Kruispad #3

Page 1


1


Hallo nog ’n keer! Dit gaan op die oomblik baie goed met Kruispad. Sonder om die aap uit die mou te laat, wil ek graag saggies in jou oor fluister dat God besig is om GROOT goed te laat gebeur. Een van die dinge wat jy onder andere in die kort toekoms kan verwag, is ’n splinternuwe, super-interessante, uiters interaktiewe, heavy cool webblad (oftewel kruispad.net)! Maar genoeg van dit vir eers. Nou eers oor #3: Hierdie uitgawe se tema is “Watokal ... Hy geskryf het, sal ek onthou”. Ons weet dat ons in God moet glo (sien #1), en ons weet dat ons dan, as gelowiges, op ’n sekere wyse moet lewe (sien #2). Maar nou vraag drie: “Hoe op dees aarde kan ek weet hoe ek moet lewe?” Maklik! Gebruik die riglyne wat God vir jou gee. Maar waar gee Hy vir ons sy riglyne? In die Bybel natuurlik! Dít is hoe groot God se genade is – Hy red ons nie net sodat ons ’n volkome gelukkige lewe kan lei nie, Hy gee boonop vir ons daarmee saam ’n heilige en volmaakte handleiding van hoe om hierdie volkome gelukkigheid, stap-vir-stap en dag-tot-dag, te leef! Natuurlik is ’n handleiding net van waarde vir jou as jy dit oopmaak en gebruik. If you can’t fix it ... read the instructions! Wanneer jy nie jou Bybel (wat die handleiding vir ’n volkome gelukkige lewe is) lees nie, gaan jou geestelike lewe nie gevoed word nie, en kan jy nie ’n sterk verhouding met God hê nie. En sonder ’n sterk verhouding met God, kan jy nie volkome gelukkig wees nie. Dit is soos kar bestuur: Party van julle kan al, party van julle is besig om te leer, en ander van julle is besig om te swot vir julle learner’s. Wanneer jy leer bestuur, moet jy op elke ding wat jy doen konsentreer: jy moet onthou om die koppelaar in te trap, die ratte te verwissel, om in die truspieëltjie te kyk, jou een oog op die pad te hou, én nog boonop die stuurwiel vas te hou. Maar later is jy só gekonfyt dat jy, sonder om eers agter te kom dat jy dit doen, al die laasgenoemde gelyk doen, én nog boonop met jou passasiers gesels, én sommer ook die kar se radio sagter sit. Om Bybel te lees, is dieselfde as om te leer bestuur. Aanvanklik is alles vir jou nuut en vreemd, en konsentreer jy daarop om alles te probeer onthou. Later is jy so gekonfyt, en word dit so inherent deel van jou lewenswyse, dat jy outomaties, sonder om daaroor te dink, soos ’n goeie, getroue Christen begin lewe, want jy kén die instruksies wat die handleiding vir jou gee. Nou ja, baie sterkte met die deurwerk van jou “Heilige Handleiding tot Ewige Geluk”. Mag jy elke dag iets meer leer en onthou van wat ook al Hy geskryf het.  Tot #4!  Adri red@kruispad.net

2


Deur Ds. Maarten van Helden (leraar van die Gereformeerde Kerk Centurion)

daar

is vier gate in jou kop waardeur kennis kan binnekom. Twee oë en twee ore. Hierdie sintuiglike gawes is aan my en jou gegee, sodat ons die nodige inligting in ons koppe kan inkry. Inligting wat as die nodige kennis moet dien om te lewe soos God dit wil. So hoor Adam dat daar ’n “boom van kennis” in die paradys is. As Eva dit sien, raak sy lus om daarvan te eet. En jy weet wat die uiteinde daarvan was! Die Bybel begin dus sommer met die idee van kennis, en dat kennis goed kan wees, maar ook sleg. In Romeine 6:19 sê Paulus dat ons, ons liggame in diens van God moet stel. Dit sluit tog jou kop en jou brein ook in? Jou brein is die plek waar jy inligting stoor, sodat jy dit op die regte tyd kan herroep en gebruik. Dit is dus belangrik dat jy jou kop gebruik, en dat jy dit reg gebruik. Om dit te kan doen, moet jy jou brein laai met goeie inligting. Alles wat jy in boeke lees of van die internet aflaai is nie noodwendig goed nie. As jou gewete egter vervul is met die Heilige Gees, sal Hy jou help om al die gemorspos te filter. Dit is ook nie so moeilik nie, want die Heilige Gees gee aan ons die hoofbron van kennis, naamlik die Bybel. Die Bybel is die Woord van God aan sy verbondskinders. Daarin hoor ons die stem van die Verbondsgod. Hy is jou Vader wat vir sy kind nie ’n klip gee as jy vir ’n brood vra nie (Matt. 7:9). Om die regte kennis in jou kop te kry, is dit eerstens nodig dat jy dit van God vra deur gebed. Jakobus noem dit wysheid (Jak. 1:5). Wysheid is nie net inligting nie, maar die regte kennis op die regte plek. Dit is dus nie genoeg om net die Bybel te lees nie. Luister maar weer na Jakobus as hy sê dat die duiwels ook kennis van God het, maar hulle “sidder van angs,” (Jak. 2:19). Lees jou Bybel biddend om sodoende te hoor wat die kennis is wat die Here vir jou wil gee. So kan jy Hom liefkry en Hom beter dien. Jou kop moet vol raak van die Bybel self. Voordat jy insig en wysheid kan kry, moet daar beslis baie kennis ingeprop word. Kennis is immers die

God se Woord is soos ’n tweesnydende swaard en die verskillende Bybelboeke het verskillende funksies, amper soos ’n Swiss army knife. Ken jy jou multi-tool en kan jy hom reg gebruik?

3


basis waarop geloof floreer. Die kategismus verklaar dat geloof uit drie hoofdele bestaan: Kennis, vertroue en dade. Eers kennis! Kennis alleen is nie genoeg nie, maar sonder kennis kan daar geen geloof wees nie. Sonder genoeg kennis kan daar dus nie genoeg geloof wees nie. Dit is vanselfsprekend dat ek en jy ons Bybel deur en deur moet ken. As jy net ’n paar boeke uitsonder of net die Psalms en miskien Spreuke lees, sal jou geloof aan ondervoeding begin ly. Ken dus jou Bybel. Raak so vertroud met al die Bybelboeke dat jy op enige tydstip gepaste gedeeltes in jou gedagtes kan oproep. Ken selfs die Bybelboeke in hulle volgorde, sodat jy die nodige gedeeltes maklik kan opsoek. ’n Goeie ambagsman ken tog sy gereedskap en weet watter stuk om vir watter taak te gebruik! Die Bybel bestaan uit verskillende soorte leesstof. Daar is die verhale in die historiese boeke waarin ons leer wie God is en hoe Hy met sy mense werk. Daarin word vertel van die groot dade van God in die geskiedenis, sodat ons in verwondering van sy werke kan getuig. Die grootste daad is sy liefde in die lewe van Jesus Christus op aarde. Lees dus die vier evangelies om jou Verlosser en sy liefde vir jou te leer ken. Verder is daar ook lerende stof, soos die briewe

4

in die Nuwe Testament, waardeur ons insig kry in die werk van God in ons lewens. En aan die anderkant kry ons in die digterlike en wysheidsboeke wat praktiese riglyne vir ons lewe bevat. Ons moet probeer om hierdie variasie van die Bybel onder die knie kry. As jy lees net om jou gewete te sus, is dit nie goed genoeg nie! Lees om te onthou. Deuteronomium 6:7 sê dat die kennis by ons ingeskerp moet word. Inskerping dui op herhaling. Lees gedeeltes dus ’n paar keer deur, totdat dit in jou gedagtes bly. Moet liewer nie lees as jy vaak of haastig is nie. Memoriseer selfs gedeeltes, sodat jy dit kan opsê en probeer jouself oefen om die teksverse te onthou, sodat jy dit makliker kan terugvind. Jakobus leer ons dat die Bybel soos ’n spieël is (Jak. 1:22-25). As jy diep in hierdie spieël inkyk, as jy die Bybel in diepte bestudeer, sal jy die kennis kry wat jou vry maak. Vry van jou skuldige gewete en vry omdat jy weet wat die wil van God vir jou lewe is. Hierdie spieël laat jou sien wie die Here is en hoe jy voor die Here lyk. Dit sal die kennis bring wat tot verlossing lei. Komaan, gebruik jou kop!


Jou verhouding met God is ’n intieme liefdesverhouding Twee mense wat mekaar liefhet, verlang na mekaar se geselskap. God het ons innig lief (Ef. 2:4) en Hy het alles gedoen wat nodig is om die sonde wat ons van Hom geskei het weg te neem (Ef. 2:4-7, 14-19), sodat ons nou met Hom kan praat soos kinders met hulle pa wat hulle onmeetlik lief het. Stiltetyd en huisgodsdiens is ’n tyd in ons dag waar ons doelbewus bou aan hierdie liefde tussen ons en God. Hy praat met ons deur sy Woord en ons antwoord deur gebed en sang. Ons word stil en wag biddend op die Gees wat ons wil lei tot vrede, vreugde en wysheid. Ons beoefen intieme gemeenskap met God, waarsonder ons verhouding met Hom maklik ’n saaklike en oppervlakkige verhouding word. Ons vergeet so maklik Ons raak so maklik opgeslurp deur die goed wat ons elke dag moet doen en dan begin ons daarvoor leef. Ons vergeet waarvoor ons eintlik hier is, om God te verheerlik, om sy Woord uit te dra, om sy liefde aan die mense rondom ons te bewys. My stiltetyd en huisgodsdiens is ’n geleentheid om myself te herinner hoe wyd en ver en hoog en diep die liefde van God strek, wat my werklike doel hier op aarde is en dat God in en deur my kan werk, ver bo wat ek kan bid of dink (Ef. 3). Dit is ’n feit dat jy dit gaan vergeet as jy jou nie daagliks verdiep in die Woord en in gebed nie. Om sonder bagasie te kan reis God sê in Hebreërs 12:1 dat ons nie kan volhard op die pad van geloof as ons nie elke las aflê en ook die sonde wat ons so maklik omring nie. Ek weet nie of jy al iewers in die verkeer vasgesit het nie. Jy is omring deur karre, jy kan nie vorentoe of agtertoe nie, jy is uitgelewer aan die verkeer. So keer ons bekommernis, ons vrese en skuldgevoelens ons ook soms vas. Tydens my persoonlike stiltetyd kry ek die geleentheid om my sondes voor God te bring en die waarheid dat ek skoon gewas is in die bloed van Christus, weer vas te maak en die vryheid van vergifnis te beleef. Ek kan lig reis deur my lewe, want ek kan elke dag met die bagasie van gister en die moeilikheid van môre klaarspeel saam met my God. Sonder hierdie bevryding tydens stiltetyd en huisgodsdiens word jy al meer en meer verstrengel, totdat jy knak onder die druk. Aanbidding Lees Efesiërs 1. Oor en oor staan dit daar: “daarom moet ons God prys.” Ons sing ook: “Loof God omdat Hy goed is en goed is sonder end.” Huisgodsdiens en stiltetyd is loftyd. Lof aan God vir alles wat Hy gedoen het in Christus, wat Hy vir my gedoen het vandag en gister, en vir wat Hy is. As ek nie elke dag tyd maak vir stil word by God nie, beroof ek Hom van sy lof wat oor my lippe moet kom. Maak tyd vir stil word saam met jou Here en jou God.

deur Ds. Gert Breed (leraar van die Gereformeerde Kerk Randburg)

5


Toets jou Bybelkennis en wen! As jy die volgende raaisel kan oplos, kan jy ’n Nuwe Lewende Vertaling van CUM-uitgewers wen. Die eerste twee korrekte inskrywings, sal elk ’n Bybel ontvang.

Hoe werk dit?

Hieronder volg ’n paar kriptiese leidrade vir ons heel eerste Kruispad-woordspel. Die antwoorde is Bybelse persoonsname of name van Bybelboeke. Vind elke kriptiese leidraad se antwoord en vul dit in. Skryf dan die letter in die woord (wat aangedui word deur die nommer in hakies) neer. Bv. (3) is die derde letter in die woord. Die letters vorm saam ’n sin (wat nogal baie beteken). Daar is egter een letter weggelaat en jy moet probeer uitvind watter letter weggelaat is.   Kom ons gee eers ’n paar voorbeelde en hulle antwoorde. - ’n Hoofbedekking vir die slaap – Petrus (3) T - Ry daarop en gly daarop – Patmos (2) A -  Die Engelse held se gereg – Herodus (7) S   Hier volg die leidrade:

Kriptiese leidrade

1.       Die inwoner van die groendakkies is altyd die een wat nuuskierig is __________________ (3) ____ 2.       Gebruik dit om die motor-rower te roep ______________________ (4) ____ 3.       Gebruik die Bybelboek in jou PC as jy byna wil seerkry _________________________ (7) ____ 4.       Die voël met sy mooi groot stert het ’n groot drang ________________________ 6) ____ 5.       Jou kykers was jy daarin, vir seker __________________________ (5) ____ 6.       O, dis my vorige vrou se ete _________________________ (3) ____ 7.       Met ’n spesiale ligstraal kan jy heerlik ontspan __________________________ (6) ____ 8.       Met ’n vrouekledingstuk tussen die padda wat wou opsit se refrein is hy al die gelowiges se pa __________________ (2) ____ 9.       As jy opklim kry jy daar net die oorblyfsels van die vuur ________________________ (1) ____ 10.    Dié koning slaak ’n sug van verligting as die knaagdier met voël-hare ’n bees sonder ’n nageslag word ___________________ (6) ____ 11.    Met ’n enorme logika kan jy dié boek lees __________________________ (3) ____   Skryf die letters wat jy gevind het hieronder neer en stel dan vas watter letter uitgelaat is: ___________________________________________

Stuur nou ’n e-pos na red@kruispad.net met al jou antwoorde (d.i. die 11 antwoorde op die leidrade, die woord wat dit spel en die weggelate letter). Onthou om jou naam, van en kontaknommer by te skryf. Miskien is jy die gelukkige pryswenner! Die sluitingsdatum vir die kompetisie is 1 Oktober 2007. Wenners sal aangekondig word in Uitgawe 5. Geniet dit!

6


deur Ds. Braam Krüger (adviseur vir Kruispad en leraar van die Gereformeerde Kerk Benoni)

’n oog

vir ’n oog en ’n tand vir ’n tand! Dit is die oplossing vir die geweld in ons land! Wat dink jy? Daar is verskillende soorte geweld. Ons land word erg getref deur strukturele geweld (diskriminasie) en misdaad wat met geweld gepaard gaan. Al hoe meer mense is besig om keelvol te raak vir al die geweld. Sommige van ons ontkom die geweld deur weg te gaan. Maar dié van ons wat nie kan of wil emigreer nie, is besig om ’n woede op te bou. Dit is nogal opmerklik in hoeveel flieks en TV-programme (ook plaaslike produksies) geweld uitgebeeld word. Jongmense met wie ek gepraat het, sê die doodstraf moet terugkom. Een het selfs gesê dat hy maklik iemand wat ’n baba skiet of kindjie verkrag, self sal doodmaak! Hoe moet ons as Christene reageer op geweld? As ons immers sê dat ons Christene is, dan moet ons “Watokal... Hy geskryf het, onthou”. Wat leer die Here ons in die Bybel? Ons kry ’n belangrike riglyn in Eksodus 21:24, Levitikus 24:20 en Deuteronomium 19:21. Al drie hierdie gedeeltes gaan oor die konsep van ’n oog vir ’n oog en ’n tand vir ’n tand. Ek dink hierdie is een van die aanhalings uit die Bybel wat die meeste misbruik en verkeerd verstaan word – asof dit beteken jy kan iemand maar terug-

kry! Maar eintlik gaan dit oor iets heeltemal anders. Nadat Israel uit Egipte getrek het, was die volk daar in die woestyn maar ’n woeste klomp! Hulle het as families (clans) saamgeleef. Dit het soms gebeur dat iemand uit een familie iemand uit ’n ander familie seergemaak of selfs doodgemaak het. Dan het die familie van die persoon wat benadeel is, wraak geneem op die ander familie. En al het iemand byvoorbeeld net ’n ander se oog beskadig, het hulle sommer die oortreder doodgemaak. Toe leer die Here vir hulle: ’n oog vir ’n oog, en ’n tand vir ’n tand. Die straf wat iemand kry, moet in ooreenstemming wees met die oortreding! Maar as ’n mens daardie gedeeltes gaan lees, kom jy agter dat die familie nie self wraak mag geneem het nie, maar ’n hofbeslissing moes dit bepaal! Moses was in die begin self die regter van hierdie hof! Hierdie is inderdaad deel van die oplossing vir die geweld in ons land. Ons moenie weghardloop nie, maar werk en bid vir ’n regering wat ’n regstelsel toepas, wat geregtigheid laat geskied en wet en orde handhaaf (Rom. 13). Sien ook 1 Timoteus 1:9-10, Titus 3:1 en 1 Petrus 2:13. Maar dit is nie al nie! In Matteus 5:38-40 sê Jesus: “Julle het gehoor dat daar gesê is: ‘’n Oog vir ’n oog en ’n tand vir ’n tand.’ Maar Ek sê vir julle:

7


Julle moet julle nie teen ’n kwaadwillige mens verset nie. As iemand jou op die regterwang slaan, draai ook die ander wang na hom toe.” Dit beteken nie dat jy jouself nie mag verdedig nie, maar beteken wél dat die manier waarop jy reageer as jy persoonlik onreg aangedoen word, deel is van jou getuienis dat Jesus régtig ’n verskil maak in jou lewe. En so is jy ’n getuie van God se liefde. Die oplossing vir geweld? ’n Oog vir ’n oog en ’n tand vir ’n tand ... soos God dit bedoel het, nie soos dit deur mense verdraai is nie. Maar daarmee saam, ’n getuienis dat God ons deur Jesus genees van die drang tot geweld. Dit is Christene se getuienis van God se liefde.

Een van die mees skokkende simbole van geweld en wraak is die herkenbare wolkvorm van ’n atoombom. Aangesien Jesus ons vra om vredemakers te wees, is die bokant van die wolk vervang met ’n boom - ’n simbool van lewe en hoop.

8


Rubriek verskaf deur Geopende Deure

DAAR

is jaarliks duisende nominale Christene in Egipte wat deur Saoedi-Arabies geondersteunde inisiatiewe tot Islam bekeer word. Om deel te wees van die ekonomiese ontwikkelingsprogramme wat hulle aanbied, is die voorwaarde dat jy jouself tot Islam bekeer. Baie Christene doen dit dus om armoede te probeer ontvlug. *Martha, ’n programkoördineerder van ’n vroue-projek in Egipte, het die volgende aan Geopende Deure, ’n internasionale organisasie wat die Kerk in 66 geslote lande versterk, meegedeel. Hulle projek reik in liefde uit na ongetroude Christen-meisies, met die doel om hulle te bemagtig. Daar is egter heelwat kulturele hindernisse wat oorbrug moet word. Dit is byvoorbeeld ’n verskriklike skande vir ’n meisie om sonder ’n man se begeleiding iewers heen te reis. Dit gebeur gereeld dat Christen-meisies deur Moslemseuns ontvoer word en ouers is bekommerd oor hulle dogters se veiligheid. Martha se bediening is hoofsaaklik op nominale Christen-meisies in die plattelandse dorpies gemik.

9


Baie van hierdie meisies verlaat nooit hulle huise nie, nie eers om op die landerye te gaan werk nie. Hulle word dus as waardeloos beskou. Selfs ’n koei is, volgens die dorpenaars, meer produktief as ’n dogter. Hierdie meisies het gevolglik ’n swak selfbeeld en baie van hulle word fisies en seksueel mishandel. Hulle ly dus dikwels aan sielkundige versteurings en depressie. Trou raak vir hulle ’n obsessie, want die boodskap wat by hulle ingeprent word, is dat dit beter is om dood, as ongetroud, te wees. As ’n meisie op 16 of 17-jarige ouderdom nog ongetroud is, word sy as ’n groot las op haar gesin beskou. As gevolg van hierdie agtergrond, is dit baie moeilik om hierdie Christen-meisies te oorreed om die toerustingsgeleenthede by te woon. Hulle word persoonlik deur Martha besoek en die ouers moet van hulle dogters se veiligheid verseker word voordat hulle dit mag bywoon. Die meisies word hier geestelik onderrig. Daar is spesiale toerustingsgeleenthede waar hulle geleer word om naaldwerk, kookkuns en haarkappery te bemeester. Dit doen wondere vir hulle selfbeeld en bemagtig hulle om ’n klein besigheid te begin. Dit neem tyd voor die meisies bereid is om die Here aan te neem. Hulle het dikwels al soveel mishandeling deurgemaak, dat genesing lank neem. Hierdie is die enigste uitlaatklep rakende die mishandeling wat hulle deurmaak. Martha is deel van ’n span van agt voltydse dames wat die liefde en genesing van Jesus aan die vergete meisies van die dorpies verkondig. Bid asseblief vir hierdie projek. Bid dat hierdie meisies die Woorde van Jesus wat met hulle gedeel word, sal onthou. Die oes is ryp in Egipte. Vir meer inligting oor die Vervolgde Kerk, besoek Geopende Deure se webwerf by www.opendoors.org.za.

*Skuilnaam

10


Aangebied onder leiding van Jeugdeputate Part-Sinode Pretoria

HIER is ’n paar kampe wat binnekort in die Pretoria-omgewing aange-

bied word. Die inligting hieronder is ongelukkig al wat beskikbaar was teen die tyd wat Kruispad na die drukkers toe moes gaan. Die Wwess-kamp is ’n kamp wat jou ’n kans bied om geestelik te groei en beloof om die ervaring van ’n leeftyd te wees! Doppers @ C is een groot jol! ’n Paar van die redaksielede was al op hierdie kamp en kan daarvan getuig. As jy in matriek is, probeer beslis om op hierdie kamp te gaan. Die kans is goed dat hierdie kamp jou in elk geval goedkoper gaan uitwerk as wat ’n matriekvakansie jou sou gekos het. Wwess (Naskoolse jeug): Kontakpersoon: Ds. Ockert Oosthuizen T: 083 792 0850 E: ockert123@absamail.co.za Datum: 21-24 September 2007 Doppers @ C (Matriekkamp): Kontakpersoon: Ds. Ben Fourie T: 082 745 4117 E: ds@kameeldrift.co.za Datum: 23-30 November 2007 Kamp vir Gr. 8-10: Kontakpersoon: Ds. Nico Grönum T: 082 451 1638 E: gronumnh@lantic.net Datum: 27-30 September 2007

me is ook

r die proble

aie wat jou nte webbla a ss re te in r lfdertyd aa HIER isat ’nompkrul van lekkerkry en terse tone sal la rei: t nnis sal uitb om is ’n webblad me c jou Bybelke s. e H m Bible ang dga Biblewor nder andere ible Trivia o t a w s e tji B els, e spele lokkiesraais interaktiew Pac-man, b ie is dat die s, e ks g n d fu ri B e , man , ’n Oulik it. u sl in r rk word nie e e st p bblad be e en Quizma w ie d t to ie net speletjies n n word. zes.org. itgedruk ka u k o o biblequiz r is d maa la b b e ke w n word ’n Soortgely ere blokkiesraaisels e d n a word of r n e d ka n l o e uk wat lyn gespe n a a t a e bible quiz w t eva ok ’n oulik o is r searches b a a an D n word. r en waarv uitgedruk ka onthou soos jy vorde . rd o r kan w ngs teruggestuu wat jou telli s r na e o lo -p e s a ru e vi rde ou, kan g h rs fe die antwoo sy n at meer va Diegene w

lossings vi -Doku. Op

hulle Su all. d is holyc beskikbaar. ele webbla n io we kaart ie ks n kt fu ra r ’n Ande aar ’n inte d r a iek a w s/ map rt te kry – kl om die kaa com/bible l p e a kk m su le jy ib B (as fast van Israel is n dan op wide area el en yb B ie d e in ls te op studytoo ings na teks die r jou verwys e plekke op ld a a p e b facts) wat vi r oor o o is n d n n ro ke gterg r om jou ie n a m historiese a r e Dit is ’n lekk it te brei. kaart gee. die Bybel u n va aie. Dit is ’n is n e d rdie webbla ie die geskie h s ru e g ae wank e rydagmidd V Gaan beso ie ! rd a a d te vang nie verdryf op jouself aan t e heerlike tyd m m o t weet wa neer jy nie

11


UNDERGROUND is die Jeugbediening van

Geopende Deure en het meer as drie jaar gelede tot stand gekom. Ons visie is om inligting aan jongmense te verskaf oor Christene wat vervolg word weens hulle geloof. Ons wil hulle egter nie net inlig nie, maar ook uitdaag om betrokke te raak deur gebed en Bybelprojekte, jeugmateriaal en bemoediging. Underground fokus op: - ’n Goddelike Lewenstyl - Die onderrig van jongmense oor die vervolgde Kerk - Die mobilisering van jongmense om te bid vir die vervolgde Kerk - Die uitdaging van jongmense om betrokke te raak

Kontak gerus vir Alta by Tel: 011 888 9341 of E-pos: undergroundsa@od.org

Filippense 1:21: “… om te lewe is vir my Christus en te sterf is wins.” Nooi ons asseblief uit om by julle gemeente of skool met julle te kom gesels oor die vervolgde Kerk.

Is jy al ’n lid van Facebook? Indien nie, gaan onmiddellik na jou rekenaar toe en gaan registreer by www.facebook.com. Jy kan nie net bekendes en lankverlore vriende uit jou prille jeug opspoor nie, jy kan ook by die Kruispad-groep aansluit (tik net “kruispad” in by die search-venster, en Voila!). Op hierdie manier kan jy die nuutste Kruispad-nuus ontvang, en jy kan ook sommer ’n hele paar nuwe kerkvriende maak. Dalk loop jy van jou verlore kampvriende raak. Ons is op die oomblik onder andere besig met ’n debat oor Harry Potter en jy kan gerus kom saam gesels of as jy dalk oor iets anders wil redekawel, begin jou eie onderwerp op die Discussion Board... Sien jou op Facebook!

12


Blue like jazz Donald Miller ISBN: 0-7852-6370-5   “In America, the first generation out of slavery invented jazz music. It is a free-form expression. It comes from the soul, and it is true.” Alternatief, relevant, verfrissend en uitdagend. Dit is maar enkele terme waarmee Blue like Jazz beskryf kan word. Hierdie boek is uitstekende leesstof vir enigiemand wat dieper nadink oor die betekenis van die lewe en nie bang is om uitgedaag te word nie. Hierdie is nie ’n boek oor godsdiens nie. Dis een man se eerlike, rou neerpen van sy eie vrae en antwoorde oor die lewe, God, verhoudings en die kerk. Soms is daar vrae wat nie antwoorde het nie, en soms is daar antwoorde wat meer vrae ontlok. Die boek word beskryf as non-religious thoughts on Christian spirituality. Op ’n verfrissend-eerlike manier bekyk Donald Miller Christenskap vanuit ’n nuwe hoek. Die boek is verrassend en met ’n droë sin vir humor geskryf. Sake wat dikwels met handskoene aangepak word, word sonder huiwering deur Miller bespreek. ’n Alternatiewe boek wat nuwe perspektief sal bied op kwessies waaroor veral ’n nuwe generasie Christene behoort te praat. Alhoewel Blue like jazz nie splinternuut op die rak is nie, is dit ’n baie relevante boek wat beslis gelees behoort te word.

Die Bybel: Nuwe Lewende Vertaling Christelike Uitgewersmaatskappy   Die Bybel: Nuwe Lewende Vertaling lei ’n nuwe era vir Afrikaanse Bybellesers in. Dit bied ’n unieke balans tussen noukeurigheid, akkuraatheid en lesersvriendelikheid. Verhelderende voetnotas maak die Bybel ook ideaal vir Bybelstudie. Hierdie opwindende nuwe vertaling kommunikeer God se Woord op ’n dinamiese en kragtige manier.

Sielskos vir die vrou wat lééf! Milanie Vosloo ISBN: 978-1-77000-313-2   Vroue wat smag na vervulling, geestelike groei en buitengewone lewens, kan nuwe inspirasie put uit hierdie dagstukkieboek. Word regdeur die jaar versterk deur sielskos... Vir ’n nuwe begin Vir die liefde Vir jou siel Vir God Vir sukses Vir swaarkrytye Vir ’n positiewe lewe Vir vandag se vrou Vir gesonde verhoudings Spesiaal vir jou Vir spanningsvolle tye Vir jou toekoms Met haar unieke en vars perspektief op die lewe help Milanie Vosloo die vrou van vandag om in haar huwelik, gesin, werk en vrouwees die vreugde en vervulling te smaak wat God vir haar bedoel het.

Third Day Chronology Volume 0ne: 1996-2000 Essential Records (2007) Ons kan seker wees dat elkeen van ons swaarkry sal beleef. Ons almal het dit al op een of ander manier beleef en die Bybel waarsku ons dat dit sal gebeur. Tog is daar altyd hoop. Dit is kortliks die boodskap van Third Day se nuutste album. Hulle word beskou as een van die beste Christelike musiekgroepe en het al onder andere 22 Dove toekennings agter hulle naam. Nou is Third Day – na die uiters suksesvolle album Wherever You Are – weer terug op die rakke met ’n CD/DVD-kombo Chronology Volume One: 19962000. Die herinneringsboks word bietjie uitgepak en die

13


beste musiek uit die eerste helfte van hulle musiekloopbaan word afgestof. Hulle het die geleentheid aangegryp om ’n paar snitte ’n bietjie op te kikker en weer op te neem. Dit verskyn saam met ’n paar splinternuwe snitte wat nog nooit vantevore vrygestel is nie op die album. Die snit Thief, wat al in 1992 deur Mac Powell en Mark Lee geskryf is, het nog nooit so goed geklink en so diep getref nie. Saam met die album word ’n DVD met 11 video’s daarop uitgegee, wat jou soos ’n vlieg teen die muur laat voel en jou terugneem na die tyd toe Mac Powell se stem nog ’n oktaaf hoër was. Third Day is vir meer as ’n dekade al in Atlanta, Georgia (VSA), gevestig en sien hulself as Southern Rockers. Dit beteken dat hulle musiek ’n effense Country gevoel het. Die immer teenwoordige ballade met Mac Powell se unieke stem en kitaarspel, kom ook sterk deur in al hulle albums. Na hulle debuut-album in 1996, het Third Day daarop begin fokus om die Kerk te bedien met ’n aanbiddingsmusiekstyl, asook die gemeenskap met baie suksesvolle fondsinsamelingsprojekte. Hulle is sterk uitgesproke Christene en probeer die hoop in Christus as die middelpunt van hulle boodskap oordra. Volgens Mac Powell kry hulle die meeste van hulle inspirasie uit die boek Psalms. Die woorde van Love Song is baie treffend en ek kan enigiemand aanbeveel om daarna te luister. Vir Third Day aanhangers, oud en nuut, is Chronology Volume 0ne: 1996-2000 ’n album waarin jy gerus kan belê, saam met die Chronology Volume Two: 2001-2006 wat DV in Augustus op die rakke sal verskyn. Na Wherever You Are, wat vir my hulle beste album tot dusver is, kan ek met vrymoedigheid aanbeveel dat jy enige van Third Day se ander albums kan aanskaf. 8/10

Don Moen Hiding Place Integrity/Hosanna! Music/ Columbia (2006) Don Moen kan net nie stilsit nie. Hy is vir meer as drie dekades lank al in die bediening, het al meer as ’n honderd liedere geskryf en het al elf albums onder Hosanna! Music uitgereik. Sy nuutste solo-album, Hiding Place, is sy 21ste album op die mark, maar sy eerste vollengte studio-album. Moen se motivering agter ’n studio-album was dat hy ’n album sonder gehoor-applous wou uitbring, sodat luisteraars makliker God se teenwoordigheid kan voel.

14

Na meer as twintig jaar in die musiekbedryf, gebruik Don sy warm stem steeds vir rustige aanbidding en lofprysing met ’n skoon elektriese kitaar inslag. Alhoewel die album begin met ’n effe oordrewe sewe en ’n half minute lange titelsnit, kry dit meer lewe in die derde snit, Sacrifice of Praise, saam met Lenny Leblanc. Dit is baie sterk Christelik uitgesproke en in sommige snitte kan Skrifgedeeltes duidelik gehoor word. Die lirieke is kort en eenvoudig, maar glad nie oppervlakkig nie. Die album bevat onder andere ’n baie mooi verwerking van Psalm 23. ’n Mens kan wel die motivering agter die snit, Fresh Fire, wat aandring dat God weer die Heilige Gees moet uitstort, bevraagteken. Michael W. Smith aanhangers kan gerus Hiding Place probeer en kyk wat hulle daarvan dink. 7/10

Jars of Clay Good Monsters Essential Records (2006) Ken jy hulle musiek? Indien wel, is jy dalk in vir ’n verrassing. Good Monsters, Jars of Clay se nuutste album op die rakke, is effens anders en meer gewaagd as hulle vorige sewe albums. Hulle speel weereens baie rond met verskillende style wat wissel van rock tot verwerkings met ’n folk en bluegrass afwerking. Leigh Nash, ’n voormalige sanger van Sixpence None the Richer, kan gehoor word in Mirrors & Smoke. Musikaal is dit regtig briljant en het die album reeds ’n paar toekennings ontvang, maar wanneer dit egter by hulle lirieke kom, raak ek effens bekommerd. Die lirieke is nogal ingewikkeld en moeilik verstaanbaar. Woorde soos “But love won’t cure the chaos and hope won’t hide the loss,” (Surprise) en “You always make me sad, but that’s what true love is all about,” (Mirrors & Smoke), sowel as die hele snit, Oh my God, klink vir my baie gevaarlik. Alhoewel Jars of Clay gewoonlik baie sterk Christelik uitgesproke is, kon ek nie die verkondiging van Christus lekker in die lirieke vind nie, wat vir my baie teleurstellend is van so ’n groot naam in die Christelike musiekbedryf. 4/10

Die resensieblad word met trots geborg deur:


es kry fd eu rA

dri B

ree

FILMBESPREKING

gi be sp rek in film ie erd Hi

11 Julie is die nuwe Harry Potter-film (Harry Potter and the Order of the Phoenix) vrygestel, en twee weke later het die laaste boek in hierdie reeks (Harry Potter and the Deathly Hallows) op boekwinkels se rakke verskyn. Persoonlik het ek sover al die films gaan kyk, en ek was nog altyd pro Harry Potter. Nadat ek egter die laaste twee films gekyk het (The Prisoner of Azkaban en The Goblet of Fire), het ek skielik nie meer so luidkeels hierdie nuwe fantasie-reeks verdedig nie. En nou moet ek, soos jy ook, besluit – gaan ek die nuwe Harry Potter-film kyk, of gaan ek liewers ver daarvan af wegbly? Kyk, kom ons wees eerlik: Harry Potter is nie Liewe Heksie nie, en Lord Voldemort is nie Kerrie of Borrie (die geel Gifappeltjies) nie ... Liewe Heksie was ’n onskadelike, suiwer fiktiewe fantasieverhaal. Maar die wêreld en ervarings van Harry Potter stem nie net ooreen nie, maar is ge-

sg

OP

15


d. sp a rui va nK eli d red ak si

ed , ‘n

16

baseer op ware en egte toordery, heksery, afgodery, Satanisme en die okkulte. Soek jy bewyse? Daar is baie! Jy is welkom om jou eie Google-soektog te doen. Tik net “Harry Potter” saam met sleutelwoorde soos “Christian”, “occult”, “satanism” en “symbols” in. Ek het self ’n soektog gedoen, en alhoewel ek baie moes sif aan die inligting, het ek tog ’n paar duidelike waarskuwings gekry. Die mees opvallende kenmerkte van die okkulte en afgodery in die Harry Potter-verhale was onder andere die volgende: Die weerligstraal op die voorkop: Op Harry se voorkop is ’n litteken in die vorm van ’n weerligstraal. Die weerligstraal is ’n bekende Sataniese simbool (dit simboliseer Satan se val uit die hemel – vgl. Luk. 10:18). Hierdie simbool is onder andere deur die stigter van Die Kerk van Satan, Anton Szandor Lavey1, gebruik. In Openbaring leer ons dat God se kinders Hom sal aanskou, en dat sy Naam op ons voorkoppe geskryf sal wees (Op. 22:4). Die voorkop is dus ’n plek wat gereserveer is vir God se Naam. Is dit toevallig dat die merk van Satan op Harry se voorkop is? Ek weet darem nie ... Okkultiese doktrine of beginsels verkondig in Harry Potter2: ’n Mens kan sonder ’n siel bestaan (Prisoner af Azkaban, bl. 247); Reïnkarnasie en nekromansie (Prisoner af Azkaban, bl. 427-428); Disrespek of verontagsaming van gesag (in byna al die boeke verontagsaam Harry en sy vriende direkte bevele van hul onderwysers of voogde); Onduidelike skeiding tussen die bose en goeie (The Sorcerer’s Stone (VSA) - The Philosopher’s Stone (oorspronklike VK-titel)); Mag is die enigste realiteit wat bestaan (The Sorcerer’s Stone, bl. 30). Die scary ding hier is dat die aanhaling uit die Harry Potter-boek – “Death to the weakling, wealth to the strong!”, feitlik net so uit die Sataniese Bybel3 kom; Okkultiese mag mag gebruik word om bose toordery te bestry; Fortuinvertelling (in al die boeke); Tarot-kaarte; Die uitspreek van vloeke en towerwoorde; en die aanmaak van toordrankies. Die “Sorcerer’s Stone”: Hierdie een was die meeste shaky van almal! Wanneer iemand blykbaar by Satanisme betrokke raak, is daar vyf fases waardeur ’n persoon moet beweeg. Dit word die “Vyf fases in die transmutasie van die Siel” genoem. Wanneer iemand die vyfde fase bereik, verwerf hy die Sorcerer’s Stone. In Satanisme beteken dit dat iemand wat die Sorcerer’s Stone verwerf het, die “siedende mag van Lucifer in sy hande het”. Uhm ... Harry Potter and the Sorcerer’s Stone? Kontak met Bonatuurlike geeste: Ag, daar is hoeveel spoke, geeste, demone, trolle en aardgeeste (dwerge – wat eintlik bose karakters is) in al die Harry Potter boeke; Harry sien o.a. sy ouers in ’n towerspieël (terloops, Sataniste sien spieëls as poorte waardeur hul kan reis na die bonatuurlike wêreld).

Sataniese gebruike wat op so ’n wyse uitgebeeld word, dat dit ooreenstemmend is met ware Satanisme: Om maar net ’n paar te noem – Astrale projeksie; die uitspreek van vloeke; die gebruik van gelukstene vir beskerming; die onderskeid tussen Wit- en Swart toordery; die beginsel dat towerspreke eerder tydens ’n volmaan uitgespreek moet word; die vermoë om met slange te kan praat (dit was vir my nogal skrikwekkend toe Harry in die film begin het om met ’n slang te praat); sekere kledingstukke kan jou onsigbaar maak; die Basilisk slang (in Chamber of Secrets) wat die boosste en magtigste serpent in Satanisme is; die Spinnekop-koning (in Chamber of Secrets) wat soortgelyk blyk te wees aan die beskrywing van die demoon, Baal; en die Phoenix as simbool van herlewing na opsetlike selfmoord en ook die simbool vir die Antichris. Daar is ook vele Sataniese tekens in die films, byvoorbeeld die pentagram. Kyk net mooi, jy sal sien dat dit uitgekerf is in die houtdeure en klippilare. Hierdie lysie is báie langer, maar jy kan dit self gaan opsoek4. Ek dink jy kry die boodskap! Jy ken die ou gesegde: “Waar daar ’n rokie is, is daar ’n vuurtjie...”. Met die Harry Potter-verhale is die rook so dik, jy kan nie die vuur onder die rook sien nie. Deur Harry Potter te lees of te kyk, word jy gewoond gemaak en blootgestel aan goed wat jy as ’n goeie, getroue dienaar van Christus, nóóit onder oë sou kry nie. Jy leer goed van die okkultiese metodiek, en jy begin verstaan hoe demoniese praktyke uitgevoer word. As jy dus nou besluit of jy Harry Potter gaan kyk, vra jouself die volgende vraag af: “Gaan ek, op enige wyse ook al, vir die duiwel ’n geleentheid gee om my gewoond te maak aan en/of te onderrig in iets soos duiwelaanbidding, afgodery of toordery?” En dan kan jy vir jouself ook die volgende vra, wat dalk moontlik vir jou die gevaar kan aandui van dié tipe fiksie: “Hoekom wil Satan so graag hê ek moet vertroud en bekend wees met sy bose dade en invloed?”

1http://www.spotlightministries.org.uk/harrypotterarticle.htm 2Vir

aanhalings uit die boeke, besoek self http://www.cuttingedge.org/news/n1377.cfm 3Volgens die bron, bl. 34 van die Sataniese Bybel 4http://www.cuttingedge.org/news/n1391.cfm


17


By die Moot-kamp is die volgende vrae aan ’n

paar jongmense gevra: 1. Wat dink jy is die belangrikste ding wat jy van die Bybel moet weet? 2. Wat dink jy van die feit dat die GKSA 150 jaar oud word in 2009, en wat moet ons doen om dit te vier? Hulle het soos volg geantwoord: 1. Die blye boodskap! Hoe God na ’n mens kyk. Dit is die enigste ding wat saak maak. Nie hoe jou vriende of jy jouself sien nie. 2. Reël ’n Christelike musiekfees met SA Christelike en dalk internasionale bands. - Mario Fasondini 1. Dat God vir ons gesterf het en dat Hy altyd getrou aan ons is en dat Hy opgestaan het en weer gaan kom om dan die skape uit te soek. 2. Dit is ’n wonderlike gedagte en ons weet dat die Bybel die waarheid is omdat dit so lank al bestaan. Ons kan ’n kamp hou. - Riandi Malan 1. God is die enigste Een en die Bybel is sy Woord en die waarheid. 2. Dit is wonderlik en ek hoop dit is nog lank daar. - Thinus 1. Dat God enige tyd van die dag, op enige plek, by ons is en ons in sy hande dra. 2. Dit is ’n besondere gebeurtenis vir ons kerkgroep, en ons moet ’n ordentlike fees hou wat almal oor die hele land bymekaar te laat kom. Om alle ouderdomsgroepe te akkommodeer is baie belangrik. - Stephan v.d. Merwe 1. Dat dit die Woord van die Here, ons Almagtige God, is en dat dit deur Hom aan ons geopenbaar word. Dit is amazing om te weet dat dit Hy is wat met my daardeur praat. 2. Ek is baie opgewonde oor die feit dat Gereformeerde Kerke oor Suid-Afrika saam kan kom vir die spesiale geleentheid, en sien uit daarna om saam met ander jong Doppers dit te vier! Musiekfeeste sal ’n GROOT treffer wees! - Julinda Flemming

1. Dat God die enigste Here is en Hy het ons elkeen geskape na sy ewebeeld. Hy ken elke deel van ons en niks gebeur sonder sy wil nie. Jy besef eers dat God al is wat jy nodig het, as Hy al is wat jy het. 2. Dis verseker iets om te vier! Moet ’n groot samekoms hou spesiaal gefokus op die jeug. Hillsong United en Michael W. Smith, asook Casting Crowns is groot skare-lokkers: Net ’n probleem vir jongmense om almal Potch toe te gaan! - Zinette Swanepoel 1. Die Evangelie-boodskap dat Jesus na die aarde toe gekom het as mens om vir ons sondes te sterf. Deur Hom te aanvaar in jou lewe en te glo. Dis belangrik om van sy liefde vir jou te weet. 2. ’n Groot event vir jongmense, praise & worship, dan ’n erediens. - Anoniem 1. Dat die Here daar is vir ons maak nie saak wat nie. 2. Ek dink dis chilled dat nie alle mense weet nie en die gemeentes moet uitvind met ’n skop van ’n kermis. - Zander 1. Dat dit God se Woord is en gesag het in ons lewens. Ons moet dit reg en verantwoordelik gebruik, nie manipuleer of dele uitlos nie. 2. ’n Soort kompetisie onder die verskillende gemeentes en daarna ’n bokjol of iets. - Antanette 1. Dat jy gebore is in sonde en slegs omdat Jesus vir jou sondes gesterf het, kan jy die ewige lewe verkry. Jou dade op aarde moet ’n teken van dankbaarheid teenoor God wees. 2. Maak ’n fliek. - Abraham v.d. Berg

Watter belangrike keuses moes jy al in jou lewe maak? Vertel ons in 50 woorde, en e-pos dit na sêjousê@kruispad.net

18



Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.