Kruispad #2

Page 1


1


2


Jy is ’n nuwe mens. Jy het die ou mens soos ou klere uitgetrek, en die nuwe mens soos splinternuwe klere aangetrek.

EK

kan bladsye vol oor hierdie onderwerp kan skryf, en onder andere hieroor: “Impliseer dit dat alles wat ek doen, alreeds goed is?” Nope. Paulus sê die goeie wat hy wil doen, doen hy nie. Maar die slegte wat hy nie wil doen nie... dít doen hy (Romeine 7:19). Kom ons sê dan, “Die goeie wat jy doen, moet jy goed doen.” Want jy is ’n nuwe mens. Jy het die “ou mens met sy doen en late soos klere uitgetrek,” (Kolossense 2:20-3:4, MV[1]). Toe Paulus nog ’n ou mens was, het hy hierdie slegte dade (wat hy nie wou doen nie) gedoen. Deur die verdienste van Jesus Christus is Paulus – en ek en jy! – nuwe mense. Nou moet ons die goeie doen – dit is nie opsioneel nie. Die verdienste en versoeningswerk van Jesus stel jou daartoe in staat. Jy doen goed, eerstens ter wille van God – jy wys deur jou dade jou dankbare hart en daardeur word God geprys. Jy doen dit tweedens ter wille van jouself – deur die goeie dinge wat jy doen, kry jy, uit die vrugte van jou geloof, sekerheid van jou redding, nie die redding sélf nie (dit het mos deur Christus gekom). Derdens (ek dink ons vergeet soms hierdie een) – jy wen deur jou goeie dade jou naaste vir Christus (HK[2] 32, Vraag en Antwoord 86). En daarom die opskrif: “Dit wat jy (as ’n nuwe mens in Jesus Christus) doen, moet jy goed doen”. Dit gaan oor jou gesindheid. Paulus wy in Kolossense 3 ’n groot deel

3


Deur Jannes van Dyk (’n finalejaar teologiese student aan die Noordwes-Universiteit).

aan goeie dade, maar vers 15(b) spel hy, onder die leiding van die Heilige Gees, die gesindheid uit – dankbaarheid. Dit wat jy doen, moet jy uit dankbaarheid doen. Dit kan ons eerste riglyn wees. Dit wat jy doen, moet jy goed doen deur dit uit ’n dankbare hart te doen. ’n Tweede riglyn kry ons uit vers 22 – opregtheid. Moet dit nie doen om iemand (verál nie die Here) te beïndruk of tevrede te stel nie. Wees opreg – jou motiewe moet suiwer wees (vergeet van ’n “What’s in it for me” houding – dit werk nie). Jou hart moet op één doel gerig wees, en dit is beslis nie op jouself nie. Dít is wat opregtheid is. Dit wat jy doen, moet jy goed doen deur opreg te wees. Die derde riglyn – vers 23 – “uit die innerlike oortuiging soos vir die Here en nie vir mense nie.” Baie mense vind dit moeilik om te verstaan, maar jy en ek lewe nié vir onsself, ons ou of meisie, pa, ma, vriende, kerk, predikant of watter mens of establishment ook al nie. Ons lewe vir die Here. Ons doen ons goeie dade goed, want ons doen dit vir die Here. Dit wat jy doen, moet jy goed doen – jy doen dit vir die Here.

Die laaste riglyn: ons doen ons goeie dade in die geloof, want deur die geloof het ons ’n hoop op ’n beloning (vers 24). Petrus praat van hierdie beloning as ’n erfenis (1 Petrus 1:4): “onverganklik, onbesmet en onverwelklik.” Jy weet diep in jou hart dat daar ’n beter lewe en toekoms as die huidige is. Die gesindheid waarmee jy jou dade doen, moet daarvan getuig! Mense wat geen hoop het nie ploeter van dag tot dag voort. Mense wat geen hoop het nie dóén net goeie dinge. Dit eindig daar. Hulle doen nie goeie dinge goed nie. Ek en jy – mense wat die ou klere van ons sondige natuur uitgetrek het, en die nuwe klere, wat Jesus vir ons aan die kruisbalke bo-op Golgota geweef het, aangetrek het, doen die goeie dinge goed, want: - ons is dankbare mense; - ons harte is opreg; - ons doen dit vir die Here; - ons doen dit want ons het hoop op ’n beter lewe. En ’n toekoms!

[1] MV = Die Multivertaling Bybel [2] Heidelbergse Kategismus

4


“VIR

jou sal ek blomme koop tot my geld opraak, vir jou sal ek kaalvoet loop, ja dit maak nie saak – solank jy net vir my ook sê, dat jy my sal liefhê.” Woorde soos dié maak skielik onverwags nes hier diep in jou hart. Jy is net nie meer dieselfde mens nie – jy voel anders en jy leef sommer anders. Die son is vir jou helderder, die windjie koeler, die sterre nader, die bome groener, selfs jou koeldrank is soeter. Jy begin gedigte lees en die artistieke sy van die lewe kry vir jou betekenis. Die werklikheid is – jy is verlief, met oorgawe verlief soos jy nog nooit was nie. Hierdie nuwe dimensie van die lewe maak dieptes in jou binneste los waarin jy dan ronddwaal met woorde soos “met jou aan my sy kan niks my onderkry.” Jy besef – jy is nie meer alleen op hierdie aarde nie. Jy verruil ek vir ons en skielik het niks betekenis as dit nie ’n ons kan wees nie. Saam word belangriker as wat dit nog ooit was en alleen word iets wat jou binneste stukkend ruk. Wat is aan die gebeur? Hooglied 8:6-7 het in jou lewe staanplek gekry: “Die liefde is sterker as die dood, die hartstog magtiger as die doderyk; dit brand en vlam soos vuur. Strome water kan die liefde nie blus nie, riviere kan dit nie afkoel nie.” Die wonder van die liefde tussen twee jongmense, met al die gevolglike emosies, het vir jou waar geword. Skielik voel dit soos iets wat jou kragdadig oorrompel en jou konfronteer met nuwe gevoelens, situasies en besluite waarop jy tot nou toe nie voorbereid was nie. Wat nou gemaak – hoe moet hierdie liefde wat ervaar word

as sterker as die dood, wat nie deur strome water geblus kan word nie, hanteer word? Die wêreld het sy antwoord: “Leef die liefde onvoorwaardelik uit, gee jou oor aan jou diepste emosies, bevredig jou diepste hartstogte, verdrink jouself in die eksklusiwiteit van die ek en jy. Geniet die liefde ten volle, ontdek mekaar sonder voorbehoud, want môre is dit iets van die verlede.” Die vraag is egter: Is die wêreld in sy oordeel reg dat liefde tussen twee jongmense slegs ’n ek-en-jy-saak is? Is dit waar dat net twee persone se gevoelens, se sienings, se waardes in hierdie verhouding in berekening gebring moet word? Kyk ’n mens in jou soeke na die antwoord hierop na dit wat God in sy Woord openbaar, dan is die volgende onder andere rigtinggewend: “Wie sy medemens liefhet, voer die hele wet van God uit. Al die gebooie: ‘Jy mag nie egbreuk pleeg nie, jy mag nie moord pleeg nie, jy mag nie steel nie, jy mag nie begeer nie,’ of watter ander gebod daar ook al is, word immers in hierdie een gebod saamgevat: ‘Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.’ Die liefde doen die naaste geen kwaad aan nie. Daarom is die liefde die volle uitvoering van die wet,” (Romeine 13:8-10). Die passievolle liefde wat jy dus ervaar, wat sekerlik ook gekwalifiseer word as liefde vir jou medemens, al is dit liefde vir ’n baie spesifieke medemens, staan ook onder die gebooie van God en daarom onder God self. Dit is dus nie net ’n ek-en-jy-saak soos die wêreld dit wil maak nie, maar duidelik ’n ek-jy-en-HY-saak. God is

deur Ds. Hendrik de Beeer Kerk Pretoria – Meintjeskop) (leraar van die Gereformeerd

5


deel van die uitleef van hierdie liefde van jou wat sterker is as die dood, wat nie deur strome water geblus kan word nie. Deur sy wet gee Hy aan jou die ruimte waarbinne jy met oorgawe uitdrukking kan gee aan jou liefde sonder dat jy jou medemens (jou geliefde) daardeur kwaad aandoen. Dit beteken dat jy, maar ook julle, nie hoef te wonder oor wat in julle verhouding hoort of nie hoort nie – jy/julle kan dit duidelik weet – soos God se Woord onder andere leer: “moenie die liefde wakker maak en aanvuur voor die tyd daarvoor ryp is nie,” (Hooglied 3:5). Kom jou verantwoordelikheid hierin na. Die uitgangspunt in die verhouding met jou geliefde is dus nie ek en jy nie, maar wel ek, jy en Hy. God is deel van alles wat binne hierdie verhouding gebeur deurdat Hy die wonder van liefde (deur die offer van sy Seun op Golgota) aan die mensdom gegee het, maar ook aan jou om jou geliefde op die manier wat Hy wil, met oorgawe lief te hê, sonder dat dit hom/haar voor God en die wêreld kwaad doen. Daarom, verlustig jou in “dit is hemel op Tafelberg, daar’s ’n engel wat langs my lê en dit is alles wat ek wil hê, ... druk my vas en soen my nog ’n keer, ... jy’s my hemel, jy’s my engel, jy’s hier by my,” en dank die Here dat jy jou geliefde op sy manier kan liefhê!

6

Hierdie artikel verwys na liefde wat sterker is as die dood, wat nie deur strome water geblus kan word nie. In hierdie simboliese illustrasie word die dood as ’n brandweerwa uitgebeeld en die liefde as ’n brandende gebou. Dis duidelik dat hierdie vuur nie geblus kan word nie!


deur Paul Grobler (’n Redaksielid van Kruispad)

ELKEEN

van ons ken daardie aaklige gevoel van vrek bang wees. Vat byvoorbeeld daardie onderwyser wat die lat net vir die pret uitgeruk het. Kom ons vat dit verder. Party van ons het ’n vrees vir die donker, hoogtes, of goggas. Ander sukkel weer met ’n vrees vir teleurstelling, alleenheid, die onbekende en verwerping. Wat dit die ergste maak, is dat hierdie vrese ons lewens beheer. Word jou lewe deur vrees beheer? Kan jy vry gemaak word van vrese? Hoe weet ek of vrees my baas is? Slegs jy kan hierdie vraag beantwoord. Dit lyk dalk vir ander of jy die sterkste is en die grootste taak kan doen sonder om bang te wees, maar jy weet of jy dit fake. Is jy nog steeds onseker oor jou vrese? Gaan kyk hoe jy lewe. Wat bepaal jou besluite in die lewe? Wil jy akademies presteer omdat jy bang is vir slegte punte of omdat jy dalk bang is jy stel jou ouers teleur? Wil jy die beste sportman of -vrou wees omdat jy bang is om te verloor? Moenie alleen voel nie. Kyk om jou, ander voel ook net soos jy. Nou is die vraag: is jy tevrede daarmee om so in vrees te leef?

Volmaakte liefde verdryf vrees. Al trek jou gesig skeef van al jou vrese, hetsy vir haaie of verwerping, kan liefde (wat deur die rooi ballon voorgestel word) jou wegneem na ’n plek waar daar geen vrees is nie.

7


As jy tevrede is daarmee om met jou vrese te leef, is dit jammer, want die Bybel leer ons dat vrees onnodig is. Waar liefde is, kan vrees nie vertroetel word nie. Johannes sê dit in 1 Joh. 4:18*. Die probleem is dat ’n klein vresie dalk te groot raak en later alles bepaal wat jy doen en selfs jou dood kan veroorsaak. Die enigste verskil tussen ’n groef en ’n graf is die diepte. Pasop dat daardie gemaklike groef nie dalk jou graf word nie. Wat kan ’n mens doen om nie meer bang te wees nie? Laat jou lewe en besluite eerder deur liefde gedryf word. Watter liefde is dit? Dit is die liefde wat in 1 Joh. 4:10** beskryf word. As ons besef hoe groot God se liefde vir ons is, hoef ons nie meer bang te wees nie. God sorg vir ons en beskerm ons, want ons behoort aan Hom. Maar dit is nie waar dit stop nie. Ons groot opdrag word in Matt. 22:3740*** gegee. Ons moet hierdie opdrag uitvoer, omdat ons besef hoe groot God se genade en liefde vir ons is. Ons moet elke dag hierdeur vir God dankie sê vir sy liefde.

8

Slegs dan kan ons die res van ons lewens sonder vrees ingaan. Ons moet besef dat ons vir God werk of swot of speel en daardeur vir Hom dankie sê vir sy liefde. Lees weer Joh. 3:16 en begin om ’n dankbaarheidslewe te lewe! Is jy nou bereid om totsiens te sê vir jou vrese? Ja, jou alles... selfs jou vrese! *1 Joh. 4:18 “Waar liefde is, is daar geen vrees nie, maar volmaakte liefde verdryf vrees, want vrees verwag straf, en wie nog vrees, het nie volmaakte liefde nie.” **1 Joh. 4:10 “Werklike liefde is dít: nie die liefde wat ons vir God het nie, maar die liefde wat Hy aan ons bewys het deur sy Seun te stuur as versoening vir ons sondes.” *** Matt. 22:37-40 “Jesus antwoord hom: “‘Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel’ en met jou hele verstand. Dit is die grootste en die eerste gebod. En die tweede, wat hiermee gelyk staan, is: ‘Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.’ In hierdie twee gebooie is die hele wet en die profete saamgevat.””


ek

was al twee keer in my lewe – ámper verlam! Elke keer het die Here my beskerm teen verlamming. Op 15-jarige ouderdom het ek by daardie famous krans in Uvongo afgespring en my vyfde rugwerwel versplinter. Die splinters het 1mm voor my rugmurg tot stilstand gekom. Tot vandag toe glo ek dat dit ons Hemelse Vader was wat sy hand in my rug gehou het, om te voorkom dat die splinters my rugmurg deurboor. Een van die dokters het na my toe gekom in die hospitaal en gesê dat ek nie uit die hospitaal uit sal kan loop nie. Gelukkig het die Here die laaste sê gehad. Ek kan vandag loop. Vanaf 13-jarige ouderdom het ek aan ’n eetversteuring gely, meer spesifiek, bulimia. Voordat ek my werwel versplinter het, het ek daagliks ten minste ’n duisend situps gedoen en ’n uur tot twee ure lank geoefen. Die besering het my lewe vir ’n oomblik tot stilstand gebring. Vir maande na my besering het ek gesond geëet en net genoeg geoefen (ek het ge-health walk). Maar my gedagtes rondom kos het nie verander nie. Dis seker onnodig om te sê dat ek nadat ek herstel het weer in die put van bulimia geval het. Hierdie keer het my eetversteuring net vererger. Ek kon nie meer so baie situps doen of so baie oefen nie. Vir maande lank sou ek na elke ete skuldig voel en dan myself naar maak. Ek het nooit 30kg of minder geweeg nie, die minste wat ek geweeg het was 45kg. Mense dink dikwels ’n eetversteuring kan net jou lewe verwoes as jy by die dood omgedraai het. Dit is egter nie waar nie! In matriek het ek 45kg geweeg. My bene het begin uitsteek. My hart het soms verskriklik vinnig geklop al stap ek net na ’n klas toe. Ek het nie meer gesweet nie en my beendigtheid het afgeneem. Eendag, terwyl my ma my gehelp het om my matriekafskeid-rok aan te pas, het sy ’n knop op my rug gesien. Ons is dadelik weer terug na die rugspesialis toe. Een van my werwels was so verswak dat my rug begin krom trek het. Ek is gediagnoseer met skoliose op 18-jarige ouderdom! ’n Operasie was noodsaaklik indien ek pyn gehad het. Ek het baie pyn gehad, maar ek het vir niemand daarvan vertel nie. Ek wou nie vir die operasie gaan nie. Ek het nie daarvoor kans gesien dat my lewe weer tot stilstand sou kom nie. Die dokter het gesê dat ek dalk ’n operasie kon verhoed indien ek begin gesond eet. My ouers het gesê dat ek nie universiteit toe kon gaan indien ek nie gewig optel nie. Weereens het ek begin gesond eet, net sodat ek universiteit toe kan gaan.

Ek het die daaropvolgende jaar regte gaan studeer en in my eie woonstel ingetrek. Alhoewel ek telkens teen bulimia gestry het – en vir weke lank die geveg gewen het, was my mindset heeltemal verkeerd! Bulimia was ’n groot struikelblok in my geestelike lewe. Ek het gesmag na God, maar telkens het my eie obsessie die muur dikker en dikker gebou. Na ses jaar het ek op my knieë neergeval en die Here gesmeek om my te vergewe, want ek kon nie die stryd op my eie stry nie. Eindelik het ek besef ons hoef nie perfek voor die Here te staan nie. Ons hoef nie vlekkeloos na Hom toe te kom nie... Ons hoef nie die stryd te stry nie. Jesus Christus het klaar die stryd vir ons gewén! Ek het daardie dag gevoel hoe God se vergifnis oor my spoel. Ek het ’n pad saam met Jesus Christus begin stap, nadat ek vir ses jaar lank in ’n tronk van selfhaat geleef het. Daar het daardie dag ’n aardbewing in my tronk plaasgevind! Die pad vorentoe was nie maklik nie... Ek het steeds verwerping in die gesig gestaar, liefdesteleurstellings het ook na my toe gerol, maar Jesus het die prys vir my betaal! Jesus het die stryd vir my gewen en daarom kan ek trots sê dat ek nog nooit weer in die put van bulimia geval het nie. Niemand sou ooit kon raai dat ek bulimia het nie, behalwe die keer in matriek toe ek verskriklik min geweeg het. Bulimia is ’n werklikheid en min mense besef wat die gevolge is! Meisies (en seuns) val in daardie groef. Sommige dink dat dit net hierdie keer sal gebeur en voordat hul hul oë uitvee, sit hulle in ’n diep donker kloof waaruit hulle nie kan kom nie. Ek het een keer in ’n tydskrif gelees dat kafeïen jou metabolisme versnel. Ek het BAIE koffie begin drink. Ek het twee opgehoopte lepels koffie gedrink en minstens agt koppies koffie per dag. Ek het ’n 2 liter Coke Light in ’n bestek van minute gedrink, sodat die kafeïen in my bloedstroom kan kom... En omdat ek ’n proefkonyn was, kan ek jou waarborg dat daardie sinnetjie wat ek in daardie tydskrif gelees het, die grootste snert onder die son is! Die tye wat ek “normaal” geëet het, het die kafeïen my definitief nie gehelp om enigsins gewig te verloor nie – eerder om gewig op te tel! My rug het seerder en seerder geword. Ek het steekpyne in my bene begin kry, my bene het begin slaap al sou ek net shopping doen! Ek kon glad nie op my rug lê nie, dan sou my bene lam en seer word. Eindelik, op die ouderdom van 20, het ek vir die operasie gegaan. Dit was ’n twaalf uur lange operasie. Drie van my werwels was verkrummel en die dokter kon dit

9


soos jellie afkrap. Een van my ribbes is uitgehaal om werwels vir my mee te bou. My rug het ’n vyf en sewentig grade kromming gemaak en die dokter moes dit reguit trek. Toe die dokter na my x-strale gekyk het, het hy gesê dit sou ’n kwessie van ’n week of ’n maand wees, hy kan nie presies sê nie, maar ek sou net eendag wakker word, dan sou ek verlam wees. Tydens die operasie het hulle die laag wat jou rugmurg beskerm – raakgesny. Direk daarna is ek wakker gemaak om te kyk of ek my bene kon beweeg. Deur die Here se genade kan ek vandag nog my bene beweeg! Nie net het die Here my beskerm teen verlamming toe ek nie gegaan het vir die operasie nie, maar ook tydens die operasie toe hulle amper my rugmurg deurboor het! Wanneer hierdie operasies uitgevoer word, haal hulle al jou organe uit. My maagwande het baie skade gehad. My maag het elke dag gebrand. Alhoewel ek begin gesond eet het, kon dit nie die skade uitkanselleer wat ek vir ses jaar lank aan my liggaam verrig het nie. Ek was verder amper dood tydens die operasie. Ek was vir tien dae lank in ISE en in totaal veertien dae lank in die hospitaal. Ek was ook vier dae op ’n asemhalingstoestel gewees. Gewoonlik is mense wat ’n rugoperasie kry, twaalf ure lank op die asemhalingstoestel en ’n week lank in die hospitaal. My limf het te veel vloeistof gedreineer, toe is ek oorgeplaas na ’n ander hospitaal. Die Here was so goed vir my gewees, want ’n dag nadat ek oorgeplaas is, het my limf opgehou om vloeistof te dreineer. Indien dit nog vloeistof sou dreineer, sou ek nog ’n operasie moes kry om die limf te herstel. Ek dink nie my liggaam sou die skok van nog ’n operasie kon hanteer nie! Ek het longontsteking gekry en is dadelik daarvoor behandel. Ek weet dat die Here my kon genees het van skoliose. Ja, daar is vir my gebid en ek het geglo dat ek genees is. Die gebede het egter net die pyn minder gemaak. Ek het vir

10

’n baie lang tyd sonder drie werwels rondgeloop en ek glo God het die pyn vir my verlig! Ek het ook gewonder hoekom die Here my nie genees het nie... Ek weet dit is binne ons Hemelse Vader se vermoë om dit te doen! Later het ek besef ek het ’n wonderwerk gekry. As ek nie deur hierdie donker vallei gegaan het nie, sou ek nooit besef het hoe groot die wonderwerk was wat God vir my gedoen het nie! Totdat ek in die hospitaal was, het ek nooit regtig besef wat bulimia aan my gedoen het nie. Indien God die wonderwerk vir my gedoen het, daar en dan toe almal vir my gebid het, sou die trauma my nooit soveel geraak het nie en sou ek dalk nooit ander daarteen wou waarsku nie. Ek sou nooit geweet het dat drie van my werwels so verswak het, dat dit jellie geword het nie. Ek sou nooit geweet het dat ek so naby aan verlamming was, net oor ’n eetversteuring nie! Groot Almagtige God het my raakgesien. Hy het my hand vasgehou en Hy het die operasie gedoen, want dit was so amper of ek was verlam...

