WH Her ald
TRADING HOURS: Monday - Friday 07:30 - 17:30 Saturday 08:00 - 13:00
Witzenberg
Volume 24 no. 38
R7.50
Friday, October 1, 2021
Since 1997
LAY-BY NOW FOR CHRISTMAS 49 Lyell Street (023) 312-3578
4-Da gw eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 30 September
Vrydag 1 Oktober
Saterdag 2 Oktober
Sondag 3 Oktober
6° 23°
-1° 15°
-2° 18°
5° 25° Ceres Koekedouw dam
100%
Lesing: 2021/09/29
Telephone: (023) 316-2021
Fax: 086-211-5774
Editor: 082-468-2649
nuus@witzenbergherald.com
www.witzenbergherald.co.za
Jain-moord
Polisie wag vir forensiese verslae en selfoonrekords SES maande nadat ‘n Kaapse vrou buite Wolseley vermoor is, is daar nog min vordering in die Wes-Kaap polisie se eenheid vir georganiseerde misdaad se ondersoek gemaak. Die ondersoek na Reneé Jain (51) se moord staan stil in afwagting van uitstaande forensiese verslae en selfoonrekords. Jain is in ’n oënskynlike huisrooftog vermoor. ‘n SAPD provinsiale mediawoordvoerder het vroeër gesê die ondersoek na die moord op 26 Maart op die De Vierde Liefde privaat natuurreservaat buite Wolseley gaan steeds voort. Agtergrond Reneé Jain van Kaapstad was die betrokke aand alleen by hul vakansiehuis tussen Wolseley en Bainskloof. Sy is vermoedelik na 23:00 dood nadat drie mans haar in die huis oorval het. Met die polisie se aankoms by die huis was die voordeur toe maar nie gesluit nie. Hulle het ook bloed op die vloer
Vier jou groen ruimte op Tuindag MEER as 'n jaar lank beleef Suid-Afrika reeds een of ander vorm van inperking en dit is dus geen verrassing dat die land (en as planeet!) maniere moes vind om bewustelik te leef en weer in harmonie met die natuur te kom. Daar moet maniere gevind word om landsburgers besig te hou en hul aandag van die situasie af te lei - daarom verwelkom ons Tuindag 2021 wat Sondag 17 Oktober gevier word. Dit is die sesde keer dat Tuindag gevier word. Een van die gewildste stokperdjies wat die laaste 18 maande wêreldwyd na vore getree het, is tuinmaak. ‘n Opname in 2020 deur GlobalData het tuinmaak as die tweede gewildste grendeltyd stokperdjie - 'n kortkop agter kosmaak - bevind. * Hier is 2020 se Blommekroon Ambassadeur, Adene Nieuwoudt van Wolseley.
opgemerk nadat hulle die deur oopgemaak het. Bloedspatsels het hulle na Reneé se lewelose liggaam gelei wat met ‘n elektriese koord aan ‘n bed se voetstuk vasgemaak was. Ondersoekers probeer vasstel hoekom die veiligheidskameras by die Jain-woning na bewering nie gewerk het nie, hoe die drie aanvallers by die privaat reservaat ingekom het - wat byna 7 kilometer van die naaste teerpad geleë is - met ‘n heining om en ‘n elektroniese toegangshek, dat daar skynbaar geen gedwonge toegang was nie, dat die meeste van die gesteelde items in die gesteelde voertuig gelos is en dat mev. Jain vermoor is terwyl haar bure net in ‘n huisrooftog vasgebind is. Na die inbraak by die bejaarde bure, het die verdagtes in die Nederlandse egpaar se Nissan gevlug met tabletrekenaars, kontant, klere, selfone en horlosies. Die voertuig is later verlate in Van der Stelstraat op Tulbagh gevind.
Brand verwoes Wendyhuis ‘n WENDYHUIS het Vrydagaand (Erfenisdag) omstreeks 22:00 heeltemal uitgebrand op die hoek van Starking- en Gardeniastraat. Sover vasgestel kon word is niemand beseer nie en het brandweerlede die brand vinnig geblus. ‘n Kers het vermoedelik omgeval en moontlik die brand veroorsaak.