Z
outpansberger
10 Junie 2022
News with an independent soul
PRYS: R5,00 BTW Ing.
www.zoutpansberger.co.za Joubertstraat 16B Louis Trichardt TEL: 516 4996/7/8
Park making way for a drive-through McDonald’s - page 2
Jaargang 38 Vol.23
PD OTTO
ELEKTRIES Contact us to get your House or Business Certificate of Compliance (COC) 24 HOUR CALL CENTRE: 083 251 8139
Another milestone for town’s private hospital - page 3
e-mail: elektries@pdotto.co.za ISSN 2409-2835
Audited Distribution Figures
23
9 772409 283001
Skoot klap ná vuishou Deur Andries van Zyl Drie huisrowers het Sondagoggend dalk bietjie meer afgebyt as wat hulle kon kou toe hulle by die 81-jarige oom George Fogwell en sy 76-jarige vrou, tannie Ann, se huis op Louis Trichardt ingebreek het. Oom George is tydens die aanval deur die bors geskiet, maar was Dinsdag weer op die been en reg om te gaan werk.
Die egpaar se nagmerrie het Sondag, 5 Junie, omstreeks 04:00 in hulle slaapkamer afgespeel. Drie mans het toegang tot oom George-hulle se erf gekry deur eers hul palissadeheining oop te buig en deur te klim om die elektriese heining bo-oor te vermy. Hulle het toe ‘n klein venstertjie oopgekry wat onlangs vervang moes word en nog nie diefwering voor gehad het nie. Die kleinste van die drie het in-
geklim, waarna hy kombuis toe gestap het en die kombuisdeur vir sy makkers oopgesluit het. “Ek het wakker geword van ‘n lig wat in my oë skyn. Toe was hulle klaar in die kamer,” het tannie Ann Dinsdag aan die Zoutpansberger gesê. Die drie mans het balaklawas en handskoene aangehad. Die een het aan tannie Ann se kant van die bed gestaan, die ander by die voetenent en die ander een langs oom George, wat toe nog geslaap het.
Die 81-jarige oom George Fogwell en sy 76-jarige vrou tannie Ann, wat Sondagoggend in hulle slaapkamer deur drie mans oorval is. Oom George is tydens die gewapende huisroof deur die bors geskiet, maar wonderbaarlik het die koeël geen organe getref nie. Dinsdag was hy gereed om weer te gaan werk.
“Toe skreeu ek vir my man: ‘Daar is mense in die kamer!’” Met dié het oom George wakkergeskrik. Hy hoor moeilik, want hy dra ‘n gehoorstuk. Die man langs tannie Ann het vir haar gesê: “We want your money!”. Hy het ‘n stuk tou klaar gereed gehad om haar hande vas te bind. “Toe die tou oor my vingers gaan, toe ruk ek my hand weg en gaan sit daarop,” het tannie Ann gesê. In daardie stadium het oom George besluit niemand vat aan sy vrou nie en het opgespring. “‘n Stem het in Afrikaans gesê: ‘Gee ons jou geld of ek skiet jou!’ Net so...” het tannie Ann gesê. Met dié het die man ‘n pistool teen oom George se bors vasgedruk, reg waar sy hart is. “Toe ek die ou sien, het ek besluit ek gaan hom nie los nie. Toe eet ek hom met die vuis! Hy het dit beslis gevoel, want hy het so agtertoe gesteier,” het oom George gesê. Met dié dat die man terugsteier, het hy ‘n skoot afgetrek. Gelukkig vir oom George het hy so effens afgebuk om te koes vir die wapen. “Hy het my van ongeveer ‘n voet weg geskiet. Ek het net gevoel iets maak so ‘doef ’ teen my bors. Dit was nie seer nie, niks,” het oom George gesê. “Hy het so gebloei! Hulle [die drie mans] het weggehardloop net ná die skoot. Ek het net die oranje vlammetjie van die skoot gesien, maar niks gehoor nie, want die wapen was te naby aan sy bors,” het tannie Ann gesê. Tannie Ann het gehardloop, ‘n handdoek gegryp en voor in oom George se T-hemp ingedruk om die bloeding te stop. “Ek het eers nie besef die koeël is reg deur hom nie,” het tannie Ann gesê. Oom George het op sy beurt heel kalm gebly, op sy bed gaan sit, en hulp per telefoon ontbied. “Binne vyf minute was die buurtwag en my seun hier. Hy [die seun] het ook die koeël wat deur oom George getrek het, op die mat in die kamer opgetel, asook ‘n .22-doppie,” het tannie Ann gesê. (Vervolg op p.2)