WH Her ald
TRADING HOURS: Monday - Friday 09:00 - 17:00 Saturday 08:00 - 13:00 Tel: (023) 312-3578
Witzenberg
Volume 25 no. 25
R8
Friday, July 1, 2022
• SERVICES • PARTS • ACCESSORIES • CLOTHING • LAY-BYE OPEN DURING LOADSHEDDING!
4-Da gw eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Vrydag 1 Julie
4° 22°
5° 22°
Saterdag 2 Julie
Sondag 3 Julie
2° 15°
023 312 3223 • 083 301 6941 reception@sweetspot.co.za Sweet Spot Gymnasium, Victoria Sports Grounds, Ceres www.sweetspotgymnasium.co.za
Donderdag 30 Junie
0° 13°
Ceres Koekedouw dam
62,2%
Lesing: 2022/06/29
Telephone: (023) 316-2021
Fax: 086-211-5774
Editor: 082-468-2649
nuus@witzenbergherald.com
www.witzenbergherald.co.za
Beloning word aangebied
Vier mans sterf na kopskote VIER mans is die naweek op Tulbagh dood nadat hulle almal op kort afstand in die kop geskiet is. ‘n Vyfde persoon is gewond en in ‘n ernstige toestand in ‘n hospitaal opgeneem. Volgens die polisie het onbekende aanvallers Saterdag 25 Junie omstreeks 21:00 ‘n groep van 9 mense, ses mans en drie vroue, genader waar hulle om ‘n vuur in Joostestraat gestaan en kuier het. Vier mans is in die kop geskiet en het op die toneel gesterf. ‘n Vyfde man, is ernstig gewond en in die hospitaal opgeneem. Die drie vroue en ‘n man, het ongedeerd weggekom. Beloning Die Wes-Kaap SAPD het kort na dié aanval ‘n beloning van R100 000 uitgeloof vir inligting wat moontlik daartoe kan lei dat die moordenaars vasgetrek word. Name bekend Die polisie het Maandag drie van die slagoffers se name be-kend gemaak. Hulle is Unathi Zoko, Lefa Mphuhlane en Enehelo Tolebelo. Die vierde persoon se identiteit is nog onbekend. Al die slagoffers was tussen 30 en 35 jaar oud. Inligting Die ondersoek is deur lede van die Wes-Kaap se eenheid teen ernstige geweldsmisdaad oorgeneem. Die Wes-Kaap en Tulbagh SAPD versoek persone met meer inligting, om die polisie te skakel en die inligting anoniem deur te gee aan brigadier Makhaya Mkabile 082-222-6744 of lt.kol. Bonginkosi Libaya 082-4112-042. Tulbagh SAPD kan geskakel word by (023) 230-8100. Die rede vir die moorde is nog onbekend. Simpatie Die Witzenberg munisipaliteit, politieke partye en die plaaslike polisiërsforum het Maandag hul simpatie teenoor die familie en naasbestaandes van die vier mans uitgespreek.
TULBAGH polisie en die Witzenberg munisipaliteit brandweerdienste, is Dinsdag 28 Junie uitgeroep waar ‘n klein groepie kinders en volwassenes rondgestaan het nadat ‘n paar bande aan die brand gesteek is. Die brand is gou geblus voordat die groepie vreedsaam uitmekaar is. Gerugte doen die rondte dat inwoners ontevrede is met dienslewering op die dorp, maar niks kon bevestig word nie. Dié voorval is naby die plek waar vier mans Saterdagaand in die aangrensende informele nedersetting op kort afstand koelbloedig doodgeskiet is. FOTO: Anrie van der Walt
Bakkiedief gou vasgetrek LEES artikel op bladsy 3.
2
WITZENBERG HERALD
Friday, July 1, 2022
Doornkraal Agri werkers kry sertifikate
OCKERT Herselman (middel) is op 16 Junie as die 54ste president van Ceres Lionsklub ingehuldig. Die streeksvoorsitter, Herman Laubscher (regs), het die inhuldiging behartig. Ockert het die leisels by Maureen Peters (links) oorgeneem. Die inhuldiging is by die Village Gastehuis aangebied.
DOORNKRAAL Agri het op 16 Junie ‘n Erkenningsaand geselligheid vir personeel by Kaleo gehou. Toekennings is aan personeel oorhandig en die aand is afgesluit met ‘n optrede deur Early B!
nuusbrokkies YOUNG Good Hope rugbyklub speel Saterdag 2 Julie teen Pumas RVK op die Bella Vista sportgronde. Hekgelde beloop R20 vir volwassenes, R10 vir kinders en R10 per motor. Skakel Des van Wyk by 082-574-7932. LOXTONIA Soup and Cider Saturdays - Every Saturday in July starting on 2 July from 10:00 to 16:00. Price: R30 per bowl of soup and a bread roll. Bookings at enquiries@ loxtonia.co.za or (023) 004-0930.
TULBAGH Spar het verlede week weer ‘n wenner in die nasionale Spar Wen ‘n motor kompetisie opgelewer. Klante van Spar kry die kans om een van 50 Hyundai Grand i10S motors te wen. Al wat hulle moet doen is om enige wen-’n-kar produk te koop en hulle Spar Rewards kaart in enige winkel te gebruik. Surya Adams was die gelukkige wenner. Hier ontvang sy haar motor van WJ Visagie (mede-eienaar van Tulbagh Spar). VLNR: WJ Visagie, Surya Adams en Nicholas Shabangu (Spar Wes-Kaap).
CERES GPF se lede is baie sigbaar in die gemeenskap. Hier wys ‘n paar lede die nuwe glimbaadjies wat die departement van veiligheid aan hulle geskenk het. By hulle staan Mark Mentor (GPF voorsitter) wat die glimbaadjies oorhandig het.
WAS jy een van die eerste matrikulante van Bella Vista Hoërskool in 1997? Vanjaar beplan die skool ‘n 25 jaar reünie en wil hulle graag dit ‘n spesiale geleentheid maak. Tree op Facebook via Messenger in verbinding met Ajay January, Lesley Koopman of Helga Swartz. Verdere inligting sal in komende weke via die sosiale mediaplatvorm deurgegee word.
CERES (023) 316-2226 Exciting opportunity at Ceres Superspar
FRUIT & VEG ASSISTANT The successful candidate will be responsible for the following: • Stocking of shelves with fresh produce • Quality control within their department • Ensuring all back-up areas are neat and clean • Stock rotation • Waste control • Assisting with stock-take • Following daily instructions from department supervisor Candidate attributes and requirements: • Ability to work under pressure • Excellent people’s skills • Willing and able to work shifts and over weekends • Fully bilingual • Knowledge of cleanliness and food hygiene • Grade 12 Certificate • Honest & hard working Should you meet all the requirements, please e-mail your full CV (ID included) to: ceres.superspar2@gmail.com For attention: Human Resources
DIE Togryers museum gaan die Wintertydperk afskop met die Flessie-projek. Daar is geweldig baie mense wat sukkel om daagliks kos op die tafel te sit. Hierdie is ‘n maklike en bekostigbare manier om iemand anders by te staan. As jy dus leë koffieflesse by die huis het, bring dit na die museum in Oranjestraat. Personeel sal dit opvul met droë bestanddele. Indien jyself jou fles wil volmaak, kan jy die volgende gebruik: rys, ertjies, gemengde ertjies, gort en lensie-mengsel, stampmielies en boontjies. Die Togryers museum sal die verspreiding van die flessies behartig.
JEUGDAG is op 16 Junie op Ezelfonteinplaas buite Ceres gevier. Polisielede het die groep van 70 jeugdiges toegespreek. Die jeug is toekomstige leiers. Twee polisielede, a.o. Van der Merwe en sers. Nico van Rooi, het die jeug toegespreek.
FRED Gaum Hostelites/koshuisgangers (Huidiglik Ceres Sekondêr) beplan ‘n reünie (1979 - 1989) tydens die naweek van 30 September tot 2 Oktober 2022. Alle verrigtinge geskied by die koshuis. Dit is die heel eerste reünie sedert die koshuis se opening in 1979. Vir navrae skakel Lynn Julies by 078-915-2902 of Floors Baartman by 081-815-7343 of Jan Abrahams by 067-317-1457.
Ladismith Kaasmaatskappy (Edms) Bpk, ‘n gevestigde suiwelfabriek in die Klein Karoo, bied die volgende loopbaangeleentheid te Ladismith:
IT BEAMPTE PLIGTE: • Verskaf IT-ondersteuning as eerste kontak • Opstel van nuwe rekenaartoerusting en werkstasies • Installasie en onderhoud van Office 365 • Bestuur en byhou van IT-ondersteuningsdokumentasie • Weeklikse en maandelikse rapportering aan Groep IT. VEREISTES: • A+ Hardeware/Sagteware en N+ Netwerk kwalifikasies • Soortgelyke ondervinding met ‘n stabiele werksgeskiedenis van tenminste 2 jaar by ‘n enkele werkgewer • Bewese vermoë om onafhanklik met minimale oorsig te werk • Bereid om, indien nodig, buite normale kantoorure te werk, insluitend naweke.
Closing date for applications: 22 July 2022
Indien u voel dat u genoegsame ondervinding vir die pos het, stuur u CV vergesel van gewaarmerkte afskrif te van kwalifikasies voor 8 Julie 2022 aan recruitment@ladismithcheese.co.za Let wel dat alle toepaslike kwalifikasies wat ingedien word, tydens die werwingsproses geverifieer sal word.
Availability: Immediately
ONS IS ‘N GELYKE WERKGELEENTHEDE MAATSKAPPY
Should you not receive any feedback by 30 July 2022, please consider your application unsuccessful.
Beskou u aansoek as onsuksesvol indien u nie binne 14 dae na die sluitingsdatum gekontak word nie
WITZENBERG HERALD
Friday, July 1, 2022
3
Kind naby Bella Vista doodgery ‘n KIND (11) is verlede Vrydag dood en ‘n ander voetganger is lig beseer in twee afsonderlike voorvalle waar voetgangers naby Bella Vista raakgery is. Volgens die Ceres polisie is Beauton Titus van Bella Vista dood nadat hy Vrydag 26 Junie omstreeks 18:00, deur ‘n Ford Fiesta getref is. Die voorval het plaasgevind by Bella Vista se eerste kruising toe Beauton saam met sy twee maatjies die R303 na die plaas Ideaal, probeer oorsteek het. In ‘n ander voorval vroeër die dag, is ‘n voetganger lig
beseer nadat dié omstreeks 12:00 naby Vreeland tussen Ceres en Bella Vista, omgery is. Selfdood Die Wolseley polisie ondersoek ‘n selfdoodvoorval nadat die liggaam van ‘n onbekende man voorverlede week tussen Wolseley en Tulbagh gevind is. Die oorledene het homself opgehang op die plaas De Heuvel. Die liggaam was reeds erg ontbind met die SAPD se aankoms op die toneel. Geen verdere inligting kon van polisie verkry word nie.
Zimbabwiër weer in Julie in hof DIE Zimbabwiese burger (19) wat drie maande gelede ‘n gastehuis-eienaar van Wolseley verskeie kere met ‘n mes gesteek en kort daarna na Malmesbury gevlug het, bly in aanhouding tot sy streekhofsaak weer voorkom. Nog drie klagtes is teen die verdagte, Lovemore Doriyo, ‘n onwettige immigrant, bygevoeg. Behalwe vir die poging tot moord klagte op Wolseley sal Doriyo ook weens die poging tot moord van ‘n 8-jarige meisie en haar verkragting en ontvoering op Malmesbury, teregstaan. Die voorvalle het op 10 Mei op Malmesbury plaasgevind. Die Wolseley SAPD het vir meer as ‘n maand na Doriyo gesoek voordat hulle hom middel Mei in ‘n ernstige toestand in die Tygerberg hospitaal opgespoor het. Doriyo is op 10 Mei deur ‘n groep van nagenoeg 100 omgekrapte inwoners van die Ilingelethu woonbuurt buite Malmesbury, aangerand en bewusteloos geslaan. Dit was blykbaar ‘n vergeldingsaanval nadat Doriyo na bewering ‘n meisie van die woonbuurt verkrag het, probeer verwurg het en haar as gyselaar in ‘n hut aangehou het. Hy is op 18 Mei in die hospitaal gearresteer en het vir die
eerste keer op 19 Mei in die Malmesbury landdroshof verskyn. Ander voorval Reint Grobler (51), mede-eienaar van Winterberg Mountain Inn en Oestafel Bistro tussen Ceres en Wolseley, is Maandag 11 April by die onderneming met ‘n mes aangeval. Hy is meer as 10 keer met ‘n Okapi-mes in sy rug, bors, maag, bene en hand gesteek. Grobler het blykbaar net voor middernag gehoor iemand skakel ‘n voertuig aan in hul parkeerarea. Hy is na buite waar hy Doriyo, die seun van een van sy werknemers, agter die stuurwiel van ‘n Chev Utility bakkie aangetref het. Doriyo het na die aanval gevlug. Plaaswaglede het ‘n soektog van stapel gestuur en hom op die buurplaas aangetref waar hy by een van die plaaswerkerhuisies in ‘n bakkie gelê en slaap het. Kort na sy eerste hofverskyning in die Wolseley landdroshof, is hy onverklaarbaar op waarskuwing vrygelaat. Hy het blykbaar toe na Malmesbury gevlug waar die ander drie misdrywe plaasgevind het. Doriyo bly in aanhouding en moet weer op 28 Julie in die Malmesbury streekhof verskyn.
Beloning R100 000
VIER mans is die naweek op Tulbagh dood nadat hulle almal op kort afstand in die kop geskiet is. ‘n Vyfde persoon is gewond en in ‘n ernstige toestand in ‘n hospitaal opgeneem. Die Wes-Kaap SAPD het kort na dié aanval ‘n beloning van R100 000 uitgeloof vir inligting wat moontlik daartoe kan lei dat die moordenaars vasgetrek word.
‘n SPEURDER van Ceres, s/sers. Titus (middel) was toevallig by Ceres Toyota toe hy die voorval gesien gebeur het. Hy het oor die pad gehardloop na die speurderskantore en twee van sy kollegas gekry voordat hulle die dief agternagesit het. VLNR: S/kst. Bartman, s/sers. Titus en s/kst. Persent. REGS: Odwa Nikani (22).
Bakkiedief loop sy rieme styf ‘n MAN van Nduli wat Maandag ‘n bakkie op Ceres gesteel het, is danksy die flink optrede van personeel en drie speurders vasgetrek. Die opportunistiese dief is binne 20 minute nadat hy by Ceres Toyota ingestap het en in ‘n tweedehandse Toyota dubbelkajuitbakkie gespring en weggejaag het, vasgetrek. Volgens die polisie het die voorval omstreeks 12:50 gebeur toe Odwa Nikani (22) met die dubbelkajuitbakkie ter waarde van meer as R500 000 weggery het. Twee personeellede van Ceres Toyota se vinnige optrede saam met ‘n plaaslike speurder, s/sers. Titus, wat toevallig by die handelaar was, het gehelp om die dief vas te trek. Titus het oor die pad na die speurderskantore gehardloop, twee van sy kollegas gekry en die verdagte agternagesit. Die gesteelde bakkie is naby Crispy Coolers gestop en Nikani is gearresteer. Nikani is aangekla en het Woensdag vlugtig in die Ceres landdroshof verskyn op ‘n aanklag van voertuigdiefstal. Francois van Wyk, handelaarshoof van Ceres Toyota, het Dinsdag die polisie en sy personeel bedank vir hul hulp om die dief gou vas te trek.
4
WITZENBERG HERALD
Friday, July 1, 2022
Na twee jaar is inwoners moeg vir maskers NA meer as 800 dae van streng COVID19 regulasies en die verpligte dra van maskers, het die regering verlede week dié regulasies opgehef. Sedert verlede Woensdag hoef landsburgers nie meer maskers te dra nie. ‘n Onlangse opname het wel gewys dat 1 uit 5 mense steeds gaan volhou om hul maskers te dra, veral binnenshuis. Die einde van verpligte COVID-19 toetse en die bewys van inentings is ook nie meer nodig nie. Dit is goeie nuus vir die land se toe-
rismebedryf wat die afgelope twee jaar swaar gekry het onder die virus. Meer toeriste word nou in die land verwag. Wes-Kaap inwoners ouer as 50 jaar word steeds aangemoedig om ‘n aanvullings-inenting te kry. Hulle kan vanaf 6 Junie die CO VID-19-inentings- en versterkingsdosisse kry as dit 120 dae na die vorige een is. Die departement bied ook ‘n verskeidenheid inentings vir volwassenes en kinders aan asook vir bejaardes. Die Wes-Kaap se CV-19 inentingsveldtog het meer as ‘n jaar gelede afgeskop en nage-
noeg 71% van die provinsie se inwoners is al ingeënt teen COVID-19. Meer as 70% van mense ouer as 60 jaar is ten volle ingeënt. Plaaslike CV-19 statistieke Sedert die begin van die pandemie is 9499 positiewe gevalle in die Witzenbergstreek aangemeld waarvan 9058 herstel het. Die afgelope week het die aktiewe gevalle konstant op 2 gebly. Statistieke wys dat Ceres steeds die meeste positiewe gevalle aangemeld het nl: 2282 gevolg deur Bella Vista met 1410, Wolseley met 1219, P.A. Hamlet met 1270, Tulbagh met 1172, Nduli met 622 en Koue Bokkeveld plase met 743. Vier honderd nege en dertig (439) mense het die afgelope twee jaar sedert 1 Maart 2020 gesterf. Ceres se getal sterftes staan tans op 87 gevolg deur Wolseley met 71, Bella Vista met 63, Tulbagh met 55, P.A. Hamlet met 58, Nduli
met 37 en Koue Bokkeveld plase met 30. Die sterftes in die Wes-Kaap staan tans op 22 247 (27 Junie). Daar is al 718 844 positiewe gevalle aangemeld en 694 697 het al herstel. Meer as 36.78 miljoen landsburgers is al teen CV-19 ingeënt en meer as 3.87 miljoen mense het al herstel van die virus. Ander statistieke sluit in: die positiwiteitskoers in die land daal steeds en is tans net 3.42%. 101 740 Mense het weens die virus in Suid-Afrika gesterf. Plaaslike inwoners kan steeds hul inenting/versterkingsdosis by een van die volgende fasiliteite kry: Ceres provinsiale hospitaal: Maandae tot Vrydae. P.A. Hamlet kliniek: Maandae, Op-die-Berg kliniek: Dinsdae, Tulbagh kliniek: Woensdae, Bella Vista kliniek en Nduli Polo Cross-saal: Donderdae en Wolseley kliniek: Vrydae. Inwoners kan ook Clicks se tak op Ceres besoek.
NA meer as 800 dae van streng COVID-19 regulasies en die verpligte dra van maskers, het die regering verlede week dié regulasies opgehef. Sedert verlede Woensdag hoef landsburgers nie meer maskers te dra nie. ‘n Onlangse opname toon egter dat 1 uit 5 mense steeds gaan volhou om hul maskers te dra, veral binnenshuis. Op Ceres het drie vroue die kans gebruik en besluit om hul maskers weg te gooi. VLNR: Christa Zimmery, Fenna Jordaan en Theresa Davids. FOTO: Trevor Felix
Ceres Fruit Processors (Pty) Ltd, South Africa’s preferred producer and marketer of apple and pear juice concentrates, as well as a range of other concentrates and purees, have the following employment opportunity at their factory in the beautiful town of Ceres, Western Cape.
MANAGER: OPERATIONS The successful incumbent will report to the Managing Director and will have the following responsibilities and critical performance areas: • Budgeting, cost management and forecasts • Planning and directing of production processes and coordination of all related raw materials and activities • Purchasing and inventory management • Producing finished products to the required specifications • Shipping of finished products • Overall management of Worcester plant • Safety, quality and housekeeping • Continuous improvement Desired experience and qualifications: • Adequate tertiary qualification in Engineering, Production or Food Science • 5 Years’ management experience in a Food Manufacturing Environment • Fruit processing experience highly beneficial
Ceres Fruit Processors (Pty) Ltd, Suid-Afrika se voorkeur produseerder en bemarker van appel- en peer konsentraat, asook ‘n reeks ander konsentrate en purees, bied die volgende geleentheid by sy fabrieksaanleg in Ceres.
TOESIGHOUER: VERSENDING Verantwoordelikhede sluit die volgende sleutelprestasieareas in: • Toesighouding van personeel • Ontleding van konsentraat / kwaliteitsmetings • Kontrolering van ontvangste • Administratiewe take (rekordhouding) • Huishouding en kwaliteit • Uitlaai van bulk voorraad • Skakeling met buite kliënte • Bedryf van Infokus • Vermenging en pasteurisering van konsentraat
Knowledge: • Business and management principles and practices • Strategic Planning • Economic and accounting principles and practices • Sound knowledge of relevant legislation and company
Die ideale kandidaat sal oor die volgende beskik: • Verkieslik Graad 12 • Laboratorium opleiding/ervaring sal voordelig wees • Toesighoudende ervaring • Goeie kommunikasievaardighede • Probleemoplossingsvaardighede • Rekenaarvaardighede (MS Excel) sal 'n aanbeveling wees • Moet onafhanklik kan funksioneer • Eie vervoer sal voordelig wees
CV’s can be forwarded to: The Manager: People and Performance Systems Ceres Fruit Processors (Pty) Ltd P.O. Box 366, Ceres, 6835 E-mail: dlintnaar@cfp.co.za
Rig u aansoek aan: Die Bestuurder: Mense- en Prestasiestelsels Ceres Fruit Processors (Pty) Ltd Posbus 366, Ceres, 6835 E-pos: dlintnaar@cfp.co.za
Closing date: 9 July 2022
Sluitingsdatum vir aansoeke: 13 Julie 2022
WANGANELLA primêr het verlede Vrydag 10 Junie ‘n baie geslaagde pretdag by die skool aangebied. Die pretdag is ‘n jaarlikse fondsinsamelingspoging vir die skool. Leerders kon meeding in talle sportsoorte asook speletjies. Die verrigtinge is afgesluit met ‘n prysuitdeling. Die wenners was Tiana en Kearan Ockhuis (eerste), Colewin Eksteen (tweede) en Tayo Fritz (derde). * Die skool wil die volgende sakelui en ondernemings bedank: R. Koopstad, A. Douries, Reids Mica, Ceres Buildit, Quickbiz Solutions, Amazing Pies, Ceres Wimpy, Anna’s, Reyneke, De Villiers en Dynamic oogkundiges, Sonia haarkappers, Skatkis, Ceres Cycles, Bokkeveld Gas en Nashau. Dankie ook aan al die ouers vir hul goeie ondersteuning om van hierdie funksie ‘n sukses te kon maak.
WITZENBERG HERALD
Friday, July 1, 2022
5
6
WITZENBERG HERALD
classifieds Skakel Karin ☎ (023) 316-2021 info@witzenbergherald.com 066-316-3003 (Slegs Whatsapp)
Stem, herstel, verkoop en koop klaviere. Alle areas. Meer as 60 jaar diens gekwalifiseerd. Skakel Wessel de Beer 060-619-2758 of 082-704-3276. w.t.o.
Dr Mama Fede Herbal Expert TRADITIONAL & SPIRITU AL HEALER SPIRITUAL
For all your personal problems. Big or small She will make it disappear.
Find Mama 24/7 in Tulbagh and Wolseley (Behind Nedbank)
Friday, July 1, 2022
Ceres. Admin. dame is dringend opsoek na werk. 8 Jaar ondervinding. Eerlik en baie hardwerkend. Skakel 065-117-5596 c/s DG63 1/7
Call for appointment:
073-356-2605
Bondels koerante @ R20 per bondel vir verpakking tydens trek, verfwerk of vir jou babahondjies. Skakel (023) 316-2021 w.t.o.
Boland Roll on Lawn Verskaffing, aflewering en pak van AANROLGRAS “ROLL ON LAWN”
Skakel
082-859-2300
BLESSED AM I Prophet in Stilbaai
LADY DESIRE With only R200 she: Put R8,2M in my house. All doctors charged a lot of money but LADY DESIRE ask for no money. Just give her a donation or gift after your problems are solved. I used the 8,2M to pay my debts, bought BUSINESS, HOUSE & NEW CAR. Our perfect wedding will COME SOON. THANK YOU.
PHONE/SMS for help
083-522-9743 MANHOOD SOLUTION CENTRAL CERES MOTORS
Service Center & Panelbeating
• Panelbeating •Servicing •Auto Electrical •Aircon regassing
Voortrekker St., Ceres ☎ (023) 312-1254 ☎ (023) 312-1274
• Make it thick, strong & long • 3 in 1 Combo • 2 Times a day rub get the exact size you want NB: No side effect East Africa product
CALL/WHATSAPP
065-990-2467 Kathleen (Katy) Africa
AND FRAMES SUPPLY AND INSTALL TAYLOR BLINDS AND SHUTTERS
1955/04/08 - 2020/07/01 ‘My liefste vrou, ma en ouma, jy is alreeds weer twee jaar weg van ons. Ons vind vertroosting in al die herinneringe van jou en sal dit altyd koester. Die moeilikste was nie net om jou nie te verloor nie, dit was om te leer om sonder jou te leef. Nico, kinders en kleinkinders
SPECIALISES IN FRAMING ART, CERTIFICATES AND MIRRORS
STEFAN STEYN 083-227-6476
Dadda dis jou 2de verjaarsdag weg van ons af en elke dag is nog so baie moeilik. Ons mis jou baie. Liefde jou vrou Ellen, Mariska, Emoa, Elgar, Charmie, Eligh en Evelyn
Mama Shadia We don’t know how our life could have been.
• Financial problems • Lost lover problems
For unfinished job pay after results
083-509-3284
Frederick Prent 1944/07/05 -2021/02/10
If it wasn’t
Skoonvlei Industrial Bassi Business Park 4 Edison Street, Ceres
Automotive Engineering • Skim cylinder head • Recon cylinder head • Rebore engine blocks Mechanical workshop • Engine overhaul • General Services • Suspension • Brakes and more
André du PPreez reez 082-639-2800 (023) 313-4422
crazypistonsct@gmail.com
Dr Mama Maria Herbal Expert TRADITIONAL & SPIRITUAL HEALER
For all your personal problems. Big or small She will make it disappear.
Find Mama 24/7 in Ceres (Next to Check Inn)
Call for appointment:
063-560-5415
PLANT AND TOOL HIRE
Mini skip rentals 2m² Waste bin for the removal of all building, garden and general waste.
Christiaan 079-177-2490 ☎ /Fax: (023) 312-1414 c/o Vos- & Faure Street 83
TS Vragmotors ‘n Vragmotorwerkswinkel in Ceres, wat hoë gehalte werk en diens aan ons kliënte verskaf, is opsoek na ‘n hardwerkende persoon om by ons aan te sluit.
DIESELWERKTUIGKUNDIGE
Landswye Meubelvervoer. Ons doen gereelde vragte na en vanaf Gauteng. Deelvragte is ook beskikbaar. Ons is persoonlik betrokke by elke verhuising en ons kan ook die verpakking van u breekware doen. Ons beskik oor kartonne en verpakkingsmateriaal, veilige stoorruimte, lang- en korttermyn. Vir enige verdere navrae skakel ons by (023) 347-4092 of stuur 'n faks na: (023) 342-8629 of besoek gerus ons webtuiste by www. trekstoor.co.za Kwotasies (Farrel). rek M44 w.t.o
DIT IS ‘N EENVOUDIGE FEIT VAN DIE LEWE, ONS GAAR ONNODIGE GOED OP!
Is jy besig om af te skaal? Trek julle? Wat ook al die rede is, jy het ‘goed’ wat in die huis rondlê. Dinge wat jy nie wil hê, nie gebruik, of net moeg is om te sien.
Ondervinding in vragmotors en sleepwaens sal in jou guns tel. ‘n Mededingende vergoedingspakket word aangebied.
Stuur e-pos na: yolandatsv@gmail.com
3 Joh. 1:11 “Moenie die verkeerde voorbeeld volg nie, volg die goeie. Wie goed doen, behoort aan God; wie verkeerd doen, het nie vir God gesien nie.“
Ons kan help! Dit maak nie saak wat dit is nie. Ongewenste meubels, elektriese toestelle, huishoudelike ware, speelgoed, boeke, sporttoerusting, ons sal dit alles en meer, as voorraad vir ons winkel neem.
As jy enige items het wat jy moet weggooi, wat te goed is om eintlik weg te gooi, skakel ons op 082-899-2248 of e-pos: info@chainboland.co.za
Evangelis Jacobs
Vrywaringskennisgewing by kwaksalweradvertensies Witzenberg Herald het nie ondersoek en vasgestel of enige van die dienste of produkte geadverteer die verlangde resultate of uiteinde sal hê nie. Lesers moet asb. kennis neem dat sommige van die beloofde resultate in hierdie advertensies buitengewoon is en dalk selfs onmoontlik is om te behaal. Sommige van die prosedures en beloftes geadverteer mag dalk gevaarlik wees indien nie uitgevoer deur ‘n gekwalifiseerde mediese praktisyn nie. Lesers word gewaarsku dat hulle die adverteerder se geloofwaardigheid en besonderhede deeglik moet ondersoek. Witzenberg Herald aanvaar geen aanspreeklikheid vir enige van die geadverteerde dienste of produkte nie Disclaimer at quackery advertisements Witzenberg Herald have not verified whether any of the services or products advertised will have the desired effect or outcome. Readers will note that some of the promised results in the advertisements are extraordinary and may be impossible to achieve. Beware some of the procedures and claims advertised may be dangerous if not executed by a qualified medical practioner. Readers are warned that they should carefully consider and verify the advertiser’s credentials. Witzenberg Herald do not accept any liability whatsoever in respect of any of the services or goods advertised
Maak ligter jou kas van klere: oud, nuut, ekstra of onvanpas. Ceres Omgeewinkel is dringend opsoek na klere en skoene. Help ons asb. om die Gemeenskap te help.
Gee asb. items af by: Ceres Omgeewinkel Lyellstraat 66, Ceres (agter Celebrations) Vir navrae skakel: 082-696-6427 (Frans)
WITZENBERG HERALD
Friday, July 1, 2022
7
Cyril en Anne se duif vinnigste terug op Ceres WEDVLUGDUIWE is Saterdag 25 Junie vir die eerste kortpadvlug vanaf Leeu Gamka gelos. Saterdag 2 Julie skuif die loslating na Beaufort-Wes. CPHS Jaaroud 1. Team Koopman 1309.829 mpm 2. Cyril en Anne Davids 1294.183 mpm 3. Cyril en Anne Davids 1292.993 mpm 4. Cyril en Anne Davids 1287.608 mpm 5. Hendriks familie 1253.781 mpm Ope 1. Cyril en Anne Davids 1385.457 mpm 2. Team Koopman 1377.866 mpm 3. Team Koopman 1372.948 mpm 4. Cyril en Anne Davids 1369.381 mpm 5. Hendriks familie 1361.669 mpm CPS Jaaroud 1. Krotz Family Lofts 1368.970 mpm 2. Krotz Family Lofts 1365.925 mpm 3. N. Jacobs 1360.133 mpm 4. Meyer en Van Wyk 1347.543 mpm 5. Mike Lofts 1340.431 mpm Ope 1. E. Lofts 1381.594 mpm 2. E. Lofts 1375.544 mpm 3. Marius & Morrin Koopman - 1374.760 mpm 4. N. Jacobs 1373.444 mpm 5. Camerin Mars 1364.186 mpm BHPS Jaaroud 1. E. Arries 1366.793 mpm 2. R.D. November 1366.220 mpm 3. E. Arries 1358.073 mpm
4. R.D. November 5. R.D. November Ope 1. N. Smith 2. E. Arries 3. R.D. November 4. R.D. November 5. R.D. November Tulbagh duiweklub Jaaroud 1. Silvervaring hok 2. Silvervaring hok 3. Rodrick Albertus 4. Silvervaring hok 5. Rodrick Albertus Ope 1. Rodrick Albertus 2. Penderis 3. Silvervaring hok 4. Rodrick Albertus 5. Bertie Rabie Hamlet duiweklub Jaaroud 1. NJ Kitshoff jr. 2. Kitshoff hokke 3. Erasmus hok 4. Erasmus hok 5. NJ Kitshoff jr. Ope 1. NJ Kitshoff jr. 2. Erasmus hok 3. NJ Kitshoff jr. 4. NJ Kitshoff jr. 5. Erasmus hok -
1344.178 mpm 1344.178 mpm 1372.000 1362.419 1354.511 1354.511 1354.511
mpm mpm mpm mpm mpm
1306.30 1290.68 1201.79 1170.70 1121.75
mpm mpm mpm mpm mpm
1271.78 1271.46 1253.94 1241.17 1216.19
mpm mpm mpm mpm mpm
1366.689 1337.071 1321.012 1301.086 1264.976
mpm mpm mpm mpm mpm
1378.025 1358.729 1348.439 1346.207 1345.840
mpm mpm mpm mpm mpm
DIE Ceres karateklub, Senshi Dojo, het 6 Junie aan die Wes-Kaap karateliga deelgeneem wat deur Boland Dragons aangebied is. Die was die eerste een van vier kompetisies in die liga. Karatekas het in totaal 24 medaljes tussen die 8 deelnemende karatekas verower. AGTER: Aiden Paxton (kumite-goud, kata-silwer, kubudo-long weapon-brons, kubudo-short weapon-goud en rotational kumite-silwer), sensei Wayne Vermeulen en Morgan Paxton (kata-brons, kumitebrons, kubudo-long weapon-silwer, kubudo-short weapon-goud en rotational kumite-silwer). MIDDEL: Izak Krige (kata-silwer), Hadia Ali (kata-brons), Lukas Krige (kata-silwer en kumite-silwer) en Bellanè Vermeulen (kata-silwer en kumite-goud). VOOR: Retief Spence (kata-brons, kumite-brons, kubudo-long weapon-silwer, kubudo-short weapon-silwer en rotational kumite-silwer). AFWESIG: Mia Laubscher (kumite-silwer, kubudo-long weapon-goud en rotational kumite-silwer).
EIA PUBLIC PARTICIPATION PROCESS
CERES rolbalklub het op 21 Junie ‘n rolbal opedag aangebied om rolbal aan jeugdiges en skoliere bekend te stel. Meer as 50 leerders van Charlie Hofmeyr en Laerskool Gericke is vir die eerste keer aan rolbal blootgestel. * Hier is Charlie Hofmeyr se eerste hokkiespan afgeneem.
Blanket Drive It’s cold out there! Let’s all come together as a community this winter to make a difference. You can donate blankets or R150 to buy a blanket for someone in need. All blankets will be distributed within Ceres to assist organisations working in the community. For every blanket received, Seeff will donate a second blanket. LIVVY 083-757-8532 livvy@seeff.com
MARIANNA 082-448-5497 marianna.groenewald@seeff.com
Please contact us for banking details should you wish to donate via EFT
FUZLUDEAN Saim van Ceres, wat tans skoolgaan by Hoërskool Noord-Kaap in Kimberley, is opgeneem in die o/18 A Cravenweekspan. Die Cravenweek vind plaas vanaf 3-9 Julie by Rondebosch naby Kaapstad.
Availability of the Pre-Application Draft Scoping Report SPV Renfields (Pty) Ltd: Proposed development of the Ceres Renewable Energy Project Project Applicant and Proposal: SPV Renfields (Pty) Ltd proposes to develop the Ceres Renewable Energy Project which will consist of a: • 150 MW Solar Photo-Voltaic (PV) Renewable Energy Facility (SPVR 8), • a 100 MW Hydro-electric Pumped Energy Storage Facility (SPVR 7), and • a new 132 kV Overhead Powerline (SPVR 6) to connect SPVR 7 and SPVR 8 to the existing Eskom Witzenberg Main Transmission Substation (MTS). Project Location: several Farms and Farm Portions near Ceres in the Witzenberg Local Municipality, Western Cape Province (Specific property details can be provided on request). Notice is hereby given of a public participation process in terms of: • the National Environmental Management Act, 1998 (Act No. 107 of 1998) (“NEMA”) • the National Water Act (Act 36 of 1998) • the Heritage Resources Act (Act 27 of 2004) • Agricultural Land Act 70 of 1970 (SALA) • Mineral and Petroleum Resources Development Act (No. 28 of 2002). It is necessary to submit Applications for Environmental Authorisation, and an Integrated Water-Use License to undertake the following activities: NEMA Listed Activities (GN No. 983 & 984): Listing Notice 1: Activity 10, 11, 12, 13, 20, 27, 28; Listing Notice 2: Activity 1, 2, 9, 15, 16; Listing Notice 3: Activity 4, 8, 12. National Water Act: WULA Application in terms of Section 21(a) and (f). Opportunity to participate and availability of the Pre-Application Draft Scoping Report (paDSR): The application is subject to a Scoping and Environmental Impact Reporting process, as prescribed in the Environmental Impact Assessment Regulations, 2014 (as amended) published under NEMA. The respective applications will be submitted to the Department of Forestry, Fisheries, and the Environment, (DFFE), the Department of Water and Sanitation (DW&S), Heritage Western Cape, the Department of Agriculture, Land Reform and Rural Development (DALRRD), and the Department of Mineral Resources and Energy (DMRE). Opportunity to participate and availability of the PreApplication Draft Scoping Report (paDSR): The paDSR will be made available for public review and comment from Friday, 01 July until Wednesday, 03 August 2022 at the Ceres and Prince Alfred Hamlet Public Libraries, and electronically on the RMS website (www.rmsenviro.co.za). If you would like to register as an Interested and/or Affected Party (I&AP) for the above listed project, please contact Larry Eichstadt / Megan Loftie-Eaton of RMS. Contact: Larry Eichstadt (082 444 2630); Megan Loftie-Eaton (076 590 1511) Tel: 021 975 7396 E-mail: larry@rmsenviro.co.za; meg.loftie.eaton@gmail.com Website: www.rmsenviro.co.za Address: P.O. Box 4296, Durbanville, 7551. The Pre-Application Draft Scoping Report commenting period ends on Wednesday, 03 August 2022
8
Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voor trekkerstraat 35, Ceres en gedruk deur Paarlcoldset, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen advertensie/redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.
Sport
WITZENBERG HERALD
Friday, July 1, 2022
Witzenberg Herald
RUGBYKLUBS in die streek het die naweek gemengde welslae behaal. Ceres RVK het Saterdag 17-35 teen Evergreens Paarl verloor. Hier hardloop Dan Nel van Ceres RVK (foto links) met die bal. Bella Vista rugbyklub is na Saterdag se oorwinning steeds onoorwonne in vanjaar se kompetisie. Bella Vista klop Temperance van Gouda met 66-12 en druk tien drieë. Cameron Hufke behaal ‘n driekuns en teken 31 punte aan. Ralph Muller, vuurvreter agtsteman van Bella Vista (foto regs) op pad om sy drie te gaan druk. * Ander uitslae: Delicious klop Newton 58-36, Hamlet verloor 34-39 teen Roses United en Wolseley klop Tulbagh 31-23.
Jannie Conradie wen kompetisie
CERES rolbalklub het op 21 Junie ‘n rolbal opedag aangebied om rolbal aan jeugdiges en skoliere bekend te stel. Meer as 50 leerders van Charlie Hofmeyr en Laerskool Gericke is vir die eerste keer aan rolbal blootgestel. * Skoliere wat belangstel om rolbal te speel kan vir Charmaine Mostert skakel by 083-285-5445 of ‘n e-pos stuur charmaine.mostert@ cfg.co.za. * Hier is die Laerskool Gericke span afgeneem.
We offer: · · · · · · · · ·
Consulting Services · Maintenance Access Control · Audio and Visual Structured Cabling · Wireless Networking Alarm Systems · Gate motors IP Based CCTV Systems Fibre Optic Installations Analytic Based Alert Notification Systems Analogue Based CCTV Systems Integrated Security Systems
SATERDAG 25 Junie is ‘n enkel syfer plus kompetisie by Ceres gholfklub aangebied. Jannie Conradie (foto) was die wenner met ‘n telling van +2. Hannes Laubscher was in die tweede plek gevolg deur JC Hagen en BJ Claasen, al drie met tellings van 0. Daar het 40 spelers in die kompetisie gespeel. Clem de Bruin het goed gespeel en ‘n 71 aangeteken. Vir die volgende paar weke tot middel Augustus word net individuele kompetisieformate by die klub aangebied. Op 2 Julie vind ‘n houespel kompetisie plaas, op 9 Julie word ‘n individuele stableford kompetisie aangebied en op 16 Julie ‘n enkel progressiewe stableford kompetisie (almal speel van 0 en tel hul voorgee later as punte by). Die klub borg dié kompetisies. Spelers kan die klub skakel by (023) 312-3068 of op die Clubmaster app bespreek. Putjiespel 2022 Die loting vir die 2022 putjiespelkampioenskappe, dubbels sowel as die enkel-
spel kampioenskappe, is gedoen en op die klub se kennisgewingbord aangebring. Die afsnydatums vir die eerste rondte is 8 Augustus vir die enkelspelwedstryde en 15 Augustus vir dubbelspelwedstryde. Vanjaar kan spelers wat aan die putjiespelkompetisies deelneem, gratis in die week hul wedstryde speel. Indien dit op ‘n Saterdag gespeel word, geld normale wedstrydfooie. Inligting Klublede moet daarop let dat die plaaslike reëls nou op die nuwe telkaarte aangebring is. Vergewis jouself van die reëls voordat spel begin. Daar is in die wintermaande slegs een telkaart lengte plasing op die skoonvelde (jou eie skoonveld) in spel. ‘n Vriendelike beroep word weer op alle spelers en klublede gedoen om hul kapmerke op die skoonveld en balmerke op die setperke te herstel. Spelers moet ook onthou die klub is vanaf 1 Junie, kontantloos en net bankkaarte en gholflidmaatskapkaarte word vir betalings aanvaar.
SECURE YOUR PROPERTY AND GATES WITH CCTV CAMERAS Remotely access your CCTV system and view live images on your mobile, tablet and computer. * Obligation free quotes and assessments. Remote viewing subject to internet. Product images may vary.
SKAKEL ONS VIR ALLE HEK MOTORS | ALARMS | CCTV INSTALLASIES
066 205 3312
023 1000 515
info@jptek.co.za
Huurkoop opsie nou beskikbaar met CCTV installasies