Zoutpansberger
11 Oktober 2013
www.zoutnet.co.za
PRYS: R4,00 BTW Ing.
Joubertstraat 16B Makhado (Louis Trichardt) TEL: 516 4996/7/8
Ben Lavin amper totaal in puin gelê - bladsy 2
Jaargang 29 Vol. 40
Local choir inspires at Malaysian conference - page 5
Realty 1 celebrates 20 years of service - page 9 & 10
Belastingbetalers meen dit is ‘n doelbewuste poging om op bedrieglike wyse die geldkoffers aan te vul
Hoë rekeninge jaag bloeddruk op moes in die onderwêreld ‘n swaar steen teen
Naudé het vir me. Inga Gilfillan, voorsitter
Deur Linda van der Westhuizen ‘n steil heuwel oprol en net as hy die steen van die Soutpansberg Belastingbetalersvereni-
Wanordelike munisipale rekenings en onregmatige afsnyding van krag jaag verbruikers se bloeddruk op. Sedert die instelling van die nuwe elektrisiteitstariewe wat op 1 Augustus van krag geword het, ontvang vele lede van die gemeenskap elektrisiteitsrekenings en –lesings wat getuig van ‘n Babelse verwarring. “Die Makhado munisipaliteit se hantering van elektrisiteitsrekenings het ontaard in ‘n ondraaglike maandelikse oorlas wat grenslose frustrasie en verwarring veroorsaak, my bloeddruk opjaag en my magteloos laat toekyk hoe ek gewetenloos verarm en onbillik belas word met oënskynlik kwaadwillige ingewikkelde rompslomp,” verwoord senior burger mnr. Frances van der Merwe (75) die situasie en voeg by dat elektrisiteitsvoorsiening veronderstel is om die lewe geriefliker en aangenamer te maak en ‘n bekostigbare diens te wees. “Ek word nou verplig om ernstig te oorweeg of ek so ‘n diens hoegenaamd kan bekostig. Die poging om elke maand voor te bly met die betaling van sulke rekenings voel soos Sisifusarbeid,” sê Van der Merwe. Sisifus was ‘n koning in die klassieke mitologie wat gestraf is deur sinnelose, onophoudelike arbeid. Hy
amper bo het, rol dit weer tot onder en moet hy van voor af begin. ‘n Ander inwoner, me. Elma van Niekerk, wat amper 80 jaar is, het reeds die elektrisiteitsstryd gewonne gegee en werk nou net met gas. “Ek is tevrede so en dierbare vriende het vir my ‘n gasyskas en ‘n gasvrieskas geskenk. Verder kook ek vooruit op my gasstoof en vries die kos,” sê tannie Elma. Me. Max Naudé (65), ‘n geestelike kinderwerker in Tshikota, se krag is op 2 Oktober onregmatig afgeskakel. Haar man gebruik suurstof en boonop het sy die kerk se vrieskaste met kos vir ‘n voedingskema by haar. Dit is van die grootste belang dat sy oor elektrisiteitstoevoer beskik. Die kragafsnyding was sonder die nodige twee weke kennisgewing. Haar Augustus-rekening het skielik ‘n bedrag van meer as R7 900 getoon, maar wanneer die bedrae op die rekening bymekaar getel is, het dit slegs sowat R1 000 beloop, wat sy betaal het. Haar krag is summier afgesit. Sy is inderhaas munisipaliteit toe, waar daar aan haar gesê is dat daar ‘n lesing van 5 000 eenhede op haar meter is en dat dít die bedrag so opgestoot het. Haar meterlesing het dit glad nie getoon nie en dit is nêrens op haar rekeninge gereflekteer nie.
ging (SBBV), by die munisipaliteit raakgeloop. Alhoewel Naudé nie ‘n lid van die SBBV is nie, het Gilfillan haar dadelik bygestaan en die krag is dieselfde middag aangeskakel. Intussen het Naudé die September-rekening met ‘n verskuldigde bedrag van R8 130 ontvang. Mnr. Phillip Olivier, SBBV-bestuurder, het Dinsdag die storie van die 5 000 eenhede met die munisipaliteit uitgesorteer en wag vir die bewyse dat dit werklik gedoen is. Die feit dat die nuwe glyskaaltariewe terugwerkend gehef is, is ‘n probleem op baie rekeninge. Nog ‘n krisis is dat elektrisiteitslesings vir drie maande nie op ‘n rekening verskyn nie. Wanneer die gesamentlike lesing van drie maande dan op een maand verskyn, stoot dit die eenhede in die hoogste tariefgleuf van hoër as 600 kilowatt in waar R1.36 per kW eenheid betaal moet word, in teenstelling met die 67 sent van die eerste 0 tot 50 kW. Die tariewe tussen in is R0.85 (vir 51 tot 350 kW) en R1.14 (tussen 350 en 600kW). “Hulle het drie maande voor die verhoging van die tariewe en die invoer van die nuwe glyskaal opgehou lesings invoer en het dit dan gesamentlik op een rekening laat verskyn. ‘n Voorbeeld van een rekening waar daar meer as een maand se verbruik op die rekening verskyn, met die gevolg dat ‘n (Vervolg op p.2) groot aantal eenhede in die hoogste tariefgleuf val.
2011 Toyota Fortuner 3.0 D-4D A/T A/C, P/S, CD, Leather, 54 000km
Balance of 3 year / 100 000km warranty Balance of 5 year / 90 000km service plan
R329 995
www.ayobmotors.co.za Tel: (015) 516 5175
C
Audited Distribution Figures
Buy 5 bags or more of IDM cement and get a FREE Drawsting Bag, T-shirt & Cap
How to claim your gift set Write your Name, Surname and Cell number on the back of your till slip and hand it in at the cashier. You will receive your gift set on the day of purchase.
In all instances management’s decision is final and not open to discussion. Promotion is not open to P&l Hardware or IDM Cement employees. Promotion ends 17 November 2013. Cash and carry customers only. One gift set per customer while stocks last.