Zoutpansberger 11 October 2019

Page 1

Z

outpansberger

11 Oktober 2019

News with an independent soul

www.zoutpansberger.co.za

PRYS: R5,00 BTW Ing.

Joubertstraat 16B Louis Trichardt TEL: 516 4996/7/8

Police make breakthrough in cellphone tower battery thefts - page 2

Jaargang 35 Vol. 40

Frustrasie met padwerke hierdie week op ‘n einde - bladsy 3

Top tourism award for local guesthouse - page 4

Moenie Maritz glo Deur Andries van Zyl

As jy dalk ‘n bietjie te veel gedrink het en jou nou aan die verkeerde kant van die gereg bevind, moet jy nie te opgewonde raak om ‘n oproep van ‘n mnr. Maritz te ontvang nie. Dit is die waarskuwing van mnr. Reino Mostert van Louis Trichardt, senior aanklaer in die noordelike streek. Mostert se waarskuwing volg nadat dit aan die lig gekom het dat ‘n man wat homself voordoen

as die senior aanklaer van Louis Trichardt, ‘n ene mnr. Maritz, persone skakel wat van dronkbestuur aangekla word en aanbied om vir “iets onderdeur die tafel” dié kopseer te laat weggaan. Mens sou dink dat niemand vir die slenter sou val nie, want jy weet mos as jy nie vir dronkbestuur gearresteer is nie. Die probleem is egter dat die mense wat geskakel word wel almal uitstaande sake van dronkbestuur teen hulle het, in afwagting op die Staatslaboratorium se uitslag van hul bloedtoetse. “Tot op hede weet ons van drie mense op Louis

Trichard wat geskakel is, want hulle het by my kom kla. Daar kan egter baie meer wees,” het Mostert gesê. Een van die klaers wat gearresteer is vir dronkbestuur, ‘Stefan’ (nie sy regte naam nie aangesien hy ‘n bekende plaaslike sakeman is wat verkies om anoniem te bly), het aan die Zoutpansberger gesê hy is verlede Dinsdag vir die eerste keer deur Maritz geskakel. “Ek het eers gedink dit was vir die betaling van ‘n boete, maar toe hy vir my sê ek moet omkoopgeld betaal om my probleem te laat

weggaan, was my volgende oproep na Reino,” het Stefan gesê. Stefan en Mostert het besluit om Maritz aan ‘n lyntjie te probeer hou om hom te probeer uitlok en vang. Hulle het egter besef dat die man, wat vlot Afrikaans gepraat het en baie oortuigend as aanklaer oorgekom het, dalk nie eers in Louis Trichardt gesit het nie en dalk deel is van ‘n groter, nasionale sindikaat. Die hulp van die polisie is ook ingeroep. “Ons moes probeer,” het Mostert gesê. (Vervolg op p. 2)

Inwoners van Louis Trichardt het Woensdagoggend ‘n buitengewone padblokkade in Kroghstraat teëgekom tussen Ruh- en Bredastaat. ‘n Groot boom het gedurende die nag omgeval en die helfte van die hoofstraat versper. ‘n Kort entjie hoër op in die straat, langs Helen’s Pet Shop, het ‘n ander groot boom so ‘n paar weke gelede ook in Kroghstraat omgeval. Die huidige droogte en die afgelope paar weke se sterk winde kan dalk die rede wees waarom soveel bome in Louis Trichardt omval en selfs doodgaan. Niemand is gelukkig in enige van die twee gevalle beseer nie.

VACANCY

Sales Executive at Ayob Motors Minimum 2-3 years experience in vehicle sales required.

E-mail CV’s to: paul@ayobmotors.co.za If you have not heard back from us within 30 days, please accept your application as unsuccessful. ISSN 2409-2835

Audited Distribution Figures

9 772409 283001

40


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.