HO E KO M is ons hi er?
IN H O U D S O P GA W E
Kruispad is … 'n eietydse tydskrif met Reformatoriese inhoud, gefokus op aktuele sake, gerig op jong, groeiende gelowiges om toerusting te gee vir die maak van ingeligte keuses wat lei tot geloofsgroei.
H O E wil on s di t doen? Deur 'n interaktiewe medium daar te stel wat relevante temas bespreek en jong gelowiges motiveer om die pad van die kruis van Christus te stap en volwasse in die geloof te word, sodat God die eer sal kry en die Kerk opgebou sal word.
Verklaring Menings uitgespreek in die artikels verteenwoordig nie noodwendig dié van die redaksie nie. Die redaksie behou hom die reg voor van plasing, redigering, verkorting, parafrasering en uitbreiding van die bydraes.
Red@Kruispad
6
Die goue eeu?
T Y D S K RI F INLIG T ING Posadres: Posbus 20700, Noordbrug, 2522 Tel: 018 297 3986/7 Sel: 082 392 2093 E-pos: navrae@kruispad.net Faks: 086 656 6745 Web: www.kruispad.net
My manier en God se manier
Rekeningbesonderhede vir donasies: Naam van rekening: GKSA Admin Buro t/a Kruispad Bank: ABSA Tak: 632005 Rekeningnommer: 670140040 Verwysing: 0562/KRUISPAD
Ontwerp: Sunflood Studios Tel: 021 887 4477 E-pos: info@sunfloodstudios.co.za Web: www.sunfloodstudios.co.za Drukkers: Zero Plus Tel: 012 333 6712 E-pos: info@zplus.co.za
Uitgegee deur die GKSA
D I E R E D A K S I E S P AN Redakteur & Subredakteur
Maureen van Helden red@kruispad.net
Assistentredakteur Rineé Pretorius kantoor@kruispad.net
Gee-jaar
Brahm Robinson geejaar@kruispad.net
Interaksie & GIGS
Dirkie Steyn interaksie@kruispad.net
Webblad
Dirk Kruger media@kruispad.net web@kruispad.net
Resensies
Dirk Kruger Rynhardt Pretorius Wanja Senekal resensies@kruispad.net
Errata In uitgawe 16 op bladsy 22 is verkeerdelik aangedui dat Hemelvaartsdag vanjaar op 1 Mei val. Dit moet natuurlik 13 Mei wees! - Red
Grafies
Sunflood Studios: - Dian Wessels - Mike Cruywagen - Karien Bredenkamp grafies@kruispad.net
Adviseur: Jeugdeputate Ds. Charl van Rooy charl@gkrandburg.org.za
Aktueel
Santie Lourens aktueel@kruispad.net
Advies & Hulp
Johannes Schickerling advies@kruispad.net help@kruispad.net
Sending & Leefstyl Juanita van der Merwe sending@kruispad.net leefstyl@kruispad.net
Kreatief
Chantelle Tredoux kreatief@kruispad.net
M E D E W E R K E R S P AN Ds. Henning Venter Ds. Braam Krüger Anel Potgieter Lize Viljoen Ds. Lekgetho Moretsi Renier van der Klashorst Dr. Victor d'Assonville JG Ehlers Anneretha Combrink Emmerentia van Jaarsveld Die Gee-jaarspan Laurette Pretorius Karin Bain Christiaan Buys Annemie Aucamp
4
8
Rut: Waag dit om te glo!
10
Emigrasie
12
Sendinghulp: The Zionist Church
14
Geopende Deure
16
Getuienis: Pak op, pak op, sit jou goedjies op jou kop
17
Calvyn 500 jaar (deel 5)
18
Tydlyn
20
Koffie saam met … Bobby van Jaarsveld
22
Kontroversieel: 2012
24
Hulp: Trauma
26
BlouAnna: Miskruier
28
Die Psalms: 'n Dagboek van Dawid
29
Kompetisie: Die Konings van Israel
30
Kreatief: As fyn glas breek
31
Kunstenaarsprofiel: Flip a Coin
32
Resensies
34
Ontmoet die Gee-jaars!
36
GIGS
38
Fotoblad: Eerstejaarskampe 2010
40
Red@Kruispad
Hi daar!
T E K EN IN O P K RU I SP A D
Nuwe intekenaar Bestaande intekenaar Geskenk vir iemand anders Besonderhede van intekenaar Naam en van ....................................................... ............................................................................. Gemeente ............................................................ E-pos ................................................................... Ouderdom ........................................................... Besonderhede van ontvanger (indien ontvanger verskil van intekenaar)
Naam en van ....................................................... ............................................................................. Posadres .............................................................. ............................................................................. ............................................... Poskode ............... Sel no ................................................................... Tel no (huis) ......................................................... Gemeente ............................................................ E-pos ................................................................... Inteken opsies: Hernuwing
Ons trek nou al by Aprilmaand en voor jou sien jy die tweede uitgawe van Kruispad vir 2010. Soos jy hopelik weet is ons op die oomblik besig met 'n reeks oor karakters uit die Ou Testament. In hierdie uitgawe gaan ons spesifiek bietjie kyk na die eerste drie konings van die volk Israel, asook 'n paar mense wat 'n invloed op hulle lewens gehad het. In Aprilmaand is dit nie net skoolvakansie nie, maar ook Paastyd. Wat beteken Paastyd vir jou en hoe beplan jy om hierdie Christelike feestyd deur te bring? Ek dink dit is belangrik dat ons in hierdie tyd opnuut op Christus sal fokus. 'n Paar maande gelede het ons sy geboorte gevier en daarmee saam onthou dat Hy 'n onbeskryflike groot geskenk vir ons elkeen op aarde gebring het. Met Paastyd onthou ons wat hierdie geskenk werklik was, en steeds is! Nie net het Christus (wat waarlik God is) mens geword en aarde toe gekom om hier tussen ons mense te woon nie. Nee, Hy het soveel meer gedoen. Hy het gesterf. En Hy het opgestaan! En met hierdie opstanding het Hy vir my en vir jou die dood en die sonde oorwin! Satan kan niks meer aan ons doen nie! Al moet ons aardse liggame steeds swaarkry en sterf, kan ons nou uitsien na die Ewige lewe saam met ons Verlosser. Ek hoop jy sal hierdie uitgawe geniet. Ek hoop God sal deur sy Woord elke dag meer en meer 'n werklikheid vir jou word, maar ook dat Hy vir jou 'n vriend sal word. 'n Vriend met wie jy alles kan deel; jou seerkry, jou hartseer, jou geluk en jou prestasies. Skryf gerus aan red@kruispad.net as daar iets spesifiek is waaroor jy graag in die volgende uitgawes wil lees. As jy lus is om self 'n artikel (of 'n gedig, of 'n foto, of enigiets kreatief) in te stuur, stuur dit gerus na kreatief@kruispad.net. 'n Geseënde Paastyd vir jou en jou gesin!
R80 – 4 uitgawes
R120 – 6 uitgawes
Tot volgende keer, Maureen Soli Deo Gloria!
Aantal persone waarvoor ingeteken word: (Vir groepe van meer as 10 persone geld spesiale tariewe en moet 'n volledige adreslys aangeheg word. Stuur gerus 'n e-pos na inteken@kruispad.net of heg dit aan die intekenvorm)
Stuur jou intekenvorm en bewys van betaling na een van die volgende adresse:
Metode van betaling: Tjek Posorder
Elektronies Kontant Ander Datum van betaling .............................................. Ek het van Kruispad gehoor by: Naam en van ....................................................... Sel no ..................................................................
U
L SS
N:
I IT
e eli
in
-
ak
m p;
do
'
nn
te eu
n
ro
a ma
er
k se
is
il p. , ka ersk ied. ng o s l l a v g e rb t ev sip aar g ve ons ie ure. wa s E i m w D n D : kle ense ? D n – reri aar rd o F r u u t W o e o e w kle me ir m t n me erv of. , EA DI ybel in nthou id: V ls. o – was in geoorvadle gelouik kan ateïste om l o he a gl n r v B at hoe ie m te eker ama o jy et o wat n hu t geb w D n en k h l n S o s va a va glo ik loof hier ei: Wat ybe ene n w roe jou as l g b B st a e ie gro : in iste d, r t k, at 0). o G t e o i d f a d ou K o w s r do se al fs nd ol (R3 oo eloo gelo uit se b die en iritu se e t t e ha k) to pas d i i a p ( e G rik ers si n u u s an l ka as a ort s en Af ? V Ba ah's em ié t of kp der s k sa K i d s r a : e a t r by on lam l. Su p. : 'n ndo n s an sa aa amv (wa s ski ske we Hi er. oop s. s ' of m I – i a s , r , i s s k h s d r ard eid e ve l pa !!). ve ae te gelo tuies ena s vir ang me psa a k h e a sw nt iek s ni vr nder a ge te b rsie of b Sa hem ou elee pesif asie kry x A ov and Ve oos j k, a h s 45 a. l is lke g 'n s situ kan Je iem raal: edel e x 5 ddr yb a e na die nie 1 B so asto mo n 1 t y n k u s ( ls ro P nse u i Jo nie dsoe fek b g ne o j in ora p jy on per r to e l l me e e si k dit r t a h o a a y e e j e m d lis r ur we s s jy ron ange voo es. jy me ) kan g k r g m v a gte ge e no sê: t s mm a a d 15 en eni k … kan Om gs vir soe n i l de rse te rin elve id op u Kle Byb nthe om elee g
G LIN
E-pos: inteken@kruispad.net Faks: 086 656 6745 Slakpos: Posbus 20700, Noordbrug, 2522 Bankbesonderhede: Naam: GKSA-Admin buro t/a Kruispad Bank: ABSA Takkode: 632005 Rekeningnommer: 670 140 040 Gebruik as verwysing: 0562/004/(Naam en van OF Naam van gemeente) Nadat jou bewys van betaling ontvang is, sal jy die daarop volgende uitgawes ontvang. Terme en voorwaardes geld. Kyk op www.kruispad.net vir meer besonderhede.
Posgeld is nie reeds betaal nie. Plaas asseblief die inskrywingsvorm in 'n gefrankeerde koevert en stuur dit na die Kruispad-adres.
4
5
Die Filistyne was die groot vyand van die tyd. Die verskillende stamme moes hulpeloos toekyk hoe hul oeste en veë geplunder word. In hierdie tyd het Samuel as profeet en die laaste rigter van Israel opgetree. Deur hom het die Here met die Israeliete gepraat en het hulle weer aan Hom gehoorsaam geword. Maar hulle was nog nie werklik een volk nie. Toe Samuel ouer word, het die verskillende leiers van Israel bymekaargekom. Hulle het besluit dat 'n koning die beste manier sou wees om die volk saam te trek. Samuel het nie van hierdie idee gehou nie, want dit was nog altyd die een ding wat Israel anders as al die ander nasies gemaak het. God het oor hulle regeer en nie 'n mens nie! Tog het die Here vooruit geweet dat die mense Hom nie meer as enigste Koning sou wou hê nie. Vroeër het Hy al gesê hoe 'n koning gekies moet word en hoe hy moet leef. Lees gou Deuteronomium 17:14-20!! Welkom terug! Kom ons kyk gou wat die Here se vereistes vir die koning was: Henning Venter (GK Bellville-Oos)
• • • • • • •
W
ie volg jy? Dit is soms moeilik om te weet wie nou eintlik 'n goeie leier of rolmodel is. Hoeveel bekendes het nie in die laaste tyd as leiers teleurgestel nie? As ons so bietjie deur die jare terugkyk, sien ons dat mense in leiersposisies dikwels foute maak. Maar daar is darem goeie dinge ook gedoen. Kyk bietjie saam met my ver in die verlede, 3 000 jaar gelede. Soos julle in die vorige uitgawe van Kruispad gelees het, is Israel na die verowering van Kanaän deur Rigters gelei. In hierdie tyd was dit maar elke stam vir homself, en het stamme van Israel selfs teen mekaar geveg. Al wat hulle min of meer gedeel het, was hul godsdiens. Aan die einde van hierdie tyd word die situasie mooi vir ons in Rigters 21:25 opgesom:
"In daardie tyd was daar nog nie 'n koning in Israel nie, en elkeen het gedoen wat reg is in sy eie oë."
66
KRUISPAD | UITGAWE 17
God sal hom self kies. Hy mag nie 'n uitlander wees nie. Sy vertroue moenie in die krag van baie perde wees nie. Hy mag nie baie vrouens hê en so ontrou word aan die Here nie. Sy goud moet vir die mense werk en nie opgegaar word nie. Hy moet homself gereeld aan die vereistes van die Here meet. Hy moet leiding gee deur self aan God gehoorsaam te wees.
Natuurlik het die wêreld van daardie tyd 'n klomp regte aan die koning gegee. Israel se koning sou nie anders wees nie. Dié regte beteken eintlik dat alles van die volk aan die koning behoort om te maak soos hy goeddink. En so begin die sogenaamde Goue Eeu! Dit is die eeu waarin Saul, Dawid en Salomo as konings oor Israel regeer het. Die profete sou jare later terugkyk na hierdie tyd en dit voorhou as maatstaf vir goeie koningskap. En tog was dit nie die perfekte Koninkryk van God nie. O nee, soos die rigters voor hulle, het hierdie leiers ook baie foute gemaak. Dit is een ding van die Bybelse geskiedenis wat anders is as alle ander geskrifte van ander koninkryke: die waarheid is nie verdraai om die koning beter te laat lyk nie. Nee ons lees alles van hierdie drie se beste, maar ook van hul slegste.
Die Goue Drie in 'n neutedop: Saul, die rigtinglose hunk. Selfs Samuel is minder ongelukkig oor die idee van 'n koning wanneer hy Saul sien. Tall, dark en handsome. Hy was tipies die man wat 'n volk sou wou hê om hulle te lei. Alhoewel hy aan die begin onder die leiding van die Gees profeteer, neem hy gou self beheer. Hy sien in Dawid 'n vyand en probeer hom doodmaak. Hy was 'n teleurstelling as koning en bereik 'n geestelike dooiepunt as ons hoor dat God hom as koning verwerp. Op die ou end pleeg hy selfmoord. Dawid, die dapper liedjieskrywer. Dawid was waarskynlik die laaste persoon wat enigiemand as koning sou wou hê. Jongste van die gesin, 'n dromer en 'n liedjieskrywer. Tog leer ons Dawid al voor sy dae as koning ken as 'n dapper man wat saam met sy manne gevare trotseer. Van jongs af is dit duidelik dat hy 'n toegewyde geloof in God het. Een van sy grootste dade in mense se oë is ongetwyfeld die oorwinning oor Goliat. Maar ons hoor dat God Dawid 'n man na sy hart noem. Daarom is die belydenis van sy sonde seker een van dié kenmerke van hierdie merkwaardige koning. In sy lewe het hy ook baie bygedra om mense te help om God openlik te dien met hulle liedere. Uit Dawid se nageslag word Jesus gebore. En so kom God se Koninkryk na aarde. Salomo, die wyse casanova. Dawid kies Salomo bo sy ouer seuns as koning. As jongman vra hy wysheid van die Here. Hierdie wysheid kan vandag nog gelees word in die vorm van spreuke waarmee hy jongmanne geleer het. Onder Salomo se leiding word 'n asemrowende tempel vir die Here gebou en word Jerusalem ook verder uitgebou as 'n wêreldstad. Ongelukkig het hy die regte van die koning streng hiervoor gebruik en sy mense fisies en finansieel onderdruk. Hy was nie baie geliefd nie, maar het wel BAIE lief gehad – 1 000 vroue! Dit was ook sy val, en deur hul afgodediens het hy aan die Here ongehoorsaam geraak.
Die volk wou 'n koning hê om soos al die ander nasies te wees. Onder die leiding van hierdie konings het daar goeie en slegte dinge gebeur. Die volk sou nooit weer een wees soos in hierdie eeu nie. Miskien sal dit goed wees om hierdie drie konings te onthou as ons self na leiers soek. Leiers wat op hul regte aanspraak maak, vergeet maklik hul verantwoordelikhede. Leiers wat weet hoe om hul eie foute te erken en reg te maak, wys dat hulle dié Leier ken. Leiers moet hulle aan die Here se woorde toets en dit nooit vergeet nie. Hy bly die Koning, en net by Hom is daar 'n rustige en regverdige Koninkryk wat vir ewig sal hou.
KRUISPAD | UITGAWE 17
7
Braam Krüger (GK Benoni)
KONSEP: Wanneer 'n mens na 'n inkblot kyk, kan jy byna enige antwoord gee van wat jy daarin sien. So interpreteer baie Christene die wil van God en hul godsdiens op hul eie manier (eiewillige godsdiens) en doen hulle soos hulle goed dink. Saul het sy eie wil bo dié van God gestel, maar moes op die ou end met die gevolge van sy dade saamleef.
Lees asseblief 1 Samuel 15.
S
aul is iets van 'n hartseer persoon in die geskiedenis van Israel, God se verbondsvolk. Hy was die eerste koning van hierdie nuwe volk. Mens sou verwag dat so 'n eerste koning altyd hoog geag sal wees en vereer sal word. Maar dit is nie waar van Saul nie. Hy sterf in skande en mense wil hom eerder vergeet. Dawid is eerder die koning van Israel wat deur almal onthou word. In die Middeleeue is die sogenaamde Dawidster begin gebruik as 'n simbool vir die Joodse volk en vandag is dit op die vlag van die moderne staat Israel. Saul se geskiedenis is op baie maniere 'n waarskuwing vir ons. Hy het begin as 'n skaam jong man wat so half deur die volk "omgepraat" is om koning te word. Sy naam beteken "gevra/afgesmeek". Dit verwys daarna dat die volk (Israel) vir die Here en sy profeet, Samuel, gevra het dat hulle ook 'n koning wil hê soos wat die ander volke het. Daar was vroeër iemand anders wat ook van die Here gevra was, Samuel! Die Hebreeuse teks sinspeel in 1 Samuel 1:28 dat Samuel die éíntlike gevraagde van die Here af was. Samuel was afgevra, afgesmeek van die Here af en moes die volk op 'n teokratiese manier lei – dit beteken – hy moes die volk lei op die manier wat die Here wou gehad het sy volk moes leef. Maar die volk vra liewers iemand anders – Saul. En nou sê ons: Saul begin half onwillig, maar word deur Samuel geseën in die naam van die Here om wel koning te kan wees. Die salwing was juis 'n simbool daarvan dat die Heilige Gees iemand lei om die godgegewe opdrag te kan uitvoer. So wat het fout gegaan in Saul se lewe? Hy was nie tevrede daarmee om die Here se koning te wees nie! Die volk het hom gekies en hy word die volk se koning, die koning wat voel hy skuld iets aan die mense wat aangedring het dat hy koning sal word. Hierdie gesindheid lei tot sy keuse vir eiewillige godsdiens, wat in werklikheid impliseer dat hy die Here verwerp. Kom ek verduidelik. In Ons vind vandag die banvloek baie erg. 1 Samuel 15 Dit beteken dat alles en almal doodgemaak leer ons dat moet word. Die Here het beveel dat so die Here Saul iets moes gebeur om sy volk te red. Dit sal stuur om die wees soos as die Here vandag mense laat Amalekiete met doodgaan omdat hulle die kerk vervolg. Dit die banvloek is dus erg, ja, maar dit is daar om God se (sien langsaan) kinders te beskerm teen Satan wat hulle wil te gaan tref. uitroei. Hy moes die Amalekiete
88
KRUISPAD | UITGAWE 17
uitroei – vanaf hulle koning tot by die laaste skaap en donkie. Alles. Saul gaan maak oorlog, hy oorwin en is in staat om die Amalekiete met die banvloek te tref, maar hy doen dit nie volledig nie. Hy red die koning en 'n klompie van die beste beeste en skape. Hy bring koning Agag terug sodat hy kan spog met sy oorwinning! Hy wil die mense wys hoe 'n goeie keuse hulle gemaak het toe hulle hom as koning gekroon het. Eintlik beteken dit dat hy hoogmoedig raak en nie meer die Here, die eintlike Een wat hom koning laat word het, prys nie. Toe Samuel hom konfronteer met die feit dat hy nie heeltemal gehoorsaam was nie, het Saul twee verskonings. Eerstens blameer hy die soldate – dit is hulle wat dit gedoen het! Tweedens lieg hy om sy fout weg te steek – hy sê dat hy dit saamgebring om aan die Here te offer. Nou is dit sekerlik 'n goeie ding om te offer. Maar die Here het beveel dat hy die skape en beeste moes doodmaak. Hierdie tipe optrede noem Maar Samuel antwoord: "Is brandoffers ons eiewillige en ander diereoffers net so aanneemlik vir godsdiens. Om die Here as gehoorsaamheid aan sy bevel? die Here te dien Nee, gehoorsaamheid is beter as offerande, op die manier om te luister is beter as die vet van ramme. soos jy goedWeerspannigheid is net so erg as die sonde dink, nie soos van waarsêery; eiesinnigheid net so erg as Hy regtig beveel die bedrog van afgodery," nie. Dit is in (1 Samuel 15:22–23). hierdie situasie dat Samuel die bekende woorde aan Saul sê (sien hierbo). Woorde wat ons ook moet onthou! Die uiteinde hiervan is dat die Here sy seën van Saul af wegneem, en 'n ander koning, Dawid,
laat salf. Saul gaan later dood op die oorlogsveld, nadat hy kranksinnig ("mal") geraak het. Nou moet mens jouself sekerlik vra wat die lesse van hierdie gedeelte vir 'n gelowige van die 21e eeu is? Ons is tog nie konings van Israel nie? Hier is 'n paar dinge wat ons moet onthou: • God is die Koning van ons lewens. Ons kan sê: Ons moet 'n teokratiese lewe leef! Dit beteken eenvoudig maar net dat ons in alles aan God moet gehoorsaam wees. Ons moet vra wat sy wil vir ons lewens is. Van die vriende wat ek maak tot my ou of meisie wat ek kies, en selfs die werk wat ek kies. Ek moet nooit iets kies wat dit laat lyk of ek God nie sal kan eer en respekteer as my God nie. • Daar is ook 'n les oor groepsdruk hierin, veral as mens gewild is of graag gewild wil wees. Dit is duidelik dat Saul sy manskappe wou plesier, die volk wou beïndruk. Om dit te kon regkry, moes hy swig onder druk om nie die Here se pad te loop nie. Ek dink almal van ons sal kan vertel hoe hierdie druk eintlik maar elke dag op ons toegepas word. • 'n Mens moet in jou prestasies baie duidelik die erkenning aan die Here gee en weet dat dit Hy is wat jou in staat stel om te presteer. Natuurlik geld dit vir die daaglikse lewe, maar ook vir geloofsoorwinnings wat jy behaal. Om te glo of om 'n sonde te oorwin, kom altyd in die krag van die Here. Dit is juis as jy dink dat jy iets uit jou eie krag reggekry het dat die sonde van hoogmoed jou gaan oorval. • Saul se groot sonde was eiewillige godsdiens. Om die Here te dien op die manier wat hom pas. Ek is oortuig daarvan dat hierdie een van die grootste versoekings vir kinders van die Here oor al die eeue
heen is. Jy dien die Here, maar jy gaan nie voluit daarvoor nie. Jy gaan kerk toe, maar net as jy lus is daarvoor, terwyl die Here sê dit is waarvoor elke Sondag opsygesit moet Partykeer sal mense redeneer dat dit word (sien "skynheilig" is om kerk toe te gaan as jy nie langsaan). lus is om te gaan nie. Dit is nie waar nie, Of jy is 'n dit is maar net gehoorsaamheid. As jy tog kerklidmaat, sou kerk toe gaan en daar vir almal vertel maar jy hoe lus jy was om kerk toe te gaan, sal dít drink maar skynheilig wees! tog saam met jou vriende – juis om nie uit te wees nie, maar gewild te wees. Die Here leer ons dat ons nie draadsitters mag wees nie – of ons sê "ja" vir Hom, of ons sê "nee" en dra die gevolge. Maar jy kan nie die Here om die bos lei deur te maak asof jy Hom dien, maar jy doen dit nie eintlik nie. Die Here vra 'n mens se hart! Gehoorsaamheid is vir Hom belangrik. As ons eerlik is, sal ons erken dat ons eie wil baie keer bots met die Here se wil. Maar dit is juis dan dat gehoorsaamheid inkom. Jy doen wat die Here vra omdat Hy lief is vir jou! Dít is optrede wat, om dit so te noem, 'n glimlag op God se gesig plaas. Ons moet ook verstaan dat ons nie juis uit onsself beter as Saul is nie. Dit is juis omdat mense voortdurend verkeerde keuses maak dat God Jesus na hierdie wêreld getuur het. Hy het gesterf om te betaal vir ons eiewilligheid, selftrots en ongehoorsaamheid. As ons nie in die skadu van Jesus se kruis gaan skuil nie, oorval dieselfde lot ons as vir Saul. Ons kan maar net "dankie" sê dat God se genade so groot is. Ten slotte: Ons sal nie eers by Jesus kan gaan skuil as die Heilige Gees ons nie oortuig dat ons sondaars is, en Jesus nodig het nie. Ons sal ook nie in staat wees om oorwinnings te behaal oor eiewilligheid en al ons ander sondes as die Heilige Gees ons nie lei nie. Onthou om dankie te sê vir die werk van die Gees in jou lewe, en voortdurend te vra dat Hy jou sal lei – nie net wanneer dit "maklik" is om soos 'n Koningskind te leef nie, maar veral as jy in moeilike omstandighede is met baie druk op jou!
KRUISPAD | UITGAWE 17
99
L
Anel Potgieter (GK Rooihuiskraal)
aat ons eerlik met mekaar wees: die wêreld om ons is nie altyd great nie. Inteendeel, ons lewe in 'n land vol misdaad en armoede, vigs en hope lyding. Soms wonder ons watter toekoms ons nog in hierdie sonskynland het? Moet ek nie maar my goedjies pak en oorsee gaan terwyl ek jonk is en nog kans het om vanuit hierdie omstandighede te ontsnap nie? Goed, dit kan vir een ou werk, maar wat as my "omstandighede" meer persoonlik van aard is, as die chaos in my gesin of my eie lewe is, en nie in my land nie? Waarheen vlug ek dan? As jy al na maniere gesoek het om uit jou omstandighede te ontsnap, moet jy dalk weer na die geskiedenis van Elimelek, Naomi en Rut kyk voordat jy enige drastiese besluite neem. Jy kan basies op een van drie maniere op jou probleme reageer: Jy kan soos Elimelek probeer om daarvan te ontsnap, jy kan dit soos Naomi bloot probeer verduur, of jy kan waag om op God te vertrou soos Rut. Jy kan dus kies: Elimelek, Naomi of Rut. Wanneer jy kies om Elimelek te wees, is die kans baie groot dat jy God se doel met die pyn in jou lewe gaan mis. Kies jy Naomi, en hou bloot aan om te verduur, gaan jy heel waarskynlik hard en bitter word – 'n kwaai mens waarmee niemand vriende wil wees nie. Kies ons egter om Rut te wees, dan word ons die eienaar van ons probleme en nie anders om nie. Dan waag jy om te glo dat God alles vir jou ten goede gaan laat meewerk (Romeine 8:28). Kom ons bekyk hierdie keuses bietjie dieper: Elimelek: God was nie koning nie (Rut 1:1-5). Elimelek se naam beteken: God is my koning. Tog sien ons duidelik uit sy besluit dat God nie die koning in sy lewe was nie. Hy neem nie sy besluite in geloof nie, maar eerder volgens wat om hom aangaan. Hy stel aardse behoeftes voor God se wil. Elimelek kies om die Beloofde land te verlaat en trek na Moab toe om 'n hongersnood te probeer ontvlug. Sy bedoelings was waarskynlik eerbaar – hy wou in die behoeftes van sy vrou en kinders voorsien – tog het God nie sy besluit geseën nie. God se wil was duidelik, die Israeliete mag nie met heidense nasies gemeng het nie, en veral nie met hulle getrou het nie. Die fout wat Elimelek gemaak het, was om sy toevlug by die vyand, en nie by God nie, te gaan soek. Hy trek met sy familie Moab toe. Die Moabiete was die afstammelinge van Lot (Abraham se kleinneef) en sy eie dogter wat by hom geslaap het. Hulle het die Israeliete in die verlede baie sleg behandel. Elimelek het in sy poging om van sy probleme te ontvlug vir homself baie meer probleme op die hals gehaal.
10
KRUISPAD | UITGAWE 17
Naomi: Lieflik word bitter (Rut 1:6-22). Na Elimelek en hulle seuns se dood, hoor Naomi dat die hongersnood in Israel verby is, en besluit sy om terug na haar geboorteland te gaan. Hoewel dit die regte besluit was, was haar motivering nie reg nie. Dit is asof sy eerder in liggaamlike voedsel belangstel, en nie smag na geestelike voedsel en gemeenskap met God nie. Ons lees nêrens dat sy haar sondes bely, of bid en God se wil vra nie. Dit is asof sy terugkeer na haar land, maar nie na haar God nie. Sy is so vasgevang in selfbejammering en bitterheid dat sy haar skoondogters van God se genade wil ontneem. Sy wil hulle terugstuur na hulle heidense land en afgode toe, en nie saamneem na Bethlehem waar die ware God aanbid word nie. Naomi verkondig ook nie God se grootheid en barmhartigheid aan haar skoondogters nie. Sy verwyt Hom eerder vir haar ellende. Naomi beteken lieflikheid, maar sy distansieer haar van die betekenis en vra om Mara, wat bitter beteken, genoem te word. Rut: Waag om te glo (Rut 1:16 – 2). Baie van ons plak inspirerende aanhalings teen ons spieël vas sodat ons gereeld daaraan herinner kan word. Die rede waarom 'n sekere aanhaling ons inspireer, is omdat dit iets van die betrokke persoon se karakter weergee, en ons graag daardie karaktertrek in onsself wil ontwikkel. Rut is bekend vir haar belydenis teenoor haar skoonma wanneer dié daarop aandring dat sy in Moab agterbly: "Maar Rut het geantwoord: 'Moet my tog nie dwing om van u af weg te gaan en om om te draai nie, want waar u gaan, sal ek gaan; waar u bly, sal ek bly; u volk is my volk; u God is my God; waar u sterf, sal ek sterf en daar sal ek begrawe word. Ek lê 'n eed af voor die Here: net die dood sal ons skei,'" (Rut 1:16-17). Jy kan gerus Rut se belydenis iewers vasplak, want haar hele karakter kom in hierdie twee verse na vore. Kom ons probeer iets daarvan vasvang: Rut leef in geloof in God (Rut 2:1-3): Ons moenie dink dat dit so maklik vir Rut was om sommer haar familie en land agter te laat en Naomi na Bethlehem te volg nie. Hier was sy 'n vreemdeling, sonder enige regte. Die meeste Israeliete sou op haar neersien, haar as 'n heiden uitkryt en selfs wegjaag. Mense sou nie aan haar wou raak nie, of haar selfs net in hulle huise innooi nie, uit vrees dat dit hulle onrein sou maak. Tog kies sy om te gaan waarheen God haar lei. Hoe lewe 'n mens met so 'n geloof? Deur God se beloftes in sy Woord aan te gryp en dit jou eie te maak. Deur sy wil te gehoorsaam ongeag wat jy sien, hoe jy voel of wat met jou gebeur. Dit beteken dat jy jouself volkome aan God toewy en
op Hom vertrou om in al jou behoeftes te voorsien. Wanneer ons dit regkry om so te lewe, verheerlik ons God, ons lewer 'n getuienis aan die wêreld en ons bou 'n sterk Christelike karakter in onsself. Rut leef uit die genade van God (Rut 2:4-16): Rut vra toestemming om are te gaan optel op die lande wat geoes word. Die Israelitiese wette het bepaal dat arm mense agter die werkers op die lande mag aanloop en die are wat afval mag optel. Sekere dele van die land mag glad nie geoes word nie, maar moes laat staan word sodat armes dit kon oes. Op hierdie manier het God vir almal in sy volk gesorg en het almal in die land genoeg gehad om te eet. Vir Elimelek was dit nie genoeg nie … Vir Rut is dit meer as genoeg. Dit is genade uit die hand van die Here. Sy kies om op God te vertrou, en sy kry soveel meer as dit waarvoor sy gehoop het. Rut het egter 'n groter dilemma gehad as 'n honger maag. Die Israelitiese wette het bepaal dat sy nie deel van die gemeenskap mag word nie. In Deuteronomium 23:3 staan: "Geen Ammoniet of Moabiet mag lid van die gemeente word nie. Niemand uit hulle nageslag mag ooit lid van die gemeente word nie, selfs nie eers een van die tiende geslag nie." Tog het sy in geloof agter Naomi aangeloop. Maar hoe kon sy deel van die Verbondsvolk word? Deur bloot op God se genade staat te maak. Daar was geen ander manier nie. Rut se geloof het uiteindelik weer die vlam van hoop in haar skoonma aangesteek. Sy het met haar optrede nie net Boas se liefde gewen nie, maar die respek van 'n hele volk! Ek en jy kan nie altyd die omstandighede waarbinne ons moet leef beheer nie, maar ons kan besluit hoe ons daarop reageer. Dit is wat geloof is, om dit te waag om te glo wanneer alles onmoontlik lyk. Dink so daaraan – die wet het my en jou ook van God geskei. Tog het 'n wonderwerk gebeur: Uit sy groot genade is ons in God se volk ingesluit omdat ons in Jesus Christus glo. Ragab was 'n prostituut, maar sy word in die volk van God opgeneem en is Boas se ma. Rut was 'n Moabitiese meisie, verag deur die Jode. Uit hulle nageslag is Dawid, en uiteindelik Jesus, gebore. Ek en jy was sondaars. Ons omstandighede was soveel meer haglik. Tog het God 'n wonder bewerk en ons daaruit gered. Hoeveel meer kan Hy nie vir ons doen in hierdie land nie? Wil jy die land verlaat, 'n verhouding verbreek, opskop, uittrek, van werk verander? Dink mooi. Kies mooi. Moenie jou keuse maak om jou probleme te probeer ontduik nie. Moet ook nie besluite in bitterheid en woede neem nie. Maak jou keuse omdat jy oortuig is daarvan dat dit God se wil vir jou lewe is. Elimelek, Naomi of Rut? Wie kies jy?
KRUISPAD | UITGAWE 17
11
Lize Viljoen (GK Potchefstroom-Noord)
Elkeen het 'n roeping.
E
migrasie was nog nooit so aktuele onderwerp in Suid-Afrika soos in die laaste 15 jaar nie. Almal weet dat daar saam met die nuwe bedeling (post-apartheid) 'n neiging tot emigrasie onder Suid-Afrikaners posgevat het, aanvanklik hoofsaaklik onder die blanke bevolking en later onder alle rasse in Suid-Afrika. Daar is basies twee hoofstrome in die emigrasiesaak. Diegene wat voel dis verkeerd omdat hulle trots op hul vaderland is, of dink dis verkeerd om geliefdes agter te laat, of watter rede ook al. Dan is daar diegene wat voel dis reg om te emigreer omdat jy tog die veiligheid of finansiële sekuriteit van jou gesin moet verseker. Die vraag is nou: Hoe moet of mag ek as gelowige oor die saak voel? Iemand wat in Christus glo, en hom- of haarself 'n Christen noem, bely dat hy of sy 'n lewe nastreef wat die beginsels en leringe van Christus ten toon stel. Hierdie leefwyse begin by liefde. Gelowiges, en veral ons wat die jong generasie is, moet aanvaar dat ons opdrag om mekaar lief te hê na alle fasette van ons lewens verwys en dat dit die grondslag moet wees vir elke besluit wat ons neem. Hoe ek as 'n student of werkende jongmens 'n situasie hanteer, is 'n voorbeeld vir ander. My gesindheid en aksies kan 'n groot verandering bring in die land
wat God vir my gee om in te woon, te werk en te bewaar. Dit klink dalk verregaande om te sê dat die gebod "om lief te hê" by emigrasie aansluit. Die saak staan so: 'n Gelowige se grootse prioriteit behoort nie die eie-ek te wees nie, maar my naaste, die mense rondom my, gelowiges sowel as ongelowiges, wat ek met Christus se liefde moet bedien. Huidige statistieke wys wanneer 'n geleerde persoon, iemand met 'n tersiêre kwalifikasie (byvoorbeeld 'n universiteitsgraad), die land verlaat, kos hy of sy die land direk of indirek agt tot tien werksgeleenthede. Normaalweg sou so 'n persoon in Suid-Afrika in sy of haar leeftyd vir agt tot tien mense werk verskaf het. Dit is waar naasteliefde in die prentjie inkom! Leef ek my naasteliefde uit as ek myself permanent oorsee gaan vestig sodat ek my eie lewenstandaard kan verbeter, ten koste van werksgeleenthede in die land waar God my vir 'n rede geplaas het? Dis 'n moeilike een, en ek is bly dat ek nie voor hierdie besluit staan en myself dit moet afvra nie. Die saak moet ook van die ander kant af beskou word. Moet ek in Suid-Afrika bly en negatief staan teenoor emigrasie as gevolg van vaderlandstrots? Daar is niks fout daarmee om jou geboorteland lief te hê nie, maar as dit die oorwegende faktor is wat jou opinie oor dié saak beïnvloed, is jy besig om van die land 'n afgod te maak en leef jy nie God se gebod van liefde, gehoorsaamheid en diensbaarheid uit nie. Erger nog, in so 'n geval beoefen jy nie naasteliefde nie, maar net patriotisme.
Dit is in ons menslike natuur om kwaad te word en te baklei oor emigrasie en hierdie hedendaagse temas, want vir die meeste van ons is dit 'n baie emosionele saak. Dit is egter in stryd met God se woord en sy liefde wanneer ons baklei en mekaar laat skuldig voel oor persoonlike besluite wat 'n saak tussen elke gelowige en God is. Ek wil bysê, as ek ooit sou besluit om te emigreer, is die laaste ding wat my hier sal hou my vriende en familie wat met my baklei en my laat skuldig voel. Dit is nie net liefde wat 'n rol speel nie, maar ook roeping. Ek glo elkeen wat hierdie artikel lees, ken iemand wat gewillig of onwillig in die buiteland is. Daar is mense wat deur God geroep word om in die buiteland diensbaar te wees. Elkeen het 'n roeping. Ek glo ook daardie roeping kan van tyd tot tyd verander. 'n Klein kindjie het 'n roeping, maar as hy later in sy lewe op 'n beroep besluit, byvoorbeeld om 'n rekenmeester te word, is hy mos nie 'n rekenmeester op die ouderdom van ses jaar nie, maar slegs 'n kind wat dalk geroep is om die leier van die klas te wees. Elke gelowige moet vir hom- of haarself, en ook vir God, die volgende vra: Is hier nog 'n geleentheid in Suid-Afrika om diensbaar teenoor my naaste te wees? Waarom het God my hier laat grootword en waarvoor roep Hy my nou? As jy geroepe voel om oorsee te gaan werk, maak seker dat dit nie 'n selfsugtige besluit vir jou eie belang is nie, en moenie jouself permanent oorsee vestig as jou roeping dalk kan verander nie. As jy een van die mense is wat hier agterbly, leef jou roeping uit en moenie jouself skuldig maak aan haatspraak, bakleiery en ongeloof nie. Vertrou en glo dat God sal voorsien. Dit maak nie saak wie die land regeer nie, God is altyd in beheer.
Konsep: Statistieke wys wanneer 'n persoon met 'n tersiêre kwalifikasie die land verlaat, het dit direk of indirek 'n invloed op die werksgeleenthede van agt tot tien mense. Elke letter in die woord EMIGRASIE verteenwoordig 'n persoon wat 'n "invloed" op die ander letters het. Sonder een van hierdie letters sal die woord sy betekenis verloor.
12
KRUISPAD | UITGAWE 17
KRUISPAD | UITGAWE 17
13
SENDINGHULP
Leadership The following people play an important leading role in this church: The Bishop and his wife, the Archbishop and his wife, the Modikoni (deacon, whose role is assisting and praying for the sick) and his wife, and the Khoza (someone who closes and opens the door) and his wife. The church uses the services of secretaries, who are also responsible for Scripture-reading during services. A congregation is normally attached to the founder thereof, and the leadership and ownership is hereditary. To go for Bible training is not an important matter for them and anyone can preach.
Fasting as a rule
Lekgetho Moretsi (School of Biblical Science and Ancient Languages, NWU) Stuur gerus 'n e-pos na sending@kruispad.net met enige vrae of opmerkings.
This article intends to shed some light on the Zionist Church. It is not my intention to deal with all the Zionist churches as there are thousands of them. For example: Zion Apostolic Church and the Zion Christian Church/ZCC. The one has a dove as sign, the other a star. I intend to focus on the Zion Apostolic Church as they are one of the oldest churches in this group.
14
KRUISPAD | UITGAWE 17
One of the important rules in this church is fasting. The fasting person stays on a mountain for seven to twenty one days without going home or communicating with anyone. The main aim is to speak to God without any interference. For them it is a time of prayer and dedication. They pray for the sick to be healed and ask God to reveal what measures must be taken for the healing to take place. The other reason for fasting and praying is to enable a person to be a spiritual healer. Fasting also takes place when someone is afraid of becoming an inyanga (traditional healer or witch doctor). The Zionist Apostolic Church do not believe that one can be given both the gift of a traditional healer and a spiritual healer. In this aspect it differs with other Zionist Churches where you find members being sangomas as well as claiming to be prophets.
Clothing and baptism
not ritually clean. Recently there have been many people drowning during these baptisms. When I spoke to a prophet about this he insisted that proper procedures were not followed. On the day before baptism there should be a night vigil which focuses on prayer and the casting away of all evil spirits. Before the baptism there should also be intensive praying until it is revealed that it is safe to enter into the river. Children are not baptised but are only blessed.
Healing and prophesy Healing and prophesy go hand in hand and prayer plays a significant role in both these practices. When someone is in hospital, a short service is conducted. All the members will then go with a prophet to the hospital to pray for the person and for the others in the ward. Only certain people are allowed to do the praying. Hands are laid on the person while the prophet prays for him/her. While praying the Spirit (so it is believed) reveals what is needed for healing to take place. It may be that the Spirit reveals that the prophet has to bless the sick with water. The water will be poured into a container. The sick person will either wash with it or he will drink it. Sometimes the sick person has to do both.
The Bible The ZCC use the Bible as their source. They maintain, however, certain Old Testament practices while accepting Christ, and they pray to God as well as their ancestors.
Various robes and garments have specific meanings. You cannot just put the Zionist outfit on without being allowed into the church and given the rules. After baptism at a river several scripture portions are read to you as a way of teaching. Your clothes are then blessed. You are not allowed to eat pork (for it is associated with evil spirits), porcupine, or Mopani worms, and you are not allowed to smoke or drink alcohol. If you are to be baptised you must abstain from sleeping with your partner. You cannot be baptised if you are
KRUISPAD | UITGAWE 17
15
I
n ons wêreld van sogenaamde vryheid is vervolging in meer as 60 lande regoor die wêreld nog 'n realiteit. Geopende Deure het onlangs hulle unieke Wêreldwaarnemingslys van die top 50 lande waar Christene die hewigste vervolg word, vrygestel. Noord-Korea beklee vir die agtste opeenvolgende jaar die boonste plek op die Wêreldwaarnemingslys. In hierdie land word elke godsdienstige aktiwiteit as 'n verset teen die Noord-Koreaanse sosialistiese beginsels beskou. Christene is in 'n uiters benarde situasie aangesien die Noord-Koreaanse regime Christene oral in die land teiken, arresteer, martel en doodmaak. 'n Voorbeeld hiervan is Eom Myong-Heui se getuienis. Voordat sy tot bekering gekom het, was sy 'n lojale kommunis in die werkersparty van Noord-Korea. 'n Evangelis wat hom as besigheidsman voorgedoen het, het haar van Christus vertel. Hy is later gearresteer en gemartel totdat hy erken het dat Eom 'n gelowige is. Die owerhede het Eom in haar tuisdorp onder haglike omstandighede aangehou en haar gemartel totdat sy haar geloof prysgegee het. Sy is uiteindelik vrygelaat op grond van haar lojaliteit teenoor die party in die verlede. "Toe 'n besigheidsman met my oor God gepraat het, het ek net beleefd geknik al het ek nie met hom saamgestem nie … maar God het begin om my hart te verander. Hierdie man het ook vir my 'n Nuwe Testament gegee.
16
KRUISPAD | UITGAWE 17
"Ek het die Woord baie geniet. Veral die dele wat mens leer om jou vyande lief te hê, hulle kos te gee wanneer hulle honger is en water wanneer hulle dors is, en ook dat ons mekaar moet liefhê." Eendag wou Eom by die hoof van haar skool weet hoekom Noord-Korea net hulle leier, Kim Jong-il en sy oorlede pa, Kim Il-sung, mag aanbid? Hy het haar grootoog aangekyk en haar gewaarsku dat sy onmiddellik as 'n verraaier beskou sou word indien sy navraag doen oor ander gelowe. Kommer oor haar dogters het haar oorweldig toe die evangelis in hegtenis geneem is en sy geweet het dat sy volgende is. Sy het 'n klein tassie gepak en haar jongste belowe sy sal na drie dae terugkom. Min het sy geweet dat sy nooit weer haar land sal kan binnegaan nie; sy sal nie haar dogters kan red nie. Sy het na China gevlug en is later via Mianmar na Thailand, waar sy ses maande lank gebly het voordat SuidKorea in 2002 asiel aan haar gegee het. Eom is tans 'n assistent-pastor by 'n kerk in Seoel, Suid-Korea. Al moes sy uit haar geboorteland vlug, is sy nou 'n getuie van die sterk, dog hewig vervolgde, Kerk in Noord-Korea. Ondanks Noord-Koreaanse leiers se desperate pogings om die samelewing te beheer en Christelike aktiwiteite uit te roei, groei die Christendom steeds in hierdie land. Vir meer inligting oor vervolgde Christene wêreldwyd, besoek Geopende Deure se webwerf by www.opendoors. org.za of skakel hulle hoofkantoor by (011) 888 5225.
Renier van der Klashorst (Whitfords Presbyterian church, Perth)
O
p Dinsdag, 26 Januarie 2010, het ons Australiëdag gevier. Dit was ook presies twee jaar sedert ons hier in ons nuwe tuiste aangeland het! Ek weet 'n mens moet diep hunkerings na jou geboorteland koester, daarmee stry ek nie. Maar ek het sedertdien met 'n stille bevestiging besef dat ons tent eenvoudig geskuif is om elders in die koninkryk van God diensbaar te wees. 2 Korintiërs 5 gee vir ons 'n werkstitel – ambassadeurs. Dit is presies waartoe ons geroep is hier in 'n vreemde land, vol vreemde mense. Dis hier waar my getuienis begin. God het op 'n merkwaardige wyse ons gesin gelei om in Australië ambassadeurs vir Hom te wees wat sy koninkryk verteenwoordig en uitbou! Werkers in die wingerd van Christus is hier so dringend nodig! Dit is 'n land van materiële welvaart (die mediaan huisprys in Perth is A$ 490 000) maar geestelike armoede! Dit is 'n land met wetsgehoorsame burgers (hulle hou selfs by die spoedgrens!) maar wat nie die noodsaak van 'n Redder insien nie. Die grootste uitdaging vir gelowiges in so 'n sekulêre wêreld is om nie aan die versoeking van afdwaal toe te gee nie. Daar is geen kulturele druk om kerk by te woon nie, inteendeel mense dink dis uitsonderlik om enigsins kerk toe te gaan. Juis daarin besef ons hoe belangrik dit is om die lig van Christus te skyn. Dit beteken nie dat ons "hoogsheilig" is nie, allermins! Dis ook nie die doel van gelowig wees nie.
Om jou wortels uit te trek en 'n nuwe land in te vaar, is aansienlik makliker wanneer 'n mens die skuif as 'n roeping beleef – God se stem gehoorsaam in plaas van my eie wil. Vir ons as gesin was dit belangrik om God se stem in die skuif te volg, omdat diensbaarheid in sy koninkryk belangriker is as ons eie wil. Ek weet daar is baie doemprofete wat enige ex-pat as 'n vlugteling of bangbroek klassifiseer, maar die vaste wete dat waar jy jou bevind jy bloot in tentakkommodasie is, maak dit soveel belangriker om bruikbaar te wees, ongeag aan watter kant van die oseaan jy jou bevind. God kan ook welke motivering tot sy voordeel gebruik! Ek wens ek kon vir jou vertel dat die afgelope twee jaar a walk in the park was. Ek kan dit skryf, maar dit sal nie die volle waarheid wees nie. Wat ek wel kan getuig, is dat Jesus se krag deur die waarborg van die Gees ons die afgelope twee jaar gedra het. Met Hom voor oë het die lewe bly sin maak. Die hoogtepunt van my getuienis is dat Christus die middelpunt van ons gesin is! Hierdie afgelope twee jaar het ons as gesin nader aan mekaar en nader aan God gebring! Op 'n strand aan die suidekant van Perth het ek op hierdie Australië Dinsdag besef hoe bevoorreg ek en jy is om die Skepper van hierdie pragtige aarde te mag ken. Om te mag weet dat Hy my en jou liefhet! Om te mag weet dat ons Vader nie rang of statuur raaksien nie, maar hart! Om te mag weet dat elkeen voor Hom eenders is! Met hierdie wete wil ek sommer in lofsang uitbreek! Met hierdie wete kan ek deur Hom wat my krag gee enige aanslag die hoof bied!
KRUISPAD | UITGAWE 17
17
Wat reeds gebeur het
Victor E. d'Assonville (GK Marble Hall; Akademie für Reformatorische Theologie, Hannover; Instituut vir Klassieke en Reformatoriese Studies, Bloemfontein)
Vir 'n tweede keer binne enkele jare is die jong Calvyn 'n geloofsvlugteling, 'n banneling. Die eerste keer moes die jong akademikus uit die Roomse Frankryk vlug, die tweede keer van die Protestantse stad Genève wat hom as jong predikant en dosent verban. Vir die Roomse kerk van Frankryk – sy geboorteland – was Calvyn te ongehoorsaam … ongehoorsaam aan die "kerk", ongehoorsaam aan Rome. Vir die Protestantse stadsraad van Genève, wat maar kort vantevore eers tot die stap oorgegaan het om formeel nie meer Rooms te wees nie, was dominee Calvyn daarenteen te gehoorsaam … gehoorsaam aan die Woord.
Die krag van die Woord Ná sy verbanning uit Genève in 1538 word hy in die Duitse stad Straatsburg deur die beroemde Kerkhervormer, Martin Bucer, verwelkom. 'n Innige vriendskap tussen die jeugdige Calvyn en die vaderlike Bucer sou ontwikkel, 'n vriendskap wat vir die kerkgeskiedenis in die algemeen en vir die geskiedenis van die gereformeerde kerke in die besonder van onuitwisbare betekenis sou wees. In Straatsburg word Calvyn herder van die Franse gemeente – bestaande uit sowat 500 geloofsvlugtelinge uit Frankryk. Hy is boonop ook leraar (professor) in die teologie, én hy word 'n leiersfiguur na wie daar opgesien word ver buite die grense van die Franssprekende wêreld waar hy erkenning van eweknieë en gesagsfigure in die Europese Reformasie geniet. Hy preek, gee klas, doen huisbesoek, bedien die sakramente van die heilige doop en die heilige nagmaal, en hy verdedig die evangelie. Calvyn se tyd in Straatsburg, 1538 tot 1541, sou die spoor en rigting van die daaropvolgende dekades en eeue van gereformeerdwees in 'n groot mate bepaal en vaslê.
'n Paar boeke per jaar Wat publikasies betref, was hy in hierdie enkele jare in Straatsbrug buitengewoon produktief: • Sy eerste Bybelkommentaar, dié op die Romeinebrief (nou ook in Afrikaans beskikbaar by die Admin Buro in Potch), word in 1539 voltooi en verskyn in 1540. • Die tweede uitgawe van sy Institusie, uitgebrei van ses na sewentien hoofstukke, word in 1539 gepubliseer. • Die eerste gereformeerde Psalmboek word in 1539 saam met die Franse digter, Clément Marot, uitgegee. • Ook ander belangrike publikasies – wat vandag nog onder van die mees beduidende gereformeerde geskrifte van alle tye tel – sien die lig. Sy Antwoord aan Sadoletus (1539) verhoog Calvyn se aansien ver buite die grense van die Reformasie. Hierdie apologie (verdediging) van die Reformasie het vinnig die status gekry as een van die beroemdste verdedigingskrifte van die suiwer evangelie.
'n "Klein" boekie; 'n groot saak
Vrugbare jare vir 'n vlugteling
18 18
KRUISPAD | UITGAWE 17
In hierdie vrugbare werkstyd skryf Calvyn ook sy helder, omvattende uiteensetting van die nagmaal, Klein traktaat oor die nagmaal. Dit sou niemand minder nie as Martin Luther baie beïndruk. Calvyn toon aan dat die nagmaal se geheimenis te groot is om deur ons verstand begryp of in woorde uitgedruk te kan word. So eenvoudig as moontlik probeer hy om die Skrif oor hierdie "misterie" uit te lê en só tot eenheid tussen verskillende reformatoriese benaderings (Luther, Zwingli) by te dra. "Is Christus Self teenwoordig by die nagmaal? Ja! Hoe?
Deur sy Gees." Meer weet ons nie. Ons kan en moet en hoef ook nie te probeer om deur ons beperkte verstand hierdie geheimenis beter te verklaar nie.
Die nagmaal as liefdesmaaltyd Hierdie boekie oor die nagmaal vloei voort uit die wonderlike geleentheid wat Calvyn in Straatsburg ervaar. Hier kon hy uiteindelik aan die konkrete uitlewing van die gereformeerde beginsels vir die nagmaal aandag gee. In die Franse gemeente waar hy herder en leraar is, kry hy – in teenstelling met Genève vroeër – die kans om met toewyding die Bybelse beginsels vir kerk-wees in hulle volle konsekwensies uit te leef. By kollegas soos Martin Bucer kan hy gereeld sy Skrifuitleg toets. Wat sê die Here in sy Woord? Hoe moet die erediens ingerig word? Wat moet ons sing? Hoe vier ons nagmaal? Wat beteken die doop? Waarom is huisbesoek belangrik? Dit was vir Calvyn duidelik dat die gemeente deur die Woord gebou word, net deur die Woord. Saam met gereelde uitleg en prediking van die Skrif (twee preke elke Sondag, vier preke deur die week), behels die Woord ook die sakramente. Die doop en die nagmaal moet bedien word soos wat ons Here Jesus Christus dit ingestel het. Calvyn het moeite gedoen om na die Skrif te luister. Die Skrif beklemtoon die liefde, wat veral by die gemeente se gereelde nagmaalsviering tot uitdrukking kom. Die nagmaal wys op God se grootste bewys van sy liefde aan ons in Christus (1 Johannes 4:10). Konkreet word hierdie liefde van die Here sigbaar wanneer nagmaal rondom die gemeenskaplike geloofsbelydenis in die gemeente gevier word. En uit onderlinge liefde word die deelname aan nagmaal by elke lidmaat begelei deur persoonlike pastorale (herderlike) betrokkenheid van die ouderlinge. Die lidmaat moet weet waaroor gaan nagmaal (1 Korintiërs 11:29). Die geloof en die belydenis daarvan staan sentraal. Nagmaal en die deelname daaraan mag nie net uit gewoonte of tradisie geskied nie. So word dit 'n onontbeerlike liefdesmaal waardeur die gelowiges versterk word en wat gereeld gevier moet word … tot ons Here weer kom.
In die gemeente … maar ook op die front Benewens Calvyn se preek- en klasgeeverpligtinge, verstom 'n mens jou oor die res van hierdie dertigjarige herder en leraar se werkslas – dit lyk feitlik bomenslik: • Sy toegewyde en liefdevolle pastorale werk in die gemeente – waar hy, anders as in baie ander reformatoriese stede, baie sukses het om wederdopers te oortuig daarvan dat die kinderdoop volgens die Woord deur die Here ingestel is. • Sy reise – as een van die belangrikste verteenwoordigers van die Reformasie – na verskillende stede in die "buiteland" (soos Frankfurt am Main, Hagenau, Worms en Regensburg) waar hy saam met die bekendste reformatoriese teoloë van sy tyd (soos Bucer en Melanchthon) 'n belangrike kerklike en teologiese rol speel in diskussies en gesprekke met Roomse teoloë. • Sy uitgebreide korrespondensie met vriende, geesgenote, en invloedryke figure in die staat en kerk oor feitlik die hele Europa. Maar dit was nie al nie …
Volgende keer Die gemeente sing; 'n kardinaal loods 'n aanval; Calvyn ontvang 'n beroep …
KRUISPAD | UITGAWE 17
19
Hierdie is die vierde deel van Kruispad se Bybeltydlyn. Datums wat hierin gebruik is, is geneem uit The Timechart of Biblical History, 2002. Stuur gerus 'n e-pos na red@kruispad.net indien jy die vorige dele gemis het en wil hê dat ons dit vir jou aanstuur. - Red
Rigters | Rut | 1 Samuel | 2 Samuel | 1 Konings 1-11
RUT
RIGTERS
JARE VAN DIE RIGTERS EN EERSTE KONINGS VAN ISRAEL JAARTAL:
RIGTER/KONING:
ISRAELITIESE- en WÊRELDGESKIEDENIS
1451 v.C. 1409 v.C.
Josua (50 jaar) Otniël (40 jaar)
Intog in Kanaän.
1370 v.C. 1365 v.C. 1364 v.C. 1356 v.C. 1338 v.C. 1301 v.C. 1291 v.C. 1290 v.C. 1251 v.C. 1251 v.C. 1243 v.C.
1 KON.
2 SAM.
1 SAM.
1240 v.C. 1228 v.C. 1213 v.C. 1206 v.C. 1200 v.C. 1193 v.C. 1183 v.C. 1175 v.C. 1170 v.C. 1155 v.C. 1115 v.C. 1114 v.C. 1095 v.C. 1085 v.C. 1055 v.C. 1048 v.C. 1046 v.C. 1045 v.C. 1043 v.C. 1033 v.C. 1015 v.C. 1011 v.C. 1004 v.C. 995 v.C.
Josua sterf. Koning Kusan-Risatajim van Mesopotamië onderdruk Israel. Otniël rig 1409-1369 v.C. Salmon word gebore in ongeveer 1380 v.C. Die Assiriese ryk begin onder Assur-Uballit 1 (1365-1330 v.C.).
Ehud (13 jaar) Samgar (18 jaar) Debora en Barak (47 jaar)
Koning Eglon van Moab onderdruk die volk vir 18 jaar. Ehud rig 1364-1351 v.C.
Maandname
Hebreeuse teenoor
Samgar rig 1356-1338 v.C.
Hedendaagse
Koning Jabin van Hasor onderdruk die volk vir 20 jaar. Debora en Barak rig 1338-1291 v.C.
Maandname
Ramses II word Farao in Egipte (1301-1234 v.C.).
Gideon (40 jaar)
Die Midianiete onderdruk die volk vir 7 jaar. Gideon rig 1291-1251 v.C.
1. Nisan/Abib
Maart - April
2. Sif/Ijjar
April - Mei
3. Siwan
Mei - Junie
4. Tammus
Junie - Julie
5. Ab
Julie - Augustus
6. Elul
Augustus - September
Die Filistyne en die Ammoniete onderdruk die volk 18 jaar lank.
7. Etanim/Tisjri
September - Oktober
Eli word gebore. Hy het 40 jaar as hoëpriester die volk gerig en het 98 jaar oud geword.
8. Margeswan/Bul
Oktober - November
9. Kislew
November - Desember
10. Tebet
Desember - Januarie
Abdon rig 1183-1175 v.C.
11. Sebat
Januarie - Februarie
Die Filistyne onderdruk die volk vir 40 jaar. Simson rig 1175-1155 v.C.
12. Adar
Februarie - Maart
13. We-Adar
Daar is elke twee of drie jaar 'n dertiende maand ingevoeg.
Boas word gebore in ongeveer 1290 v.C.
Abimelek (3 jaar) Tola (23 jaar)
Abimelek, seun van Gideon, onderdruk die volk. Tola rig 1251-1228 v.C. Koning Tukulti-Ninurta I (1243-1207 v.C.) van Assirië verslaan Babilon en word so die magtigste koning in Mesopotamië. Obed word gebore in ongeveer 1240 v.C.
Jaïr (22 jaar)
Jefta (6 jaar) Ibsan (7 jaar) Elon (10 jaar) Abdon (8 jaar) Simson (20 jaar)
Jaïr rig 1228-1206 v.C.
Jefta rig 1206-1200 v.C. Ibsan rig 1200-1193 v.C. Elon rig 1093-1183 v.C.
Isai word gebore in ongeveer 1170 v.C.
Eli (40 jaar) Samuel (20 jaar)
Eli rig 1155-1115 v.C. Samuel rig 1115-1095 v.C. Koning Tiglat-Pileser (1114-1076 v.C.) brei die Assiriese ryk na die weste uit.
Saul (40 jaar) Dawid (7 jaar) (33 jaar)
Saul word die eerste koning van Israel. Dawid word gebore. Dawid word op 30 jarige ouderdom koning oor Juda in Hebron (1055-1048 v.C.). Dawid word koning oor Israel in Jerusalem (1048-1015 v.C.). Die Shang Dinastie (1600-1046 v.C.) in China kom tot 'n einde en die Zhou Dinastie (1045-256 v.C.) begin. Dawid laat 'n volksensus opneem en word deur God gestraf. Dawid se owerspel met Batseba ongeveer 1043 v.C. Absalom se opstand teen Dawid 1033-1029 v.C.
Salomo (40 jaar)
AFGODE
Dawid sterf. Salomo word koning oor Israel (1015-975 v.C.). Bouwerk aan die tempel begin in die vierde jaar van Salomo (1011-1004 v.C.). Inwyding van die tempel. Die koningin van Skeba besoek Salomo.
1. Kanaäniete 2. Kanaäniete 3. Kanaäniete 4. Egiptenare 5. Egiptenare 6. Egiptenare 7. Egiptenare 8. Egiptenare 9. Moabiete 10. Filistyne
van die volke rondom Israel El Baäl Astarte Amon-Ra Osiris Isis Horus Set Kamos Dragon
Adam Set Enos Kenan Mahalalel Jered Henog Metusalag Lameg Noag Sem Arpagsad Kenan Sala Heber Peleg Rehu Serug Nahor Tera Abram/Abraham Isak Jakob/Israel Juda Peres Gesron Ram Amminadab Nagson Salmon Boas Obed Isai Dawid
Christus se geslagsregister vanaf adam tot by dawid
Hoofgod Stormgod Moedergodin Skepper en songod Regeer oor die doderyk Moedergodin Hemelgod Oorloggod Son- en oorloggod Vrubaarheid- en reëngod
Santie Lourens (Kruispad-redaksie)
wat is:
kies een:
Jou all time favourite fliek
Armageddon
Die lekkerste dag in die week
Maandag
Jou droomkar
JEEP
Gunsteling kledingstuk
Demin wat voos gedra is
Die liedjie wat jou die beste beskryf
Ken jy my
Gunsteling Bybelvers
Nader jou tot God en Hy sal Hom tot jou nader
Die sê-ding wat jy die meeste gebruik
Ek's honger
Jou gunsteling tydverdryf
Lees en liedjies skryf
Die mooiste plek in die wêreld
Enige plek waar die natuur ongerep is en die see en 'n berg naby is
Borsel OF Flos
Borsel
Noot vir Noot OF 7e Laan
Noot vir Noot
Stort OF Bad
Stort
Vanilla OF Chocolate
Chocolate
Groente OF Vrugte
Vrugte
'n Doodgewone ou wat gemaklik is in 'n T-shirt, kortbroek en kaalvoete. Ek hou nie van skoene nie …
Disney OF Hollywood
Disney
Australië OF Nieu-Seeland
Nieu-Seeland
Hoe leef jy jou Christenskap uit in die besige vermaaklikheidswêreld?
Bosveld OF See
See
Somer OF Winter
Winter
Maaggriep OF Tandpyn
Beslis nie een nie
K
ruispad het onlangs by die sanger, Bobby van Jaarsveld, aangeklop vir 'n koffietjie en met hom gesels oor sy loopbaan, sy lewe en sy drome …
Wie en wat is Bobby van Jaarsveld wanneer niemand kyk nie?
Dis nie maklik nie. Daar is oral versoekings, maar ek bid baie en vra dat God my deur sy Gees sal versterk en lei op die pad na die Ewige Lewe.
Wat wil jy nog alles in jou lewe bereik?
Vir eers wil ek 'n sukses maak van my nuwe album, Net vir jou, asook van die musiekrolprent, Liefling, waarin ek en Lika Berning die hoofrolle vertolk.
Wie bewonder jy en waarom?
Ek bewonder mense wat uit hulle pad gaan om arm mense te help en nie daarmee te koop loop nie.
Wie/Wat inspireer jou? God.
Beskryf een dag in jou lewe.
Elke dag verskil. Ek is op die oomblik besig met die fliek, Liefling, en doen tussendeur nog vertonings ook. Ek probeer vroeg opstaan om te gaan draf. As ek nie afsprake het nie, skryf ek gewoonlik nuwe liedjies.
Waar sien jy jouself oor tien jaar?
As 'n baie suksesvolle kunstenaar in Suid-Afrika, hopelik al getroud en met kinders. Ek wil baie graag kinders hê.
Wat doen jy vir ontspanning?
Ek lees baie. Deesdae lees ek alles wat ek kan oor Hebrew Roots. Ek leer baie uit hierdie boeke.
Wat is jou lewensleuse?
Wees altyd dankbaar en nederig en moet nooit sukses as vanselfsprekend aanvaar nie. Dit kan enige dag van jou af weggeneem word. Dit bly genade.
Wat kry jou in die oggend uit die bed uit? Die son wat by my kamer inskyn.
Wat is jou idee van perfekte geluk? Om vrede te ervaar.
Beskryf een van die lekkerste herinneringe/oomblikke in jou lewe?
Die dag toe ek my tweede CD, Net vir jou, in my hand kon vashou en besef dat ek uiteindelik 'n CD vashou waarmee ek 100% gelukkig is. God het my geseën met skryftalent en dis so lekker om jou eie liedjies te kan skryf en komponeer. Dis 'n blessing en ek is onbeskryflik dankbaar!
22
KRUISPAD | UITGAWE 16
Wat is die één ding in jou lewe waaroor jy spyt is en sou verander as jy kon?
Ek wens ek was soeter op skool, want dan kon ek ook matriekafskeid toe gaan. Ek was te stout en toe verbied die skool my en my beste vriend om die matriekafskeid by te woon. Dit was 'n duur les …
Wat is jou grootste vrees?
Ek vrees niks nie. Vrees kom van Satan af.
Wat laat jou lag? Wat laat jou huil?
Ek weet dis ongemanierd, maar iemand wat struikel, laat my altyd lag! Kinders wat swaarkry laat my huil.
Wat is die grootse lewensles wat jy vir jou kinders sal leer? Wees dankbaar en bly nederig.
As jy 'n superpower kon hê, wat sou dit wees en waarom?
Om so vinnig soos Superman te kon beweeg. Dan sou ek elke kind en oumens wat in slegte omstandighede vasgevang is, wil wegruk uit hulle omstandighede en hulle by 'n plek aflaai waar hulle liefde en versorging kan kry.
Wat is jou raad aan jong Christene wat vandag 'n sukses van hulle lewens wil maak?
Fokus op God. Werk hard. Glo aan jouself. Moenie moed opgee as jy 'n paar keer misluk nie. Staan op, gaan aan, probeer weer.
Wat is die beste raad wat jy nog ooit gekry het?
Staan op vir dit waarin jy glo. In my geval is dit God, ons Koning, Skepper!
KRUISPAD | UITGAWE 17
23
JG
Eh
le rs
(G
K
Ca ch et )
KONTROVERSIEEL
D
aar is deesdae groot opskudding rondom die jaar 2012. Van die Majas in die Amerikas tot Nostrodamus in die Europese beskawing het almal een gebeurtenis aan die jaar 2012 toegeskryf: Die einde. Die einde van alles op aarde.
Waar kom die teorie van 2012 vandaan? Die Maja-volk het sterrekunde gebruik om 'n kalender op te stel, maar hierdie kalender eindig op 31 Desember 2012. Volgens kenners het hulle vir 31 Desember 2012 katastrofiese gebeure voorspel wat te doen het met die beweging van die planete en asteroïdes. Maar laasgenoemde is snert, aangesien daar geen sprake in die kalender van enige apokaliptiese gebeure is nie. Inteendeel, 'n hedendaagse Maja-wysgeer sê dat daar volgens die kalender niks noemenswaardig sal gebeur nie, en as 'n mens vir iemand uit die tradisionele Majabeskawing gaan vra wat in 2012 gaan gebeur, sal hulle nie 'n idee hê waarvan jy praat nie! Die History Channel het die eerste keer sprake van apokaliptiese gebeure tydens 2012 in die media begin versprei. Decoding the Past: Mayan Doomsday Prophecy het in 2006 op dié kanaal verskyn. Die program is sterk gebaseer op die teorieë wat deur 'n sekere John Major Jenkins opgedis is. So het daar vanaf 2006 op verskeie kanale programme in dié verband gevolg. Die media het die jaar 2012 opgeblaas tot 'n tikkende atoombom … Maar wag! As kinders van die Skeppende God het ons tog 'n plig om sulke teorieë aan sy Woord te gaan meet. Hy het immers alles geskep wat die sogenaamde "kenners" voorspel om te vergaan in 2012. Voorspellings oor die einde van die
24
KRUISPAD | UITGAWE 17
dae – of te wel die wederkoms van Christus – is deur Christus self in Matteus 24:15-44 gemaak. Maar die boek wat ongetwyfeld die meeste oor die wederkoms praat, is die boek Openbaring. Die laaste gebeure en die laaste dae van die mens op aarde voor die koms van Christus word in detail beskryf. Maar dit is uiters belangrik dat ons nie die volgende feit vergeet nie: die Bybel onthul op geen plek die presiese tyd van die einde van dae en die Wederkoms nie. "Maar van dié dag en dié uur weet niemand nie, ook die engele van die hemele nie, maar net my Vader alleen," (Matteus 24:36). As die engele in die hemele dit nie eens weet nie, hoe kan die mens op aarde dit weet? Die bogenoemde feit word ook beklemtoon in Handelinge 1:7 toe die dissipels vir Christus gevra het of Hy in hierdie tyd weer die koninkryk van Israel gaan oprig en Christus geantwoord het: "Dit kom julle nie toe om die tye of geleenthede te weet wat die Vader deur sy eie mag bepaal het nie …" Die Griekse woord vir "toekom" kan ook met "nooit" vertaal word. Ons kan dus sê: "Julle sal nooit die tye of geleenthede weet wat die Vader deur sy eie mag bepaal het nie". Uit die twee bogenoemde tekste kan ons aflei dat die Vader nooit die tyd van die wederkoms aan ons gaan openbaar nie. Die toekoms is en bly vir die mens verborge, dit is die wil van God. Die feit bly staan dat ons eers moet veg voordat ons kan oorwin. Ons mag onder geen omstandige in die
dinge gaan rondkrap wat vir ons verborge is nie. Kyk ook na Psalm 131:1: "ook wandel ek nie in dinge wat vir my te groot en te wonderbaar is nie". Dit is juis die bogenoemde wat mense nie begryp nie. Hoekom nie? Wel as 'n mens daaroor gaan nadink, is 'n bang mens die heeltyd soekend na iets om homself gerus te stel. Met ander woorde die bang en onseker persoon vertrou nie onvoorwaardelik op God nie. Hy weet die einde is op pad, en omdat hy bang en onseker is, gaan krap hy in die toekoms rond opsoek na antwoorde en datums in plaas daarvan om sy vertroue op die Here alleen te stel. Die Here wat oor alle tye en gebeurtenisse beskik. Maar ons as knegte van die Allerhoogste leef tog volgens die konsep van Sola Scriptura (deur die Woord alleen). Slegs in die Woord van God kan ons onsekerhede oor die toekoms vertroos word. In Romeine 14:8 sê God aan ons dit maak nie saak wat gebeur nie, ons behoort aan Hom, die Almagtige wat oor alles beskik: "Want as ons lewe, leef ons tot eer van die Here; en as ons sterwe, sterf ons tot eer van die Here; of ons nou lewe en of ons nou sterwe, ons behoort aan die Here". Met sulke woorde hoef ons dus geen tyd, geen gebeurtenis, geen aardse mag, of enigiets anders te vrees nie, want ons behoort aan God! Dus, wat kan ons as kinders van die Here sê oor die kontroversie van 2012? Ons moenie en
ons mag nie die tye of geleenthede probeer bepaal wat die Almagtige Vader reeds voor die begin van tyd in sy mag vasgestel het nie. Maar ons moet waak. In Markus 13:33-37 vermaan Christus ons om wakker te wees en te waak, want ons weet nie wanneer Hy weer gaan terugkom nie. Met sy Hemelvaart het Christus die Heilige Gees aan ons geskenk om in die dae voor sy wederkoms die goeie stryd te stry. Ja, die stryd raak lank en swaar en daar is tye wat ons wil tou opgooi. Laat ons dan die volle wapenrusting van God aantrek: "Daarom, neem die volle wapenrusting van God op, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat dit alles volbring is, staande kan bly," (Efesiërs 6:13). Ons mag verlang, ons mag smag na die einde van die dae wanneer Jesus Christus gaan terugkom om ons, sy uitverkore kinders, te kom haal en op te neem in sy ewige Heerlikheid. Dus moet ons die eindtyd nie vrees nie, of dit nou môre en of dit eers oor 'n duisend jaar is, die ewige oordeel van God die Regter hoef ons nooit te vrees nie. Dit moet vir ons 'n troos wees vir dit wat gaan kom. Laat ons dan nou saam met Johannes met 'n opgewonde verlange in Openbaring 22:20-21 uitroep: "Hy wat dit getuig sê: Ja, ek kom gou. Amen, ja kom, Here Jesus! Die genade van onse Here Jesus Christus sy met julle almal! Amen".
KRUISPAD | UITGAWE 17
25
HULP Kom ons begin by die basics: Wat is trauma? Enige gebeurtenis wat jou oorweldig, alleen en bevrees laat voel, is 'n traumatiese ervaring. Dit hoef geensins met 'n fisieke gebeurtenis verband te hou nie. Vir van jou skoolmaats is die ervaring om op die verhoog te staan en te praat traumaties – hulle voel in hierdie geval oorweldig, alleen en vreesbevange. Dit gaan dus nie oor wat gebeur nie maar eerder oor wat die impak op jou is. Wat is die simptome van Trauma? Simptome van trauma is 'n NORMALE reaksie op 'n ABNORMALE gebeurtenis! Daar is 'n wye verskeidenheid emosionele en fisiese simptome by trauma. Fisieke simptome sluit die volgende in: Slapeloosheid en nagmerries, plofbaarheid, hartkloppings, pyne en kwale, moegheid, geïrriteerdheid, spierspanning en konsentrasieprobleme. Emosionele simptome kom in kleiner pakkies en fases oor 'n tydperk. Om ons emosioneel te beskerm, breek die brein die trauma van die gebeurtenis op in verskillende dele en fases. Dit is belangrik om deur al die fases te gaan sodat ons gesond anderkant kan uitkom.
Johannes Schickerling (Kliniese Sielkundige, Kruispad-redaksie)
A
s Suid-Afrikaners is ons so gewoond aan slegte nuus. Ons hoor daagliks van iemand wat die ergste oorkom. Mense word aangerand, beroof, vermoor, ge-highjack, aangeval. Seuns en dogters word verkrag en gewere word teen mense se koppe gehou. Dan praat ons nie eers van natuurlike oorsake nie: kanker, ongeluk, siekte, en nog minder van hartsake: skei, verneuk en harte wat breek. Ek is seker dat almal van julle deur ten minste een van die bogenoemde geraak word. Maar hoekom noem ek dit? Is dit om ons te herinner aan die pyn? Om weer al die trauma en nagmerries wakker te maak? Die artikel gaan juis oor hoe om die slegte gebeurtenisse te hanteer. Wat gebeur met jou as jy 'n slegte ervaring gehad het? Wat kan jy verwag? Sodat jy nie moedeloos raak met jouself en bang is jy raak mal nie.
26
KRUISPAD | UITGAWE 17
Sodat jy volkome kan herstel. Sodat jy weer vir God kan sien … indien jy Hom verloor het. Vele studies is al gedoen oor Suid-Afrikaners se ongelooflike resilience of weerbaarheid (die vermoë om op te staan nadat iets slegs met jou gebeur het). Die wêreld staan verwonderd oor hoe ons in so 'n gevaarlike land kan leef, werk en lag. Alhoewel ons 'n hoë toleransie vir geweld het en oor goeie weerbaarheid beskik, is die realiteit dat baie van ons wel getraumatiseerd en met stukkende lewens deur die lewe strompel. Mense verloor nie net hulself nie maar ook God en godsdiens. Mense vra: Hoekom laat God dit toe? Het Hy nie beheer nie? Gee Hy ooit om? Bestaan daar ooit 'n God en as Hy bestaan, hoekom is Hy so wreed? Natuurlik vuur die onopgelosde trauma verdere woede, geweld en wraak aan.
Fase een: Skok. Dié fase tree in net na die trauma (byvoorbeeld 'n motorongeluk), mense is gewoonlik in shock-mode en voel asof hulle droom. Verskillende mense gaan deur verskillende reaksies: party word emosioneel, ander raak energiek. Dit maak nie saak wat die reaksie is nie, dit is oukei en normaal. Fase twee: Woede/kwaad. Tydens hierdie fase is mense gewoonlik woedend vir alles en almal. Kwaad vir die regering, die land, die mense, jou ouers, broers en susters en ja, selfs vir God! Daar is soveel mense wat bang is dat God hul gaan straf omdat hulle kwaad is vir Hom. God is die briljante argitek van die "fases van trauma" want Hy het ons ontwerp en ken ons die heel beste! Hy weet as ons nie kwaad word nie, gaan ons nooit ontslae raak van die frustrasie nie – Hy't ons so geprogrammeer. So praat met God, vra Hom, wees kwaad. Hy weet en Hy verstaan waardeur jy gaan. God was ook kwaad toe sy Seun gekruisig is. Hy KEN seer. Indien ons nie kwaad word nie, kan ons nie aangaan na die volgende fase nie omdat ons vassit in ons vrees! Fase drie: Skuld en skaamte. In dié fase voel die traumapasiënt dat hy verantwoordelik was vir dit wat gebeur het. Mense wonder wat KON hulle gedoen het, wat MOES hulle gedoen het of HOE hulle dit kon keer. Hierdie fase help mense om meer oor die situasie en ook oor hulself te leer. Fase vier: Hartseer/depressie. Dit is 'n bewys dat jy oorgee en besef dat jy niks aan die gebeurtenis kon doen nie. Dit is/was 'n abnormale gebeurtenis wat 'n impak op jou lewe gaan hê. Die laaste fase is aanvaarding. Hier leer ons dat die trauma uit ons hande uit was en dat ons geensins verantwoordelikheid daarvoor hoef te dra nie. Ons leer
dat die lewe nie smooth sailing is nie en dat God ons steeds lief het. Die gevaar van trauma is dat jy in een fase vashaak, met ander woorde wanneer die simptome erger raak. Dit is wanneer Post Traumatiese Stres (PTS) intree en die trauma vererger oor maande en jare. Baie mense word oortuig daarvan dat God besig is om hulle te straf en dat hulle verantwoordelik is vir dit wat gebeur het, dat hulle verdien om kanker te hê, dat hulle sonde hul in die trauma laat beland het. Hulle voel skuldig en is bang om met God te praat want God het klaar deur middel van die trauma gepraat. Ons kan nie trauma wegwens of agtertoe skuif en hoop dat dit sal verdwyn nie. Wanneer ly iemand aan PTS? Aanhoudende herlewing van die gebeurtenis. • Nagmerries – droom oor die gebeurtenis en voel beangs. • Flashbacks – voel of die video van die gebeure en die vrees weer ervaar word. • Konstante ontstellende herinneringe. • Intense fisieke reaksie met die onthou van die trauma – hartkloppings, verhoogde spanning, spierspanning, naarheid, sweet. Vermyding en emosionele dood. • Vermy plekke, gedagtes, gevoelens en aktiwiteite wat jou herinner aan die trauma. • Onvermoë om belangrike aspekte van die trauma te onthou. • Verlies aan belangstelling in die lewe. • Voel emosioneel dood en verwyderd van mense. • Dink jou lewe gaan nooit weer dieselfde wees nie. Verhoogde angsvlakke. • Vind dit moeilik om aan die slaap te raak of aan die slaap te bly. • Geïrriteerdheid en woedeuitbarstings. • Sukkel om te konsentreer. • Voel konstant skrikkerig en raak maklik ontsteld. • Verwag konstant dat iets slegs gaan gebeur. Hulp Dit is belangrik om professionele hulp te kry sodra jy van die simptome ervaar. Hoe gouer 'n mens hulp kry hoe beter. Dit is ook belangrik om jouself tyd te gee om met die trauma te cope, om alles te verwerk. Hier is 'n paar wenke hoe om jouself te help na trauma: • Behou jou gewone roetine van eet, slaap en werk. • Gee jouself ekstra tyd vir gewone take. • Skryf jou ervaring neer. • Ontwikkel 'n ontspanningstegniek vir jouself. • Vertel vir ander van die trauma en jou ervaring. • Praat met God oor jou emosies – die goeies en die slegtes.
KRUISPAD | UITGAWE 17
27
LEEFSTYL
D
ie somer is amper verby. Ek en Griet kuier vir 'n naweek op 'n wildsplaas. So mooi. So rustig. Ons gaan stap vroegoggend tussen sebras en kameelperde. Ons stap ver oor die grasvlaktes en klim rotskoppies tot waar ons 'n uitsig het oor 'n blink, kronkelende rivier. Op pad terug sien ek 'n miskruier wat my laat dink. Baie dinge laat my dink, maar hierdie spesifieke miskruier het my spesifiek laat dink. "Griet," sê ek, "Hoe dink jy weet daai miskruier waarheen hy op pad is? Of dink jy hy gaan maar net so half rigtingloos aan, totdat hy genoeg bolle gerol het?" Griet lag. Sy lag altyd as ek ernstige vrae vra, ek weet nie hoekom nie. "Wat dink jy?" vra sy. "Nee, ek weet nie. Lyk nie eintlik vir my of hy weet waarheen hy gaan nie. Lyk of hy maar net aankarring." Ons gaan sit in die skaduwee van 'n boom en hou die miskruier in die grondpad dop. Miskien weet hy waarheen hy gaan, maar hy kan beslis nie sien waarheen hy gaan nie! Die bol mis is te groot. Die probleem is, daai miskruier laat my aan myself dink. Jip. Nee, ek het nie my varkies verloor nie. Sien, ek maak ook so. Ek dink ek weet waarheen ek op pad is, ek werk my paadjie
28
KRUISPAD | UITGAWE 17
mooi uit. Oop en skoon soos die grasvlaktes rondom my. Vars visie. Ken my plek en my plan, weet waar ek inpas in die Liggaam. Ek spring volstoom weg, want ek gaan mos nou 'n verskil maak. Dan raak ek blind as ek 'n ent weg is. Kan nie meer so mooi onderskei wat om my aangaan nie. Verloor my fokus. Die bagasie raak te veel – ek dra dit saam en dit versper my pad. Dan sien ek nie meer so mooi nie. Die ding is, ek kry seer in verhoudings (soos dit mos nou maar gaan), en ek begin die vyand se leuens glo: "Jy is nie goed genoeg nie." Onder andere. Die punt is, as ek reg onthou, is ek nie veronderstel om 'n miskruier te wees nie. Ook nie om 'n miskruier-mentaliteit te hê nie. Ek is nie veronderstel om soveel mis … ek bedoel bagasie … saam te dra nie. Ek is veronderstel om dit weg te gee vir die Een wat dit reeds gedra het. Ek is veronderstel om te bly vergewe. Sodat Hy my visie kan herstel en die pad weer oop kan wees. Ek kyk op. Die miskruier kruie dronkerig voort in die pad. "Kom," sê ek vir Griet en staan op. "Ek dink definitief nie die miskruier weet waarheen hy gaan nie." Anders as ek. Ek is reguit op pad Huis toe. Sonder bagasie.
D
ie wêreld van vandag is gevul met oppervlakkige kommunikasie. Ons antwoord gewoonlik die vraag van hoe dit gaan met "Goed dankie" en brei nie te veel uit nie omdat ons nie regtig in diepte wil vertel hoe dit gaan nie. Ek dink soms dat ons self nie eers weet hoe dit werklik gaan nie omdat ons in die gejaagdheid van vandag se lewe nie kan stil raak nie. Ons verhouding met God neem ook die patroon aan waarin ons lewens verval het. Ons maak nie tyd vir stil wees saam met Hom nie en as ons weer sien, rammel ons rympies en bekende woorde af en noem dit gebed. Daar is geen emosie, geen opregte, eerlike gevoelens nie. Die boek Psalms verwoord 'n mens se diepste wese voor God. Daar is vir elke gevoel, emosie of gedagte 'n psalm te vind. Dit is 'n boek gevul met die ware gevoelens van mense wat 'n lewendige verhouding met God Almagtig het. Mense wat eerlik met hulleself was oor hoe hulle gedink en gevoel het, en dit in woorde omgesit het sodat ons dit vandag kan lees. Daar is psalms wat gaan oor twyfel en wanhoop, psalms waarin die digter sy sondes bely, psalms waar die digter uit vrees om hulp van Bo roep en psalms waarin God geloof en geprys word. In die Psalms is daar geen geykte woorde te vind nie, dis asof die skrywers hulle siele ontbloot het deur hulle opregte emosies op papier vas te vang. Die Psalms is in die vorm van poësie geskryf waarin die mens God direk aanspreek. Dit is dus 'n kommunikasiemiddel van die mens na God toe. Die Psalms word meestal met Dawid geassosieer. As ons oor Dawid praat, dink ons gewoonlik aan die getroue veldwagter, die dapper soldaat, die koning, die digter en bo alles die voorvader van ons Verlosser. Dawid is een van die grootste karakters in die Ou Testament.
Maar Dawid was nie net al die goed wat hierbo genoem word nie, hy het 'n ander kant ook gehad. Dawid was 'n egbreker, 'n moordenaar en 'n bedrieër, maar hoewel Dawid ernstig gesondig het, kan ons uit sy psalms sien dat hy waarlik berou gehad het, soveel so dat daar die volgende in Handelinge 13:22 staan: "Ek het in Dawid seun van Isai 'n man na my hart gevind". Hoe gerusstellend is dit nie om te hoor dat Dawid 'n man na God se hart was nie? Met sonde en al … Ons almal streef daarna om soos die "goeie" Dawid te wees, maar ons almal slaag eerder daarin om soos die "sondige" Dawid te wees. Uit die 150 psalms word 73 aan Dawid toegeskryf terwyl daar in die Nuwe Testament nog twee verwysings na psalms is wat ook aan Dawid toegeskryf word (Handelinge 4:25; Hebreërs 4:7). As ons in die Bybel lees 'n Psalm van Dawid kan dit ook vertaal word met "Oor Dawid" of "Wat Dawid betref". Dit beteken dus nie dat dit vanselfsprekend is dat Dawid al die psalms wat aan hom toegeskryf is, geskryf het nie. Daar is wel psalms wat direk verband hou met sy lewe, wat daarop dui dat dit uit sy digterspen kon gekom het. Ons weet ook dat Dawid 'n musikant en digter van formaat was (sien 1 Samuel 16:14-23 en 2 Samuel 23:1-7), so die gedagte dat hy psalms of lofliedere tot eer van God geskryf het, is nie moeilik om te aanvaar nie. Die Bybellennium vergelyk die Psalms met die asemhaling van die gelowige: die intrek van die lewegewende asem van God se Woord en die uitblaas van die uitgediende menslike vrae, vrese en nood. As ons volgens hierdie beskrywing leef, sal daar dan nie ook getuig kan word dat ons "mense na God se hart" is nie? Juanita van der Merwe (Kruispad-redaksie)
KRUISPAD | UITGAWE 17
29
Wil jy graag 'n bydrae instuur vir die volgende Kruispad-uitgawe? Stuur dit vir ons na kreatief@kruispad.net. Dit kan enigiets wees – 'n gedig, artikel, foto, skildery, of wat dan ook al! Die redaksie wil graag jou gawes gebruik om God te eer! (Dus moet jou bydrae God-erend van aard wees.) Ons sien uit daarna om julle bydraes te ontvang!
Dirkie Steyn
(Kruispad-redaksie)
Is die volgende stellings waar of vals? Gee ook elke keer die teksvers om jou antwoord te staaf. Leidraad: Gebruik die boeke Konings, Kronieke & Samuel om jou antwoorde in te soek. Die eerste vyf korrekte inskrywings ontvang elkeen 'n Sakmes (kyk gerus op bladsy 5 wat 'n Sakmes nou eintlik is). Stuur jou naam, adres, ouderdom, en die korrekte antwoorde voor 31 Desember 2010 per e-pos aan interaksie@kruispad. net, of stuur dit per faks of slakpos aan die Kruispad-kantoor (ons faksnommer en adres is op bladsy 2).
1.
God het vir Dawid gekies om oor die stam van Juda as koning te regeer.
2.
God het Saul as koning verwerp.
3.
Agas was 'n regverdige koning oor Juda.
4.
Jehu se hart was toegewyd aan die Here.
5.
Jotam het magtig geword omdat hy regverdig was.
6.
Josia het sy ma onttroon as koningin as gevolg van haar afgodery.
7.
Agab het met Isebel getrou en hulle het die Here gedien.
8.
Ussia was 'n regverdige koning wat afgesny is van die huis van die Here.
9.
Agas het sy kinders in die vuur geoffer.
10. Josafat het al sy broers vermoor.
30
KRUISPAD | UITGAWE 17
Emmerentia van Jaarsveld (Kruispad-leser)
"Sticks and stones can break my bones but words will never harm me!"
'n
Gesegde eie aan sy soort met 'n valsheid daarin opgesluit. Hoe nou? Laat ons 'n paar oomblikke terugblaai na Spreuke en onsself toerus met Salomo se wysheid: "Die tong het mag oor dood en lewe, die wat lief is om te praat, sal die gevolge dra," (Spreuke 18:21) en "Wie sy mond in bedwang hou, behou sy lewe," (Spreuke 13:3). 'n Persoon wat eers dink wat hy/sy wil sê, is baie wyser as 'n persoon wat iets doen voordat hy dink. Ons het soms geen idee watter skade ons woorde kan aanrig nie. Het jy al ooit spyt gevoel oor iets wat jy gesê het? Uit verdediging of haat of selfs arrogansie het jy net gesê wat jy op daardie gegewe tyd en plek in jou kop opgekom het. Dink gou terug en vries daardie oomblik vas … kyk in die oë van die persoon wat jou swaard (tong) se steke gevoel het … Wat sien jy? Sien jy dalk hoe die persoon onder jou aanval verkrummel en dat daar heel moontlik trane uit sy/haar kykers val? Eers dan kom jy tot die besef dat 'n ligte stampie fyn glas kan kraak en dit selfs aan skerwe kan laat spat. Hoe las jy stukke aan mekaar sonder om die krake te sien? Efesiërs 4:29-32 gee aan ons 'n opdrag: "Vuil taal moet daar nooit uit julle mond kom nie; praat net wat goed en opbouend is volgens die eis van omstandighede, sodat dit julle hoorders ten goede kan kom. En moenie die Heilige Gees van God bedroef nie, want Hy het julle as die eiendom van God beseël met die oog op die verlossingsdag. Moet nooit verbitter of opvlieënd wees of woedend word nie; moenie vloek of skel nie; moet niks doen wat sleg is nie. Wees goedgesind en hartlik teenoor mekaar".
In die konteks van hierdie skrifgedeelte kom ons agter wanneer ons ander mense met ons woorde mishandel, bedroef ons die Heilige Gees. Dit is 'n onaangename gedagte om te dink dat ek trane in Jesus se oë bring oor die manier wat ek ander behandel. Ons is geskape om eer aan God te bring in lofprysing en veral deur ons leefwyse. Soms regverdig ons ons gedrag in die omstandighede en glo dat ons die reg het om 'n persoon mooi te laat verstaan waar Dawid die wortels begrawe het, maar wie is ons om so op te tree? Die straf (as dit nodig is) sal deur God toegedien word, ons moet die mindset begin kry dat ons God moet eer met alles wat in ons is en alles wat ons het, veral ons tong wat 'n tweesnydende swaard kan wees soos die Woord van God sê: "Die tong van die regverdige is soos uitgesoekte silwer …" (Spreuke 10:20). Imagine dit! Die vers sê eintlik vir ons dat ons tong net goeie dinge moet sê en dit sal soos uitgesoekte silwer wees! Dit beteken my en jou woorde sal hoë waarde hê as dit positief en opbouend is! Absoluut awesome om te dink ek kan mense bless met my woorde! Dink so daaraan. Ons is verteenwoordigers van God, reg? So wat doen 'n verteenwoordiger van 'n besigheid of maatskappy? Daardie persoon vertel vir nuwe/bestaande kliënte watter goeie diens hulle lewer en al waarmee sy mond gevul is, is goeie dinge. Kan jy nou dink hoe dit sal lyk as daardie verteenwoordiger elke tweede woord wat hy uiter vloek of skel of sommer net vuil praat? Sal jy nog belangstel om met hom besigheid te doen? Ek glo nie so nie! Wel dit geld net so vir ons as kinders van 'n lewende God. Ons, en ons leefwyse, kan miskien die enigste Bybel wees wat mense lees. Dit wat uit ons monde kom, is 'n spieëlbeeld van ons harte. So daag jouself vandag uit en spreek silwer woorde!
KRUISPAD | UITGAWE 17
31
KUNSTENAARSPROFIEL
D
ie musiekgroep, Flip a Coin, het eintlik geen bekendstelling nodig nie. Ons almal weet hulle is die hip a capella groep met 'n unieke energetic vibe soos geen ander nie. Kruispad het by hulle gaan inloer met 'n paar vrae. Waar en hoe het julle ontstaan? Jare terug (2006), toe ons nog geswot het en gedink het ons gaan eendag "regte" werke doen, het die singgogga ons gebyt. Daar word jaarliks 'n interkoshuis serenade kompetisie op die NWU-PUK-Kampus gehou en so het die idee van 'n a capella band ontstaan.
'n Naam sê altyd alles. Hoe het julle by Flip a Coin uitgekom? Na ons tweede semi-professionele optrede (toe ons met 'n fooi in plaas van 'n pakkie koeksisters betaal is) moes ons op 'n naam besluit. Daar was twee opsies om van te kies. 'n Stemming het op 'n gelykop uitslag geloop. Een van die ouens sê toe: "Kom ons flip maar 'n coin" en van daar die naam. Hoe lyk die toekomsplanne vir Flip a Coin? Is daar 'n besige 2010 wat voorlê? Ons grootste projek van die jaar (sover) is die vrystelling van ons nuwe CD, Rissikikstraat 95. Dis 'n produk van twee jaar se saam woon in dieselfde huis, het 'n baie unieke klank en kan reeds in die winkels gekry word. Verder toer ons maar die land plat.
Het julle enige rolmodelle? Ja, 'n lekker verskeidenheid rolmodelle wat maak dat elkeen van ons, ons eie "smaak" na die groep bring: Muse, Coldplay, Michael Buble, Eden, Lucas Maree … Julle is 6 ouens. Hoe kry julle dit reg om tyd te skeduleer om te oefen en op te tree? Ons sing voltyds en Flip a Coin is almal se eerste prioriteit, dus maak almal tyd vir die groep. As ons nie 'n optrede het nie en ons wil nuwe musiek leer, kry ons mekaar op 'n sentrale plek om 'n klavier. Hoe voel dit om so 'n famous groep te wees? Famous is 'n baie relatiewe begrip. Wanneer is mens werklik famous? As jou liedjies oor die radio speel, as jy meer as 7 000 vriende op Facebook het, as mense jou herken in Spar? Sodra mens die definisie van bekendheid kan bepaal, sal ons kan weet waar val ons in daardie kategorie en hoe dit voel☺ Verder is dit wel aangenaam én stresvol om te weet dat ons 'n verskil in iemand se lewe kan maak … hetsy goed of sleg. Wat is die grootste of lekkerste gehoor voor wie julle al opgetree het? 'n Gehoor van 4 000 … Voor al die eerstejaars van die PUK. Dit was tydens hulle bekend-
stellingstydperk en om 4 000 jongmense voor ons te sien, wat saamsing op ons musiek, is iets wat jy nie kan beskryf nie. Enige blapse of embarrassing oomblikke wat julle met die lesers wil deel? Ai, daar is so baie dat ons nie nou aan een kan dink nie, die meeste is intern, so niemand sal verstaan waarvan ons praat nie, maar een ding is verseker, daar is altyd blapse! Een van die mees onlangse half ongemaklike gebeurtenisse: Ons het in Bloem opgetree en saam met van die jongmense wat by die vertoning was uitgegaan. Daar sit ons toe en kuier saam met 'n paar mense wat nie by die vertoning was nie en een van die ouens daar begin ons uitvra oor ons groep. Hy vra eerstens wie is hoofsanger, en ons antwoord ons het nie een nie. Hy vra toe verder maar wie speel dan kitaar, en ons sê dat ons ook nie instrumente gebruik nie. Hy is toe heel verward en vra of ons soos die groep is wat Jasmyn sing … terwyl ons die groep is wat Jasmyn sing! Hy kon dit nie glo nie☺ Wat is julle boodskap vir jongmense vandag? As mense jou nie die eerste keer goedkeur nie, hou net aan om hard te werk. Dit het ons drie jaar gevat voordat mense ons begin ernstig opneem het in die musiekbedryf.
Enige ambisies en doelwitte wat julle wil bereik? Ons probeer om die heeltyd ons produk op die verhoog te verbeter en te vernuwe. Een van ons grootste doelwitte van 2010 is om onsself as meer as net 'n a capella groep te vestig. Sodat gehore nie na ons kyk en a capella sien nie, maar musiek hoor wat toevallig sonder instrumente gemaak word.
32
KRUISPAD | UITGAWE 17
KRUISPAD | UITGAWE 17
33
Resensies: Wanja Senekal | Rynhardt Pretorius | Dirk Kruger
lees dit
Manne wat bemoedig – Prins Francine Rivers ISBN 978-1-77000-466-5 Christelike Uitgewersmaatskappy 2008
ELKEEN van ons het al heelwat mense in ons lewe ontmoet – sommige van hierdie mense sal slegs kennisse bly, terwyl ander goeie vriende genoem kan word. Van hulle is daar baie min wat jy intieme vriende sal noem. Daar is dalk selfs iemand wat vir jou so baie beteken soos 'n broer of suster, met wie jy al jou drome en ideale deel. Iemand wat by jou staan deur goeie en slegte tye. Om so vriend in jou lewe te hê, is 'n groot seën. Veral in jou tienerjare steun jy baie op jou vriende, omdat hulle deur dieselfde probleme as jy werk en julle saam julle voete in die grootmenswêreld probeer vind. Daar is 'n moontlikheid dat jou ouers nie van jou vriende (of jou meisie of kêrel) hou nie. Dan sit jy vasgevang tussen 'n goeie vriendskap aan die een kant, en 'n moontlike slegte verhouding met jou ouers aan die ander kant (vriende wat jou sleg beïnvloed, is 'n heel ander storie). Dit is presies wat gebeur wanner mens na die verhaal van Dawid en Jonatan se vriendskap kyk. Hulle was soos broers, en het nie geskroom om hulle liefde en lojaliteit aan mekaar te wys nie. Jonatan was Saul se oudste seun en die troonopvolger. Hy het Dawid ontmoet net na die geveg met Goliat en die Filistyne, en van daardie dag af was hulle hegte vriende. Hulle band was so sterk dat niks tussen hulle vriendskap sou kom nie. Maar hy was ook intens lojaal teenoor sy vader as koning. Saul, Jonatan se pa en die eerste koning van Israel, was vreeslik jaloers op Dawid en bang dat Dawid sy plek as koning sou inneem. Hy het hom telkemale probeer vermoor, maar dan het Jonatan vir Dawid gewaarsku, en probeer om sy pa te oorreed om Dawid uit te los. Hy het so sy eie lewe in gevaar gestel, terwyl hy al die tyd geweet het Dawid gaan in sy plek koning word. Hy kon so maklik sy pa se voorbeeld gevolg het en sy eie plek op die troon verseker het, maar hy het hom berus by God se besluit.
34
KRUISPAD | UITGAWE 17
Ons kan baie leer uit Dawid en Jonatan se vriendskap. Albei was prinse in Israel (Dawid was getroud met Jonatan se suster Mikal, en Jonatan sou die koningskap by sy pa erf). Albei was vreesloos, goed gerespekteer en het vertroue en gesag ingeboesem by die soldate. Albei het groot veldslae gewen en al die eer aan God gegee. Hulle was heldhaftig, nederig en lojaal teenoor mekaar, die koning en bowenal God. Hulle kon eintlik groot vyande gewees het, maar het geweier om jaloers op mekaar of in kompetisie met mekaar te wees, en gekies om eerder beste vriende te wees. Hulle het gewys wat dit beteken om 'n vriend soos 'n broer lief te hê en was selfs bereid om vir mekaar te sterf. Het jy dalk so 'n intieme vriendskap met iemand? Is ons nie geneig om so op die "eie ek" te fokus dat ons deesdae nie meer intieme vriendskappe met ander smee nie? Jonatan het saam met sy pa in 'n geveg op Gilboaberg gesneuwel. Dawid het baie gerou oor sy dood, en het ook 'n lied vir hom geskryf wat vir baie jare daarna gesing is (die Booglied). Hy het Jonatan se enigste oorblywende seun, Mefiboset, in sy huis ingeneem en vir hom gesorg vir die res van sy lewe. Jonatan het in alles aan God gehoorsaam gebly en was 'n lojale dienskneg en prins van Israel. Hy was 'n getroue vriend en 'n eerbare seun, en het die pad wat God vir hom gekies het enduit geloop. Hierdie is die derde karakter in die reeks Manne wat bemoedig wat in die skadu van ander die ewigheid verander het. Dit bied 'n interessante blik op wie Jonatan kon gewees het, en word beslis aanbeveel vir enigiemand wat net 'n goeie storie wil lees, of iemand wat hierdie karakter in diepte wil bestudeer.
The Book of Eli Regisseur: Hughes Brothers Warner Brothers, 2010 16 TG*
* Taal & Geweld
kyk dit
THE Book of Eli speel af in 'n droë, verlate Amerika. Dertig jaar na 'n groot oorlog is die land is chaos gedompel. Kos en water is skaars en die hele gebied het soos 'n woestyn geword vanweë die gat in die osoonlaag. Mense het nie meer respek vir lewe nie, en plunder en moor soos hulle wil. Eli (Denzel Washington) het egter 'n missie om in die Weste uit te kom met die kosbare bagasie wat hy saam met hom dra. Sommige mense beskryf The Book of Eli as een van die grusaamste Christelike films, naas The Passion of the Christ, wat die sekulêre filmindustrie uitgegee het. Denzel Washington vertolk die hoofrol in hierdie futuristiese riller en hy was ook een van die vervaardigers daarvan. Denzel, self 'n Christen, het blykbaar baie rondgespeel met die dialoog en die verskillende scenes. Die boek waarna verwys word in The Book of Eli, is natuurlik die Bybel. Nadat die oorlog, wat blykbaar deur Christene aangevoer is, tot 'n einde gekom het, is alle kopieë van die Bybel vernietig. Gelukkig het daar een Bybel oorgebly en Eli pas dit met sy lewe op. Op pad na die Weste toe, ontmoet hy 'n magsbehepte man, Carnegie (Gary Oldman), wat self opsoek is na die Bybel. Waar Eli egter hoop vir die mensdom wil bring met hierdie besonderse Boek, wil Carnegie dit gebruik as 'n wapen om die massas te beheer.
The Book of Eli bevat baie geweld. Soms lyk dit of Eli liewers deur die doodsengel aangehits word as wat hy 'n profeet is wat God se Boodskap vir die mensdom moet bring. Met die tekort aan kos in hierdie post-apokaliptiese tyd is dit seker nie snaaks dat 'n mens kannibale kry nie, want waar anders kry jy 'n lekker stukkie steak? Die wêreld waarin Eli homself bevind is vol moord, roof en verkragting. Daar word ook nie teruggehou met die taalgebruik nie. Daar is 'n dosyn vloekwoorde en laster kom twee keer in die film voor. Die Bybel vorm 'n sentrale deel van die fliek. Dit is 'n Boek wat hoop en redding aan die een kant bring, maar aan die ander kant kan dit misbruik word vir eie persoonlike gewin. Alhoewel Eli gewelddadig optree, doen hy dit om die Bybel te bewaar en na die Weste te neem. Hierdie is definitief nie 'n fliek wat jy by jou gemeente jeugaksie gaan kyk nie, maar tog bevat dit 'n positiewe boodskap. Eli sê op 'n kol nadat hy die Bybel vir 31 jaar gelees het, het hy vergeet om te leef soos wat hy daaruit geleer het. Miskien is dit tyd dat ons ons Bybels moet begin waardeer en dit meer lees en daaruit leef! Is The Book of Eli 'n fliek om te gaan kyk? Besluit jy maar self. Hou net in gedagte dat die geweld redelik erg is en dat daar sterk taalgebruik en laster daarin voorkom. 6/10
RETIEF Burger het seker geen bekendstelling nodig nie, maar vir diegene wat nog nie van hom gehoor het nie: Retief is 'n passievolle en dinamiese jong Christen wat sy lewe wy aan die bediening van die Koninkryk van God. Retief se nuwe album, Luidkeels Oorgegee, is die derde Luidkeels album en steek definitief nie af by die ander nie. Hierdie worship album het goeie en veilige lirieke en doen wonderlike belydenisse en lofprysings soos: "Jesus U alleen is waardig, aan U kom toe al die eer, al die krag, al die majesteit"; "U is my Helper, wie sal ek vrees?"; "Loof die Heer, Hy is goed!" Hierdie is waarhede wat almal vandag moet en wil bely. Dit is worship wat God die lof en eer toesing. Ons sien dit al in die titel van 'n song soos Soli Deo Gloria wat sê dat al die eer aan God toekom, soos dit nie anders kan nie, want ons leef slegs deur sy genade. Hierdie is musiek wat vir ons geestelike betekenis inhou, wat ons kan geniet, waarmee ons kan saamsing. Dit is 'n manier waardeur ons God kan loof vir alles. Hierdie musiek is veral bediening in die Koninkryk van God. Ek het dit baie geniet om weer en weer na die album te luister, en ek sal dit aanbeveel vir elke Christen en elke liefhebber van Christelike musiek. Ek haal Retief aan oor die titel. Mag ons altyd saam met hom die volgende woorde aan ons Vader bely wanneer ons die musiek luister en saamsing, en ook in elke oomblik van ons lewe: "Meer as ooit wil ek alles aan U oorgee, meer as ooit wil ek oorloop van dankbaarheid en diepe bewondering. Meer as ooit wil ek U my Here noem, die een wat in my Hart regeer. En meer as ooit wil ek luidkeels uitbasuin Soli Deo Gloria, aan God alleen die eer." 10/10
luister dit Luidkeels Oorgegee Retief Burger Merchant Music 2009
KRUISPAD | UITGAWE 17
35
N
a baie beplanning en afwagting het die GKSA se diensjaar vir jongmense wat pas met matriek klaargemaak het, die Gee-jaar, uiteindelik in Januarie afgeskop. Die vyf Gee-jaars het mekaar sommer dadelik beter leer ken op 'n drie dae lange (sopnat) staptog in die Drakensberge. Kruispad het vir hulle elkeen gevra om kortliks te vertel wie hulle is en waarom hulle die Gee-jaar kom doen het. "Ek is Mari van der Merwe. Ek is van Pretoria afkomstig. Ek het op facebook van die Gee-jaar gelees en besluit om deel te word. Ek hoop om hierdie jaar geestelik en emosioneel te groei. Ek wil ook die kennis en vaardighede wat ek die jaar gaan aanleer in die toekoms benut. Ek sien uit na 'n jaar van opwinding en harde werk." "Hi! Ek is Christiaan van der Merwe. Ek kom van Krugersdorp af waar ek my matriek in Monnas geskryf het. Ek is 19 jaar oud en ek jou ongelooflik baie van sport, spesifiek squash. "Die rede hoekom ek op die Gee-jaar is, is omdat ek nie kon besluit wat ek wil swot nie. Dis perfek om hier die besluit te neem, want jy leer jouself beter ken. Boonop is hier baie studente op die kampus by wie jy meer kan uitvind oor verskillende studierigtings. "Soos hulle sê: Potch is die Dopperhemel … En op watter beter plek wil jy wees terwyl jy Gee-jaar geskiedenis maak as juis tussen 'n klomp medeDoppers?"
36
KRUISPAD | UITGAWE 17
"My naam is Josef Strydom. Ek was in Hoërskool Overkruin en ek het van die Gee-jaar gehoor by die Gereformeerde Kerk Kameeldrift. Ek het by die Gee-jaar aangesluit omdat ek nie weet wat ek wil swot nie, en ook omdat ek my verhouding met God wil verbeter voordat ek gaan swot, sodat ek nie in versoekings kom en daarvoor val nie. Die jaar is lekker sover. Ons het 'n staproete in die Drakensberge gedoen wat baie opwindend was. Ek wil volgende jaar IT of Klankingenieurswese gaan swot. Die Gee-jaar is great vir dié wat rigting soek in hulle lewe." "Hi! My name is Petrus te Brugge and I am 18 years old. After I finished my grade 12 I battled to find an institution that I could study at, however, I came across the Kruispad programme and I jumped at it. I have many interests but I love my computer games. I aspire to become a game designer in the not so distant future. I'm mostly found playing games and trying to think of good ideas for games. I like drawing as well. The most important reason for me for coming here is to grow spiritually. I want to learn everything I can in the coming year." "My naam is Hannes van Wyk, en ek is afkomstig van Nelspruit. Ek gaan hierdie jaar baie leer en ander help. Ek wil graag in mense se lewens 'n verskil maak. Dié jaar gaan baie leersaam wees in alle opsigte. Sover was die staptoer baie lekker!"
KRUISPAD | UITGAWE 17
37
Tukkies Eerstejaarskamp Laurette Pretorius Jy weet dit gaan 'n uitsonderlike jaar wees as die begin daarvan 'n aardskuddende hoogtepunt is! So 'n hoogtepunt was die Tukkies Eerstejaarskamp vir al die nuwe en ou studente wat die jaar met 'n week se saam kerk wees afgeskop het. Tussen heerlik eet, heerlik kuier, heerlik lag, 'n vlugbaltoernooi, kleingroepbesprekings, lofprysing, stiltetyd en kopskuifgesprekke deur is daar nuwe vriendskappe ontgin en oues verdiep – en die doel daarvan was om God se glorie in alles raak te sien. En natuurlik om toegerus te word met beginseldenke wat ons deur die soms chaotiese affêre van studentwees kan help om Christus elke dag die middelpunt van ons lewens te maak. HET jy al ooit gewonder wie al die konings in die Bybel was? Gaan kyk dan 'n bietjie na http://www.bible-history.com en kry hier 'n lys van al die konings wat in Israel en Juda regeer het. Sou jy egter daarin belangstel om te weet wie waar ingepas het, sal jy die presiese chronologiese gebeure kry op http://www.infoplease.com. By http://www.biblestudy.org/prophecy/israel-kings.html word daar uitgebrei op die regeringstydperk van elke koning plus hoeveel jaar voor Christus hulle elkeen regeer het. Skerp dus bietjie jou kennis op deur hierdie webblaaie te gaan besoek. Hoop jy geniet dit!
Marietta Bussemaker, die Nederlandse minister van gesondheid en sport, het die Nederlandse sokkerondersteuners gevra om hulle eie kondome saam te bring wanneer hulle later vanjaar Suid-Afrika toe kom vir die Wêreldbeker-toernooi. Kruispad het aan ons lesers gevra wat hulle van hierdie stelling dink. Klassisse Karoo-Kei, Burgersdorp en Suid-Vrystaat Hoërskoolkamp 3 – 9 April Boknesstrand Voortrekkerkampterrein Kontakpersone: Hendrik Stoltz, 083 280 2091 Theuns Potgieter, 083 366 6240 Hennie Schutte, 084 556 7670 Studente wat belangstel om op te tree as groepleiers kan gerus ook van hulle laat hoor. Klassis Verre Oosrand en Sentraal Oosrand Belydeniskamp 27 September – 1 Oktober Bosveld Wegbreek Kampterrein Daan Bakker, 082 829 8456 of djbakker@gksaboksburg.co.za Partsinode Pretoria Mootkamp 11 – 18 Junie Die Moot kampterrein Griffel van Wyk, griffel@gkbrooklyn.org.za Wêreldfokusnaweek: Gaan heen … Potchefstroom 30 April – 2 Mei Kontak Chantelle Tredoux (kreatief@kruispad.net of 084 392 7016) vir meer besonderhede.
Dis ontsettend hartseer dat dit die situasie is! En dis erg, want die boodskap wat die mense kry, het niks met moraliseer te doen nie – net oor hoe om Vigs vry te spring – so asof dit maar die norm is om rond te slaap (hoewel dit seker al hoe meer is, nè?). Die voorbeeld wat Christene uitstraal, kan nie genoeg beklemtoon word nie. Lientjie We do not live in Utopia. Our moral beliefs may well be convincing us that antenuptual intercourse is sin, but secular beings are not influenced by our beliefs. Our beliefs are not contagious. Consequently, by enforcing our morality we are blinded by our beliefs, exhibiting a total lack of responsibility and not contributing to making the world a better place at all. No. Import more condoms and inform tourists to supply themselves. Prevention is our cure. We cannot make decisions for individuals, but we can decide for humanity. Michael Ek dink dit skep 'n swak indruk van waar ons staan teenoor Vigs en seks in die algemeen. Die samelewing in SA is besig om te verval in hul waardes en stellings soos dié gee as't ware toestemming om maar rond te slaap solank hulle net beskerming gebruik. Ek dink mens kan in vandag se tyd trots wees as mens seks binne die huwelik as iets kosbaars beskou. Wel dit is my mening. Hendri
Stellenbosch Eerstejaarskamp Christiaan Buys Op 9 Januarie het 'n groep verwarde en opgewonde eerstejaars op Stellenboschfontein aangekom. Ek was eers bietjie oorweldig omdat ons so min was (25 in totaal – ons Doppers is mos maar skaars in die Kaap!), minwetende dat dit die geleentheid gebied het om elkeen van my mede-eerstejaars, asook die seniors, baie beter te leer ken. Die eerstejaarskamp het my blootgestel aan 'n opregte sosiale kring, en aan 'n ondersteuningsnetwerk van geloofsvriende. Die aktiwiteite waaraan ons deelgeneem het, het paintball en absailing ingesluit. Ek moet ook sê ons Doppers het gedans … en ons het dit geniet! Die belangrikste deel van die kamp was die geestelike verryking. Die lesings was treffend. Ek glo elkeen van ons het in geloof gegroei en nader gekom aan ons Skepper.
My ervaring van die Eerstejaarskamp Annemie Aucamp Ek was baie opgewonde om die jaar met 'n kerkkamp te begin. Ek het gehoop om na die kamp die moed en krag te hê om die jaar saam met Christus aan te pak. Ek het soveel meer gekry! Ek het vastrapplek gekry om saam met God en die mense om my 'n nuwe, opwindende lewe te bou en 'n persoonlike pad saam met God te stap. Ek het besef van nou af hang al die keuses wat ek maak van my verhouding met God af. Dit het my rustig gemaak om met die ander jong gelowiges te praat en te hoor dat almal onseker is, en ook om uit die senior studente se ervarings te leer. Uit die temas wat bespreek is, het ek ongelooflike kosbare raad en leiding gekry wat van toepassing sal wees op die toekoms. Die eerlike gesprekke, saamkuier, en veral die bidbuddy's was baie spesiaal. Ek het besef daar sal altyd iemand omgee en help. Ek kan eerlik sê dat ek great vriende gemaak het wat die pad saam met my sal stap!
PUKKE Eerstejaarskamp Karin Bain Die wonder van eerstejaars … Die Eerstejaarskamp van 2010 het oor allerhande vrae gehandel waaroor eerstejaars wonder. Ons kamp was gereël deur Jubila, die verantwoordelike persone vir alle sosiale aksies in Cachet. Al die eerstejaars is toegerus vir koshuislewe, verskeie studierigtings, uitdagings in hul verhoudingsen geloofslewe. Daar was ongeveer 120 eerstejaars op die kamp en altesaam 240 mense het elke dag saamgeleef en saamgeëet. Vindingryke speletjies is georganiseer en daar was deurlopend vele pret deur natgooi-sessies, poetse, krieket of volleyball. Saans as die meeste slaap, was die kosspan wawyd wakker en aan die gang. Hulle kussinggevegte sal nie sommer geëwenaar word nie. Ons sien uit na nog so 'n geesdriftige en opgeruimde kamp, want 'n Eerstejaarskamp op Nooitgedacht is meer as net 'n kamp, dis 'n trots, 'n gees …
Dit is 'n verspotte uitlating wat 'n groot misverstand oor mense uitlaat. Vigs word nie versprei deur 'n tekort aan kondome nie; dit word versprei deur mense wat immoreel lewe. Om kondome vrylik beskikbaar te maak en mense te breinspoel dat die verspreiding van vigs daardeur gestuit kan word, sal die siekte net soos 'n veldbrand laat versprei. Michael Indien jy wil saampraat oor hierdie onderwerp, is jy welkom om jou stem te laat hoor op Kruispad se facebook-groep.
Indien daar binnekort 'n kamp of ander geleentheid in jou omgewing plaasvind en jy dit graag met ander Kruispad-lesers wil deel, stuur gerus 'n e-pos aan interaksie@kruispad.net.
38
KRUISPAD | UITGAWE 17
KRUISPAD | UITGAWE 17
39
40