Zoutpansberger 11 December 2020

Page 1

Z

outpansberger

11 Desember 2020

News with an independent soul

www.zoutpansberger.co.za

PRYS: R5,00 BTW Ing.

Jaargang 36 Vol.49

Joubertstraat 16B Louis Trichardt TEL: 516 4996/7/8

Klein blokkies bring vir Rynard internasionale erkenning - bladsy 3

Wie kan meer lig werp op geskiedkundige foto’s? - bladsy 4

ISSN 2409-2835

Audited Distribution Figures

49

9 772409 283001

Attie enig in sy soort Deur Andries van Zyl Nuus van die dood van ‘n gewilde jong man van Louis Trichardt die afgelope week het baie inwoners moedeloos laat vra: Hoeveel slegte nuus is daar nog vir 2020...? Die 33-jarige Attie Naudé is verlede Donderdagoggend (3de) oorlede na ‘n ongeluk op die R524 net buite Louis Trichardt. Hy sou op 14 Desember sy eerste huweliksherdenking gevier het. In stede daarvan beplan sy vrou CJ, familie en vriende nou sy begrafnis. As vertroosting verwag CJ haar en Attie se eersteling en het sy Maandag tydens ‘n sonar uitgevind dit sal ‘n dogtertjie wees. “Ek en Attie het na ‘n dam [op ‘n plaas sowat agt kilometer uit die dorp] gaan kyk waar ons bietjie wou gaan visvang. Toe ons klaar was, het Attie ‘n motorfiets daar sien staan en vir die eienaar gevra of hy ‘n draai daarmee kan gaan ry. Hulle het gesê: Geen probleem – hulle weet hy kan ry,” het sy broer Sakkie Dinsdag aan die Zoutpansberger gesê. Attie het vanuit die plaashek ‘n ent op in die pad in die rigting van Louis Trichardt gery. “Ek het gehoor hoe kom hy terug, want ek het gehoor hoe slack hy af. Skielik was daar ‘n slag. ‘n Vriend van my het dadelik gesê: Daar stamp hulle vir Attie,” het Sakkie gesê. Soos die noodlot dit wou hê was dit wel Attie wat blykbaar van agter deur ‘n bakkie getref is. Sakkie-hulle was oomblikke na die tragedie op die toneel. Attie was onder die bakkie vasgepen. Ná ‘n groot gesukkel kon hulle vir Attie onder die bakkie uit kry. “Hy het nog met my gepraat, maar het swaar asem gehaal. Ek het vir hom gebid ... ‘n paar minute later is hy in my arms dood,” het Sakkie gesê. Attie is in die destydse Nylstroom gebore

en het in 2001 saam met sy familie na Louis Trichardt gekom waar hy sy skoolloopbaan aan Hoërskool Louis Trichardt voltooi het. Ná skool het hy ‘n ambag as outo-elektrisiën by Simms op Louis Trichardt begin loop. Later jare het hy homself egter as PH (professionele jagter) bekwaam, ‘n loopbaan wat hy en Sakkie aktief beoefen op beide plaaslike en internasionale vlak, met jagtogte ook in Mosambiek. Vir Sakkie is die dood van sy broer as enigste familielid veral hartseer. Hulle was baie naby aan mekaar gewees. “Hy was enig in sy soort en bang vir niks. Hy was my alles gewees,” het Sakkie gesê. Nog een van hulle jagvriende, JW Hofmeyr, voeg op sy beurt by dat Attie sy lewe voluit gelewe het. JW se broer Trompie het weer op sy beurt bygevoeg dat hulle Attie sal onthou as iemand wat altyd tyd gehad het vir ‘n grappie. “Hy was ‘n man, ‘n bul! ‘n Regte staatmaker. Jy kon enige tyd op sy knoppie gedruk het om jou te kom help,” het Trompie gesê. ‘n Gedenkdiens vir wyle Attie vind Vrydag, 11 Desember, om 10:00 by Northgate Lodge buite Louis Trichardt plaas. “Die drag sal khaki wees - kortbroeke en pette. Dit is hoe mense hom geken het en ons wil hom graag so vereer,” het Trompie gesê. Die familie het hul dank uitgespreek teenoor al Attie se vriende vir hulle woorde van vertroosting en ondersteuning in hierdie moeilike tyd. Dank het ook gegaan aan Mosaïek Begrafnisondernemers, Northgate Lodge vir hulle perseel, ds. Corné Burger van die NG Kerk Moedergemeente en in besonder Piet Naudé vir al die reëlings. Wyle Attie word oorleef deur sy vrou CJ, broer Sakkie en aangetroude familie. Die oorsaak van die ongeluk vorm tans deel van ‘n polisieondersoek. Sakkie-hulle het egter gesê hulle het vrede in hulle harte dat Attie nou op ‘n beter plek is.

“Die drag sal khaki wees kortbroeke en pette. Dit is hoe mense hom geken het en ons wil hom graag so vereer”

Wyle Attie Naudé (33). Foto verskaf.

LS YEAR END SPER2C2IA 00 p.m. 2019 Datsun Go 1.2

2019 SALE - LOW MILEAGE LOW PRICE

MANY MORE MODELS TO CHOOSE FROM

FROM

• 50kw / 104nm • 1.2 L petrol engine • Aircon • Cloth Seats • ABS + EBD • Dual Airbags • 5.5 l/100km Est Fuel Consumption • Touchscreen

Balance of 5 year / 150 000m warranty

• Moses: 076 181 1442 • Jaco: 066 319 0737 • Lionel: 066 319 0736 • Collen: 066 319 0729

2019 Mahindra KUV100 K2

R129 900 Balance of 2 year / 40 000m service plan 3 year / 60 000km warranty

R129 900

• 61kw / 115nm • 1.2 L petrol engine • Aircon • Cloth Seats • ABS + EBD • Dual Airbags • 5.9 l/100km Est Fuel Consumption • Radio • Central Locking

Terms and condi�ons apply. Offers only valid while dealer stock last. Please note pictures are for illustra�ve purposes only but the model deriva�ve and offer are consistent. The colour shown on adver�sed models will not necessarily be available as stock are limited and cannot be guaranteed to customers. All transac�on fees excluded. Vehicle on the road costs excluded. Price subject to change without prior no�ce. E&OE.

Prou Proudly part of the

Proudly part of the


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Zoutpansberger 11 December 2020 by Zoutnet - Issuu