4 minute read

Groot hartseer na jong man se dood

Deur Andries van Zyl

Die skielike dood van die 21-jarige Juan Smalle die afgelope naweek het die Soutpansberg-gemeenskap tot in sy wese geskok en vir pa Jacques en broer Pierre met baie vrae gelaat. Juan het gedurende die vroeë oggendure van Saterdag, 28 Januarie, sy eie lewe geneem op sy pa se plaas net buite Louis Trichardt.

Advertisement

“Niks kan jou voorberei vir so iets nie, veral as al die goed om jou in plek is en alles loop mooi. Daar is nie noodwendig krisisse waarvan jy weet nie. Met die studies het dit goed gegaan … Dit was sy beste jaar op universiteit en sy beste eksamen wat hy ooit geskryf het. Die sake van die hart was reg. Die liefde was daar … Ons het dit glad nie verwag nie,” het Jacques Dinsdag in ‘n onderhoud gesê.

Volgens Jacques en broer Pierre het hulle regtig geen tekens dat iets verkeerd was bemerk nie. “Hy het partykeer ‘n bietjie stil geraak, teruggetrokke geraak, op sy eie,” het Jacques gesê.

Juan en Pierre is albei op Oudtshoorn gebore, waarna Jacques-hulle in 2004 na Louis Trichardt verhuis het. Die seuns het albei hulle laerskoolloopbaan by Ridgeway Independent School voltooi. Juan was daarna vir die eerste helfte van sy hoërskoolloopbaan by Boys High in Pretoria, waarna hy sy hoërskoolloopbaan in 2019 by Hoërskool

Merensky klaargemaak het met vyf onderskeidings agter sy naam as een van die skool se Top 10 matrikulante. Hy het daarna industriële ingenieurswese by die Universiteit van Stellenbosch gaan studeer en sou hierdie week vir sy vierde en finale jaar van studies terugkeer.

Vir beide Jacques en Pierre is Juan se dood bitter moeilik om te verwerk.

Tog kon hulle vreugde vind in die mooi herinneringe aan hom. “In ons familie was hy sekerlik die mees belese, met ‘n wye kennis,” beaam beide. Hy was ook baie lief vir kosmaak. “Sy broer het hom dalk leer braai, maar agter die kospotte was hy die meeste tuis gewees,” vertel hulle.

“Sjoe, en hy was lief vir sy sokker! Hy het Manchester United ondersteun en ons moes tot die hemp vir hom koop. As daardie span speel vanaand, dan het hy die wedstryd gekyk. Hy het geskreeu soos ons skreeu as ons rugby kyk en iemand druk ‘n drie. Hy het die sokker name geken en die Engelse Premierliga het hy verstaan,” het Jacques gesê. “Hy was erger as die ou ooms wat rugby kyk,” onthou Pierre met ‘n glimlag.

Waar Jacques en Pierre gekies het om meer in die kalklig te beweeg met loopbane in die politiek, was Juan die teenoorgestelde. Die kalklig was nie vir hom nie. Vir hom was genoeg goed genoeg. “Ek en Pierre het hierdie verhouding van ‘Ons vat die wêreld aan!’ Ons

Cell: 082 923 1620 hanteer die wêreld se probleme en die aardse besittings. Ek en Juan het weer altyd die intieme gesprekke gehad oor menswees. Ek en hy kon praat oor die sake van die hart. Ek kon sy hart hoor,” het Jacques gesê.

Dat Juan se dood ‘n groot leemte laat in Jacques en Pierre se lewens is duidelik. “Ek kon die kind enige iets vra. Hy het nooit nee gesê nie. Dit gesê, het hy ‘n sterk opinie gehad – baie sterk. Hy sou met jou redeneer. Hy het ook ‘n skerp sin vir humor gehad,” het Jacques gesê. “Hy was ‘n baie nederige mens gewees … Ons kon lekker kuier die vakansie en ek kon darem hierdie jaar die eerste keer vir hom sê dat ek vir hom lief is,” het Pierre bygevoeg. As broers het hulle hul liefde vir mekaar gewys, maar nooit gesê nie. Jacques het gesê dat hy dankbaar is vir Covid-19. “Ek is dankbaar vir Covid, want op hoërskool was hy ‘n koshuiskind. As jou kind op koshuis is en jy werk, dan mis jy tyd saam met hulle vir vyf dae ‘n week, partykeer ses dae. So, jy mis baie. Toe kom Covid en daardie eerste jaar kon hy by my in die huis wees. Dit was goed gewees … Ek sê altyd Covid het ons twee bymekaar gebring,” het Jacques gesê. Oor die hoekoms en waarom het Jacques gesê ‘n moeilike en lang pad van herstel lê vir hulle voor.

(Vervolg op p.2)

Cell: 084 704 8426

E-mail: admin2@hmlegal.co.za

214Ha Undeveloped land

Registered Water rights Packhouse (Capacity 4 000 cartons per day)

Macadamia processing plant

Global Gap / Exporter

Comprehensive Supporting & Operational infrastructure (Detail available on qualification)

Streek het beslis geen tekort aan goeie jong digters

Deur Pétria de Vaal

‘n Jaar gelede het die Zoutpansberger berig dat twee leerders van die CVO-skool Zoutpansberg, Salmoné van Veenhuyzen en Amelia Whittal, se gedigte in Stemme uit die Suiderland XVI opgeneem is. Vanjaar het hulle weer so gemaak. Twee ander leerlinge van dieselfde skool, Megen du Plessis en Elmé Taljaard, het ook hulle debuut gemaak.

Die Genootskap vir die Handhawing van Afrikaans (GHA) bestaan reeds vir 29 jaar. ‘n Kompetisie word jaarliks geloods en digters kan kies uit ‘n aantal kategorieë. Amelia noem ‘n paar van die kategorieë: Skool, Onderwys en Opvoeding; Plaaslewe; Geestelik; Liefde; Natuur; Mymering; Terapeuties; Algemeen; Geld en Rykdom; Taal, Kultuur en Geskiedenis; Ode aan ‘n digter, skrywer of geliefde.

In vanjaar se Stemme uit die Suiderland XVII is Amelia se Beskerm my in die kategorie “Geestelik” opgeneem. “Ek het hierdie gedig geskryf ná my oupa se dood. Ek het vir die Here gevra vir beskerming teen die wreedheid van die wêreld, dat Hy my sal veilig hou,” sê Amelia. Sy skryf gereeld gedigte en is ook besig met ‘n roman. Amelia het in 2022 haar matriek geslaag en is tans op soek na ‘n betrekking in Louis Trichardt. Megen du Plessis vertel dat Amelia se deelname die vorige jaar haar geïnspireer het.

“Saam met haar het ek besluit om deur die skryf van gedigte my deel te doen om die Afrikaanse taal lewendig te hou. Ek het reeds op ‘n vroeë ouderdom begin rympies maak. In my kop moet alles rym. Ek het al ongeveer 18 gedigte in totaal geskryf. Ek skryf oor gebeurtenisse in my lewe. Meestal is dit om emosies uit te kry – om dié dinge te sê wat nie maklik is om andersins te sê nie.” Haar gedig Die verkeerd in die waarheid is onder die kategorie “Liefde” in die bundel

This article is from: