispad-redaksie)

32

KRUISPAD | UITGAWE 15

KRUISPAD | UITGAWE 15

33


Kruispad het bietjie by ons lesers gaan uitvind hoe hulle hul Sondae deurbring (lees ook gerus die artikel op bladsy 10 en 11 oor die vierde gebod).

UITGAWE 13 Haai daar, Ek sit net vanoggend by die werk en ontvang toe die Ligtydskrif van een van my medewerkers af. Ingesluit het ek ook toe die Kruispad-tydskrif ontvang. Die voorblad lyk vir my heel interessant en ek begin toe lees. Nou dink jy seker, so what, dit klink heel normaal en boring! Ek bly op 'n skip en die skip is nou in Kambodja. Die skip is die oudste skip in die wêreld en die skip verkoop boeke. Die skip is die MVDOULOS. Ek is 'n vir die afgelope 23 maande 'n sendeling op die Doulos. Ek reis oor die wêreld en deel my lewe en die goeie nuus van Christus met die mense van die wêreld. Omdat die Doulos 'n internasionale organisasie met volunteers van 50 verskillende lande is, praat en lees ek nooit Afrikaans nie. Hier in Sihanoukville, Kambodja, ontvang ek 'n Afrikaanse tydskrif wat ek nog nooit gesien het nie. Die voorblad van die tydskrif is Noag se ark. Wel ek dink God het definitief 'n goeie sin vir humor. Ek geniet julle tydskrif en wanneer ek terugkeer na my geliefde Suid Afrika sal ek graag inteken op Kruispad. Dankie vir die eerlike, opregte artikels in julle tydskrif. Dit was werklik wonderlik om julle tydskrif te ontvang in 'n tydperk van my lewe waar ek vir Afrikaans crave! Net een dingetjie. Op bladsy 7 van julle tydskrif sê julle dat die ark 35 m lank is. Oops. Gen 6:15. die ark was ongeveer 138 m lank. Dis omtrent dieselfde afmetings as die MVDOULOS.

Kerk in die oggend dan 'n lekker lang stappie op Bloubergstrand … Dit is die lewe\_(",)_/ (veral wanneer ek die dag nie op roep in die hospitaal hoef te spandeer of pasiënte hoef te sien nie!) Tarina

In Christus Liesl Kruger Suid-Afrikaner in Kambodja Baie dankie vir jou fyn raaksien van die fout wat ingesluip het in uitgawe 13. God se opdrag aan Noag was inderdaad om die ark 135 m lank te maak (sien Genesis 6:15) en nie net 35 m lank nie! -Red

DIE ROL VAN DIE JEUG IN DIE KERK "Net soos die liggaam 'n eenheid is en baie lede het, en net soos al die lede een liggaam vorm, so is dit met die liggaam van Christus (die kerk)," 1Korintiers 12:12. Nadat ek hierdie gedeelte gelees het, het ek myself afgevra: "Watter rol kan ek as jeug van die Gereformeerde Kerke van Suid-Afrika speel? Watter rol kan ek hoegenaamd in my kerk speel?" Veral na die omstrede sinode besluit die jaar oor die rol van die vrou in die kerk, kan ek as 21-jarige meisie net wonder oor wat my rol in die kerk mag wees. Na katkisasie en geloofsbelydenis is daar 'n tydperk waar ons jongmense baie onseker voel in die kerk. Dit voel asof alle bande met die kerk verbreek word. Ja daar is Jeugaksies en Bybelstudie waaraan ons aktief kan deelneem, maar daar ontstaan definitief 'n behoefde om as jeug die kerk te dien. Daar is in sommige kerke 'n kritiese tekort aan jongmense. Is dit moontlik dat dit die geval is omdat daar nie 'n werklike struktuur in die kerk vir die jeug is nie? Maar hoekom? Ons is tog die toekoms van die kerk. En die bedienaar vra tog dikwels die gemeente af: "elkeen moet namate hy 'n gawe ontvang het, 'n ander dien," (1Petrus 4:10). Hierdie is 'n pleidooi vir die Gereformeerde Kerke van SuidAfrika. Gee vir die jeug 'n kans om die kerk te dien, ons is lief vir ons kerk en wil 'n kans gegun word om ook ons merk op die kerk te maak.

