Haai julle!
Die einde van 2007 is in sig, en jy is waarskynlik óf nou besig met eksamen, óf op vakansie. Die redaksie hoop dat jy op die oomblik onder ’n strandsambreel lê, met die lawaai van kinders en branders in jou ore, ’n koue koeldrank in jou een hand, en ’n Kruispad #5 in jou ander. Hierdie is Kruispad se eerste Kersfeesuitgawe. Die tema, “Watokal...die pad, ek sal aanhou”, gaan oor volharding – maar meer spesifiek, volharding in geloof. Elke jaar hierdie tyd herdenk ons die geboorte van Christus. Mag ons elkeen tydens Kerstyd, en ook wanneer jy hierdie spesifieke uitgawe van Kruispad lees, aan die pad dink wat Christus deur sy hele lewe gestap het. t En mag ons Hom volg, waar Hy ook al gaan, en waarheen (of na wie) die pad dan nou ook al lei. Mag Hy ons stuur waarheen Hy wil, en ons die nodige krag gee om die pad met volharding te stap. Mag ons nie moedeloos of verward word nie, en voortdurend onthou dat ons besig is om die pad van die Kruis te stap. En op ’n meer persoonlike noot: Die Kruispad-redaksie wens elkeen van julle ’n heerlike feestyd saam met julle families toe. Mag julle die liefde en seën wat Christus bring, volkome ervaar. En vir dié van julle wat op reis gaan – kom veilig terug! Ons wil ook so aan die einde van 2007 elkeen opreg bedank wat ’n bydrae gelewer het tot Kruispad se sukses. Dankie vir elke Kruispad-leser se bydrae, hetsy deur gebede, donasies, motivering, komplimente, raad, ondersteuning of betrokkenheid. Nou ja, tot 2008! Adri red_inhoud@kruispad.net
1
2
Daar is nie shortcuts wanneer dit by dissipelskap kom nie, hoewel dit soms lyk asof daar allerlei ander paadjies is. Matteus 18 wys vir ons hoe belangrik een verlore siel vir die Here is – Hy sal 99 ander op die heuwels agterlaat om na 1 verlore skaap te gaan soek.
1
Ware dissipelskap is die duur opsie, dikwels die lang opsie.
ek
As ek so gefrustreerd raak, kom ek elke keer agter hoe gemaklik ek geraak het. Ek wil hê alles moet NOU gebeur, ek wil resultate sien, vrug op my ‘arbeid’. NOU. Die lewe is mos deesdae in drive-thru-mode: druk ’n knoppie, plaas ’n bestelling, een-twee-drie, Big Mac in die hand, daar gaan ons. Hoekom sal ons wil wag as die lewe gaan oor vinnigste, beste, goedkoopste? Dan kan ons mos maar die goedkoopste dissipelskap-opsie ook kies. Dit klink vir my die maklikste! Maar dit is nie. Ware dissipelskap is die duur opsie, dikwels die lang opsie. Dit vra opoffering, tyd, geduld, sterf in jouself. Dit vra vertrou en aanhou ... En hier op my stoepie besef ek net weer: Dis vir háár dat Jesus gekom het. Vir die siekes en die gebrokenes van hart. Dis na haar en dié wat soos sy gevange gehou word deur die donker, wat Hy ons stuur – om hulle te bevry, om elke juk te breek, en die verdruktes vry te maak (Jesaja 58:6-7). Om aan die hongeres te wys waar hulle versadig kan word, en aan dié wat dors is, die Lewende Water te gee om te drink (Johannes 4:10). Sy is die een verlore skaap waarvoor Hy die ander 99 agterlaat om haar te gaan soek (Matteus18:10-14). Nou is sy nog ver en verdwaal, maar Hy sal haar kry, en haar Huis toe bring.
sit hier in my gemaklike stoepstoel en kyk uit oor die bome langs die Mooirivier. Die sonlig gooi ’n sagte goue lig oor die toppe van die bome. Vrede en vergenoegdheid is die gevoelens wat deur my sypel terwyl ek luister na die veraf roep van ’n hadida, en die duiwe hier rondom my in die bome. Vrede met myself, my omstandighede, met God. Dan sluip ’n ongenooide gedagtetjie skielik tot hier op my stoep. Eerder dalk ’n gedagteprentjie: Ek kan háár voor my sien, soos sy elke week na ons afsprake toe kom – beanie laag oor die voorkop, rebelse kyk in die oë, baggy broeke en los hemde. Soms bring sy haar girlfriend saam – net om my te skok? En as sy sien ek verander nie, kom sy maar weer alleen. Hoekom sy nog kom? Sal nie weet nie. Ek is nie baie lus om nou aan haar te dink, hier op my stoepie in die laatmiddaglig nie. Maar ek kan nie anders nie. Vrede is so ver van alles wat haar kenmerk. Inteendeel, as ek aan haar dink, sien ek aggressie, pyn, woede, rebellie – ’n klein dogtertjie wat bang en alleen is, ’n jong vrou wat bitter en hard geword het, wat niks met God te doen wil hê nie. Want haar aardse pa het haar verwerp en mense draai elke dag hulle rug op haar – goeie “Christene”, kerkmense. Ek erken: Sy maak my moedeloos. En kwaad. Soms wil ek haar skud, vir haar SKREE dat God vir haar ’n lewe van oorvloed het en kan sy dan nie SIEN dat Hy haar liefhet nie?! So gefrustreerd raak ek ... want sy sê sy wil haar lewe verander, gaan selfs kerk en Bybelstudie toe. Tog verander haar ou sondige patrone glad nie. Dis al ’n jaar lank wat ek haar sien en met haar ’n pad stap. Maar sy begryp nog glad nie wat GENADE beteken nie. God red ons op grond van genade – punt.
Want dis Hy, die Herder, wat haar red – nie ek nie. Ek kan saad saai, ek kan sy liefde deel – maar ek kan haar nie oortuig nie. Al wat ek kan doen, is om te bly bid, te bly liefhê, en te bly glo dat God ’n plan het met haar lewe. Al neem dit ook my hele leeftyd lank. Dalk leer sy Hom eers ken as ek nie meer op aarde is nie. Dit het donker geword hier op die stoep. Ek maak my gedagtes bymekaar en gaan binnetoe ... daar waar warmte en lig is. Ek trek die deur agter my toe en los die donker buite. En ek weet: Daar is baie wat nog nie by die huis is nie, wat nog buite in die donker ronddwaal, sonder hoop. Moenie die Hoop vir jouself hou nie. Hy is die Lig vir die wêreld. Nagedagte: Is jy in ’n gemaksone? Sit jy dalk ook op die stoep en kyk hoe die wêreld een-een verlore gaan? Hoeveel mense ken jy – met hoeveel is jy vriende – wat nie kerk toe gaan nie?
99
Want dis Hy, die Herder, wat haar red – nie ek nie.
Deur Anneretha Combrink (’n Kruispad-redaksielid)
3
4
deur Ds. Chris Hatting (leraar van die Gereformeerde Kerk Randburg)
1. HOE BELANGRIK IS DIT OM TE VOLHARD
4. WAT MAAK VOLHARDING MOEILIK?
Jy kan op baie plekke in die Bybel sien hoe belangrik “geloofsvolharding” vir God is en hoe God oor back sliding oordeel. Kom ons kyk maar net na Hebreërs 10:36: “Volharding is wat julle nodig het om die wil van God te doen en te ontvang wat Hy beloof het.” Vergelyk dit met Hebreërs 10:39: “Maar ons is nie van dié wat terugdeins en verlore gaan nie.” Ons is dus besig met ’n onderwerp wat krities belangrik is.
Kom ons kyk na die hefbome van die Bose wat jou van God wil loswikkel en dit vir jou moeilik wil maak om te volhard. In Hebreërs 12:1-2 waarsku God dat daar dinge is wat ons sal moet vermy: “...laat ons elke las aflê en die sonde wat ons so maklik verstrik.” Wat is dié dinge? Emosionele druk: As jy af voel, is jy geneig om dit wat jou gevoel vir jou sê, meer te laat tel as die waarheid wat God beloof. Dan sal jy sommer soos volg redeneer: “Dit help tog nie om te bid nie, want dit voel nie vir my asof God hier by my is en my hoor nie.” Onverstaanbarehede: Daar is nog soveel onverstaanbare goed en onbeantwoorde vrae oor God. Nou wil jy eers alles verstaan voordat jy gereed voel om in die geloof te volhard. Onsienbare en onmeetbare goed: Om in die geloof te volhard is om aan te hou om seker te wees van dit wat jy nie kan sien of met jou meetinstrumente kan bewys nie (Hebreërs 11:1). Dit raak partykeer moeilik as ander van jou “bewyse” vra. Verkeerde prioriteite: ’n Mens kan so maklik vir hierdie wêreld en wêreldse rykdom begin leef en dan word dit vir jou belangriker as jou verhouding met God. Verkeerde invloede van ander: Daar gaan goeie en ordentlike mense wees wat leef asof God nie bestaan nie en oënskynlik ’n lang tyd daarmee wegkom. Daar gaan slegte mense wees wat gaan probeer om jou te verlei om slegte goed saam met hulle te doen omdat dit lekker is. Sondige dade: Sonde lyk partykeer lekker en voordelig, en die een wat dit doen besef soms nie vooraf wat die nare en ongelukkige gevolge daarvan sal wees nie. ’n Mens kan seker nog baie ander hefbome van die Bose opnoem, maar die Here sê ons moet wakker wees, bogenoemde raaksien vir wat hulle is en dit vermy.
2. WAT VOLHARDING NIE IS NIE Volharding is nie om bloot te bly wie en wat jy is nie. Dit is nie om op die onderste trappie te bly sit of om te stagneer nie. 3. WAT VOLHARDING WEL IS Volharding is groei. Volharding is om die trappies tot bo te klim. Dit is om die doelwit uiteindelik te bereik en te vorder op die regte pad daarheen. ’n Atleet wat nie die 1500m wedloop voltooi het nie, kan tog nie spog dat hy darem ten minste die eerste 400m gewen het nie. Die saad wat in goeie grond gesaai is, “dui op dié wat die woord met ’n goeie en opregte hart hoor en dit bewaar en deur volharding vrug dra,” (Lukas 8:15).
5. KOM ONS VRA: WAT SAL ONS HELP OM TE VOLHARD? ’n Beter vraag is: Wie sal ons help om te volhard? Die antwoord is duidelik. Dit staan oral in die Bybel. Byvoorbeeld: 1 Korintiërs 1:8 & 9: “Dit is Hy wat julle ook end-uit sal laat vasstaan sodat daar geen aanklag teen julle sal wees op die dag dat ons Here Jesus Christus kom nie. God is getrou!” Die geheim van volharding is juis om te besef dat volharding gelóóf is. Dit is om aan te hou om te vertrou en afhanklik te wees van God. Ek moet volhard, maar om te volhard is juis om te sê: God sal my end-uit vashou! Volharding is dus volharding in vertroue op God. Dit is om aan te hou glo dat Hy volmaak is. Hy is volmaak in sy wysheid en Hy weet wat Hy doen – al verstaan jy dit nie elke dag so mooi nie. Hy is volmaak in sy liefde en sal ons met volmaakte liefde en genade altyd vashou. Hy is volmaak in sy getrouheid en sal nooit een belofte vergeet nie. Daarom: Hou aan om jou geloof goeie kos te gee. Voed jou geloof met “suiwer geestelike melk,” – sy Woord (vergelyk 1 Petrus 2:1). ’n Atleet sal net end-uit kan deelneem as hy sy liggaam oefen. Oefen jou geloofspiere. “Oefen liewer om in toewyding aan God te lewe,” (1 Timoteus 4:7). Ondersteun ander gelowiges en kry ondersteuning van hulle! (Vergelyk 1 Korintiërs 12:14). “Hou jou geloofsoog op Jesus, die Begin en Voleinder van jou geloof, dan sal jy nie geestelik moeg word en uitsak nie,” (Hebreërs 12:3).
Volharding is soos bergklim: dis maar moeilik om aan te hou en ’n mens sien nie altyd die einddoel voor oë nie. Jy moet egter van tyd tot tyd stilstaan en God dank vir hoe ver jy al gekom het deur sy genade. Geniet die uitsig vir ’n wyle en pak weer die berg aan!
5
6
Hy het sedert sy vrylating reeds vyf jaar se studies agter die rug. Aanvanklik moes die groepie van vyftien studente in die geheim gedissipel word. Hulle het in ’n verafgeleë huis, vroeg soggens of saans baie laat, bymekaargekom, sodat hulle nie te veel aandag sou trek nie. Tien van hierdie vyftien studente staan vandag voltyds in die Here se diens. Gedurende hierdie tydperk is Christene, veral in Mihn se area, kwaai vervolg. Een keer is hulle beveel om die dissipelskap-opleiding te staak. Maar hulle het voortgegaan, ten spyte van die gevare wat dit vir hulle ingehou het. Te danke aan hulle gehoorsaamheid het Mihn geleer hoe om ’n effektiewe leraar en prediker te wees. Hy het strategieë aangeleer oor hoe om God se Koninkryk uit te brei. Die belangrikste strategie is natuurlik om dissipels van ander te maak. Sodoende is daar heeltyd iemand wat kan voortgaan met die werk indien Mihn gearresteer sou word. Al die gelowiges word aangemoedig om na die verlorenes om hulle uit te reik. Die nuwe bekeerlinge word gedissipel en gemobiliseer om deel van die evangelisasiespan te word en sodoende die kerk te help uitbrei. Mihn se doelwit vir 2008 is om vyf nuwe, plaaslike kerke te vestig. Tans het hulle sewentien opgeleide werkers. Die meeste van hulle beklee leierskapposisies in verskeie gemeentes en is voltyds besig met evangelisasiewerk. Mihn lei maandeliks hulle gebedsbyeenkoms. Mihn wil almal wat hulle deur gebede ondersteun, uit die diepte van sy hart bedank. Hy sê dat hy besef die kanse is skraal om een van julle môre te ontmoet, maar hy weet dat ons almal mekaar eendag in die hemel sal sien. Ons wil julle elkeen vra om hande te vat met Mihn en om hom in julle gebede te dra. Bid vir meer voltydse werkers wat hom sal kan ondersteun en bystaan. Bid dat Mihn en sy kollegas al die lesse wat hulle tydens hul studies geleer het, prakties sal kan toepas. Bid dat die Here in Mihn en sy gesin se behoeftes sal voorsien en dat Hy hulle sal beskerm. Watokal...die pad, Mihn sal dit loop vir Jesus. Vir verdere inligting rakende die Vervolgde Kerk, kontak Geopende Deure se hoofkantoor by 011 888 9341 of besoek hulle webwerf by www.opendoors.org.za
die bereidwillige volgeling Rubriek geskryf deur Geopende Deure
is ’n Viëtnamese man wat sestien MIHN jaar gelede tot bekering gekom het. Aanvanklik het hy nie baie aandag aan God se doel met sy lewe geskenk nie. Sy lewensomstandighede was haglik, want sy gesin was baie arm. Hy het ook aan ’n seldsame siekte gely wat veroorsaak het dat sy liggaam nie baie beweeglik was nie. Geen dokter kon hom help nie. Uit desperaatheid het hy tot God uitgeroep. Hy het God belowe dat hy sy hele lewe aan Hom sou wy, as Hy vir hom en sy gesin uit die modderput sou red. Die genesingsproses het toe begin. Mihn dien al die afgelope tien jaar voltyds die Here. In 1998 is hy gearresteer, omdat hy die Evangelie gedurende Kerstyd versprei het. Destyds was hy net ’n medewerker in die kerk. Die polisie het al die aktiwiteite van die Christene fyn dopgehou en diegene gearresteer wat, ten spyte van dreigemente, steeds eredienste bygewoon het. Terwyl Mihn in die tronk was, het hy ’n kerk gestig en voortdurend evangelisasiewerk gedoen en gebid vir al die gevangenes. Meer as ’n 100 mense is te danke aan sy gehoorsaamheid aan God gered. Op daardie stadium was hy besig met ’n Pastorale korrespondensiekursus. Hy moes dit opskort vir die nege maande wat hy onder arres was. Tydens hierdie nege maande het God se roeping vir sy lewe duideliker geword en het dit vir hom al hoe makliker geraak om Hom te gehoorsaam. Daarom beskou hy sy lyding vir Jesus as ’n seën.
