6 minute read
Len Dames is ons eerste wenner in fotokompetisie
Kompetisie
Moeilik om te glo, maar Januarie 2023 is iets van die verlede en so het die maand ook die eerste wenner van die Zoutpansberger se gewilde kalenderfotokompetisie opgelewer.
Advertisement
Ons eerste wenner is Len Dames met ‘n pragtige foto van ‘n sonsondergang oor die Limpoporivier, wat hy geneem het by die Ratho Boskamp. Hy het die foto met sy Canon EOS 6D geneem in Januarie 2022. Sy weninskrywing besorg aan hom R600 in prysgeld. Alhoewel hulle nie gewen het nie, het ‘n paar fotograwe se inskrywings wel spesiale vermelding verdien (sien meegaande foto’s).
Soos verlede jaar sal die streek se fotograwe tot en met die laaste week van elke maand hulle foto’s vir daardie maand kan inskryf, waaruit een wenfoto vir elk maand gekies sal word. ‘n Maksimum van vyf foto’s per fotograaf per maand kan ingestuur word, maar fotograwe kan vir meer as een maand inskryf. Sou ‘n foto nie daardie maand wen nie, kan dit ook weer vir ‘n ander maand ingeskryf word.
Oudergewoonte soek ons na daardie spesiale foto wat die uniekheid van die Soutpansberg-streek uitbeeld, van unieke landmerke en besienswaardighede tot die natuurlewe. Die foto moet egter binne die afgelope 24 maande geneem gewees het en moet die fotograaf se eie werk wees. Die kompetisie vir Februarie is reeds oop.
‘n Prys van R600 sal vir elke maand se wenfoto betaal word. Elke maand se wenfoto sal in die laaste week van die maand gepubliseer word. Wat beoordeling betref, sal gekyk word na tegniese aspekte soos beligting, skerpheid en komposisie. Ten opsigte van die tegniese aspekte van fotografie kan aandag gegee word aan die volgende paar aspekte: se weninskrywing vir Januarie. Hy het die foto met sy Canon EOS 6D geneem in die Ratho
Slegs hoë-resolusie digitale foto’s (verkieslik landskap-formaat) sal aanvaar word. Die foto’s (wat goeie kwaliteit selfoonfoto’s ook kan insluit) kan in hoë resolusie per e-pos gestuur word na news@zoutnet.co.za, of op CD of geheuestokkie ingehandig word by die kantore van die Zoutpansberger te Joubertstraat 16B in Louis Trichardt. Elke inskrywing moet vergesel wees van die fotograaf se naam, kontakbesonderhede, waar die foto geneem is en met watter kamera dit geneem is.
Die 12 wenfoto’s sal aan die einde van die jaar in ‘n groot-formaat muurkalender vir 2024 saamgevat word. Die kalender sal dan onder meer deur die Zoutpansberger gebruik word vir bemarkingsdoeleindes. Vir meer inligting oor die kompetisie, skakel Andries by tel. 082 603 2419 of 015 516 4997 (tydens kantoorure).
Spesiale vermelding: Fotograaf Christo Tait het hierdie foto van ‘n jagluiperd en kleintjie in die Kruger Nasionale Park afgeneem met sy Nikon D800 kamera en F2.8 400 mm lens. Sy sluiterspoed was 1/1600 van ‘n sekonde met lensopening van F8 en ISO van ‘n 800.
Len
Spesiale vermelding: Fotograaf Pietman Muller het hierdie foto van ‘n buffel in die Kruger Nasionale Park geneem met sy Nikon D700 kamera en 120mm tot 300mm Sigma lens. Sy sluiterspoed was 1/800 van ‘n sekonde met lensopening van F5.6 en ISO van ‘n 1 000.
Humid; a stray p.m. thunderstorm. Thursday, 2 February High:
KERKE/CHURCHES
• Afrikaanse Protestantse Kerk (LTT)
Tshirululunistraat 28, Sondag 09:00, Tel: 015 516 2272
• Afrikaanse Protestantse Kerk (Musina)
Cass Straat 16, Sondag 09:00, Tel: 015 534 2126
• Agapé Gemeente (LTT)
Sondae: Afrikaanse diens om 08:30 insluitend Peuter-, Kinder- en Tienerbedieninge. Sundays: English service at 10:30 including Toddler-, Children- and Teen Ministries, phone Pastor Chris Mattheus Tel (082 696 2619).
• AGS Louis Trichardt
Munnikstraat 70, Sondae om 09:00, past. J. Wilkins (071 161 9254), J. Victor (073 799 8479), M Struwig (083 400 2511).
• AGS El-Shaddai (Musina) Watsonlaan 17, Sondag 10:00 en 18:00, Past. Boetie Visser, Tel: 015 534 3361 / 084 456 6959
• AGS Levubu
Sien Levubu Christelike Gemeente (Hatfield)
• All Nations for Jesus Christian Centre (LTT) 93 Burger Street (Maranatha Centre), Sunday 09:30 & Wednesday 18:00, Past Benjamin Sithole, Tel 083 532 9492/ 015 516 2275
• Anglican Church / St Marks (LTT) 128 Munnik Street, Sunday 10:30, Rev Robbie Novella, Tel: 015 516 5165
• Baptist Church (Musina) Corner of Whyte & Limpopo Street, Sunday 09:30, Rev Paul Richardson, Tel: 015 534 0479 or 082 446 1728
• Baptist Church Baptiste Kerk (LTT)
1st Sunday of the month
, Tel: 015 534 2085)
• Chapel of Grace Church Sunday 09:00 - 11:00 at Forestry 165 in Louis Trichardt (temporary)/ Siloam/Nzhelele Past Oke Tel 083 461 6455.
• Corpus Christi Christian Church Corner Tarentaal and Tuva Street (Makhado Park, Extension 8), Sunday service 09:30, School of Ministry at 13:30 on Sundays. Pastor Peter Thovhakale Tel 082 691 9943.
• St Peters Church (LTT)
33 Breda Street, Sunday 09:00, Tel: 083 377 0984 (Iain Purdon), 084
404 0050 (Soekie Bierman)
• Emmanuel Christelike Kerk (LTT)
Koraalboomstraat 3, Sondae 09:00 & 18:00, Jeug Vrydae 19:00, Past.
Andries van Heerden, Tel: 015 516 4282 / 083 357 1658
• Evangelies-Gereformeerde Kerk (LTT)
LTT Lodge-saal (Hlangananistraat), Sondagoggend erediens 08:00, kontak ds. Herbie Lyon Tel: 082 906 0288
• Gereformeerde Kerk (LTT)
H/v Anderson & Songozwistraat, Sondag 09:00 en 10:45, leraar ds. Innes Nagel, Tel. 082 701 5602
• Gereformeerde Kerk (Musina) Wilsonlaan 1, Sondag 09:30, Ds. Hannes Lee, Tel 081 043 0910 of 015 534 2253.
• Hervormde Gemeente Louis Trichardt (Musina & Alldays)
H/v Stubbs & Forestryweg, Louis Trichardt, Sondag 08:30, Alldays (09:30 elke tweede Sondag). Kontak dr. B.J. van Wyk by tel. 082 629 9851 vir meer inligting.
• Hervormde Gemeente Zoutpansberg (LTT)
H/v Stubb & Forestry, Elke tweede Sondag om 08:30, Dr. B.J. van Wyk, Tel: 082 828 5711
• Hervormde Kerk Zoutpansberg: Geloofsbond van Hervormde Gemeentes (LTT)
H/v Stubb & Forestry, Sondag 10:15, Ds. Ronel Eckard, Tel 072 122 7956
• Hervormde Kerk (Geloofsbond Musina)
H/v Van Zyl & Celliersstraat, Sondag om 09:00, ds. Eddie Eckard, Tel: 015 534 2519 of 082 958 9095, Kerkkantoor 015 534 2756.
• Lede in Christus Kerk (LTT)
Joubertstraat 29, Sondag oggenddiens 09:30, evangeliediens om 18:00. Past. T. Gilfillan, Tel 082 465 8774
• Lewende Woord Louis Trichardt
Sondag erediens 10:00 te 49 Rissikstraat. Past. Andrew Bezuidenhout (071 078 1631).
• Levubu Christelike Gemeente (Hatfield)
Sondag 09:00 & 18:00, Past. Craig Whitcomb, Tel 015 583 0134 of 084 400 8937
• Methodist Church (LTT) 79 Munnik Street, Sunday 09:00 (English service) 10:00 (Multilingual service), Past. Alan Molyneux, Tel. 082 428 7980.
• NG Kerk (Levubu)
Perseel 316, Sondag 08:30, Ds. Petrus Kriel Tel: 015 583 002 / 082
898 2081
• NG Kerk (LTT)
Erasmusstraat 23, Sondae: 09:00 oggenddiens & kinder- en kleuterkerk; 10:15 kategese; 11:00 Soekmekaar (1 x pm); 11:00
Waterpoort en Bandelierkop (1x pm); en 14:00 Kutama Sinthumule
Gevangenis; ds. Jan Pretorius (079 881 9673), ds. Corné Burger (073 759 0451), Kerkkantoor 015 516 3902.
• NG Kerk Soutpansberg (LTT)
H/v Stubbs & Andersonstraat, Sondag 09:00, ds. Etienne van Staden (083 274 3227), Kerkkantoor 079 116 1700.
• NG Kerk (Musina)
Ds. Henricostraat, Sondag 09:00, ds. André van Rooyen, Tel: 082 468 7640 E-pos: ngkmsa@lantic.net of alvanrooyen@gmail.com
• New Covenant Kerk/Church (LTT)
115 Krogh Street, Sondag 09:00 en 18:30, Louis Trichardt, André van Niekerk, Tel 015 516 5305 or 082 926 7313.
• Ou Apostoliese Kerk van SA (LTT)
Kroghstraat, Sondagdienste 09:00 tot 10:00 en aanddiens 17:00 tot 18:00, Priester JJ Janse van Rensburg, Tel. 072 544 7505.
• Reformed Church Songozwi
Corner of Songozwi and Anderson Street, Louis Trichardt, Sunday
11:00, Rev Paul Mushayabasa (076 860 0669)
• PPK Bet-El Gemeente (LTT)
Rissikstraat 50. Sondag: 09:00 Hoofdiens & Kinderkerk, 17:00
Connect Groups. Vrydae 19:00 Jeug. Past Anthony Hees 084 418
3803.
• Sewendedag-adventiste (LTT)
Groblerstraat, Saterdag 09:00 en 11:00, leraar Johan Steyn, Tel 082
372 7362
• Sewendedag-adventiste (Musina)
H/v Turner & Whytestraat, Saterdag 11:00, Marguerite Sindon & Marietjie Diener, Tel: 015 534 3240 / 082 358 2526
• Volle Evangelie Kerk (LTT)
H/v Rissik & Burgersraat, Sondae 09:00 & 17:00, Past. Philip de
Jager, Tel: 015 516 0758 071 674 7205
Deurlopend
Ondersteuningsgroep
Elke Maandag om 17:30 vind ‘n byeenkoms van die Christelike Ondersteuningsgroep vir alkoholen dwelmafhanklikes plaas.
Die vergadering is in die Jesus Kroon lokaal by die NG Kerk Louis Trichardt-gemeente.
Alhoewel die byeenkoms by die NG-kerk aangebied word, is persone van enige denominasie welkom. Vir meer inligting skakel Johan by 064 682 9725, Friede by 082 657 8602 of ds. Jan by 079 881 9673
Soutpansberg Kofukan Karateklub
Die Soutpansberg Kofukan Karateklub oefen elke Woensdag vanaf 18:00 tot 20:00 by die Emmanuel Christian School net buite Louis Trichardt. Die klub se Musina-tak oefen Maandae ook vanaf 18:00 tot 20:00. Vir meer inligting, skakel Tommy by tel. 083 346 6600.
Friday, 3 February High: 25oC Low: 19oC
A little rain in the morning.