6 minute read
What is happening?
Soutpansberg Muurbalklub
Die Soutpansberg Muurbalklub het belangstellende spelers uitgenooi om by die klub aan te sluit. Jaargelde beloop R1 800 per jaar.
Advertisement
Vir meer inligting kan die klub se voorsitter, Ronel Welman, geskakel word by tel. 084 581 4868 of stuur ‘n e-pos aan haar na admin@ zoutnet.co.za.
Rugbyoefening begin vir die 2023 seisoen
Die Louis Trichardt Rugbyklub het amptelik hulle weeklikse oefening vir die nuwe seisoen vervat en sal voortaan elke Dinsdag vanaf 17:30 oefen. Vir meer inligting kan Armand Stander geskakel word by 078 199 3830.
Gimnastiek oefentye
LTT Shukokai
Karateklub
Die Louis Trichardt Shukokai Karateklub oefen elke Maandag en Donderdag vanaf 17:30 tot 19:15 by die stoeisaal in Louis Trichardt.
Vir meer inligting, skakel sensei De Wet van Wyk by tel. 083 654 8869.
Kerk se fasiliteite nou beskikbaar
Die NG Kerk Moedergemeente (Stad op die Berg) in Louis Trichardt stel tans van hulle fasiliteite beskikbaar vir uitverhuring.
Die Ferdie Beyersaal kan 600 persone akkommodeer, en 100 persone in die Kiepersol-lokaal en 50 persone in die Jesuskroon-lokaal.
Vir meer inligting en pryse, skakel die kerkkantoor tussen 08:00 en 13:00 by tel. 015 516 3902.
Gister-se-Jeug byeen
Die Gister-se-Jeugklub op Louis Trichardt kom elke Dinsdag vanaf 09:00 in die saal van die Hervormde Kerk in Stubbsstraat byeen. Die klub se leuse is “Vrolikheid by die grysheid” en hul doel is om eensame, ouer mense se venster op die wêreld net ‘n bietjie wyer oop te maak. “Het die vriendekring erg gekrimp? Kom maak dit groter by ons. Te oud – beslis nie as u nog kan beweeg nie. Te jonk – ons benodig helpers,” het die klub gesê. Vir meer inligting, skakel Willie by tel. 083 453 6597 of WhatsApp Anna by 084 516 0647. Ledegeld is baie billik.
Noodnommers
Emergency Numbers
Die Louis Trichardt Gimnastiekklub se beginnersklasse vir voorskoolse gimnaste vind plaas op Maandae en Woensdae vanaf 13:00 tot 14:00. Daarna is dit meisiesgimnaste se beurt wat Maandae en Woensdae vanaf 14:15 tot 15:15 oefen. Die seunsgimnaste oefen elke Dinsdag en Donderdag vanaf 15:30 tot 16:30.
Vir meer inligting, skakel Elize van der Goot (voorskoolse gimnaste) by 081 888 1371, Elzabé Stewart (meisies) by 082 566 3493 of Gerrie Vorster (079 245 2766) of Nadine Bezuidenhout (082 390 6849) vir die seuns.
Donderdag 9 Februarie
Louis Trichardt Rolbalklub-aandliga
Die Louis Trichardt Rolbalklub bied weer hulle uiters gewilde besigheidsaandliga aan, met die eerste wedstryd wat op Donderdag, 9 Februarie, beslis sal word. Die volgende twee wedstryde sal op die daaropvolgende Donderdagaande, op 16 en 23 Februarie, gespeel word. Slegs 14 spanne kan inskryf, met inskrywings wat op 6 Februarie sluit.
Die hoofdoel van die liga is nie net om rolbal as sportsoort vir oud en jonk te bevorder nie, maar ook om broodnodige fondse vir die klub in te samel. Die fokus van die aande is vir spelers om dit te geniet en enige instansie of besigheid kan ‘n span inskryf of borg. Wedstryde begin elke Donderdagaand om 17:30 weens moontlike beurtkrag. Aan die einde van die reeks word die wenner bepaal. Deurlopend sal dekking in die
Weekly
Weeklikse
Albasini Dam 98.1% 97.7% Ebenezer Dam 98.1% 97.8% Flag Boshielo Dam 107% 100.9%
Glen Alpine Dam 102.7% 100.7%
Luphephe Dam 82.9% 81.8%
Middel Letaba Dam #0.7% 0.7%
Nandoni Dam 101.7% 100.9%
Nsami Dam 39.8% 40.2%
Nwanedzi Dam 80.5% 79.5%
Nzhelele Dam 98.7% 86.5%
Tzaneen Dam 82.4% 81.4%
Vondo Dam 101.5% 100.9%
Humid; a stray a.m. thunderstorm.
Saturday, 11 February High: 24oC Low: 19oC koerant verskaf word oor die vordering van die liga. Inskrywing beloop R1 000 per span van vier, wat baanfooie insluit. Behalwe vir skoene wat hakloos moet wees, is geen ander dragkode van toepassing nie. Rolbalballe sal voorsien word en dit staan spanne vry om hemde te dra met logo’s of die span se naam. Ná elke ronde wedstryde sal braaipakkies te koop wees, met pap en sous wat deur die klub voorsien sal word. Vir meer inligting skakel Carel Volschenk (084 553 1807), Mariè Volschenk (084 500 2453), Ben Groenewald (084 505 3663), NJ Oosthuizen (079 677 7310) of Jaco Oosthuizen (060 525 3959).
Saterdag 24 Februarie
Western Barn Dans
Die nuwe Untamed Perdryklub op Louis Trichardt nooi inwoners uit na hulle Western Barn Dance op Vrydag, 24 Februarie.
Die klub word met Western Mounted Games geassosieer, maar fokus nie uitsluitlik daarop nie. Hulle brei hulle aktiwiteite ook uit na uithouritte en skouspring - eintlik enige perdrydissipline waarin daar belangstelling is, selfs om net in die veld te gaan ry.
Maar waaroor gaan Western Games? Dit behels 13 verskillende afwisselende speletjies wat tydens kompetisies gespeel word. Jy neem op verskillende vlakke en in sekere ouderdomsgroepe deel teen tyd.
Soos met enige ander sportklub is finansies maar altyd ‘n probleem. Daarom reël die klub die dans op 24 Februarie om 18:30. Die dans vind plaas in die Gereformeerde Kerk se saal (Fransie Vermaak) met DJ Jonty wat die musiek sal verskaf. Kaartjies kos R200 per persoon, wat ‘n lekker ete insluit. Die geld wat ingesamel word, sal direk gaan vir die aankoop van toerusting vir die klub. Enige iemand wat belangstel om deel te word van die klub, hetsy hulle perde het of nie, kan die klub skakel vir meer inligting. Skakel Rachael (voorsitter) by tel. 083 664 6918 of Elize (ondervoorsitter) by 081 888 1371.
Saturday 25 Februarie
SPB Mountain Race
The Soutpansberg Athletics Club will once again be hosting the popular Soutpansberg Mountain Race on 25 February. The races (a 10km, 21km and 32km race) will start and finish at Triegie Park (Louis Trichardt High School) with entries opening at 05:30. The race will start at 07:00. For more information, phone Ferreira at Tel 082 749 0413 or Priscilla at 083 770 0118.
100th Parkrun Saturday 25 February
On Saturday, 25 February, the Louis Trichardt parkrun is due to hold its 100th parkrun, and to mark the milestone, they want to try for 100 parkrunners to take part.
All businesses, clubs and originations are invited to enlist a team and swell the numbers. The 5km parkrun takes place at 07:00 every Saturday in the Tree Park and is a free community event open to everyone and run entirely by volunteers.
Saterdag 4 Maart
Dopperontbyt
Die Gereformeerde Kerk Louis Trichardt bied op 4 Maart 2023 hulle baie gewilde Dopperontbyt aan, vanaf 08:00 tot 10:00.
Kostes beloop R80 per persoon vir volwassenes en hoërskoolleerlinge, R40 vir laerskoolleerlinge, en voorskoolse kinders eet gratis.
Die spyskaart is gelaai met allerhande lekkertes, soos vrugtesap, muesli en jogurt, hoenderlewertjies, maalvleis en sampioene, spek en roereier, boontjies gebak in tamatiesous, Weense worsies, kouevleis, kaas en beskuitjies, roosterbrood plus ander brode en smere, en ’n lekker koppie koffie om alles af te rond.
Hierdie is ‘n ware winskoop, en die aantal kaartjies is beperk. Mense sal moet gou speel om te bespreek by Nanette by die kerkkantoor by tel. 015 516 4007 of 0843044764. Alternatiewelik, stuur ‘n e-pos na gereflttkantoor@gmail.com.
Donderdag 16 Maart
Triegie Leeuloop
Hoërskool Louis Trichardt se welbekende Leeuloop gaan vanjaar op 16 Maart plaasvind.
Hierdie jaar se tema is Mardi Gras, met die inskrywings wat om 17:00 begin en die 8 km groep spring om 17:30 weg en die 4 km groep net na hulle. Die inskrywingsfooi is R20 vir die 4 km en R30 vir die 8 km. Daar kan by Hoërskool Louis Trichardt se atletiekveld (Leeupark) ingeskryf word.
Heerlike kos sal te koop wees.
Next outing for vintage vehicle lovers
Vintage Car News
The region’s vintage car and motorcycle enthusiasts want to start the year’s activities with an outing to the Pecan Farm Guesthouse, situated on the Piesanghoek road, some 20 kilometres outside Louis Trichardt.
The trip to Pecan Farm is scheduled for Sunday, 19 February. The group plans on leaving from Louis Trichardt at about 10:00. They will travel in convoy along the Levubu Road. The guest farm is roughly three kilometres from the Piesanghoek turn-off, and the gravel part is in fair condition.
The venue is ideal, with huge trees creating shade where the cars can park on the lawns. A swimming pool is available and braai facilities can be arranged, should the motor enthusiasts feel like having a braai.
Lunch at the guest house can be arranged, but this will have to be done in advance. Participants are, however, welcome to bring their own snacks and drinks.
As usual, the event will be very informal and open to all vintage-vehicle enthusiasts. This is, however, a very broad concept as cars dating from the 1970s and even 1980s are nowadays considered “old”. The idea is, however, to get owners of these older vehicles to get them out
WhatsApp: 072 822 3262 of storage and out onto the road. For more information, phone Charles Leach