3 minute read

Angsure vir balju en haar vriendin ná kaping

Deur Andries van Zyl

“Die onsekerheid is die ergste. Jy weet nie wat volgende met jou gaan gebeur nie,” was die woorde van die 32­jarige Maritza Cloete, balju op Musina, en haar 27­jarige boesemvriend, Daphney Tlou, wat verlede Vrydagoggend (3 Februarie) gekaap, ontvoer en vir ure aangehou is. Maritza het Maandag haar en Daphney se nagmerrie-ondervinding toe sy van haar 2019 Toyota Hilux DG6 net buite haar tuisdorp beroof is, met die koerant gedeel. Sy was nog erg getraumatiseerd en emosioneel oor die gebeure en by tye het sy gesukkel om die trane te keer.

Advertisement

Volgens Maritza het die dag soos enige ander dag begin. Sy en Daphney, wat haar op kantoor bystaan en ook saam met haar gaan as hulle betekeninge doen in buitegebiede, was nog in die Matswale-uitbreiding van Musina en was van plan om in die Pontdrift-pad in te draai by ‘n kruising.

“Ek was besig om op die Pontdrift-pad te klim. ‘n Silwer Hilux dubbelkajuit het van die regterkant af gekom en ek het vir hom gewag om verby te ry. Skielik het hulle egter voor my gestop,” het Maritza gesê.

Vyf mans was in die bakkie – die bestuurder, sy

Carel Hammann

Cell: 082 923 1620

E-mail: property@hmlegal.co.za

Anton de Necker

Cell: 084 704 8426

E-mail: admin2@hmlegal.co.za

 Strong borehole >30 000 lph passasier en drie op die agterste sitplek. Nog voordat die mans uitgespring het, kon Maritza-hulle sien dat die mans vuurwapens op hulle gerig het. “Toe hulle voor my inry, toe weet ek iets is nie reg nie. Ek het heeltemal gevries. My bakkie is outomaties. Ek kon net nie daai DG6 in trurat sit nie. Maar ek vermoed as ons weggejaag het, sou hulle ons definitief geskiet het,” het Maritza gesê. Die bestuurder van die kapers se bakkie het uitgespring en op Maritza afgestorm. Sy passasier het uitgespring, Daphney se deur oopgeruk, haar uitgepluk, ‘n swart sak oor haar kop geplaas en na hulle bakkie gesleep.

Maritza het egter besluit om terug te baklei. “Ek het baklei vir my bakkie. Die heeltyd het Daphney vir my geskreeu ek moet ophou baklei. Sy het die heeltyd geskreeu: ‘My vriendin, hou op om te baklei!’” het Maritza gesê. Sy het toe maar besluit om na haar vriendin te luister.

Maritza is ook met ‘n swart sak oor die kop agter in die kapers se bakkie ingeprop. Die drie ander mans het daarna in Maritza se bakkie gespring en weggery. In daardie stadium het die een man reeds Maritza se selfoon afgeskakel, sodat sy nie opgespoor kon word nie.

Maritza sê die kapers het teen hoë spoed met hulle weggejaag. “Voor hulle die langpad gevat het, het hulle eers rondgery. Dit is daar wat ek begin deurmekaar raak het met waar ons is.

(Vervolg op p.2)

 4500 established Eureka Lemon trees in full production

HAMMANN PROPERTIES

Angsure vir vriendinne ná kaping

(Vervolg van p.1)

“Hulle moes op die Venetia-pad afgedraai het, want hulle het vinnig gery en skerp links geswaai, in so ‘n mate dat ek regsom bo-op Daphney geval het,” het Maritza gesê.

Volgens Maritza moes die kaper vir sowat 70 of 80 km met hulle gery het, voordat hulle skynbaar by ‘n plaas ingedraai het en die twee in ‘n stoor of stoorkamer ingeforseer het. “Dit was definitief op ‘n plaas gewees. Hoe ek geweet het dit was ‘n stoorkamer of so iets, was die sinkdeur wat ek gehoor het hulle maak oop ... Daar was niks, niks binnekant nie. Ons het gevoel ons word op ‘n matras gesit op ‘n bed. Hulle het my linkerbeen vasgemaak en Daphney se linkerarm. Daar het ons gesit – die heeltyd met daardie sakke oor ons koppe,” het Maritza gesê. Gelukkig was die sakke van een of ander materiaal gemaak, nie plastiek nie, sodat Maritza en Daphney darem bietjie kon asem haal.

Volgens Maritza het hulle tot die aand daar in die stoorkamer gesit. “Die ergste was toe ons daar in daardie kamer gesit het. Ons het gevoel ons is langs mekaar, toe haak ons bymekaar in. Ek het Daphney styf na my toe gedruk. Ek was op die punt om vir haar te sê sy moet haarself gereed maak, want vandag word ons verkrag. Maar Goddank dit het nie gebeur nie!” het Maritza gesê.

‘n Voertuig het toe buite die kamer gestop waar die twee aangehou is. “Ons is toe losgemaak en in ‘n voertuig geplaas. Dit was ‘n ander voertuig gewees, nie die Hilux waarin hulle ons ontvoer het nie,” het Maritza gesê. Die sakke was steeds oor hulle koppe en Maritza se hande was steeds met kabelstroppe vasgemaak.

Weereens, het Maritza gesê, is daar vir kilometers met hulle rondgery, totdat die voertuig skielik tot stilstand gekom het en die twee van hulle tussen niks en nêrens iewers in die bos afgelaai is en die kapers hulle daar

This article is from: