KO M Hier volg 'n tipiese gesprek. ons gesels.
Soois (Gereformeerde Kerk Middelburg-Noord)
No. 7
En miskien is die antwoorde ook jou antwoorde. Wat is jou rol in die kerk van Christus? Dink jy jy het ooit 'n rol? "Ek weet ek het 'n rol . . . Ja, ja, ek weet ek kom nie altyd my rol na nie. Maar ek probeer darem. Ek is darem taamlik gereeld in die erediens!" Is dit hoe jy jou rol sien? Om Sondae in die erediens te wees? "Wel, daar is seker nog goeters, soos om 'n dankoffer te gee. En as hulle my sou kies as ouderling of diaken . . . dan het ek 'n belangrike rol. Dan word my betrokkenheid by my kerk eintlik 'n heel ander storie!" Foutjie! Dis presies hier waar ons vir jare lank fouteer het. Ek ook! "Wat bedoel jy?" Ek bedoel dat ek ook altyd gedink het my rol in my kerk is soort van beperk tot dié van 'n bywoner. Ek het gedink as ek gereeld die erediens bywoon en my dankoffer gee, sal die kerkraad my nie tug of onder sensuur sit nie. My rol was beperk tot dié van 'n verbruiker. En deur die jare het ek 'n verbruikersmentaliteit aangeleer. Verstaan jy? 'n Ontvang-ingesteldheid. Daarom was ek ook krities. Ek bedoel, as die preke nie goed was nie, of as die predikant en ouderling my nie gereeld besoek het nie, het ek gou my beswaar laat hoor. Waarvoor betaal ek dan elke maand my bydrae? Dis tog om een of ander diens te ontvang. Sodoende het ek die voorsitter van my eie kerklike verbruikersforum geword! (En ek was trots daarop.) Wanneer daar visitasie was (besoek van predikante van ander gemeentes), het ek hard en duidelik my kritiek aan hulle deurgegee! Dalk het jy ook op 'n stadium so geredeneer? Die Here het egter my oë oopgemaak! Ek het met 'n skok besef dat my rol in die kerk nie eers in werking tree wanneer ek 'n ouderling of diaken word nie. Weet jy, 'n ouderling of diaken se rol lyk dalk anders as die res van die gemeentelede s'n, maar die res van die gemeente het 'n baie belangrike rol wat net soveel (of selfs meer!) tyd neem as dié van die kerkleiers. Miskien is dit tyd dat ons ons gemeente begin inrig soos die Here dit wil hê. Is jy gereed daarvoor? Sien jy kans om in jou gemeente te begin? (Indien julle nog nie begin het nie.)
Goed, hoe wil die Here hê moet sy kerk funksioneer? Die kerkleiers se rol is hoofsaaklik om die gemeente toe te rus ('n moderne woord is bemagtig). (Kyk na Efesiërs 4:12.) 'n Bemagtigde gemeente skuif vanuit die passiewe gemaksone (al sou party eerder daar wou vasskop) na 'n aktiewe dienssone. God se doel is dat hierdie bemagde gemeente nou moet opstaan en begin dien. In 1 Petrus 4:10 staan: "Namate elkeen van julle 'n genadegawe ontvang het, moet julle mekaar daarmee dien." Het jy dalk vasgeval in jou eie passiewe en gerieflike ontvang-mentaliteit? Sien jy kans om daaruit te klim? Nee? Dan gaan jy nie die beeld van Jesus vertoon nie! Jy gaan ook nie by ware Christenwees uitkom nie. Jy gaan waarskynlik ook baie frustrasies en teleurstellings in jou lewe beleef. Jesus het gesê: "Dit maak mens gelukkiger om te gee as om te ontvang." Ek wil 'n uitdagende stelling maak: Om elke Sondag in die erediens te wees – en net dit – gaan jou nie geestelik laat groei nie! Die sleutel tot geestelike groei, is om te aanvaar dat die Here jou in die gemeente geplaas het om Hom te dien, om medegelowiges te dien en om mense daarbuite te dien. Dit is die sleutel tot 'n baie sinvolle lewe en tot ware Christenskap. Ware diens verg dat jy Jesus moet ken, sy styl en gesindheid moet ken en dit aanvaar! Dit verg nederigheid, soos Jesus nederig was. Dit verg dat jy jouself moet gee . . . vir ander. Dit verg dat jy laag moet buig en bediendewerk doen. Is dit nie vernederend nie? Miskien! Maar dit bewys jou eenwees met Jesus Christus! Wat 'n voorreg! Dan begin jy ook op 'n ander manier praat. Nie meer: "Wat beteken die kerk vir my?" nie. Die kerk is nie iets anders, los van jou nie. Jy is die kerk! Kom ek vra jou: Hoe gaan ons meer mense in die kerk kry? Ons kan nie mense in die kerk kry nie, want die kerk is mense! Watter mense? Die kerkleiers? Nee! Jy! Is jy bereid om hierdie rol te aanvaar . . . hierdie rol om te dien? Ja? Dan lê daar 'n opwindende pad saam met Jesus vir jou voor. Go for it! Dit ís die moeite werd!
No. 7
4
5
Dis verkeerd om 'n verbruikersmentaliteit ten opsigte van jou gemeente te hê - om soos in 'n winkel jou gekose items by die kasregister op te lui. Ons is deel van die Kerk sodat ons mekaar kan dien.
Lize Viljoen ('n M-student aan die fakulteit Teologie, NWU)
WAT
ook al my rol, ek sal dien. Sjoe! Dit klink darem na 'n vreeslike groot taak wat 'n mens jouself oplê wanneer jy so iets kwytraak. Veral so sonder 'n ". . . as ek in staat is . . .", ". . . mits dit in my aard val . . ." of iets dergeliks. Hoeveel te meer nog as 'n mens 'n student of jong werkende is wat maar baie onseker is oor wat God se wil behels en wat nie. Ek dink hierdie onderwerp is baie aktueel vir Kruispad-lesers, veral aangesien ek nie een enkele persoon tussen die ouderdomme van 18 en 23 ken wat met sekerheid kan sê dat hy/sy presies weet wat die Here se wil is en dat hulle hulle elke dag daarvoor (en net daarvoor) beywer nie. So, as 'n mens nie weet wat God se wil is nie, hoe kan jy dit doen?
"Wat my en my familie betref, ons sal die Here dien."
Ons moet elke dag keuses maak wat ons lewens in sekere rigtings stuur, amper soos 'n seiljag wat links of regs gestuur kan word. As ons God ken in ons besluite, sal Hy dit seën en, soos 'n wind wat van agter af waai, ons help om vorentoe te beweeg.
No. 7
6
Ek dink nie dat die antwoord noodwendig moeilik en kompleks hoef te wees nie. 'n Lewe wat volgens God se wil ingerig is, begin myns insiens met die opregte voorneme om die Here heelhartig te dien soos Josua dit gestel het: "Wat my en my familie betref, ons sal die Here dien," (Josua 24:15). As ons die Here se wil wil gehoorsaam en Hom wil dien, behoort ons te begin deur na Hom te luister deur sy Woord. Dít is hoe ons die Almagtige, genadige Vader leer ken. Is dit nie soveel makliker om iemand se likes en dislikes in ag te neem wanneer jy die persoon beter ken nie? Die Here gee vir ons die Bybel waardeur ons Hom kan leer ken. Hoe beter ons die Here ken en hoe meer tyd ons saam met Hom spandeer, hoe beter sal ons weet hoe om sy wil te doen. Ons (nietige mense) sal nooit God se Woord heeltemal kan verstaan of uitlê nie. Ons sal ook seker altyd tekortskiet in die uitvoering van God se wil. Ons kan en moet onsself egter deur die Heilige Gees laat lei. God het ons, as gelowiges, na die hemelvaart van Jesus Christus, toegerus met die Heilige Gees. Die Heilige Gees speel 'n regte egte, belangrike rol in ons lewens. 'n Rol wat belangriker is as die rol wat jou kêrel/meisie, pa/ma, dominee/troeteldier, oupa/ ouma of enigiemand anders in jou lewe speel! Die Heilige Gees moet in jou woon om jou te laat glo in Wie Christus is en jou te herinner wat Hy vir jou beteken. Die Heilige Gees lei jou in gebed en maak jou sensitief vir jou naaste en vir God se wil. Met die Heilige Gees se hulp en leiding, word baie goed in die Bybel vir ons duideliker omdat Hy ons harte ontvanklik maak vir God se wil. tGod het in die Bybel vir ons duidelike riglyne neergelê om sy wil te doen. Hier praat ek van goed soos die Tien Gebooie (Eksodus 20:1-17) en die
vrug van die Gees (Galasiërs 5:22), asook die beskrywing van Jesus Christus se lewe, en die liefde wat Hy vir die mense rondom Hom gehad het. As ons bogenoemde in ag neem, behoort ons keuses oor die algemeen ook baie makliker te wees, aangesien daar meestal een opsie is wat meer as die ander in lyn is met God se wil (gemeet aan bogenoemde beginsels). Maar nou ja, soos ons weet, is die lewe nie altyd so eenvoudig nie. Soms gebeur dit dat jy jouself in 'n "reg-reg situasie" bevind. Dit is wanneer jy oortuig is daarvan dat jy 'n aantal opsies het wat almal eweveel God se wil is, en dat jy God sal dien, ongeag van die keuse wat jy maak. Ek dink dit is hier waar God met 'n stil-tevrede-glimlag op sy gesig sit en ons toelaat om bietjie te sukkel. Wie kan ooit beweer dat God die lewe saai en vervelig maak? Die Here gee dalk vir jou twee of meer opsies sodat jy gelukkig sal wees en Hom dien, maak nie saak watter keuse jy maak nie. Bid daaroor en weet dat God jou sal seën in watter rigting jy ook al gaan! Hy maak met opset twee of drie deure vir jou oop om jou lewe interessant te hou. As jy weet, liewe mede-jongmens, dat jy die keuses in jou lewe met voorbidding en geloofsoortuiging aanpak en tot die beste van jou vermoë probeer om deur die keuses wat jy in jou alledaagse lewe maak die Here te behaag, het jy niks om oor skuldig of sleg te voel nie. Geniet elke oomblik en leef voluit vir die Here jou God, ons God! Onthou dat dit 'n voorreg is om keuses te kan maak. Laat jou lewensleuse wees: "Wat my en my familie betref, ons sal die Here dien." Sê dit, bedoel dit en leef dit met die sekerheid van iemand wat gered is deur die bloed van Jesus Christus!
No. 7
7
Ronel Pieterse (Duet Gemeente, Potchefstroom)
moet
daar 'n vuurtjie brand. Of so het my aardse vriende my vertel. Sien, ek kom van 'n ander planeet af en het onlangs die aarde besoek. So stap ek die ander dag op 'n universiteitkampus en sien op verskeie plekke rook trek. Dus, volgens die gesegde moet daar ook êrens 'n vuur wees. Daar is egter nêrens enige vuur te bespeur nie. Die rook . . .? Dit borrel uit gesonde, lewenslustige jong manne en vroue se monde. Die oorsprong daarvan waarskynlik die wit, opgerolde, op die oog af, skadelose stokkies waaraan hulle behaaglik teug. Met my alien oë kan ek egter elke teug se inhoud sien afbeweeg tot in die niksvermoedende student se onskuldige longe. Elke teug bevat: • Meer as twee dosyn gasse (die skadelikste daarvan koolstofmonoksied – wat jy ook in motors se uitlaatpype kry); • Teer – wat julle gebruik om paaie van te maak; • Nikotien – word oor die algemeen hier gebruik as insekdoder. Nou staan ek en redeneer. As die studente hulself dan wíl doodmaak, hoekom kies hulle so 'n lang pad? Drink 'n bottel Doom, suig aan 'n uitlaatpyp, drink 'n bietjie teer. Dit maak net glad nie sin om so 'n lang en pynlike selfmoord te pleeg maak nie. Later gesels ek toe met mense wat al ouer is en nog steeds aan hierdie wit, opgerolde stokkies suig. Ek vind uit hulle noem dit sigarette. Hulle vertel
my toe dat hulle baie graag nie meer aan hierdie stokkies wil suig nie, maar eenvoudig nie kán ophou nie. Met ander woorde, hulle het slawe geword van hierdie klein stokkies. 'n Baas wat jou baie geld kos en jou uiteindelik op 'n pynlike manier doodmaak. Dit is net onverstaanbaar. Hoekom begin hierdie kinders dan rook? Weet hulle dan nie hoe gevaarlik dit is nie? Ek vind toe bietjie by die mense wat so rook uit hoekom hulle begin het. Die meeste is deur vriende aan die stokkies voorgestel. Dit was glo cool. Nou teug hulle maar so saam-saam en ignoreer die grootskrif op die stokkie-boksies. Toe ek bietjie meer daaroor nalees, vind ek uit dit is nog meer skrikwekkend. Die statistiek dui daarop dat 90% tieners wat net drie of vier sigarette rook, vasgevang word in die rookgewoonte vir 30 tot 40 jaar! Slegs 35% van hierdie mense kan suksesvol ophou rook. In 1992 het hulle bevind dat 35% wit Suid-Afrikaners sterf as gevolg van rookverwante siektes. Ek loer toe by 'n hospitaal in om te sien of dit waar is. Hier kry ek vir oom Gawie wat al vir 30 jaar lank rook. Hy is kortasem en moet kort-kort sy suurstofmasker nader trek om asem te skep. Hy huil want hy sê hy is te swak om vir die jonges te gaan skreeu: Moenie dit doen nie!
Hierna was ek oortuig daarvan dat sigarette 'n verbode middel is wat net onwettig gebruik kan word. Maar nee, dit is wettig en word oral verkoop. Gelukkig maak die regering darem streng wette oor wáár mense mag rook. Ek wonder wat God hiervan dink. Hy is mos die God van álle planete! Terwyl ek daaroor dink, weet ek dat God nie mense na die hel toe (die plek met báie rook en báie vuur) sal stuur omdat hulle rook nie. Dit ruik net asof rokers daarvandaan kom! Ek weet dat verhoudings vir God belangrik is. Om 'n gelowige te wees, gaan ook nie hoofsaaklik oor 'n lang lys moets en moenies nie. God is in die eerste plek begaan oor jóú en nie oor jou rook- of nie-rookgewoonte nie. In hierdie verhouding werk die Heilige Gees in elke individu op unieke en eiesoortige maniere. Dit is in hierdie verhouding waar Hy jou daarvan bewus maak dat jou liggaam sy woonplek is. Dit is in hierdie verhouding waar jy bewus word van die feit dat Hy jou vrygemaak het sodat jy nie weer aan enigiets verslaaf hoef te wees nie. Dit is in hierdie intieme verhouding wat jy besef dat jy God se kind is en moet groei om ook volgens hierdie nuwe identiteit te lewe. "Is rook nou reg of verkeerd?" wil jy weet. Wel, om op te som, sal ek net as buitestaander weer sê: Om te rook of nie te rook nie, maak nie van jou 'n kind van God nie. Uit al die feite wat ek van rook geleer het, weet ek net dat rook nie by die identiteit van God se kinders pas nie. Net soos baie ander goed wat ons doen ook nie by 'n kind van God pas nie. Dit help nie jy roem jou daarop dat jy nie rook nie, maar jy dra steeds nie die hart van die evangelie uit deur ander, wat wél rook, te veroordeel nie. As iemand wat rook nie die Here ken nie, moet die persoon eerstens die Here leer ken. As iemand die Here ken en wel rook, moet hy/sy aangemoedig word om nog meer sy/haar identiteit uit te leef. Dus, my rokende en nie-rokende aardse vriende, streef daarna om al hoe meer jou identiteit as 'n kind van God uit te leef. Die Bybel vertel jou presies hoe 'n kind van God moet optree en die Heilige Gees gee vir jou die krag om dit te kan doen. Gaan groot!
No. 7
No. 7
8
9
Is jy besig om Christus soos 'n aangename geur te versprei deur die mense om jou, rokers en nie-rokers, lief te hê . . . of stink jy na veroordeling en 'n kritiese gees?
Rubriek verskaf deur Geopende Deure
PASTOOR
Rajendra Chauhan woon in Indië. Hy glo vas aan sy roeping om die Here te dien en voer dit met sy hele hart en al sy kragte uit. Die Here het, ondanks allerlei beproewings, sy geloof sterk gehou. Dié beproewings het al bestaan uit fisiese aanvalle, aanvalle deur fanatiese skares, aanhoudings, en vals aanklagte wat die afgelope jaar teen hom ingebring is. "Die Here verlos ons baie keer van die bose en ons is baie dankbaar daarvoor. Ons organiseer weekliks gebedsbyeenkomste en baie wonderwerke vind tydens hier byeenkomste plaas. Ongeveer 3000 mense woon hierdie geleenthede, wat op Saterdae en Sondae aangebied word, by. Ons weet dat ons deur die fundamentaliste dopgehou word, en dat van hulle dikwels die gebedsbyeenkomste van 'n afstand af dophou. Een of twee keer, terwyl ek nie tuis was nie, het mense gekom, my familielede gedreig en 'n boodskap gelos dat ek die bedieningswerk moet laat vaar. Maar ek is van plan om die Here te volg en nie mense te vrees nie." Geopende Deure het besluit om die koste te dra van 'n grensmuur rondom die perseel waar die gebedsbyeenkomste gehou word. Sodoende kan die risiko dat "ongenooide gaste" by hierdie byeenkomste opdaag, verminder word. Hierdie muur is teen die 20ste Maart voltooi en sal sorg dat die gelowiges meer privaat kan aanbid. Rajendra wil die een kant van die grensmuur as die muur van 'n klein primêre skool gebruik, wat hy wil begin vir die kinders van die omliggende Hindoegemeenskappe. Dit is 'n ander manier waardeur die Evangelie verkondig kan word aan diegene wat naby woon en moontlik teen die Christendom gekant is. So wil hy die Here deur middel van dié skooltjie dien en sy liefdesboodskap aan gesinne wat in geestelike duisternis gehul is, uitdra. Natuurlik kan dit ernstige gevolge vir hom inhou, maar hy kies steeds om God te dien. Vir verdere inligting rakende vervolgde Christene wêreldwyd, besoek Geopende Deure se webwerf by www.opendoors.org.za of kontak hulle hoofkantoor by 011 888 9341.
No. 7
11
* Die Indiese man op die foto aan die linkerkant is nié Rajendra nie.
DIE
No. 7
12
kelnerin kom vra vir my wat ek wil drink. Ek bestudeer die spyskaart en dink: Ek wonder of sy dit kan raaksien. Dit is die greatste ding wat kon gebeur! Iemand anders is lief vir my. Ek het onmiddellik my beste pêl gebel. Ek het gebrand om die nuus te deel. Ek kon nie glo dit het regtig gebeur nie – met my van alle mense. Ek was in die wolke! Ek sukkel nie, ek huiwer nie, ek twyfel nie – dis vrek goeie nuus! Net soos die evangelie, dink ek. Goeie nuus. Is dit? Die evangelie bedoel ek. Wat is so goed daaraan? As dit dan so goed is, hoekom sukkel ek so om dit te deel . . . anders as my liefdeslewe? Wel, my liefdeslewe kom uit my diepste binnekant, maar ek dink dan: Jesus wil ook daar uitkom! (Vergelyk 1 Petrus 3:15). Maar wat gaan in my binnekant aan? Parkiespeletjies! Wipplank tussen sonde en genade (Efesiërs 4:14). Rondomtalie om my selfgerigte, besluitelose gedagtes. Swaai-swaai moet ek my geloofslewe aan die gang hou. Net so nou en dan 'n opwindende afgly ná 'n moeitevolle opklim. Ek speel parkiespeletjies met sonde en genade. Elke keer speel ek met die duiwel, net om in groot genade weer opgetel te word. Dalk is dít die goeie nuus (vergelyk Efesiërs 1:4-5). Miskien hoef ek maar net dít te deel – ék gaan speel met die duiwel en elke keer kom Hý my weer haal. Dit maak my eintlik skamerig, maar is almal nie eintlik daarmee besig nie? Ek kan maar net vertel hoe dit vir my is. Dalk is dit wat "getuig" beteken – 'n getuienis wat dit wat in my aangaan. 'n Eerlike getuienis, want ek is wie ek is – 'n genadekind wat in 'n parkie speel. Dis eintlik nie so complicated nie (vergelyk 1 Korintiërs 1:27-28). Die eerlikheid oor wat ek dink roer iets in my. Ek voel vryer. Dis asof ek oukei is. Dis asof dit waar is. Dan besef ek die evangelie is nie 'n vreemde katkisasieles in my kop nie, maar 'n egtheid in my hart. Ek wéét my spelery in die parkie is genuine. Ek wéét ook dis genade. Want ek is ek. En Hy is Hy wat my elke keer weer kom haal (vergelyk Lukas 15).
Hiervan kán ek praat. Ek kan dalk nie verse baie goed aanhaal nie, maar ek kan vertel van die parkie in my kop. Van my "wegloop-en-met-die-duiwel-speel" en God wat my elke keer "genadevol-kom-haal". Elke keer . . . elke keer . . . élke keer! Hy moet seker regtig lief wees vir my! (Vergelyk Johannes 3:16.) Ek wonder wat die kelnerin gaan dink as ek met haar oor die parkie in my kop praat, oor God se "elkekeer-kom-haal"-liefde? Dalk is ek net in staat om met my vriende te chat, want hulle ken my. Hulle weet ek is genuine. Maar wat van mense wat ek nie ken nie? Ek wonder . . . dalk moet ek maar net doen wat Hy met my doen. Dit het my oortuig: 10% praat en 90% doen. Want dit wat Hy elke dag in my hart doen, is juis dit wat my weer laat glo en luister na wat Hy sê: "Ek is lief vir jou," (vergelyk 1 Johannes 3:18-20). Maar wat kan ek doen? Dan onthou ek woorde wat iemand eenkeer gesê het: Find a hurt and heal it . . . find a need and feed it. Dalk moet ek bid dat ek mense se hurt en needs raaksien. Hulle alleenheid, hartseer, honger, verdwaaldheid. Letterlik en figuurlik. En waar Hy dit vir my moontlik maak, sonder om te praat, dit te heal en te feed (vergelyk Jakobus 1:27). Maar sê nou net . . . sê nou net wat? Ek begin alweer om met my twyfelagtige rondomtaliegedagtes te speel. Begin weer met die duiwel te speel. Maar ek voel hoe Hy my WÉÉR kom haal en sê: "Al wat jy hoef te doen, is om uit jou liefdeslewe te lewe. My liefde vir jou . . . 'n genadekind." (Vergelyk 2 Korintiërs 5:14.) Ek kyk toe op en vra vir die cappuccino met my vriendelikste en breedste glimlag, want ek hoor die seer waarvan die kringe onder haar oë vol onsekerheid skree. Toe sy opgevrolik wegstap, besluit ek finaal: hierdie nuus is regtig goed – dis 10% wat ek sê en 90% wat ek doen. Find a hurt and heal it . . . find a need and feed it.
Om aan te sluit by die parkie-analogie, beeld ons 'n ander klassieke kinderspeletjie uit. Die slangetjies verteenwoordig natuurlik die duiwel (soos in die tuin van Eden) en die leertjies dui op God wat as't ware afklim om ons te kom optel waar en wanneer ons geval het.
Griffel van Wyk (Gereformeerde Gemeente Brooklyn)
rie lma
ed
Bre
Wi
ng ls is ten sse Chris roepi aar e sy ef, w ook t N W ong DIA iese, j oë: om it te le Hy is n besi u , e r m n. ina el voo God l doe rpers ateljee d n e a o 'n is n d ryk va y ook ontw h. Die n en rklik e e e e c k t e me konin wat h rafies enbos geop is w rns n g l n 7 l e ie ia e 0 te at e in d k al is pad s e in S art 20 kel. D nd w het ik a g lje uis m oo ma hy an Kr se ate is in M n ontw an ie aaro vanda v , y ie .D sv ie een e graf tudios groe gmen arde hoe h a i e r n S t sy e lood g om lke jo ier op te hoo f e i h s Sun ds be ld vir ping er om ld. e e e d stee oorbe t sy ro gena ie wêr 'n v ak me hom k in d ma ispad il maa Kru versk 'n
baie belangrik en ek glo dit maak 'n verskil in mense se lewens. As hulle kan sien hulle welstand is werklik vir jou 'n prioriteit, voel hulle waardevol en liefgehê. Dit gaan dus daaroor om daar te wees vir ander, maar ook om hulle toe te laat om daar te wees vir jou in swaar tye. So werk die lede van die liggaam van Christus saam en kan ons 'n verskil maak in mekaar se lewens, of dit nou kollegas, kliënte of familie/vriende is.
Twyfel jy ooit in jou roeping? En wat doen jy dan? Ja, verseker! Dis normaal om te twyfel – ek dink diegene wat nooit twyfel oor hulle roeping nie, is dalk 'n bietjie te groot vir hulle geestelike skoene! Ek worstel met God, dink, vra raad by goeie vriende, droom, soek antwoorde in die Woord en wag. Nuwe perspektiewe kom soms op die vreemdste tye. God se manier van doen is misterieus en volmaak – Hy bevestig my roeping op kreatiewe en onverwagse maniere!
ons roep om Hom te dien waar ons ook al is en wat ons ook al doen. Nie almal van ons kan of moet voltyds in die bediening wees nie. Wel, eintlik is ons almal reeds voltyds in die bediening, al hou jy skool, waiter in 'n restaurant of blus vure – God kan jou gebruik om 'n verskil te maak in mense se lewens. Al wat jy hoef te doen, is om jouself beskikbaar te stel. Meld aan vir diens!
Wat is jou raad aan jongmense oor die navolging van 'n roeping? Ek haal graag 'n gedeelte aan uit een van my gunsteling boeke, Wild at Heart (deur John Eldredge): "Ask not what the world needs, but what makes you come alive, because what the world needs, is people who have come alive." Ek kan dit nie beter stel nie. En ook: "Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop," (Spreuke 3:6).
Dink jy dat 'n mens se beroep jou roeping moet wees/raak? Om te dink dat sekere beroepe meer "roepingsgeoriënteerd" is as ander, is gevaarlik. Ek glo dat God 'n mens in enige beroep kan gebruik en dat Hy
Wat glo jy is jou roeping hier op aarde?
No. 7
14
Ek glo my roeping is om God se koninkryk te soek in alles wat ek doen (Matteus 6:33) en sy lig deur my te laat skyn waar ek ook al is. Dag vir dag word ek na die beeld van Jesus gevorm (dis maar 'n lang en moeilike proses) sodat ek mense onvoorwaardelik en vreesloos kan liefhê en dien, net soos Hy ook gekom het om te dien. Ons is geroep om 'n verskil te maak op aarde – nie om onsself te dien en te verryk nie. Ek weet ook dat ek nog nie die volle omvang van my roeping besef nie – ek ontdek daagliks nuwe aspekte daarvan. Dis 'n groot avontuur!
Hoe het jy geweet wat jou roeping is? Dit vat maar 'n ruk om uit te figure wat jou
roeping is en wat jy met jou lewe wil maak – 'n mens hoor nie altyd God se stem helder en duidelik met spesifieke instruksies oor "waarheen volgende" nie. Inteendeel, ek glo ons het meer vryheid as wat ons meestal geneig is om te glo. God se wil is nie vir my soos 'n bull's eye waarvoor ek mooi moet korrel nie – ons is mos soms so bang ons mis dit en dan is dit nag! Nee, vir my is dit om naby aan God te wandel en Hom te ken in alles wat ek doen. Om 'n goeie voorbeeld te noem: een van die belangrike vrae waarmee ek geworstel het toe ek oor die ateljee begin droom het, was: waar moet dit wees? En dit was vir my asof God sê: "Wel, my seun, waar wil jy hê moet dit wees? Waar sal jy wil bly?" Ek was skoon verbaas (en heel opgewonde) hieroor! Ek was nog altyd lief vir die Wes-Kaap en het toe besluit om in Stellenbosch te kom woon en werk. Die ding is, ek glo wie jy is, is vir God belangriker as waar jy is. Met ander woorde, Hy is meer besorg oor jou karakter as jou werk, omgewing, ensovoorts. En as 'n mens dit snap, is dit maklik om sy koninkryk te soek, maak nie saak waar jy is en wat jy doen nie – jy kan Hom dien en vir mense iets beteken in enige werksomgewing!
Voel jy jy maak 'n verskil en hoe? Ek glo deur eerlik te wees met mense oor wie ek is en waaroor ek dink en droom, maak ek dit makliker vir hulle om te identifiseer met my, selfs wanneer dit moeilik gaan. Opregtheid is dus vir my
s e i j dit tjies da ian n e rD oo
n laa de r? 7 e es, t ki of som é s ó Flo k m nter e i As m, w los F m F n H a O k a lan eL sel d Bor F 7d F Ba k K onger bob! J O n O ge es tort F Kla er pon e S Liv S g r d O Jon d ief d f ou oor OF tthea d L ee ys o W a l u r S ema p e B e D e Ou and F G ee Cin aggri s O S vi de a F a a e M O f B Lie m ld ine OF sve F C dpyn b o o B n O Ta b D nge DV OF Spo ios ep tud gri S g a n Ma atio nim A ar Pix e n a v agn iets se las g i En ma 206 d My geot ak ngbir liek f e i u r g k s e B c elin ng ko r P ison Mo nst i Pr ill A Gu nstel ng ka K To rus Gu nsteli gram lk t o k e u r P e me G Vp opa aap bo el m r T r u g a E s-K g elin ost tw y t p elin t We ionar o me nst Guns ing a tinen u t G el kon rika Pic erican nst f m Gu teling uid-A etjie A S el ns e Gu lek in ordsp ranki p b d g g ing l elin elin nst unst unste u G G G
No. 7
15
Wanneer ons kwaad word, raak ons lus om dinge om ons rond te ruk en uit te pluk (dink maar net hoe kwaad jy al vir jou rekenaar was). 'n USB-kabel is van geen waarde as dit uitgetrek is nie – hoe kan jy byvoorbeeld jou Dokumente op jou flash disc lees as dit nie ingeprop is nie? As ons egter by God inskakel en inprop, kan ons vergewe en tot rus kom!
Pieter van Helden (Christelik Gereformeerde Kerk, Eindhoven)
ONS
het tog almal al kwaad geword vir ons ouers, ons broers of susters, of selfs vir ons vriende. Ons weet dus almal hoe kragtig dié emosie diep binne ons kan werk. Mense word weens verskillende redes kwaad. Daar is baie mense wat selfs kwaad vir die kerk is. Gewoonlik gaan dit gepaard met baie bitterheid, sinisme en woede. 'n Groot verskeidenheid redes word hiervoor aangevoer. 'n Paar bekende redes is die skynheiligheid en magsmisbruik van die kerk en sy leiers, die bitterheid oor soveel goed wat te vinnig verander, en die feit dat jy verskil met die kerk se standpunte oor vigs, apartheid, homoseksualiteit, die vrou in die amp, liedere, belydenisse, uitreikwerk, saamwoon voor die huwelik, groot of klein doop, ens. As 'n mens oplet hoe gereeld daar onderling oor hierdie goed gepraat word, besef jy hoeveel mense werklik kwaad is. Tog moet ons versigtig wees om sommer aan te neem dat dié mense ook kwaad vir God is. Die meeste van hulle is kwaad vir die kerk, maar steeds lief vir God. Is dit moontlik?
No. 7
16
As ons mooi na dié stelling kyk, is daar twee woorde wat baie verwarring en misverstand veroorsaak: Kerk en kwaad. Daar is al eeue lank nagedink en gedebatteer oor die vraag "Wat is die kerk?" Ek wil nie al die teologie hier bespreek nie, maar ons moet wel ietwat van 'n onderskeid maak voor ons begin om werklik te verstaan wat dit beteken. Die woord "kerk" kan verstaan word as die fisiese kerkgebou wat 'n gemeente gebruik vir hulle godsdiensbeoefening. Verder gebruik ons "kerk" om te praat van spesifieke gemeentes of kerkverbande. Ek verwys gewoonlik daarna as die institusionele kerk. Tog bely ons in die apostoliese geloofsbelydenis ook die ware Kerk. Dit is almal oral op die ganse aarde, deur al die eeue heen, wat deur die Woord en Gees bely dat Jesus die Christus is, die Seun van die lewende God (sien Matteus 16:16-18). Dit is die liggaam van Christus. Dit is seker voor die hand liggend dat 'n mens nie vir kerkgeboue kwaad kan wees nie (alhoewel iemand seker al so 'n rede uitdink het). Kan 'n mens dan vir die ander twee vorme van "kerk" kwaad wees? Ons moet versigtig wees en mooi dink as ons agterkom dat ons kwaad is vir die heilige algemene Kerk (liggaam van Christus). Dan is jy nie kwaad vir die kerk nie, maar kwaad vir Jesus Christus. Ek dink die meeste mense wat kwaad vir die kerk is, is kwaad vir die institusionele kerk. Ek betwyfel glad nie dat gelowiges soos ek en jy, wat kwaad vir die kerk is, nie steeds lief is vir God nie. Ek besef net al hoe meer dat my een predikant se woorde waar is: "Agter elke kwaai vraag en bitter verwyt, lê 'n mens vol pyn." Dus, as ons kwaad is vir die institusionele kerk, vir wie is ons eintlik kwaad? Meestal is dit vir iemand
spesifiek in die kerk, byvoorbeeld die predikant, die ouderling, of 'n sekere groep mense. 'n Mens vind ook dat mense kwaad is vir minder spesifieke persone soos die kerkraad of die kerkverband in sy geheel. Tog is daar ook goeie redes om kwaad te wees vir dié vorm van "kerk". Die rede hiervoor lê baie diep gewortel: die menslike sondige natuur. Waar gaan 'n mens groter moeilikheid kry as juis daar waar 'n klomp sondige mense saam probeer om God se wil te verstaan en te doen? Ek hoor gereeld mense sê: "Maar die Bybel sê dat ons nie mag kwaad word nie!" Ek dink dit is ver van die waarheid af. In Efesiërs 6:24a staan daar: "As julle kwaad word, moenie sondig nie." Dit is duidelik dat wanneer jy kwaad word, jy 'n kragtige emosie ervaar. Die kwaad-emosie kom gewoonlik wanneer 'n mens ingedoen voel of wanneer iemand jou seermaak. Om kwaad te word, is dus deel van hoe ons as mense bedraad is. As daar onregverdig teen ons opgetree word, word ons kwaad. Verder kan ons nie 'n emosie ervaar en dit dan net so los nie. Ons is ook bedraad om op emosies te reageer en ons doen dit op verskillende maniere. Alhoewel die reaksies op die kwaad-emosie 'n groot verskeidenheid reaksies voortbring, is daar twee hoofgroepe waartussen ons kan onderskei: Regverdige reaksies en onregverdige reaksies. Weereens is dit ons sondige natuur wat meestal die oorhand kry en onregverdigheid laat seëvier. Ons almal ken die klassieke (onregverdige) reaksie op die kwaad-emosie: Woede! Dit pak jou beet en voor jy jou kan kry het jy jou humeur verloor, ge-snap en vaar jy met geweld in. Of jy krop dit op, koester die haat, raak bitter en sê die ander persoon sleg agter sy rug. Die reaksies is gewoonlik 'n duisend maal vuriger as wat die situasie regverdig. Tog is daar 'n regverdige kwaad word ook. Die ou mense het dit toorn genoem. Die mooiste voorbeeld
hiervan is waar Jesus die tempel gereinig het (Matteus 21:12, Markus 11:15 en Johannes 2:15). Terug by die kerk: Ons mag dus kwaad wees vir die kerk! Ons moet net die regte redes aanvoer en op die regte manier optree. Nie sondig nie, maar goed doen! Dit is juis hoe die Reformasie begin het. Aan die einde van die Middeleeue het die kerk baie probleme gehad. Baie mense was baie kwaad vir die kerk. Soveel so dat 'n sekere monnik 95 stellings teen die misdrywe van die kerk teen 'n kerkdeur vasgespyker het. Maar dit was nie in woede nie – dit was juis om die kerk terug te bring na die Woord, terug na die genade, terug na Jesus Christus! Laat ons 'n bietjie dink oor waar ons nou staan: Ons is 'n klompie sondige mense wat slegs uit genade die kerk mag wees. Dit beteken dat baie goed steeds verkeerd gaan wees en baie goed ons steeds vreeslik kwaad gaan maak. Ons moet dus uiters versigtig wees, sodat ons regverdig kan optree. Tog vra Jesus selfs nog meer van ons. Hy vra ons om nog verder te gaan. Hy vra ons om genadig te wees en te vergewe – selfs tot 70 maal 7 keer. Dit beteken nie dat ons die verkeerde moet ontken nie. Dit vereis dat ons ons eie swakheid en onvermoë moet erken. Die groot vraag bly nou oor: Kan ons die kerk vergewe? Wel, dit kom nie van self nie. Ons sal regverdigheid en vergifnis moet begin oefen sodat ons geestelik sterk en fiks kan word. Volgende keer as die kwaad-emosie jou beetpak, gaan jy weer voor 'n kruispad staan: Woede of regverdigheid . . . of vergifnis? Mag die Gees ons in ons swakheid bystaan.
No. 7
17
Sêjousê Vertel vir ons van 'n mooi ding wat gebeur het terwyl die krag af was. Die skrywer van die mooiste verhaal (dit wil sê 'n gebeurtenis wat getuig van "goeie dade" en "lig in die wêreld") kry 'n kopie van Die Bybel: Nuwe Lewende Vertaling van CUM af.
Adri Breed (Kruispad-redaksielid), met insette van die redaksie
HULLE
sê altyd "'n Goeie begin is halfpad gewin". Maar wat dan nou as iets nie so goed begin nie? Want 2008 het nie so wonderlik begin nie . . . Binne die eerste twee weke van Januarie het die hele gemeenskap van Suid-Afrika geskok gestaan voor die realiteite van ons land se kragsituasie. Die één ding wat ons almal as 'n gegewe beskou het. En boonop loop gerugte rond dat die hele infrastruktuur van Suid-Afrika besig is om te kalf: die drinkwater in verskeie dorpe is besoedel, die mediese dienste van sekere staatshospitale suck, die paaie is vol gate en krake, sake van onderrig laat 'n mens bietjie sidder en sommige van ons leiers vergryp hulle aan die nasie se geld. En laat ons nie eers begin praat van die moorde, verkragtings, kapings, aanrandings en ander ernstige misdade wat op 'n daaglikse basis in ons land gepleeg word nie. Ja-nee, die toekoms van ons mooi land lyk maar benard . . . Hoe meer 'n mens daaroor dink, hoe meer besef jy dat jy so vinnig as moontlik moet spore maak en die pad moet vat na 'n land waar vrede, welstand en voorspoed seëvier. Engeland, Australië, Nieu-Seeland en Kanada kan veel meer vir 'n belowende jongmens bied. Maar wag net 'n oomblik! Het jy al vir een oomblik gedink dat dit moontlik God se wil is dat sake in Suid-Afrika is soos dit nou No. 7
18
is? Ons bid so gereeld: "Here, dink tog aan ons land. Laat dit tog met ons beter gaan. Verander tog alles wat verkeerd is, en maak Suid-Afrika se mense u kinders." Wie weet, dalk is dit PRESIES wat God besig is om te doen! Dalk is Hy besig om dit só donker te maak vir die mense van Suid-Afrika, dat hulle dadelik ontvanklik sal wees vir die Lig wat oppad is. Wanneer 'n mens by 'n lessenaar sit en swot, en jou studeerlampie maak lig op jou boeke, kom jy nie dadelik agter dat die lig swak is nie. Maar wanneer jou ma van agter af kom en die kamerlig aanskakel, besef jy skielik hoe donker die kamer was. Jesus leer ons (in Matteus 5:14) dat ons as gelowiges die lig van die wêreld is. Ons het dus die volle vermoë om die mense wat in die donkerte sit, se onmiddellike omgewing te verlig. "Op 'n ander keer het Jesus vir die mense gesê: 'Ek is die lig vir die wêreld. Wie my volg, sal nooit in die duisternis lewe nie, maar die lig hê wat lewe gee.'" Dus, ons as gelowiges dra nie net sommer random lig ons rond nie, ons dra die Redding van Jesus Christus in ons rond. Maar Jesus laat dit nie daar nie. Hy leer ons wat om met die lig te doen (en wat om nié met die lig te doen nié). Hy leer ons dat 'n mens nie 'n lamp opsteek en dit onder 'n emmer sit nie. 'n Mens sit dit op 'n staander, en dit skyn vir almal wat in die huis
is. Met ander woorde, jy hou nie jou hande bol om die lampie sodat dit net vir jouself lig maak nie. Om 'n lig te dra, vra dat jy dit met ander deel (of jy nou wil of nie), want dit is in lig se aard om vir meer as een mens lig te maak. As jy nie jou lig met ander wil deel nie, gaan jy dit self ook nie kan geniet nie. Jesus gee vir ons praktiese wenke hoe om ons lig te laat skyn. "Laat julle lig só skyn voor die mense, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemele is, verheerlik." Dus gaan dit hier oor goeie werke. Daar is min dinge wat 'n mens so bly maak, soos wanneer iemand iets nice vir jou doen. So, in hierdie land van ons, waar alles nou en dan pikgietdonker lyk (letterlik en figuurlik), en waar die mense moedeloos en negatief is, is dit nou tyd om te begin met jou goeie werke. Nie in Engeland, Australië, NieuSeeland of Kanada nie. Hulle het jou nie nou soveel nodig soos jou eie mense nie. Begin met jou goeie werke hier in Musina, Nelspruit, Pretoria, Potchefstroom, Welkom, Jeffrey's Baai, Bhisho, SomersetWes, of waar jy dan nou ook al bly. Die mense van Suid-Afrika wat in die donker sit, is – of hulle dit nou weet of nie – reg dat jy van agter af kan kom en die lig kom aanskakel. Net ons as gelowiges kan dit doen, want net ons weet hoe helder die Lig is wat ons in ons ronddra.
No. 7
19
Wil jy gr aag Stuu 'n by r dit drae v ir on 'n ge instu s dig, ur v artik na krea wil g tief@ ir die v el, f raag ol o t krui o jou God , ski spad gende K gaw lder -ere ruisp .net es g y, o nd v . Di ad-u f wa ebru an a t ka t da itga ik o ard n n no e we? mG wee u oo nigiets od t s.) wee e ee k al s– . Di r! (D e re us m dak oet sie jou bydr ae
As jou naam Anna is EK
is Anna. As jou naam Anna is, is jy waarskynlik in Afrika gebore. Meer waarskynlik, in 'n klein Vrystaatse dorpie of êrens diep in die Karoo waar die etenstafel Sondae kreun onder skaapboud en gebraaide aartappels. En as jou naam Anna is, is jy dalk 'n stewige boeremeisie wat weet hoe om skape in 'n kraal in te jaag en 'n springbok af te slag. Dis moontlik. Maar ek is nie so 'n Anna nie. Ek is nie 'n Anna wat kaalvoet-oor-die-berge, of deur die duwweltjies, of enige ander plek heen, geloop het nie. Eintlik loop ek nogal graag kaalvoet – maar net waar daar sagte gras of 'n sagte mat is. Of stewige grond. Ek is 'n Anna wat hou van stewige grond onder my voete. Annas is meestal plat op die aarde, en ek is ook, solank dit net metafories is en nie fisies nie. Want dit was ek ook al gereeld – gewoonlik waar daar genoeg mense is om my val te aanskou. Ek hou nogal van variasie op die tema: partymaal val ek van perde af, ander kere van trappe af, of soms, net vir die lekker, sommer oor my eie voete. Ek het al in 'n supermark vol studente voor die yskaste neergeslaan terwyl die boks melk dié kant toe en die visvingers dáái kant toe gespat het. Ek het al voor die dorpsbiblioteek myself oor vyf trappies versprei, en my hoop boeke oor twintig vierkante meter. Ek het ook al 'n hele paar keer uit die akkerboom voor ons huis geduik (toe ek jonger was, bygesê). Ek het 'n redelike reputasie, soos jy kan hoor, vir kop-in-die-wolke wees. Wat lei tot plat-op-die-aarde wees. Ek het nou genoeg gehad hiervan. As 'n mens regtig elke slag wat jy val 'n plaas gekoop het, was ek al 'n grondbaron. Nou die dag was die laaste strooi. Griet het haar amper in 'n koma in gelag toe ek haar vertel het – wat ek nie gedink het baie gaaf was van iemand wat ek my beste vriendin noem nie.
No. 7
20
Sien, soos ek gesê het, hou ek van kaalvoet loop. Wat ek GLAD nie van hou nie, is hoëhakskoene in enige vorm. Maar beauty is vain (en trots kom voor 'n val, en al daai ander cliché's wat meestal eintlik waar is). Want ek laat my toe ompraat om met 'n paar baie mooi, baie hoë (en baie onpraktiese) rooi skoentjies kerk toe te gaan. Dis was 'n heel spesiale geleentheid, want die ou waarop ek 'n ogie het, sou daar wees (nou kan jy wel vra of ek dink my motiewe was suiwer). Om 'n lang, hartseer verhaal kort te knip . . . ek het nou wel nie in sy arms geval nie, maar voor sy voete – soos 'n outydse heldin ('n effens lomp, outydse heldin!). Dit was die laaste strooi. My trots en my hart was gebreek. So vra Griet toe vir my: dink ek nie ek moet die positiewe in die situasie sien nie? Soos wat? wil ek verontwaardig weet. Griet is geneig om geestelik te raak, veral en gewoonlik net wanneer ek besig is om myself lekker jammer te kry. Wel, meen Griet, jy gaan nooit 'n probleem hê met trots of hoogmoed nie. En trots is 'n baie lelike eienskap. Dit maak 'n mens blind vir jou eie foute en doof vir inspraak. Dis die nederiges en sagmoediges wat God se hart verstaan, wat dien al is daar geen glamour of erkenning by betrokke nie. Hmm . . . Toe dink ek bietjie daaroor. Alles wat Griet gesê het, is waar, al is dit nou nie wat ek graag wou hoor nie. Ek dink nog steeds mens kan nederig wees sonder om so baie te sloeg. Maar as dit is wat nodig is om my van trots te weerhou, dan meen ek dis maar reg. Ek wil nie blind of doof wees nie. Nee, ek wil 'n Anna wees wat kaalvoet en nederig leef, oop en suiwer. Al is my knieë dan meestal stukkend.
Charl Ubbink ('n Kruispad-leser)
EK
sit by my lessenaar en staar na die klein wekkertjie wat op my bedkassie staan. Tyd is darem maar 'n snaakse ding. Volgens my is 'n horlosie maar 'n vervelige instrument. Elke dag doen hy maar net dieselfde ding. Dieselfde siklus word elke dag herhaal. So voorspelbaar . . . maar tog so belangrik. Breyten Breytenbach het die volgende oor tyd te sê gehad: ". . . want daar is net drie tye, die verlore tyd, die toekomstige tyd, die hele tyd." Of is daar? Wat het in 2008 geword van gesinstyd, gelooftyd . . . ek-tyd? Op 'n manier is Breyten se woorde so waar. Tyd gaan verlore, kosbare tyd vlieg verby. Wat het ek met daardie tyd gedoen? Die toekomstige tyd . . . ja, ons almal beplan wat ons gaan doen. Volgende naweek moet ek daardie partytjie gaan bywoon, môre moet ek my besige skedule aanpak en vanaand moet ek my huiswerk klaarmaak anders is ek more weer in die dogbox by juffrou. Sjoe, goed moet net gebeur . . . elke sekonde van elke dag moet goed vir my gebeur . . . net vir my! Omdat tyd so vinnig verbygaan, moet ons mos nou soveel moontlik aanpak, ek moet nou presteer! Die wyse Salomo het geskryf: "Alles is 'n gejaag na wind, alles kom tot niks." Die mens se spoedige gejaag na erkenning, rykdom en prestasies kom ook tot niks, "want stof was jy, en na stof sal jy terugkeer." En wat word dan van jou geld? Die mens van die 21ste eeu is so gefokus op . . . (Kan ek dit maar sê?) NIKS! Ons is so gefokus om net die beste te wees dat ons vergeet van ons ware doel op aarde. Casting Crowns sing in Who am I die volgende: "I am a flower quickly fading here today and gone tomorrow a wave tossed in the ocean a vapor in the wind
Still You hear me when I’m calling Lord, You catch me when I’m falling and You’ve told me who I am I am Yours, I am Yours." Die liedjie sê vir my: ek behoort nie aan die wêreld nie, ek behoort aan God. My lewe is so kort . . . Hoekom wil ek skatte op aarde bymekaarmaak? Ons is deel van 'n baie groter prentjie op aarde. Ons is deel van 'n meesterwerk, met God as die Kunstenaar. Hy vat sy kwas, druk dit in verf en skilder jou lewensverhaal op sy groot canvas. Dit maak nie saak wie of wat jy is nie, ons almal het dieselfde roeping op aarde. Kyk na die berge . . . wat sien jy? Ek sien die vingerafdrukke van God. Kyk na die blomme. Ek sien die verf van God se kunswerk. 'n Kunswerk het 'n fokuspunt. Dink jy die fokuspunt van God se kunswerk is jou rykdom? My prestasies? Die hele tyd word tyd gemors! Ons is geskape met die doel om God se Naam uit te dra, om sy Naam te verheerlik en om die wêreld te wys ons God is die lewende en ware God! In Matteus 9:37 sê Jesus: "Die oes is groot, maar die arbeiders min." Die oes is ENORM ja . . . en die arbeiders is sowaar min, maar in God is die arbeiders sterk. Ons is die arbeiders. Moes ons nie al lankal aan die werk gespring het nie? Die hele tyd is ook God se tyd. Doen daarmee wat Hy vra – verheerlik sy Naam! Werk hard met jou talente, want dit kom van God af en moenie toelaat dat aardse goed dié tyd wat God vir jou gee by jou steel nie.
No. 7
21
"Ons gaan jou ook mis . . . maar ek dink nie jy moet bekommerd wees nie. Hierdie diensjaar is 'n wonderlike geleentheid. Jy gaan soveel nuwe mense leer ken, vriende maak en plekke sien. En dis 'n kans om vir die Here te werk – dis tog wat jy wil doen?" "Ja," sê Janien onseker. Is dit wat sy wil doen?
Dit
Anneretha Combrink
No. 7
22
was 'n simpel idee. Die domste wat sy nog in haar agtien jaar gehad het, besluit Janien. Haar kop is al seer, want elke breinsel in haar kop skreeu vir die afgelope drie dae non-stop vir haar presies hóé dom sy nou eintlik was. Wie wil nou vir 'n jaar lank in 'n klaskamer gaan sit en luister hoe grootmense vir jou preek oor jou lewe, en watter gevolge jou keuses van die verlede gaan hê en . . . nou ja, sy weet nie presies waaroor hulle alles gaan preek nie, maar sy het 'n goeie idee. En dit terwyl die see net oorkant die straat is, en jy volleyball op die strand kon gespeel het. Simpel, simpel Janien. "Voel jy nou beter oor wat jy besluit het, Janien?" vra haar ma in die kamerdeur. Kan sy gedagtes lees? Die kamer is 'n deurmekaar nes. Al Janien se aardse besittings lê gesaai oor die vloer, die bed, die lessenaar, die stoel. Die enigste oop spasie is die plek waar sy plat op die vloer sit. Sy bekyk die chaos rondom haar met 'n kwaai houtoog, asof die gemors vanself daar gekom het, en dus net so maklik vanself kan regkom. Ruk jouself reg, wil sy vir haar afoor-teddiebeer sê wat in 'n plat bondel onder haar broeke op die vloer uitloer. Ruk jouself reg, wil sy vir haarself sê – want sy is baie lus om onder die bed in te kruip. Maar wat gaan dit nou help? Sy moet besluit wat sy wil saamvat, en wat hier moet bly. "Janien?" sê-vra haar ma, en Janien besef skielik sy het nog nie haar vraag beantwoord nie. Sy sug. "Ag, ek weet nie. Soort van. Dis so ver weg, Ma. Die Kaap is ook nou nie net om die draai nie – en ek ken absoluut niemand daar nie. Sê nou ek haat elke oomblik?" Haar ma skuif 'n paar kledingstukke en gaan sit op die voetenent van die bed. "Ons gaan jou ook mis . . . maar ek dink nie jy moet bekommerd wees nie. Hierdie diensjaar is 'n wonderlike geleentheid. Jy gaan soveel nuwe mense leer ken, vriende maak en plekke sien. En dis 'n kans om vir die Here te werk – dis tog wat jy wil doen?" "Ja," sê Janien onseker. Is dit wat sy wil doen? Sy tik in haar gedagtes af: Nuwe mense leer ken? Nie regtig nie. Sy ken genoeg mense. Daar is amper tweehonderd mense op haar Facebook-profiel. Nie dat sy hulle seker almal kén nie, maar toemaar. Vriende maak? Sy hoop nie hulle gaan daai dom kenmekaar-games speel en dan dink almal hulle moet een groot happy family wees nie. Plekke sien – ja, miskien. Maar sy is nie regtig die travel-tipe nie. Slaapsakke en tente en vuil wasgoed is nie eintlik haar idee van pret nie . . . Vir die Here werk? Ag, sy gaan nie nou daardie vragie beantwoord nie. Sy weet nie meer nie. Die afgelope Desembervakansie het daar soveel goed verander. Sy weet nie meer wie sy is nie, sy twyfel oor baie stuff wat nog altyd vanselfsprekend was.
En dis nie kleinighede nie, dis belangrike goed soos geloof, soos haar standpunte oor die lewe. Moes sy nie maar eerder Londen toe gegaan het hierdie jaar soos die meeste van haar skoolvriende nie? Nee, Louis is in Londen. En vir Louis wil sy nooit, nóóit weer sien nie. Sy wil so vinnig moontlik van hom vergeet. Dalk is die Kaap tog maar die beste opsie. "Ai Janien . . ." Haar ma sit en kyk na haar. Janien kan sien sy is bekommerd. "Ek moet klaar pak, Ma," sê sy haastig. Die lughawe is 'n miernes. Eers vat Janien se ma die verkeerde afrit, en dit neem hulle amper twintig minute om weer by die regte parkeringbordjie uit te kom. Hulle is laat. Sy gaan haar vlug mis – Jippie? Met arms vol bagasie (daar was natuurlik nie 'n trollie binne enige bereikbare afstand nie) drafstap hulle deur die doolhof van sinkgangetjies. Die lughawe is nou al vir ewig besig met aanbouings, gaan hulle nooit klaarkry nie? Die plek is groot en deurmekaar genoeg soos dit is. By die inboektoonbank hol kleuters op en af en maak die lewe vir hulle ouers nag. Mense druk voor mekaar in die ry in. Janien oorweeg dit om dit ook te doen; daar is nie 'n manier waarop sy betyds gaan wees teen die tempo wat hierdie ry beweeg nie. Uiteindelik is sy tog wel op die vliegtuig. Haar arms pyn van die swaardra en sy wens skielik sy het haar ma langer vasgehou. Sy sien haar eers weer oor drie maande. Toe Johannesburg net 'n spikkeltjie ver onder die vliegtuig is, haal Janien vir die eerste keer weer diep asem. Sy grawe met dom vingers in haar sak, en vat die pamflet raak. Die een wat haar ma so opgewonde gehad het dat sy uiteindelik vir Janien ook oortuig het. Daar is kleurfoto's van mense wat omtrent so oud soos sy is. Hulle lyk gelukkig – op die strand, voor rekenaars in 'n groot lokaal, in 'n koshuisagtige slaapkamer met bont duvets. Sy is seker hulle máák net of hulle so gelukkig is. Sulke jippie-for-skippy-uitdrukkings op hulle gesigte. Darem een ding wat seker okay gaan wees . . . die skryf. Janien wou nog altyd 'n joernalis wees, en dit is ook een ding van hierdie diensjaar wat haar oortuig het. 'n Diploma in tydskrifwese; om op die redaksie van 'n tydskrif te dien; om régte artikels te skryf. Oor 'n uur is sy daar. Sy wens sy kon die vlug uitrek. Dalk moet sy die vliegtuig hi-jack en na 'n onbewoonde eiland toe vlieg. Die passasiers gyselaar hou en miljoene rande maak. Die driejarige wat op die sitplek voor haar op-en-af spring laat haar teen die idee besluit. Sy wil nie op 'n afgesonderde eiland wees saam met soveel energie nie. Nou ja. Hier gaan sy. Janien oppad na Survivor Suid-Afrika.
(word vervolg)
No. 7
23
No. 7
25
Marlé Booysen (sielkundige & Kruispad-redaksielid)
Hoekom
No. 7
26
kan 'n mens meestal met oortuiging sê "Twee plus twee is vier" en nie "Ek het die reg om te bestaan" nie? Dis tog altwee feite! Is dit omdat mense in jou eksterne wêreld veranderlik en onvoorspelbaar is, en omdat jy op hulle reageer? Indien jou maag draai as jy die bogenoemde "verbode" uitspraak maak, is die kanse goed dat jy nie voel jy is belangrik genoeg om jou eie opinie te lug nie en skrikkerig is om openlik te wees oor wie jy werklik is. Dit is noodsaaklik dat jy glo jy is belangrik genoeg om op te staan vir jouself en om jou waardes te eer. Ek glo jy is al tot vervelens toe geïrriteer met die woord groepsdruk, so ek gaan jou bekendstel aan die fantastiese wêreld van assertiwiteit! Ek glo jy is slim genoeg om die nodige afleidings te maak! Hier is 'n beginsel wat aandag geniet: "Ons altwee maak saak." Dit is die beginsel van assertiwiteit, die vaardigheid om jou gedagtes, gevoelens en behoeftes uit te druk terwyl jy ook die regte en gevoelens van ander in ag neem. Die basis hiervan is 'n besluit om te sien, te dink, bewus te wees en hierdie bewustheid in die wêreld in te bring (met ander woorde – jy neem deel en is nie net 'n toeskouer nie). In die proses bou jy respek en begin om jouself net so waardig soos ander te ag. Wanneer jy jouself laat geld, is jy bereid om op te staan vir jouself, om jouself met respek te behandel en te weier om jou persoonlikheid te fake, sodat ander van jou sal hou. Assertiwiteit word gekoppel aan integriteit. Jy moet dit wat jy sê, ook doen. Jy moet jouself en ander regverdig en met aanvaarding hanteer. Eer jou integriteit deur die waarheid te leef. Een van die doelwitte wanneer jy jouself laat geld, is goeie, gesonde verhoudings (gebaseer op wedersydse respek), asook duidelike kommunikasie en die doeltreffende oplos van konflik. Jy pas dit toe wanneer jy in verhoudings is – sonder om jou bestaansreg agterweë te laat, goedgesind en goedhartig is – sonder om jouself in die steek te laat, en wanneer jy leer om saam met mense te lewe en te werk – sonder om jou eie standaarde en oortuigings te verraai. Party mense is nie assertief nie want hulle wil konflik vermy, ander please, iemand manipuleer, óf hulle wil doodgewoon net inpas. Jy glo dalk dat jy 'n swak indruk by ander sal maak wanneer jy sê wat jy dink, of dat ander gegrief gaan voel teenoor jou wanneer jy jouself aanvaar en jou bestaan bevestig. Ander vrese is dat dit jaloesie kan wek wanneer jy gelukkig met jouself is, en dat as jy uitstaan, jy dalk eintlik alleen staan. Jy verwag dalk dat ander bedreig of geïrriteerd voel deur jou, maar binne hierdie situasie kan jy moontlik die verskil maak. Al hierdie veroorsaak dat jy kwaad en gefrustreerd voel. Dit voorkom dat jy jouself kan wees en kan opstaan vir dit waarin jy glo. Assertiwiteit is nie onvanpaste aggressie nie. Dit beteken nie jy moet
almal in die ry omstamp en wegdruk sodat jy voor kan staan nie. Dit beteken nie dat jy jou regte mag voorhou terwyl jy blind is vir ander s'n nie. Moet dit nie verwar met sinnelose rebelsheid nie. Assertiwiteit sonder bewustheid (bewus van die situasie, mense, kommunikasie en jouself) is soos om dronk te bestuur. Dit is reg om jou gedagtes, oortuigings en gevoelens uit te druk, behalwe as jou objektiewe oordeel binne-in die situasie waarin jy jouself bevind vir jou sê dat dit nie is nie. Jy het die reg om jouself uit te druk op gepaste maniere binne die gepaste konteks. Dis goed om mense se geluk in ag te neem en hulle sover as moontlik tevrede te hou, maar dit is nie goed om daaraan verslaaf te wees en verwerping as die gevolg daarvan te vrees nie (sien Johannes 12:42-43). Ons moet met suiwer motiewe, uit liefde vir God en vir ons medemens, handel (sien 1 Korintiërs 3:13-15; Matteus 6:1-7 en Kolossense 3: 12-17). Die behoefte vir aanvaarding kan jou beroof van jou lewensroeping. Wat vir jou moet saak maak, is dat die Here jou gedrag goedkeur (sien Galasiërs 1:10 en Kolossense 3:1). Dis nie goed om "ja" te sê wanneer jy jouself verag omdat jy nie "nee" kan sê nie. Onthou, jy gaan moet rekenskap gee oor jou lewe, oor niemand anders s'n nie (sien Matteus 12:36 en 1 Petrus 4:5). "Wat help dit 'n mens as hy die hele wêreld as wins verkry, maar homself verloor?" (Lukas 9:23-25). "'n Goeie naam is meer werd as groot rykdom," (Spreuke 22:1). Koppel integriteit en 'n goeie karakter aan jou naam, en bevorder 'n nalatenskap wat hierdie wêreld 'n beter plek maak vir ons nageslag. Wees authentic . . . eerste uitgawe jy!
pad-redaksielid)
Wilmarie Breed (Kruis
Christelle
Nolte het onlangs haar debuut CD, U ken my naam, vrygestel. Hierdie CD is die begin van 'n bediening van hoop en 'n poging om mense met seer te bemoedig deur haar en haar man se verhaal, getuienis en musiekbediening. Sodoende help hulle ander om 'n lewe van oorwinning en vrede in Christus te lei. Die vraag waarmee elkeen gekonfronteer word, is: Wat jou omstandighede ook al mag wees, het jy die Here steeds lief en word Hy te midde van jou omstandighede verheerlik? Rocco en Christelle se oudste dogter, Anke, is in 1997 gebore met Spina Bifida. Hier is hulle storie: "Anke se prognose was, onder andere, dat sy moontlik sou kon sit en kruip, maar nie loop nie. Ons het vrae gehad oor hoekom sy so gebore is, en die Here het vir ons Johannes 9:2-3 as bemoediging gegee. Dit is later deur twee ander mense bevestig. Ons het begin vashou aan die belofte van Johannes 9: 'Die werke wat God doen, sal in hom gesien kan word.' "In daardie tyd was dit asof die Here ons in 'n kokon toegemaak het, sodat Hy Homself in ons omstandighede aan ons kon openbaar. Ons het sy liefde en sagtheid ervaar, en deur gebed geleer om regtig afhanklik van Hom te wees en om volkome rus in Hom te vind. "Genesing het 'n obsessie geword, en ons het die Geneesheer gemis en net die wonderwerk gesoek. Ons het gedink dat Hy nie verheerlik kan word as die wonderwerk nie gebeur nie, maar, die Here is getrou. Anke het gesit, gekruip en begin loop tussen twee en drie jaar, ten spyte van 'n prognose sonder hoop of uitkoms. "Die Here het sy eie plan en dit is veel groter as ons eie. Hy het 'n roeping vir Anke waarvoor Hy haar voorberei, en ons besef nou dat dit juis gaan om die Here, ten spyte van jou omstandighede, te verheerlik! "Ons was so verblind in die soeke na 'n wonderwerk, dat ons die grootheid van God misgekyk het. Alhoewel ons die Here nog vertrou vir volkome genesing, is ons fokus nie net op die verwagte wonderwerk nie, maar op Christus en dit wat Hy vir ons beplan." Die gesin kan by rnolte@vodamail.co.za gekontak word vir enige navrae. Daar is ook 'n kort DVD beskikbaar wat hul getuienis en dié van hul gemeente, familie en vriende bevat.
No. 7
27
Stefan Grobler (Kruispad-redaksielid)
hou God alles in sy handpalm. Die groter gedagte wat Giglio by ons wil tuisbring, is die feit dat selfs al is God onverstaanbaar groot en almagtig, is ons wat so klein is, uiters belangrik vir Hom.
How Great Is Our God
'n Opvolg op Indescribable. Hierdie is seker die boodskap wat die grootheid van God die beste beskryf het. Met sy beeld "as die aarde 'n gholfbal was" vergelyk hy dit met vyf van die grootste sterre waarvan ons weet. Daar is ook 'n draaipunt in sy boodskap – Giglio keer terug na die mens en mikrobiologie. Sy boodskap is dit: God ken ons en het ons wonderbaarlik aanmekaar geweef. En deur die kruis hou Hy ons vir altyd bymekaar.
IS
16A Eland Street Koedoespoort Tel: 012 - 333 6712 Fax: 012 - 333 5713 E-mail: info@zplus.co.za
jy dalk iemand wat nie regtig lief is daarvoor om te lees nie? Met springmielies in die een hand en 'n Coke in die ander hand is jy in jou element. Tog voel jy jy het iets meer voedsaam nodig as 'n paar pitte wat in 'n kits in die mikrogolfoond warm gemaak is. Iets waaraan jy kan kou. Vaste kos. Behalwe vir al die films wat 'n Christelike grondslag het, is daar ook 'n paar ander DVD's op die rakke wat spesiaal vir jou bedoel is. Nee, dis nie Jamie Oliver se kookboeke nie! Dis geestelike kos wat jy nodig het om die hand van God raak te sien, te groei in jou geloof en te verstaan wat ons as mense werklik in die oĂŤ van ons Skepper is. Louis Giglio het hierdie leemte raakgesien. Saam met sy span by The Passion Conference en 268generation het hy 'n paar DVD's vrygestel in 'n taal wat enigiemand kan verstaan en wat suiwer oor God se grootheid handel. Saam met duisende jongmense wie se lewens al deur sy boodskappe aangeraak is, kan ek enigeen van sy reekse aanbeveel. Hier is 'n kort bekendstelling:
Ons by ZeroPlus Drukkers is dankbaar om by Kruispad betrokke te wees. Die sertifikaat bo is aan ons toegeken vir uitmuntende kwaliteit en afwerking met die druk van die Kruispad-tydskrifte.
Indescribable
Het jy al gewonder hoe groot die hemelruim werklik is? Giglio is nie 'n wetenskaplike nie, maar met die hulp van NASA sit hy dit bietjie om in woorde wat ons kan verstaan. Glo my dis groot. Maar wat is sy rede om dit aan ons te wys? Sodat ons klein kan voel? Nee, sodat ons weet ons is klein. Sodat ons kan sien hoe groot die heelal is en tog
Alive
Weet jy hoe jy gevorm is? Hoe funksioneer jou liggaam? Hierdie is vrae waaraan ons nie elke dag dink nie, maar tog is dit die vrae wat lei tot 'n besef van hoe wonderlik ons wel geskape is. Ons is wonderwerke wat elke dag plaasvind. Dit is hoe Louis Giglio in Alive die skeppende hande van God benader. Saam met David staan ons in verwondering oor hoe God ons gemaak het. Maar dis nie waar dit eindig nie. Ons liggaamlike geboorte is net die begin van 'n tydelike lewe op aarde, maar 'n geestelike geboorte is die begin van iets wat met niks op aarde vergelyk kan word nie.
Hope: When life hurts most
Wanneer dit sleg gaan, voel ons so maklik dat God nie bestaan nie. Met Hope wys Giglio dat God juis in sulke tye die naaste aan ons is. Dat Hy die anker is wat ons hoop stewig hou, maak nie saak waar ons is nie. En wanneer God ons in daardie hoop herstel, is dit die grootste megafoon om sy glorie mee te besing. Daar is ook 'n paar ander reekse op pad SuidAfrika toe. Een daarvan is History waar Giglio koppe bymekaar gesit het met die bekende outeur en leraar, Andy Stanley. Giglio som die reeks eenvoudig op: "History is truly His story." Springmielies enigiemand? Of is jy gereed vir vaste kos?
No. 7
29
Geheime vir geestelike groei TANS word daar 'n splinternuwe, vars Bybelstudiereeks uitgegee deur CUM. Hierdie is praktykgerigte kos wat jou kan help om geestelik te groei: Romeine (Eddie Rasnake) bestaan uit twaalf studies oor die boek Romeine en God se verlossingsplan; . . . en die Woord was self God (Stefan Joubert) ondersoek die boek Johannes en kyk onder meer na Jesus se Goddelikheid, menswording, sy wonderwerke, dood en opstanding;
No. 7
30
Die studie Wie is Jesus? (Adrio König) handel ook oor Jesus Christus en wat ons van Hom glo; Filippense vir vandag (Francois Tolmie) bespreek veral vreugde vir die Christen ten spyte van omstandighede; 'n Studie van die boek Hebreërs deur Andrie du Toit: Hebreërs vir vandag; In Beleef jou sekerheid (Jan du Rand) word 1 Johannes in 16 studies bestudeer. Lesers word begelei om vrees te ruil vir blydskap, louheid vir vurige liefde en onsekerheid vir sekuriteit; Ander gefokusde Bybelstudies waardeur jy kan groei is: 12 sleutels tot geestelike groei (Dirkie van der Spuy en ander), Lewensbeginsels uit die Bybel (Wayne Barber en ander), en Dawid, man na God se hart (Johan Smit); Die volgende Bybelstudies is spesiaal vir meisies bedoel: Die krag van 'n vrou wat bid (Stormie Omartian), Vroue van die Bybel (Wayne Barber en ander), 'n Vrou na God se hart (Elizabeth George), en Ontdek God se doel vir jou lewe (Cynthia Heald). Hier is 'n wye keuse Bybelstudies vir elke deel van jou geestelike reis. Moenie geestelik tot stilstand kom nie. Bestudeer God se Woord en beweeg vorentoe!
Remedy David Crowder* Band
Lewendig Cornel Driessen
Sparrow records 2007
Urial Publishing 2007
DIT is moeilik om Remedy, David Crowder* Band se nuutste album mis te kyk met die groot groen mediese kruis op die voorkant. Remedy – 'n baie meer afgeronde album as die vorige twee A Collision en B Collision – is hulle elfde album op die rakke, en hulle het nog geen momentum verloor nie. Alhoewel die lirieke op hierdie album soms te herhalend is, hou hulle dit steeds baie eenvoudig, reguit en op die punt af, en speel hulle met baie elektroniese klanke in hulle musiekstyl wat wissel van energievolle Pop/ Rock met Can You Feel It? en We Won't be Quiet tot rustige ballades soos Surely We Can Change. Daar is ook 'n verwerking van die tradisionele O, For A Thousand Tongues To Sing. Remedy is nou nie juis 'n album wat die wêreld gaan verander nie, maar dit is tog die moeite werd om in jou CD-versameling te hê. 7/10
HET jy van Retief Burger se Luidkeels gehou? Dan kan jy gerus na hierdie een luister. Vir lank het Louis Brittz dit reggekry om groot groepe mense in lofprysing en aanbidding te lei – die jonges onder ons onthou hom dalk nie eens nie! Nou, met sy goed afgeronde debuutalbum Lewendig, pomp Cornel Driessen saam met Retief weer 'n bietjie nuwe bloed in die are. Cornel, 'n voormalige lid van die groep Eden, woon deesdae in Stellenbosch waar hy met sy musiekbediening begin het. 'n Groot pluspunt en iets wat ek van hierdie album waardeer, is die kitaardrukke en teks wat by elke snit gegee word. Alhoewel ek gevoel het dat daar in van die lirieke iets meer gekort het, word daar wel 'n dieptepunt bereik met die snit In die hande van my Vader. Behalwe vir ou gunstelinge soos Genade onbeskryflik groot, is daar ook twee meer bekende Engelse songs op die album. 7/10
Die resensieblad word met trots geborg deur: Boekresensies: Anneretha Combrink | Musiekresensies: Stefan Grobler
Iris to Iris Building 429 Word Entertaiment 2007
SNAAKSE naam? Dit was my eerste gedagte ook, maar hierdie is nie 'n snaakse groep soos 'n snaakse grappie wat vandag vertel word en môre weer vergeet is nie. In die musiekbedryf is daar meestal twee verskynsels: (1) Óf jy werk jouself oor 'n mik om bo uit te kom (2) of jy is 'n wonder wat oornag ontdek word. Maar vir die lede van Building 429 was dit 'n ander storie. Hulle nuutste album, Iris to Iris, is hulle vierde een op die rakke. Hulle vorige drie albums, Glory Defined, Space in Between Us en Rise het redelik onopgemerk onder ons neuse verbygegaan. Tot nou toe. "Iris to Iris is just a record, but it is also our whole heart, our whole life story. It is as if, for the first time, we realize what we were made to do. We realize what we are supposed to sound like. We realize what we are supposed to be writing about. It is about being eye to eye with God. It is about being so close to the Father that there are no distractions." So beskryf Jason Roy, sanger, kitaarspeler en hoofliedjieskrywer van Building 429, die verskil tussen hierdie album en hulle vorige albums wat 'n effe meer grunge klank gehad het. Volgens hom het hulle uit lirieke gehardloop vir die nuwe album en na baie gebede, het hulle besluit om net op God te fokus en oor Hom te sing. Dit was die einde van die droogte en die woorde het toe soos 'n vloed aangehou om oor hulle te spoel. Behalwe vir lirieke wat in jou gedagtes bly draai lank nadat die musiek ophou speel het, is die groep ook baie afgerond en spog hulle op Iris to Iris met
'n baie skoon Pop/Rock klank. Net wanneer 'n mens amper moeg begin raak vir die elektriese kitaar, bring hulle ook 'n akoestiese kitaar op die voorgrond in Singing over me en Amazed. Dan is daar ook die ballade Waiting to Shine wat oorwegend slegs deur 'n klavier begelei word. Jy vra nou seker: "Waar kom die naam nou eintlik vandaan?" Building 429 bestaan alreeds van 1999 af, alhoewel hulle eers in 2004 hulle eerste amptelike album uitgegee het. Volgens Roy is hulle naam afkomstig uit Efesiërs 4:29: "Vuil taal moet daar nooit uit julle mond kom nie; praat net wat goed en opbouend is volgens die eis van die omstandighede, sodat dit julle hoorders ten goede kan kom." My eerlike opinie is dat elke snit op die album 'n verrassing is en nie een het, nadat ek vir dae lank daarna geluister het, my laat voel dat ek dit net wil skip nie. As hulle op die pad bly waarop hulle nou loop, kan ek nie wag om meer van hulle te hoor nie. 8/10
No. 7
31
No. 7
32
No. 7
33
sesvolle gedoen! Nog 'n suk CACHET het dit weer ar kon eja rst ee e Elk l! ehande eerstejaarskamp is afg krag, en K instap met moed na dié week by die PU voorlê t wa dit toegerus is vir met die wete dat hy/sy lp. he d pa die al l het wat hu en dat hulle Iemand dis re; He die n va n die "Kennis begin met die g ag," id en opvoeding gerin t ne dwase wat wyshe (met mp ka die n va s die kern (Spreuke 1:7). Dit wa he gte t ons ), en met dít in geda die tema Kernkennis e, en die ari seniors op 11 Janu afgeskop toe al die om af na tro efs tch Po nuarie, van eerstejaars op 14 Ja selfs (en ar eja rst ee e k het. Elk Nooitgedacht vertre reGe s rus met kennis oor on die seniors) is toege kamop p ska ten hoe om Chris formeerde Belydenis, den vri en es nti ma udings (ro pus uit te leef, verho onlike d te vind in hul perso Go om e ho k), skapli t Hom, en me am - en stiltetye sa lewe, hul Bybelstudie rwag. ve e ten ris Ch as jong wat Hy alles van hulle ar t n oomblik dink da da Moet egter nie vir ee dit As ! nie is lesings geluister dag in en dag uit na er! we ar ma k din etkamp is, jou idee van 'n Cach boeresport emoengeveg gehad, atl wa 'n k oo Ons het erlik he s gegaan en saan gehou, op 'n nagmars sies as nsp da e) paar (spontan saamgekuier met 'n tussenin. nuwe ei in geloof en great Elkeen het baie gegro t leë me /sy hy t da emand kan sê vriende gemaak. Ni ! nie is g we ar da we vriende hande en sonder nu
een n Jubila se kant af elk Graag bedank ons va anssp ko s, ier ple die kamp. Groe en wat gehelp het met nees mpbestuur, die domi lede, kosouers, die ka nkie dat Da ! ák má ge mp ka t die hul gades . . . julle he lank ek we 'n vir eknip het om julle jul vakansie kortg te kom help. le kamp wat daar was, die he Aan elke eerstejaar daar s wa , nie le nie daar was draai om julle! As jul le jul vir ie nk da nie. Baie nie 'n eerstejaarskamp het t julle wakker gebly da , eid dh sin ge positiewe het lle (ju was julle hóé moeg tydens die lesings al met al s wa s ort sp le J), en dat jul mos wakker gebly? elk om een seniors kan nie wag die speletjies. Ons as te werk le jul r ken en saam met van julle beter te lee ! nie k n die Koninkry in die uitbreiding va sê ons d nie die minste nie, gla ar ma s, Laasten mp so ka lse Vader dat Hy die alle dankie aan die Heme orv vo e stig dat ons geen ern geseën het. Dankie n ko ë de ter so s almal dit gehad het nie, dat on Verlosser van U – ons enigste el ve so s on t da geniet, der aan U na e leer, en net al ho en Saligmaker – kon t U elkda , mp ka 'n fantastiese kon kom. Dankie vir gelei het. r gedra, gespaar en een van ons daardeu t wanhe een geduld gegee Dankie dat U aan elk s moeg on r ee nn was, krag wa neer ons moedeloos Woord u am sa s on t ud, soda was en 'n hart van go U en or n groei in liefde teeno EN. kon verkondig en ko AM u. tro ge nkie Vader. U is teenoor mekaar. Da
estuur)
Riekie Hall (Jubila-b No. 7
34
rstejaars ywing vir die 55 ee VERWARD – 'n beskr n Januva gin be die dag aan wat op 'n snikhete ngemeld aa espoortkampterrein arie by die Hartebe bus en die op e vreemde mens s, was het. Nuwe gesigte, wa lik de en vri e es behalw die 'n kampleier wat all tot te voorland – ten mins lle hierdie groepie se hu n va ek fisiese blinddo spreekwoordelike en is. oë afgepluk groot, verdwaasde es?" is van risten-en-student we Ch en tek be "Wat heerlike ie rd oord is tydens hie die vrae wat beantw lesings uit t ne nie mp het darem week. Maar die ka laag in die is ook, met die son bestaan nie – daar Dopperde ele en alombeken weste, Olimpiese Sp mo-seepO t ne ar ons hoop ma m Ko u. ho ge ts or sp e ... es doen wat dit below poeier kan regtig all noot, is ge ar tog meer ernsti Op 'n prettige, ma
iges gekyk s tussen medegelow daar na verhouding sy van die e es nti ma e tot die ro – vanaf die platonies lewe. ige en etenstye het somm Tussen die lesings der an l wy ter , ier en geswem ap te kampgangers geku sla re rlo ve om t knip he eerder 'n uiltjie gaan probeer inhaal. t 'n ste dag afgesluit me Soos altyd is die laa sea en the r de Un a tem was die toe dinee. Hierdie keer kry ge -film het nuwe lewe t. Die die bekende Disney he m we es e by die saal ing medie menigte seedier by ek we die n va die begin d, en ar eerstejaars wat aan rw e ve s nou alles behalw rive kaargekom het, wa un lle hu se het slaggereed die groep jongmen ... siteitslewe ingeborrel Arthur Hall
ereens 'n reuseejaarskamp was we rst ee se te H SC O STELLENB om hulle gate uit leentheid vir almal ge eg. 'n s we wa be t te Di . od es suks der aan G de te maak en na tige ag pr ('n in nte fo geniet, nuwe vrien ch op Stellenbos ied eb ng kon aa n is oo mp rsk Die ka n die natuu nbosch) waar elkee lle s Ste wu be ite s) bu t wa ne r plaas klipgooi ve berge (wat net 'n die s ur wa de mp en ka t e nie Di ge fde. se grootheid en lie en kon word van God paintball, bergklim os so ite ite tiw ak en r, tuu on av k. t aa gevul me e lank verm t die studente vir ur ars, sowDopper-sports he die nuwe eersteja om s wa mp ka r die n va s Die foku te berei vir die jaa te, geestelik voor en rud aa rst "W nio se en r tek de el as an Vadis wat be mpleuse was Quo op ka s e ku Di fo ge lê. t or he vo t wa spreek is, " Die temas wat be ontlik heen is jy oppad? t die studente mo wa ik nfl ko e lik er inn fde het op ar lie n wa maniere e tema va gelos kan word. Di op , ar word va et er l mo sa s r ku dié jaa God gefo e verhoudings op was is, ek re sp be t wa beklemtoon dat all es. Iets anders we et mo r lg. ee vo sy te t en altyd to te bepaal en dit se wil vir jou lewe die maniere om God as koning(in) van om er stryd gevo na k lan t to t Daar is 'n hewige he ia Maf on te word, en die die om le ha er foosball-tafel gekro dv or t geheimsinnige mo Gereslaaptyd almal me t Stellenbosch se beslis 'n kamp wa No. 7 s wa t Di . lei ge s bo t. vorm en versterk he lfse die en tyd e formeerde jeug ge lfd nde jaar op diese Sien julle DV volge de plek! 35