Mens mag krieket speel, solank dit net in jou eie tuin is met familielede, jy mag nie maatjies oornooi nie. Sondag mag mens vinnig by 'n kafee stop om melk te koop indien die kalf in die put is. Jy mag net inkopies doen wat jy in een van jou hande kan till toe dra as jy 'n mandjie of waentjie nodig het, oordoen jy die saak, en jy moet so gou as moontlik uit die winkel uitkom sodat so min as moontlik mense jou sien en jy mag nie 'n video gaan uitneem langsaan nie. Jy mag wel vinnig 'n video gaan teruggee wat jy die vorige dag uitgeneem het. Willie

Een dag in die week moet jou Sabbatdag wees. Christus is ons voorbeeld in alles en Hy self het ook die Sabbatdag onderhou. Hy het egter wel mense soms gesond gemaak op die Sabbat en daaruit kan ons leer dat Sondag 'n rusdag is van ons alledaagse werk, maar dat dit 'n werksdag is in die koninkryk van God – dus moet ons besig wees met die dinge van die Here, tyd saam met Hom spandeer en sy liefde uitdeel aan die mense om ons. Die Sabbat is verseker NIE 'n gewone dag waarop werk op enige manier geregverdig kan word nie. God het die rusdag ingestel met 'n doel. Gebruik dit daarvolgens. Ananda

RELAX! Of ek vat die bike uit vir n trip en laat alles net verby vlieg. Lee

Ons oggenddiens is ter wille van die studente eers 10:30. So ons maak ontbyt en middagete al voordat ons kerk toe gaan. Dan, na die diens (so 11:45) is dit net mooi tyd vir middagete. Dan is dit middagslapie, middagkuier, aanddiens, aandkoffiekuier en weer genoeg slaap vir die week wat voorlê. Brahm

Op Sondag gaan ek kerk toe, dan kuier ek by my meisie of familie, dan weer kerk toe en daarna na 'n gesellige koffiedrink saam met die jeug! Dis rustig, soos 'n Sondag behoort te wees. Anton

Ek spandeer my Sondae met 'n oggend by die kerk en dan sal my ma vir ons 'n groot middagete maak waar al die kinders saam sal wees en dan terugdink oor die week wat verby is en dan sal ons almal 'n middagslapie gaan vat voor ons die aand kerk toe gaan. Dit is al so vandat ek kan onthou en sal nie gou verdwyn nie. Anneline

Hier in Londen as lidmaat van London City Presbyterian Church verloop 'n Sondag soos volg; 11:00 erediens, tee en koekies, dan word jy uitgenooi om by 'n huisgesin middagete te gaan geniet en daar word vyf ander mense saam met jou uit genooi. Eet en gesels totdat jy nie meer kan nie en gaan stap in 'n park as die weer mooi is, 18:00 is almal terug by die kerk vir prayer meeting en 19:30 aanddiens. Ons het ook 'n fellowship lunch een maal per maand waar almal kos bring en na die diens in die kerk saam eet. Marlene

Aletta Nienaber Potchefstroom

34

KRUISPAD | UITGAWE 15

KRUISPAD | UITGAWE 15

35


Wil jy graag 'n bydrae instuur vir die volgende Kruispad-uitgawe? Stuur dit vir ons na kreatief@kruispad.net. Dit kan enigiets wees – 'n gedig, artikel, foto, skildery, of wat dan ook al! Die redaksie wil graag jou gawes gebruik om God te eer! (Dus moet jou bydrae God-erend van aard wees.) Ons sien uit daarna om julle bydraes te ontvang!

Edga

D

iere in die huis word dikwels deel van die familie. Mens word so lief vir hulle, dat die afsterwe van 'n geliefde troeteldier baie hartseer is, en vir 'n kind is dit nog erger! Ons het so 'n hondjie gehad toe ek nog jonk was – Noela. Noela was een van ons. Ons was toe nog net drie seuns, en Noela was gereken as een van die kinders. Maar, soos dit maar ook moes gebeur, het ons eendag van êrens af terug gekom, en Noela het onder die wiele beland. Daar was baie trane, en Noela het 'n graf gekry, en ons as kinders, getroue Doppers, het 'n Psalm of twee gesing by die graf. Dan vra mens as kind vir jou pa en/of ma: Sal ons vir Noela in die hemel sien? Dit is een van die vrae waaroor baie mense wonder veral as Wagter, of Voetjies, of Kietsie (of Noela) die tydelike met die ewige verwissel. Gewoonlik is die antwoord, nee, wat sal diere nou in die hemel maak. Die Bybel gee ook nie 'n duidelike uitspraak daaroor nie, maar die Bybel ontken dit ook nie. Die Bybel leer ons wel 'n paar ander dinge wat dalk lig op die vraag mag werp. Die Skrif leer ons dat diere nie gesondig het nie. Dit was menslike sonde, nie dierlike sonde, wat gemaak het dat God die hele skepping vervloek het (Romeine 8:20). Dit is omdat God Adam, die eerste mens, geskape het om te heers oor die skepping. Toe Adam ongehoorsaam was aan God, het die hele menslike geslag daarin gesondig, en ook die hele skepping ly daaronder. Dit is hoekom die gevolge van die sonde – die dood inkluis – nie net oor Adam gekom het nie, maar oor sy hele nageslag, en die hele wêreld. Maar die goeie nuus is dat God 'n "tweede Adam" gestuur het. Die Bybel sê dat net soos wat sonde en dood tot die hele wêreld gekom het deur die eerste Adam, so het vergiffenis en die ewige lewe in die wêreld gekom deur die tweede Adam, Jesus Christus (1 Korintiërs 15:21-22, 45). Verder leer die Skrif ook dat Christus alle dinge in stand hou (Kolossense 1:16,17). Volgens God se raads-

J

plan sal Hy alle dinge onder Christus verenig (Efesiërs 1:9-10). God het 'n verbond met Noag opgerig, en dan sê God uitdruklik dat hierdie verbond die diereryk insluit (Genesis 9:8-17). Uiteindelik vervul Christus ook daardie verbond, want deur Hom word die hele skepping weer nuutgemaak, en juig die hele skepping oor die bekendmaking van die kinders van God (Romeine 8:18-22). Ek het nou 'n klomp goed gesê, maar sluit dit vir Noela, en ons ander dierevriende in? Sal ons vir Noela in die hemel sien? Ek hoop so. Maar die feit is, ons weet nie. God maak wel die skepping nuut, maar of hul hemel toe gaan, dit weet ons nie. Wat ons wel weet, is dit: Jy sal definitief nie jou troeteldier in die hemel sien, as jy nie self soontoe gaan nie! Daarom is die vraag eerder, gaan jy hemel toe? En dit is 'n belangrike vraag! 'n Vraag waarop ons nie 'n ewigheid het om te antwoord nie. Want "'n Mens is bestem om net een maal te sterf, en daarna kom die oordeel," (Hebreërs 9:27). Indien jou troeteldier wel in die hemel is, sal jy ook daar wees om hom te kry? Dit is nou die tyd om seker te maak!

Dinant Zwemstra (GK Amanzimtoti)

36

KRUISPAD | UITGAWE 15

ser)

ispad-le

(Kru r Trollip

osua en Moses het beide baie oud geword. Hulle was onderskeidelik 110 en 120 jaar oud. In die Engelse vertaling van Die Boodskap, verskyn die woord time 1 167 keer. In vergelyking met die woord love wat net 584 keer verskyn, beklemtoon dit hoe belangrik tyd is. Tyd is nie (twee keer) belangriker as liefde as gevolg van 'n eenvoudige woordtelling nie, maar tyd bring geloof, hoop en liefde. Dit maak nie saak of jy 150 jaar oud word of nie. Wat saak maak is hoe jy daardie geskenk, wat ons tyd noem, gebruik. Sal jy eerder nóg 'n twee-uur lang fliek kyk, voordat jy 'n uur lank in die kerk na God se woord luister? Sal jy eerder die stoute grappie per sms of epos aanstuur as 'n Bybelvers? Soos ek hierdie tik besef ek hoeveel kere ek God teleurstel, hoeveel keer die Heilige Gees in my skree en ek Hom ignoreer. Hierdie botsende geleentheidskoste tussen die aardse en die hemelse begeertes bestaan al solank soos wat sonde bestaan. Jou tyd en God se tyd is nie dieselfde nie. Wanneer 'n gelowige nie 'n drastiese gebeurtenis begryp nie, vergeet ons dikwels die bogenoemde. God se tyd is oorkoepelend en omvat alles van die geskiedenis en die toekoms wat deel vorm van God se plan. God se plan is te groot vir 'n mens om te begryp. Moet ons dit (God se plan) begryp? As ons die pot mis sit, gaan God ons straf? Nope, Moses en Josua het nie altyd God se plan verstaan nie. Ja, verseker was hulle, veral Moses, naby aan God, maar die sleutel is dat hulle altyd geweet het God is in beheer. Moses het baie van sy tyd bestee om by God te smeek vir genade (Deuteronomium 3:23) en God se volk geleer van die bepalings en voorskrifte (Deuteronomium 4:14). Josua was ook nie iemand wat sy tyd gemors het nie, hy was al van vroeg af bestem om God se volk verder te lei en dit het hy gedoen net soos God dit wou hê. Jou leeftyd is onbepaalbaar, niemand kan voorspel hoe lank jy gaan lewe nie, nie eers die beste dokter in die wêreld nie. Sinies gesproke: wanneer dit jou tyd is, is dit jou tyd. Jy kan nie besluit wanneer die engele jou kom haal nie. Jy het wel 'n besluit oor die manier wat jy gaan lewe. Petrus vergelyk 'n mens se lewe met die van 'n blommetjie of 'n grashalmpie (1Petrus1:24-25). Dit is só verganklik en tydelik. Elke oomblik is 'n geleentheid uit God se genade wat ons moet gebruik om 'n vreugde vir die Koning te wees. Ons is mense, ons is bang. Moses en Josua was ook bang. God weet dít. God het Josua meer as agt keer beveel om sterk te wees, om dapper te wees. Ek en jy is bang vir seerkry en swaarkry. Die geprogrammeerde strewe na sukses jaag jou, haal jou in en byt jou soos 'n wilde hond op die agterstewe. Moeder Teresa het haar tyd in Indië toegewy om armes te versorg en na hulle om te sien. Sy het gesê: "God het ons nie geroep om suksesvol te wees nie, net getrou". 'n Feit wat ons soos 'n klip teen die voorkop tref, is dat ons sukses soek in aardse begeertes en welvaart. Ons onvoorwaardelike vertroue in God moet ons gebruik as ramshorings om by die werk, by die skool, in 'n verhouding of waar ook al enige probleme – hierdie mure van Jerigo – in mekaar te laat stort Tyd het ons nóg nie daardie belangrike les geleer nie. Ons hoef nie te soek na vreugde in aardse dinge nie. Die belangrikste ding wat ons kan bereik in die lewe (en in dood) is om heelhartig aan God vas te hou. Ons tyd is net genoeg.

KRUISPAD | UITGAWE 15

37


Gereël deur die Jeugdeputate van Partsinode Pretoria.

Kampe en Uitreike 2009

Brugkamp vir graad 6-7: 1 – 4 Oktober by Eduland. Kontakpersoon: Ds. Attie Venter, GK Pretoria-Annlin. Tienerbediening kamp vir graad 8-10 (TB kamp): 1 – 4 Oktober by Zarivongo. Kontakpersoon: Ds. Thys Erasmus, GK Pretoria-Wonderboom-Suid. Doppers @ C vir graad 12's: Laaste week van die laaste skoolkwartaal. Kontakpersoon: Ds. Thys Erasmus, GK Pretoria-Wonderboom-Suid.

Eerstejaarskampe 2010 Stellenbosch Eerstejaarskamp:

Nicolette Venter (GK Cachet)

Die skoolverlaterskamp van 2009 was 'n onvergeetlike kamp waar ons as gelowige vriende gegroei het. Ek het opnuut besef hoe nietig en klein die mens is en hoe groot ons God is. Die Skolies (leerders van graad 10 tot 12), groepleiers en kosspanlede was 'n lekker groep en dit was vet pret om saam met hulle te werk. Wat 'n wonderlike voorreg om 80 nuwe boeties en sussies in die geloof by te kry! Die tema van die kamp was "Hoe groot is God" en daar is onder andere gekyk na die versoekings rondom ons, verhoudings, hoe ek God sien, en hoe God my sien. Van die hoogtepunte was 'n sterrekyk-aksie, skeerroomsessie, Doppers got talent, en al die Bybelstudies. Hierdie kamp is verseker 'n moet vir elke skoolverlater! 'n Uitreik waarna ek baie uitgesien het, is die uitreik na Phuthaditjhaba in QwaQwa waar ons die evangelie verkondig het, geloofsekerheid vir die mense gegee het en saam as vriende geleer het hoe om die Woord van God te verkondig. Dit was werklik vir my die lekkerste uitreik ooit, 'n mens kan nie die ervaring beskryf nie. Daar tussen die berge saam met gelowige vriende besig om die werk van die Here te doen, wat meer het 'n mens nodig? Ek is ook op die bestuur wat Cachet se uitreik vir September gereël het. Dié keer het ons 'n nuwe bouprojek aangepak en huisbesoeke gedoen. Ons het ook Bybelstudie vir die kleuterskoolkinders aangebied. Die kamp van die jaar is nog op pad en ek is vreeslik opgewonde daaroor. Die Koningskinderskamp gaan 'n geestelike ervaring wees van 'n ander wêreld. Die vorige jaar se kamp was uitstekend. Ek het nog nooit so baie pret op een kamp gehad nie. Dit is wel uitputtend, maar dit is die moeite werd om te sien hoe die Here 'n mens elke dag seën en die vreugde wat die kinders beleef.

9 – 13 Januarie 2010 Kontakpersone: Ds. Johan van Heyningen, 082 929 1733 of jvh@gkstellenbosch.co.za Neil Anderson, 072 369 8688 of eerstejaarskamp@gkstellenbosch.co.za PUKKE Eerstejaarskamp: 11 – 15 Januarie 2010 Kontakpersone: Ds. Willem Vogel, Willem.Vogel@nwu.ac.za of Dirk de Bruyn, 076 574 0520.

Eksodus toer 2010 Toer na Egipte, Jordanië en Israel saam met Ds. Maarten van Helden. Datums: 22 Junie – 6 Julie. Kontakpersoon: Ds. Maarten van Helden, mvhelden@telkomsa.net.

Tukkies Eerstejaarskamp:

Israel 2010 Watu bied vanaf 27 Junie tot 9 Julie 'n toer na Israel en Egipte aan. Kontakpersoon: Paul Grobler, 083 973 0443 of israel@watu.co.za. https://sites.google.com/site/israeltoer2010/

Sien die advertensie op ons agterblad.

http://www.thebanmappingproject.com/ Indien daar binnekort 'n kamp of ander geleentheid in jou omgewing plaasvind en jy dit graag met die ander Kruispadlesers wil deel, stuur gerus 'n e-pos aan interaksie@ kruispad.net. Kruispad Gee-jaar Indien jy in matriek is en nog nie seker is oor wat jy presies volgende jaar wil doen nie, kontak gerus vir Brahm Robinson geejaar@kruispad.net en vra hom om vir jou meer inligting te stuur oor die GKSA se Gee-jaar wat DV volgende jaar afskop.

38

KRUISPAD | UITGAWE 15

Hierdie is 'n verskriklike lekker website om te besoek! Beleef Egipte se Valley of the Kings deur gebruik te maak van die foto's, video's en kaarte. Jy kan selfs binne in die grafte 'rondloop' en daar is hope inligting wat jy kan kry om meer te wete te kom oor Egipte se konings en hul grafte. http://sloppynoodle.com/ Dit is 'n awesome website! Die visuals van die site is genoeg om mens lus te maak om te lees en jy kan met jong Christene regoor die wêreld gesels oor stuff soos verhoudings of probleme wat jy met jou ouers het. Dit is nie al nie, maar voordat ek te veel vertel, gaan kyk bietjie self wat daar aangaan …

http://www.bible-history.com/maps/route_exodus.html Hierdie is nogal 'n interessante kaart om na te kyk. Die roete van die uittog van die Israeliete uit Egipte na die Beloofde Land word uitgebeeld met verskillende verwysings na waar jy in die Bybel daarvan kan lees. So as jy ooit gewonder het hoe dit vir die Israeliete moes gelyk of gewees het, maak 'n draai op www.biblehistory.com. http://www.thesevenproject.com Seven Project is 'n site wat fokus op studente en alles wat daarmee saamgaan. Definitief 'n besoek werd!

KRUISPAD | UITGAWE 15

39


40


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.