Z
outpansberger
13 August 2021
2015 Mercedes Benz C200 AMG
News with an independent soul
PRYS: R5,00 BTW Ing.
www.zoutpansberger.co.za Joubertstraat 16B Louis Trichardt TEL: 516 4996/7/8
Rensia was ‘n ware “sontraal” mens gewees - bladsy 3
35 000km
R429 995 www.ayobmotors.co.za
Jaargang 37 Vol.32
Young men least likely to wear masks in public - page 4
*excl. on the road fee
Tel: (015) 516 5175
ISSN 2409-2835
Audited Distribution Figures
32
9 772409 283001
Veilig terug by DBV Herrie na aanneemhond weggegee word
aangeneem. Dit nadat hulle die nodige inspeksie by die man se huis gaan doen ‘n Facebook-plasing het die afgelope het om te kyk of hy vir haar sal kan sorg week ‘n herrie ontketen ten opsigte en nadat hy die betrokke aanneming van eienaarskap oor ‘n hond wat by skontrak voltooi het. die Louis Trichardt DierebeskerOp ses maande het die DBV die man mingsvereniging (DBV) aangeneem geskakel en gevra om die tefie in te is, maar ‘n paar maande later deur bring, sodat sy gesteriliseer kon word die aanneem-eienaar sommer net volgens die bepalings van die kontrak. weggegee is. Sy antwoord was bloot dat hy die hond Die plasing is gedoen deur Alicia aan een van sy werkers weggegee het Thomas van die plaaslike DBV. In omdat sy blykbaar stout was. “Ons het die plasing van 6 Augustus skryf sy: eers gedink hy maak ‘n grap en vir hom “XXXXX die DBV vra asseblief dat jy gesê hy kan nie net die hond weggee die hondjie wat jy by ons aangeneem het nie!” het Thomas gesê. Hulle het egter en toe weggegee het vir jou werker, om besef die man maak nie ‘n grap nie en in ‘n village te gaan bly, ONMIDDEL het hom opdrag gegee om dadelik die LIK terug besorg aan ons. Jou kontrak hond te gaan haal en aan hulle terug te wat jy geteken het sê duidelik dat die besorg. “Hy het net geen moeite gedoen hond mag nie vir iemand anders gegee om die hond te gaan haal nie,” het word nie en moet terug gebring word Thomas gesê. DBV toe as jy hom/haar nie meer wil Intussen het die DBV die man se hê nie. Ons vra dat jy ASB ook saam werker in die hande gekry en gevra dat met ons sal gaan help soek vir die arme hy die hond DBV toe moet bring. “Ek hondjie wat nou verward en verlore in ‘n het nogal jammer gevoel vir hom. Hy village is, omdat die werker hom agter het gedink hy moet die hond terugbring op ‘n bakkie vasgemaak het en sy toe vir ‘n inspuiting,” het Thomas gesê. afgespring het. Die arme werker moes ‘n Met dié dat die werker die hond bakkie huur om die hond terug te bring. agterop sy bakkie wou vasmaak om haar Groot asseblief gaan help nou soek DBV toe te bring, het die tefie egter vir die hond!!!” Die daaropvolgende geskrik en weggehardloop. “Dit was kommentaar op die plasing was glad nie toe dat ek die boodskap op Facebook vleiend teenoor die betrokke persoon geplaas het vir die ou om na sy hond te nie, tot so ‘n mate dat een regskenner in gaan help soek. Ek het vir hom gesê dit haar kommentaar persone gewaarsku is sy verantwoordelikheid. Hy is die een het om versigtig te wees wat hulle sê en wat die hond by die DBV aangeneem om nie lasterlik op te tree nie. het,” het Thomas gesê. Volgens Thomas is die jong tefie as Steeds was daar geen reaksie van klein hondjie ‘n paar maande gelede die man nie. Lede van die DBV het toe deur haar nuwe eienaar, ‘n man, maar self saam met die man se werker Deur Andries van Zyl
na die hond gaan soek. “Gelukkig het die hond na die werker se huis terugge hardloop, wat vir ons sê sy huis was nie ‘n slegte huis gewees nie,” het Thomas gesê. Hulle het toe die hond terugge neem DBV toe. Alhoewel die man nie na die hond gaan soek het nie, het hy wel via WhatsApp op Alicia se Facebookplasing gereageer en haar dreigement dat sy hom gaan aankla van kontrakbreuk. “Alicia dit is reg, gaan maak ‘n saak. In die eerste plek, daai wat julle aan my verkoop het is nie ‘n Daxxie [worshond] nie. Tweedens, die Verbruikerswet sê as ek enige iets by ‘n persoon of instansie koop en jy gee vir my ‘n faktuur, is die eiendom die koper s’n. So gaan maak jou saak. En julle sal nie ‘n enkele sak kos by ons kry as donasies nie, dit belowe ek jou,” het die man aan Alicia geskryf. “Hy het my baie sleg gesê, maar ek het vir hom gesê ek gaan nie met hom op WhatsApp baklei of sy oproepe antwoord nie. As hy met my wil praat, kan hy my kom sien,” het Alicia gesê. Wat die man se opmerking betref dat die hond nie was wat hy “gekoop” het nie, naamlik ‘n worshond, het Thomas gesê dat hulle nooit die hond as ‘n suiwer worshond vir aanneming geadverteer het nie. “Ons het die ma gesien en geweet daar is worshond (dachshund) in die kleintjies, maar ons het nie geweet wat die pa is nie. So, in al die plasings wat ons op sosiale media gedoen het, het ons aangedui dat dit ‘n worshondkruising is want ons weet nie wat die hond se spesifieke gene is nie,” het Thomas gesê. (Vervolg op p. 2)
Veilig terug by die DBV… Die jong tefie wat deur haar aanneem-eienaar vir een van sy werkers weggegee is saam met plaaslike DBV inspekteur Lawrence Khodobo. Foto verskaf.