3 minute read

Geldsak-dief bly agter tralies na roof

‘n BUITELANDER wat onwettig in die land is, bly agter tralies nadat hy onlangs betrokke was by ‘n roof op Ceres.

Volgens die polisie het die voorval Maandag 30 Januarie in Voortrekkerstraat voor ‘n kafee plaasgevind. ‘n Vroue werknemer van ‘n onderneming op die dorp was met nagenoeg R27 000 kontantgeld op pad na Nedbank om geld by die bank in te betaal, toe ‘n man die sak met geld gryp en weghardloop.

Advertisement

Die verdagte, Atang Andries (27), het van agter gekom en die geldsak by die vrou gegryp.

Na ‘n stoeiery met die vrou, het hy met die sak geld weggehardloop.

Twee wetstoepassers, Zane Farmer en Farren Nel, het kort hierna vir Andries gearresteer en die geld teruggekry en aan die geskokte slagoffer oorhandig.

Hofverskyning

Atang Andries het Dinsdag 7 Februarie weer in die die Ceres landdroshof verskyn. Die saak is na 13 Maart uitgestel vir verdere ondersoek. Hy bly in aanhouding tot die volgende hofverskyning. Die polisie het ook vasgestel dat hy ‘n Lesotho-burger is wat onwettig in die land is.

VERLORE AKTE

Kennis geskied hiermee dat ingevolge die bepalings van Regulasie 68 van die Wet op Registrasie van Aktes,1937, daar van voorneme is om aansoek te doen vir gesertifiseerde afskrifte van Transportakte T15146/2011 uitgereik deur

Witzenberg Munisipaliteit ten gunste van MORNIQUE

ELEXIA PIENAAR Identiteitsnommer 791102 0064 086

Ongetroud met betrekking tot Erf 2637 Wolseley in die Munisipaliteit Witzenberg Afdeling Tulbagh Provinsie WesKaap wat verlore of vernietig is. Alle persone met besware teen die uitreik van sodanige titelbewys word hiermee versoek om dit skriftelik in te dien by die Registrateur van Aktes by Kamer 1216, 12de Vloer, 90 Pleinstraat, Kaapstad, binne twee weke na die datum van publikasie hiervan. Gedateer te Worcester op 30 Januarie 2023

MEYER & BOTHA PROKUREURS per. L.R. MEYER

RUSSELLSTRAAT 102, WORCESTER, 6850 (Verw: LRM/na/GC0488)

Skoliere leer meer oor fotografie

SKOLIERE van Charlie Hofmeyr, HTS Drostdy, Laerskool Gene Louw en Laerskool Aristea in Durbanville het onlangs ‘n fotografie werkswinkel op Ouplaas in die Witzenbergvallei bygewoon. Die werkswinkel is deur lede van WPS, Phillip en Louise de Lange van Wolseley en Mariana Visser van Bellville, aangebied. Die 21 skoliere het ‘n lekker naweek beleef en het baie geleer om hul fotografie te bevorder. Die ouers en borge het die lokaal, verblyf en kos voorsien.

* Dankie aan Hermien van der Merwe, Orla du Toit en Noelanie Conradie asook Cameraworld wat drie pryse aan die wenners geskenk het.

DIE burgerregteorganisasie Kaapse Forum het op 18 Januarie

’n erkenning- en samewerkingsooreenkoms op Ceres onderteken tussen die Kaapse Forum en Educatio. Hier is Daniël Dirks (voorsitter van Educatio) saam met Heindrich Wyngaard (uitvoerende hoof van die Kaapse Forum)

Kaapse Forum en Educatio vat hande

DIE burgerregteorganisasie Kaapse Forum het op 18 Januarie ’n erkenning- en samewerkingsooreenkoms op Ceres onderteken tussen die Kaapse Forum en Educatio.

“Die bemagtiging van die jeug en ook die mobilisering van onderrighulpmiddels in die Witzenberg-gemeenskap is vir ons die hoogste prioriteit. Ons by die Kaapse Forum, is verheug oor die passie en toekomsvisie van Educatio wat reeds self verantwoordelikheid neem, nie net vir hul eie toekoms nie, maar ook die van die breër gemeenskap,” sê Heindrich Wyngaard, uitvoerende hoof van die Kaapse Forum.

“Die agteruitgang van ons jeug, ten opsigte van skoolverlating en werkloosheid het ons genoodsaak om ’n organisasie te stig wat iets hieraan kan doen. Ons kinders het verskillende behoeftes wat getakel moet word, daarom doen ons dit en ons glo dat ons gemeenskap ons sal ondersteun,” sê Daniël Dirks, voorsitter van Educatio.

Die formalisering van betrekkinge tussen die Kaapse Forum en Educatio volg nadat hierdie gemeenskapsorganisasies verlede jaar reeds op verskeie projekte in die Witzenberg-omgewing begin saamwerk het.

Die Kaapse Forum ondersteun die werk wat Educatio doen en dit waarvoor hulle staan en sien uit na dit wat hulle saam gaan bereik deur hul hulpbronne, ten bate van die gemeenskap, in te span.

Besigheidsure: Ma - Vry: 09:00 - 16:00

Sat: 09:00 - 12:30 uitverkoping op alles gedurende MAART

Maak ligter jou kas van klere: oud, nuut, ekstra of onvanpas. Ons is dringend opsoek na elektriese toebehore (toasters, waaiers, braaipanne), klere, skoene of enigiets was spasie opneem

Navrae: Louw-Marie 083-634-8068 louwmarieshepherd@gmail.com

Murchisonstraat 4, Ceres (ingang Lyellstraat - oorkant Ceres Cycles)

‘n BRAND het verlede Vrydag in die Kluitjieskraal-omgewing uitgebreek. Teen Saterdag was die brand onder beheer. Plek-plek het die gemengde plantegroei en plantasie teen Sondag nog gesmeul. Kaapse Wynland distriksmunisipaliteit het saam met Werk met Vuur die brand geblus. Vyf brandbestrydingsvoertuie, twee grondspanne, drie helikopters en ‘n spotter-vliegtuig het aan die brandbestrydingsoperasie deelgeneem. Niemand is beseer nie.

Wolseley SAPD

This article is from: