8 minute read
Tannie Ansie het op haar stil
gelos het. Daphney kon die sak van haar kop afkry, waarna sy Maritza se sak afgehaal het en die kabelstroppe om haar hande met ‘n klip afgekap het.
Alleen, verboureerd en in skok, het die twee vrouens hulle in ‘n donker wildernis bevind.
Advertisement
“Ek het gekyk of ek iewers lig kon sien, maar daar was niks gewees nie. Ek het toe vir Daphney gesê ons moet sit en probeer om ons asems op te hou, want ons het hard asem gehaal, om te luister of ons nie dalk voertuie in die verte kon hoor nie,” het Maritza gesê.
Einde ten laaste het Maritza en Daphney besluit om te begin loop. Veral vir Maritza was die stap pynlik, omdat sy kaalvoet was. Haar skoene het in haar bakkie agtergebly.
Ná wat soos ure gevoel het, het die twee uiteindelik by die N1 uitgekom. Maritza het die area herken en het dadelik geweet waar hulle is – tussen die Baobab-tolplaza en die Sasol-vulstasie. Hulle het daarna noordwaarts begin stap. Elke keer as ‘n voertuig aangekom het, het hulle egter skuiling gesoek in die plantegroei. “Dit was ons grootste vrees gewees, want jy weet nie wie stop en wat hulle dalk met twee vrouens daardie tyd van die nag langs die pad kan doen nie. Ons het net nie kans gesien vir ronde nommer twee nie!” het ‘n uiters emosionele Maritza gesê terwyl sy dapper die trane probeer terughou het. In daardie stadium, het Maritza gesê, moes dit omtrent middernag gewees het.
Maar die uitkoms was voor hande vir die twee. Toe hulle by die Padmaj Lodge se afdraai (sowat 25 km vanaf Musina) gekom het, het hulle ‘n sekuriteitswag gevind. Dié het dadelik vir hulle skuiling aangebied en hulp ontbied.
“My man was buite homself van bekommernis. In daardie stadium was hulle reeds besig om na ons te soek en te kyk na kameras,” het Maritza. Haar man Lee Roy het dadelik geweet iets is fout toe hy omstreek 13:50 die dag ‘n kennisgewing van hulle opsporingsnetwerk gekry het dat die opsporingstoestel in Maritza se bakkie gedeaktiveer is. Die laaste sein is vanaf die Campbell-woongebied in Musina ontvang. “Dit was vir my vreemd, want terwyl ons nog in die bakkie was op pad na die stoor of kamer, het ek gehoor die mans ontvang ‘n oproep wat sê die bakkie is reeds oor die grens. Hulle het Ndebele gepraat, so hulle was nie van hier nie,” het Maritza opgemerk. Sy praat self vlot Tshivenda, met ‘n goeie begrip van ander Afrika-tale.
Maritza-hulle is omstreeks 02:00 Saterdag met hulle families herenig. “My man het my dadelik omhels, styf vasgedruk en net begin huil. Ons het darem dadelik berading begin kry,” het Maritza gesê.
Die voorval is by die plaaslike polisie aangemeld. Die koerant het ook ‘n navraag na die polisie se provinsiale skakelafdeling in Polokwane gestuur oor die voorval. Teen druktyd is egter nog geen terugvoer ontvang nie. Intussen gaan die lewe voort vir Maritza-hulle. Gelukkig het sy versekering op haar bakkie gehad. Alhoewel sy baie emosioneel is ná die nagmerrie-ondervinding en hier en daar bietjie nog seer is, het Maritza gesê dit gaan haar nie van stryk bring om haar werk te doen nie. Alhoewel sy voel die mans het haar dopgehou, meen sy dit het niks met haar werk te doen gehad nie. Hulle oogmerk was om haar bakkie in die hande te kry.
Saak teen jong man word weer uitgestel vir verdere ondersoek
MAKHADO CARE GROUP IS A NON PROFIT ORGANISATION WHICH ASSISTS WITH THE CARE OF CANCER PATIENTS IN THE MAKHADO AREA
CONTACT DETAILS:
Dr Casper Venter: 082 857 0022
Dr Emil Gaigher: 082 892 8862
Jernay Mcleod: 083 403 5752
Angela Brennan: 082 902 6271
Manier Diep Spore Getrap
Deur Pétria de Vaal te hore gekom deur een van die vele tydskrifte waarop sy ingeteken was.
“Tannie Ansie, wát ‘n warm, diep mens en heerlike geselser.” Só lui een van die talle huldeblyke wat instroom ná die heengaan van Ansie le Roux op 4 Februarie. Ansie is van Levubu en welbekend in die omgewing. Haar man, Bertie (oorlede 2010), was ‘n pionier in die makadamiabedryf.
Anna Sophia Johanna (née van der Merwe) is op 28 Augustus 1934 in Pretoria gebore. Sy was die oudste kind van Lallie en Koos van der Merwe. Ná haar pa se vroeë afsterwe gedurende die Tweede Wêreldoorlog in 1943, het sy en haar jonger broer, Cornelius Gerhardus (Boet), ‘n aantal jare in Port Nolloth by haar ouma Annie en oupa Koos Kriel gewoon. Oupa Koos was die eienaar van die bekende Springbok Kafee en losieshuis. Uit die streekstaal het sy heelwat gesegdes oorgehou wat later in die gesin opgeneem is as unieke uitdrukkings. Die familie noem dit steeds die “Kriel-woordeboek”.
Sy en Boet het later na die Springbokvlakte verskuif, waar hulle by ‘n oom en tante tuisgegaan, terwyl Ma Lallie in Pretoria gewerk het en later getroud is met Willem Endeman. Ansie het ‘n stiefsuster, Leonie Endeman, bygekry, en later is ‘n halfbroer, Conrad Endeman, gebore. Con het vir ‘n tyd lank by Ansie en Bertie tuisgegaan ná hulle pas getroud was.
Ansie het in Port Nolloth begin skoolgaan en haar hoërskoolloopbaan in Porterville voltooi. Ansie het studeer aan die Normaal Onderwyskollege te Pretoria. Haar eerste pos was op Soekmekaar, en later op Mopane en toe by Levubu Laerskool. Terwyl sy by haar ma en stiefpa op Tshakuma naby Levubu gekuier het, waar hulle as sendelingonderwysers gewerk het, het sy die Levubu rugbykaptein, Bertie le Roux, ontmoet. Hulle is getroud op Oujaarsdag, 1955.
Bertie het in daardie stadium by Departement Lande as ‘n magasynklerk gewerk. Hulle het die plaas by sy pa Piet gekoop en begin boer, terwyl hy voltyds gewerk en in een van die staatshuise naby die poskantoor aangebly het.
Hulle het die eerste paar jare die oorspronklike plaashuis op Arbor (in daardie tyd Perseel 66, of Katjielama Piesangkwekery) met haar skoonouers, Piet en Sannie le Roux, gedeel. In daardie tyd het haar liefde vir plante beslag gekry – ‘n stokperdjie wat sy saam met haar skoonma beoefen het.
In 1957 is hulle eersteling, Pierre, gebore.
Plante is uitgeruil en versamel, en in 1959/60 het die versameling na ‘n huis van die Departement Lande (verste van die kantore, langs die Levubu Kliniek en langs die huidige NG Kerkterrein, Levubu), geskuif. Bure in dié tyd was Billy en Cora Schoeman.
Hulle dogter Lana (Hoffman), is kort hierna in 1961 gebore. Gedurende 1967 is hul huis gebou op die plaas (met die hulp van slegs ‘n enkele arbeider) en hulle het ingetrek. Bertie het bedank by die Departement van Lande in 1967.
In 1958 is ‘n handvol Macadamiasaad bestel vanuit Natal. Die paar saailinge het oorsprong gegee aan onder meer die Nelmac 26 (Bertie le Roux) kultivar, en ‘n nuwe tydvak ingelei op Arbor. ‘n Boomkwekery is opgesit, en voor die nuwe huis is ‘n seleksieboord vir makadamias aangelê. Die jaar 1968 kan beskou word as die jaar waarin die eerste kommersiële boord ontstaan het.
Op Arbor is hulle derde kind, Albert, in 1971 gebore. Oor die volgende 10 jaar het die belang van die makadamiaboord toegeneem. Waarskynlik het geen van die vroeë pioniers in die makadamiabedryf NIE op die plaas besoek afgelê en een- of meermale haar fynproewersmaaltye met waardering geniet nie.
Vele naweke is op die plase rondom Waterpoort (Bushy Rise, Rushton en Kingskloof) deurgebring, waar die Le Roux’s saam met die Van Schaicks aalwyne en bedreigde plante versamel het. Rondom 1977 het die eerste ware winste uit die makadamiaboerdery begin wys en kon Ansie en Bertie die geleentheid benut om te reis: Singapoer, Australië, Kalifornië en Hawaii was van die plekke wat besoek is, eerstens om makadamiaverbouing te bestudeer, maar ook om die gedeelde belangstelling in plante te versterk.
Die paar clivias wat Ansie by Henkie Moolman gekry het, is op Arbor in een bedding onder ‘n papierbasdoringboom naby die werf se ingang geplant. Uit die saad, wat sorgvuldig geoes en herplant is, het mettertyd ‘n aantal besonderse geel- en appelkoos-seleksies na vore gekom.
Teen die 1980’s, toe die eerste werklike groot belangstelling in clivias begin vorm aanneem het, het Ansie reeds baie jare se ervaring gehad en het haar plante groot waardering ontlok.
In daardie jare het haar seun Pierre kontak gemaak met die kwekers in Kalifornië (Harold Koopowitz) en het sy ook die versameling aangevul met nuwe en interessante variasies. Hoewel Ansie nooit self uitgestal het op skoue nie, is dit algemeen bekend dat heelwat plante wat toekennings verwerf het óf direk van haar gekom het, óf afstammelinge was van haar moederplante.
Ansie was altyd die sterk en gewillige steun vir Bertie, wat hom die kalklig gegun het met die makadamias. Haar spyseniering en cliviakwekery het egter ‘n onmisbare deel gevorm van die bondgenootskap, en sy sal nog lank onthou word in vele tuine waar haar nalatenskap van uitsonderlike plante, en veral clivias, steeds voortgroei. Sy het ontwikkel as een van die kundigste leke-botaniste en kon ‘n verstommende verskeidenheid plante op sig uitken en benoem in algemene of Latynse name, tot op spesievlak. Haar belangstelling in plante was aansteeklik, met die gevolg dat haar drie kinders en hulle lewensmaats, asook haar vyf kleinkinders, almal plantliefhebbers is. In terugblik was Ansie en Bertie ‘n uitmuntende span, wat die Levubu-gemeenskap ryker gelaat het in veel meer as net die makadamia-industrie. Lewenslange vriendskappe is gesmee deur die gemeenskaplike belangstelling in en liefde vir die natuur. Sy het deurentyd haar rol as opvoeder baie ernstig opgeneem. Ondanks die waardige houding het sy ‘n fyn en skerp humorsin gehad, soos wat almal wat haar geken het, sal onthou. Sy het stil maar voluit gelewe en haar beste gegee vir haar gesin en haar gemeenskap. Deur baie jare se betrokkenheid by NG Kerk Levubu was sy een van die steunpilare. Haar pogings kon, vir dié wat haar sêgoed ken, nooit as “een haas, een perd” of halfgebak gesien word nie.
Hofnuus
Die saak teen ‘n jong man van Louis Trichardt, die 26jarige Lehan Nel, is verlede Woensdag, 1 Februarie, weer uitgestel in die hof op Louis Trichardt vir verdere ondersoek.
Nel het sy eerste hofverskyning op 6 Desember gemaak op klagte van aanranding met die doel om ernstig te beseer.
Die saak teen hom hou na bewering verband met ‘n voorval waartydens ‘n werknemer van NTT Isuzu op Louis Trichardt ernstig aangerand is tydens die handelaar se jaareindfunksie by die Lalapanzi Hotel op 19 November verlede jaar.
Nel se saak is tydens sy hofverskyning uitgestel na 31 Maart vanjaar.
Haar eerste clivias het sy gekry van Henkie Moolman, ‘n medetuinier en -plantliefhebber. ‘n Groot vetplantversameling is ook opgebou deur posbestellings vanaf verskeie kwekerye.
Deur die jare het Ansie nooit ophou tuinmaak nie. In 1967 het ‘n haelbui haar hele vetplantversameling, met enkele uitsonderings, doodgeslaan. Tot op hede was dit die enigste groot skade ooit deur hael op Arbor. Dieselfde haelbui het ook die lietsjie-oes, wat broodnodig was vir inkomste in daardie kritieke jaar, verwoes.
Intussen het Ansie steeds pryse op jaarlikse tuinbouskoue verwerf, asook toekennings vir blommerangskikkings. Sy moes dikwels bontstaan met besoekers. In daardie dae het sy slegs ‘n 50L paraffienyskas gehad. Haar fenomenale kookvernuf het sy aangevul deur ‘n korrespondensiekursus daarin te doen. Sy het hiervan
“Dit is nie vir ons moontlik om aan een ander persoon te dink wat so baie met so min vermag het nie. Die grootste les wat ons sal bybly, is dat ‘n mens altyd in vertroue op die Here die meeste moet maak met wat tot jou beskikking gestel is,” sê die familie.
Ansie is gedurende April 2021 met ‘n seldsame bloedkanker, myelodysplasia, gediagnoseer. Sy het vir 22 maande gereelde bloedoortappings gekry, totdat sy so verswak dat dit nie meer ‘n uitkoms gebied het nie. Sedert April 2022 was sy ‘n inwoner van Ons Tuiste. Sy is in die hoësorgeenheid oorlede.
Die familie se lys van bedankings is lank, maar hulle wil tog hulle innige dank aan Ons Tuiste se personeel oordra wat haar tot op die laaste uur met soveel deernis bygestaan het en in al haar behoeftes voorsien het.
Ansie se roudiens vind op Saterdag, 11 Februarie, by die NG Kerk Levubu, om 10:30 plaas.