7
8
Foto van ’n Viëtnamese man (Stock XCHNG)
DIS
vakansie! Hoe lyk jou reisplanne? Het jy klaar gepak? Of bly jy dié vakansie tuis? Dalk is jy al reeds op pad? Wel, eintlik is almal van ons reeds op pad, want die groot reis het al lankal begin! Jip, jy het ’n reisiger geword die dag toe jou klein mense-liggaampie die wêreld binnegekom het. Daar het jou lewensreis begin! Aanvanklik het jy saam met jou ouers gereis en was dit hoofsaaklik hulle verantwoordelikheid om te sorg dat jy op koers bly en die regte pad volg. Maar vir elkeen van ons breek daar ’n tyd aan wanneer ons op ons eie verder moet reis! Dan begin jy skielik besef dat jy sélf die aanwysings langs die pad moet volg en boonop sélf die padkaart moet bestudeer om seker te maak dat jy by jou bestemming uitkom! Dis nogal ’n groot verantwoordelikheid, nè? Gelukkig het jy ’n Toergids wat lank voor die aanvang van jou lewensreis reeds jou reisplanne agtermekaar gekry het! Al wat jy hoef te doen, is om die padtekens te gehoorsaam, die aanwysings te volg en natuurlik jou Padkaart te bestudeer, want dan weet jy later instinktief wat die regte koers is om te volg! Sê nou jy verdwaal? Jy sal nie verdwaal as jy die regte aanwysings volg nie. Maar as jy probeer kortpad vat of eiewys raak en self jou reis probeer beplan, dan gaan jy wel verdwaal. Die Here het vir elkeen ’n unieke reisplan uitgelê. Terwyl jy op reis is, gaan jy by ’n aantal kampterreine aankom waar jy vir wyle gaan vertoef, voordat jy verder kan gaan om by die uiteindelike groot bestemming uit te kom. Daar is ’n paar redes waarom jy kamp opslaan terwyl jy op reis is: (1) sodat jy kan rus en jou kragte herwin voordat jy verder reis, (2) omdat die pad vorentoe nie duidelik is nie en jy eers jou Padkaart en ’n paar medereisigers moet raadpleeg, (3) omdat jy eers toerusting moet kry vir die reis vorentoe, of (4) omdat jy ’n opdrag van die Toergids ontvang het en dit eers hier moet uitvoer voordat jy verder kan reis (amper soos op die TV-program Amazing Race). Dikwels weet jy vooruit watter kampterrein jy volgende gaan bereik. Jy is dalk besig om klaar te maak met skool en het reeds besluit waar jy wil gaan studeer en watter kursus jy wil volg. Maar soms weet jy nie by watter kampterrein jy volgende gaan uitkom nie. Jy het dalk klaar gestudeer en moet nou aansoek doen vir werk, dus weet jy min of meer in watter rigting om te gaan, maar presies waar en hoe vêr die volgende kampterrein is, weet jy nie verseker nie. Wat maak jy dan? Jy kyk vir aanwysings. En as daar
Deur Gerda
nie aanwysings is nie? Dan is dit nog nie tyd om te vertrek nie. Wat doen jy intussen? “Vertrou liewer op die Here en doen wat goed is, woon en werk rustig voort. Laat jou lewe aan die Here oor en vertrou op hom; Hy sal sorg,” (Psalm 37:3 & 5). Jou verblyf op so ’n kampterrein kan binne enkele maande verby wees, soos wanneer jy in Europa gaan werk om ’n klompie euro’s te verdien. Of dit kan ’n tydperk van ’n paar jaar wees, soos wanneer jy universiteit toe gaan of ’n langtermynaanstelling by ’n firma kry. Gedurende hierdie tyd ontmoet jy ’n klomp nuwe vriende en skakel in by ’n gemeente waar jy tuis voel. Naderhand verruil jy selfs jou tent vir ’n karavaan en skaf allerhande kampeertoerusting aan om die kamplewe vir jouself so gerieflik moontlik te maak. Jy skiet behoorlik wortel in jou Camp Master-stoel en is dood tevrede met die gemaksone waarin jy jouself bevind... Tot jy op ’n dag ’n boodskap ontvang wat sê: “Vat jou goed en trek, Ferreira!”. En daar vou jou Camp Master-stoel onder jou in... Jy sien die aanwysings wat om jou onthalwe aangebring is, maar jy wil nie heeltemal toegee nie. Moet jy rêrig nou al jou besittings oppak, jou vriende en familie groet en alles wat vir jou bekend is agterlaat? Dalk het jy geweet dat jy een of ander tyd weer moet vertrek, maar is dit nou die regte tyd en moet jy rêrig oor hierdie berg klim? Jy het jou reis ’n bietjie anders beplan – jy moes immers nog jou droomvrou of daai ridder op sy wit perd ontmoet het! Raai wat? Jy is nie in beheer van jou reisplanne nie. Die Toergids is. God is. Sjoe, wat ’n verligting! Maar wat beteken dit? Eerstens, jou paadjie is reeds deur die Here uitgelê (Psalm 139), so ook dié van al die ander reisigers op hierdie aarde. Hy weet presies waarheen jy op pad is, al sien jy nog geen kampplek nie. Tweedens, Hy het tot hiertoe saam met jou gereis (Psalm 90) en derdens, Hy sal verder ook saam met jou reis (Psalm 23 & 121), dus hoef jy nie bang te wees nie! Gaan dink ’n bietjie na oor alles wat jy tot dusver op jou reis meegemaak het. Wat het jy oor jouself geleer? Wat het jy van God geleer? Het jy nie reeds die opdrag van jou Toergids hier uitgevoer nie? Watter nuwe vaardighede het jy aangeleer? Dink jy nie daardie Merrell-stapstewels wat jy tydens die laaste kamp by ’n medekampeerder present gekry het, gaan nou baie handig te pas kom as jy oor hierdie berg moet klim nie? Ja, die Here het jou inderdaad toegerus en Hy het jou versorg tot nou toe én hy sal sorg vir die toekoms, want Hy weet wat op jou wag – Hy was (en is) immers reeds daar!
Dis nie maklik om al jou goed op te pak en die reis na die dynserige nuwe horison aan te pak nie. Jy glimlag dalk mooi en wuif totsiens vir die kameras, maar jy’s volkome bewus van die vrees en onsekerheid wat in jou hart woel. Wanneer jy egter die kompas van die kruis volg, is jy op die regte pad (Matteus 6:33).
edaksielid)
Kruispad-r van Helden (’n
9
10
hoe deur Dr. Johan Eloff (Kruispad se eie berader)
Die redaksie wil julle graag bekendstel aan ’n nuweling op die Kruispad-span, Dr. Johan Eloff, die nuwe Kruispad-berader. Dr. Johan is ’n kundige wat die harte van gelowige jongmense ken. Indien jy worstel met enige probleem (of iemand ken wat met ’n probleem worstel), en jy het nie die vrymoedigheid om met iemand wat jy ken daaroor te praat nie, stuur net ’n e-pos aan help@kruispad.net. Alle korrespondensie sal natuurlik streng vertroulik hanteer word!
kan ’n mens ooit die storm-en-drang jare vergeet? Jy’s uit onder Pa en Ma se vlerke, besig om hoër, verder, vinniger en langer te vlieg. Dit is ’n tyd wanneer jy jou nuutgevonde vryhede beoefen. Die meeste jongmense verlaat die ouerhuis en sommige verlaat selfs die land. Grense word getoets en selfs oorgesteek met die gevolg dat jy jou soms op plekke bevind wat dodelik gevaarlik is. Saam met vriende geniet jy die smaak van drank, vergryp jou aan shooters, rook jy sigarette of dagga, of probeer jy extacy. Jy proe saam met jou spesiale vriend of vriendin aan die verbode vrug wat vir die huwelik bedoel is. Sommige jongmense eksperimenteer met iemand van dieselfde geslag. Of jy vergryp jou aan pornografie. Ook is dit die tyd wanneer jy die meeste goed wat die kerk jou geleer het, bevraagteken. Dit is jammer dat jy nie besef dat jy van jou grootste besluite ooit tydens die kwartjare sal neem nie. In dié tyd kies jy jou beroep en bekwaam jy jou daarvoor. Jy soek na jou lewensmaat. Die meeste van ons trou tydens hierdie fase. Baie begin met ’n gesin. Dit alles binne dié onsekere tyd. Diegene wat antwoorde behoort te verskaf, maak hulle gewoonlik skuldig aan een van twee uiterstes. Eerstens is daar die moraliste met hulle moets en moenies. En soos teen dié tyd reeds bewys het, los dit niks op nie. Wettisisme gee geboorte aan meer vrae as antwoorde. Tweedens wil ander jou forseer tot een of ander geloofservaring, wat die einde van al jou probleme sal beteken. Die piëtiste lê klem op ’n quick fix wat hoogstens tydelike verligting bring. Die Skrif is realisties en daarom behoort ons ook realisties na die lewe te kyk. Realisties beteken dat jy eerstens die situasie waarin jy as jongmens verkeer, sal verstaan. Tweedens dat jy jou optrede binne jou situasie kan identifiseer. Derdens dat jy sal besef dat jou optrede deur ’n stel denke, ’n paradigma, gedryf word. En vierdens dat jou paradigma (denkraamwerk) vanuit jou lewensbron gevoed word. ’n Nuwe lewe is moontlik wanneer jy, gelei deur die Heilige Gees, God kies as die enigste Lewensbron vir jou lewe. Die nuwe LEWENSBRON skep ’n nuwe paradigma vanuit die Woord en die nuwe denke gee nuwe praktiese gestalte aan jou woorde en dade binne-in jou ou situasie. Met Jesus as enigste Lewensbron sal jy kan aanhou watokal ... die pad.
11
DIS
Kerstyd. Die kinderhuis is stil. Dis vreemd, want eintlik verwag jy mos ’n groot getal kinders wat in hierdie tyd nêrens het om heen te gaan nie. Waar is almal dan? Soos jy deur die geboue stap, raak jy bewus van ’n woeligheid in die kombuis. Wanneer jy instap, sien jy ’n handjievol kinders besig om saam met die persoaar van die neel iets vir ete te maak. “Waar is al nter (voorheen ler deur Henning Ve tans leraar die ander kinders dan?” vra jy. “Hulle is by rk Reddersburg en Gereformeerde Ke os) -O ille llv hulle huise, of vakansie-mense,” antwoord eerde Kerk Be van die Gereform een van die groot dogters. “En julle klomp dan?” “Ons is die moeilikes, ons kan nie huis toe gaan nie, en niemand laaik ons nie, maar ons worry nie,” sal hulle vermakerig en spottend antwoord. Die tannies doen darem dinge om Kerstyd lekker te maak, soos om uitstappies stad toe of plaas toe te reël. Vir die res van die tyd speel hulle pool, luister musiek en kyk DVD’s. Hulle is dus niks anders as ander kinders van hul ouderdom nie. Daar is net een groot verskil vir hierdie klompie wat agtergebly het: hulle is nie by hulle gesinne nie. En ons elkeen sou tog kon saamstem dat Kerstyd mos gesinstyd is. Dis die tyd van dinge saam doen, tyd om goeters vir mekaar te gee en om te sien of jy reg geraai het wat die ander een wil hê. Net so wil elke inwoner van die kinderhuis dit ook hê. Sommige kry dit, as omstandighede by die huis so is dat hulle kan gaan. Ander gaan vir ’n tyd lank na ‘plastiek’ ouers toe wat hulle in hulle huise inneem as die omstandighede by hulle regte ouers nie so hot is nie. Maar vir ’n klompie, en dit sluit die personeel aan diens in, is Kerstyd ’n tyd sonder die gesin. As dit nie vir die personeel en die vriende van die kinderhuis was nie, sou die lekker van geskenke kry tydens Kerstyd ook nie moontlik wees nie. Daar word ander CD’s gespeel en moeite gedoen om ’n gewyde atmosfeer te skep. Een kind merk op dat die ware betekenis van Kersfees vir hom eers in die kinderhuis duidelik geword het. So iemand mis dan sy nuwe gesin – sy close vriende wat weg is – want dis met hulle wat hy elke dag alles deel: slaapplek, eetplek, speelplek, badplek, leerplek, kerkplek. Eintlik is dit heeljaar Kersfees in die kinderhuis, want is dit nie wat Jesus se aarde toe kom ons leer nie? Hy moes aarde toe kom om deur ‘plastiek’ ouers groot gemaak te word, en om van kleins af te beleef dat die wêreld ’n harde plek is. Hy het die pad gestap, wat ook al dit gebring het. Niemand het sy geskenk verstaan nie, en al sy close vriende het weggehol toe die druk te kwaai geword het. As jy in die kinderhuis wil oorleef, moet jy in Jesus se voetspore volg, voetspore wat altyd weer uitkom by die kruis. Soms is dit regtig moeilik om dit so in te sien, al leer die Dooms, die ooms en die tannies mens so. Gelukkig weet ons dat Jesus ’n spesiale plek vir kinders, en veral kinders in moeilike omstandighede, het. Dit word beleef deur besoeke, en skenkings wat mense maak. Hierdie mensies leef van die geskenke uit gelowiges se hande. As daar een ding is wat ek saam met my by die kinderhuis se deur uitvat, dan is dit ’n nuwe waardering vir my eie situasie. Ek het by hulle geleer om alles te kan deel, al wil ek nie altyd nie. Om gelukkig te kan wees, al mis ek my eie mense, my eie plekkie, my eie goeters. En ek wil soos hulle in Jesus se voetspore volg, tot by die kruis. Ek wil soos hulle heeljaar Kersfees vier.
12
One Night with the King – a novel of Hadassah Tommy Tenney with Mark Andrew Olson Bethany House Publishers, USA, 2004
HIERDIE boek is insiggewend en fassinerend. Die verhaal van Hadassah, Koningin Ester van die Bybel, word oorvertel op ’n manier wat nie die Skrif as enigste Bron van die werklike feite wil afskiet of benadeel nie, maar lesers eerder uitnooi om met nuwe oë na die boek Ester te kyk. One night with the King behoort egter wel as fiksie gelees te word, hoewel dit op ’n ware verhaal gebaseer is. Tenney het met die vryheid van ’n skrywer sy verbeelding vrye teuels gegee oor die intriges wat moontlik vervleg was, en oor die feite waarvan ons slegs die gestroopte weergawe ken in die verhaal van Ester. Hoewel hy homself duidelik ook op deeglike geskiedkundige navorsing beroep, bly die boek fiktief.
One Night with the King 20th Century Fox, 2006
Die resensieblad word met trots geborg deur:
IS dit die moeite werd om One night with the King te gaan kyk? Ja, maar lees eers die Bybelboek Ester ’n slag goed deur voordat jy gaan. Dit sal jou minder as ’n uur neem, korter as wat dit jou gaan neem om die film te kyk! Die film vertel in breë trekke die verhaal van Ester. Dit stem oor die algemeen goed ooreen met die verhaal soos dit opgeteken is in die Bybel, maar daar word tog hier en daar so ’n bietjie geromantiseer en allerlei besonderhede word ingevoeg. Volgens die filmverhaal was Ester byvoorbeeld op die koning verlief, terwyl die Bybelverhaal dit nêrens só vermeld nie. Ons weet ook nie (vanuit die Bybel) hoe Ester se ouers gesterf het nie. Die film beweer dat hulle vermoor is. Die gewaagde stap wat Ester neem om voor die koning te verskyn en daardeur haar lewe op die spel te plaas, word eerder as ’n baie romantiese toneel uitgebeeld (vergelyk Ester 5:1-3). Die film lê baie klem op die feit dat Haman ’n Agagiet was, en dat hy ’n nakomeling is van koning Agag, wie se lewe deur Saul gespaar is, maar toe deur Samuel geneem is (lees 1 Samuel 15:8 en 33). Volgens die film wou Haman wraak neem oor dit wat aan sy voorouers gedoen is. Hoewel dit nie onmoontlik is dat Haman wel van daardie Agag in Samuel
Tog is dit, soos in die Bybelse verhaal van Ester, ’n verhaal met ’n duidelike geestelike boodskap, en een waaruit veel geleer kan word. Een so ’n boodskap word deur die ou priester Jacob aan Hadassah oorgedra wanneer hy sê: “I always believed that the catalyst for these times of blissful closeness to Him was that I had focused my attention on Him, not on myself. Not on the fact that the Master of the Universe, may His name be blessed, stood in my presence, and I in His at that moment. I could not even think of such a thing, although I suppose it was true. No, like a little child, I was completely enraptured by His arrival and His presence, and my own part in the matter was completely forgotten.” Dis dan ook die boodskap van One night with the King, die boodskap dat ons elkeen besig is om onsself af te sonder en voor te berei om in die teenwoordigheid van die Koning te staan. Hierdie is ’n boek wat nie net deur meisies nie, maar ook deur ouens gelees en geniet sal word.
Burger weier om God se eer te steel, maar Suid-Afrika weier om Retief op die agtergrond te laat verdwyn. Die blonde het nog nooit enige begeerte gehad om ’n “kunstenaar” te wees nie. Hy wou net relevante lof- en aanbidding skryf om die jongmense by Kruispunt (Potch studentebediening) in God se teenwoordigheid in te lei. Dit was Louis Brittz wat hom na jare se getorring oorreed het om sy musiek op ’n CD vas te lê. Retief: “Maleagi 1 & 2 sê: ‘Moenie vir my ’n lam bring wat siek of gebreklik is nie, bring vir my net die beste.’ Ons was net moeg daarvoor dat kerk goed altyd so mediocre moet wees en die doel was om die songs by mense uit te kry.” Mense het dit gehoor, en kon nie daaroor stilbly nie. Die nuus het soos ’n veldbrand versprei en Luidkeels is vanjaar, sonder enige bemarking, goud gesertifiseer. Retief het ’n baie praktiese belewenis van sy verhouding met God. Retief: “Daar is sulke amper romantiese oomblikke wat ek met Hom het … soos, nou die oggend ry ek gym toe 06:00 die oggend. Dit was twee weke voor die opname van Luidkeels Hersien en ek was onseker oor goed – ek was net
Retief Burger looi liefdesmusiek vir sy Koning
se tyd afgestam het nie, sou so ’n afleiding beslis nie met sekerheid gemaak kon word nie. Baie individue kon immers hierdie naam gedra het, en Haman kon van enige van hulle afgestam het. Die film gee ’n interessante perspektief op hoe die Perse gelewe het, hoe die paleis en die vestingstad Susan gelyk het, die klere wat die mense gedra het, die weelde waarin die koninklikes geleef het, en veral die protokol in die paleis wat baie streng nagekom moes word. Iets van hierdie strengheid rondom die protokol word ook in die boek Ester weergegee. ’n Pluspunt van die film is dat daar geen vuil taal, eksplisiete geweld of bedtonele is nie. Maar miskien is die belangrikste pluspunt van die film dat dit beklemtoon dat God oor sy kinders waak, dat God se kinders Hom onder alle omstandighede moet vertrou en dat Hy gewone mense roep om op besondere maniere in sy diens te staan. Kruispad sal beslis die film aanbeveel! Lees gerus voor én nadat jy One night with the King gekyk het weer Ester 4:12-15 en dink na oor hoe dit op jou eie lewe van toepassing is. En onthou, soos die boek One night with the King, is hierdie ’n fiktiewe verhaal, wat slegs gebaseer is op ’n ware verhaal. Moet dus nie té veroordelend raak oor die bykomende, buiteBybelse tonele, teorieë of spekulasies wat die filmmakers geskep het om ’n mooi filmverhaal op die silwerdoek tot stand te bring nie.
13
nie lekker nie. En ek ry so uit en dis asof ek in die maan vasry. Hy is huge, hier reg voor my. En my eerste gedagte is nie: ‘O dis ’n nice maan, dis ’n oulike oggend nie. Dis dadelik soos ’n love declaration van die Here af: ‘Hey, hallo seun, môre’. Sulke oomblikke in die natuur of deur mense of deur ’n liedjie … ’n awesome worship song vat my dadelik dat ek net voel ek staan voor die Here. En dit is daai tipe goed wat regtig bou aan my verhouding met Hom.” Sy nuwe CD heet Luidkeels Hersien. HERSIEN beteken “kyk weer!” Retief se boodskap met die nuwe projek is: Kyk weer na die kruis! Kyk weer na God se hart! Kyk weer na die kerk! Hierdie boodskap is vasgevang in dertien splinternuwe liedere en is lewendig opgeneem met ’n sewe-stuk orkes en duisende aanbidders. Die album begin met die gehoor wat alleen dreunsing: “Hoor die lied van die kruis, hoor die lied van liefde,” en dan trek Retief en die manne weg met lofprysing wat sy mees bekende lied tot nou toe, Leeu van Juda, na ’n begrafnis laat klink. “Die kruis staan steeds oor alles!” jubel Retief dit uit. Dit is musiek wat ’n land se hart kan verander. Suid-Afrika moet dit net beleef!
14
>>GKSA word 150 jaar oud! Oor ’n bietjie meer as 400 dae, in Februarie 2009 word die GKSA 150 jaar oud! Kruispad beplan ’n reuse makietie op die Pukke se Joolplaas. Hierdie makietie is vir alle jong gelowiges, en alle gelowiges wat nog jonk van hart is. Laat weet bietjie waarvoor jy lus is op *www.kruispad.net, *die GKSA of Kruispad se Facebook-groep, of *stuur ’n e-pos na watdinkjyvan@kruispad.net.
>>PASSIEVOL Ons stel julle graag bekend aan ’n projek wat ontwikkel word. Dit is PASSIEVOL (musiekbediening)! Gaan kyk gerus na die groep PASSIEVOL op Facebook...
DIE Gereformeerde Kerk Stellenbosch bied vanaf 20 – 23 Januarie 2008 ’n eerstejaarskamp aan vir alle voornemende eerstejaars, te Stellenboschfontein (’n wynplaas 7 minute se ry buitekant Stellenbosch). Kontak gerus vir Maretha Hattingh by 072 523 4577 of 14776537@sun.ac.za vir meer inligting.
&
GAAN kyk gerus op ons splinternuwe, interaktiewe webblad, www.kruispad.net, vir nog GIGS! Jy kan self ook GIGS op die webblad adverteer. Kruispad het verder sy eie group op Facebook waar daar nog GIGS te vinde is. Maak gebruik van enigeen van hierdie twee bronne (maar verkieslik van www.kruispad.net) en bly op hoogte van die gebeure in jou omgewing!
Brooklyn Visiekamp Datum: 7 – 13 Januarie 2008 Terrein: Majuba kampterrein (naby Newcastle) Koste: R375 p/p Kontakpersoon: Ian du Preez Sel: 072 443 0793
Rico Smit
DIE grootste Kersgeskenk wat jy kan kry en gee is liefde en tyd!!
DIT kan soms bietjie overrated wees. Laat ons heeltemal sig verloor van waaroor Kersfees werklik gaan. Hou dit maar klein en eenvoudig ... Kersfees gaan nie oor geskenke nie!!
Jammer, hier begin ek alweer kontroversieel raak :-)Ek glo Kersfees is verkeerd. Ons moet besluit hoe ons die Bybel gaan lees: Is alles wat God nie belet nie reg, of moet ons net doen wat God beveel? Ek glo dit is die tweede antwoord, veral in die lig van HK So 35: “Vraag 96: Wat eis God in die tweede gebod? Antwoord: Ons mag God op geen enkele manier afbeeld nie en Hom op geen ander manier vereer as wat Hy in sy Woord beveel het nie.” Kersfees word nie in die Bybel beveel nie, en moet dus nie gevier word nie:-) Cornelia van Oostrum
Sêjousê oor die nuwe Kruispad-formaat! Die redaksie beplan ’n dikker en meer omvattende Kruispad vir middel 2008! Ons sal graag wil hoor watter tipe artikels jy nog graag in Kruispad sal wil lees, byvoorbeeld getuienisse van medegelowiges, onderhoude met bekendes, ensovoorts. Laat weet ons by sêjousê@kruispad.net, besoek ons webblad (www.kruispad.net), of skryf dit op ons Facebook-muur!
15
Gerhard Peterse, 25
Madelein Griffiths, 21
>>Gereformeerde Kerk Cachet-Eerstejaarskamp Datum: 14 – 18 Januarie 2008 (die week voor O&B) Tema: Kernkennis Plek: Nooitgedacht Kampterrein buite Potch Koste: R550 Bymekaarkomplek: Gereformeerde Kerk Potch-Noord Benodighede: Gewone kampgoed, Bybel en Psalmboek.
Johann van der Walt, 19
INDIEN dit nie goud, wierook of mirre is nie, is dit sonde!!
JIP...love dit. Kersvader is die beste-este!! Ek voel dis ’n wonderlike manier om die Groot Geskenk van God af te “celebrate”. Deur geskenke vir mekaar te gee.
Indien jy besluit om albei kampe by te woon, betaal jy slegs R550 p/p!
EK like dit. Maar soms neem dit die fokus van die rede weg. Dis cool as dit reg bestuur word.
Willemien Steyn, 20
Tanya Lerm, 19
Hierdie kamp is NOODSAAKLIK vir alle Gereformeerde eerstejaars om hul voor te berei op die studentelewe wat kom!
Wenners van die Bybelkenniskompetisie! Baie geluk aan Elize Kirsten en Lizel Greyling! Julle het die eerste twee korrekte inskrywings vir die Bybelkenniskompetisie van #3 ingestuur! Julle wen elkeen ’n Nuwe Lewende Vertaling van die Bybel. Baie dankie vir elkeen wat deelgeneem het aan die kompetisie. Hou die volgende uitgawes van Kruispad dop vir nog ’n paar kompetisies wat gaan volg!
AG dis rêrig cool om at least iets te kry, maar soos alles in die post-moderne era is Kersfees rêrig afgewater (in die sin dat dit betekenis verloor het vir baie en dat baie mense nie rêrig weet wat Kersfees beteken nie) en ek dink ons moet rêrig net almal wat ons ken herinner waaroor dit rêrig gaan. Maar ek dink Kersfees is ’n ideale geleentheid om aan ander geskenke te gee, maar dink daaraan – is geskenke van liefde en tyd saam spandeer nie beter as ’n objek wat volgende maand nie meer cool gaan wees nie?
Elrina Cilliers, 24
EK dink dis ’n goeie, (amper nodige) ding, omdat dit die gevoel van tevredenheid, geluk en liefde kweek.
>>Brooklyn hou twee kampe!
>>GIGS op die web
EK dink nie dis verkeerd om kersgeskenke te gee nie, dit wys iets van ons liefde vir ons naaste. Juis iets wat ons vier op Kersdag aangesien dit ’n beeld van die grootste liefde vir Christene is met Jesus se kruisdood. Die klem mag net nie verskuif van waaroor Kersdag regtig gaan, nl. Jesus nie. Dus moet die gee van geskenke nooit die belangrikste wees op die dag nie.
>>Eerstejaarskamp in Stellenbosch
Die kamp is oop vir enige eerstejaars wat op Stellenbosch gaan swot.
Brooklyn Eerstejaarskamp Datum: 14 – 18 Januarie 2008 Terrein: Hartebees Jeugterrein Koste: R375 p/p Kontakpersoon: Ds. Johan van Heyningen Sel: 073 094 8294 of Juanita Swanepoel Sel: 076 473 4498
Wat dink jy van Kersgeskenke? Hier is ’n paar lesers se opinies oor dié saak:
16
DIE idee is oulik, maar ek glo dit vat die aandag weg van wat Kersfees regtig beteken. Kersfees gaan vir baie mense nou al net oor die geskenke, wat verkeerd is. Madele Pruis, 18
Riekie Hall EK dink dis ’n integrale deel van Kersfees omdat dit tradisie geword het, maar as die geskenke die fokus van dit wat regtig belangrik is afhaal, raak dit ’n probleem. Maar dis nie verkeerd nie. Angie Gallagher, 19
Yolandi Jacobsz het geskryf: Ek sou net graag wou sê, in ons huis het dit altyd so gewerk (en ek is my hele lewe deur in ’n Gereformeerde huis grootgemaak, waar ons altyd lief daarvoor was om elke Sondag kerk toe te gaan, en die hele leefwyse te handhaaf), dat my Ma-hulle het ons altyd laat verstaan toe ons klein was, dat as ons geskenkies gekry het, dit van Mamma en Pappa afkom, daar bestaan nie ’n Kersvader nie, en so het ons dit verstaan. Die Kersstorie is dan altyd aan ons vertel, en daar is aan ons duidelik gemaak dat die geskenke gee, net ter viering is, maar dit moet nooit verwag word nie, dit word nie gegee vir kommersiële redes nie, ons moet altyd dankbaar daarvoor wees, en ons moes ook altyd aan die einde van daai aand saam Ma en Pa gaan gebedjies opsê het om dankie te sê vir dit wat ons gekry het, om Jesus se verjaarsdag te vier. Vandag dat ons groot is, verstaan ons die verskil, en geskenke, selfs verjaarsdaggeskenke, is iets wat daar vir ons geleer is om nooit te verwag nie, en as ons so bevoorreg souwees om dit te ontvang, is dit omdat God ons seën. Ek dink dis iets wat in ’n ouerhuis begin, en die verskil, en die rede hoekom geskenke wel gegee word, moet duidelik gemaak word, ons moenie kinders onderskat nie, hulle verstaan baie goed. Nou koop ons selfs iets vroeër in Desember, of laat November, en noem dit sommer ons “Kersgeskenk”, sodat ons daai dag die kerkdiens kan bywoon, en saam die familie die dag kan geniet, en die Kersstorie in die Bybel lees, sodat ons nie op geskenke fokus nie.
Die redaksie kom vir die eerste keer sedert die ontstaan van Kruispad almal onder een dak bymekaar! Die dudes: Paul, Karel, Dirk, Stefan, Dian, Mike en Braam. Die chicks: Anneretha, Adri, Gerda, Maureen en Wilmarie.
Danie, Karel, Paul en Stefan met #1, #2, #3 en #4.
sters het
nes-mon
Die Lag
od en
er van G
t die e musiek to ir v rg o aring. l het ges Vertikaa de lofprysing erv n e k ’n verry
t ons gebruik le plakkaat wa Die promosione y! kr die launch te het om julle by
Kruispad se launch was ’n heerlike geleentheid! Baie dankie aan elkeen wat dit bygewoon het en ondersteun het!
17
18
ag!
l skaterl
at alma gesorg d