Abraham van den
Berg
Met moed Om teen Die môrekim Meer as Majuba Uit te klim G.A. Watermeyer
AAN DIT was 'n rustige naweek, met geen heavy studieprogram nie. Al wat van belang was, was om saam te kuier, mekaar beter te leer ken en ons magies elke nou en dan met voedsel te vul. Daar is rugby gespeel en gou-gou is die foefie slide bemeester. Diegene wat minder waaghalsig was, het vlot gery en binne-in trekkerbinnebande bo-op die dam gelê en ontspan. Ons het ook gaan stap, vuurmaakhout gaan haal en 'n slip-'n-slide in die natuur ontdek. Sommige kampgangers sal vir jou kan sê dat so 'n klein goggatjie mens nogal vrek seer in die binnebeen kan byt. Die mans het ons beïndruk met hulle kleilatvernuf en behoorlik die dominee en koördineerders laat koes. (Diegene in die kamp was in veel meer gevaar as dié aan die oorkant van die dam!) Kosmaak was 'n spanpoging – vir baie was dit die eerste keer dat hulle dié takie verrig het! Die kampvuurkonsert het ons behoorlik laat huil van die lag . . . Daar is ook 'n spesiale toekenningseremonie (Egg awards) gehou waar elkeen iets ontvang het vir die bydrae wat hulle tot die naweek gelewer het. Ons almal het 'n great naweek gehad en die bestuur gaan beslis hierop voortbou in 2008! Anja, Janus, Gert, Jolene, Mariki & Adri (Dopper-Tjopper Bestuur)
nte nte en 2 predika t 28 senior stude die op lyn ok ro 'n NUWE jaar he -B ria e Kerk Preto rd ee m or meef by er a G e ub van di berg Amaj in die skadu van in re ter se rie sto hi k 'n nuwe begin. kaargebring. s dit inderdaad oo wa s on or n va ie ba Vir senior studente vo die kamp was om n te s va ar el eja do of rst ho ee e Di nuwe 'n week later die tslewe. Dit kon te berei daarop om tei rsi ive un lle hu n va n n gi be e di help met e nie as groep ko die senior student s as ng ur di be ou rh ge e ve ni op egter ook gefokus s du is ar da en saamwerk nie, wige. e tussen medegelo s die kamp as di fel van Wyk tyden rif s G . oe m ds is en er rd om Ve verwelk studentepredikant e di n va em ne gemeente se nuwe skeid yningen begin af is. ds. Johan van He voltyds betrokke af 00 20 n va al hy e stuwi n by va e, tte fase student ue week is verskeie wyl ter el, nd ha Tydens hierdie ko be ormeerd"-wees ef er "G en g we in dentebedien ltye gesmul is, nu aan heerlike maa daar tussendeur rbevestig is. he smee is en oues hou, vriendskappe ge onlike stiltetyd ge rso pe n ee elk t he s en yb gg Vroeg so oed volle all iddae is daar verw m e di n die va op lo deur die ie koffie of tee in kuier met 'n kopp ge e lik am on sa rso of l, pe ee en gesp rysing e is gewy aan lofp t he ier ku am sa hand en die aand e Di die kampgangers. ! gesprekke tussen pioene opgelewer m ka tjie ele sp rd bo nte we ika nu ed ar pr e pa di 'n ook n van 'n gesprek met ee t wa e ed rh Elke student het ke se en on ar vol uitdagings nde gehad. Met 'n ja plede 'n insiggewe m ka ste ee m e di vir t di s wa voorlê, varing. en verrykende er digte mis eindelik s vertrek het die on or 'n Dag vo Erkenning moet Majuba oorwin. s on n ko e berg en ar opgekla word, want hierdi d-stryders gegee ou dié e s di on n t aa wa ter eg gheid nie. Die stille rusti rlogoo e di n aa t duld nie onfiksheid ee m rg kon ervaar, ge erlike dag bo-op die be afsluiting vir 'n he kte rfe pe e di s wa , 81 18 n va angs Arthur Hall week . . .
die einde van verlede jaar het die Kruispadredaksie begin om 'n droom te verwesenlik – 'n eie, toegeruste Kruispad-kantoor. Die kantoor is geleë op die hoek van Molen- en Borcherdstraat in Potchefstroom, in 'n gebou wat aan die Gereformeerde Kerk Potchefstroom-Noord behoort. Saam met die Potchefstroom-Noord wil ons in die kantoor 'n ruimte skep waar jong gelowiges wat in die omgewing woon, kan kom ontspan. Met 'n lekker koppie koffie in die een hand en musiek in die agtergrond, kan jy 'n bietjie terugsit en rustig word. Ons wil die Christelike media wat ons besit, met al die jongmense wat by ons kom inloer, deel. Daarom bestaan die kantoor uit twee dele. Aan die een kant is die kantoorgedeelte – toegerus met rekenaars, telefoonlyne, internet en dies meer. Aan die ander kant is die ontspanningsarea – toegerus met gemaklike banke en, een van die dae, 'n koffiemasjien! So, behalwe vir koffie drink, wat is nou eintlik die doel van die kantoor? In die kantoor sit daar 'n baie oulike, knap dametjie (Rinee Viljoen, met wie jy kan gesels wanneer jy 018 293 2338 skakel) wat al die inligting vir die verskillende Kruispad-uitgawes koördineer, en sorg dat almal se werk gedoen word.
Verder kontak sy al die gemeentes in die kerkverband en bou van Kruispad se kant af goeie verhoudinge met elkeen op. Om haar net 'n sekretaresse te noem, is heeltemal onvoldoende! Sy is van onskatbare waarde vir elkeen by Kruispad, en die redaksie kan nie sonder haar klaarkom nie. Die Kruispad-kantoor het verder 'n visie om al die jeugwerk in die Gereformeerde Kerke te koördineer. Ons wil 'n bron van inligting word vir elke jongmens en jeuggroep in die GKSA, maar wil ook sommer hulp kan bied aan enige jong gelowige(s). As jy ons op enige manier kan help, byvoorbeeld deur inligting van kampterreine of die kontakbesonderhede van jou jeugwerker aan ons deur te gee, sal ons dit baie waardeer. Elke brokkie inligting wat ons kry, sal gebruik word. Wanneer jy volgende keer in Potchefstroom is, en soek na 'n plekkie waar jy rustig kan word, maar nie alleen sal voel nie, kom sê gerus hallo by die Kruispad-kantoor. Dit sal vir ons wonderlik wees om al ons lesers te ontmoet!
Dankie CUM
-boeke!
(Stefan, Rineé, Paul Lede van die bedryfsredaksie en Anri) aan die werk
Lede van die inhoudsredaksie (Karel, Dirk, Rinee, Juanita, Wilmarie, Anneretha en Anri) aan die werk
No. 7
No. 7
36
37
Die twee redakteurs (Adri en Paul) sit op die bank en kyk hoe die ander werk
utste toePrada, die nu e Kruispaddi t to g in voeg redaksie
Wanneer jy 018 29 3 2338 bel, gaan jy met hiérdie persoon gesels (Rineé)
Kampe 2008 DIE Jeugdeputate van Partsinode-Pretoria bied jaarliks 'n hele aantal kampe aan. Hierdie kampe is werklik stimulerend en geestelik verrykend. 'n Paar Kruispad-redaksielede was al op van die kampe en kan getuig dat dit 'n onvergeetlike belewenis was waarop hulle lewenslange vriende gemaak het. Alhoewel al die kampe se inligting nog nie beskikbaar is nie, kan jy solank 'n paar datums in jou dagboek skryf. Sodra die res van die inligting beskikbaar is, sal ons dit in Kruispad en op die Kruispad-webblad plaas. Hou dus kruispad.net dop vir hierdie, en ander, gigs! Oorweeg dit gerus om op een van hierdie kampe te gaan, dit sal een van die beste keuses van jou lewe wees!
Randvaal:
Datum nog nie beskikbaar nie – word gereël deur Ds. Alwyn Tredoux.
WUK-week 2008 VANAF 27 Julie tot 1 Augustus word daar 'n sendingweek aangebied by die Noordwes-Universiteit (Potchefstroomkampus). Die Wêreld Uitreik Konferensie (WUK-week), bestaan uit 'n groep PUK-studente en hul teikengroep is hul mede kampusstudente. Vanjaar word 'n spreker uit 'n vervolgde land genooi om WUK-week te kom waarneem en die studente te kom vertel van sy/haar persoonlike ervarings en die pad wat hy/sy al saam met die Here gestap het. Studente word blootgestel aan die vervolgde kerk, die werklike nood daarbuite en sending-uitreike. Die doel van WUK-week is om studente uit te daag en aan te moedig om by organisasies, uitreike of sendingprojekte betrokke te raak. Ons vertrou dat God tydens WUK-week studente gaan roep om sy hande en voete in 'n stukkende wêreld te wees. As jy dié week in die Potchefstroom-omgewing is, doen jouself 'n guns en woon WUK-week by. Dit is 'n week wat jy nooit sal vergeet nie!
Wwess:
Kampdatum: 13-16 Junie 2008 – word gereël deur Di. Johan van Heyningen, Ockert Oosthuizen & Attie Venter.
Ander Wwess-kampe:
Wwess-kamp berge: 25-28 April 2008 – word gereël deur Ds. Ben Fourie.
Moot:
Kampdatum: 21-28 Junie 2008 by Hartbees jeugkampterrein – word gereël deur Di. Johan van Heyningen en Griffel van Wyk.
Brugkamp: (CD kamp)
Kampdatum: 2-5 Oktober 2008 – word gereël deur Di. Attie Venter & Petrus Grové.
Doppers@C: (Matriekkamp)
Kampdatum: 21-28 November 2008 – word gereël deur Di. Abri Pelser & Ben Fourie.
!
Stuur gerus nog GIGS na gigs@kruispad.net en besoek ons webblad (www.kruispad.net) óf ons Facebook-groep vir meer inligting.
Webblaaie HIER is 'n paar interessante webblaaie wat ons opgespoor het. Gaan loer gerus volgende keer wanneer jy verveeld is en voor die rekenaar sit.
www.Bibleplaces.com
Dit is 'n baie lekker webblad om te besoek. Op die webblad is daar goeie foto's van verskillende lande wat in die Bybel voorkom. Argeologiese ontdekkings word verduidelik en die geskiedenis en geografiese inligting daaromtrent word goed uiteengesit. Die webblad beskik ook oor ander internetbronne wat jy kan gebruik, indien jy verdere agtergrond oor Bybelse lande, argeologie, geografie en geskiedenis soek.
www.mes.org.za
Metro Evangeliese Sorg, of MES, is 'n Christelike organisasie wat aktiwiteite saamstel en fasiliteer om mense sodoende te bemagtig om 'n voller lewe te kan lei. Hulle visie en missie is om die hart van die stad te verander. Op hulle webblad kan jy meer inligting kry oor spesifieke projekte wat hulle loods en, onder prayer support, selfs sake waarvoor jy kan voorbidding doen. Daar is tans ses ontwikkelingsprogramme: Gemeenskapsorg (families, behuising, bejaardes), Entuthukweni (opleiding), Joshua Youth development & Service (jeug), MES Impilo (gesondheid & vigs), Othandweni (straatkinders/jeug) en Roly Poly (crèche). Dit is beslis die moeite werd om na hulle webblad te gaan kyk. Hierdie mense beywer hulself daarvoor om ander te help en hulp is altyd nodig.
No. 7
39