Kruispad #16

Page 1


HO E KO M is ons hi er?

IN H O U D S O P GA W E

Kruispad is … 'n eietydse tydskrif met Reformatoriese inhoud, gefokus op aktuele sake, gerig op jong, groeiende gelowiges om toerusting te gee vir die maak van ingeligte keuses wat lei tot geloofsgroei.

H O E wil on s di t doen? Deur 'n interaktiewe medium daar te stel wat relevante temas bespreek en jong gelowiges motiveer om die pad van die kruis van Christus te stap en volwasse in die geloof te word, sodat God die eer sal kry en die Kerk opgebou sal word.

Verklaring Menings uitgespreek in die artikels verteenwoordig nie noodwendig dié van die redaksie nie. Die redaksie behou hom die reg voor van plasing, redigering, verkorting, parafrasering en uitbreiding van die bydraes.

Red@Kruispad

6

Kry rigting by die rigters

T Y D S K RI F INLIG T ING Posadres: Posbus 20700, Noordbrug, 2522 Tel: 018 293 2338 E-pos: navrae@kruispad.net Faks: 086 656 6745 Web: www.kruispad.net

Ehud was links

Rekeningbesonderhede vir donasies: Naam van rekening: GKSA Admin Buro t/a Kruispad Bank: ABSA Tak: 632005 Rekeningnommer: 670140040 Verwysing: 0562/KRUISPAD

Uitgegee deur die GKSA

Ontwerp: Sunflood Studios Tel: 021 887 4477 E-pos: info@sunfloodstudios.co.za Web: www.sunfloodstudios.co.za Drukkers: Zero Plus Tel: 012 333 6712 E-pos: info@zplus.co.za

D I E R E D A K S I E S P AN Redakteur & Subredakteur

Maureen van Helden red@kruispad.net

Assistentredakteur Rineé Pretorius kantoor@kruispad.net

Gee-jaar

Brahm Robinson geejaar@kruispad.net

Interaksie & GIGS

Dirkie Steyn interaksie@kruispad.net

Webblad

Dirk Kruger media@kruispad.net web@kruispad.net

Resensies

Dirk Kruger Rynhardt Pretorius Wanja Senekal resensies@kruispad.net

Grafies

Sunflood Studios: - Dian Wessels - Mike Cruywagen - Karien Bredenkamp grafies@kruispad.net

Adviseur: Jeugdeputate Ds. Charl van Rooy charl@gkrandburg.org.za

Aktueel

Santie Lourens aktueel@kruispad.net

Advies & Hulp

Johannes Schickerling advies@kruispad.net help@kruispad.net

Sending & Leefstyl Juanita van der Merwe sending@kruispad.net leefstyl@kruispad.net

Kreatief

Chantelle Tredoux kreatief@kruispad.net

M E D E W E R K E R S P AN Ds. Leon Kruger Ds. Piet Venter Anel Potgieter Ds. Johan Schutte Prof. Rikus Fick Prof. Hans van Deventer Dr. Victor d'Assonville Susan Larney Germari Kruger Ds. Hennie van Wyk Anneretha Combrink

4

8

Debora: 'n Angel in die vlees van God se vyande …

10

Kontroversieel: Glo jy in die wegraping?

12

Geopende Deure

14

Sendinghulp: Metodisme

15

Koffie saam met … Gretha Wiid

16

Hulp: Gemoedsversteurings

18

Kalender 2010

19

Uniek: 'n Gelowige se job description

23

Calvyn 500 jaar (deel 4)

24

Getuienis: Nuwe lewe na 'n breinbesering

26

Kreatief: Eensaamheid

28

Kompetisie: Pasraaisel

30

BlouAnna: Ek pak kas reg

31

Vervolgverhaal: Bostik

32

Kunstenaarsprofiel: KrissTel

34

Resensies

36

Watdinkjyvan … Hubbly Bubblies

38

GIGS

39


Red@Kruispad

Heya☺

T E K EN IN O P K RU I SP A D

Sjoe, toe ek weer my oë uitvee, lê 2009 op sy rug en het 2010 aangebreek! Ek hoop werklik dat jy 'n heerlike Kerstyd gehad het wat jy kon deurbring tot eer van ons Here Jesus Christus! 'n Nuwe jaar beteken dikwels verandering. Nuwe uitdagings en nuwe ervarings lê vir baie van ons voor. Dalk gaan jy nou matriek toe, dalk is jou skoollewe (uiteindelik!) verby en gaan jy nou universiteit of tegnikon toe, of begin jy met die Gee-jaar in Potch. Dalk is jy besig met 'n gap jaar, of dalk begin jy nou met jou 'grootmenslewe' en wonder jy wat om te verwag van die werksplek en ander onbekendhede wat vir jou voorlê.

Nuwe intekenaar Bestaande intekenaar Geskenk vir iemand anders Besonderhede van intekenaar Naam en van ....................................................... ............................................................................. Gemeente ............................................................ E-pos ................................................................... Ouderdom ........................................................... Besonderhede van ontvanger (indien ontvanger verskil van intekenaar)

Naam en van ....................................................... ............................................................................. Posadres .............................................................. ............................................................................. ............................................... Poskode ............... Sel no ................................................................... Tel no (huis) ......................................................... Gemeente ............................................................ E-pos ................................................................... Inteken opsies: Hernuwing R80 – 4 uitgawes

R120 – 6 uitgawes

Waar jy ook al heengaan of wat jy ook al hierdie komende jaar gaan doen, kan jy verseker daarvan wees dat jy nie alleen is nie. God is by jou. Hy het reeds vooruitgegaan en jou plekkie vir jou voorberei. Hy stap elke treë van jou pad saam met jou, en Hy dra jou wanneer jou voete (of jou gees) moeg raak en jy voel asof jy nie meer kan aangaan nie. Ons leer uit die verhale van die rigters dat God enigeen van ons kan gebruik om vir Hom te werk. Dit maak nie saak wie jy is of wat jy van jouself dink nie, God weet wat sy doel met jou is. Vra vir Hom om dit vir jou duidelik te maak en geniet die lewensreis saam met Hom. Ek hoop jy sal hierdie uitgawe geniet. Skryf gerus aan ons by red@kruispad.net as daar enige spesifieke onderwerpe is waaroor jy in die komende jaar in Kruispad wil lees. As jy lus is om self 'n artikel te skryf, kan jy dit stuur na kreatief@kruispad.net. Tot volgende keer, Maureen Soli Deo Gloria!

Aantal persone waarvoor ingeteken word: (Vir groepe van meer as 10 persone geld spesiale tariewe en moet 'n volledige adreslys aangeheg word. Stuur gerus 'n e-pos na inteken@kruispad.net of heg dit aan die intekenvorm)

Stuur jou intekenvorm en bewys van betaling na een van die volgende adresse:

Metode van betaling: Tjek Posorder

Elektronies Kontant Ander Datum van betaling .............................................. Ek het van Kruispad gehoor by: Naam en van ....................................................... Sel no ..................................................................

U

L SS

N:

I IT

e eli

in

-

ak

m p;

do

'

nn

te eu

n

ro

a ma

er

k se

is

il p. , ka ersk ied. ng o s l l a v g e rb t ev sip aar g ve ons ie ure. wa s E i m w D n D : kle ense ? D n – reri aar rd o F r u u t W o e o e w kle me ir m t n me erv of. , EA DI ybel in nthou id: V ls. o – was in geoorvadle gelouik kan ateïste om l o he a gl n r v B at hoe ie m te eker ama o jy et o wat n hu t geb w D n en k h l n S o s va a va glo ik loof hier ei: Wat ybe ene n w roe jou as l g b B st a e ie gro : in iste d, r t k, at 0). o G t e o i d f a d ou K o w s r do se al fs nd ol (R3 oo eloo gelo uit se b die en iritu se e t t e ha k) to pas d i i a p ( e G rik ers si n u u s an l ka as a ort s en Af ? V Ba ah's em ié t of kp der s k sa K i d s r a : e a t r by on lam l. Su p. : 'n ndo n s an sa aa amv (wa s ski ske we Hi er. oop s. s ' of m I – i a s , r , i s s k h s d r ard eid e ve l pa !!). ve ae te gelo tuies ena s vir ang me psa a k h e a sw nt iek s ni vr nder a ge te b rsie of b Sa hem ou elee pesif asie kry x A ov and Ve oos j k, a h s 45 a. l is lke g 'n s situ kan Je iem raal: edel e x 5 ddr yb a e na die nie 1 B so asto mo n 1 t y n k u s ( ls ro P nse u i Jo nie dsoe fek b g ne o j in ora p jy on per r to e l l me e e si k dit r t a h o a a y e e j e m d lis r ur we s s jy ron ange voo es. jy me ) kan g k r g m v a gte ge e no sê: t s mm a a d 15 en eni k … kan Om gs vir soe n i l de rse te rin elve id op u Kle Byb nthe om elee g

G LIN

E-pos: inteken@kruispad.net Faks: 086 656 6745 Slakpos: Posbus 20700, Noordbrug, 2522 Bankbesonderhede: Naam: GKSA-Admin buro t/a Kruispad Bank: ABSA Takkode: 632005 Rekeningnommer: 670 140 040 Gebruik as verwysing: 0562/004/(Naam en van OF Naam van gemeente) Nadat jou bewys van betaling ontvang is, sal jy die daarop volgende uitgawes ontvang. Terme en voorwaardes geld. Kyk op www.kruispad.net vir meer besonderhede.

Posgeld is nie reeds betaal nie. Plaas asseblief die inskrywingsvorm in 'n gefrankeerde koevert en stuur dit na die Kruispad-adres.

4

5


DIE TYD VAN DIE RIGTERS Van watter tyd in die geskiedenis word daar dan gepraat? Die Rigterstyd speel af in die tyd nadat Josua die volk Israel die beloofde land (Kanaän) ingelei het, tot die eerste koning (Saul) op die voorgrond tree. 'n Redelike lang tyd – ongeveer 200 tot 300 jaar. Kom ons begin by 'n vroeër bekende punt in die geskiedenis, die tyd in Egipte. Nadat Israel vir ongeveer 400 jaar slawe in Egipte was, word Moses geroep om as leier op te tree en die volk uit Egipte uit te lei. Moses self kon egter net die beloofde land op 'n afstand sien, maar die jong Josua kry na hom die opdrag om Israel in die land in te lei. Dit gebeur teen ongeveer 1250 v.C. Nou is Israel mos tuis. Hulle kan huise bou, saai en plant, en so hulself vestig in 'n nuwe land. Alhoewel Josua die land onder die volk verdeel het, was daar ook ander mense wat voor Israel daar gebly het. En hier is waar die drama begin. Israel bly nou lekker, fokus op hulle eie dinge en begin die oulike seuns en dogters van die vreemde volke om hulle raaksien. Daar was die Kanaäniete, die Assiriërs, die Amalekiete, die Moabiete, die Filistyne, en nog 'n klomp ander. En elkeen het sy eie spul afgode gedien. Stelselmatig begin die volk Israel los van die Here raak. Elkeen doen wat hy wil. Hulle vermeng met die ander volke en neem selfs hulle afgode aan. Oor en oor herhaal dieselfde patroon in hierdie geskiedenis;

Leon Kruger (GK Frankfort)

• Die Israeliete begin om van die Here af weg te dwaal deur die afgode van die vreemde volke te aanbid. • Die Here straf Israel deur hulle onder 'n vreemde volk se heerskappy te plaas. • Israel kry berou en keer tot die Here terug vir hulp. • Iemand word deur die Here aangewys om die Israel terug na Hom toe te lei. • En dan word vrede weer herstel in die land.

K

en jy die leiers van die wêreld? Daar sal seker 'n hele klompie wees wat jy darem kan opnoem … in Suid-Afrika het ons president Jacob Zuma, en so bietjie meer noord Robert Mugabe. Barak Obama regeer in die VSA en hier en daar is daar nog 'n koninklike wat regeer, byvoorbeeld Koningin Elisabeth II in Engeland. Probeer om dit vir jouself voor te stel hoe dit in Suid-Afrika sou wees sonder enige leier. Geen leier of regering nie. Geen reëls of wette nie, geen grondwet nie. Dit sou nogal chaoties kon raak! So word die Rigterstyd ook beskryf:

"In daardie tyd was daar nog nie 'n koning in Israel nie, en elkeen het gedoen wat reg is in sy eie oë," (Rigters 21:25).

66

KRUISPAD | UITGAWE 16

WIE EN WAT WAS DIE RIGTERS? Die boek Rigters vertel vir ons die geskiedenis van hierdie tyd. Die verhale van 12 rigters word vir ons vertel. Elke keer as die nood op sy grootste is, wys die Here iemand aan wat moet help, wat 'n leier vir Israel moet wees. Alhoewel hierdie rigters ook regters was, moes hulle baie meer doen as net die reg in die land te hanteer. Hulle was ook regeerders, generaals en sommer nog 'n paar ander dinge ook. Elkeen het hemelsbreed van die vorige een verskil, maar die Here roep en gebruik wie Hy wil.

Onthou saam met my 'n paar: Daar was Ehud, die linkshandige. Sy linkshandigheid was dalk 'n swakpunt in die oë van die mense in daardie tyd, maar dit was juis sy sterkpunt om koning Eglon te kon doodmaak en Israel so te red uit die hand van die Moabiete (Rigters 3:12-30). Later lees ons van Debora. Verbeel jou, 'n vrou (grappie!) wat die volk Israel moet kom red van die Kanaäniete (Rigters 4 en 5). Asof dit nie erg genoeg is nie, roep die Here volgende vir Gideon. 'n Bang mannetjie wat so twyfel dat hy die hele tyd vir die Here bewyse vra – dan 'n nat vliesie, dan 'n droë vliesie, en so gaan hy aan. En tog roep die Here hom om Israel met 'n weermag van net 300 manne te red van die Midianiete (Rigters 6-8). Wie onthou nie vir Simson nie? Sy krag was legendaries. Hy laat Batman soos 'n sissie lyk! Maar ook hy word eers deur 'n vrou (Delila) verlei en moes al sy krag verloor, voordat hy die volk Israel van die Filistyne verlos (Rigters 13-16). Sonder om oor almal iets te sê, is daar een ding wat gou in hierdie boek duidelik word. Daar is eintlik maar een Rigter, net een wat kan red en wat uiteindelik die redding gee – die Here self! Dit is Hy wat deur sy Heilige Gees in die rigters werk en dit is net Hy wat die uitkoms bewerk.

SO WAT SÊ DIT VIR MY? Sommer 'n hele klomp dinge kan ek en jy wys word as ons na die Rigterstyd gaan kyk: • Ons kan raaksien hoe gevaarlik dit is om van die Here af weg te dwaal. • Ons kan dalk raaksien dat die Here altyd daar is wanneer ek om hulp roep. • Hy is 'n God wat vergewe en herstel. • Ons kan selfs raaksien dat almal wat teen die Here in opstand kom en ander gode dien onder God se oordeel gaan kom. • Ons kan ook raaksien dat die Here die vreemdste mense in sy plan op aarde kan gebruik. Dit maak nie saak hoe swak hulle dalk vir ons lyk nie. Dit is dalk ek of jy! En as God ons wil gebruik, dan roep Hy ons en gee Hy self ook die krag wat ons nodig het. Gaan kyk maar bietjie met ander oë na hierdie geskiedenis. Lees die boek aandagtig deur. Ontmoet in hierdie boek ons enigste Leier, ons Rigter, die Here self. Hy alleen gee rigting in my lewe. En vra vir jouself, wil die Here my nie dalk ook êrens gebruik nie?

KRUISPAD | UITGAWE 16

7


ongeskik in mense-oë, maar ideaal vir God Piet Venter (GK Potchefstroom-Oos)

Lees Rigters 3:12-30 en kyk mooi na vers 15.

H

et jy ook al gedink dat die Here jou nooit sal gebruik nie? Jy is mos nou nie eintlik die mooiste of die slimste op aarde nie, of jy is nie so begaafd en talentvol soos ander mense wat sulke groot dinge vir die Here doen nie, of hoe? Ek wil jou vra om weer hieroor te dink. Want jy sien, die Here leer ons deur die geskiedenis van Ehud dat Hy dikwels die onwaarskynlikste kandidaat roep om op die mees onverwagse wyse sy werk te doen. Dié een wat ons gedink het niks vir die Here kan doen nie, word juis deur die Here vir 'n groot taak gekies. Die Here doen dit sodat ons nie op die mens en sy vaardighede sal fokus nie, maar op God wat in en deur ons werk. Ons is só geneig om te dink dat die Here ons nie sal gebruik nie, dat ons dikwels verras is wanneer Hy op die onwaarskynlikste en mees onverwagse manier werk – ook deur jou en my.

88

KRUISPAD | UITGAWE 16

Wat het in Rigters 3 gebeur? Die volk het weer weggedwaal van die Here af en dié keer gebruik die Here drie volke om oor sy volk – onder leiding van Eglon, die Moabiet – te heers. Eglon neem Jerigo in en vestig homself vir 18 jaar lank daar terwyl hy die volk verdruk. Hierdie gebied het aan die stam van Benjamin behoort en hulle het die swaarste onder die verdrukking gely. Die volk kom as gevolg van hulle beproewing tot inkeer en bid vir verlossing. Dan stuur die Here vir Ehud as hulle redder. Ehud was 'n Benjaminiet. Benjamin beteken: seun van my regterhand. Maar Ehud was links! Jy wonder seker hoekom die skrywer nou juis so 'n onbenullige feit met ons deel. Totdat 'n mens 'n bietjie dieper kyk en die volle prentjie raaksien. In hierdie op-die-oog-af onbenullige feit lê die openbaring van die Here opgesluit. Die feit dat Ehud links was én 'n besonderse werk gedoen het, maak van hom die geskikste kandidaat in die oë van die Here. In die oë van mense sou hy die laaste een wees wat hulle sou kies. Want sien, in daardie tyd, net soos dikwels vandag, is linkshandige mense deur die publiek as onhandig en onbruikbaar beskou. Maar daar was situasies waarin die Here juis sulke mense gebruik het, want hulle was goeie soldate, veral die manne van Benjamin. In Rigters 20:16 lees ons van 700 linkshandige slingervelgooiers van Benjamin wat uiters akkuraat kon gooi. In 1 Kronieke 12:2 lees ons meer oor dié dapper helde en van linkshandige boogskutters wat baie waardevol was. Hulle vaardigheid was gesog, want die stadspoorte van daardie tyd was so ontwerp dat 'n regshandige boogskutter vir die inval van 'n stad nutteloos was – terwyl 'n linkshandige boogskutter die wagte by die spesiaal ontwerpte poorte kon raakskiet. Ehud was linkshandig, maar God het 'n spesiale plan vir hom gehad. Hy was die regte man op die regte plek. Ehud is deur die volk en koning Eglon vertrou om die volk se belasting in te samel en aan die koning oor te betaal. Hy was dus in 'n unieke posisie om God se plan uit te voer. Niemand sou dié eerlike, onhandige belastingamptenaar van 'n aanval op die koning verdink nie. Dit was juis die wyse waarop God vir Eglon wou straf. Ehud maak vir hom 'n dolk van ongeveer 40 cm lank wat hy onder sy klere aan sy regterheup versteek. Nadat die belasting afgedra is, vra Ehud om die koning privaat te sien met "'n geheime boodskap vir die koning". Niemand vermoed iets nie en al sou die paleiswagte hom deursoek, sou hulle aan sy linkerheup (waar swaardvegters gewoonlik hulle swaarde dra) vir 'n swaard gesoek het. Aangesien Ehud links was, dra hy egter sy dolk aan die regterkant. Hy kry vrye toegang tot die koning en kan die koning privaat spreek. Eglon was waarskynlik baie opgewonde oor die geheime boodskap en toe Ehud boonop sê hy het 'n

boodskap van God vir die koning, staan Eglon op, en steek Ehud hom dood. God se boodskap aan die koning was 'n oordeelsboodskap. 'n Boodskap van straf vir die verdrukking van sy volk. So bevry die Here sy volk – deur Ehud. Ehud was slegs die instrument: die onwaarskynlikste kandidaat, op die mees onverwagse – maar die suksesvolste – manier. So gebruik die Here jou ook op die onwaarskynlikste en mees onverwagse tye. Jy dink dalk jy is nie toegerus om die Here te dien nie. Jy dink dalk jy het nie die nodige gawes nie. Dalk is jy fisies gestremd of gebruik jy watter rede ons ook al wil soek om nie diensbaar te kan wees nie. Onthou: die Here gebruik elkeen van ons om werk vir Hom te doen. Die Here gebruik jou in alledaagse omstandighede, te midde van alledaagse nood en behoeftes – daar waar jy die enigste een is wat God in sy diens wíl en kán gebruik. Dalk is dit by jou skool, koshuis, in jou familie of tussen vriende. Dalk is jy die enigste een in jou vriendekring wat raad kan gee, of wat die regte besluite kan neem – moenie terugdeins nie – God gebruik jóú. Moenie te min van jouself dink nie. Stel jouself tot die Here se beskikking. Wees altyd bewus van die feit dat die Here jou gaan gebruik, en as die geleentheid hom voordoen, tree op. Moenie selfgerig lewe en net op jou eie behoeftes ingestel wees nie. Wees ingestel op die behoeftes en nood van jou medemens en jy sal sien hoe God vir jou deure oopmaak om diensbaar te wees. Moet nooit dink dat jy nie goed genoeg is nie. Dit is wat die mense van ons Here Jesus gesê het. In Jesaja 53 word voorspel dat Hy nie iemand sou wees wat die mense sou kies nie, inteendeel, hulle sou Hom verag. Selfs Jesus se dissipels, die volk en die Fariseërs het nie geglo dat daar 'n profeet uit Galilea kon kom nie. Hulle het gesê: "Jesus van Nasaret, ag nooit, Hy kan nie die Verlosser wees nie" en tog was dit juis Hy. Gebore uit 'n gewone familie, in 'n streek en stad waarvan niemand iets goeds gedink het nie, en tog word Hy die Verlosser van die mensdom. Omdat God met Christus, die onwaarskynlike kandidaat op die mees onverwagse manier, deur die kruis, vir jou en my deel van sy koninkryk gemaak het, én ons toegerus het met sy Gees, wil Hy ons gebruik, al dink ek en jy nie altyd so nie. Dalk wil die Here jou gebruik om iemand by te staan of om een of ander taak vir Hom te verrig. Moenie dink God kan jou nie gebruik nie. Hy kán en Hy wíl. Hy rus jou toe met al die gawes en talente wat jy nodig het om daardie taak te verrig. Jy het ook 'n Goddelike boodskap om oor te dra. 'n Evangelieboodskap van verlossing en versoening van sondes. Daarom, stel jouself tot sy beskikking, en wees gereed, want die Here gaan jóú gebruik!

KRUISPAD | UITGAWE 16

99


Anel Potgieter (GK Rooihuiskraal)

Lees gerus eers Rigters 4.

D

it is 'n donker tyd in die geskiedenis van Israel. Die volk van God kry swaar. Hulle doen dwangarbeid, hulle oeste word gesteel en hulle word mishandel. Ons teksgedeelte gee vir ons 'n duidelike rede. Hulle het "gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here," (Rigters 4:1). Hulle het van God vergeet. Die afgode rondom hulle, die tempelprostitusie en orgies (ja dit was so erg!) het aanlokliker geword as die enigste ware God. En om sy volk tot inkeer te roep, gee Hy hulle oor in die hand van hulle vyande. In hierdie tyd kry ons met 'n besonderse vrou te doen, naamlik Debora. Hierdie vrou het haar naam, wat "by" beteken, inderdaad gestand gedoen. GEROEP EN TOEGERUS DEUR GOD Iewers op skool het jy geleer dat organismes 'n spesifieke bou het, sodat hulle 'n spesifieke funksie kan vervul. So kan 'n by net 'n by wees omdat hy gebou is om een te wees. Wanneer God iemand roep, rus Hy ook die persoon wie Hy geroep het toe om die taak te kan vervul. In hierdie moeilike tyd roep God Debora om sy volk te kom lei. Dit was 'n vreemde verskynsel – 'n vrou wat as 'n rigter vir Israel optree. Dit was 'n wêreld wat deur mans gedomineer is. Tog lees ons nêrens van Debora se verskonings nie. Ons kan aan 'n hele paar mans in die Bybel dink wat gereed gestaan het met verskonings: Moses (ek kan nie goed praat nie), Gideon (ek is te onbelangrik), Jeremia (ek is te jonk), en ook hier in Rigters 4 Barak wat twyfel. Debora het geen oomblik in haar roeping getwyfel nie. Sy was gehoorsaam ten spyte daarvan dat sy waarskynlik baie teëkanting gekry het. God het 'n plan met Debora gehad. Terwyl Jabin en sy weermag Israel onderdruk het, was die kanse baie goed dat hulle geen manlike leier sou duld nie. Dink aan wat Herodes gedoen het toe hy gehoor het van Jesus se geboorte. Hy het alle seuntjies onder twee jaar laat vermoor. Op hierdie manier wou hy voorkom dat enige sterk manlike leier op die voorgrond tree. Juis daarom het Debora so 'n belangrike rol gehad om te speel. Deur Debora te roep, wys God aan ons dat Hy enige persoon in sy koninkryk kan en wil gebruik, en dat Hy júís soms 'n persoon gaan kies wat die samelewing eerder sou ignoreer.

10

KRUISPAD | UITGAWE 16

TOEGEWYD SOOS 'N HEUNINGBY Een uitstaande kenmerk van 'n heuningby is sy vermoë om van lig tot donker met oorgawe te werk. So was Debora, altyd beskikbaar en gewillig om raad te gee. Ons lees dat sy op 'n heuwel onder 'n palmboom gesit het. Daar was sy sigbaar en beskikbaar vir haar volk. Hier het die volk haar besoek om hulle geskille op te los … Debora was geseënd met besondere wysheid en sy het dit nuttig aangewend. Sy het 'n gewillige oor gehad om te luister, en haar mense met goeie raad bedien. Sy was egter ook 'n profetes. God het hierdie vrou toegerus om sy volk terug na Hom te lei. Sy moes hulle leer om weer die enigste ware God te dien. Hierin was Debora geheel en al toegewy. Sy was Debora – nuttig soos 'n by. 'N ANGEL IN DIE VLEES VAN HAAR VYANDE Het jy al gesien hoe beskerm 'n by sy nes? 'n By is weliswaar 'n nuttige insek, maar as jy hom pla, gaan jy lelik seerkry! Wanneer 'n by jou steek, gaan hy dood, tog sal hy nie huiwer om dit te doen om sy nes te beskerm nie. So was Debora ook. Sy was selfs bereid om haar weermag na die slagveld te vergesel. Dit was beslis nie 'n plek vir 'n vrou nie. Tog het sy haar weinig aan sosiale vooroordele gesteur. Sy was beskikbaar vir haar mense, en bereid om te sterf vir hulle. Met 'n plan, fyn uitgewerk, lei sy en Barak vir Sisera, die hoof van Jabin se leër, in 'n lokval. Tog, dit was nie haar plan nie. Hierdie plan het sy van God af gekry. Juis daarom was sy so vreesloos, omdat sy geweet het dat God reeds die oorwinning in hulle hande gegee het. Debora was 'n angel in die vlees van haar vyande omdat sy volkome op die beloftes van God vertrou het. Wat leer ons uit die lewe van Debora? Dit, God seën jou met gawes sodat jy daarmee beskikbaar en nuttig kan wees. Dit is en kan jy slegs wees as jy in sy koninkryk werk. Die vraag is of ek en jy bereid is om bye te wees? Is ons bereid om nuttig te wees in die koninkryk, en 'n angel te wees in die vlees van God se vyande? God kies soms die mense wat ons die minste verwag – dit kan dalk volgende keer jy wees. Gaan jy dan 'n "BY" wees?

KRUISPAD | UITGAWE 16

11


KONTROVERSIEEL

Johan Schutte (GK Sasolburg)

D

aar is 'n paar sienings oor hoe die wederkoms van die Here nou eintlik gaan verloop. Ons glo sy wederkoms sal eenmalig wees om as regter te oordeel oor dié wat gered word en dié wat verlore gaan, soos wat Jesus dit self beskryf het: "Wanneer die Seun van die mens in majesteit kom en al die engele saam met Hom, sal Hy op sy koninklike troon gaan sit. Al die volke sal voor Hom bymekaar gebring word, en Hy sal die mense skei soos 'n wagter die skape van die bokke skei," (Matteus 25:31 & 32). Daar is egter ander wat glo dat sy wederkoms meermalig gaan wees. Een variasie hiervan is dié wat glo in die Wegraping. Die woord "Wegraping" kom van die Nederlandse woord rapen wat "optel, versamel of toeëien" kan beteken. Die teologiese betekenis daarvan word veral gekoppel aan 1 Tessalonisense 4:17: "daarna sal ons wat nog lewe, saam met hulle op die wolke weggevoer word, die lug in, die Here tegemoet." Paulus se woorde "… weggeruk tot in die derde hemel. Of dit met die liggaam was of sonder die liggaam, weet ek nie, net God weet dit," (2 Korintiërs 12:2 & 3) dien vir hulle ook as bewys dat so iets wel moontlik is. Die gewilde beskrywing van presies hoe dit gaan gebeur skets 'n prentjie van busse wat skielik sonder 'n bestuurder 'n ramp veroorsaak, TV-aanbieders wat skielik van die skerm af verdwyn en 'n wêreldorde wat in duie stort, omdat "die ware Christene" nie meer op aarde is nie. As mense wat in die Wegraping glo entoesiasties daaroor praat, kry jy nogal die gevoel dat hulle by voorbaat hulle verlekker in die chaos wat gaan heers wannneer God se kinders van die aarde "weggeraap" word. Een van die tekste wat verder as motivering dien, is 2 Tessalonisense 2:7: "Die geheime krag van die wetteloosheid is al aan die werk, maar die een wat die wettelose teëhou, moet eers uit die weg wees, en dan sal die wettelose self op die toneel verskyn." Dit word so geïnterpreteer: Wanneer die ware gelowiges nie meer op aarde is nie, sal daar niemand meer wees wat wetteloosheid beveg nie. Die pad sal dan oop wees vir die verskyning van die Antichris. Verder word die wegraping ook aan die "1000 jarige vrederyk" van Openbaring 20 verbind. Sommige sien dit as die Christusryk op aarde wat volg op die Wegraping. Volgens 'n ander interpretasie sal die Wegraping eers aan die einde van dié 1000 jaar plaasvind.

12

KRUISPAD | UITGAWE 16

Vir diegene wat die Wegraping met passie verkondig, is dit belangrik, omdat hulle die volgende heilsboodskap daarin raaksien: • Dis 'n ingryping deur God ter wille van die gelowiges. • Dit bring einde aan hierdie bedeling van lyding. • Dit bring skeiding tussen ware- en skyngelowiges. • Dit bring ontvlugting van hierdie wêreld se sonde en oordele. Die eerste probleem wat 'n mens behoort raak te sien, is dat hierdie leer opgebou is uit 'n klomp Skriftekste wat op die oog af lyk of dit met mekaar verband hou, maar in die proses van hulle werklike Skrifverband losgemaak word. Byvoorbeeld, die kernteks (1 Tessalonisense 2:17) staan binne 'n konteks van vertroosting oor wat sal gebeur met die gelowiges wat alreeds gesterf het teen die tyd van Christus se wederkoms. Ter wille van dié wat daaroor onseker is, gee die Woord die versekering: "En so sal ons altyd by die Here wees. Troos mekaar dan met hierdie woorde," (1 Tessalonisense 17b & 18.) Die tweede probleem is dat dit strydig is met die direkte verkondiging van die Woord oor die laaste oordeel. Wanneer Christus weer verskyn, kom Hy om gelyktydig te verlos en te oordeel. Die Skrif beskryf dit duidelik as "nog een maal" (Hebreërs 13:26) en praat nie van 'n tweede of selfs derde wederkoms nie. Die derde probleem is dat dit dié wat gered word in twee groepe verdeel. Dié wat met sy eerste wederkoms gereed is (soos die vyf verstandige meisies van Matteus 25), sal weggeraap word. Die ander moet agterbly, maar kan darem deur die groot verdrukking wat oor die aarde kom tot ware bekering kom en nog gered word. So 'n verklaring druis duidelik in teen die oproep wat Jesus self gemaak het met hierdie gelykenis: "Waak dan, omdat julle nie weet op watter dag en uur dit sal gebeur nie," (Matteus 25:13). Die vierde probleem is dat dit in stryd met die hele Skrif na wêreldontvlugting op die verkeerde manier neig. Ons kan nie só Hemelgerig leef dat ons geen aardse nut meer het nie. Om só selfgesentreerd te wees dat dit vir jou net gaan oor jou eie (en dié wat net soos jy dink se) redding is in stryd met die roeping wat die Here op ons gelê het om te volhard tot die einde toe. Dis soos Hy dit gedoen het.

KRUISPAD | UITGAWE 16

13


SENDINGHULP

Rikus Fick (GK Potchefstroom-Noord)

K

undiges beweer dat die Tuin van Eden geografies in Irak geleë was, nie ver van die Arabiese Skiereiland nie. Deesdae is daar geen sprake van 'n paradys in daardie gebied nie, in teendeel – vir die mense van Irak is die paradys vervang met die hel. Maar om 'n vrou te wees op die Arabiese Skiereiland is selfs erger; veral as jy 'n geheime gelowige is. Manal is een van hierdie vroue wat baie uitdagings in die gesig staar, maar ten spyte daarvan sê sy: "My toekoms en my lewe is in God se hande." Manal was vir jare vasgevang in 'n huwelik waar haar man haar mishandel het. Sy is uiteindelik geskei, maar haar eksman hou aan om haar lastig te val vir geld en het talle sake teen haar gemaak. Sy het tevergeefs geregtigheid in Arabiese howe gaan soek het. Sy is nou slegter daaraan toe; bankrot en in skuld gedompel. Manal erken dat dit 'n hopelose situasie vir haar en ander Arabiese vroue oor die algemeen is. "My tande is gebreek, ek het skuld, 'n geknakte gees en 'n geskende liggaam, maar omdat ek Jesus Christus in my lewe het, is ek vol hoop oor my toekoms." Die egskeiding het haar geestelik onrustig laat voel. Haar Islamgeloof het haar op daardie stadium niks gehelp nie. Dis toe dat Manal besluit het om God op 'n ander manier te soek. "Ek het eendag in 'n groot winkelsentrum na al die buitelandse vroue gekyk wat hulle inkopies daar doen. Hulle voorkoms, hoe hulle praat en lag, het my laat wonder waaraan hulle glo en waarop hulle hul hoop vestig. "Ek het moed bymekaar geskraap en een van hulle prontuit gevra waarin sy glo? Al was my vrae baie reguit, het die vrou nie geskroom om my te antwoord nie. Sy was saggeaard en vriendelik. Ek kan my net indink hoe dit moes gelyk het, daar tussen die vrugte en groente …" Manal en die vrou het daarna gereeld bymekaargekom. Na 'n paar weke het Manal besluit om haar hart vir die Here te gee. "Ek moet baie versigtig wees, aangesien niemand mag weet dat ek 'n Christen is nie. Ek bid elke dag vir my kinders en selfs vir my eksman. Ek hoop dat hulle ook die Here sal leer ken, maar Hy sal 'n wonderwerk moet laat plaasvind." Vir verdere inligting rakende vervolgde Christene, besoek Geopende Deure se webwerf by www.opendoors.org.za of skakel hulle hoofkantoor by 011 888 5225.

'n

Nederlandse kerkhistorikus het John Wesley, die vader van die Metodisme, soos volg beskryf: "dwalend, maar velen tot zegen". Kom ons begin eers by die positiewe deel: waarom was Wesley vir baie tot 'n seën? Omdat hy op die toneel (Engeland, die agtiende eeu) verskyn het as 'n ligdraer in die donker. Die geestelike en sedelike lewe van die Engelse samelewing in daardie tyd was in 'n verskriklike toestand. 'n Franse reisiger uit daardie tyd vertel dat, toe hy deur Engeland reis, almal begin lag het toe hy oor godsdiens praat. Daar was wel kerke en daar het nog mense kerk toe gegaan, maar die prediking het slegs tot mense se verstand gespreek. Daar was geen konfrontasie met sonde of 'n oproep tot hartgrondige bekering tot God nie. Hieraan sou Wesley 'n groot verandering bring. Toe John in 1720 by Oxford studeer, het hy die boek van Thomas van Kempen ontdek wat 'n groot invloed op hom gehad het. In hierdie boek, Die navolging van Christus, hou Thomas egter ook die leer van die uitverkiesing voor – dit het Wesley heeltemal verwerp. Hy was van mening dat die uitverkiesing in die pad van 'n sedelike lewe staan. "Vroomheid" en "heiligheid" word twee sleutelwoorde in sy lewe. Hy vorm 'n groepie met medestudente (waaronder sy broer Charles en sy vriend George Whitefield) wat die spotnaam Holy Club kry. Hulle kry ook die naam "metodiste" wat verwys na hulle metodiese leefwyse (vaste bid-, vas- en leestye), en hulle vroomheid. Uit hierdie klein groepie het 'n magtige invloed oor die hele Engeland (en later ook Amerika) gegaan. Hoewel John nooit van die Anglikaanse kerk wou breek nie, het die Metodisme eers 'n beweging langs die kerk en later inderdaad 'n eie kerk geword. Waar John die groot organiseerder was, was sy vriend Whitefield die vurige prediker. Laasgenoemde se leuse was: "Om siele te red is my beroep, die hele wêreld is my gemeente". So gewild was hy as prediker dat die kerke in Engeland te klein was vir die gehore wat hy getrek het. Soms het daar tot 80 000 mense saamgetrek om na hom en Wesley te luister. Wesley en Whitefield se paaie skei egter uiteindelik omdat Whitefield aan die uitverkiesing glo. So hewig verskil hy van sy eens goeie vriend dat John die Calvinisme "'n afskuwelike kettery" noem. In reaksie op baie stromings van sy tyd kom die dwalende Wesley na vore. Hy maak dit baie duidelik dat dit in sy oë verkeerd is om te beweer dat die mens niks kan doen om geregverdig te word nie. Wie God se genade wil vind, moet die kwaad nalaat en die goeie doen. Hy verkondig ook dat 'n mens 'n sekere graad van volmaaktheid kan bereik (perfeksionisme). Hy het nie net vas geglo aan wonders nie, maar ook aan towery en

visioene. Wanneer een van sy teenstanders siek geword het of in 'n ongeluk was, het hy dit dadelik aan iets bonatuurliks toegeskryf. Hy leer dat God niks van ons eis wat ons nie kan doen nie. God eis dat ons ons sal bekeer, dus kan ons onsself bekeer. Waarop kom dit neer? Alleen as die mens wil, kan God se wil geskied. As die mens nie wil nie, dan bly God se wil onuitgevoer. Wanneer 'n mens dit hoor, verstaan jy waarom daar nie plek vir die uitverkiesing by die Metodisme is nie. Net die wil van die mens is belangrik, nie die wil van God nie. As Wesley dit sê, skaar hy hom by die Arminiane teen wie die Dordtse Leerreëls opgestel is. Hy doen dit ook onbeskaamd: hy noem sy tydskrif The Arminian Magazine. Vir die Metodis is die wedergeboorte die hart van die Christelike leer; elke mens wat nie 'n plotselinge, geweldige, bonatuurlike verandering ondergaan, ervaar en daarvan kan getuig nie, staan veroordeel voor God. Iemand het eens gesê: vir die Metodisme is daar nie 'n bondeling nie, net 'n vondeling. Kinders is uitgesluit uit God se genade, omdat slegs 'n bewuste bekering die wedergeboorte bring. As daar nie 'n behoorlike reaksie by die mens is nie, gaan God se werk weer tot niet. Die prediking vir ongelowiges en vir gelowiges is daarom altyd dieselfde: bestraffing oor die sonde, 'n roep tot bekering, 'n waarskuwing oor die ewige verderf. Almal moet daartoe gebring word om in angs en bewing voor God te staan, want daar is geen versekering dat jy gaan volhard nie. Daar is hier nie genoeg ruimte om op al die probleme wat 'n Gereformeerde met die Metodisme het, in te gaan nie. Net 'n paar opmerkings: God het in sy almag en soewereiniteit mense uitverkies tot die ewige lewe. Hy het uit eindelose liefde en genade sy Seun gestuur om sy uitverkorenes van hulle sondes te verlos. Almal moet opgeroep word tot geloof en bekering; wie verlore gaan, dra self die skuld daarvoor. Dié wat aan Hom behoort, ontvang die geloof deur die werk van die Heilige Gees en moet 'n dankbaarheidslewe lei. Hulle is steeds sondaars, maar verloste sondaars wat volhard tot die einde toe, want God laat nie die werk van sy hande vaar nie. Daarin lê hulle sekerheid.

Stuur gerus 'n e-pos na sending@kruispad.net met enige vrae of opmerkings.

14

KRUISPAD | UITGAWE 16

KRUISPAD | UITGAWE 16

15


GUNSTELINGE Jou all time favourite fliek

The Shawshank Redemption en Finding Nemo.

Jou droomkar

'n 4x4-bakkie.

Gunsteling kledingstuk

Jeans en 'n casual top.

Gunsteling Bybelvers

"Walk by faith, not by sight" en "Where there is unity, God commands his blessing".

Die sê-ding wat jy die meeste gebruik

… so kalm soos 'n psalm.

Die mooiste plek in die wêreld

Daar waar my kids rondhardloop en lag. Maar as hulle dit kon doen in die groen berge van Skotland, of op die strand van Zanzibar, sou dit 'n bonus wees.

Jou waardevolste besitting

My Bybel, my man se hart, en my foto's en familie movie-clips.

Santie Lourens (Kruispad-redaksie)

G

retha Wiid, bekende spreker en skrywer van boeke oor die huwelik, ouerskap en seksualiteit, is 'n gesinsvrou met 'n opregte passie vir God. Sy en haar man, Francois, voel sterk daaroor "dat kinders moet weet wat hulle werd is en dat hulle die voorreg moet hê om in emosioneel stabiele huise groot te word waar hulle ouers liefde, onvoorwaardelike aanvaarding, erkenning en aandag eerste stel". Kruispad het by haar gaan aanklop vir koffie …

Waar sien jy jouself oor tien jaar? Dit sal my ongelooflik baie bless as ons die mense in die buiteland persoonlik kon begin bedien met dit wat God vir ons gegee het. 'n Evangelisasie-sopkombuis en projekte om armoede en wanhoop te verlig, gaan verseker deel wees van die volgende dekade. Oor tien jaar is my jongste amper op pad uit die laerskool en die oudste reeds in haar vroeë twintigs. Ek is oortuig dat dit 'n eiesoortige ge-juggle sal meebring.

Wat doen jy vir ontspanning? Wie en wat is jy wanneer niemand kyk nie? Ek wil graag glo dat ek dieselfde is voor mense en by die huis. Ek is maar 'n plain Jane. What you see, is pretty much what you get.

Waarom doen jy wat jy doen? Passie, passie, passie! Ek glo dat die dinge wat ek in my lewe ervaar het, 'n boodskap geword het om ander te help, te waarsku en te bemoedig.

Wat wil jy nog alles in jou lewe bereik? Dit is een van my drome om my eie TV-program te hê, meer mense kan met tegnologie bereik word. As ek single-handedly 'n verskil kon maak aan die pornografie in ons media, sou dit sekerlik een van die dinge wees wat ek die graagste wou bereik.

16

Vakansie vier keer 'n jaar – bloot omdat ons deur die kwartaal weke en naweke tussen funksies reis en rondhardloop. Buiten vir vakansies, is ons gesin groot op in-house-ontspanning: fliek, swem, stap, DVD's, bordspeletjies … Om saam met pelle te kuier, is ook 'n lekker blaaskans.

Wat is jou lewensmotto? Daar is genuine baie motto's wat my lewe gevorm het. My mees basiese motto sal waarskynlik wees: If you don't stand up for something, you'll fall for anything. Ek het 'n renons in mense wat nie opstaan vir waarin hulle glo nie of nie 'n eie opinie het nie! Dan verseker ook: Jy is in somtotaal meer as die dele van jou omstandighede en jou verlede. God laat alles ten goede meewerk vir dié wat Hom liefhet!

Wat inspireer jou?

Wat kry jou in die oggend uit die bed?

Geselsies en gedagtes wat mense oproep tot verandering en verbetering. Ek is mal oor dinge wat ons menswees challenge; asook getuienisse van mense van hoop en geloof, en die genesing van God.

Verseker nie die eerste wekker nie! Ek snooze 'n wekker soos niemand anders nie. Helaas, die kinders … Die dieper antwoord sou wees – die passie wat in my hart leef. Die opgewondenheid om dít uit te dra na ander.

Beskryf 'n dag in jou lewe?

Wat is jou idee van perfekte geluk?

Met vier dogters, begin enige dag 'n bietjie mal. Tussen seminare en die kinders se buitemuurse aktiwiteite is ons dag, soos dié van enige ander gesin met 'n klomp kinders, georganiseerde chaos. Ek en Francois is professionele jugglers. It's not a job, it's an adventure!

'n Gesin wat die Here opreg, met vreugde en 'n groot basuin liefhet en dien. 'n Man en vrou wat mekaar eer en in eenheid staan. 'n Kuier om die etenstafel – lag en sharing oor die dag en dít in elkeen se hart.

KRUISPAD | UITGAWE 16

Beskryf een van die lekkerste herinneringe in jou lewe? Daar is te veel om te noem. Al my lekkertes in die lewe het wel iets te doen het met my man en my kinders. My mense is die ware hartklop van my dag!

Wat is daardie een ding in jou lewe waaroor jy spyt is? Nét so baie om te noem. Ek is oor vreeslik baie dinge erg spyt. Tog weet ek dat ek nie sou wees wat en wie ek vandag is, as ek nie daardie foute gemaak het nie. My foute het my gevorm. Vandag is my verlede deel van my bediening en getuienis.

Wat is jou grootste vrees? Ek het, soos enige ander mens dinge wat my benoud maak of my uitfreak. Ek glo egter nie daarin om dit uit te spreek nie. Ek verkies om dit bloot toe te maak met God se liefde en die wete dat Hy in beheer is!

Wat laat jou lag? Huil? Ek lag ontsettend maklik – partykeer vir baie stupid goed. Intelligente komedies, en sitcoms. Maar as mense iets funny vertel wat regtig egtig met hulle gebeur het, is dit net soveel snaakser. Al my kids is drama queens – hulle is partykeer hondsnaaks met hulle gebare en sê-goed. Ek lag ook baie maklik vir myself wanneer ek goed verkeerd uitspreek, of my naam op allerlei maniere met 'n plank slaan. Mense se seer laat my huil. Veral as dit gesinne raak.

Wat is die grootse lewensles wat jy vir jou kinders leer? Dat hulle baie meer werd is as wat mense dalk bereid is om vir hulle te sê of hulle self glo in tye van mislukking en teleurstelling. Dat alle mense se harte kosbaar is. Om nooit mense te oordeel op wat hulle besit, hoe hulle lyk, of waar hulle vandaan kom nie. En dat net dooie visse saam met 'n stroom swem.

Wat is jou raad aan jong Christene wat vandag 'n sukses van hulle lewens wil maak? Kies jou pelle versigtig. Jou grootste invloed kom van pelle af. Moenie jouself bemark aan die teenoorgestelde geslag nie. Always be true to the real you. Onthou ook dat ware liefde nooit bewys hoef te word nie … nie met woorde, óf dade nie. Wees ook verseker dat 'n huwelik net kan werk as God deel is daarvan. Maak daarom seker dat jy en jou ou/meisie albei die Here dien. Weet verder dat geld en kwalifikasies nie alles is nie, maar dat integriteit en karakter mense kosbaar maak. Daar is soms stupid professors daarbuite, net soos wat daar soms amazing boemelaars op straat is, all of them just people. Dis nie die geld of geleerdheid wat hulle maak of breek nie, maar wie hulle is! Laastens, elke keuse wat jy maak terwyl jy jonk is, beïnvloed jou toekoms en die mens wat jy eendag in die spieël gaan moet face. Ek weet ons almal weet dit, maar gaan dink bietjie lank oor jou keuses.

Wat is die beste raad wat jy nog ooit gekry het? 'n Filosofie van my ma … winners never quit, and quitters never win. Die mees lewensveranderende raad was van my man. "Los die onderwys, en gaan word wie jy gemaak is om te wees. Hou op skoolhou. Volg jou drome!"

KRUISPAD | UITGAWE 16

17


HULP

"Ek is soos in SO depressed!"

'N

Paar jaar gelede het ons "af" of "sleg" gevoel, of selfs 'n bietjie hartseer, maar deesdae sê ons maklik ons is depressief. Depressie het eintlik onlangs eers hierdie status van beroemdheid verwerf. Soveel so dat almal nou depressed is: die skoolhoof, die leerders, ouers, kinders, oumense en selfs dominees. Maar wat beteken die woord en wat bedoel mense wanneer hulle aan depressie ly? Depressie is deel van 'n groep versteurings genaamd gemoedsversteurings. Die naam verwys na 'n mens se moods (ge-moodsversteuring). 'n Mens kry good moods en bad moods. Elke dag verander ons moods na gelang van vele faktore, byvoorbeeld ek staan aan die verkeerde kant van die bed op, iemand maak my kwaad, ek kry goeie nuus, of ek kry slegte nuus. Dit is normaal om wisselende moods gedurende die dag, maand en jaar te hê. Soos 'n mens deur verskillende lewenstadiums gaan, word die hantering van moods makliker of moeiliker. As volwassene vind mense dit makliker om hul emosies te hanteer. As tiener is dit so effens moeiliker. Mense maak maklik die volgende afleiding: as ek goed voel, is ek oukei, as ek "sleg" of "af" voel, is ek depressief, en as ek een oomblik goed en die volgende oomblik sleg voel, is ek bipolêr. NEE! Dit is crazy om te dink dat jy deur 'n dag moet gaan sonder dat jou mood verander! As dit die geval is, is jy 'n robot! Ons is mense en verskillende goed laat ons verskillend dink en optree. As ek swak gedoen het in 'n toets mag ek mos ongelukkig wees. As ek 'n kompliment gekry het, sal ek 'n lekker dag hê. As iemand 'n grappie maak en ek lag, is dit normaal, al was ek vroeër "af". Dit beteken nie dat jy aan depressie ly of bipolêr is nie.

18 18

KRUISPAD | UITGAWE 16

Johannes Schickerling (Kliniese Sielkundige, Kruispad-redaksie)

Soveel van ons worstel met die vraag: Hoe voel God oor mense wat "sleg voel" of depressief is? Wel net hier kan ons na die Bybel gaan en kyk watter verhale die Here in sy boek laat opskryf het. Is dit almal gelukkige verhale van mense wat altyd huppel en sing? Nee! Dit gaan juis oor mense soos Simson wat sy krag verloor omdat hy foute gemaak het. Job het op die ashoop gaan sit nadat hy alles verloor het. Ons kan in Dawid, die man na God se hart, se Psalms sien dat hy soms "af dae" beleef het, om nie eers te praat van Jeremia se klaagliedere, en die groot profeet, Elia, wat onder die besembos gaan lê het en nie meer wou lewe nie. God het juis vir ons hierdie verhale gegee om te sê: Dit is oukei om mens te wees, om "af" of "sleg" te voel, en selfs om depressief te wees. Om 'n Christen te wees, beteken nie dat jou lewe maklik gaan wees nie, inteendeel. Om 'n Christen te wees, beteken wel dat ek God, my naaste en myself moet liefhê (Markus 12:3031). Wanneer ek agterkom dat my gemoedstoestand nie net meer 'n bad mood is nie, maar dat ek aan depressie ly, mag ek nie myself oorgee hieraan en in die donker gat inspring nie. Omdat ek myself liefhet, moet ek juis dan hulp soek by een van God se helpers (lees gerus die artikel in uitgawe 15). Ware genesing kan slegs van God af kom. Wat beteken depressie? Dit is wanneer jy so sad is dat jy nie kan funksioneer nie. As jy in so 'n diep gat is dat jy nie meer opstaan nie, nie meer wil eet nie, nie meer skool toe/werk toe/universiteit toe wil gaan nie, nie meer enigiets wil doen nie. Depressie word gewoonlik veroorsaak deur 'n groot trauma in 'n mens se lewe, of selfs deur 'n chemiese wanbalans. Wat beteken manie? Dit is wanneer jy so good voel dat jy nie kan funksioneer nie. As jy al jou

geld uitgee, nie meer slaap nie, nie meer fokus nie, as alles te lekker is. Een van die kenmerke van manie is risikogedrag soos drankmisbruik en losbandigheid. Wat beteken Bipolêr? As jy vir 'n tyd lank aan een van die bogenoemdes ly en dan weer oorval na die ander kant toe, toon jy tekens van bipolariteit. Dit beteken dat jy van die een pool na die ander pool beweeg (Bi = 2; Polêr = Pool). Dit is nie te sê dat as jy op een dag goed en sleg voel jy bipolêr is nie. Wat doen jy as jy iemand wat depressief is wil help? "Tel jouself op!" "Net jy kan jouself help!" "Snap out-of-it!" Dit sê jy nooit vir iemand met depressie nie. Mense het hulself gewoonlik al verloor in die donker gat van depressie en sien nie meer hulself raak, of weet hoe dit voel om gelukkig te wees nie. Help die persoon om weer homself te sien, om te weet dat mense vir hom omgee en lief is, en dat God oukei is met die feit dat hy deur 'n slegte tyd gaan, en hom wil bystaan. 'n Persoon wat depressief is, het professionele hulp nodig. Die grootste hulp wat jy kan wees, is as jy hom help om by iemand uit te kom wat werklik weet hoe om te help.

Indien jy worstel met enige probleem (of iemand ken wat met 'n probleem worstel), en nie die vrymoedigheid het om met iemand wat jy ken daaroor te praat nie, stuur net 'n e-pos aan help@ kruispad.net. Alle korrespondensie sal natuurlik streng vertroulik hanteer word! Waaroor sal jy graag advies wil hê in Kruispad? Stuur vir ons jou voorstel na advies@kruispad.net.



R D

EG, jy sê jy's 'n Christen-gelowige. Wat presies beteken dit? Hoe lyk iemand wat so 'n claim maak? Oukei, in jou optrede volg jy vir Jesus aar Jy is maak geen twyfel dat jyEgipte in die Holy Land na. so, want glo innie Jesus Christus en is nie … Steeds baie toergroepe Egipte wys daardeur datisjydaar dankbaar is. Onthouwat jy nog besoek allerhande interessante dingeDit te ontdek. waar dieom naam "Christus" vandaan kom? is Die verskil tussen reis van se dieouers volk van toekagegee en het nie 'n naamdie wat Jesus vir Hom pelgrims van is hemelsbreed, is dit? nie. In vandag die Nuwe Testament leesofons dat Petrus Dit die is 'neerste amazing watsêGod volk"die onderneem eenreis is wat dat se Jesus Christus" het. Enisnou vra ek8:29). vir jou"Die … vir watter beter toergids kan (Markus Christus"? Dit laat 'n mens 'n mensnogal vra asdink die aan Een "die wat die aarde eie hande dokter" of met "die sy dominee". Klink gevormmos het,soos die berg 'n spesifieke 'n titelSinai van saamgeraap iemand. Spothet on!virJesus se doel? Dit is verseker iets spesiaal. Dit wys ons ook woord iets van "titel" is "die Christus". Dis eintlik 'n Griekse God seen karakter as Toergids van ons lewens. in die Ou 'n vertaling vir die woord "messias" WatTestament. doen 'n toergids? Hy beteken wys rond,om omiets ditofnou plain Die woord iemand and simple te stel. "te salf" en is gebruik wanneer mense in belangrike God maak geen geheim daarvan daarvan hou posisies aangestel is. Ons lees dat Hy spesiale salfolie om vir uitgegooi ons goed te wys konings nie. In Eksodus "wys" Hy virpriesters die volk is oor (1 Samuel 10:1), die pad(Levitikus met 'n wolk"Die61:1). Here is goed en 4:3) en en vuurkolom. profete (Jesaja regverdig: Ons Hy wys sondaars dieolie pad aan," (Psalm gloselfs dat vir Jesus, nie met nie, maar met 25:8). die GodHeilige neem Gees dit so "gesalf" ernstig op om vir4:1, ons 16-18). goed te wys, is (Lukas dat Hy Ons somsbely selfsdat sy engele stuur soos vir Paulus die Jesus Christus (gesalfde) onsin"hoogtronk, en Johannes in Openbaring. Daar is talle ander stevir Profeet, enigste Hoëpriester en ewige Koning" voorbeelde! is (HK Sondag 12). Christen-gelowiges se job Diedescription Israeliete was jaar in dieverband. wildernisOns metwerk houveertig direk daarmee dieselfde OnsJesus koops'n. amper tweede nuwe lykklere. ook soos Die elke spelers in 'n maand sportspan se klere. klere lyk soos die kaptein s'n. Al die spelers, onder Dieleiding Israeliete oor beskerm kos wat uit diedoellyn hemel val vanhet diegekla kaptein, hulle of sonder -paal dat hulle 'n vinger hoef te lig, dit aan. en val die opponente se behalwe doellyn ofom -paal bymekaar te maak. Ons kla die winkels wat nie Almal in die span het oor dieselfde doelwitte. Netgeso noeg kassiere het sodat ons vinniger by die huis kan kom volg Christene (gesalfdes) vir Christus (gesalfde) na. met dieOns hope watJesus ons gekoop het Hy nie.doen. Ons is ook wilkos soos lyk en soos God se volkpriesters het keeren opkonings. keer in sy wonderwerke vasprofete, gekyk en dit nie raakgesien nie:inmanna, kwartels, wolkkoVerlede jaar het ons Kruispad al gesels lomme,oor vuurkolomme, seeAdam wat 'nenpad oopgemaak hierdie rolle die (Eva, Eden uitgawes). het, water uit 'n rots uit, gekyk en soveel meer. het om keerprofete, op keer Ons het toe na wat dit God beteken sy volk priesters vergewe,en maar niks te was ooit Jy virgaan hulle dalk genoeg nie. konings wees. sukkel Niks is om ooitmense vir onsop genoeg Watdaarvan het verander? Alles! straat nie. vandag te oortuig dat Die Seun God, priester JESUS gekom het is. omMense ons vrysaltedink maak jy 'nvan profeet, of koning en ons dit 'n lewe in OORVLOED te wanneer gee! is eerder weird as cool iemand sulke Hoeveel wonderwerke watMeer in jou lewe titels begin rondgooi. nog as gebeur, jy sê jy iskyk somjy mis? mer Hoeveel keer hetinjy die al iets aanhierdie blote al drie! Selfs kerktoegeskryf gebruik ons toeval?woorde Hoeveelnie kanse in dienswerk jou lewe waar Jesus baie was om daar na ons as gelowiges jou woutegebruik om 'n wonderwerk te doen of waar Hy verwys nie. een aan jou wou openbaar? oop, en vra Wanneer ons in dieMaak kerk jou oor hart dienswerk praat, Hom om jou as 'n instrument in sydie hand (en dalk selfs 'n dan dink almal eerste aan diakens, ouderlinge wonderwerk in iemand lewe) gebruik. en dominees. Ditanders is mosse hulle watteeintlik dieMaak werk jou oë in oop, sien die wonderwerke vandag dieen kerk doen. Huh? Toe nouraak nie.wat DieHy mense in jou lewe doen. wat die Here roep om daardie take te verrig, doen dit met net een ding op die brein: om gelowiges te help om hulle take as profete, priesters en konings

nter n Deve rk Trinitas) a v s n Ha bijlpa ander V K G ( Adriaan van Wyk (Kruispad-medewerker)

nog beter te doen. Hulle is ons spanmaats, maar ook afrigters in God se diens. Baie keer karring mense in die kerk soveel oor hierdie mense en hulle dienswerk dat ons ewe gemaklik eerder vergeet van ons eie werk! In die Here se koninkryk kan ons nie wag vir iemand anders om iets te doen nie. Jy is daardie iemand wat die Here nodig het. Hy wil jou gebruik! Deur jouself 'n Christen te noem sê jy: "Ek's reg, gebruik my!" In die boek Rigters kry ons 'n paar voorbeelde van gewone mense, net soos jy, wat antwoord wanneer die Here roep. Vier van hulle se name is selfs opgeskyf in die galery van geloofshelde in Hebreërs 11:32. In die tyd van die rigters was hierdie begeesterde leiers voorbeelde van doengelowiges. Toe die volk van die Here nog nie konings en profete of selfs amptelike priesters gehad nie, het hierdie mans en vroue gereageer op die Gees se werk in hulle. Ons lees hoe hulle soos die latere konings die volk lei en beskerm in oorlogtyd (Jefta in Rigters 10–12). In die naam van die Here maak hulle, soos die latere profete, belangrike aankondigings en gee opdragte (Debora in Rigters 4:14). Hulle tree ook soos die latere priesters op deur offers aan die Here te bring (Gideon in Rigters 6:25-26). Nog voordat enige "amp" in die Ou Testament voluit in werking was, tree hierdie gewone gelowiges as leiers op. Gelei deur die Gees kon hulle dinge doen wat hulle selfs geloofshelde gemaak het! Enige gelowige wat antwoord op die roepstem van die Gees, wat op God vertrou en nie aanhou wegkruip agter hulle swakheid nie, het ook die potensiaal om vandag 'n geloofsheld te wees. Jy hoef nie 'n diaken, ouderling of predikant te wees om in die koninkryk van God te werk nie. As gewone gelowige is jy reeds 'n koning, profeet en priester. As gewone gelowige het jy die geskenk van die Gees gekry. Met hierdie inskrywings op jou CV – geskryf in die ink van God se genade – is daar geen werk in die kerk, of in die wêreld waar die kerk moet lig maak, wat jy nie sal kan doen nie!

Wanneer 'n afrigter 'n game plan bespreek, teken hy dit gewoonlik op 'n witbord. Die vissies stel ons as gelowiges voor en die kruisies ons opponente. Dit kan enige obstacle in 'n gelowige se lewe wees. Deur na ons Kaptein, Christus, te luister en deur Hom te volg, sal ons die oorwinning behaal.

22

KRUISPAD | UITGAWE 16

KRUISPAD | UITGAWE 16

23


Wat reeds gebeur het

Victor E. d'Assonville (GK Marble Hall; Akademie für Reformatorische Theologie, Hannover; Instituut vir Klassieke en Reformatoriese Studies, Bloemfontein)

Op 'n jong leeftyd leer Calvyn reeds: Om jou geloof te bely is nie maar 'n teoretiese rympie iewers in 'n gemeente nie – dit is 'n saak van lewensbelangrike erns. Om jou geloof uit te leef is nie die maklike pad nie, maar dit is die heerlike pad, die pad van hoop (Romeine 8:24; Hebreërs 11:1) – ook as jy daarvoor moet sterf. Met sy eie oë was hy in sy vaderland, Frankryk, getuie daarvan hoe gereformeerdes, ook jongmense, vir hulle geloof op brandstapels moes sterf. Weens sy gereformeerde geloof moes hy nie net uit sy Rooms-Katolieke vaderland vlug nie, maar is hy ook later, op 27-jarige leeftyd, uit die Protestantse stad Genève verban. Geloof het gevolge, altyd. Só leer Christus ons in sy Woord. Christus het ons nie voorspoed beloof nie; wel dat Hy by ons is, dat Hy God met ons (Immanuel) is, ook en juis in teenspoed.

Gejag deur jou eie mense Op 20 April 1538 word die blinde ds. Corauld (soms geskryf "Co[u]rault") in die tronk gegooi. Dít omdat hy gepreek het ten spyte van die Stadsraad van Genève se verbod. Toe, enkele dae later, word hy saam met sy kollegas Calvyn en Farel uit die stad verban. Calvyn ervaar dus nie net die swaarkry daarvan om te vlug voor die onverbiddelike jagters van die Roomse Kerk nie, maar ook die pyn daarvan om deur sy eie mense gekwets te word, beskinder te word, vervolg te word. Soos soveel profete deur die eeue moet ook hy beleef dat die krenking deur eie mense, kwansuis in die naam van die evangelie, seerder maak. Die wonde is erger. Wat kan bitterder wees as om deur diegene (wat eintlik saam met jou die stryd vir die gereformeerde waarheid, vir Christus en sy Woord, moet stry) teengegaan, verhinder en uiteindelik vervolg te word? 'n Vervolging nie met die vlamme van brandstapels nie, maar met die vlam van die tong; nie met die snywonde van die swaard nie, maar met die snywonde van die leuen (vergelyk Jakobus 3:6-12; 4:11).

Waarheen nou? So was dit ook in daardie lente van 1538. Minder as twee jaar vantevore is Calvyn deur Farel geforseer om in Genève te bly – teen sy sin, maar bewus van sy roeping. Nou moet hy saam met die einste Farel die mooi stad verlaat. Hulle oortreding? Hulle het nie net self onvoorwaardelik voor die Woord van Christus gebuig nie, maar dit ook van die gemeente verwag, en van die stad, en van die stadsraad. Eintlik was dit maar net 'n vraag van luister na die Woord. Hulle was aan God meer gehoorsaam as aan mense. Maar soos wat die mens van nature opstandig is, van nature geneig is om God en sy naaste te haat (Heidelbergse Kategismus vraag 5), was baie teenstanders in Genève opstandig teen Christus en sy Woord. Wat is dan makliker as om dit op die dominees uit te haal? Binne drie dae moet Calvyn-hulle die stad verlaat. Wat kan 'n mens op 'n perd saamneem?

Beroepenuus

'n Teoloog as herder en leraar ...

Vir die hoeveelste keer beleef Calvyn 'n roepingsworsteling. Waarheen nou? Waar wil die Here hom nou gebruik? Hy kry taamlik gou die antwoord. Die Here, Skepper van hemel en aarde wat alles ten goede beskik, weet in sy raadsplan al lankal wat Hy vir Calvyn bestem het. Hy ontvang 'n dringende uitnodiging, iets soos 'n beroep. Martin Bucer, bekende Duitse Reformator, dring daarop aan dat Calvyn na Straatsburg toe moet kom – in daardie stadium 'n Duitse stad wat vroeër reeds gereformeerd geword het. Calvyn moet kom klasgee in die nuwe akademie, hy moet die Skrif kom uitlê, en hy moet predikant van die gemeente van Franse vlugtelinge word. Hulle benodig 'n herder en leraar … Soos twee jaar

24

KRUISPAD | UITGAWE 16

vantevore met Genève, is Calvyn aanvanklik teensinnig. Eintlik hunker hy steeds na 'n stil lewe van studie en toewyding aan navorsing. Maar weer word daar hard met hom gepraat. Hierdie 'beroep' na Straatsburg as professor in die teologie en as herder en leraar van die Franssprekende gereformeerde kerk spreek duidelik tot hom.

Verbi Divini Minister (VDM) – Bedienaar van die Goddelike Woord Op 8 September 1538 preek Calvyn dan die eerste keer in die kleinerige Franse gereformeerde gemeente. Die lidmate bestaan uit vlugtelinge – gereformeerdes wat weens hulle geloof alles in hulle vaderland moes agterlaat. Hy sou drie volle jare hier werksaam wees, September 1538 tot September 1541. Drie geseënde jare. Drie produktiewe jare. Drie jare waartydens hy as geloofsvlugteling weer die los toue bymekaar kan bring.

'n Heerlike roeping – om God se Woord te preek In Straatsburg kon Calvyn preek. Hy word nooit moeg daarvoor om te beklemtoon dat daar net een manier is waarop gemeentebou kan plaasvind nie, net een manier om 'n gemeente op te bou: Deur die Woord van God, deur gereelde prediking, konsekwent, uit die Skrif, die hele Skrif. Nie ander resepte of planne of tegnieke of bestuursvaardighede nie – net en slegs die Woord. Die Woord moet verkondig word, gepreek word, so dikwels as moontlik (2 Timoteus 4:2), nie net een keer op 'n Sondag nie. Want die geloof kom deur die hoor van die Woord (Romeine 10:17). Dis nie sonder rede nie dat die Reformatore, Calvyn inkluis, bely het dat die Woord van God wat gepreek word, God se Woord self is (Praedicatio Verbi Dei est Verbum Dei) – natuurlik, as dit op die Skrif alleen berus. Calvyn maak in Straatsburg vier nuwe preke elke week uit die oorspronklike tale, twee vir die week en twee vir elke Sondag (preke van langer as 'n goeie uur). Hier praat ons nou nie van die melkkos (vergelyk Hebreërs 5:12) waaraan baie van ons as mense van die 21ste eeu so gewoond geraak het nie (sentimentele of moralistiese prekies om "beter te voel" en wat meer na gegeurde melk as melkkos lyk), maar van konkrete, stewige uitleg van die Skrif.

Vreugde en hartseer In sy persoonlike lewe sou die Straatsburgtyd ook 'n nuwe periode inlei. Calvyn vind 'n bruid, die jong weduwee Idelette van Buren (van Nederlandse herkoms). Sy ou vriend Farel bevestig die twee in Augustus 1540 in die huwelik. Oor sy besondere innige liefde en waardering vir haar vind ons pragtige getuienisse in verskillende dokumente. Maar saam sou hulle beide later ook baie hartseer beleef. Ons weet van 'n klein kindjie van die egpaar Calvyn, Jacques, wat in 1542 oorlede is. Ander getuienis dui op nog meer kindertjies wat hulle verloor het, in totaal minstens drie, moontlik selfs vier. Wanneer Calvyn dus in sy kategismus van 1542/1545 en ook elders so mooi oor die Here se beloftes aan kindertjies praat – die beloftes wat met die doop beseël word – praat hy nie as iemand wat homself op 'n afstand bevind nie. Hy praat as pa wat self klein kindertjies aan die dood moes afstaan – met die sekere wete egter dat die Here se beloftes ook vir hulle geld. Net in Hom is daar hoop … en net in Hom is daar troos.

Volgende keer Calvyn as advokaat vir die Reformasie. God se volk leer weer sing. En die beproewing van nog 'n moeilike beroep – dié slag deur Genève.

KRUISPAD | UITGAWE 16

25


V

andag se sepies met die baie intriges daarin het dikwels 'n storielyn waar een van die karakters na 'n trauma lank in 'n "TV-koma" is en dan skielik ontwaak en voortgaan asof niks gebeur het nie. Hierdie voorstelling is erg misleidend. In die werklike lewe duur die ontwaking uit 'n koma gewoonlik 'n paar weke en die herstelproses kan van twee jaar tot lewenslank neem. Maar dis mos nie goeie televisiemateriaal nie, of hoe? In 1999, in haar tweede jaar op Tukkies, het ons dogter, Lindie, 'n breinbesering in 'n motorbotsing opgedoen en was sy onmiddellik in 'n diep koma. Ons het op pad na die hospitaal sonder ophou gebid (en teen die spoed en manier waarop ons gery het, ander padgebruikers van Pretoria ook laat bid). Ek het die Here herinner aan sy woord wat Hy jare tevore (tydens 'n krisis wat nou nietig lyk) een oggend vir my deur Psalm 34:8-9 as troos gegee het. By die hospitaal het 'n dokter gesê: "Ons werk aan al haar wonde, sy het 'n gat in haar kop en daar is ekstensiewe breinskade". Sy het ons predikant gevra om daar te bly, want Lindie gaan nie oorleef nie. 'n Onbekende dame het na my gekom en vir Lindie gebid. Gedurende die gebed het ek geweet: "Wag vir die neurochirurg". Ons het ons eers boeglam geskrik toe die neurochirurg uit die teater kom en sê hy gaan nou huis toe want daar is niks meer wat hy kan doen nie. Toe die gerusstelling: "Daar is nie bloeding op haar brein nie, net kneusing". Ons was verwonderd toe hy vertel dat die vlak wond aan haar kop eers die volgende dag deur die plastiese chirurg geheg sal word, haar linkerarm is moontlik ontwrig en sy het 'n bloukol op haar knie. Was dit die eerste wonderwerk? Ons het dae lank verwag dat Lindie moet "wakker word" en vra: "Wat het gebeur?" Min wetende dat 'n komapasiënt deur agt vlakke van herstel gaan en nie net "wakker skrik" nie. Ons kon maar net wag en op die Here bly vertrou. Lindie het stadigaan begin herstel. Eers het sy met "pop-oë" gekyk (oë wat oop is maar nie "sien" nie). Later het sy haar vingers begin roer, toe een arm, toe haar bene beweeg en twee maande na

die ongeluk die eerste keer "mamma" gesê. Met haar ontslag uit die hospitaal, drie maande na die ongeluk, was sy nog semi-komaties en kon nie alleen sit of loop nie, nie emosie toon of enigiets doen wat vir 'n 19 jarige normaal is nie. In daardie drie maande het ons nie net groot wonderwerke van die Here gesien nie, maar ook Satan se listigheid. Aan die een kant het ons die ondersteuning van gelowige familielede en vriende ervaar terwyl die hospitaalkapelaan aan die anderkant gesê het ons moet glo, maar nie te veel hoop nie. Daarna het die Here 'n tandlose skoonmaker gestuur wat sê: "Jou kind gaan gesond word, want God bly in haar kamer", maar ook was daar verpleegpersoneel vir wie dit 'n probleem was dat ons "te vas glo". Die skoonmaker se raad was: "Jy moet nooit miskien of dalk sê nie, dit pas nie saam met geloof nie". 'n Week nadat Lindie haar eerste woord gesê het, merk die pa van die pasiënt in die kamer langsaan op dat geen pasiënt in die saal gesond sal word nie. Op die deur van die linnekamer oorkant die gang was 'n Pentagram (die Satansteken) in die verf uitgekerf. My man het sy pen gebruik en die teken uitgekrap en vriende het 'n kaartjie met 'n Bybelvers daaroor geplak. Ons het die "lekker" oorwinning oor Satan geniet tot ons die volgende oggend by die hospitaal aankom en hoor Lindie het longontsteking met 'n koors van 40˚C en die pasiënt langsaan is in 'n diep depressie. Satan sal gelowiges bly aanval, maar gelukkig is God almagtig en beskerm sy kinders. Maande met minder aanslae en groot oorwinnings het verbygegaan. Ek het daagliks by Lindie in die hospitaal gebly en met haar gespeel soos toe sy klein was. Terapeute wou weet hoe ek geweet het hoe om Lindie te stimuleer en al antwoord was dat ek net 'n huisvrou is en dat my God, wat al die antwoorde ken, my lei. Na Lindie se ontslag het ons huis soos 'n kleuterskool gelyk, al haar kinderspeelgoed is uitgepak en vriende het hul kinders se ou speelgoed aangedra. Aanvanklik kon sy nie eers 'n legkaart van drie stukke bou nie omdat sy nie probleemoplossingvaardighede gehad het nie. Vier maande (omtrent 400 speelure) later kon sy my met Rummy wen. Aan die begin van 2000 het ek haar teruggeneem universiteit toe en haar tussen klasse

in haar rolstoel rondgestoot. Baie het gesê dit is 'n dwase besluit, want sy het nog dubbelvisie gehad, haar geheue was hopeloos en sy het die volle gebruik van net een hand en arm gehad. Drie weke later wou sy opskop want sy het geglo sy gaan dit nie maak nie. Ons voorstel was dat sy die naweek daaroor nadink en Sondag sê wat sy gaan doen as sy opskop, want ons sal haar ondersteun in wat sy ook al besluit, maar nie as sy gaan niks doen nie. Nodeloos om te sê, ons is die Maandag terug kampus toe en sy het haar jaar met 'n gemiddeld van 55% geslaag. Die volgende jaar het sy met 'n nuwe hoofvak begin, wat sy in twee jaar voltooi het. Sy het die rolstoel met 'n kierie vervang en in 2002 besluit die kierie gaan nie saam graad vang nie. Van haar laaste 16 modules het sy 7 met onderskeidings geslaag en daarmee haar graad voltooi. Een van haar dosente het dikwels vir haar gesê: "Juffrou Larney, geseënd is jy onder die vroue!" Sy het dan altyd gewonder of hy besef het dat sy meer seën in een leeftyd ontvang het as wat enige mens voor kan hoop. Vandag het sy 'n voltydse administratiewe pos by Tukkies, sy bly alleen in 'n meenthuis en bestuur self haar Golf. Die meerderheid van die ongeveer 150 000 slagoffers per jaar wat breinbeserings opdoen, is jong mans tussen die ouderdom 15 – 25 jaar in motor- en motorfietsbotsings, quad-bike ongelukke en met sportbeserings. Die ander is jonger en ouer mense wat die slagoffers van breinbeserings is in die vorm van beroertes, breinvliesontsteking, "amper verdrinkings", breinkanker en -gewasse. 'n Breinbesering veroorsaak pyn, nie soseer vir die beseerde persoon nie, maar wel vir sy familie en vriende wat magteloos voel en nie weet dat en hoe hulle die beseerde kan help nie. Die seën en genade wat ons ontvang het, het my gelei om kontak te maak met mense wat in dieselfde situasie as ons beland het. Ek het besef omdat daar geen inligting beskikbaar is nie, is hulle net so onkundig as wat ons was. Dit het uiteindelik gelei tot die boek Nuwe Lewe na 'n Breinbesering oor breinbeserings en die herstel daarvan, waarmee ek poog om familie en vriende te laat baat vind uit ons ondervinding. 'n Jarelange vriend van Lindie het die webwerf www.breinbesering.co.za ontwerp. Soli Deo Gloria!

Susan Larney (GK Centurion)

26

KRUISPAD | UITGAWE 16

KRUISPAD | UITGAWE 16

27


Germari Kruger (Kruispad-leser)

E

ensaamheid – 'n gevoel van innerlike leegheid, isolasie en intense verlange. Ons ken dit almal. "Self tussen 'n massa mense kan jy steeds eensaam wees," lui die bekende spreekwoord. Alle mense gaan op een of ander tyd deur 'n stadium van eensaamheid. Dit is noodsaaklik om hier aan die begin al onderskeid te tref tussen eensaamheid en alleenheid. Eensaamheid behels dat 'n persoon noodgedwonge alleen moet wees, in teenstelling is alleenheid wanneer 'n persoon homself vrywillig van mense isoleer. Die meeste sielkundiges onderskei ook tussen twee vorme van eensaamheid, naamlik sosiale isolasie, wat verwys na wanneer jy nie vriende het wat jou belangstellings en bekommernisse deel nie, en emosionele isolasie, wat behels dat jy nie 'n vriendskap met 'n diep persoonlike band het nie. Die meeste mense voel eensaam as hulle in 'n nuwe omgewing inbeweeg. Dit kan vanaf laerskool na hoërskool wees, wanneer jy na 'n nuwe skool toe gaan, van een dorp na 'n nuwe dorp verhuis, of studente wat weg van die huis af gaan studeer. Eensaamheid het ook vererger as gevolg van die inligtingsontploffing. Mense hou hulself met rekenaars en televisies besig. Betekenisvolle verhoudings behels inspanning en toewyding waarvoor min mense nog kans sien. Eensaamheid kan kort wees ('n paar minute of dae), of jare lank duur, maar het 'n definitiewe invloed op die persoon se lewe.

Vir Christene is eensaamheid soms moeilike stadiums om te oorleef. Die hoofrede is as gevolg van die wanpersepsie "Jy is nooit eensaam as jy vir Jesus het nie." Vir 'n eensame mens wek hierdie houding skuldgevoelens wat hul gemoed net nog meer afbreek. God het gelukkig nooit vir die mens bedoel om in isolasie te leef en alleen te voel nie. In Genesis 2:18 verklaar God "Dit is nie goed dat die mens alleen is nie. Ek sal vir hom iemand maak wat hom kan help, sy gelyke." Die mens is 'n sosiale wese. Ons het elkeen ander mense om ons nodig om gelukkig te kan wees. Baie van die Bybelse "helde" was op 'n stadium van hulle lewe eensaam, byvoorbeeld: Dawid sê in Psalm 25:16 "… ek is eensaam en verstote," Jesus was sekerlik in Getsemane eensaam, en so ook Johannes op die eiland Patmos. Die kwessie van eensaamheid kan jou lewe net meer verwoes as dit nie stop gesit word nie. 'n Swak selfbeeld, depressie, alkoholisme, dwelmmisbruik en selfmoord om net 'n paar van die gevolge te noem. Sielkundige navorsing het bewys dat daar 'n duidelike band is tussen 'n mens se geluk en sosialisering, wat tot die gevolgtrekking lei dat eensame mense nie baie gelukkig is nie. Eensaamheid is egter 'n toestand wat oorwin kan word. Hier is vir jou 'n PVA (Plan Van Aksie) om as riglyn te dien. As dit nie help nie, gaan praat met jou predikant of 'n berader (of enige ouer persoon wat jy kan vertrou) sodat die probleem opgelos kan word.

1. Heel eerste is dit belangrik om die probleem te erken. Dit beteken jy moet besef dat jy eensaam is en dat jy hierdie toestand kan oorwin. 2. Stel dan vas wat die oorsaak van jou eensaamheid is. Dit is gewoonlik nie iets binne jou beheer nie, maar dit gee vir jou 'n antwoord op die vraag "Hoekom?" 3. Omdat jou omstandighede vas en (gewoonlik) onveranderd is, moet jy jou denke verander. Dink anders oor jou omstandighede. Dit beteken verander jou mindset. Om positief te wees en 'n bewuste besluit te neem om iets aan die eensaamheid te doen, is 'n stap in die regte rigting. 4. Word besig! Met ander woorde: leer mense ken, raak betrokke by verskillende organisasies, speel 'n spansport vir ontspanning, besluit om na ander uit te reik deur 'n liefdadigheidsprojek; enige van hierdie voorstelle wat by jou aanklank vind, sal kan help. Jy moet bewustelik poog om jouself minder af te sonder. 5. Gaan terug na God. Versterk jou Geestelike verhouding met God deur eredienste by te woon, daagliks te bid en Bybelstudie te doen of by 'n sel-/ bybelstudiegroep aan te sluit. God gee tog vir ons die krag om die pad van die lewe te loop, maar ons moet bereid wees om die eerste tree te neem. Om eensaam te wees, is menslik, maar om eensaam te bly, is nie 'n toestand wat God vir sy kinders wil hê nie. Let daarom op vir die tekens van eensaamheid en onderneem om dit telkens te stuit. Gary Chapman sê in sy boek The five Love Languages "Something in our nature cries out to be loved by another. Isolation is devastating to the human psyche."

'n Gebed Deur Carina Stevens Ek voel soos 'n vreemdeling 'n Vreemdeling in my gedagtes 'n Vreemdeling tussen familie Ek voel so alleen Alleen in my kamer Alleen tussen vriende Here stuur vir my 'n engel 'n Engel om my te troos 'n Engel om my te druk Here stuur my die Trooster Here stuur my die waarheid Here stuur my u vrede Ek weet U sal my nie agter laat Ek weet U kom weer terug Ek weet U woon in my Amen

Wil jy graag 'n bydrae instuur vir die volgende Kruispad-uitgawe? Stuur dit vir ons na kreatief@kruispad.net. Dit kan enigiets wees – 'n gedig, artikel, foto, skildery, of wat dan ook al! Die redaksie wil graag jou gawes gebruik om God te eer! (Dus moet jou bydrae God-erend van aard wees.) Ons sien uit daarna om julle bydraes te ontvang!

28

KRUISPAD | UITGAWE 16

KRUISPAD | UITGAWE 16

29


Pas die woorde uit die boek Rigters in by die blokkiesraaisel. Julle kry geen leidrade en geen nommers nie. Die aantal letters waaruit elke woord bestaan, is die sleutel tot die oplossing … Sterkte! Die eerste vyf korrekte inskrywings ontvang elkeen 'n Sakmes. Kyk gerus op bladsy 5 wat 'n Sakmes nou eintlik is. Stuur jou naam, adres, ouderdom, en die korrekte oplossing voor 31 Augustus 2010 per e-pos aan interaksie@kruispad.net, of stuur dit per faks of slakpos aan die Kruispad-kantoor (ons faksnommer en adres is op bladsy 2).

'n Rubriek deur Anneretha Combrink

Hennie van Wyk (GK Pinetown)

E

30

KRUISPAD | UITGAWE 16

k stap in Menlyn en verkyk my aan die mense. Tussen baie blink kersversierings, winkel in (Jingle Bells) en winkel uit (Stille nag) drafstap die duisende. Almal op 'n missie. Die meerderheid van hulle lyk half desperaat (op soek na kerspresente?), of moeg of geïrriteerd. Of al drie. Party het kleuters aan die hand. Wat ook desperaat lyk ("Mamma, ek wil 'n sweety hê!"), of moeg of geïrriteerd. Of al drie. Dis die einde van die jaar. Almal is doodmoeg – óp ge-shop, moeg vir mekaar, sommer net lus om 'n lyn te trek onder 2009. Maar hulle is in Menlyn (soos ek) op pad na die volgende afspraak in 'n coffee shop, of besig om die trollies vol te laai met onnodighede – want Kersfees kom! En die punt is? Wel, daar is nie eintlik 'n punt nie; ek was maar net besig om die mense in Menlyn te beskryf. Nee, die punt is, dis die einde van die jaar. Kan jy dit glo? Ek sak in Mugg & Bean neer sodat ek die mense beter kan beskou. Drink 'n bottomless koffietjie en dink bietjie oor

die jaar. Ek wil nie eintlik hierdie ding vergeestelik nie, maar ek gaan. Want ek besef toe daar in Mugg & Bean hoe ek ook maar hierdie jaar 'n Menlyn shopper was in my geestelike lewe. Aan die jaag van punt A na punt B. Desperaat op soek. Meestal moeg. So het ek my trollie volgepak met dinge wat ek geglo het ek nodig het. Baie keer met onbenullighede en oppervlakkighede. Hoe gereeld het ek stilgestaan? Gereflekteer? Wanneer laas het ek moeite gedoen met 'n vriendskap? Was ek net besig besig besig hierdie jaar? Was ek 'n Menlynmens? En hoeveel keer het ek God ook maar as Kersvader gesien, het ek my versoeke en vereistes mooi op skrif gestel en vir hom "gepos"? Stil word. Rus vind. Van aangesig tot aangesig. Sulke begrippe was ver van my elkedaagse "vat net wat ek nodig het en van wie ek dit nodig het". Gee net as dit nie anders kan nie. Miskien oordryf ek. Maar hierdie tyd van die jaar is dit nodig om vrae te vra. Om terug te kyk en skoon te maak. Daarom pak ek elke einde van die jaar my kaste reg. Gooi uit en maak leeg. Ook geestelik. Ek neem bestek op, vra vergifnis. Daar in Mugg & Bean in Menlyn, vra ek vir nuwe wyn. Hier aan die einde van 'n jaar wat ongekend mal was, vra ek vir sy vrede. Dat Hy my sal nuut en oop en skoon maak, gereed vir 2010. Sodat ek 'n nuwe wynsak sal wees wat sy nuwe wyn kan hou, en kan uitgiet vir ander. Sodat ek hierdie volgende jaar, nee, van vandag af, sal wéés eerder as om te doen. Ek in Hom en Hy in my.

Ons beweeg dikwels met ons eie trollie vol onbenullighede vanaf punt A na B. Maak vandag 'n punt daarvan om stil te staan en seker te maak dat jy jou trollie volpak met dit wat God wil hê, en dat jy nie net doelloos ronddwaal nie, maar op pad is na die regte till (die eindbestemming wat God vir sy kinders voorberei) toe.

KRUISPAD | UITGAWE 16

31


"E tha Annere

ink

Combr

0

DEEL 1

kan nou nog nie glo jy't actually by daai krans afgespring nie!" Marike se stem dring deur die watte wat om Janien se brein gevorm het. Janien draai om op die handdoek en kyk deur haar half-toe ooglede na 'n paar surfers wat uit die branders stap. "Waar val jy nou uit?" vra sy lui. "Daai dag in Lesotho, man, by die waterval. Toe Schutte jou ge-dare het om by die waterval af te spring en "dominee" Simon amper die aapstuipe gekry het … ek is seker jy het nie vergeet nie!" Marike lag. "Ek bedoel, julle het daai dag so baklei, ek het gedink jy gaan hom te lyf gaan. En toe ons weer sien, toe is julle …" "Ja, ja, oukei!" onderbreek Janien haar. "Ons ken die storie … Waar bly Simon met ons roomyse? Ek vrék van die hitte!" Marike lag. "Hoekom bloos jy, tjomma? Mens sou dink jy's verlief …" Janien stry nie. Wat help dit? Sy ís bitterlik verlief, en Simon nog meer. Sy maak haar oë toe. Stadig raak die strandgeluide weg en kom die dag in Lesotho weer helder soos gister in haar gedagtes op. ***

"Janien, as ons in 'n verhouding wil wees, kan dit nie oor ons gaan nie. Dan sal God die middelpunt moet wees, want Hy is die middelpunt van my lewe, en van joune. Hy sal die gom moet wees, die bostik wat ons aan mekaar bind."

32

KRUISPAD | UITGAWE 16

Dit was naby die einde van die uitreik en die leiers het besluit om hulle te treat met 'n piekniek in die berg. Dit was mooi daar, en groen. Die waterval was groter as wat hulle gedink het dit sou wees … dit was perfek! Janien het 'n tinteling in haar binneste gevoel wat 'n bruising geword het. En toe dare Schutte haar om by die waterval af te spring. Dit was vrek hoog en daar was baie water. Kolkend en skuimend. Toe sê Simon sy mag nie. En sy haat dit as mense vir haar sê sy mag nie. So toe spring sy. Reg voor hom. Hy was woedend. "Jy kon jou freakin harde kop oopgeval het, Janien!" het hy vir haar gesê. Baie amper geskree. "Jy kon jou nek gebreek het!" "So what?" het sy teruggeskree. "Wie gee om? Nie jy nie!" Die groep studente het hulle aangestaar. Hulle het so hard ge-fight dat Dominee Jan naderhand tussenin gekom het. Dit het nie gehelp nie. Simon het haar 'n onverantwoordelike vroumens en dom en baie ander dinge genoem. Sy het hom 'n control freak en dominerend en oorbeskermend … en … en … simpel genoem. Laatnag het hy haar by haar tent kom haal, toe sy al lankal gaan slaap het, nog steeds kwaad vir hom. Sy weet nie hoekom

sy opgestaan het en saggies agter hom aangeloop het nie. Maar sy het. Hulle het onder die donker silhoeët van 'n boom in die village gaan sit. "Ek is nou moeg om met jou te baklei, Janien," het Simon na 'n ruk gesê. "Nou hou dan op," het sy gesnip, maar sy was nie meer kwaad nie. Sy kon hoor hy ook nie. Later het hy die woorde gesê wat sy nooit sal vergeet nie. "Janien, as ons in 'n verhouding wil wees, kan dit nie oor ons gaan nie. Dan sal God die middelpunt moet wees, want Hy is die middelpunt van my lewe, en van joune. Hy sal die gom moet wees, die bostik wat ons aan mekaar bind, want wat ons bind is nie hierdie gevoel as ons fight en dan opmaak nie. Oukei, ek stry nie," in die donker kon sy hom hoor glimlag, "dis lekker om op te maak." Janien het haar tong geklik, maar ook geglimlag. Dit wás lekker en hy was reg. God is die gom. *** "Hey … word wakker!" Hy stoot 'n toon vol sand onder haar neus. "Ek het die oseaan deurkruis om vir jou en Marike roomys te vind." Sy stem word dreigend. "En as jy nie jou oë oopmaak voor dit smelt nie, Janien de Koning …" Sy geniet dit om na sy stem te luister en hom 'n bietjie te tart. Maar nie te lank nie. "Roomys? Regte egte roomys?" vra sy en sit regop. "Marike, kyk hoe het jy gebrand! Word wakker … die roomys is hier!" Marike roer stadig. Dis lekker om hierdie tien dae by die see saam met hulle in haar pa se strandhuis kuier. Son en see en tyd saam met Simon. En later vanjaar nog baie tyd saam met Simon as sy universiteit toe gaan in Potch. Janien kyk op. Die son maak van Simon 'n skaduwee hier bo haar. Sy kan nie sy gesig sien nie. Maar hy is dáár. En toe sy die roomys by hom vat, val die hele jaar wat verby is, skielik in 'n helder, warm prentjie oop in haar hart. Alles wat sy gesien en geleer het. Die vriende wat sy gemaak het. Die mure wat afgebreek is. Die dag toe sy haar pa, en later uiteindelik vir Louis, kon vergewe. Sy wat sommer net Janien geword het. Gegom en nuutgemaak deur God se liefde. Janien kyk vir Simon oor haar sjokoladeroomys. "Ek kan nie wag vir die jaar nie," sê sy. (Die einde.)

KRUISPAD | UITGAWE 16

33


K

rissTel was onlangs saam met Retief Burger en Louis Brittz die opening act by Third Day se Revelationstoer in Pretoria. Kruispad het met haar gaan gesels om bietjie uit te vind wie sy is, wat die inspirasie agter haar musiek is, en wat sy alles op die plaas in Carolina doen wanneer sy nie sing nie. Waar het jy grootgeword en skoolgegaan? Ek het in Welkom grootgeword. Ek was in St. Helena Laerskool en in Welkom Gimnasium Hoërskool. Na jou skoolloopbaan het jy by C-kruis (13th floor) aangesluit? Wat het jy alles gedoen in die vier jaar wat jy deel daarvan was? En tydens jou jaar in die States? Ek het in die eerste plek baie geleer oor myself, ander mense, en God. Hulle gee wonderlike, Woordgebaseerde teachings oor identiteit, Geestelike groei, en people skills. My dag het bestaan uit teachings bywoon vir die eerste vier maande van elke jaar, speel saam met die band, musiek skryf vir produksies, en worship lei. Tydens my laaste twee jaar het ek gementor en berading gegee vir die nuwelinge op die span. Die jaar in die States was baie opwindend, want alles was onbekend. Dit was die eerste jaar wat 'n vol span Amerika toe gegaan het. Ons het maar dieselfde aan daardie kant gedoen as hier in SA, met natuurlik 'n paar aanpassings hier en daar. Wat beskou jy as prioriteite in 'n mens se lewe? 1. Jou verhouding met God 2. Jou gesin 3. Jou bediening/werk 4. Ander vriende en familie Wat is die inspirasie agter jou musiek? Dit hang maar af van liedjie tot liedjie … maar baie kom uit my eie journey saam met God, die waarhede wat ek besef, ander mense se journeys en empatie vir sommige omstandighede. Wat is die doel wat jy wil bereik met jou musiek? Ek wil hê mense moet iets van God beleef. Ek wil hê hulle moet met Hom connect. Baie keer sukkel mense daarmee, want iets – hartseer of sonde of wat ook al – is in die pad. Ek wil songs skryf wat mense help om hierdie goed die pad te kry, sodat hulle kan connect, want sonder Hom in elke area van ons lewe bestaan ons maar net. Jou nuwe Afrikaanse album kom amper uit. Wat kan jy ons daarvan vertel? Dat ek baie opgewonde is daaroor! Nuwe klanke, nuwe songs, nuwe inspirasie :-) Gaan koop dit wanneer dit in April uitkom! Ek voel ek het baie gegroei sedert my eerste album, so dit is vreeslik opwindend.

34

KRUISPAD | UITGAWE 16

Is daar 'n rolmodel in jou lewe? Daar is baie mense na wie ek opkyk en by wie ek leer, maar Jesus is my enigste rolmodel. Genuine … enige ander rolmodel sal ons op een of ander stadium teleurstel – ons moenie mense op 'n pedestal sit nie. Jy en jou man bly op 'n plaas buite Carolina. Hoe ervaar jy die plaaslewe teenoor die stad? Stad – besig, bedrywig, vinnig. Plaas – huis, tuiste, vrede, beste plek in die wêreld. My man is 'n baie oulike boertjie! Ons het ontmoet deur gemeenskaplike vriende in C-kruis (nou 13th floor) toe ons in Ermelo getoer het. Ons het lekker begin gesels, die hele week lekker gekuier wanneer ons 'n kansie gehad het, en na 'n jaar se saam troues toe gaan en lekker plaaskuiertjies, het ons vas begin uitgaan. Drie jaar daarna het ons getrou! Daar is obviously baie meer interessante detail, maar daar is nie genoeg plek nie … dis die nutshell version. Wanneer jy nie musiek maak nie, waarmee hou jy jouself besig? Ek doen jeugwerk in Carolina onder die hoërskoolleerlinge. Ek hou daarvan om aktief te wees – sporterige goed te doen. Ek sal lees as ek op vakansie is, LOVE flieks kyk en ek is 'n sudoku fan! Ek hou daarvan om te stap saam met my man, en om lekkergoed te eet. Ek hou ook daarvan om soms saam met my man op die plaas rond te ry terwyl hy werk.

Dirk Kruger en Rynhardt Pretorius (Kruispad-redaksie)

Enige raad aan vandag se jongmense? Leer ken God as jou vriend en pappa. Hy is prakties, Hy is real en so relevant soos wat jy nie kan imagine nie. Raak betrokke by 'n jeuggroep of iets waar jy tussen mense kan wees wat ook God se hart soek. Dis moeilik om dit alleen te doen. Ander mense inspireer ons, en ons leer by mekaar oor God, want Hy praat deur mense ook. Ons lewe in 'n kokon van tegnologie, soos Facebook, Twitter, Skype en Mxit. Hoe voel jy daaroor? Ek weet nie … aan die een kant is dit só gerieflik – ek gebruik dit self. Dis lekker om kontak te kan hou/ maak met mense op so 'n vinnige, maklike, en goedkoop manier. As dit daarvoor gebruik word, dink ek dis goed. Maar vir sommige mense raak dit amper 'n verslawing: "ek kan nie sonder Mxit/… nie. Mxit/… is my lewe". Dit word nie gesê nie, maar gesien, want skielik kan daar nie meer net 'n lekker kuier, waar mens mekaar in die oë kyk, gebeur, sonder dat daar 20 keer na jou foon gekyk word nie. Jy raak vasgevang in 'n virtuele wêreld wat eintlik nie real is nie, want enigiemand kan enigiemand op die net wees al is dit nie wie hulle is nie, en die mense aan die ander kant dink daai persoon wat opgemaak is, bestaan werklik. Hulle connect eintlik beter op die net as met die mense reg rondom hulle. Die probleem kom ook in met skobbejakke van elke lekker goeie ding 'n groot gemors wil maak en dan kom goed soos pornografie en slegte chatrooms in, wat beslis 'n negatief is. Mense moet pasop dat hulle lewe nie gaan oor die net nie. Dit word 'n afgod.

Jy was onlangs die opening act saam met Retief Burger en Louis Brittz by Third Day se konsert. Hoe het jy dit ervaar? Dit was só lekker en ook 'n groot eer. Third Day is een van my favourite bands, so dit was nogal cool om vir hulle te kon open. Ons het die worship voor die tyd gelei. Om dit saam met Retief en Louis te kon doen, was opsigself so 'n blessing, want hulle is net sulke genuine mense en lekker om saam mee te werk. Die worship self was vir my wonderlik. God se teenwoordigheid was tasbaar. Ons het ook, net voor Third Day opgegaan het, saam met hulle gebid wat baie special was. Is daar enige rigter wat vir jou uitstaan of jou persoonlike gunsteling is? Van die rigters sou ek sê Gideon, want Hy moes só erg op God vertrou, en al het hy ook soms getwyfel, het God dit verstaan en vir hom tekens gegee. Gideon het gedoen wat God vir hom gesê het en deur sy gehoorsaamheid het God op 'n kragtige manier Homself as die Enigste God bewys, soos Hy maar keer op keer doen.

GUNSTELINGE Gunsteling kleur: Olyfgroen Gunsteling sanger/bands: Nichole Nordeman en Imogen Heap Gunsteling kos: Mmm … vars brood! Enige troeteldiere: 2 honde, 'n Skaaphondjie en Labrador/skaaphond kruis Gunsteling plek: Ons plaas/huis Gunsteling boek: Redeeming love van Francine Rivers Gunsteling fliek: Daar is elke nou en dan 'n nuwe een … August Rush is dalk my mees onlangse gunsteling Gunsteling akteur: Tom Hanks Gunsteling webblad: Google, want ek kan enigiets daar vind

KRUISPAD | UITGAWE 16

35


Resensies: Wanja Senekal | Rynhardt Pretorius | Dirk Kruger

IT

D ES

2

92 1

00

00 9 or ds ,2

Re c

ed

(g

w to

SU Su RR Ign rre EN n D M ite R de ER r us e Ba BA ko tar r d Se ds & nd ND

E M IN N y h a hurc

G

Alhoewel die lirieke van die meeste van die songs 'n goeie boodskap het, is daar ook songs wat dalk bietjie arm is aan diepte. Ten spyte van hierdie kritiek is Surrender Band se musiek lekker om na te luister en kan ek dit aanbeveel vir die liefhebbers van Christelike musiek. 6/10

u

SURRENDER BAND is 'n Christengroep, met hulle eerste album, 'n self getitelde album, op die rakke. Die groep bestaan uit vyf lede wat elkeen die ywer het om musiek te maak wat tot eer van die Here is. Die album het elf songs op, uit die pen van verskillende skrywers. Die musiek bestaan uit akoestiese, sowel as elektriese klanke, en is in geheel lekker rustig. Oor die lirieke kan baie positiewe goed gesê word. Hulle sing belydend vir die Here, en ek kan 'n paar frase hiervan aanhaal: "And we sing all the glory belongs to the King", "My God is Amazing, Holy Just and True".

Surrogates speel met die KY idee dat jy jouself KD perfek kan maak, IT of dat jy iemand anders kan wees, sonder om aan jouself te verander. Niemand lyk soos hulle robotte nie en van die mense lewe 'n fantasie uit as iemand anders. Hulle lewens is eintlik 'n leuen en hulle ervarings is beperk tot hulle huise. Sal dit eendag kan gebeur? Ek glo nie so nie. Die mens is tog 'n emosionele wese wat dinge moet ervaar en kan uitleef. Dit sal seker perfek wees om surrogaatrobotte in oorloë te gebruik, want dan verloor jy geen lewens nie, maar self dit is bietjie verregaande. As jy van sci-fi rillers soos Terminator, The Island en I, Robot hou, is Surrogates vir jou. Genoeg aksie, intrige en baie robotte. Surrogates bevat meer as vyf lasterwoorde en die geweld is tipies vir 'n fliek met 'n ouderdomsbeperking van 13. 7/10

os M an th 09 na , 20 s gates Jo o ur: ture Pic se Surrgis tone ld) Re chs ewe

IT

In die toekoms gebruik byna elke mens 'n surrogaatrobot. Uit die veiligheid van jou huis kan jy die perfekte lewe lei met 'n mooi, fisies perfekte voorstelling van jouself. Die resultaat van hierdie surrogaatrobotte, is dat daar feitlik geen misdaad, pyn en vrees meer bestaan nie. Wanneer daar egter 'n reeks moorde plaasvind, moet 'n FBI-agent, Greer (Bruce Willis), alles inspan om dit te stop, en selfs sy eie surrogaat agterlaat, om by die waarheid uit te kom. Alhoewel die storielyn van Surrogates nogal vergesog klink, is dit tog 'n wetenskapsfiksiefliek wat 'n kans moet kry. Jonathan Mostow, die regisseur van Terminator 3: Rise of the Machines, speel met die idee dat mense robotte kan gebruik om hulle in hul daaglikse take te help en kyk hoe ver dit gevat kan word. Bruce Willis vertolk sy rol as die FBI-agent baie goed en dit is 'n plesier om 'n jong Willis (die robot), teenoor hoe hy nou lyk, te sien. Alhoewel daar nie die gewone Willis-aksietonele is nie, dra dit tog by tot die ontmaskering van die hele komplot en hoe die mensdom van mekaar afgesny geraak het. Oor die storielyn gaan ek nie meer sê nie, anders gee ek te veel weg.

13

KRUISPAD | UITGAWE 16

D

LUISTE R DIT

To

36

R

sy liefde. Die titel van die album, Reign in me, is ook die titel van een van die songs wat 'n rustige, intieme aanbiddingsgevoel het. Dit laat 'n mens opnuut besef dat Christelike musiek meer is as melodie en lirieke, maar dat dit veral aanbidding is. Ek het dit baie geniet om na die album te luister en beveel dit graag aan. 8/10

IG

TE

Linkway is 'n Suid-Afrikaanse band wat onlangs hulle eerste album, genaamd Reign in me, vrygestel het. Dit is 'n worship album wat bestaan uit elf nuwe en opwindende songs. Linkway is saamgestel uit sewe lede, met 'n hele paar agtergrondsangers daarby. Die album bestaan uit tipiese worship songs, maar met nuwe woorde en catchy tunes. Van die lirieke, soos "God You've given me new life", "Jesus my Saviour", "made alive in Christ", "Your love, stronger than any love", herinner ons aan die wonderlike verlossing van Jesus Christus, en die voorreg wat ons het om God se kinders te wees en te deel in

RE nkW y C Li Wa k 09

IS

grond van die verhale, Rigters 3:7-16: vertel van die rigters se wedervaringe, en die slot (Rigters 1721) beklemtoon die afwesigheid van 'n koning. Die volgende karakters in die Bybel was almal rigters: Otniël (die eerste rigter), Ehud, Samgar, Debora en Barak, Gideon, Abimelek, Jefta en Simson. Daar was ook "klein rigters" genaamd Tola, Jaïr, Ibsan, Elon, Abdon. Die boek Rigters praat ook van ander karakters wat nie self rigters was nie, maar tog 'n invloed op daardie tyd gehad het. Waarom is hierdie boek in die Bybel opgeneem? Ons moet begin deur Rigters in konteks te lees. Israel was God se uitverkore volk, en sy beloftes bly vir ewig. Hy het belowe dat Hy met hulle sal wees en hulle sal red uit die mag van hulle vyande. Ons is ook deel van God se volk, en al doen ons dikwels verkeerde goed, bly God se beloftes ook vir ons van krag. Rigters wys ook hoe geduldig God met ons is, dink maar net aan Gideon se kleingelowigheid met die lappie wol en die dou, en Simson wat sy nasireërskap verloën deur vir Delila te vertel dat die krag in sy hare lê. Rigters leer ons "dat God se genade te groot is om mense finaal oor te gee aan die gevolge van hul eie hardkoppigheid" (soos aangehaal op die agterblad). Dit wys ons op die belangrikheid van leiers en gesagsfigure, en dat ons alle gesag oor ons moet aanvaar (vergelyk die vyfde gebod "eer jou vader en jou moeder"), en Jesus se antwoord op die strikvraag oor belasting: "gee aan die keiser wat hom toekom". Dit is jammer dat die titel so lank en lomp is, dit is asof die skrywer te veel inligting met die titel wou weggee. Hierdie boek sal van nut wees vir bybelstudiegroepe, bybelskole, predikante en enigiemand wat meer wil leer oor die rigters se doen en late (veral mense wat in Bybelse geskiedenis belangstel).

20

LU

Het jy al ooit gewonder hoe dit sal wees as daar nie 'n regering of gesagsfigure is nie? Vir 'n oomblik klink dit wonderlik: jy hoef nie huiswerk te doen as jy nie wil nie; jy kan al op tienjarige ouderdom agter die stuur van 'n motor klim; jy kan in enige winkel inloop en vat wat jy wil, solank die eienaar jou nie sien nie! Ons kan dit amper nie indink nie. Al voel ons soms dat ons in wettelose samelewing leef, met daaglikse moord, roof en verkragting, het ons tog 'n regstelsel en 'n grondwet met die doel om elkeen se regte te beskerm. In die tyd van die rigters het "elkeen gedoen wat reg is in sy eie oë," (Rigters 17:6, 21:5). Dink net hoe gevaarlik dit moes gewees het. Die boek Rigters bevat die elemente van 'n riller-fliek: daar is jaloesie, haat, familieskandes, korrupsie, misdaad, verkragting, verleiding en selfs moord! Daarom dat die samesteller van die boek Rigters tot die gevolgtrekking kom dat Israel 'n heerser nodig het – 'n godvresende koning. (In bylaag een van die boek Sonnekind & meisie van die nag lees ons dat dit op grond van die taal- en stylkenmerke van die boeke teoreties moontlik is dat die samesteller van Rigters ook verantwoordelik was vir boeke soos Josua, Samuel 1 en 2, Konings 1 en 2 en Deuteronomium). In die boek Sonnekind & meisie van die nag word hierdie verhale bespreek met die oog om dit toe te pas op ons tyd. Elke hoofstuk is ingedeel in 'n beskrywing van die storie, interessante brokkies inligting aan die kantlyn, 'n toepassingsgedeelte, 'n preekriglyn en besprekingsvrae vir groepe. Rigters word opgedeel in drie dele: Rigters 1-3:6 is die agter-

Lin

So va nn sk n ek Ri ok die ind m gte ver na & Ju et o rs- ha g e me l i l t ISB ie C ns yd e u n a sie n i Lu N: 0 laa tyd wa t d de xV t p ie r s er 869 sen ra bi, 97 s at 2 9

LE

KRUISPAD | UITGAWE 16

37


Jy kan verskriklik maklik verslaaf raak aan Hubbly en daarvan sterf … Jy kan eerder die geld wat jy vir Hubbly gebruik, vat en 'n Bybel koop.

m.bibles.co.za.

Kry vandag nog die Bybel op jou selfoon! Gaan na die link hierbo (op jou selfoon) en download die file wat maar net 1.5 MB groot is. 'n Baie oulike function is dat jy van die tekste uit die Bybel kan copy en paste in jou SMS'e, wat dit fantasties maak as jy gou iets soek of vir iemand iets spesiaals wil stuur. As iemand jou in die kerk skeef aankyk omdat jy op jou selfoon besig is, wys vir hom dat jy jou Bybel altyd by jou het! So waarvoor wag jy …

B

aie studente en jongmense rook Hubbly Bubbly wanneer hulle saamkuier omdat dit glo veiliger en gesonder as sigarette is. Volgens 'n onlangse verslag van die Kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa) is dit egter nie so veilig nie. Kruispad het bietjie by die belydenisklas van PotchefstroomNoord gaan uitvind wat hulle dink van Hubbly Bubblies.

Eerstens skep Hubbly die persepsie van "sosiale bevrediging", want dit bring mense bymekaar en dit is wettig, maar dit is ook verslawend en kan siektes soos TB oordra.

Hubbly rook? Dit hang af of jy dit oordeelkundig gebruik. Buitendien hoeveel vars lug asem jy in elk geval in? Maar wat wil God hê en wat wil ek hê? Is dit werklik tot seën van my liggaam en bring dit my werklik nader aan God? Voordat ek dit gebruik of misbruik moet ek eers myself afvra wat wil God hê? Daar is soveel dinge wat mens eerder kan doen as om Hubbly te rook. Dit is belangrik dat mens sal weet waar om die lyn te trek. Die punt is, dit is tot afbreek van jou liggaam.

38

KRUISPAD | UITGAWE 16

Daar is twee kante aan die saak. Aan die een kant is rook sleg is vir jou en kan jy verslaaf daaraan raak. Dit kan lei tot ander verslawings soos dagga en alkohol. Verder kos dit te veel geld en kan dit lei tot finansiële verlies. Baie mense rook net Hubbly om aanvaar te word in 'n groep. Aan die ander kant is dit nie so skadelik soos rook nie, dit ruik en smaak lekker, en gee jou 'n awesome headrush.

http://www.bybelgenootskap.co.za/index.php?option=com_c ontent&view=article&id=4&Itemid=31&lang=af

Hierdie is 'n baie oulike Bybelvasvrae op die Bybelgenootskap van Suid-Afrika se webblad. Gaan kyk bietjie hoe goed ken jy die Bybel! Daar is 6 vasvrae wat jy oor kan doen totdat jy 100% kry – so gaan besoek die webblad en skerp bietjie jou kennis op!

Klassisse Karoo-Kei, Burgersdorp en Suid-Vrystaat

Hoërskoolkamp 3 – 9 April Boknessatrand Voortrekkerkampterrein Kontakpersone: Hendrik Stoltz, 083 280 2091 | Theuns Potgieter, 083 366 6240 | Hennie Schutte, 084 556 7670 Studente wat belangstel om op te tree as groepleiers kan gerus ook van hulle laat hoor.

Klassis Verre Oosrand en Sentraal Oosrand Belydeniskamp 27 September – 1 Oktober Bosveld Wegbreek Kampterrein Daan Bakker, 082 829 8456 of djbakker@gksaboksburg.co.za

Partsinode Pretoria

Aan die een kant is Hubbly rook verkeerd omdat verhoudings op die verkeerde eienskappe gebou word en jy bevrediging op die verkeerde plek gaan soek. Daar is bewys dat jy in 'n halfuursessie ten minste 100 sigarette rook en dat jy waterblasies kry. Dit is dus net so verkeerd soos rook. Aan die ander kant is dit eintlik maar net water en twak, jy rook dit nie noodwendig oormatig nie en mense gebruik dit net by geleenthede.

Mootkamp 11 – 18 Junie Die Moot kampterrein Griffel van Wyk, griffel@gkbrooklyn.org.za

Indien daar binnekort 'n kamp of ander geleentheid in jou omgewing plaasvind en jy dit graag met ander Kruispad-lesers wil deel, stuur gerus 'n e-pos aan interaksie@kruispad.net.

KRUISPAD | UITGAWE 16

39


40


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.