1 minute read

Beurtkrag knou voedselsekuriteit, landbou bekommerd

BEURTKRAG het die land in ‘n wurggreep en knou voedselsekuriteit.

In die Witzenbergstreek gaan klein, medium en groot ondernemings asook landbou reeds vir meer as 100 dae gebuk onder verskillende fases van beurtkrag.

Advertisement

Die enigste manier om voedselsekuriteit in Suid-Afrika te waarborg, is om die las van beurtkrag op boere te verlig. Agri SA sê die regering en Eskom sal onmiddellik moet optree om ‘n krisis te vermy. Mislukte oeste, hoër voedselpryse en tekorte aan sekere produkte kan verwag word. Meer as 800 000 werksgeleenthede kan ook bedreig word.

Verskeie ekonome het reeds gewaarsku dat dit onwaarskynlik is dat kosinflasie vanjaar sal daal - hoofsaaklik weens die impak op die landbousektor en die koswaardeketting.

Ekstra uitgawes

Plase in die Witzenbergstreek koop gemiddeld 1 tot 5 kragopwekkers teen byna R200 000 aan om landerye en boorde water te gee. Diesel en algemene onderhoudskostes is baie duur en talle boerderyondernemings begin sonkrag oorweeg of skakel oor na sonkrag. Plase besproei aanmekaar as die krag aan is maar sukkel steeds om alles nat te hou. Plase met vrugte-koelkamers en paksto- re sukkel om produkte koud te hou en verliese te beperk tydens lang beurtkragtye.

Klein ondernemings

Klein ondernemings in die Witzenbergstreek is hard deur die pandemie getref. Nou lei hulle ook erg onder kragonderbrekings.

‘n Studie deur FinFind en die departement kleinbesigheids-ontwikkeling wys daarop dat COVID-19 meer as 42% klein ondernemings in die land verwoes het. Nou is dit beurtkrag!

Dit is tyd dat sakekamers in Suid-Afrika soos Ceres Besigheidsinisiatief (CBI) en AHI namens al die alle ondernemings en landbou, skrywes rig aan SARS oor belasting- verligting weens die impak van beurtkrag en die pandemie. Die impak van buitelandse mededinging en belastingkwytskelding vir sekere lande ten koste van klein ondernemings moet ook in die skrywe aandag kry. Drastiese styging

Asof dit nie genoeg is nie gaan inwoners en besighede vanaf 1 April byna 19% meer vir krag betaal. ‘n Verhoging van 18.64% is goedgekeur met ‘n verdere verhoging van 12.74% vir 2024.

Die Witzenberg munisipaliteit het vroeër gesê hulle verwerp die nuwe verhoging en gesê dit is onbekostigbaar.

Beste werkers word by Puma aangewys

PUMA op Ceres het gedurende Januariemaand weer hul beste petroljoggies en kassiere aangewys.

VLNR: Eliasa Bamusi (petroljoggie), Tracey Ockhuys (kassier) en Jeremy Mostert (petroljoggie).

Nuusbrokkies

ONS lees gereeld van slegte dinge maar ‘n bietjie positiewe nuus is altyd welkom. ‘n Anonieme inwoner van Wolseley wil graag vir Hennie Besselaar wat vir Ceres Alarms werk, bedank vir sy werk. Hy maak ‘n verskil wanneer hy werk en die gemeenskap praat goed van hom en daar is minder inbrake as hy aan diens is. Hy is ‘n groot aanwins vir die Wolseley gemeenskap.

CERES Rugbyklub het Donderdag 5 Januarie om 19:00 begin met voorbereidings vir die 2023 rugbyseisoen.

NUWE dranklisensievoorwaardes in plek. Die nuwe drankver-

This article is from: