Kruispad #6

Page 1


Gelukkige 2008! KAN jy glo dat ’n nuwe jaar al klaar weer aangebreek het?! Ek wonder wat als hierdie jaar vir ons voorlê, en watter verrassings op ons wag. Die hele Kruispad-span is baie opgewonde oor hierdie jaar, want gedurende 2008 word die wiel aan die rol gesit vir heelwat nuwe Kruispad-dinge. Onder meer ’n “Kruispad-diensjaar” wat vanaf 2009 aangebied word (hou die pers dop vir meer besonderhede), ’n groot fees aan die begin van 2009 om die GKSA se 150-jarige bestaan te vier, hope Kruispad-aksies in 2008 én ’n dikker Kruispad vanaf uitgawe 7! Hierdie uitgawe, #6, gaan grotendeels oor nuwe beginne. Vir baie van ons is dit nie net die begin van ’n nuwe jaar nie, maar die begin van ’n nuwe fase in ons lewens. Of dit ’n volgende akademiese vlak op skool of universiteit is, óf ’n oorgang vanaf skool na universiteit of universiteit na werk. Sommige van ons het getrek en moet op ’n nuwe plek nuwe vriende maak en ’n nuwe kerk soek. Wel, of jy nou dink 2008 gaan ’n jaar vol spanning en vrees wees, of ’n jaar vol opwinding en avontuur, weet dat God jou hand vashou op hierdie nuwe pad, en dat Hy jou die hele tyd lei na waar Hy jou gaan gebruik in sy Groot Plan. Geniet 2008! Adri red_inhoud@kruispad.net

1

2


deur Ds. Louis Buys, leraar van die Gereformeerde Kerk Rustenburg-Wes Twyfel jy oor God? Twyfel jy of Hy werklik bestaan? Of Jesus werklik vir ons gesterf het en ons skuld betaal het? Woon die Gees van God werklik in my, sodat ek Hom wil liefhê en dien? Hierdie is die gevaarlike soort twyfel, want dit het ’n invloed op jou hele lewe en bepaal of jy oor die alledaagse goed gaan twyfel. Om jou twyfel oor God aan te spreek, is daar net één regte pad. As jy dit nie self kan loop nie, móét jy die hulp van jou ouers, jou dominee of ’n sterk gelowige persoon in jou lewe inroep. Die enigste manier om jou twyfel in God te oorwin, is om in jou geloof te groei. Jy moet die onderskeid tussen geloof en verstaan mooi vashou. Ons vind die definisie vir geloof in Hebreërs 11:1. Dit is ’n vaste oortuiging van dit wat ons nie kan sien nie. Om God as God te aanvaar, en daarby te berus sonder dat jy enige bewyse het. Dit is wanneer ons bewyse vir God soek, dat ons begin twyfel, want daar is nie werklik bewyse nie. Jy glo dit wat jy weet van God, soos dit, en omdat dit, in die Bybel staan. Of God, en wat Hy doen, nou vir jou sin maak en of jy altyd daarvan hou, is nie belangrik nie. Jy glo wat jy van God lees en in die natuur sien. Die duiwel wil jou vertroue in God breek, deur onder andere te verkondig dat God nie in beheer is nie en dat daar ’n veelgodedom bestaan wat aan die Drie-enige God gelyk is. Sogenaamde godsdiensgelykheid en godsdiensvryheid. As jy jou aan hierdie goed steur, gaan jy twyfel. Moenie!

“Weet jy wat? Ek het nog nie ’n idee wat ek volgende jaar gaan doen nie. Dit begin my nou heeltemal uitstress, want die jaar is verby en ek kan nog geen reëlings tref vir volgende jaar nie. Ek twyfel oor die rigting waarin my toekoms moet gaan en ek haat dit!”

Geloof in God bring vertroue in God. Dit bring ons by die tweede vlak van twyfel. Wat maak jy as jy twyfel oor ’n situasie soos waarmee hierdie artikel begin het. Oor loopbane, verhoudings, finansies, en soveel ander sake waaroor jy besluite moet neem. Daar is twee goed wat jy moet doen wanneer jy twyfel. Jy moet glo dat God jou sal help en jy moet verantwoordelik optree. Toe Petrus op die water geloop het (Matteus 14:28-32), het hy wonderbaarlik geloop toe hy na Jesus gekyk en ten volle op Hom vertrou het. Toe hy aan die Here se krag begin twyfel en dit opgeweeg het teen die golwe se krag, het hy gesink. Hier is ons eerste les. As ons twyfel, het ons God se “stem” van wysheid nodig. Om sy stem te hoor, moet ons naby Hom kom. Om naby Hom te kom, moet ons doelbewus genoeg tyd afsonder in ons besige lewens. In hierdie tyd moet ons stil raak. In vrede stiltetyd hou om God te “hoor”. Lees gedeeltes uit die Bybel wat handel oor twyfel. Bid eenvoudig, maar opreg, en met die geloof dat God jou moet help om te besluit, dat Hy die twyfel sal wegneem en dat jy oortuig sal word van een rigting. Hy sal, want Hy is getrou. Hy doen dit egter op sy tyd. Daarom moet ons genoeg tyd saam met Hom spandeer en Hom daarvoor smeek. Verder moet jy jou sommetjies gaan maak. Watter besluit sal die beter een wees, dalk nie altyd die lekkerste nie, maar waar jy in jou verhouding met God steeds kan groei. Neem die besluit wat op die ou end vir jou meer voordele bied, al is daar opofferings om te maak. Bid voortdurend dat God jou mettertyd vrede sal gee en dat jy nie meer sal twyfel nie. Soms is daar min tyd om besluite te neem. Daarom, los so bietjie die iPod’s, rekenaarspeletjies, DVD’s, partytjies en spandeer tyd saam met God, sodat julle jou twyfel kan aanspreek. As dit werklik vir jou belangrik is om betyds sekerheid oor ’n saak te kry, sal jy moeite doen en tye vind om by Hom rigting te kry. God laat Hom vind deur dié wat Hom getrou opsoek.

“Ek is baie jammer, maar ek moet vir jou te sê dat ek so ’n klein breukie in ons verhouding voorstel. Ek is nog lief vir jou, maar ek is onseker of ons op hierdie stadium kan voortgaan met die verhouding. Dalk het dit te vinnig begin … ek weet nie … ek twyfel.”

Klink

bogenoemde gesprekke dalk vir jou bekend? Het jy al so gevoel of iets soortgelyk vir iemand gesê? Verseker! Ek dink ons sou oneerlik wees as ons sê dat ons nog nooit getwyfel het nie. Twyfel is deel van ons lewe. Dit is deel van ons wese, omdat ons maar swak mense is wat nie alle wysheid het nie. Nou ja, laasgenoemde waarheid lei ons na ons vertrekpunt van hierdie artikel. Omdat ons nie alles weet en daarom nie altyd onmiddellik die regte besluit kan neem nie, moet ons gaan hulp soek. Waar? By die Een wat alle wysheid en kennis het. Die Een wat nooit twyfel nie. Daar is net een so ’n wese, naamlik God self. Hy gee deur sy Woord en Gees, die wysheid en krag wat nodig is om verantwoordelike besluite te neem. ’n Mens twyfel oor baie goed. Maar ek wil tog ’n onderskeid tref tussen twee soorte twyfel. Die een is in jou geloofslewe en die ander een is in jou alledaagse lewe.

Soms as ons twyfel, voel dit asof ons op ’n dun tou probeer balanseer. Dit lyk asof die tou enige oomblik gaan ontrafel in ’n groter, donker gemors. God verstaan egter dat daar tye is wanneer ons met twyfel stoei en Hy moedig ons aan om op Hom te bly vertrou!

3

4


deur Ds. Paul Grobler, ’n Kruispad-redaksielid en leraar van die Gereformeerde Kerk Rustenburg-Wes

ek

wonder waar sit jy nou terwyl jy hierdie artikel lees. Dalk is dit by die huis op ’n lekker gemaklike bank, of dalk lê jy op jou bed terwyl jy nie lus is om skottelgoed te was nie, of dalk sit jy in ’n koffieplek soos ek, met ’n lekker cappuccino, met twee teelepels suiker en skuim, voor jou. Terwyl ek stadig my cappuccino geniet, dink ek … Ek dink oor aanbidding. Wat is ware aanbidding? Het jy al ooit gedink jy weet iets oor ’n onderwerp, net om te besef hoe min jy weet as jy regtig daaroor begin dink. Hierdie is my storie wat ek met jou wil deel. Ek nooi jou uit om ’n bietjie saam met my na te dink oor aanbidding. Toe, gaan kry jou koppie koffie. Ek wag vir jou … Waar begin ons? Wat dink jý is aanbidding? Of sal ons eerder begin met die vraag: “Hoe weet jy wanneer jy iets of iemand aanbid?” Aäron, my kelner (nogal ironies dat sy naam so toepaslik is) sê dat hy ’n Christen is, en ek vra hom wat hy dink oor aanbidding. Aäron deel toe bietjie van sy hart. Hy sê hy glo aanbidding is die kommunikasie tussen die mens en God. Aanbidding is die uitvloeisel van ons geloof in Jesus Christus. Dit is soos asemhaal. Geloof in, aanbidding uit, geloof in, aanbidding uit, in, uit … Aanbidding laat my dink aan eredienste, aan woorde soos lofprysing en aanbidding, aanbiddingstyle, aanbiddingsposisies. Ons dienste op Sondae is vol van hierdie geleenthede vir aanbidding, vir asemhaling, en dit behoort so te wees. Maar dalk stap jy, soos ek, uit die diens en vra: “Is dit al? Is dít my aanbidding vir die week?” Gaan aanbidding regtig net oor die Psalms wat ons sing? Of oor die nuutste aanbiddingslied? Word my aanbidding van God, die Almagtige, werklik vasgevang in die orrel of ’n band? Moet ons in stilte aanbid of met ’n gejubel? Is dit sonder tegnologie of met tegnologie? Lê ons aanbidding in die eenvoud van die erediens of in die effektiwiteit daarvan?

Asemhaling het ’n sikliese aard – ons asem suurstof in, koolstofdioksied uit (bome neem die CO2 op en gee weer vir ons O2). Op ’n soortgelyke wyse het ons aanbidding ’n siklus – ons asem geloof in en asem aanbidding uit. En so bly ons aan die lewe ...

Ja, ek skep twee pole met hierdie vrae, maar sonder dat ek dit bedoel, het jy heel moontlik klaar kant gekies. Jy wonder dalk selfs aan watter kant ek is? Is ek een van “ons” of een van “hulle”? Stop die bus! Wag bietjie! Ek dink ons moet ons hier bekeer en ons denke verander. Ware aanbidding lê nie by “ons” of “hulle” nie. Ware aanbidding kan nie beperk word tot die erediens nie. God is veels te groot. Asof ons ons asemhaling kan beperk tot ’n sekere tyd, soos Sondae tussen 10:00 en 11:00. Dit kan nie! Kyk net na Aäron (In Eksodus 32, nie my kelner nie). Terwyl Moses weg is om op Sinaïberg die wet te kry, maak Aäron ’n beeld uit goud. Die goue kalf. Die doel was nie om ’n ander God as Jahwe te aanbid nie, maar om Hom in die vorm van ’n kalf te aanbid (Eksodus 32:4-5). Ons kan sê dat Aäron met goeie bedoelings die aanbidding van God wou inperk tot ’n sekere plek en tyd. Ja, dit is makliker om ’n beeld te aanbid, maar dit is nie reg nie; dit maak nie saak wat die motief daaragter was nie. As ek nou ’n vinnige sprong na ons toe kan maak, doen ons nie dalk dieselfde ding nie? Nee, ons maak nie beelde en aanbid dit nie, maar ons wil soms kortpad vat. Wees eerlik, dit is baie maklik om God te aanbid wanneer ons as gemeente bymekaar is in ’n veilige gebou en ons sing liedere wat lekker sing of ons word saam stil voor God. Dit is goed, maar dit is ook maklik. As ek dit mag durf om te sê: Het ons nie moontlik op een of ander manier die kerkgebou ons eie goue kalf gemaak nie? Ons versier dit met goud, hout of glas soos ons wil. Die hartseerste is dat ons met mekaar baklei oor die suiwerheid van die goud, hout of glas waarmee ons dit bou. En as ons uur van aanbidding, van asemhaling, verby is, en dit is Maandagoggend, wat dan? Aanbid ons nog steeds? Die volgende drie beginsels vir aanbidding kan dalk help om op ’n Maandagoggend, Woensdagmiddag en selfs ’n Vrydagaand te kan aanbid.

