2 minute read
VF Plus maak ook nou stem
dik oor water- en rioolkrisis
Munisipale nuus
Advertisement
Die VF Plus het dié week ook hulle stem begin dik maak oor die voortslepende water en rioolkrisis wat inwoners in die Makhado Munisipaliteit moet verduur. Dit volg ná ‘n oorsigbesoek van Marcelle Maritz, die VF Plus se provinsiale leier in die Limpopo Wetgewer.
“Die VF Plus is bewus van die vele klagtes wat instroom vanaf inwoners … Rioolwater vloei regdeur huise en tuine, mangate is verstop en van dienslewering is daar nie sprake nie,” het die VF Plus in ‘n persverklaring gesê. Dit is ten spyte daarvan dat die gemeenskap die situasie al verskeie kere sonder sukses by die menseregtekommissie (MRK) aangemeld het.
“Die VF Plus het reeds in Oktober 2022 ’n dringende skrywe gerig aan die munisipale bestuurder van die Vhembe Distriksmunisipaliteit, me. Tshimangadzo Ndou, asook Limpopo se LUR vir samewerkende regering, Baisikopo Makamu, om dadelik ‘n aksieplan saam te stel om die waterkrisis op te los. Geen samewerking in hierdie verband het gerealiseer nie en geen poging tot effektiewe kommunikasie is aangewend nie. Dit bewys dat die politieke wil om dienslewering te verbeter, duidelik ontbreek,” het die VF Plus in hul verklaring gesê.
Die VF Plus het aangedui dat hulle aksiestappe tans behels om onder meer Louis Trichardt en omstreke se water- en rioolprobleme te eskaleer tot provinsiale- en nasionale vlak “weens die Vhembe Distriksmunisipaliteit se versuim om lekkasies te herstel en verouderde water- en rioolinfrastruktuur te vervang en te onderhou”. Hulle gaan ook vra dat Limpopo premier Stanley Mathabatha ‘n dringende ondersoek na hierdie saak van stapel stuur.
Volgens die VF Plus moet ‘n geskrewe plan van aksie opgestel word om dringend ‘n korten langtermyn oplossing vir die krisis te vind.
TO LET Show room400m2. Rissik Street. R29 000 p.m.
Contact: 073 778 6711
Te Huur
‘n Voorbeeld van Louis Trichardt en omstreke se waterkwaliteit by tye. Die VF Plus het gesê dat inwoners se menseregte geskend word deur ‘n gebrek aan water en ‘n skoon omgewing, en indien ’n cholerauitbreking plaasvind, sal die VF Plus alle betrokke departemente aanspreeklik hou. Foto: VF Plus.
“Die VF Plus het die saak ook na die party se parlementslid vir samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta), mnr. Michal Groenewald, verwys om die saak in die parlement se Cogta-komitee te hanteer,” het die VF Plus gesê. Hulle het gesê dat inwoners se menseregte geskend word deur ‘n gebrek aan water en ‘n skoon omgewing, en indien ’n cholera-uitbreking plaasvind, sal die VF Plus alle betrokke departemente aanspreeklik hou.
Louis Trichardt. Lugmagbasis pad. Jagters hut. 4 Slaapkamers Leef area. Kombuis en badkamer. R3 700pm. Naby dorp. 2×3 slaapkamer ou woonhuise en 1x 2 Slaapkamer woonstel. Geleë op dieselfde plaas. Skakel Carel 082 923 1620
DEVELOPLAN TOWN
PLANNERS
NOTICE - I, Theo Kotze, as the agent of the owner of the proper�es men�oned below, hereby give no�ce IN TERMS OF THE MAKHADO SPATIAL PLANNING, LAND DEVELOPMENT AND LAND USE MANAGEMENT BYLAW 2016 that I have applied for the following with the Makhado Local municipality: A)