*Hierdie is ’n getuienis van ’n Kruispad-leser. Haar naam is Angelique Janse van Rensburg, en as jy met haar wil gesels kan jy haar kontak by 082 224 9004. **Die Kruispad-redaksie wil graag van julle hoor. As jy ’n soortgelyke (of totaal ander) ervaring met jou medejongmense wil deel, stuur ’n e-pos aan sejouse@kruispad. net, en ons sal vir jou getuienis ’n plekkie maak óf in die volgende uitgawe van Kruispad, óf op ons webblad (www.kruispad.net). Jy mag anoniem bly as jy dit so verkies.


Beste voornemende Toerganger, Die reëlingskomitee van Jeugtoer 2007 het van die begin van die jaar af ’n gebrek aan belangstelling in die toer vanuit die kerkverband ondervind. Die gevolg was dat die komitee in ’n poging om belangstelling in die toer aan te wakker die volgende maatreëls getref het: • Met die Spoorweë is onderhandel om weer ’n trein deel van die toer te maak (al is dit net vir die gedeelte van Pretoria tot in Port Shepstone en terug); • Uitstekende fasiliteite vir huisvesting en ontspanning is bespreek; • ’n Opwindende avontuurprogram is onderhandel en gevolglik saamgestel; • Besondere geestelike toerusting spesifiek vir hoërskool-jongmense is beplan; • Die nodige groepleiers en predikante is gewerf vir die uitvoering van die beplande toer; • E-posse, briewe en fakse aan predikante en kerkrade is aan die hele GKSA gestuur; • Vele ander bemarkingspogings is aangewend in onder andere, Die Kerkblad en Kruispad. Op die aand van 1 Mei moes die komitee egter ’n finale besluit neem oor Jeugtoer 2007. Die besluit kon nie verder

uitgestel word nie, aangesien die betaal van deposito’s vir besprekings van huisvesting, vervoer en die avontuurprogram nie verder teruggehou kon word nie. Die werklikheid was egter dat op 1 Mei 2007 (58 dae voordat die toer moes vertrek) daar slegs 90 inskrywings vir Jeugtoer 2007 ontvang is (minder as die helfte van die benodigde hoeveelheid), wat dit dus finansieel onmoontlik gemaak het om die toer te laat plaasvind. Dit is ’n uiters teleurgestelde reëlingskomitee wat jou moet meedeel dat Jeugtoer 2007 nie kan voortgaan nie. Ons besef jy is dalk baie teleurgesteld oor hierdie nuus, maar ek wil jou verseker dat ons regtig alles probeer het (bekendstelling, aanpassing van begroting, subsidie, ens.) om die toer te laat plaasvind, maar met geen plan kon ons, met die getal inskrywings wat ons gekry het, die knoop deurhaak nie. Baie dankie vir jou belangstelling en ondersteuning. Hierdie jaar kan jy dalk nie gaan toer nie, maar dit beteken nie dat daar nie weer ’n geleentheid vir jou in die toekoms sal wees om deel te hê aan die grootse gebeurtenis van ’n GKSA Jeugtoer nie. Oorweeg dit egter as jy graad 10, 11 of 12 is en in die omgewing van Pretoria is om hierdie jaar wel die Moot-skoolverlaterskamp van 23 Junie tot 30 Julie 2007 te Hartbees Jeugkampterrein by te woon

Die Bybelskool van Centurion bied die eerste ses maande van 2007 ’n kursus aan die hand van Professor Tjaart van der Walt se pragtige nuwe handboek vir Bybelkunde (Die Messias het gekom!) aan. Elke week stap hulle ’n paar treë deur die inhoud van die evangelies van Matteus, Markus, Lukas en Johannes. Hulle bekyk die werklike betekenis van hierdie kosbare Bybelboeke en leer hoe om hulle te lees. Die volgende temas sal onder andere behandel word: • • • • •

Hoekom vier evangelies? Kronologie en bakens Die verband met die Ou Testament Die kinderjare van Jesus Johannes die Doper

(skakel ds. Johan van Heyningen by 082 929 1733 of kontak hom per e-pos by jvh@gkbrooklyn.org.za). Ten slotte, ons as komitee dank die Here vir die wonderlike voorreg wat Hy ons gegee het om die afgelope paar jaar met van julle gelowige jongmense te kon werk. Dit was vir ons GROOT en dit sal ons altyd bybly. Weet egter verseker julle is vir ons as komitee, die kerk in die breë en die Here ’n baie belangrike deel van God se koninkryk. Vir ons Here en vir ons God! Groete en seën, Ds. Hendrik de Beer Hoof-organiseerder Jeugtoer 2007

• • • • • • •

Van dissipels tot apostels Jesus die unieke onderwyser Die sleutels tot die gelykenisse Die Wonder agter die wonders Die skadu van die kruis Die laaste week van Jesus Die troonbestyging van die Koning!

Die kursus word van Januarie tot Junie op Dinsdagaande vanaf 19:00 tot 21:00 in die kerkgebou van die Gereformeerde Kerk Centurion aangebied. Die koste hieraan verbonde is R200 per persoon, wat ook ’n kopie van Prof. Van der Walt se boek insluit. Die aanbieder is Ds. Maarten van Helden (072 143 1855). Jy kan vir Louise Grobler weeksdae tussen 8:00 en 13:00 by 012 664 2614 skakel indien jy enige navrae het.

11


Nog ’n gleufie in die gordyn Kruger de Kock

OM

’n nuwe Afrikaanse kerk in Londen te stig, is ’n groot storie. Nie net omdat dit nuut is nie. Ook nie omdat dit Afrikaans is nie, maar veral omdat dit ’n kerk is. Dink daaraan: die dag toe die nuwe Canada Water Church met eredienste begin het, het die lig op nog ’n plek in hierdie donker wêreld waarin ons leef, deurgebreek. Amper soos die gleufie van ’n donker verhooggordyn, is daar nou nog ’n plek waar die lig deurbreek en die wêreld kan sien wat binnekort op die wêreldtroon gaan verskyn: die ewige koninkryk van lig en vrede met God. Ek weet nie of enige van ons wat deel was van hierdie kerkplanting al die volle impak besef het van dit wat God deur ons gedoen het nie. Een van ons het dit eendag besef en met ’n skok gesê: “Ek is 26 en ek het ’n kerk geplant.” Na die eerste amptelike diens het ons almal versigtig, maar verlig, begin besef dat dit aan die gebeur is. Die Canada Water Church in Londen het ontstaan uit die bediening van die London City Presbyterian Church, ’n gemeente wat saam met die Gereformeerde Kerke in SA onder Suid-Afrikaners in Londen werk. Dit is ’n direkte gevolg van die Draaipunt bediening in hierdie gemeente van die Free Church of Scotland. Na die afgelope drie jaar se ervaring met die bediening van jong Suid-Afrikaners in Londen, het ons besef waarna ons mense smag. Die meeste van ons hier is opsoek na een ding – en dit is nie ponde nie. Die ponde is meestal net ’n middel tot ’n groter doel, naamlik ’n lewe van betekenis. Hoekom is ek hier? Wat is my doel op aarde? Wat is God se plan met

12

my? Dit is vrae wat die meeste van die jongmense hier vra. En hulle kyk na die kerk vir antwoorde. As gemeente het ons besluit om so eenvoudig as moontlik by God se opdrag vir sy kerk – en daarom vir individuele gelowiges – te bly. Hy het ons gemaak om Hom lief te hê, om medegelowiges lief te hê en om die wêreld waarin Hy ons geplaas het in liefde met sy liefde te dien. Vir hierdie doel het ons drie hoof ontmoetings deur die week: eredienste waartydens ons liefde aan God kan bewys; Bybelstudie groepe waar ons liefde aan mekaar kan bewys en ’n Evangelisasie-ete waarmee ons liefde aan die wêreld bewys. As kerk en as jong gelowiges in Londen het ons nog altyd hierdie roeping gehad, maar êrens het ons die pad byster geraak. Êrens het ons die leuen begin glo dat jou lewe eers sin en betekenis het wanneer jy ’n meenthuis in Suid-Afrika het, wanneer jy op jou leather couch voor jou flat screen TV (wat die bokke se drieë wys) sit en jou splinternuwe motor afbetaal in die motorhuis staan. Maar watter betekenis het dit? Hoe lank kan dit ’n mens se diepste begeerte na sin en betekenis vervul? As kerkie hoop ons dat besoekers sal sien wat dit is wat ons dryf. Dit is die een versugting – die een verlange om God deur Christus te sien, te ervaar en te geniet. Ons roeping is en bly om God te verheerlik wanneer ons so saam buig om by Hom die lewende water te drink. Ons hoop is dat die wêreld sal sien dat hierdie God goed is en dat Hy die bron van lewe is. En as ons van die wêreld praat, bedoel ons dat die mense van Canada Water ons Evangelisasie-etes

moet kom bywoon en tot bekering kom. Ons langtermynvisie is immers dat die jong Suid-Afrikaners in Londen die sleutel sal wees wat die deur na die res van die gemeenskap toe oopsluit. Bid daarom saam met ons dat die eerste Engelssprekende mens wat hier tot bekering kom, ook die eerste nuwe lidmaat van die Engelse dienste by Canada Water Church sal wees. En hier in die kleine is die model wat ons vir bediening in die hele Londen en oor die hele Verenigde Koninkryke het – bereik en bedien groepe Suid-Afrikaners in bedieningspunte op strategiese plekke, rus hulle toe om die mense van die omgewing met die Evangelie te bedien en stuur hulle in die wêreld in om dieselfde te doen. Vir eers gaan ons daarop fokus om die Canada Water Church op te bou tot op ’n punt waar ons in staat sal wees om onsself te versorg. Daarna hoop ons dat ons die momentum sal behou om weer ’n nuwe groep Suid-Afrikaners te bereik, te bedien en uit te stuur. Warm groete uit ’n koue en nat Londen, Stephane, Kruger en Steffan de Kock kruger@canadawaterkerk.com Sms: +447780851135 Tel: (00944) 208 491 2850 (Verenigde Koninkryk) en van die Gereformeerde Kerk Randburg, Dr. Gert Breed www.canadawaterkerk.com www.draaipunt.com Tel: 011 793 5527


Hoe hoor ons God se stem? Elza Meyer ISBN: 978-1-77000-281-4

God praat met álmal – ’n mens moet net

luister. ’n Man hoor God in ’n brandende bos praat. God roep ’n seun in sy slaap. ’n Engel van die Here verskyn aan ’n jong meisie. In die Bybel is daar verskeie voorbeelde van mense met wie God direk gepraat het. Vandag is die lewe egter so gejaagd en die geraas om ons so oorverdowend dat mense nie meer God se stem duidelik hoor nie. Hierdie dinge trek ons aandag af en maak ons doof. Net omdat ons Hom nie duidelik hoor nie, beteken egter nie dat God nie met ons praat nie. Hoe hoor ons God se stem? is juis geskryf vir mense wat sukkel om God se stem te hoor. In eenvoudige vertelstyl illustreer Elza Meyer (deur stories oor onder andere Samuel, Dawid, Debora en Gideon) dat God met álmal praat – ’n mens moet net luister. Sy verduidelik hoe ’n mens op profetiese woorde moet reageer en ook hoe ons God se stem in die natuur kan hoor. Hoe hoor ons God se stem? is ’n eenvoudige, praktiese en volledige gids wat lesers nader aan God sal trek sodat hulle op ’n intiemer vlak met Hom kan kommunikeer. Die moed om vir vandag te leef Stephan Joubert ISBN: 978-1-77000-414-6 WIL jy graag leer om genoeg moed te hê om een dag op ’n slag te leef? Dan is hierdie boek vir jou. Almal beplan vir môre. Ons lewens is egter dikwels so besig en gefokus op môre dat ons van vandag vergeet. Verder is die lewe so gejaagd dat ons vandag reeds van môre se energie gebruik maak. Dis geen wonder dat baie mense ingee onder al die druk nie. Is dit wat God vir sy kinders wil hê? Wat sê God van vandag? Na deeglike Skrifstudie oor hierdie vraag het die topverkoper-outeur Stephan Joubert drie

ontdekkings gemaak wat hy in Die moed om vir vandag te leef deel, naamlik: - God het die wêreld gemaak teen die spoed van een dag op ’n slag; - God versorg sy skepping teen die spoed van een dag op ’n slag; - God bring geestelike vernuwing in sy kinders se lewe teen die spoed van een dag op ’n slag. “Vandag maak regtig baie vir God saak. Terwyl die meeste mense oppad is na môre toe, bestee God graag tyd in die hede. Terwyl mense rondsit en beplan hoe om die wêreld van môre af ’n beter plek te maak, deel God vandag reeds manna en lewende brood uit. Ons loop Hom iewers mis wanneer ons eksklusief in môre probeer leef terwyl God hier en nou aan die werk is.” In sy gemaklike geselstrant maak Stephan Joubert lesers bewus van die dinge wat hulle energie steel en deur Skrif- en ander verwysings wys hy vir lesers wat hulle kan doen om ’n gelukkiger en produktiewer vandag te beleef. Die moed om vir vandag te leef is ’n moet-lees vir almal wat graag wil ontdek hoe hulle genoeg moed kan hê om vandag voluit te leef. Is God regtig in beheer? Jerry Bridges ISBN: 978-1-77000-336-3 OF dit nou ’n verwoestende natuurramp aan die ander kant van die wêreld is of ’n tragiese ongeluk waarin ’n geliefde betrokke is, ons almal kom een of ander tyd te staan voor probleme, beproewings en tragedies. Die vraag is: Hoe reageer ons daarop? Wanneer terroriste toeslaan, storms uitbreek of ’n verhouding beëindig word, het ons gewoonlik almal dieselfde vrae: - Waarom het dit gebeur? - Waar is God dan nou? - Is God regtig in beheer? In Is God regtig in beheer? help die topverkoper-outeur Jerry Bridges lesers om aan die hand van die Skrif antwoorde te vind op hierdie vrae. So leer lesers om God se wysheid, liefde en soewereiniteit te midde van klein teleurstellings en groot tragedies te verstaan en te vertrou.

Bridges sê, “Ek het nie hierdie boek geskryf oor mý ervarings, wat nie juis uitsonderlik is nie. Ek het dit geskryf as ’n Bybelstudie oor God en sy soewereiniteit, sy wysheid en sy liefde, en die impak wat dit het op die teëspoed wat ons tref. “Hierdie boek is geskryf vir die gemiddelde persoon wat nie noodwendig ’n groot ramp beleef het nie, maar wat dikwels die teëspoed en hartseer van die lewe ervaar: ’n miskraam, die verlies van werk, ’n motorongeluk, ’n opstandige seun of dogter, ’n onbillike professor op universiteit. Hierdie gebeure is nie ‘voorbladnuus’ nie; inteendeel, dit word dikwels in ’n gebroke en verwarde hart begrawe.” Met die lees van Is God regtig in beheer? sal lesers bemoedig word en hoop ervaar terwyl hulle die groter doel van ’n alwetende, almagtige en liefdevolle God ontdek.

The Passion of the Christ (2004) Icon Productions Regisseur: Mel Gibson GOED, miskien is hierdie film al ’n bietjie oud, maar Kruispad het nog nie bestaan toe dit gewys het nie. As ons wel toe al bestaan het, sou ons verseker ’n filmbespreking daaroor geskryf het. Boonop is die DVD van The Passion of the Christ beskikbaar op die rakke van elke videowinkel, en jy wonder dalk nog steeds of jy hierdie film moet/mag/kan kyk. Kruispad gaan nie vir jou sê of jy hierdie film moet of mag kyk nie. Daar gaan ook nie regtig aandag gegee word aan die teologiese gesprekke rondom die film, óf die teologiese motivering hoekom jy dit moet (of nie mag) kyk nie. Daar is al heeltemal genoeg daaroor geskryf, en jy kan op verskeie plekke genoeg leesstof bymekaarmaak om self ’n verantwoordbare besluit te neem of jy tog op die ou end dit gaan kyk of nie. Kruispad gaan in hierdie resensie poog om jou voor te berei op die film, indien jy sou besluit om dit wel te kyk. Jy behoort na

13


te dink oor die volgende vóór jy The Passion of the Christ kyk: 1. Onthou, ’n film soos The Passion of the Christ is nie ’n doodgewone film nie. Dit is close to home vir elke Christen. Dit gaan oor Jesus Christus, die God waarin jy glo, jou enigste Verlosser en jou Saligmaker. Berei jouself voor vir ’n uiters intense en emosionele belewing van sy laaste ure. Jy gáán ontsteld wees na die film; 2. ’n Groot hoeveelheid tonele in hierdie film is uiters eksplisiet en gewelddadig. Dit is nie bedoel vir sensitiewe kykers nie. 3. Hierdie film is ’n gerepresenteerde (m.a.w. ’n “voorgestelde”), visuele interpretasie van Skrifgedeeltes deur ’n groep filmmakers. Daar is onder andere ’n regisseur, kameraspan, akteurs en musikante aan die werk om die verhaal op die mees geloofwaardige wyse moontlik voor te stel. Deel van die aard van film is om met die kyker se kop te smokkel. Onthou voortdurend terwyl jy die film kyk, dat dit ’n voorstelling is, en nie noodwendig werklik só gebeur het nie. As jy weet jy is ’n kyker wat jouself maklik in ’n verhaal inleef, moet jy mooi dink of jy genoeg oordeelsvermoë aan die dag gaan lê om hiérdie film te kan kyk; 4. Die filmmaker het gebeure in die film geplaas wat nie in die Bybel vermeld word nie, om ’n bepaalde konteks of betekenis uit te beeld (byvoorbeeld Judas se worsteling met die Bose). Daar is dus groot gedeeltes van die film wat nie letterlik geïnterpreteer kan word nie, en simbolies behoort gesien te word; 5. Jy word groot in ’n era waar kruisiging, marteling en selfs die doodstraf iets onvoorstelbaar en vreemd is. Boonop lyk die prentjie wat jy van Antieke Israel het moontlik heeltemal anders as wat dit werklik was. Hierdie film kan vir jou ’n bietjie meer realistiese konteks skep van hoe die plek waar die Bybelse verhale afspeel, gelyk het, asook van hoe ’n ware kruisigingsvonnis gewerk het; 6. Laastens, die kruisiging van Christus is ’n verhaal wat jy al vele male, van ’n baie jong ouderdom af, gehoor het. Jy is baie bekend daarmee. Dit is moontlik dat jy die werklike wyse van die kruisiging vir jouself kon versag het. Hierdie film kan jou dus ontnugter. Maar hierdie film kan jou egter ook weereens bewus maak van

14

watter groot opoffering Christus gemaak het om die sondige mensdom te red. Dit kan, sou jy die film met insig en verantwoordelik kyk, ’n persoonlike besef van God se liefde vir jou aan die gang sit.

Newsboys Go

SOOS ’n muskiet wat die hele aand lank in jou kamer rondvlieg, net so is Newsboys ook een van daardie groepe wat net nooit sal doodgaan nie. Na ’n stilte van amper vyf jaar, is hulle nuutste album, Go, seker een van hulle bestes op die rakke. Hulle het met hierdie album weer die tradisionele pop klank afgestof, nadat hulle laaste twee albums, Devotion en Adoration, eerder meer as lofprysing gesien kon word. Met energieke lirieke en melodieë, beskryf Peter Furler, die stem van Newsboys, hulle klank eerder as “Drum, beat and rhythm,” as wat hulle gesien kan word as ’n kitaar- of klawerbordgroep (hulle gee egter nie minder aandag daaraan nie). Hulle het ’n baie unieke klank wat wissel van ’n elektriese kitaar tot ’n definitiewe elektroniese klank en hulle speel baie rond met verskillende genres. “I wanna start it over. I wanna start again. There’s a new beginning, one without an end. I feel it inside calling out to me,” (Something Beautiful, Go). So maak hulle dit ook duidelik hoe hulle hierdie album aangepak het en hoekom hulle na 17 jaar by EMI en nou by hulle eie platemaatskappy, Inpop, steeds een van die grootste Christelike groepe in die wêreld is. Newsboys het oorspronklik in Australië ontstaan, maar hulle is nou gevestig in die VSA. Go is hulle 15de album op die mark. Hulle het hulle sukses nie sonder moeite bereik nie. Volgens Furler het die kerk hulle baie seer gemaak en het hulle eers onlangs regtig weer by ’n gemeenskap ingeskakel. Hulle het al reg rondom die

aardbol opgetree en as getuies uitgestaan. Een van hulle indrukwekkendste verhale het hom in Marokko afgespeel waar hulle voor ongeveer 15 000 Moslems opgetree het (dit is ’n land waar Christenskap jou dood kan beteken). Hulle het onlangs ook in Israel opgetree, en in 2006 deur SuidAfrika getoer. Newsboys se lirieke is sterk Christelik gefundeer, alhoewel ek nie altyd kan sê waar in die Bybel (indien wel) die spesifieke gedeeltes vandaan kom nie. Hulle hou eerder by die basiese boustene van die geloof, alhoewel hulle hier en daar egter ook tradisies in die kerk bevraagteken. As ek ’n album moes kies om op my iPod te sit vir die langpad sal Go definitief daarop wees. 7/10

“SOMETIMES we’re loudest when the doors are shut and no one can see our face. But it seems we’re quiet when some one needs a touch of heaven’s grace. I’m not gonna sit and stay in silence. I’m not gonna walk away in silence,” (In Silence). Dit is seker die woorde wat Michael W. Smith se nuutste, Stand, sy 19de solo– album op die mark, die beste sal opsom. Dit is sy rustigste album tot dusver, waar hy by sy gewone styl van akoestiese kitaar en klavier, met nie veel van ’n ritmiese ondertoon nie, hou. Die lirieke is kort en eenvoudig en spreek veral die wyse waarop ons moet opstaan vir dit wat ons glo, aan. Ek het nogal gesukkel om te onderskei of van die snitte liefdesliedere of geestelike liedere is, omdat dit nie altyd duidelik na vore kom nie. Hierdie is ongelukkig nie een van Smith se beste albums op die rakke nie en is volgens my ’n effense teleurstelling. Ons hoop wel dat Smith sal aanhou met sy goeie werk en dat album 20 dalk net weer sy beste sal wees. 5/10 Die resensiesuitleg is met trots geborg deur:


TOE

’n vriendin my vra of ek ’n artikel sal skryf oor my ervaringe in China, met die tema “wat God ook al vra”, het my gedagtes by die volgende bly vassteek: om te doen wat God ook al vra, kos ons alles en spesifiek onsself. Selfopoffering is die wet van die heelal, die fondasie waarop dit gebou is. As selfopoffering nie die verhewe wet van die heelal was nie, sou die Here God, die Opper-regeerder van die heelal, steeds volgens hierdie beginsel opgetree het? Deur die kruis op Golgota wys die Here vir ons dat hierdie verwerplike kruis die troon van die heelal is, nie net vir Jesus Christus nie, maar ook vir elkeen wat sy dissipel wil wees en sy voorbeeld wil volg. Die Here vra van ons in Romeine 12:1 die volgende: “Ek vermaan julle dan, broeders, by die ontferminge van God, dat julle jul liggame stel as ’n lewende, heilige en aan God welgevallige offer - dit is julle redelike godsdiens.” In hierdie gedeelte van die Bybel is dit baie duidelik dat die basiese, redelike ding om te doen, is om onsself as ’n volkome offer vir die Here te gee. Dit is nie die uitsonderlike nie; dit is ook nie slegs vir sekere, radikale Christene bedoel nie. Dit is waartoe die Here al sy volgelinge roep, en dit is ook die voorbeeld wat Jesus Christus vir ons gestel het. Volle oorgawe is die aller minste waarmee die Here tevrede is en sal wees. Hoe lyk volle oorgawe in ons lewe elke dag? Dit is iets waaroor ek ’n geruime tyd gepeins het. Moet ek na China of dalk enige ander ver land gaan om my lewe vir die Here neer te lê? Moet ek eenmalig vir die evangelie van ons Here Jesus sterf en so myself vir sy diens gee? Nee, liewe hartsgenoot, hierdie dinge is slegs maar ’n uitvloeisel van ’n lewe

“Wanneer jy vergeet word, of verwaarloos is, en mense ag doelbewus nie jou teenwoordigheid nie, en bogenoemde maak steeds nie seer nie, maar jy ag dit ’n vreugde om vir Christus te ly – dan sê jy met jou lewe: ‘ek sal doen wat God ook al vra!’”

Voel jy soms alleen op die pad?

15


wat in totaliteit aan die Here oorgegee is. Wanneer jy jou lewe aan die Here gee om daarmee te doen soos Hy wil, sal God jou self lei na dit wat Hy vir sy Koninkryk deur jou beplan. Hoe sal ek dan weet of my lewe so aan die Here behoort dat ek sal gee en doen wat God ook al vra? Hier is ’n paar eenvoudige gedagtes: Wanneer jy vergeet word, of verwaarloos is, en mense ag doelbewus nie jou teenwoordigheid nie, en bogenoemde maak steeds nie seer nie, maar jy ag dit ’n vreugde om vir Christus te ly – dan sê jy met jou lewe: “ek sal doen wat God ook al vra!” Wanneer al jou goeie bedoelinge gekritiseer en verag word, jou goeie raad nie aangeneem word nie, jou opinies belaglik gemaak word, en jy weier om woede in jou hart toe te laat of jouself te verdedig, maar alles in stilte en met liefdevolle geduld verdra – dan sê jy met jou lewe: “ek sal doen wat God ook al vra!”

“Om te doen wat God ook al vra, kos ons alles en spesifiek onsself.” As jy in liefde en geduld alle buitengewone omstandighede verduur, enige versteurings, enige irritasies, as jy vermorsing, oortolligheid, uitspattigheid en geestelike onsensitiwiteit kan verdra soos Jesus Christus dit verdra het, dan sê jy met jou lewe: “ek sal doen wat God ook al vra!” As jy tevrede is met enige kossoort, enige gawe, enige kleding, enige klimaat, enige gemeenskap, enige eensaamheid en enige onderbreking deur die

16

wil van God – dan sê jy met jou lewe: “ek sal doen wat God ook al vra!” As jy nooit na jouself in gesprekke hoef te verwys nie, of jou goeie werke aan die groot klok hoef te hang nie, as jy dit werklik liefhet om ongeken en ongeag te wees – dan sê jy met jou lewe: “ek sal doen wat God ook al vra!” Wanneer jy jou broer kan sien vooruitgaan en in al sy behoeftes word oortollig voorsien, en jy kan met ’n opregte hart saam met hom bly wees sonder enige jaloesie of vrae aan God, al is jou behoeftes veel groter en jou omstandighede desperaat – dan sê jy met jou lewe: “ek sal doen wat God ook al vra!” Wanneer jy vanaf enige persoon, jonger of ouer as jy, teregwysing kan ontvang en met ’n nederige hart uiterlik sowel as innerlik daaronder kan buig, sonder dat rebellie of weerstand in jou hart opkom – dan sê jy met jou lewe: “ek sal doen wat God ook al vra!” Liewe hartsgenoot, my afgelope tydjie in China het my werklik geleer dat ons as Christene moet leer om elke dag met oorgawe aan Jesus Christus te lewe, kinderlik en eenvoudig, dan kan Hy jou lei en gebruik in die dele van sy Koninkryk waar daar groot nood en behoefte is. (Dankie vir die gebruikmaking van uittreksel uit Overcomers through the cross deur Paul E Billheimer en Dying to self deur Bill Britton.)


rion skop hul jaar af met

rmeerde Kerk Centu Bo: Juventus van die Gerefo

el.

lekker saam kuier en spe

nd se terrein

r op die T.O.-stra

p bymekaa Onder: Die groe Onder: Ons hou erediens by Oribi-Gorge

Onder: Ons reik uit by ’n tehuis vir gestremdes

17


MET hierdie vraag kan jy jou opinie lug oor ’n sekere saak en dit vir ons stuur per slakpos, e-pos, faks of sms. Ons wil hoor wat jy dink. In Kruispad #1 het ons julle gevra wat julle dink van Lof en Aanbidding (Praise and Worship). Hier is wat julle te sê gehad het… Hey! Dankie vir die redaksiespan van die great magazine! Oor Lof en Aanbidding... Eintlik is dit vir my vreemd want dit word nie in ons gemeente gedoen nie, maar ek dink dis ’n goeie manier om Jesus te dien. Dit hang slegs af of dit gedoen word om die Here te dien of om net ’n lekker tyd te hê met lewendige musiek. Ciao for now... Este

18

Beste Charl, enigiemand is welkom om vir Kruispad te skryf. Kontak net die redaksie, en ons sal vir jou Kruispad se stylgids aanstuur. Indien jou artikel publiseerbaar is, en hy deur die redaksie goedgekeur word, sal ons hom in die volgende Kruispad-uitgawe insluit. Die redaksie wil baie graag van elkeen van julle hoor! Groete, Die redaksie. Ek persoonlik voel egter dat as jy trou moet jou Christenskap jou basis vir jou geloof wees en as die ander persoon nie glo nie, wat is jou basis waarmee jy deur die moeilike dele van ’n verhouding gaan? -Carlien Swart.

Haai daar... Ek is Charl Ubbink. Ek is 16 jaar oud en in die Gereformeerde Kerk PretoriaAnnlin. Ons het vandag die eerste uitgawe van Kruispad gekry... en wel... DIT KOOOOK!! Dis regtig super cool en ek geniet dit baie! Ek dien as voorsitter by ons kerk se jeuggroep (ons staan bekend as die Griffies... wees op die uitkyk vir ons) en ons het besluit om Kruispad ten volle te ondersteun! Kruispad gee regtig waar ’n nuwe en vars “image” aan die gereformeerde jong klomp... en dit maak my onbeskryflik opgewonde! DANKIE DAARVOOR!!! Ek wil ook graag weet of is dit moontlik dat ons/ek self so dan en wan ’n stukkie kan skryf vir Kruispad? Dit sal vir ons/my ’n groot voorreg wees! Mag God die werk wat julle vir ons doen seën!! Ek wil weer dankie sê... THANK YOU VERY VERY MUCH!! Groete Charl Ubbink

Eerstens: dankie aan Kruispad! Julle gee vir ons as jongmense die geleentheid om ons stem oor aktuele sake te laat hoor, dat elkeen van ons kan besef dat hy of sy nie alleen is in hul worsteling nie. Alle seën en voorspoed vir julle. My naam is Germari en ek is in matriek. In ons gemeente is Lof- en Aanbidding nogal ’n groot saak (veral omdat die jeug nie baie groot is nie). Die jeug voel dat daar voor die erediens (as ’n beginpunt) bietjie ander liedere gesing moet word. Ons wil nie die ouer lidmate uitsluit nie, maar baie jongmense voel dat hulle nie dieselfde up lifting kry as wanneer hulle by ’n ander gemeente is nie. Persoonlik is ek BAIE lief om Psalms en Skrifberymings te sing. Ek is nie teen ander liedere nie. Ek geniet byvoorbeeld ons Advent-feeste (Kersfeesdiens) waar die meeste liedere wat gesing word uit die Liedboek kom. Ek gee ook nie om vir Engelse liedere nie. My standpunt kom in dat ons as jeug

HIERDIE is dalk vir jou ’n vreemde WatDinkJyVan? Ons wil graag hoor wat dink jy van die feit dat die GKSA 150 jaar oud word in 2009. Maar belangriker is dat ons wil weet wat jy dink ons in 2009 moet doen om dit vier? Kom ons verduidelik dit ’n bietjie beter. As jy nou in jou dagboek kyk (as jy so gedissiplineerd is om een te gebruik) of op jou selfoon kyk, sal jy sien dit is nog 2007 – duh! Nog twee jaar voor 2009. Hoekom begin ons nou al daaroor praat? Die rede kan eenvoudig gestel word: 2009 gaan ’n groot jaar vir die GKSA wees. Daar is al ’n paar vergaderings gehou om te begin

beplan aan die feesjaar. En raai wat! Hulle sê dit moet ’n jaar vir die jongmense wees! Jip, hulle wil ons betrek (al was ons nie 150 jaar terug by die GKSA betrokke nie). Maar wat gaan jy doen? Sover lyk dit of daar drie tipe aksies gaan wees. Eerstens gaan daar in jou omgewing fees gevier word, tweedens gaan daar iets gedoen word, terwyl ons na Potchefstroom toe trek (amper soos die Groot Trek, net heeltemal anders) en derdens gaan daar met Paasnaweek soveel mense as moontlik in Potchefstroom bymekaar kom vir die groot aksies. Maar wat is hierdie aksies? Idees soos ’n fakkelloop, ’n getuienisboek, ’n logo, ’n feeslied, ’n musiekfees, ’n Drom-kafee, ’n fietstoer na Potchefstroom en ’n Bybel-loop

moet besef waarvoor die eerste Gereformeerde gemeentes geveg het. In die Ken & Vertrou & Doen vir gr. 8 word ons kerk se geskiedenis beskryf. Een van die hoof redes vir ons afstigting is die feit dat die mense nie gesange wou sing wat nie Skriftuurlik getoets is nie. Tydens die Algemene Kerkvergadering op 10 Januarie 1859 is Ds. Dirk Postma ondervra oor sy standpunt i.v.m. die gesange. Ek wil saam met hom antwoord: 1. Kerke wat regsinnige gesange wil sing kan ek nie veroordeel nie. 2. Die veiligste weg is om gesange te sing waarvan die teks in die Bybel staan. 3. As lidmate beswaar het teen gesange waarvan die teks nie in die Bybel staan nie, moet dit liewers nie in die erediens gesing word nie. 4. Die predikant moet sy oordeel kan gebruik. Gesange moet nie op predikante afgedwing word nie. (Bg. geneem uit Ken & Vertrou & Doen gr. 8 bl. 41.) Ek gaan nie gesange tydens die erediens veroordeel nie, maar ek gaan ook nie goedkeur dat enigiets tydens God se erediens gesing word nie. My grootste trots om aan die Gereformeerde kerk te behoort, is dat alles wat ons doen aan die Bybel getoets kan word. Dit sal hartseer wees as ons hierdie eienskap verloor. “Die hele Skrif is deur God geïnspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en ’n regte lewenswyse te kweek,” (2 Timoteus 3:16). Groete Germari Kruger (per e-pos)

is al voorgestel. Die jeugdeputate het egter besluit om te hoor wat jy wil doen! Het jy nog idees? Wat sal vir jou lekker wees om te doen? En wat sal jy wil hê moet gebeur, sodat ons kan wys hoe dankbaar ons teenoor God is dat Hy ons as GKSA bewaar het. Het jy nie idees nie? Dalk kan jy nog steeds betrokke raak deur hard te skree: “Ek wil help!” en as jy sien dit werk nie, vir ons ’n e-pos (watdinkjyvan@kruispad. net) of sms (072 138 8568) met jou kontakbesonderhede te stuur. Onthou, jy mag nooit sê die GKSA doen niks vir jou nie, veral nie as jy nie die moeite doen om ons te laat weet “WatDinkJyVan...2009 se Jubeljaar?” nie!



Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.