5

My aanbidding volg altyd op God se openbaring Elke keer as God Homself openbaar, volg aanbidding. Kyk net na Moses en die brandende bos (Eksodus 3:3). Lees ook Johannes 9:35-41. In vers 37 openbaar Jesus Homself as die Messias en in vers 38 reageer die man deur hom te aanbid. Het jy al vanoggend jou Bybel gelees of probeer jy aanbid sonder God se openbaring deur sy Woord? Kyk ’n bietjie om jou in die natuur. Sien God se openbaring en aanbid Hom. Haal diep asem. Openbaring in, aanbidding uit, in, uit … My gehoorsaamheid verklap my aanbidding Jy weet wat jy aanbid deur te kyk waaraan jy gehoorsaam is. Raak net aan iemand se bankrekening of beursie en kyk na die reaksie. Wat bepaal jou besluite? Hoekom werk jy waar jy werk? Vir die geld? Status? Sekuriteit? God vra gehoorsaamheid, getrouheid in die klein dinge. Blaai gou na Matteus 25:14-30. Lees veral vers 21 en 23. Haal diep asem. God se wil in, aanbidding uit, in, uit … , Aanbidding is n leefstyl Aanbidding is nie ’n asma-pompie wat jy gebruik om beter asem te haal nie, nee dit is asemhaling self. ’n Leefstyl van aanbidding kom juis uit daar waar die wêreld dit nie verwag nie, tydens swaarkry, met vervolging. Habakuk 3 gebruik die woord “nogtans”. Dit maak nie saak wat gebeur nie, voorspoed of teëspoed, nogtans sal ek aanbid, nogtans sal ek bly asemhaal, want niks kan my van God se liefde skei nie (Romeine 8:39) Haal diep asem. God se onvoorwaarlike liefde in, aanbidding uit, in, uit … So, moenie wag tot Sondag nie. Begin nou. Haal diep asem. Asem God se openbaring in, asem aanbidding uit. Asem God se wil in, asem gehoorsaamheid uit. Asem sy liefde wat die dood oorwin het in, asem aanbidding uit. Asem in, asem uit …

6


Rubriek verskaf deur Geopende Deure

’n Jong

Moslem-man wat van demone bevry is, is so aangeraak deur die verandering in sy lewe, dat hy besluit het om ’n gebedskonferensie in ’n ander stad by te woon. Hy kon dit egter nie waag om sy Moslem-gesinslede daarvan te vertel nie. Hy het sonder hulle medewete tog die konferensie bygewoon en die teenwoordigeheid van die Here op ’n kragtige wyse ervaar. Sy gesin het begin agterdogtig word omdat daar so ’n groot verandering in sy lewe plaasgevind het. Een nag het ’n vriend hom agtervolg en gesien hoe hy ’n kerk binnegaan. Toe hy tuiskom, was sy pa woedend. Die jongman moes vlug vir sy lewe. ’n Plaaslike Christen het hom ingeneem en vir hom verblyf aangebied. ’n Paar weke later het die jongman ’n oproep van sy broer ontvang. Sy broer het vir hom verduidelik dat sy pa nou gekalmeer het en dat hy maar na sy ouerhuis kan terugkeer. Daardie aand het die jongman huis toe gegaan, sodat hy alleen met sy pa kon gesels. By die huis het twee bebaarde mans in wit klede hom ingewag. Sy pa het voorgestel dat hulle na ’n familielid se huis moes ry. Terwyl hulle in die voertuig was, het die jongman besef dat hulle eintlik besig was om in die rigting van die woestyn te ry en dat dit besig was om donker te word. Na ’n ruk het die voertuig tot stilstand gekom en het die mans die jongman verskriklik geslaan.

Daarna het hulle ’n tou om sy bene vasgeknoop en hom met die kar deur die woestyn gesleep. Uiteindelik het die voertuig stilgehou en terwyl die bebaarde mans iets uit die kattebak gehaal het, het die jongman se broer die tou losgesny en geskree dat hy moes vlug vir sy lewe. Hy het besef dat hierdie mans sy broer om die lewe wou bring. Die jong bekeerling het al sy kragte ingespan en, so vinnig as wat hy kon, weggehardloop. Hy het uit vrees vir sy lewe vir ure in die woestyn rondgehardloop. ’n Motoris het hom opgelaai en na die nabygeleë stad geneem. Daar het hy met ’n plaaslike gelowige in kontak gekom. Dié het gesorg dat hy ’n werk gekry het en ook verblyf vir hom gereël. Die jongman is so verskrik na hierdie ervaring dat dit heeltyd vir hom voel asof hy agtervolg word. Tog is hy nie bereid om Jesus te verloën nie. Bid asseblief vir hom … vir sy beskerming, vir vrede in sy gemoed en dat sy geloof in Jesus Christus sterker sal groei. Bid ook vir die ander Moslem Agtergrond Gelowiges dwarsdeur die Midde Ooste wat sulke vervolging ervaar, omdat hulle besluit het om vir Jesus te volg. Vir verdere inligting rakende vervolgde Christene wêreldwyd, besoek Geopende Deure se webwerf by www.opendoors.org.za of kontak hulle hoofkantoor by 011 888 9341.

7



deur Stephan Campher (en met insette van die redaksie)

IS jy dalk een van die klompie jongmense wat van 2008 af nie meer onder jou ouers se dak bly nie? Dan is hier vir jou ’n paar riglyne vir goed wat jy kan aanskaf om jou nuwe begin so ’n bietjie makliker te maak:

12


Velvet Elvis: Repainting the Christian faith Rob Bell Zondervan Publishers

This book is for those who need a fresh take on Jesus and what it means to live the kind of life He teaches us to live. I’m part of a community, a movement of people who have been living, exploring, discussing, sharing and experiencing new understandings of Christian faith. In Velvet Elvis: Repainting the Christian faith ondersoek Rob Bell die perspektiewe en oortuigings wat die kern vorm van die Christelike geloof. Hoekom glo ons wat ons glo? Watter rol het mense en bewegings deur die loop van die geskiedenis gespeel in die manier waarop ons God sien en ons Christenskap uitleef? Die boek bied ’n vars,

Dying for a Heart Krystal Meyers Essential Records 2006

HOU jy dalk van Avril Lavigne? Wat van Ashlee Simpson? Indien wel, probeer bietjie hierdie album. Met ’n effense meer pop/rock klank as haar eerste album, is Krystal Meyers terug met die album Dying for a Heart. Haar lirieke grou al hoe dieper in in die lewe van ’n jongmens, en dit spreek onderwerpe aan soos voorhuwelikse seks en groepsdruk. Dit is terselfdertyd duidelik in snitte soos Hallelujah en The Beauty of Grace dat sy haar musiek gebruik as ’n manier om die Blye Boodskap aan jongmense met pyn te bring. Sy is slegs 17 jaar oud, maar het reeds ’n baie goeie besef van ’n lewe deur geloof. Sy hou by die basiese aspekte van geloof – alhoewel die Skrif nie altyd sentraal staan in haar songs nie – en sy probeer om ander daarin aan te moedig deur haar musiek. 6/10

my

nuwe hoek wat die leser uitdaag om saam te praat – om nie net dit wat ons geleer word oor die Kerk, geloof en God, vir soetkoek op te eet nie, maar om deel te word van ’n debat wat help vorm gee aan dit wat ons glo. Bell daag ook die leser uit om nie alles wat hy in die boek sê, sonder meer te aanvaar nie. Dis ook nodig om met ’n kritiese ingesteldheid te lees, want sommige van die stellings wat gemaak word, kan inderdaad as kontroversieel beleef word. Tog is Velvet Elvis belangrike leesstof – ’n teenvoeter vir passiewe Christenskap, en ’n uitdaging om saam te help skryf aan ’n Christelike wêreldperspektief. Die vars, reguit manier waarop die inhoud aangebied word, is ’n pluspunt. Verder is die aanbieding visueel aantreklik, en is dit duidelik dat Bell die nuwe generasie Christenlesers goed verstaan.

pad het onlangs gekruis met dié van ’n besondere groep musikante wat hulle passie voluit vir God uitleef. Hulle staan bekend as Vertikaal. (Die groep sal ’n bietjie meer bekend wees aan dié van julle wat by die bekendstelling van Kruispad was.) Wat ’n beter manier is daar nie om hulle te leer ken nie, as ’n vinnige onderhoud met Zander van der Westhuizen, een van die groeplede en ’n leraar by die NG Kerk Lynnwood:

Waar en hoe het julle ontstaan? Ons het so vier jaar terug begin saamspeel in die musiekgroep wat die lofprysing tydens die aanddienste van NG Lynnwood lei. Ons is vriende en maak saam musiek. Ons het gedroom daarvan om ’n CD te maak, sommer vir die gemeente, en uiteindelik begin om dit op te neem. Ons moes ’n naam kies vir die naamlose groep musikante wat laat aande sit en record en so het Vertikaal die lig gesien met ons eerste CD, Uit Dieptes. Sedertdien het ons wyd begin toer en optree.

Hoe sal julle julle musiek of styl beskryf? Ons musiek is akoesties van aard. Die mees prominente instrumente is die akoestiese kitare en die klavier. Ons het al meer begin doen met ander instrumente, soos die baskitaar, elektriese kitare en dromme. Maar die klank wat natuurlik kom, is ’n akoestiese klank. Ons verwysings van musiekstyle is dié van Jars of Clay, The David Crowder Band en dan het U2 natuurlik ’n paar van ons regtige goeie songs gesteel en eerste opgeneem (hehe – ons wens!).

Sunday! Tree63 Inpop records 2007

HOE lank het ons nie vir dié een gewag nie? Na drie jaar is Tree63 terug op die rakke met Sunday!, hulle nuutste studio-album. Met ’n effens tradisionele 80’s rock klank gebruik hulle weer hulle ou styl soos in die legendariese snitte Million lights en Stumbling Stone. Oor die afgelope elf jaar van hulle bestaan, kan ’n mens die groei en verdieping in hulle lirieke hoor. Wat my opgeval het, is dat ek kort-kort in hulle nuwe songs, soos byvoorbeeld Walking home with you, herinner word aan Skrifgedeeltes. Ongelukkig is snitte soos Alright en The Revolution bietjie van ’n cliché, maar dit word gou vergewe. Ek was aan die begin van die snit Foolishness bekommerd oor die lirieke, maar doen jouself gerus die guns en luister klaar daarna. Ons is toe nie so wys soos wat ons dink nie en ja, God werk op vreemde maniere. 8/10

Die resensieblad word met trots geborg deur:

Enige vooruitsigte vir ’n nuwe CD?

weet dat Leon eintlik ’n swak selfbeeld het, Jattie hou van lang, romantiese wandelings op die strand en Zander bel gereeld vir Jattie vir ritmeklasse op die klavier!

Wat is julle siening van die Woord en die verband daarvan met julle lirieke? Ons love dit om sommer stringe Psalms in ons lirieke in te skryf. Ons gebruik soms ook beelde uit tekste uit in ons musiek. Ons hou verder van die gesprekke wat ons voer oor die teologie agter die lirieke. As ons saam sit en skryf aan ons musiek, tel elke woord se betekenis vir ons. Daarom is dit uiters belangrik om getrou aan die Bybel te skryf en te sing.

Op hulle debuutalbum, Uit Dieptes, is daar tussen al die bekender liedere ook ’n paar waar hulle hulle eie lirieke gebruik en waarin hulle hul hart op die mou dra. My opinie? Hierdie groep sal ver gaan en in die lyn van lofprysing kan ons baie by hulle leer. As ek hulle mag vergelyk, sal dit wees met ’n Apple iPod – hulle hou dit eenvoudig, maar dit wat hulle vir God doen, doen hulle uitstekend. Is dit nie eintlik wat ons almal moet doen nie?

Verseker! Ons is tans besig met opnames vir ons groot, nuwe album, Stil, wat teen Maart/April in die winkels sal wees. Ons doen ons opnames by Merchant Music. Gideon Botes en Louis Brittz vervaardig dit. Dit is ’n wonderlike voorreg om hierdie tipe ding te kan en mag doen. Julle kan uitsien na splinternuwe musiek op hierdie album. Ons kan self nie meer wag om die eindproduk te hoor nie.

Enige prestasie of iets interessant wat met die groep gebeur het? Ons het in 2005 drie ATKV Lier-nominasies verwerf (ons het dit glad nie verwag nie). En dan is dit altyd ’n prestasie as een van ons nie iets dom op die verhoog sê nie, of betyds opdaag vir ’n vlug! Verder is dit interessant om te Vertikaal se debuut-album omslag, Uit Dieptes.

13

14

Sunflood Studios het die voorreg gehad om die CD omslag vir Vertikaal se nuwe album, Stil, te ontwerp. Dus, eksklusief vir Kruispad-lesers se oë, weke voordat die album op die winkelrakke gaan verskyn, stel ons graag die omslag aan julle bekend!


deur Eben le Roux

Rassisme veroorsaak dat mense heinings om hulself span, soos doringdraad wat duidelik sê: bly weg! Ons moet egter in liefde ons hande na ander kultuurgroepe uitsteek en so hierdie selfgemaakte grense oorsteek. Die hande dui ook op die Tswana-gebruik wat in die teks genoem word.

VOLGENS vrye assosiasie. Tog weet ons almal dat

ons land se grondwet het ons ’n reg op

assosiasie eintlik ’n natuurlike tendens is: mense assosieer met ander wat eiesoortig is omdat hulle aanklank vind by mekaar. Ek kan aan ’n paar voorbeelde hiervan dink, bv. taal, kultuur, velkleur, opvoeding, godsdiens, herkoms en gedeelde ervarings. Maar mense is egter moeilike goed, want net as ’n mens dink jy verstaan die samelewing, en jy weet nou uiteindelik watter soorte hoort by mekaar, dan kom jy agter dat jy nog net die oppervlak raakgesien het en dat mense nie maklik gegroepeer kan word nie. Daar is byvoorbeeld verskillende

sienswyses en uitgangspunte, selfs as dit by gelowiges kom. Dit is nie snaaks vir ons dat daar verskillende kerke is nie; alle wit mense pas ook nie noodwendig bymekaar nie, al is daar op die oog af ooreenkomste (bv. velkleur, kultuur en taal). Dikwels is ons aanvanklike aannames foutief, en sien ons eers later die reuse verskille tussen dié mense (wat volgens ons en die samelewing as ’n groep gesien word) raak. ’n Eenvoudige voorbeeld hiervan was toe ek die wonderlike ervaring gehad het om verlede jaar in Engeland saam met mede-Suid-Afrikaners die Bokke te sien wen. Te midde van die feesvierings waar mense van verskillende kleure mekaar omhels het, het ek besef dat hierdie eenheid nie lank gaan hou nie. Elkeen van ons het tog seker geweet dat, buiten vir die rugby, ons verskillende sienswyses nie noodwendig ooreenstem met mekaar s’n nie en was ons almal dalk maar net te bly dat ons na die afloop van die wedstryd kon groet. Dit het my laat wonder: Hoekom het daardie ‘eenheid in diversiteit’ wat ons ervaar het so gou weer verdwyn?” Die rugby was slegs ’n tydelike trekpleister … Ons almal in hierdie land weet waarvan ek praat – ons menseverhoudings oor kultuurgrense skiet ver te kort. Mense veroordeel en stereotipeer mekaar (in hierdie opsig dink ek die wit bedelaars doen ons almal ’n groot guns deur vir ons te wys dat dit nie net swart mense is wat bedel nie). In plaas van verhoudings, is daar oppervlakkighede wat veroorsaak dat aannames oor mekaar se swakhede en sondes floreer, en hoe meer bewyse ons kry, hoe groter is die etikette wat ons om mekaar se nekke hang. Sodoende belê ons in ’n donga wat tussen ons wit, bruin en swart mense ingekalf word. Die erosie wat ons samelewing se stabiliteit nog meer

15

bedreig (en die oorsaak is van dinge soos vrees, haat, verkragting en moord), is die bruisende rivier van alledaagse veralgemening en veroordeling. Vir ons as gelowiges is dit alles mos tekens van die skade wat aangerig is deur die sondeval, toe die skeur in die verhouding tussen ons en God, ons met mekaar, en ons en die skepping gekom het. Dit gaan alles oor verhoudings! Die vraag is – waar moet jy as gelowige staan in hierdie situasie, en hoe kan gelowiges probeer om hierdie verhoudings reg te maak? Ons moet natuurlik die antwoorde gaan soek in die voorbeeld van Christus, wie se volmaakte beeld ons nastreef. Maar dit is duidelik dat dit nie ’n maklike taak is nie: Christus het sy hele lewe gewy daaraan om gebroke mense se verhouding met God te herstel. Hy het mense geleer, hulle gesond gemaak, hulle vergewe. Christus het nie kort en maklike paaie gevat as dit gekom het by menseverhoudings nie. Hy het met gewone en agtergeblewe mense (prostitute, tollenaars, melaatses, siekes en heidene) gemeng. Sodoende het Hy die wêreldbeskouings en aannames van sy tyd aangevat. Een gelykenis wat Christus gebruik, wat die noodsaaklikheid van interkulturele verhoudings uitwys, is die gelykenis van die barmhartige Samaritaan. Onthou, die Samaritane was nie Jode nie, en in daardie tyd was dit net so erg (of dalk erger) om ’n Samaritaan te wees in Israel soos wat dit was om ’n swart persoon te wees tydens die Apartheidsjare in Suid-Afrika. Daar was ’n hoogmoedigheid vanaf die Jode teenoor die Samaritane, omdat hulle heidene was. Maar Christus het dit in hierdie gelykenis duidelik gemaak dat ’n

16

Samaritaan wat goeie dade doen beter is as ’n hoogmoedige Israeliet en selfs ’n hoogmoedige priester. En wanneer ons Christus se opdrag aan ons as gelowiges in Matteus 28 lees, is dit duidelik dat die Evangelie vir alle mense bedoel is. Dit is beslis nie ’n maklike opdrag nie. Om sout en lig te wees in hierdie wêreld is ’n baie moeilike taak, ’n inconvenient truth. Maar dit is iets waarvoor ons ons moet beywer, want ons het ’n aktiewe opdrag om uit ons gemaksone te klim. Daarom wil ek jou uitdaag om, indien jy nog nie het nie, vandag te begin om hierdie dapper stap te neem. Probeer kreatief wees – dink op watter maniere jy, soos Saggeus, ’n vyeboom kan kry om jou te help om aandag te trek (en te gee) aan ’n spesifieke groep mense waarvoor jy jou beywer. Dit sal hulle wys dat jy regtig in hulle belangstel – miskien sal dit help om ’n bietjie te leer van hulle taal en/ of kultuur (soos om twee hande uit te hou wanneer jy iets by ’n Tswana persoon kry, soos tee of kleingeld). Daar is so baie maniere, maar die belangrikste is om tyd te spandeer met mense en regtig belang te stel. Sodoende word dit sommer baie bevredigend om die ekstra myl te stap, en ’n mens raak beter daarmee (en verslaaf daaraan) om uit jou gemaksone te klim.


Fotoblad: In die letters hieronder is 20 boeke van die Nuwe Testament weggesteek. Soek hulle, trek ’n streep met ’n swart pen deur hulle, knip jou oplossing uit, sit dit in ’n koevert, skryf jou kontakbesonderhede agterop en stuur dit aan: Kruispad Woordspeletjie kompetisie Posbus 20700 Noordbrug 2522

Opgestel deur Riaan Venter van GK Randburg

As jy verkies om nie jou Kruispad op te snipper nie, scan jou oplossing, stuur ’n e-pos met jou antwoorde en jou kontakbesonderhede aan red_inhoud@kruispad.net en heg jou oplossing aan die e-pos. Onthou om jou kontakdetails in te sluit. As jy een van die eerste twee korrekte inskrywings instuur, stuur ons vir jou ’n wonderlike CUM-boeke geskenkpakkie! Die kompetisie sluit op 1 April 2008.

Hierdie kompetisie word met trots geborg deur:

17

18



Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.