2 minute read
Willempie kry goeie huis
WILLEMPIE het ‘n goeie huis en ‘n nuwe naam gekry!
Skaars ‘n week nadat onbekende mense in ‘n wit Toyota Tazz ‘n hondjie langs die Bo-Swaarmoedpad afgelaai en weggery het, het hy nou ‘n nuwe huis en ‘n nuwe naam.
Advertisement
Willempie is Sondag 5 Februarie na sy nuwe tuiste. Die huisgesin kyk goed na hom, bederf hom met koekies en hy stap al saam met hulle ander hond. Hy hou ook van hul kat.
Langs pad gelos
‘n Week gelede was Willempie dood van die honger, dors en baie maer. Na die berig in die Witzenberg Herald, is Hanneke Bester wat hom verlede Sondag langs die pad opgetel het, oorval met oproepe van mense wat graag die hondjie wou hê.
Hanneke het haar tyd geneem om te besluit aan wie sy die hondjie wil gee - ‘n hartseer storie met ‘n gelukkige einde. Nou word Willempie tot in die afgrond bederf deur sy nuwe gesin.
Indien enige iemand weet wie die bestuurder of die persone in die Tazz was wat hom langs die pad afgelaai het, kan hulle dit aanmeld by die Ceres SAPD (023) 316-8600
** Indien jy 'n hondjie wil aanneem, skakel Hazel van Chain Boland by 072-609-1165.
Martie se eerste gedagte was om die kinders uit die gebou te kry, voordat die kinders of personeel die vlamme of rook kon sien of ‘n ontploffing kon hoor. Die goedopgeleide personeel het blitsvinnig die skool ontruim en Witzenberg brand en redding geskakel.
Martie het ‘n die brandblusser gebruik om te help om vlamme te blus voordat die brandweer later opgedaag het. Skaars 20 minute na die brand begin het, is die brand geblus voordat dit verder na ander dele kon versprei.
Hulp
Die Maritz-gesin wat langs die skooltjie woon, het hul huis se deure oopgegooi en al die leerders en personeel is daar met liefde en omgee ontvang.
Die personeel en beheerliggaam kyk met groot dankbaarheid terug na daardie dag en wil die volgende deurgee:
● Witzenberg brand en redding verdien waarlik groot lof vir hul vinnige reaksie. Die skade kon soveel groter gewees het as dit langer geneem het voordat hulle kon opdaag.
● Die Maritz-gesin het sonder huiwering almal na hul huis genooi.
● Die personeel het die leerders kalm gehou en hul aandag probeer vestig op ander aktiwiteite.
● Dr. Philna Dippenaar het dadelik haar hulp aangebied en het seker gemaak dat almal rustig is. Sy het ook elke ouer persoonlik geskakel om hulle gerus te stel oor hul kinders se welstand.
● Ons Hemelse Vader het alles so mooi in plek laat val. Niemand is getraumatiseer of beseer of het van rookinaseming swaargekry nie.
● Die kleuterskool sien uit na die toekoms wat vir hulle nuwe dinge inhou.
Volgens Martie sal dit nog tyd neem om die kombuis weer in volle gebruik te kry. “Ons is geduldig en die personeel is vindingryk om die probleme te oorkom”.