1 minute read

Hierdie week, 25 jaar gelede in die Zoutpansberger

Die voorblad van 6 Februarie 1998 was ‘n hartseer een, met nuus van twee mense wat dood is nadat die luukse toerbus waarmee hulle gereis het naby die Waterpoort-afdraai op die N1 noord omgeslaan het.

Die oorblywende 15 passasiers in die bus het almal beserings opgedoen. Hulle was almal oorsese toeriste op pad na Zimbabwe. Die oorledenes was ‘n 60-jarige Zimbabwiese man en ‘n vrou van Kanada. Een passasier, ‘n 23-jarige Australiese man, het vertel dat hy semi-wakker was toe hy gevoel het die bus begin erg skud teen omstreeks 04:30. Hy het gesien dat die bus se linkerwiele baie naby aan die padskouer was, wat nat en modderig was. Die pre siese oorsaak van die ongeluk was in daardie stadium onbekend.

Advertisement

Ook op die voorblad daardie week was die hartseer nuus van die dood van ‘n 19-jarige petroljoggie by die destydse BP-vulstasie op Bandelierkop. ‘n Gewapende man het die petroljoggie genader en beveel om die vulstasie se geld aan hom te oorhandig. Toe die jong man die rower meedeel dat hy nie die geld hou nie, maar dat dit in die kantoor toegesluit word, het die rower die man summier in die bors geskiet. Hy is op die toneel dood. Die aanvaller het gevlug sonder om enige iets te steel.

In ander nuus daardie week was die dorp se smouse, onder andere die welbekende oom Dick Schempers, op die oorlogspad, nadat die oorgangsraad dit vir hulle moeilik gemaak het om sake te doen by die Levubu-pad/N1-kruising. Die raad het die area waar die smouse handel gedryf het omgeploeg, wat motoriste wat altyd daar gekoop het verhinder het om daar te stop. Schempers het in reaksie gesê die aksie was ongevraagd en het sonder samesprekings met

This article is from: