Zoutpansberger 13 May 2022

Page 1

Z

outpansberger

13 Mei 2022

News with an independent soul

PRYS: R5,00 BTW Ing.

www.zoutpansberger.co.za Joubertstraat 16B Louis Trichardt TEL: 516 4996/7/8

Violence erupts in Musina over water shortages - page 3

Jaargang 38 Vol.19

Kommer oor toekoms van Schoemansdal “veldskool” - bladsy 4

PD OTTO

ELEKTRIES Contact us to get your House or Business Certificate of Compliance (COC) 24 HOUR CALL CENTRE: 083 251 8139

e-mail: elektries@pdotto.co.za ISSN 2409-2835

Audited Distribution Figures

19

9 772409 283001

Beeldmateriaal op die depot se sekuriteitskameras wys hoe een van die gewapende rowers met die 43-jarige mnr. Andrew Goosen stap, kort voordat hy drie keer geskiet is. Wonderbaarlik het Goosen die skote oorleef en is sy toestand Dinsdag beskryf as buite gevaar.

Tonge klap oor diesel-roof Deur Andries van Zyl Die polisie in Limpopo het ‘n spesiale taakspan aangestel om die waaghalsige gewapende roof by ‘n bekende dieseldepot in Louis Trichardt, Alliance Fuel, die afgelope naweek te ondersoek. ‘n Vragmotorbestuurder is tydens die voorval byna noodlottig gewond, met die rowers wat met sowat R5,5 miljoen se diesel weggekom het. Die tonge het die afgelope week behoorlik geklap oor die voorval. Volgens die polisie het

‘n ongemerkte dieseltenkwa, ‘n Mercedes-Benz Actros, Saterdag omstreeks 19:00 by die depot opgedaag onder die voorwendsel dat die bestuurder daarvan wou diesel ingooi. Die depotbestuurder het die hek met sy afstandbeheer oopgemaak, waarna ‘n groep mans skielik uit die vragmotor gespring het. Hulle was gewapen met ‘n pistool en aanvalsgeweer. Die depotbestuurder is oorrompel, van sy selfoon beroof asook R6 000 in kontant. Die rowers het daarna saam met hom die perseel deurgegaan op soek na ander personeellede,

waarna hy in ‘n kamer toegesluit is. Vier ander personeellede is in aparte kamers toegesluit. Almal van hulle is met kabelstroppe vasgebind. Die rowers het die afstandbeheer gebruik om die hek na die depot oop te maak. Die personeellede kon hoor hoe vragmotors in en uit die perseel ry. Hulle het ook drie skote gehoor. Later sou aan die lig kom dat een van die depot se vragmotorbestuurders, mnr. Andrew Goosen (43), drie keer deur die rowers geskiet is. Volgens die polisie het die roof tot ongeveer 04:00 Sondag voortgeduur. Die personeellede

kon daarna daarin slaag om hulself te bevry, en kort daarna het hulle die swaar gewonde Goosen in sy vragmotor gevind. Hulp is dadelik ontbied. Beeldmateriaal van die roof is op die depot se sekuriteitskameras vasgevang. Dit wys hoe verskeie ongemerkte tenkwaens die depot binnekom en hulle tenke vol diesel tap. Die depotbestuurder kon kort voor hy toegesluit is daarin slaag om ‘n gedeeltelike registrasienommer van die Mercedes-Benz Actros te kry. (Vervolg op p.2)


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.