1 minute read
Polisielede moet Meimaand
Weer In Hof Verskyn
Advertisement
DRIE Wolseley SAPD-lede en twee inwoners het verlede Vrydag weer in die Bellville handelsmisdaadhof verskyn op klagtes van korrupsie en regsverydeling.
Die saak teen die vyf is uitgestel vir ‘n voorverhoor en moet hulle weer op 5 Mei teregstaan op die klagtes teen hulle. Hul hofverskyning spruit voort uit ‘n ondersoek van die Wes-Kaap SAPD anti-korrupsie-eenheid rakende ‘n voorval op 21 April 2021 in die Wolseley-omgewing.
Die drie polisielede is meer as ‘n jaar gelede op 7 Januarie 2022 by die polisiestasie inhegtenis geneem kort nadat hulle aan diens gekom het. Die twee inwoners is by hul onderskeie huise gearresteer.
Die polisielede, sers. Mxolisi Sigila (43), kst. Johannes Fransman (41) en kst.(v) Melzandré Pieters (34), is saam met ‘n oudpolisieman Daniël Davids (44) en ‘n buurtwaglid, Anita Fransman (42), gearresteer. Sy is die suster van kst. Fransman.
Volgens die ondersoekspan het die verdagtes na bewering dwelms (mandrax en tik) in Masiphelelostraat gekonfiskeer maar nooit ‘n kriminele klag by die polisiestasie geregistreer nie. Die dwelms is later verkoop en die opbrengs daarvan is tussen die verdagtes verdeel.
Die vyf se borgtog van R2 000 elk is verleng.
Davids wat ook op 15 Julie 2021 gearresteer was, staan ook tereg op ander soortgelyke klagtes waarvoor hy op borg van R4 000 uit is. Hy is inhegtenis geneem na ‘n groot hoeveelheid mandrax pille op 10 Junie 2021 by die Wolseley polisiestasie verdwyn het. Davids was vir 17 jaar werksaam by Wolseley SAPD en is in Oktober 2021 uit die polisie ontslaan.
Die polisie se dissiplinê verhoor teen Sigila, Fransman en Pieters is nog nie afgehandel nie en al drie is steeds werksaam by Wolseley SAPD.
Tydelik teruggetrek Die klagtes teen drie ander polisielede van Wolseley, sers. Wayne Boer (44), kst. Cashwinn Visagie (29) en s/sers. Heinrich Hendricks (36), is tydelik deur die staat teruggetrek.
Speurders in die Boland het Dinsdag 6 September 2022 toegeslaan en dié polisielede gearresteer, in die Paarl aangehou en later op borg vrygelaat.
Boer, Visagie en Conradie het nog ander strafsake in ander howe teen hulle.
Die saak teen Conradie is tot Woensdag 8 Februarie uitgestel wanneer hy weer in die Bellville handelsmisdaadhof moet verskyn.
‘n BRAND wat in ‘n Ceres kleuterskool se kombuis begin het, is vinnig geblus. Niemand is in die voorval beseer nie. Dinsdag 24 Januarie het ‘n fratsvoorval daartoe aanleiding gegee dat die kombuis van Ceres Lions pre-primêr in ‘n puin gelê is. Berig op voorblad.
Hulle was voorheen saam met twee oudkollegas, Byrone Williams (27) en Ricardo Conradie (40) aangekla weens klagtes van huisbraak, korrupsie en intimidasie.
KLOKSGEWYS: sers. Mxolisi Sigila (43), kst. Johannes Fransman (41), kst. (v) Melzandré Pieters, Anita Fransman (42) en Daniël Davids (44).